You're offline
Skip to content
Question paper

Music P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: MusicGrade 12202337 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 2023 NASIENRIGLYNE PUNTE: 120 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 37 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) AFDELING A moet op hierdie VRAESTEL beantwoord word. Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 ÓF 2.2 EN VRAAG 3.1 ÓF 3.2 EN VRAAG 4.1 ÓF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) 1.1 Identifiseer TWEE toonsoorte met die volgende toonsoortteken. Antwoord: B majeur, G# mineur 2 punte (2) 1.2 Skryf die toonsoortteken van Db majeur in die gegewe sleutel. Antwoord: 1 punt (1) 1.3 Verander die laagste noot om 'n interval van 'n verminderde vierde te vorm. Antwoord: 1 punt (1) 1.4 Benoem die omkering van die interval hieronder. Antwoord: Mineur tweede 1 punt (1) 1.5 Skryf 'n verminderde drieklank wat in die gegewe majeur toonsoort voorkom. Antwoord: 1 punt (1) 1.6 Skryf 'n majeur drieklank in tweede omkering op die gegewe noot. Antwoord: 1 punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 1.7 Verbeter die groepering van die volgende TWEE uittreksels. Antwoord: 1.7.1 ÓF 1.7.2 ÓF 2 punte 1.7.2 Verbinde agtstenote = ½ punt (2) 1.8 Die tydmaatteken in die uittreksel hieronder verander. Voeg die korrekte tydmaatteken in by elk van die asteriske (*) in die uittreksel hieronder. Antwoord: 2 x1 (2) 1.9 Dui die halftone aan en benoem die volgende modus. Antwoord: ½ ½ Modus: Lidiese modus 2 punte Halftone: ½ x 2 = 1 punt Lidiese modus = 1 punt (2) 1.10 Skryf AGT note by (Y) om 'n afgaande chromatiese toonleer te vorm. Antwoord: 8 ÷ 4 = 2 punte Aanvaar enige korrekte enharmoniese toevallige teken (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2 2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek- en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke by. Konsepantwoord: Instrument: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens. Tempo: Moderato/Allegretto, ens. ÓF 2.2 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie ÓF balknotasie om 'n twaalfmaat- melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Noem die stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiek-aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN notasiestelsel. Konsepantwoord: Stem: Sopraan/Alt/Tenoor/Bariton Tempo: Moderato/Allegretto, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Balknotasie: Polse per maat, nootstele, groepering, spasiëring en toevallige tekens Minus ½ punt per fout tot en met 2 punte 2 ÓF Solfanotasie: Ritmiese- en toonhoogte- aanduidings Kwaliteit Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm Instrumentale melodie: verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend 9–10 voortgesit; suksesvolle gebruik van tonaliteit; - Kwaliteit van melodie en melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe toepaslikheid vir die benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme gekose instrument - Toepaslike tempo-, Goed artikulasie- en dinamiek- Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan; aanduidings 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit; - Musikaliteit melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes en ritme akkuraat 10 ÓF Gemiddeld Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; Vokale melodie: 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel; - Kwaliteit van melodie en melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toepaslikheid van omvang toonhoogtes en ritme verbeeldingloos vir die stem Onaanvaarbaar - Toepaslike tempo- en Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie; dinamiek-aanduidings 0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen - Musikaliteit melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasiener mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Antwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (h) met Romeinse syfers op die partituur, bv. iii6/iiib. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 8 punte Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of verkeerd is (8) 3.1.2 Benoem die toonsoort en kadens wat by (Z) gevorm word. Antwoord: A majeur Volmaakte kadens 1 punt elk = 2 punte (2) 3.1.3 Wat is ongewoon aan die akkoord by VRAAG 3.1.3? Antwoord:  Die terts word verdubbel in die majeur drieklank  Die grondnoot of kwint word nie in die majeur drieklank verdubbel nie  Dit is ongewoon maar aanvaarbaar om die terts te verdubbel wanneer die buitestemme in teenoorgestelde rigting beweeg Enige EEN = 1 punt (1) 3.1.4 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv). Antwoord: (i) Terughouding (ii) Vooruitneming (iii) Deurgangsnoot (iv) (Onderste) Wisselnoot 1 punt elk = 4 punte (4) [15] ÓF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Antwoord: 3.2.1 Identifiseer die akkoorde (a) tot (h) en skryf die akkoordsimbole in die spasies verskaf bo die notebalk, bv. C/E. Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 8 punte Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of verkeerd is (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.2 Benoem die toonsoort en akkoordprogressie (kadens) wat by (Z) gevorm word. Antwoord: D mineur A7 – Dm (Volmaakte kadens) 1 punt elk = 2 punte (2) 3.2.3 Lewer komentaar op die baslyn in maat 1 tot 4. Antwoord: Dalende (walking) baslyn met 'n variasie in maat 2 1 punt (1) 3.2.4 Benoem die tipes non-akkoordnote by (i) tot (iv). Antwoord: (i) Vooruitneming (ii) Terughouding (iii) Deurgangsnoot (iv) (Boonste) Wisselnoot 1 punt elk = 4 punte (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. 4.1.1 Demonstreer die gebruik van 'n tweede omkering kadensiële akkoord om 'n plagale kadens te versier. Antwoord: 1 punt per akkoord = 3 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord (3) 4.1.2 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as Notasie, verdubbeling, spasiëring, 11 1 punt per akkoord nie stemvoering Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde Akkoordkeuse, korrekte gebruik van 9 (behalwe tussen maat 4 en 5) kadens Uitstekend = 3½–4 punte Kwaliteit Goed = 2½–3 punte Musikaliteit, non-akkoordnote, 4 Gemiddeld = 1½–2 punte stylbewustheid en kreatiwiteit Swak = 0–1 punt Nota aan nasiener: 24 Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2) TOTAAL 12 (12) [15] Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole as sodanig toegeken nie. ÓF 4.2.1 Voltooi die harmoniese progressie hieronder deur akkoorde by die bassleutel in te vul. Gebruik halfnote. Antwoord: 1 punt per akkoord = 3 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt per akkoord (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 gesuggereer word. Konsepantwoord: Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Korrektheid Minus ½ per fout maar nie meer as 1 11 Notasie, spasiëring, stemvoering punt per akkoord nie Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde Akkoordkeuse, korrektheid van 9 (behalwe tussen maat 4 en 5 en 8) kadens Uitstekend = 3½–4 punte Kwaliteit Goed = 2½–3 punte Musikaliteit, non-akkoordnote, 4 Gemiddeld = 1½–2 punte stylbewustheid en kreatiwiteit Swak = 0–1 punt Nota aan nasiener: 24 Punt uit 24 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2) TOTAAL 12 (12) [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) AFDELING B, C, D en E moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND) Nota aan die nasiener: Een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn gegee word nie. VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.5) neer, bv. 5.1.6 E. 5.1.1 Rolspelers in die musiekbedryf sluit … in. Antwoord: D Al die bogenoemde 5.1.2 'n Voorbeeld van 'n insamelingsagentskap in Suid-Afrika is … Antwoord: B CAPASSO. 5.1.3 SAMRO administreer… Antwoord: A Uitvoeringsregte. 5.1.4 Kopiereg verseker dat 'n komponis betaal word wanneer sy/haar komposisie wettiglik… Antwoord: D Al die bogenoemde 5.1.5 Tantièmes is betalings gemaak aan… Antwoord: C Opnamekunstenaar wanneer musiek uitgesaai word. 5x1 (5) 5.2 5.2.1 Verduidelik die verskil tussen meganiese- en naaldtydregte. Antwoord: Meganiese regte Tantièmes betaalbaar aan komponiste, liedjieskrywers en musiekuitgewers wanneer hul musiek op enige vorm van 'n opname- of stroomtoestel gekopieer word Naaldtydregte Tantièmes betaalbaar aan opnamekunstenaars wanneer 'n liedjie in die publiek uitgesaai word 2x1 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 5.2.2 Gee die naam van EEN organisasie in Suid-Afrika wat verantwoordelik is vir die administrasie van meganiese regte en EEN vir naaldtydregte. Antwoord: Meganiese regte: CAPASSO Naaldtydregte: SAMPRA 2x1 (2) 5.3 Noem EEN digitale musiekplatform. Antwoord:  Spotify  iTunes  Tune-In  Deezer  Google Play  Sound Cloud  Band Camp Enige EEN (1) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Beantwoord AFDELING C (IAM) ÓF AFDELING D (JAZZ) ÓF AFDELING E (WKM). AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag die kandidate in volsinne antwoord. VRAAG 6 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E. 6.1.1 Watter orkes is deur David Masondo en Zenzele Mchunu gestig? Antwoord: B Soul Brothers 6.1.2 Na watter musiekstyl verwys mqgashiyo? Antwoord: A Mbaqanga 6.1.3 Watter EEN van die volgende is die tipiese harmoniese progressie van kwêla? Antwoord: A I–IV–I64–V 6.1.4 Watter EEN van die volgende toonlere word tipies in inheemse Afrika- musiek gebruik? Antwoord: C Pentatoniese toonleer 6.1.5 Watter EEN van die volgende instrumente is NIE 'n idiofoon NIE? Antwoord: B Kora 5x1 (5) 6.2 Verduidelik die volgende met verwysing na inheemse Afrika-musiek: 6.2.1 Meloritme 6.2.2 Geestelike aspek ('divinity') 6.2.3 Ikati Antwoord: 6.2.1 Subtiele klankverandering wanneer verskillende dele van die tromvel geslaan word (1) 6.2.2 Dit verwys na die rol en perspektiewe van verskeie geestelike praktyke in inheemse Afrika-musiektradisies (1) 6.2.3 Plektrum wat in kitaarspel gebruik word om 'n perkussieklank te produseer (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 6.3 Verduidelik kortliks 'n tipiese harmoniese kenmerk van inheemse Afrika- musiek. Antwoord:  Siklies/herhalende akkoordprogressie  Progressie beweeg trapsgewys afwaarts (IV-iii-ii-I) - parallelisme  Tipiese patrone is I-IV-I64-V of I-IV-I-V Enige EEN (1) 6.4 Bespreek tromspel in tradisionele Afrika-musiek. Fokus op die volgende kontekste: 6.4.1 Die rol van die hooftromspeler 6.4.2 Tromspel as begeleiding vir dans Antwoord: 6.4.1  Hooftromspeler is verantwoordelik vir die leiding van die algehele uitvoering met betrekking tot tempo, aksente en ritme  Die hooftromspeler kondig die begin van 'n uitvoering aan met 'n vokale geroep gevolg deur 'n kort ritmiese solo om die stemming en tempo van die musiek te vestig  Dui aan wanneer individuele spelers 'n solo moet uitvoer  Gee 'n sein aan dansers wanneer enige veranderinge in die struktuur van die uitvoering plaasvind  Roep-en-antwoord word tussen die hooftromspeler en die groep geskep Enige DRIE (3) 6.4.2  Die ritmes van die verskillende tromspelers veroorsaak poliritme wat 'n danser in vervoering bring wat daartoe lei om met die voorgeslagte te kommunikeer  Die musiek sal tipies toeneem in spanning wat die danser se uitvoering versterk  Tromspel verskaf 'n reëlmatige maatslag Enige TWEE (2) 6.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer. 6.5.1 Afrika-musiek is meestal siklies met veelvuldige intredes 6.5.2 Afrika-koormusiek word gewoonlik deur die klavier begelei Antwoord: 6.5.1 Waar 6.5.2 Onwaar 2x1 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 6.6 Kies TWEE instruments uit KOLOM B wat by TWEE danse in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A tot I) langs die vraagnommers (6.6.1 tot 6.6.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.6.10 J. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 Tshikona A dithopana 6.6.2 Borankana B mbila mutondo 6.6.3 Muchongolo C matlawana 6.6.4 Mohobelo D ingulule 6.6.5 Isitshikitsha E xitende 6.6.6 S'bhaca F impempe 6.6.7 Indlamu G lesiba 6.6.8 Iintlombe H igubhu 6.6.9 Dinaka I impalampala Antwoord: 6.6.1 B 6.6.2 C 6.6.3 E 6.6.4 G 6.6.5 I 6.6.6 F 6.6.7 D 6.6.8 H 6.6.9 A Enige TWEE (2) 6.7 Wena Wedwa is 'n moderne isicathamiya-liedjie. Noem TWEE eienskappe van hierdie liedjie wat NIE kenmerkend van tradisionele isicathamiya is NIE. Antwoord:  'Beat boxing' word in die uitvoering gebruik  Chromatiese note word as versiering gebruik  Pop/R&B sangstyl  Ukubonga word weggelaat Enige TWEE (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 7 7.1 Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's verander het. Antwoord:  Die penniefluitjie was eers as die melodiese hoofinstrument gedurende die 1950's gebruik en was later met die saksofoon vervang  Die styl was oorspronklik 'n solo straatmusiekstyl maar solo kunstenaars was later deur 'n klein jazz-orkes begelei  Kwêla was 'n polities gedrewe musiekstyl (anti-apartheid) gedurende die 1950's maar is later getransformeer tot 'n populêre vermaaklikheidstyl (bv. Mango Groove) 2 punte (2) 7.2 Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana Ba Rustenburg voorkom. Antwoord:  Jazz-orkes – kitaar, tromstel, bas en saksofoon  Saksofoon/penniefluitjie as melodiese hoofinstrument  Kort improvisasies as versierings van die oorspronklike melodie  Ander kontramelodiese lyne word om die oorspronklike melodie ingeweef  Matig tot opgewekte tempo  Skiffle-agtige maatslag  Jive en swing-ritmes  Sikliese akkoordstruktuur met gebruik van I – IV- I64 – V 3 punte (3) [5] VRAAG 8 Bespreek die rol wat Ladysmith Black Mambazo gespeel het om isicathamiya gewild te maak. Antwoord:  Samewerking met bekende plaaslike en internasionale kunstenaars o Paul Simon op sy Graceland album o Optrede saam met Michael Jackson  Opnames met die SABC en Gallo wat internasionaal versprei is  Verower vele internasionale toekennings (bv. Grammy-toekennings)  Maak isicathamiya 'n internasionale herkenbare Suid-Afrikaanse styl  Gebruik Engelse lirieke om toegang te gee aan 'n wyer gehoor  Vind aanklank by 'n nuwe tipe/gesofistikeerde gehoor deur: o Joseph Shabalala se beklemtoonde akkuraatheid van ritme en toonhoogte deur sagter en welige harmonieë in kontras met die harder style van die 1950's o Gewysigde choreografie reflekteer die sagter klank van op jou tone loop gedurende 'n uitvoering eerder as die harder gestamp op die grond o 'n Afgeronde musiekuitvoering met verbeterde klankkwaliteit  Stig The Ladysmith Black Mambazo Foundation met die doel om die geskiedenis van isicathamiya musiek te bevorder en aan kinders te leer  As 'n manier om terug te gee aan die gemeenskap hou Ladysmith Black Mambazo verskeie werkswinkels oor isicathamiya wat lei tot 'n meer afgeronde toon in opkomende groepe Enige VYF [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 Verduidelik hoe die sosiale en politieke omstandighede in die Suid-Afrikaanse radio- en opnamebedryf die ontwikkeling van mbaqanga gedurende die apartheidsera beïnvloed het. Antwoord:  Mbaqanga-tradisie is bevorder deur beide media en plaaslike opnamemaatskappye wat in staatsbesit was  Die radio word die medium van die bemarking van musiek omdat dit meer bekostigbaar is  Gallo-Africa in samewerking met die SAUK skep en bemark mbaqanga  Radio Bantu keur enige musiek wat na die realiteit van stedelike lewe of sosiale en politieke kwessies verwys en dit word in die lirieke van mbaqanga weergegee  Vervaardigers en uitvoerende kunstenaars van mbaqanga musiek het hulself voorafgekeur of die risiko gewaag om deur die SAUK verwerp te word  Die keuring van musiek verbreek die inhoud van die lirieke geskryf deur mbaqanga musikante wie nie kon skryf waaroor hulle wou nie  Ten spyte van keuring het mbaqanga se gewildheid groot verkope gegenereer wat weer die vestiging van nuwe groepe aangespoor het Enige VYF [5] VRAAG 10 Inheemse Afrika-musiek is deel van die daaglikse lewe en 'n refleksie van sosiale omstandighede. Skryf 'n opstel waarin jy die sosiale konteks en die tipiese musiekelemente van Suid- Afrikaanse inheemse musiek beskryf. Verwys na die sosiale konteks, ritmiese eienskappe, melodie en harmonie. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Sosiale konteks 4 Musiekelemente  Ritmiese eienskappe 4  Melodie en harmonie 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Antwoord: Voorbeeld van 'n inleiding Musiek reflekteer lewe en groei uit die daaglikse kulturele aktiwiteite. Sosiale konteks  Afrika-musiek speel 'n funksionele rol in alle belangrike fases van 'n persoon se lewe, bv. geboorte, puberteit, inisiasie, huwelik en dood  Spontane betrokkenheid met die gemeenskaplike musieklewe word aangemoedig  Musikale uitvoerings word normaalweg buite gedoen  Uitvoerende kunstenaars en lede van die gehoor maak gewoonlik saam musiek  Musiek is meestal 'n gemeenskaplike aktiwiteit in plaas van 'n individuele poging  Die musiek is etnies eiesoortig  Die taalgebruik in 'n liedjie verskil soms van die taalgebruik wat in gewone gesprekke gebruik word Tipiese musiekelemente: Ritmiese eienskappe  Ritme is afkomstig van gesproke teks  Gebruik van ostinato-patrone is algemeen  Meloritme word aansienlik gebruik  Intersluitende poliritmes word normaalweg gebruik  Die maatslag (metrum) kan reëlmatig of onreëlmatig wees afhangende van die betekenis van die musiek  Meeste van die materiaal word geïmproviseer  Klem val op ritme eerder as die melodie  Herhaling word as 'n georganiseerde beginsel gebruik  Improvisasie word oor herhalende strukture gedoen Melodie en harmonie  Gebaseer op die beginsels van homofoniese parallelisme (in 3des, 4des, 5des en 8stes)  Onafhanklike stempartye beweeg saam o kontramelodie (sekondêre melodie) o ostinato variasie (variasies gebaseer op 'n herhalende tema)  Instrument/stem kan soms gemanipuleer word om gelyktydige klanke (botone) te produseer  Oorvleueling van kooragtige antifonie en responsoriese sang is basiese beginsels van Afrika polifonie (roep en antwoord)  Parallelle intervalle word meestal gebruik  Akkoorde word gebou vanuit pentatoniese en heksatoniese toonlere Voorbeeld van 'n slotparagraaf Musiek is die materiaal van die Afrika-gemeenskap en vorm deel van die gewone daaglikse gebeure. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Sosiale konteks 4 Musiekelemente  Ritmiese eienskappe 4  Melodie en harmonie 4 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting em stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike = 2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Logiese aanbieding en Gemiddeld struktuur van die opstel 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in = 1½ punte die middeldeel van die opstel 3 teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument = 1 punt in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punt skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 120 ÓF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING D: JAZZ Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag die kandidate in volsinne antwoord. VRAAG 11 11.1 Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E. 11.1.1 In 'n 12-maat-blues is die … Antwoord: A Lirieke in AAB vorm. 11.1.2 Die volgende toonlere bevat GEEN halftone NIE: Antwoord: D Al die bogenoemde 11.1.3 Die volgende vrouegroep word met beide marabi en mbaqanga geassosieer: Antwoord: A The Mahotella Queens 11.1.4 Abdullah Ibrahim word met … geassosieer. Antwoord: D Al die bogenoemde 11.1.5 Watter van die volgende modusse bevat 'n majeur tonikadrieklank? Antwoord: B Ionies, Lidies en Miksolidies. 5x1 (5) 11.2 Verduidelik die volgende 11.2.1 Poli-akkoord 11.2.2 Swing 11.2.3 Ritmeseksie Antwoord: 11.2.1 Twee of meer afsonderlike akkoorde (maj/min/verm/vergr drieklanke) wat saam klink, bv. CEG en BbDF (1) 11.2.2 'n Ritmiese toestel waarin die eerste van twee gelyke nootwaardes effens verleng word om 'n ongelyke onderafdeling van die pols te skep, bv. (1) 11.2.3 Klavier/kitaar, bas, tromme voorsien die ritmiese en harmoniese onderbou in 'n jazz-orkes (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 11.3 Noem EEN internasionale kunstenaar wat Abdullah Ibrahim se styl beïnvloed het. Antwoord: Duke Ellington Thelonious Monk James Johnson Enige EEN (1) 11.4 Vroeë mbaqanga is 'n samesmelting van marabi en kwêla-invloede. Gee EEN eienskap van marabi en EEN van kwêla wat 'n bydrae tot die styl van mbaqanga gelewer het . Antwoord:  Marabi o Gebruik van Westerse instrumente o Musiek word aangedreef deur 'n klawerbord/klavier/elektroniese orrel o Dansgevoel  Kwêla o Saksofoon word in vroeë mbaqanga gebruik o Skiffelagtige ritme o Leierkitaarinleiding o Leierkitaar speel 'n prominente begeleidende rol Enige EEN marabi-eienskap Enige EEN kwêla-eienskap 2x1 (2) 11.5 Dui aan of die volgende stellings oor mbaqanga WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'Waar' of 'Onwaar' langs die vraagnommers (11.5.1 tot 11.5.3) neer. 11.5.1 Mbaqanga is hoofsaaklik in enkelvoudige tydmaat. 11.5.2 Slegs mans word toegelaat om in hierdie styl te speel. 11.5.3 Lofdigte bepaal die toon aan die begin van 'n tipiese mbaqanga. Antwoord: 11.5.1 Waar (1) 11.5.2 Onwaar (1) 11.5.3 Onwaar (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 11.6 Kies 'n item uit KOLOM B wat by 'n styl in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.6.10 J. KOLOM A KOLOM B 11.6.1 Kwêla A A cappella 11.6.2 Mbaqanga B Spokes Mashiyane 11.6.3 Cape jazz C Manhattan Brothers 11.6.4 Marabi D Abdullah Ibrahim E Miriam Makeba F Amerikaanse geestelike liedjies Antwoord: 11.6.1 B 11.6.2 E 11.6.3 D 11.6.4 C 4 punte (4) 11.7 Skryf TWEE kenmerke van Cape jazz neer. Antwoord:  'n Multikulturele styl wat geïnspireer is deur kwêla, marabi, blues, slawe volksliedere, kerkorkeste, langarm, Kaapse Maleier en Khoisan liedjies  Instrumentasie: klavier, bas en tromme met saksofoon, trompet en trombone wat opsioneel bygevoeg word  Afrika-, ghoema- en swing-elemente wat met Amerikaanse jazz-invloede vermeng word  Volksagtige en gesangagtige melodiese konstruksie  Hoofsaaklik homofonies met elemente van roep-en-antwoord  Grootskaalse improvisasie vir alle instrumente met vermenging van verskeie style Enige TWEE (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 12 Beskryf kortliks hoe die volgende elemente in Mra deur Chris McGregor se groep, The Brotherhood of Breath, toegepas word.  Instrumentasie (1)  Melodie (1)  Ritme (1)  Stylinvloede (2) Antwoord: Instrumentasie  Big Band instrumentasie met komplekse klankvlakke en vernuwende verwerkings  Word van instrumente verwag om teen 'n hoë vlak van moeilikheidsgraad te speel  Ritmeseksie (klavier, bas, tromstel) en groot blaasseksie (trombone en saksofone) Melodie  Roep-en-antwoord tussen saksofone en trompette wat dikwels oorvleuel  Interspeelaksie tussen koper- en houtblaasseksies met kort uitbarstings van motiewe oor 'n herhalende tromboon-ostinato Ritme  Opwindende voortdrywende ritmiese figure wat deur die ritmeseksie en trombone gelei word  Ritmiese verwerking skep opgewondenheid  Gesinkopeerde gebroke akkoordbegeleidingsfigure in die trombone Stylinvloede  Harde-voortstuwende blues-styl  Die groep eksperimenteer met die elemente van die styl – harmonie, ritme, melodie – geïnspireer deur Sun-Ra  Vermenging van mbaqanga en kwêlastyle 1 punt per element x 3 Enige TWEE stylinvloede [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 13 13.1 Noem TWEE maniere waarop tradisionele kwêlamusiek ná die 1950's verander het. Antwoord:  Die penniefluitjie was eers as die melodiese hoofinstrument gedurende die 1950's gebruik en was later met die saksofoon vervang  Die styl was oorspronklik 'n solo straatmusiekstyl maar solo kunstenaars was later deur 'n klein jazz-orkes begelei  Kwêla was 'n polities gedrewe musiekstyl (anti-apartheid) gedurende die 1950's maar was later transformeer tot 'n populêre vermaaklikheidstyl (bv. Mango Groove) 2 punte (2) 13.2 Noem DRIE tipiese kwêla-eienskappe wat in Spokes Mashiyane se Banana Ba Rustenburg voorkom. Antwoord:  Jazz-orkes – kitaar, tromstel, bas en saksofoon  Saksofoon/penniefluitjie as melodiese hoofinstrument  Kort improvisasies as versiering van die oorspronklike melodie  Ander kontramelodiese lyne word om die oorspronklike melodie ingeweef  Matig tot opgewekte tempo  Skiffle-agtige maatslag  Jive en swing-ritmes  Sikliese akkoordstruktuur met gebruik van I – IV- I64 – V 3 punte (3) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf waarin jy die historiese betekenis van die Jazz Epistles se bydrae tot Suid-Afrikaanse jazz ondersoek. Verwys na die liedjie Vary-oo-vum in jou antwoord. Antwoord: Historiese betekenis  Jazz Epistles was Suid-Afrika se eerste swart bebop groep gedurende die 1950's  Die eerste album was Jazz Epistle, Verse 1, 1959  Suid-Afrika se eerste belangrike hard bop groep gedurende die 1950's (ontbind in 1959)  Groep bestaan uit Suid-Afrikaanse jazz-ikone: o Dollar Brand (later Abdullah Ibrahim) op klavier, Kippie Moeketsi op altsaksofoon, Jonas Gwangwa op tromboon, Hugh Masekela op trompet, Johnny Gertze op bas, Early Mabuza of Makaya Ntshoko op tromme  Meeste van hierdie musikante verkies ballingskap en ontwikkel hul styl verder deur kontak te maak met Europese musikante waarmee hulle met hul terugkeer na Suid- Afrika hul nuutgekose kennis en vaardighede terug in die Suid-Afrikaanse konteks belê  Lede komponeer hul eie oorspronklike musiek ('n groot inhoud van werke) wat die kultuur en tradisie van die Afrika-erfenis bekragtig  Hul erfenis stel hard bob voor op die ontwikkelende Afrika jazz kultuur Verwysing na Vary-oo-vum  Gekomponeer deur Abdullah Ibrahim (toe bekend as Dollar Brand)  Bevat 'n 12-maat blues vorm in die improvisasie-seksie  Hardbop-klank met swing en voortdrywing  'n Baie vooruitstrewende/Avant Garde komposisie vir 1959 Enige VYF [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 15 Miriam Makeba was een van die eerste vrouekunstenaars om Afrika-musiek internasionaal bekend te maak. Skryf 'n opstel waarin jy haar loopbaan bespreek. Verwys na haar lewe in ballingskap, noem die invloede op haar styl en die karaktereienskappe van haar musiek. Verwys na EEN album/treffer in jou antwoord. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Lewe in ballingskap 4 Invloede (nasionaal en internasionaal) 4 Karaktereienskappe van haar musiek 3 Album/treffer 1 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 Voorbeeld van 'n inleiding Miriam Makeba word as een van die vooraanstaande vrouekunstenaars van Afrika- jazz beskou. Haar musiekloopbaan begin in 1956 met die bekendstelling van Pata Pata. Lewe in ballingskap  Word Mama Africa genoem  Toer en neem treffers op saam met internasionale kunstenaars soos Harry Belafonte, Ella Fitzgerald en Paul Simon  Haar paspoort word teruggetrek omdat sy teen apartheid voor die United Nations in 1963 getuig het  Tree op in internasionale jazz opera King Kong  Ontvang 'n Grammy-toekenning vir die beste opname vir volksmusiek (saam met Harry Belafonte)  Sy was een van die vermaaklikheidskunstenaars in die Rumble in the Jungle geveg tussen Muhammad Ali en George Foreman in Zaïre  Ontvang internasionale reputasie beide as musikant en kulturele aktivis  Eerste vrouekunstenaar van Afrika om Afrika-musiek internasionaal bekend te maak Enige VIER (4) Nasionale invloede  Wye omvang van Afrika repertorium insluitend marabi, mbaqanga, tradisionele Afrika-musiek en Afro soul  As 'n lid van The Skylarks sing sy 'n mengsel van jazz en tradisionele melodieë van Suid-Afrika  Sluit gereeld tradisionele elemente in haar styl in, bv. manlike agtergrondsangers geïnspireer deur mbube kore  Sing moderne weergawes van inheemse liedjies in haar moedertaal isiXhosa  Gebruik a cappella-genesingsdreunsang van die amaSangoma Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Internasionale invloede  Vermeng Amerikaanse style insluitend jazz, R&B en kontemporêre volksmusiek  Europese musiekstyle onder andere Portugese fados  Buite Amerika en Europa was sy deur Hebreeuse en Jiddisj melodieë beïnvloed  Gevarieerde wêreldmusiek repertorium insluitend Engelse ballades en Haitiaanse dreunsang  Suid-Amerikaanse invloede insluitend Brasiliaanse bossa novas Enige VIER Sluit BEIDE nasionale en internasionale invloede in (4) Karaktereienskappe van haar musiek  Rokerige rasperstem met intieme warmte  Haar ryklike, lae vrouestemtoon was gereeld met Ella Fitzgerald vergelyk  Verpersoonlik 'n kombinasie van R&B, jazz en Afrika-musiek in 'n unieke styl  Veral bekend vir haar liedjies in haar moedertaal en plof-, klapgeluide  Klanke en ritmes van die groter kontinent van Afrika word in haar liedjie Aluta continua gevind – haar styl strek buite Suid-Afrikaanse klanke Enige DRIE (3) Album/Treffer:  Pata Pata  Sing me a song  Lakutshon' ilanga Enige EEN (1) Voorbeeld van 'n slotparagraaf Miriam Makeba was een van die mees veelsydige vrouekunstenaars wat Suid-Afrika geproduseer het en was beïnvloed deur beide haar tradisionele oorsprong sowel as internasionale musiekstyle. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Lewe in ballingskap 4 Invloede (nasionaal en 4 internasionaal) Kenmerke van haar 3 musiek Album/treffer 1 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting em stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike = 2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Gemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in Logiese aanbieding en = 1½ punte die middeldeel van die opstel 3 struktuur van die opstel teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument = 1 punt in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punt skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 ÓF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 31 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys weergegee is, mag die kandidate in volsinne antwoord. VRAAG 16 16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E. 16.1.1 'n Italiaanse term vir 'dubbel die tempo' is … Antwoord: B Doppio movimento. 16.1.2 Watter instrument is NIE deel van 'n standaard klassieke orkes NIE? Antwoord: B Saksofoon 16.1.3 Die Camerata word met die oorsprong van …geassosieer. Antwoord: A Opera in Florence. 16.1.4 Watter EEN pas NIE? Antwoord: C Klavier 16.1.5 Behalwe vir Die Towerfluit, is … nog 'n opera van Mozart. Antwoord: D Geeneen van die bogenoemde nie 5x1 (5) 16.2 Verduidelik die onderstaande: 16.2.1 Tutti 16.2.2 Melisma 16.2.3 Motief Antwoord: (1) 16.2.1 Volle orkes speel tegelyk (1) 16.2.2 Die sing van meer as een noot op 'n enkel sillabe van die (1) teks 16.2.3 'n Kort ritmies en/of melodiese musikale eenheid 16.3 Noem die instrument wat by die standaard klassieke orkes deur beide Beethoven en Mozart bygevoeg is . Antwood: Tromboon 1 punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 32 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 16.4 Noem EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen 'n simfonie en 'n simfoniese toondig. Antwoord: Ooreenkoms  Beide word deur 'n simfonieorkes gespeel  Baie simfoniese toondigte vergelyk in lengte en omvang met die bewegings van 'n simfonie en selfs die lengte van 'n hele simfonie Verskil  'n Simfonie is 'n meerdelige werk terwyl 'n simfoniese toondig enkeldelig is  'n Simfoniese toondig het 'n beskrywende titel met buite-musikale verwysing terwyl 'n simfonie tipies uit abstrakte musiek bestaan  'n Simfonie het 'n formele struktuur terwyl 'n simfoniese toondig gewoonlik episodies of in vrye vorm is  'n Simfoniese toondig ontstaan in die Romantiese tydperk terwyl die simfonie dateer uit die Klassieke tydperk  In die simfonie word tematiese ontwikkeling gebruik om eenheid te verkry terwyl in 'n simfoniese toondig van tematiese transformasie gebruik gemaak word vir dieselfde doel 2 x1 (2) 16.5 Kies 'n toonsoort uit KOLOM B wat by 'n komposisie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (16.5.1 tot 16.5.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.5.5 G. KOLOM A KOLOM B 16.5.1 Beethoven: Simfonie Nr. 6: Donderstorm A F majeur Beethoven: Simfonie Nr. 6: Herderslied. 16.5.2 B F# mineur Aangename en dankbare gevoelens na die storm 16.5.3 Mendelssohn: Hebrides Ouverture C F mineur 16.5.4 Mozart: Der Vogelfänger bin ich ja D B mineur E F# majeur F G majeur Antwoord: 16.5.1 C 16.5.2 A 16.5.3 D 16.5.4 F 4x1 (4) 16.6 Skryf die ontbrekende inligting oor die duet Pa-Pa-Pa-Papageno uit Die Towerfluit van WA Mozart neer. Skryf die antwoord langs die vraagnommers (16.6.1 en 16.6.2) in jou ANTWOORDBOEK neer. KARAKTER STEMTIPE Papageno (16.6.1) (16.6.2) Sopraan Antwoord: 16.6.1 Bariton 16.6.2 Papagena 2x1 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 33 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne 16.7 Skryf 'n definisie van die spesifieke werktipe (genre) van Die Towerfluit van WA Mozart, neer. Antwoord:  Singspiel  'n Tipe opera wat Duitse gesproke dialoog bevat  'n Kombinasie van ernstige en lighartige storielyn-elemente o.a. fantasie en romantiese elemente EEN punt vir Singspiel TWEE punte vir definisie (3) [20] VRAAG 17 Skryf DRIE ooreenkomste en TWEE verskille tussen 'n simfonie van die Mannheim- skool en die Pastorale Simfonie van Beethoven, neer. Antwoord: Ooreenkomste  Beide Mannheim en Beethoven gebruik sonatevorm vir die eerste en laaste bewegings  Oordrewe orkestrale crescendi  Skielike dinamiese verandering (e.g. sf)  Mannheim voëlnabootsing is uitgebrei in die Pastorale Simfonie  Tremolo's in die strykers word deur beide gebruik  Mannheim komponiste is die eerste komponiste om die houtblaasinstrumente as onafhanklike instrumente te gebruik; Beethoven gaan hiermee voort in sy Pastorale Simfonie en gee die houtblasers selfs 'n groter rol  Dubbel houtblaasinstrumente word deur beide gebruik  Die klarinet word deur Johann Stamitz bygevoeg by die Mannheim orkes. Dit speel 'n belangrike rol in die Pastorale Simfonie Verskille  Mannheim simfonieë – 3 bewegings, later 4 bewegings; Beethoven se Pastorale Simfonie het 5 bewegings  Mannheim simfonieë sluit ‘n Menuet en Trio-beweging in; Beethoven se Pastorale Simfonie bevat 'n Scherzo en Trio-beweging  Mannheim simfonieë is absoluut/abstrak; Beethoven se Pastorale Simfonie is programmaties  Mannheim simfonie-bewegings is afsonderlik terwyl die laaste drie bewegings van die Pastorale Simfonie aaneenlopend is  Beethoven voeg 'n tromboon en piccolo by die standaard klassieke orkes vir dramatiese effek Enige DRIE ooreenstemmings Enige TWEE verskille [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 34 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 18 Verduidelik die gebruik van toonsoort in die volgende seksies in sonatevorm. 18.1 Eerste tema/onderwerp 18.2 Brug 18.3 Tweede tema/onderwerp 18.4 Ontwikkeling 18.5 Koda Antwoord: 18.1 Die eerste tema/onderwerp is in die hoof (tonika) toonsoort, beide in die uiteensetting en die heruiteensetting 18.2 Die brug het 'n modulerende funksie in die uiteensetting maar nie in die heruiteensetting nie 18.3 Die tweede tema/onderwerp is in 'n verwante toonsoort in die uiteensetting and in die tonika toonsoort in die heruiteensetting 18.4 In die ontwikkelingseksie word daar heelwat verwante toonsoorte ondersoek en dit eindig gewoonlik in die dominanttoonsoort 18.5 Die koda is aan die einde van die heruiteensetting en is in die oorspronklike toonsoort 5x1 Korrekte enkelwoord antwoorde (bv. tonika/dominant) = ½ punt [5] VRAAG 19 Der Hölle Rache is een van die sleutelarias in Die Towerfluit van WA Mozart. Beskryf hierdie aria in 'n paragraaf met verwysing na die karakter en stemtipe, tempo, stemming en enige ander spesifieke eienskappe. Antwoord: Karakter en stemtipe  Koningin van die Nag, (koloratuur) sopraan Tempo  Allegro/vinnig Stemming  Donker, ontstoke, aggressief Spesifieke eienskaappe  Virtuose vokale kenmerke  Wye vokale omvang  Ingewikkelde passasiewerk met 'n hoë moeilikheidsgraad  Orkestrale begeleiding ondersteun die stemming 5 punte Maksimum van 1 punt elk vir die eerste DRIE aspekte Spesifieke eienskappe = 2 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 35 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 20 Felix Mendelssohn se Hebrides Ouverture is gewortel in die Klassieke styltradisies en toon ook eienskappe van die vroeë Romantiese stylperiode. Skryf 'n opstel waarin jy verduidelik hoe hierdie twee stylperiodes in die komposisie manifesteer. Jy sal krediet onvang vir die logiese uiteensetting van die feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Klassieke elemente 6 Romantiese elemente 6 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] Voorbeeld van 'n inleiding Mendelssohn se Hebrides Ouverture reflekteer beide Klassieke en Romantiese eienskappe omdat die komponis in die Romantiese era geleef het maar groot respek gehad het vir die Klassieke tradisies. Klassieke elemente: Vorm en struktuur  Sonatevorm is tipies van die Klassieke stylperiode  Die uiteensetting bevat 'n eerste tema (in B mineur), (uitgebreide) brug, tweede tema (in D majeur) en 'n kodetta  Die ontwikkelingsgedeelte ontwikkel die temas uit die uiteensetting en bied ook nuwe materiaal aan  Die heruiteensetting herroep dieselfde twee temas maar nou in B mineur en B majeur, met die tweede tema wat deur die twee klarinette gespeel word Melodie  Duidelik onderskeibare melodieë  Reëlmatige frasesstrukture en simmetriese frases  Motiefontwikkeling wat deur Beethoven beïnvloed is Toonkleur/orkes  'n Klassieke orkes word gebruik met 'n strykerseksie, dubbel houtblasers, twee Franse horings, twee trompette en timpani Harmonie  Mendelssohn is sterk beïnvloed deur Mozart en Beethoven se gebruik van klassieke harmonie  Modulasie na verwante toonsoorte word meestal gebruik (B mineur – D majeur, B mineur – B majeur)  Gebruik tonale/klassieke harmonie Tekstuur  Meestal homofonies en hier en daar polifoniese teksture Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 36 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Romantiese elemente: Vorm en struktuur  Gebruik sonatevorm maar meer vry en gevarieerd bv. 'n ongewone lang kodetta na die tweede tema in die uiteensetting, 'n uitgebreide brug en koda  Uitgebreide ontwikkeling van motiewe – hierdeur baan hy die weg vir langer simfoniese werke Nuwe genre  Konsertouverture (voorskou van die simfoniese toondig)  'n Dramatiese simfoniese werk met programmatiese inhoud Melodie  Liriese melodieë met 'n eiesoortige melodiese styl tipies van die Romantiese styl Programmatiese aspekte  'n Beskrywende titel: Fingal se Grot (subtitel), Die Eensame Eiland as alternatiewe titel  Romantisisme met 'n nuwe fokus op die natuur  'n Beeld van die see, die grootsheid van die grot, die welling van die golwe, en die refleksie van lig op die water, die krag van die golwe wat teen die kranse breek, dit alles word voor die gees geroep Dinamiek:  Baie wye omvang van pp tot ff  Buitengewone dinamiese kontras versterk die programmatiese konteks Harmonie  Die gebruik van chromatisme af en toe Toonkleur/orkes  Geen addisionele instrumente word gebruik (soos wat wel die geval was in latere Romantiese orkeswerke) – maar hy gebruik die volle omvang van toonkleure beskikbaar in die Klassieke orkes  Beide temas word aanvanklik in die laer register gespeel (tjello's, fagotte, altviole) – hiermee beskryf hy die stemming van die grys lug en onheilspellende see  Innoverende orkestrasie lei na nuwe kombinasies van kleur en stemming Tempo en Ritme:  Uitvoerings van Romantiese simfoniese musiek word tipeer deur die gebruik van rubato en dit is waar van enige uitvoering van hierdie werk Voorbeeld van 'n afsluiting Dit is duidelik dat beide Klassieke en Romantiese eienskappe in die Hebrides Ouverture te vinde is en dat Mendelssohn dit reggekry het om balans en helderheid van die Klassieke styl en tipiese emosionaliteit van die Romantiese styl byeen te bring Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 37 DBE/2023 SS/NSS – Nasienriglyne Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Klassieke elemente SES Klassieke elemente 6 Romantiese elemente SES Romantiese elemente 6 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting em stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike = 2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Gemiddeld Logiese aanbieding en 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in = 1½ punte die middeldeel van die opstel teenwoordig 3 struktuur van die opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument = 1 punt in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punt skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Music

Explore more published documents in this catalogue.

View all