Skip to content

Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12201934 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 34 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 2019 NASIENRIGLYNE PUNTE: 120 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 34 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is verpligtend. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en ADELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A in potlood en al die geskrewe teks in blou of swart ink. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E in blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning by elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te verskaf. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 EN D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 EN E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) 1.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. 1.1.1 Noem die verwante dominant-toonsoort van hierdie werk. Antwoord: A majeur 1 punt, geen ½ punte (1) 1.1.2 Benoem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand. Antwoord: (a) Saamgestelde Majeur 3de 1 punt, geen ½ punte of Majeur 10de 1 punt, geen ½ punte (b) Mineur 6de (2) 1.1.3 Transponeer die regterhandparty van maat 7–8 by (e) 'n majeur tweede hoӫr. Voeg die nuwe toonsoortteken by. Antwoord: Toonsoortteken = 1 punt Notasie = 2 punte, (Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 3 punte (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 1.1.4 Herskryf die melodie in maat 7–8 by (e) in saamgestelde drieslagmaat. Voeg die nuwe tydmaatteken by. Antwoord: ½ ½ ½ ½ Tydmaatteken = 1 punt Notasie = ½ punt per pols = 2 punte (3) 1.1.5 Benoem die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie. Antwoord: (c) Majeur = ½ punt Grondposisie = ½ punt (d) Mineur = ½ punt Tweede omkering = ½ punt (2) 1.2 Skryf 'n sekwens vir Motief A in die spasie wat voorsien word. Antwoord: OF Sekwens = 2 punte (1 punt per maat) (2) 1.3 Skryf 'n melodiese omkering vir Motief B soos aangedui. Antwoord: Omkering = 1 punt (½ punt per noot) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 1.4 Bestudeer die musiekvoorbeeld en volg die instruksies. 1.4.1 Omkring VIER opeenvolgende note in maat 2 wat deel vorm van 'n chromatiese toonleer. Antwoord: Korrekte antwoord = 1 punt (Geen ½ punte (1) 1.4.2 Omkring EEN noot wat die subdominant-noot van die nuwe toonsoort is. Antwoord: Korrekte antwoord = 1 punt (1) 1.4.3 Herskryf die akkoord in die basparty in maat 2 in die altsleutel sonder toonsoortteken. Antwoord: Korrekte toonhoogte = ½ punt Korrekte toevallige tekens = ½ punt (1) 1.5 Identifiseer die toonleer wat in die uittreksel hieronder gebruik word. 1.5.1 Antwoord: Blues-toonleer = 1 punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5.2 Antwoord: Pentatoniese toonleer = 1 punt (1) 1.6 Skryf die lettername van enige twee note wat enharmoniese ekwivalente van mekaar is. Antwoord: Eb/D# (of enige ander korrekte paar) 1 punt- geen ½ punte (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2. 2.1 Gebruik die gegewe aanvangsmate en voltooi 'n twaalfmaatmelodie in 2.2 drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese- en artikulasie aanduidings op geskikte plekke in. Konsepantwoord: Instrument: Saksofoon/Klarinet/ Trompet/Viool/Fluit/ Hobo/Horing, ens. Allegretto OF Konsepantwoord: : Instrument: Tjello/Kontrabas/Fagot/Tromboon/Baskitaar, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Die melodie sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 2 toevallige tekens, spasiëring, punte uitleg Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit; 9–10 suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme Kwaliteit Goed - Kwaliteit van melodie en Korrek en musikaal; frases dui die toepaslikheid vir die gekose vorm duidelik aan; aanvangsmotief 7–8 instrument sinvol voortgesit; stabiele toonsoort; - Toepaslikheid van tempo, melodiese kontoer bevredigend; keuse 10 artikulasie en dinamiese van toonhoogtes en ritme akkuraat aanduidings verhoog die Gemiddeld kwaliteit van die antwoord Musikaal nie oortuigend; nie alle frases - Musikaliteit duidelik; aanvangsmotief nie goed 4–6 gebruik; tonaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Geen musikale sin; frases maak nie sin 0–3 nie; aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Antwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.1.1 Noem die toonsoort waarheen die uittreksel vanaf maat 5–8 moduleer. Antwoord: D majeur = 1 punt (1) 3.1.2 Identifiseer akkoorde (a)–(f) en besyfer dit op die partituur. Gebruik slegs Romeinse syfers vir die besyfering, bv. IV. Antwoord: Kyk partituur 1 punt per akkoord = 6 punte Minus ½ punt vir elke fout (6) 3.1.3 Noem die kadens wat by X. gevorm word. Gebruik die spasie wat voorsien word. Antwoord: Volmaak = 1 punt (1) 3.1.4 Noem die tipe non-akkoordnoot by (i) en (ii). Antwoord: (i) Appoggiatura = 1 punt (ii) (Onder) Wisselnoot = 1 mark (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Antwoord: Tipe kadens: Onvolmaak Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.1 Moduleer hierdie uittreksel? Antwoord: Nee = 1 punt (1) 3.2.2 Identifiseer die akkoorde by (a)–(f) en besyfer dit op die partituur. Gebruik akkoordsimbole bokant die akkoorde op die partituur, bv. Bb/D. Antwoord: Kyk partituur 1 punt per akkoord = 6 punte Geen ½ punte sal gegee word nie (6) 3.2.3 Noem die tipe non-akkoordnote by (i) en (ii). Antwoord: (i) (Onder) Wisselnoot = 1 punt (ii) Deurgangsnoot = 1 punt (2) 3.2.4 Noem die kadens in die spasie wat by X in maat 7 en 8 voorsien word. Antwoord: Onvolmaak = 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisasie hieronder deur 'n alt-, tenoor- en basparty by te voeg. Konsepantwoord: Die harmonisasie sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde 12 Akkoordkeuse, korrektheid van kadens (behalwe tussen maat 4 en 5) Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 punt per 14 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering akkoord nie Kwaliteit Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, Uitstekend = 3½–4 punte 6 Goed = 2½–3 punte 4 kreatiwiteit, bv. gebruik van kadensiële /4 en 6 Gemiddeld = 1½–2 punte deurgaande /4 progressies Swak = 0–1 punte Nota aan die nasiener: 30 (÷ 2) Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie TOTAAL 15 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole as sodanig toegeken nie. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 aangedui word. Konsepantwoord: Die antwoord sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word. BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde 13 Akkoordkeuse, korrektheid van kadens Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 Notasie, verdubbeling, spasiëring, 13 punt per akkoord nie stemleiding Uitstekend = 3½–4 punte Kwaliteit Goed = 2½–3 punte Musikaliteit, non-akkoordnote, 4 Gemiddeld = 1½–2 punte stylbewustheid, kreatiwiteit Swak = 0–1 punte Nota aan die nasiener: 30 (÷ 2) Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie TOTAAL 15 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole as sodanig toegeken nie. [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika Musiek). Nota aan die nasiener: Een punt moet toegeken word vir elke korrekte feit. Kandidate moet krediet kry vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn verskyn nie. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 5.1.1 D 5.1.2 C 5.1.3 B 5.1.4 D 5.1.5 A 5.1.6 A 5.1.7 D 5.1.8 B 5.1.9 C 5.1.10 C (10 X 1) (10) 5.2 5.2.1 Waar 5.2.2 Onwaar 5.2.3 Onwaar 5.2.4 Waar 5.2.5 Waar (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne 5.3 5.3.1 C 5.3.2 I 5.3.3 E 5.3.4 F 5.3.5 G 5.3.6 B 5.3.7 D (5 x ) (5) [20] Sien die eerste 5 antwoorde na TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Beantwoord AFDELING C (WKR) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKR) VRAAG 6 6.1  Crescendo en diminuendo – speel harder en sagter in die loop van 'n frase  Skielike sfz – gebruik om verrassing/skok te bewerkstellig  Aanvangsarpeggios – gebruik om aandag te fokus en die toonsoort vas te stel  Tremolo – gebruik om spanning en verwagting te skep  Aanwending van dinamiek – meer spesifiek aangedui as in die Barokperiode Enige 3 korrekte antwoorde = 3 punte (3) 6.2 Ooreenkoms  Beide orkeswerke Verskille Simfonie  'n Lang werk wat 30–50 minute duur  'n Werk met 3–4 of meer bewegings  'n Abstrakte werk (geen titel of program) Simfoniese toondig  'n Korter werk wat 10–15 minute duur  'n Enkeldelige werk  Programmatiese inhoud Ooreenkoms = 1 punt Verskil = 1 punt (2) 6.3  Eerste beweging: Allegro ma non troppo/Allegro  Vyfde beweging: Allegretto 2 korrekte antwoorde = 2 punte (2) 6.4  Vyf bewegings i.p.v. die normale vier  Vierde beweging in Vrye/Episodiese vorm  Die laaste drie bewegings word aaneengeskakel sonder onderbreking (teenoor 4 losstaande bewegings)  Koda-gedeeltes word uitgebrei/verleng Enige 2 korrekte antwoorde = 2 punte (2) (1) 6.5 Piccolo 1 punt [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 7  Begin met 'n gewysigde arpeggio-motief gebaseer op die B mineurakkoord  Aanvangstema is 'n stygende en herhalende sekwens  Staan bekend as die 'klotsende golf'-tema ('lapping wave' theme)  Aanvangstema word gespeel deur die altviole, tjello's en fagotte  Die tema word aanvanklik begelei deur 'n omgekeerde pedaalpunt (in die houtblaasinstrumente en viole)  Begin sag (piano)  Gebruik later heelwat crescendo's en decrescendo's (welling van die golwe)  Die opwelling en aanhoudende beweging van opeenvolgende golwe word voorgestel  Die aanwending van laer-klinkende instrumente met 'n donker toonkleur, sinspeel op die grouheid en drama van die Skotse weersomstandighede  Die mineurtoonaard verklank die stormagtige seelandskap Enige 5 korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 8 Beethoven se Simfonie No.6  Beskrywende titel: Pastorale Simfonie  Beskrywende titel vir elke beweging o Ontwaking van aangename gevoelens by die aankoms in die platteland o By die stroompie o Vrolike byeenkoms van plattelandse mense o Donderstorm o Herdersgesang: Gelukkige en dankbare gevoelens na die storm  Illustreer klankskildering van natuurlike gebeurtenisse (voëlsang, donderstorm, ens.) Mendelssohn se Hebrides Ouverture  'n Beskrywende titel: Fingal se Grot (subtitel), Die Eensame Eiland as alternatiewe titel  Nie heeltemal programmaties nie, maar bevat programmatiese elemente  Roep 'n beeld voor die gees, maar vertel nie 'n storie nie  Illustreer aspekte van die natuur d.m.v. die gebruik van klank Enige 5 korrekte feite (2+3 of 3+2) = 5 punte ('n Maksimum van 1 punt vir die beskrywende titels van Simfonie No. 6) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 Rondo-vorm Struktuur  Eenvoudige Rondo-vorm of Vyfdelige Rondo: ABACA  Sewedelige Rondo-vorm ook moontlik: ABACADA  Word geskep deur 'n refrein (A) en episodes (B, C, ens.) te gebruik  Hooftema (rondo-tema) of hoofseksie word ook die refrein genoem  Episodes bevat kontrasterende materiaal  Dikwels in die laaste beweging van 'n Sonate of Simfonie Gebruik van toonsoorte  Die A-deel is altyd in die tonikatoonsoort  Ander dele in verwante toonsoorte Enige 3 korrekte feite vir struktuur = 3 punte Enige 2 korrekte feite vir toonsoorte = 2 punte (3+2) = 5 punte [5] OF Menuet en Trio-vorm Struktuur  Saamgestelde drieledige vorm of saamgestelde ABA-vorm  Menuet word gevolg deur Trio, gevolg deur 'n herhaling van die Menuet (Menuet/Trio/Menuet)  Beide Menuet en Trio het hul eie interne vorm, meestal saamgestelde tweeledige vorm maar ook soms tweeledige of drieledige vorm  Dikwels die derde beweging van 'n Simfonie of Sonate  Die materiaal van die Menuet en Trio verskil dikwels  Beethoven vervang die Menuet met 'Scherzo en Trio'; dien dieselfde doel en behou dieselfde funksie Gebruik van toonsoorte  Menuet begin en eindig altyd in die tonikatoonsoort (modulasie mag voorkom in die binne-dele)  Trio begin en eindig altyd in 'n verwante toonsoort Enige 3 korrekte feite vir struktuur = 3 punte (Indien slegs 'Drieledig' of 'ABA', slegs ½ punt) Enige 2 korrekte feite vir toonsoorte = 2 punte (3+2) = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 10 Eienskappe van 'n Singspiel Voorbeelde in Die Towerfluit Gesproke dialoog Gesprek tussen Papageno en Tamino (of enige ander karakter) Kombineer populêre teater in die  'n Populêre opera-tipe volksmond met ernstige drama en  In die Duitse taal musiek  Bevat sang en gesproke dialoog  Storie meer verstaanbaar vir gewone mense  Meer toeganklik vir die middelklas Storielyn is meestal komies  Karakter, Papageno as Voëlvanger  Papageno – Der Vogelfänger bin ich ja Storielyn is romanties van aard  Karakters, Tamino en Pamina (Liefdesverhaal)  Tamino – Dies Bildnis ist bezaubernd schön Sluit elemente van towerkuns in  Die towerfluit en towerklokkies (vir die beproewinge van Tamino en Papageno) Fantastiese gediertes  Draak in die openingstoneel Verafgeleë/Eksotiese plekke  Vind plaas in 'n verafgeleë land in die berge tussen twee koninkryke  Suggereer 'n antieke Egiptiese omgewing Elemente van 'n feeverhaal  Die red van 'n prinses (Pamina) Oordrewe komiese karakters  Papageno as Voëlvanger geklee in voëlkostuum Karakterisering van goed en sleg  Sarastro en Koningin van die Nag Dikwels strofiese, volksagtige  Eenvoudige harmonie en melodie, liedere homofoniese tekstuur en duidelike frases  Papageno – Der Vogelfänger bin ich ja Ensembles en duette word ingesluit  Lighartige duet Pa Pa Pa ... tussen Papageno en Papagena Korale en Koorstukke  Isis und Osiris (van 'n meer ernstige religieuse/morele aard) Uitgebreide en uitdrukkingsvolle eienskappe in die arias:  Teatrale en aggressiewe  Koningin van die Nag (Wraak) Der Hölle melodiese passasies Rache kocht in meinem Herzen o koloratuursopraan o uitgebreide vokale omvang  Liriese en uitstaande kenmerke  Tamino (Liefde) Dies Bildnis ist bezaubernd sehön o Stadige, gevoelvolle aria o Gebruik van appoggiaturas o Emosionele aanwending van musiek (bv. Opwaartse sprong in die melodie)  Inspirerende en gewigtige  Sarastro (Hoog geag) kenmerke In diesen heilgen Hallen o Stadige en ernstige lied wat handel oor die ideale van die Vrymesselaars Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Eienskappe van 'n 1 punt vir elke korrekte feit 6 Singspiel Voorbeelde: 1 punt vir elke korrekte feit 6 Towerfluit Uitstekend 'n Inleiding, slot en stewige argument in die = 3 punte middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, slot en redelike argument in die = 2 punte middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik Logiese uiteensetting 'n Inleiding, slot en vae argument in die = 1½ punte en struktuur van die middeldeel van die opstel teenwoordig 3 opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, slot en swak argument in die = 1 punt middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die skryf = ½ punt van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1  Moderne Jazz (Onlangse jare) – het progressiewe/kontemporêre harmoniese en tradisionele ritmiese elemente  'n Trompet- en flugelhornspeler wat alom bewonder word – sy fokus is op 'n solo koperblaasklank  Beïnvloed deur sy eie kulturele omgewing o Luister na die radio (Radio Xhosa) en absorbeer tradisionele en nuwe eienskappe met die gevolg dat sy musiek eklekties word  Kombineer sy Xhosa musikale agtergrond met jazz  Kombineer 'n warm, sielvolle klank met progressiewe en kontemporêre jazz-harmonie en style Enige 3 korrekte feite = 3 punte (3) 11.2 Stylinvloede sluit in:  Amerikaanse jazz-fusion (-vermenging)  Wes Montgomery se jazz-kitaarklank  Miles Davis se jazz-fusion (-vermenging)met tradisionele jazz-rock musiek/instrumente Enige 1 korrekte antwoord = 1 punt (1) 11.3 Antwoord: Eienskap Miriam Makeba Dolly Rathebe Thandi Klaasen Stemtipe Mezzo-sopraan Alt Contralto Klankkwaliteit  Rokerige  Seepglad en  Kabaret styl ('Smokey') smeulend  Fluweelsagte klanke  Blues-stem stem  Warm en grasieus ½ punt vir stemtipe x 2 = 1 punt ½ punt vir klankkwaliteit x 2 = 1 punt (2) 11.4  Andile Yenana - Klavier  Marcus Wyatt - Trompet  Herbie Tsoaeli - Kontrabas (Bas)  Lulu Gontsana - Tromme  Sydney Mnisi - Tenoorsaksofoon Enige 1 korrekte kunstenaar en ooreenstemmende instrument = 2 punte (2) 11.5 11.5.1 ONWAAR 11.5.2 WAAR Korrekte antwoorde = 2 punte (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 12  Kwela-styl  'n Populêre solo-penniefluitklank (later word die saksofoon gebruik)  'n Musikale straat-styl word ontwikkel  'n Solo, melodiese styl wat geïmproviseer word  Verskillende melodiese lyne word verweef wanneer daar meer as een instrument speel (penniefluit en saksofoon)  Melodie word ontwikkel deur improvisasie  Matige flink tempo  Jive/Swing-ritmes  Skiffle-agtige maatslag  Eenvoudige akkoordprogressies (I, IV, en V) Enige 5 korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 13  Liedere o Slawe volksliedere – verklaar die sombere stemming in baie liedere o Kaapse Maleierliedjies – komiese elemente kom uit hierdie liedere o Khoi-sangliedere – dalende melodiese beweging o Kerkliedere – gewyde klank, eenvormige metrum en gesange  amaXhosa musiek – vitale ritmiese eienskappe en herhalende frases  Mardi Gras (Kaapse Klopse): o Straatkarnaval en parade-musiek – word gemaak tydens optogte en daar word ook gedans o Banjo en kitaar – maklik toeganklike en draagbare instrumente wat as begeleidingsinstrumente gebruik word o Ghoema-maatslag – eienskappe van tango/amba metrum  Marsorkeste en kerkorkeste – die gebruik van koperblasers en saksofoon  Marabi-musiek – klavier en 'swing'-invloede  Kwêla – invloede van improvisasie en roep en antwoord Enige 5 korrekte antwoorde = 5 punte (Kandidate moet ten minste 5 invloede noem en verduidelik; nie meer as een punt per invloed mag toegeken word nie [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 14 Styleienskappe  'n Mengsel van voortstuwende blues en uitgebreide eksperimentering  Unieke Suid-Afrikaanse kleur: sluit mbaqanga- en kwêla-styl invloede in.  Word beskou as Avant-garde as gevolg van die atonale klank en komplekse ritmiese konstruksie  Eksperimenteer met vryheid van uitdrukking in die musiek  Improvisatoriese musiek o melodiese buigbaarheid o gebruik roep-en-antwoord-patrone ontleen aan Afrika-musiek o improvisasie is die mees fundamentele eienskap  Beweeg weg van die georganiseerde Big Band klank en laat vaar uitgeskryfde verwerkings ter wille van groepsimprovisasie in die oomblik  Sterk invloed op die Britse 'Big Band'-toneel Verteenwoordigende lid van die groep Chris MacGregor of enige ander belangrike lid Enige 4 korrekte kenmerke = 4 punte 1 punt vir die naam van 'n verteenwoordigende lid = 1 punte = 5 punte [5] VRAAG 15 The Jazz Epistles Musikale agtergrong:  The Jazz Epistles bestaan uit Hugh Masekela, Kippie Moeketsi, Abdullah Ibrahim (vroeër bekend as Dollar Brand), Jonas Gwangwa, Johnny Gertze en Makaya Ntshoko  Hulle het almal in die musiekblyspel, King Kong, gespeel  Die orkes stel een album vry, Verse 1 voordat die groep opbreek in die 1960's  Die groep word bekend na 'n 'jam session' in die Odin Teater in Sophiatown  Hulle kom weer byeen na 59 jaar vir 'n reünie-konsert in 2016 Enige 2 feite = 2 punte Styleienskappe  Driftige Hard Bop orkes baie soos Art Blakey se Jazz Messengers  Gebruik vinnige tempo's en virtuose speeltegnieke  Gebruik kragtige temas (Dollar's Moods) en 'n breë, stadige swing (Blues for Hughie)  Individuele orkeslede se style: o Kippie Moeketsi, alt-saksofoonspeler met 'n baie wye kennis en begrip van Charlie Parker se werk asook Suid-Afrikaanse volkstradisies o Abdullah Ibrahim, as navolger van Duke Ellington en Thelonious Monk, aap aanvanklik hulle klavierstyle na, maar transformeer dit eindelik na sy eie styl en stem o Tromboonspeler Jonas Gwangwa en trompetspeler Hugh Masekela doen baie ervaring op tydens hul landswye toere saam met The Manhattan Brothers (Big Band), en as gevolg hiervan, bring hulle 'n sterk swing element in die musiek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne  Invloede van The Manhattan Brothers word ingevoeg in hulle style: gospel, afro- jazz, jive, doo-wop, swing, ragtime  Komplekse verwerkings  Uitmuntende samespel in ensembles  Lomerige, stadige ballades  Sluit sommige tradisionele Afrika-dansmusiek in  In die lirieke van die lied, Scullery Department, verwys Kippie Moekesti na die onderdrukkende nalatenskap van apartheid  Musiek is begrond in die tradisionele ritmes van die mynwerkers en ander trekarbeiders wat kom van verskillende dele van die land  Hulle skep modern jazz (op dieselfde wyse wat Amerikaanse bebop en hard bob ontwikkel het) maar laat ruimte vir ritmiese en melodiese materiaal wat die ryk Suid- Afrikaanse kulturele mengsel weerspieël.  Hulle volg die New York-gebaseerde Afrika-Amerikaanse musikante, soos Thelonious Monk, Dizzy Gillespie, en Charlie Parker na  Ibrahim speel dikwels Kaapse Kleurling volksliedjies vir sy medemusikante voor en dit beïnvloed hulle styl  Die klanksoort wat gehoor word op die album, Verse 1 is pure bebop (moderne jazz)  Die klank is hoekiger en harder (soos bebop) as die meer algemene swing-klank van die populêre musiek van die tyd  Uitgebreide gebruik van revolusionêre harmoniese idees, insluitend vinnige deurgaande akkoordprogressies, nuwe variante van veranderde akkoorde en en akkoordevervangings Enige 8 kenmerke = 8 punte Verteenwoordigende album/trefferliedjie:  Verse 1  Scullery Department  Dollar's Moods  Blues for Hughie  Vary-oo-vum Enige 2 albums/trefferliedjies = 2 punte OF Gideon Nxumalo Musikale agtergrond:  Jazz pianis en marimbaspeler, ook bekend as komponis en verwerker  Nxumalo behaal 'n graad in klassieke musiek  Hy speel klarinet, altviool, kitaar en tromme  Hy bied ook 'n radioprogram, This is Bantu Jazz, aan vir die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK)  Onderrig klavier en musiekteorie by 'Dorkay House' in Johannesburg  Was 'n lid van die Philip Tabane Kwartet  Neem twee jazz albums op Enige 2 feite = 2 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Styleienskappe:  Nxumalo se komposisies bring uiteenlopende style byeen, o.a.: o Big Band o Swing o Elemente van inheemse Afrika-liedere en ritme  Repertorium sluit die volgende in: o Werke vir kamerorkes o Strykkwartet o Musiekblyspele o Radio-klingels  Sy komposisies het 'n radikale klanksoort en hy ondersoek nuwe strukturele konsepte  Hy verwerk Afrika-liedere vir die musiekblyspel Sponono  Gideon Nxumalo en Max Roach komponeer die partituur vir die film Dilemma, wat in geheel op jazz-elemente baser is.  Gebruik melankoliese mbaqanga-akkoorde in Jazz Fantasia  Sommige van sy musiek bevat sikliese akkoordprogressies  Daar is bebop invloede in Chopi Chopstix, o.a.: o unisoon melodiese aanwending o gesamentlike improvisasie tussen solis en ritmeseksie o komplekse harmoniese progressie o langer melodiese frases met die gebruik van ongewone intervalle wat ontleen is aan uitgebreide akkoorde Enige 8 kenmerke = 8 punte Verteenwoordigende album/trefferliedjie:  Jazz Fantasia  Gideon Plays  A Jazz Score  Chopi Chopstix Enige 2 album/trefferliedjies = 2 punte OF Todd Matshikiza Musikale agtergrond:  Ontvang diplomas in musiek en onderrig en was een van die eerste gekwalifiseerde swart musikante  Maak die Todd Matshikiza School of Music oop waar hy klavier onderrig  Komiteelid van die 'Syndicate of African Artists': die groep stel hom ten doel om musiek in die townships te bevorder en om besoekende kunstenaars daar te laat optree  Hy skryf 'n jazz-kolom wat handel oor die township omgewing vir Drum tydskrif  Matshikiza komponeer die musiek en help skryf die lirieke vir die musiekblyspel King Kong Enige 2 feite = 2 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Styleienskappe:  Matshikiza komponeer liedere en koorwerke  Sommige van sy musiekstukke is 'n kombinasie van klassieke, jazz en tradisionele temas a.g.v. sy formele musiek opleiding. 'n voorbeeld hiervan is Makhaliphile  Somtyds speel hy jazz gigs in 'n nagklub wat ook sy styl beïnvloed om meer improvisatories te wees  Komponeer musiek vir die jazz-geïnspireerde musiekblyspel, King Kong, waarna verwys word as 'n 'algehele Afrika jazz opera' o King Kong omskep klassieke Amerikaanse jazz in township jazz o Is die hoogtepunt van die mengsel van inheemse Afrika en en Westerse invloede binne die stedelike swart gemeenskap o Sluit die style marabi, mbaqanga, kwêla, suiwer jazz en aspekte van swing in o Sommige musiek sluit sikliese akkoordprogressie in Enige 8 kenmerke = 8 punte Verteenwoordigende album/trefferliedjie:  King Kong  Hamba Kahle  Sad Times, Bad Times Enige 2 album/trefferliedjies = 2 punte OF Phillip Tabane Musikale agtergrond:  Phillip Tabane se ma, 'n Sangoma, het 'n sterk invloed op sy spirituele, musikale ontwikkeling  Is sterk beïnvloed deur die vokale musiek van sy ma as geestelike heler  Die sterk verband tussen voorvader-spiritualiteit gee hom die krag en inspirasie om sy musiek te komponeer  Hy begin sing in 'n dreunsangstyl wat hy absorbeer van sy ma se gewyde Malombo dreunsang  Tabane leer die mondfluitjie speel by die 'Malaeta' groep wat in die multikulturele township, Mamelodi, byeenkom  Word groot tussen aktiewe musikante van sy uitgebreide familie  Komitee-lid van die Syndicate of African Artists  Leer speel die kitaar op tienjarige leeftyd in 1943  General Duze (sy kitaar mentor) leer hom note lees  Die 'Mamelodi Community Centre' verskaf 'n goeie platform vir kulturele sameweking  Wen die eerste prys in die 'Castle Lager Jazz Talent Contest' in 1963 en 1964  Tabane word genooi om werkswinkels by universiteite in die buiteland tussen 1971 en 1987 aan te bied Enige 2 feite = 2 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Styleienskappe:  Phillip Tabane gebruik die eienskappe van tradisionele malombo  Word sterk beïnvloed deur die vokale musiek van sy ma, 'n geestelike heler  Tradisionele tromme speel 'n belangrike rol  Tromspeler beweeg tussen die tromme en mbira/ sePedi duim-klavier 'Dipela'  Gedeeltes van die musiek is sonder tromme en hier speel hy kitaar of fluit en word deur die Mbira/Dipela begelei  Melodieë bestaan uit 'n voor-frase en 'n na-frase soos wat dit in tradisionele malombo voorkom  Malombo-tromme word gebruik om 'n 'groove' en dansritme te skep  Tromme speel die rol van die verskaffing van 'n klankeffek, en reageer spontaan op die roep van die kitaar  Hy skep sy eie harmonie deur die gebruik van herhalende motiewe, dubbelgrepe en rommelende klankeffekte bo-oor 'n pedaalnoot in die bas  Die pryspoësie wat Tabane gebruik is ontleen aan reeds bestaande poëtiese tekste uit sy eie familiegeskiedenis en voorvaderlike pryspoësie en ook uit ander Suid- Afrikaanse kulture  Skep die atmosfeer van 'n dawerende klank deur in al die posisies op die vingerbord ('fret board') van die kitaar te speel  Kenmerkende dreunsang deurspek die vokale uitvoering Enige 8 kenmerke = 8 punte Verteenwoordigende album/trefferliedjie:  Sangoma  Phamba Madiba  Thabang Enige 2 album/trefferliedjies = 2 punte Die opstel sal aan die hand van die volgende kriteria nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Agtergrond 1 punt vir elke korrekte feit 2 Styleienskappe 1 punt vir elke korrekte feit 8 Album/Trefferliedjie 1 punt vir elke korrekte feit 2 Uitstekend 'n Inleiding, slot en stewige argument in die = 3 punte middeldeel van die opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, slot en redelike argument in die = 2 punte middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik Logiese uiteensetting 'n Inleiding, slot en vae argument in die = 1½ punte en struktuur van die middeldeel van die opstel teenwoordig 3 opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, slot en swak argument in die = 1 punt middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die skryf = ½ punt van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING E: IAM VRAAG 16 16.1 16.1.1 16.1.3 16.1.4 16.1.7 4 korrekte antwoorde = 4 punte (4) 16.2  In die uitvoeringsproses van inheemse musiek en dans, word kinders aan verskillende Afrika-ritmes blootgestel  Soos wat kinders hulle musikale gevoelens in dans weergee, leer hulle nuwe ritmiese patrone  Blootstelling aan kruisritmes en sinkopasie help om kinders se kreatiwiteit te ontwikkel  Musiek word van buite geleer m.a.w. dit word memoriseer en internaliseer  Geheue en kognitiewe funksie word verbeter  Deur die sing van liedere in 'n bepaalde taal word die grammatika en woordkennis ontwikkel  Deelname aan groepsaktiwiteit soos byvoorbeeld klap, tromspel en dans word kinders se interpretasie vaardighede ontwikkel  Die spontane aanwending van melodieë en ritmes is 'n bewys daarvan dat leer plaasgevind het en dat musikale woordeskat onthou word  Wanneer 'n repertorium van ritme-patrone aangeleer is, dien dit as 'n basis vir improvisasie en komposisie  Spontaniteit wat kenmerkend is van improvisasie, versterk kinders se komposisie en samewerkingsvaardighede  Kinders word aangemoedig om deel te neem aan die uitvoering deurdat dit hulle selfrespek en individuele identiteitsvorming verbeter Enige 3 korrekte feite = 3 punte (3) 16.3 Paul Simon 1 punt (1) 16.4 16.4.1 Konsertina 1 punt (1) 16.4.2 Kontrabas 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 31 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 17 Maskanda kitaarstemtegnieke:  Verskillende style van die stem van die snare word aangewend. o Standaard maskanda kitaarstemming word genoem isiZulu-styl: snare word gestem as volg: EADGBD o Isishameni-styl: Snare gestem as volg: DADABD o Isichunu-styl: Dieselfde stemming as bg. o Isigeyane-styl: Gebruik standaard isiZulu (standaard maskanda stemming) o Isimandolini0styl: Snare gestem as volg: EBBC#F#G# Maskanda kitaarspeeltegnieke:  Maskanda gebruik meestal 'n staalsnaarkitaar (nie sintetiese snare) omdat dit 'n meer perkusiewe klank verskaf  'n Plektrum (genoem ikati) word dikwels gebruik  Daar is twee hoof speeltegnieke: ukuvamba (snare perkusief gestryk) en ukupika (vingers pluk die snare liggies – afkomstig uit die noorde van Suid-Afrika)  Maskandi speel met vingerdoppies ('finger picks'), om 'n meer perkusiewe aanslag op die snare te kry  In die ukupika speel die duim die laer snare (amadoda, die Zulu woord vir 'mans')  Die vingers van die regterhand (meestal die wysvinger) speel die melodie op die hoër snare (amatombazane, die Zulu woord vir 'meisies')  Die sanger sing gewoonlik in unison (hetrofonies) met die melodie wat op die hoër snare klink Stem van die snare = 2 punte Maskanda kitaarspeeltegnieke = 3 punte Totaal = 5 punte [5] VRAAG 18  Een van die rolle wat musiek in rituele speel, is beskerming, bv: o Die magiese trom wat deur die vaVhenda- hoofmanne gedra word wat geglo het dat die klank/pols daarvan vyande sou afweer en terugdryf o Die baTsonga se 'hemelse fluit' geblaas deur 'n geestelike gedurende donderstorms om die 'ndlati'-voӫl wat die weerlig veroorsaak af te weer  Musiek word gebruik om met die voorvadergeeste te kommunikeer gedurende rituele, bv. reën-rituele van die mokorotlo en moholobelo dansliedere in die baSotho reӫn-seremonie 'modutsone'  Daar word geglo dat musiek helende kragte gedurende rituele het, bv. die baPedi spirituele ritueel, Malopo  Daar word gesê dat die ritmes oorgedra word in 'n metafisiese vlak, bv. die gebruik van Mancomane-tromme wat gedurende die uitdrywing van gevaar ens. deur die baTsonga-geestelikes gespeel word  Deur middel van tromspel kan 'n individu verskillende fases van bewustheid ervaar waar geeste uitgedryf kan word en goeie geeste toegelaat word, bv. baSotho Hlophe groepterapie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 32 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne  Sekere instrumente verteenwoordig stemme van geestelikes en word dus beskou as gewyd, bv. baPedi Moshupiane-trom wat gedurende die vroulike inisiasie 'byale' gespeel word  Musiek bevestig ook identiteit in 'n nuwe lewensfase gedurende inisiasie bv. die Zulu ingcekeza-liedere wat gedurende die meisie se ritueel tot volwassenheid (umemulo) gesing word  Musiek word gebruik om die rol van die hoofmanne en konings te beklemtoon en om lojaliteit te bewerkstellig, bv. die rietdans van die amaSwati wat die mag van die Koningin beklemtoon en die rietpypdans van die vaVhenda wat die status van die hoofmanne beklemtoon [ Enige 5 korrekte feite en voorbeelde = 5 punte Minus ½ punt per feit indien geen voorbeeld gegee word nie [5] VRAAG 19 Oorsprong  Isicathamiya is 'n tipe a cappella koorsangstyl  Die oorsprong van die naam kom van die isiZulu-werkwoord cathama – om liggies op die punte van jou tone te loop  Isicathamiya ontwikkel uit mbube, 'n vroeë isiZulu-styl in cappella-sang  Waar mbube hard en kragtig gesing word, fokus isicathamiya meer op die harmoniese vermenging van klank tussen stempartye  Die kompetisie-element is sosiaal belangrik Styleienskappe  A cappella koorsang-styl  Vierstemmige harmonie  Gebruik vokale tegnieke soos ululasie en krepitasie  Roep en antwoord tussen die leier en die groep – in 'n doo-wop-styl  Lirieke tradisioneel in isiZulu  Tradisioneel 'n mannekoor  Kombinasie van kerkmusiek en balladeversameling Oorsprong = 2 punte Styleienskappe = 3 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 33 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 20 Ontwikkeling van malombo tot 'n populêre musiekstyl  Phillip Tabane vermeng die musiektradisies van die baPedi en vhaVenda-volke met jazz  Afrika-tromme en handperkussie word afgewissel met unieke kitaar- en fluitklanke  Afrika-ritmes word op die malombo tromme gespeel  Sy unieke kitaarspelstyl is 'n kombinasie van Amerikaanse jazz en tradisionele volksmusiek  Roep en antwoord-tegniek word beide vokaal en instrumentaal aangebied  Die tromme reageer dikwels op die roep-melodieӫ en riffs wat op die kitaar gespeel word Enige 4 korrekte feite = 4 punte Vokale tegnieke:  Verwissel dikwels 'n diep en ryke stemkwaliteit met die gebruik van falsetto  Falsetto-sang word gebruik om 'n melankoliese en nostalgiese gevoel te bewerkstellig  Gebruik 'n opgewekte vokale tegnieke – gly van een noot na 'n ander, bv. glissando  Gebruik klankestetika as 'n unieke vorm van guitar-scatting (sangerige kitaarlyne)  Krepitasie/Geknetter (Crepitation) is 'n prominente eienskap  Skep 'n molombo-gees deur die gebruik van klanknabootsing om die kitaarklank te eggo.  In sommige liedere soos Ngwana o ya lela, is daar 'n stilte wat opgevolg word deur 'n solo lofprysingsuitvoering Enige 4 korrekte feite = 4 punte Kitaarspel:  Skep die atmosfeer van 'n dawerende klank deur in al die posisies op die vingerbord van die kitaar te speel.  Hy gebruik sy vingers, plektrum, slaanstok en gly sy vingers op die kitaarsnare om 'n klaende klank te skep  Hy gebruik soms sy voet om helder en duidelike melodieë op die klavier te speel.  Tabane gebruik skielike stiltes om die herhalende en sikliese struktuur van die musiek te onderbreek  Verskeie onderbrekings in klank (stiltes) in dieselfde lied word gebruik om die verskillende seksies van die siklus aan te dui Enige 4 korrekte feite = 4 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 34 DBE/2019 SS/NSS – Nasienriglyne Die opstel sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Ontwikkeling van malombo 1 punt vir elke korrekte feit 4 Vokale tegniek 1 punt vir elke korrekte feit 4 Kitaarspel-tegniek 1 punt vir elke korrekte feit 4 Uitstekend 'n Inleiding, slot en stewige argument in die middeldeel van die = 3 punte opstel teenwoordig Goed 'n Inleiding, slot en redelike argument in die middeldeel van die = 2–2½ punte opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, slot en vae argument in Logiese uiteensetting en = 1½ punte die middeldeel van die opstel 3 struktuur van die opstel teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, slot en swak argument in die middeldeel van die opstel = 1 punt teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging = ½ punt met die skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar Feite puntsgewys aangebied = 0 punte TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all