Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2019
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 120
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 32 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 

_hlayiso.com_--3dd89932-87f6-49d2-8276-bd6fbde69f1d/v1-68a9e20d9f82beb5a6c4/card.webp)



View all





Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 991.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
NSC November Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1Scales, Keys, Modes & Intervals24 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition
- Question 3Harmony, Chords & Composition20 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 5Music Technology & Presentation Skills20 marks
- Question 6Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 2 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C,
D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).
4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in
die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
inligting in hul antwoorde te gee.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 3 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 20
(VERPLIGTEND)
2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 20
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 20
EN
C: WKM 6 10
7 5
8 5
9 5
10 15
SUBTOTAAL 40
OF
D: JAZZ 11 10
12 5
13 5
14 5
15 15
SUBTOTAAL 40
OF
E: IAM 16 10
17 5
18 5
19 5
20 15
SUBTOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 4 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 5 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.1 Noem die toonsoort van hierdie stuk.
Antwoord: G mineur 1 punt (1)
1.2 Gee 'n gepaste Italiaanse term vir die tempo-aanduiding bokant maat 1.
Antwoord: Moderato/Andante/Andantino 1 punt (1)
1.3 Wat is die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i)?
Antwoord: Gb OF Ex 1 punt (1)
1.4 Benoem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand.
Antwoord:
(a) Saamgestelde mineur 2de/Mineur 9de 1 punt
(b) Verminderde 4de 1 punt
Geen ½ punte (2)
1.5 Halveer die nootwaardes en herskryf die note by (X). Voeg die nuwe
tydmaatteken by.
Antwoord:
Tydmaatteken (moet wees) = 1 punt
Notasie = 2 punte
Minus ½ punt per notasiefout (3)
1.6 Herskryf die vioolparty by (Y) op dieselfde toonhoogte in die gegewe sleutel.
Antwoord:
Notasie = 3 punte
Minus ½ punt per notasiefout
(Geen punt afgetrek vir afwesige tydmaatteken en/of toonsoortteken) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 6 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.7 Beskryf die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie.
Antwoord:
(c) Majeur, Grondposisie 2 x ½ = 1 punt
(d) Verminderd, Eerste omkering 2 x ½ = 1 punt
Geen punte vir besyfering alleen (2)
1.8 Beantwoord die vrae oor die uittreksel hieronder.
1.8.1 Voltooi die melodie hierbo deur 'n stygende sekwens te skryf.
Antwoord:
OF
OF
Antwoord: Sien partituur 1 mark (1)
1.8.2 Gee TWEE verskillende name vir die modus/toonleer wat by (S)
gevorm word.
Antwoord:
• Aeoliese modus
• Natuurlike mineurtoonleer
• (Afgaande) melodiese mineurtoonleer
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 7 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
1.9 Voltooi 'n blues-toonleer deur VIER note tussen die gegewe note in te voeg.
Antwoord:
OF
½ punt vir elke korrekte noot = 2 punte (2)
1.10 Voltooi die volgende om 'n harmoniese mineurtoonleer te vorm. Voeg die
nodige skuiftekens by en merk die halftone.
Antwoord:
Korrekte gebruik van skuiftekens (½ x 2) = 1 punt
Korrekte aanduiding van halftone (½ x 2) = 1 punt (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 8 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2.
2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir
enige melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument
en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en artikulasie-
aanduidings op geskikte plekke in.
Konsepantwoord:
Instrument: Saksofoon/Klarinet/Trompet/Viool/Fluit/Hobo/Horing, ens.
Tempo: Allegretto
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 9 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
2.2 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige
melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf
'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en artikulasie-aanduidings op geskikte
plekke in.
Konsepantwoord:
Instrument: Saksofoon/Klarinet/Trompet/Viool/Fluit/Hobo/Horing, ens.
Tempo: Allegretto
Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Korrektheid
Nootstele, polsslae per maat, skuiftekens, Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2
spasiëring, groepering
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; aanvang innoverend voortgesit;
9–10
suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer
en omvang meesterlik hanteer; kreatiewe benadering
tot die keuse van toonhoogtes en ritme
Goed
Kwaliteit Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
- Kwaliteit van melodie en toepaslikheid vir 7–8 aanvang sinvol voortgesit; stabiele toonsoort;
die gekose instrument melodiese kontoer en omvang bevredigend; keuse van
- Toepaslikheid van tempo, artikulasie en toonhoogtes en ritme akkuraat 10
dinamiese aanduidings verhoog die Gemiddeld
kwaliteit van die antwoord Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
- Musikaliteit 4–6 aanvang nie goed gebruik; toonsoort onstabiel;
melodiese kontoer en omvang onder verdenking;
keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Geen musikale singewing; frases maak nie sin nie;
0–3 aanvang geïgnoreer; geen sin vir toonsoort; geen
melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
onsamehangend
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 10 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 11 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.1.1 Noem die toonsoort van hierdie stuk.
Antwoord: C major 1 punt (1)
3.1.2 Besyfer die akkoorde by (a)–(e) met Romeinse syfers op die partituur,
bv. iii6/iiib.
Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 5 punte
Minus ½ punt vir elke fout t.o.v. posisie (5)
3.1.3 Identifiseer die kadens by (f) in maat 74–8 op die partituur. Besyfer die
akkoorde met Romeinse syfers.
Antwoord: Sien partituur 1 punt vir die kadensnaam
½ punt per akkoord = 1 = 2 punte (2)
3.1.4 Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y).
Antwoord: (X) (Beklemtoonde) Deurgangsnoot = 1 punt
(Y) (Bo) Hulpnoot/wisselnoot = 1 punt (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 12 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 13 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
3.2.1 Identifiseer die akkoorde (a)–(f) en skryf die akkoordsimbole in die spasies
wat daarvoor op die partituur verskaf is, bv. Bb/D.
Antwoord: Sien partituur 1 punt per akkoord = 6 punte
Minus ½ punt vir elke fout t.o.v
nomenklatuur (6)
3.2.2 Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y).
Antwoord: (X) (Onbeklemtoonde) Deurgangsnoot = 1 punt
(Y) (Bo) Hulpnoot/wisselnoot = 1 punt (2)
3.2.3 Noem die kadens wat in maat 14–16 op die partituur gevorm word. Dui die
akkoordsimbole by (g) en (h) aan.
Antwoord: Sien partituur 1 punt vir kadensnaam
½ punt per akkoord = 1 = 2 punte (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 14 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4 (30 minute)
Antwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor-
en baspartye by te voeg.
Konsepantwoord:
Die harmonisasie sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 punt
14
Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering per akkoord nie
Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde
12
Akkoordkeuse, korrekte kadense (behalwe tussen maat 4, 5 en 8)
Kwaliteit
Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, Uitstekend = 3½–4 punte
6 Goed = 2½–3 punte 4
kreatiwiteit, bv. gebruik van kadensiële 4 en
6 Gemiddeld = 1½–2 punte
deurgangs 4 progressies Swak = 0–1 punte
Nota aan die nasiener: 30
Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2)
TOTAL 15
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in
hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir
die simbole as sodanig toegeken nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 15 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
4.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal in die oop
ruimtes op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die
gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word.
Konsepantwoord:
Die antwoord sal aan die hand van die volgende riglyne nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as
Notasie, spasiëring, stemvoering 1 punt per akkoord nie
13
Akkoordprogressie
Akkoordkeuse, korrekte kadense
1 punt tussen elke paar akkoorde 12
Kwaliteit Uitstekend = 4–5 punte
Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, Goed = 3–3½ punte
kreatiwiteit, bv. interessante Gemiddeld = 2–2½ punte
5
akkoordkonstruksies en progressies Swak = 0–1½ punte
Nota aan die nasiener: 30
Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie (÷ 2)
TOTAAL 15
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in
hierdie nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die
simbole as sodanig toegeken nie.
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 16 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELINGS B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Antwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek).
Nota aan die nasiener: Een punt word toegeken vir elke korrekte feit. Kandidate moet
krediet ontvang vir enige korrekte feit wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 5.1.1 C
5.1.2 B
5.1.3 A
5.1.4 D
5.1.5 B
5.1.6 C
5.1.7 C
5.1.8 A
5.1.9 B
5.1.10 C
TIEN korrekte antwoorde = 10 punte (10)
5.2 Die reg om:
• sy/haar eie komposisie te kopieer
• sy/haar eie komposisie op te neem
• te versprei: aan die publiek en digitaal
• te redigeer: bv. verandering aan 'n lied en/of die lirieke/woorde
• musiek te bemark
• te verkoop of handel te dryf met die musiek
• voordeel te trek uit meganiese regte
• voordeel te trek uit naaldregte
VIER korrekte feite = 4 punte (4)
5.3 • As 'n lied wat onder kopiereg val uitgevoer of in die publiek gespeel word,
ontvang die komponis en/of ander partye betaling of tantieme
OF
• Waar musiek gespeel word, bv. in teaters of inkopiesentrums betaal die
eienaar van die instelling 'n lisensiefooi aan die musiekregte-organisasie,
bv. SAMRO, wat dit dan weer aan die kopiereghouer oorbetaal
Enige 2 korrekte feite = 2 punte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 17 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
5.4 5.4.1 EMI
SONY MUSIC
EEN korrekte antwoord = 1 punt (1)
5.4.2 SAMRO
CAPASSO
EEN korrekte antwoord = 1 punt (1)
5.5 • Gee opdrag vir die komponeer van nuwe musiek
• Redigeer musiekpartiture
• Publiseer musiekpartiture
• Verkoop musiekpartiture
• Versprei musiekpartiture
• Bemark musiekpartiture
• Administreer kopiereg van die musiekpartituur
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
[20]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 18 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 6
6.1 6.1.1 Tenoor
6.1.2 (Koloratuur) Sopraan
6.1.3 Bariton/Tenoor
DRIE korrekte antwoorde = 3 punte (3)
6.2 • Vergroot die orkes
• Standaardiseer die Klassieke orkes in vier verskillende families
• Klavesimbel word geleidelik uit die orkes weggelaat
• Dubbele houtblaasinstrumente word ingevoer
• Klarinet word geleidelik ingesluit
• Vestiging van die sitposisie van die instrumente
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte
(Noem van die vier families verdien net een punt) (2)
6.3 • Tremolo
• Skielike sfz
• Crescendo's en decrescendo's
• Gelykvormige strykrigting
• Dinamiese omvang brei uit na pp en ff
EEN korrekte antwoord = 1 punt (1)
6.4 6.4.1 D
6.4.2 B
6.4.3 F
6.4.4 A
6.4.5 C
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 19 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7
7.1 • Skematies voorgestel deur ABACA vorm (ABACADA)
• Die hoofdeel/tema (A) word die refrein genoem
• Die kontrasterende gedeeltes word episodes genoem
• Die hoofdeel/tema (A) is in die tonika toonsoort terwyl die kontrasterende
dele (B en C) in verwante toonsoorte verskyn
• Die hoofdeel/tema alterneer met een of meer kontrasterende dele wat
nuwe materiaal insluit
• Kom gewoonlik voor as die laaste deel van 'n Klassieke sonata of simfonie
of kan ook voorkom as 'n losstaande werk, vir bv. klavier
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
7.2 Allegro/Vivace/Vinnig en lewendig/Allegretto 1 punt (1)
[5]
VRAAG 8
Genre
• Konsertouverture is 'n eendelige orkeswerk
• Dit is 'n onafhanklike werk, dikwels met 'n beskrywende titel wat programmatiese
inhoud veronderstel
TWEE korrekte feite = 2 punte
Vorm
• Uiteensetting het twee kontrasterende temas:
o eerste tema in B mineur (met dalende karakter)
o tweede tema in D majeur (stygende, liriese karakter)
o uitgebreide brugpassasie
o twee temas is onderling verbind
• Ontwikkeling: D majeur
o langste deel van die komposisie wat die klimaks bevat
o (begin met die eerste tema)
• Heruiteensetting/Rekapitulasie begin in D majeur
o sluit nuwe materiaal by die brugpassasie in
o tweede tema in B majeur
• Uitgebreide Koda
DRIE korrekte feite = 3 punte
Slegs hoofseksies in ‘n sin aangedui = ½ punt elk
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 20 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 9
• Die storielyn van 'n tipiese Singspiel is óf komies (met ernstige elemente) óf
romanties óf heroïes óf bevat elemente van fantasie, en in dié sin kwalifiseer Die
Towerfluit as 'n uitnemende voorbeeld
• Eienskappe wat in Die Towerfluit voorkom is:
o komiese karakter: Papageno
o romantiese element: Tamino en Pamina
o feӫverhaal: die red van 'n prinses
o magiese en fantasiekomponent: towerfluit en -klokkies
o eienskappe van goed en sleg: Sarastro/Koningin van die Nag
• Sluit 'n verskeidenheid van tipes musiek
o eenvoudige strofiese volksagtige liedere (Der Vogelfänger bin ich ja)
o meer dramatiese en versierde arias (Der Hölle Rache …)
o duette, ensembles en koorstukke (Pa, pa, pa …)
• Libretto in Duits (sodat die gehoor in Wenen die teks kan verstaan)
• Sluit gesproke dialoog wat met liedere afgewissel word, in
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 21 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 10
Eerste beweging: Gelukkige gevoelens by die aankoms in die platteland
• Het 'n openingsdreunbas – oop kwint in die lae strykers – wat tipiese plattelandse
dansmusiek voor die gees roep
• Prominente gebruik van die horingkwint (vanaf maat 39) om die konneksie met die
platteland te maak (jaghoring)
• Die draaisneller-figuur in die fluite herinner aan voëlsang
Tweede beweging: By die stroompie
• Sluit die bekende voëlsang in waar bepaalde instrumente spesifieke voëls namaak
• Fluit stel die nagtegaal voor
• Hobo stel die kwartel voor
• Twee klarinette stel die koek-koek voor
Derde beweging: Kleinboere se party
• 'n Energieke plattelandse dans word deur die kleinboere gespeel/gedoen (Ländler)
• Instrumentasie boots 'n dorpsorkes na wat by 'n tavern musiek maak
• Fagot speel 'n eenvoudige tonika-dominant baslyn deurgaans
• Viole boots 'n growwe plattelandse vioolklank na
• Trompet verskyn die eerste keer by die klimaks van die feestelike dans
Vierde beweging: Donderstorm
• Stel 'n realistiese, hewige donderstorm voor
• Dit bou geleidelik op van 'n veraf rammeling (kontrabas en tjello) tot die klimaks van
die storm
• Timpani (verbindingspassasie tussen 3de en 4de bewegings) stel die eerste
rammeling en waarskuwing van die storm en die eerste donderslae voor
• Viole wat pp staccato agstenote speel stel die eerste reëndruppels voor
• Tjello-kwintole en kontrabas-kwartole verskaf gedurige dreuning van die weer
• Stygende arpeggio's in die strykers en orkes se sweepslae stel weerlig voor
• Die piccolo speel skril, hoë note (vanaf maat 82) om spanning en vrees voor te stel
• Bykomende twee trombone verleen ekstra volume en intensiteit aan klimaks
• Hoë strykers speel ff tremolo's wat intense opgewondenheid skep
• Tromrolle en tremolo's werk mee na die klimaks van die storm
• Die kontrabas trioolfigure (lae rammeling) dui 'n geleidelike bedaring van die storm
aan teen die einde van die beweging
• Wanneer die agstenote (van die openingsgedeelte in maat 3) terugkeer as halfnote
in die hobo-party (dolce gespeel) bo-oor 'n dominant pedaalpunt in die tonika
toonsoort, word die musiek geleidelik sagter na die storm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 22 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Vyfde beweging: Herderslied
• Die fluit speel 'n sagte, stygende toonleer aan die einde van die vierde beweging
wat 'n terugkeer na die kalme, rustige, pastorale toneel aandui
• Daar is baie verskillende orkeskleure wat die veranderde omstandighede van rus
en vrede na die storm aandui
• Jodelfiguur (herdersfluit) word op die klarinet gehoor
• Die horing eggo die klarinet en verteenwoordig die Alpehorings wat 'roep en
antwoord'
• Die pastorale tema met yl begeleiding, in die hoë register van die strykers aan die
begin van die beweging suggereer die varsheid van die lug na die storm
• Die tweede tema, aangebied deur die altviool- en tjellopartye, is gesinkopeerd en
dansagtig en herinner aan 'n Ländler
Vir 'n bespreking van "Die Storm" alleen, mag die kandidaat 'n maksimum van
7 punte ontvang. Daar moet ten minste twee feite van twee ander bewegings vir die
ander 2 punte genoem word.
Die opstel sal volgens kriteria nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Programmatiese titels
van ten minste drie 3 Titels x 1 punt 3
bewegings
Verband tussen
instrumente en Minimum van 3 bewegings
9
pastorale idees in ten Maksimum van 7 punte per beweging
minste drie bewegings
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2–2½ punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Redelik
Logiese uiteensetting 'n Inleiding, afsluiting en vae argument
= 1½ punte
en struktuur van die in die middeldeel van die opstel 3
opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt
die skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 23 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 • Trompet- en flugelhorn-speler
• 'n Warm, gevoelvolle klank
• Uitmuntende tegniese vaardigheid en improvisasievermoë
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
11.2 • Gebruik jazz/swing ritmes (nie egalig/nie "straight")
• 'n Swewende, skuifelritme
• Herhalende ritmiese patrone
• Invloed van Indlamu dansritmes
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
11.3 • Dit was die enigste plek in Johannesburg waar mense van alle rasgroepe
in gemengde omstandighede kon woon
• Die mengelmoes was aantreklik vir uitvoerders wat nuwe rigtings in
musiek wou ondersoek
• Verskeie musiekstyle ontwikkel a.g.v. die vermenging van kulture
• Word 'n belangrike teelaarde vir die ontwikkelende swart musiekkultuur
• Mbaqanga ontwikkel deur die vermenging van tradisionele Afrika en
Westerse instrumentale style
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
11.4 11.4.1 E
11.4.2 C
11.4.3 B
11.4.4 A
11.4.5 D
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 24 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 12
• Bestaan uit Suid-Afrikaanse kunstenaars: Hugh Masekela, Abdullah Ibrahim,
Kippie Moeketsi, Jonas Gwangwa, Johnny Gertze en Makaya Ntshoko, wat almal
bekende jazz-ikone word
• Al die lede van die Jazz Epistles komponeer hulle eie oorspronklike materiaal en
skep daardeur 'n groot aantal werke
• Hierdie komposisies bevestig die kultuur en tradisie van hul Afrika-oorsprong en op
dié manier word dit hul nalatenskap
• Hul invloed, deur die speel van "hard bop", op die ontwikkelende Afrika jazz-kultuur
is deel van hulle nalatenskap
• Hulle was die eerste Suid-Afrikaanse groep wat 'n moderne, avant-garde jazz-klank
ontwikkel het en het hierdeur 'n reuse invloed op latere musikante
• Neem die eerste jazz-album deur 'n swart orkes op: Jazz Epistle, Verse 1
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
VRAAG 13
Miriam Makeba:
• Eerste vroulike kunstenaar uit Afrika wat Afrikamusiek oor die wêreld populariseer
• Doen opnames en toer saam met verskeie populêre, internasionale kunstenaars,
bv. Harry Belafonte en Paul Simon
• Verwerf 'n internasionale reputasie nie alleen as 'n musikant nie, maar ook as 'n
kultuuraktivis wat die apartheidsbeleid van die Suid-Afrikaanse regering teenstaan
• Sing moderne weergawes van inheemse liedjies in haar moedertaal, isiXhosa
• Sing vryheidsliedere as deel van die klankbaan van Amandla! A Revolution in Four-
Part Harmony – 'n dokumentêre program wat handel oor die stryd van swart Suid-
Afrikaners teen die onregte van apartheid
• Haar historiese impak is die gevolg van haar geϊnspireerde aktivisme teen
apartheid deur die medium van musiek
• Die lied, Pata Pata (1967), word in die VSA vrygestel vanwaar dit internasionale
status bereik en bewustheid skep van toestande waarin swart Suid-Afrikaners leef
• Ontvang 'n Grammy-toekenning vir die 'Best Folk Recording' saam met Harry
Belafonte
• Tree op in die musiekblyspel, King Kong
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 25 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Thandi Klaasen
• Vorm die eerste, volledige vroulike groep, The Quad Sisters, wat marabi
populariseer
• Sy sing haar eiesoortige marabi-styl vir 50 jaar
• Sy ontvang die toekenning "Woman of Distinction" vir haar uitmuntende musikale
bydrae tydens die politieke stryd
• Tree op in die musiekblyspel, King Kong, saam met ander prominente Suid-
Afrikaanse musikante
• Dra by tot die stryd vir vryheid met haar lied, Sophiatown (1956) wat 'n soort
volkslied word vir die mense wat kragdadig uit Sophiatown verwyder is
• Skep die album, Love is Strange (1973), wat die volksliedjie, Jikele Maweni, insluit
wat uiters populêr word na die uitreik van die album
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
OF
Dolly Rathebe
• Word bekend na haar verskyning in die Britse film (Jim comes to Joburg) as 'n
nagklubsanger. Een van die eerste films wat stedelike Afrikane in 'n positiewe lig
stel
• Eerste vroulike jazz-kunstenaar wat 'n ster is in 'n Afrikafilm en hierdeur word die
vroulike stem voorgestel aan 'n manlik gedomineerde musiekomgewing
• Tree op as die hooftrekpleister van Alf Herbet se African Jazz Variety Show
• Sing saam met die Elite Swingsters Jazz Band wat met verskillende jazz-style
optree en bydra tot die stryd vir vryheid deur hul protesmusiek
• Woza (1991) is een van die jazz-albums wat die Elite Swingsters vrystel waarin
Dolly Rathebe optree
• Hoewel die Amerikaanse swing-styl gebruik word, sing Dolly Afrika-lirieke. Dit was
'n nuwe tipe vermenging
• Kwela Kwela van die Elite Swingsters is herbewerk deur populêre Afro-Pop groepe
soos Mafikizolo as eerbetoon aan Dolly Rathebe
• Dolly se lied, A Call for Peace (1995), betreur die dood van onskuldige mense
gedurende die politieke stryd van die vroeë 90's
• Dolly ontvang die "Order of Ikamanga" van president Thabo Mbeki vir haar bydrae
tot die stryd vir vryheid deur die medium van musiek
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 26 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 14
Abdullah Ibrahim
• Instrumentasie: Klavier, baskitaar, tromme, saksofoon, trompet, tromboon ens.
• Ritme en maatslag: Vermeng Afrika-, ghoema- en swing-elemente
• Harmonie: Standaard Klassieke akkoordprogressies vermeng met jazz-eienskappe
(bv. blues)
• Melodie: Volks- en koraalmatige melodieë
• Tekstuur: Meestal homofonies met elemente van roep-en-antwoord
• Stemming: Groot verskeidenheid
• Improvisasie: Uitgebreid vir al die instrumente in 'n mengsel van style
• 'n Baie persoonlike klavierspeelstyl wat insluit: tremolo-akkoorde, pedaalpunte en
toontrosse
Robbie Jansen
• Instrumentasie: Leier-saksofoon, klavier, baskitaar, tromme, trompet, tromboon,
ens.
• Ritme en maatslag: Vermeng Afrika-, ghoema- en swing-elemente
• Harmonie:
o Klassieke koraalmatige harmoniese eienskappe (bv. primêre akkoorde)
vermeng met jazz-eienskappe (bv. blues)
o stadiger harmoniese ritme as ander Afrika-jazz-idiome
o amaXhosa harmonieë wat die gevolg is van botoonsang
• Melodie: Volksmatige melodieë
o Khoi-Khoi en San melodieë word verweef met Maleisiese en Indonesiese
melismatiese sangstyle
o rietagtige kwaliteit van die Khoi-Khoi en San fluit is herkenbaar
o saksofoonmelodie word gespeel met 'n nasale toon en vibrato aan die einde
van frases
• Tekstuur: Meestal homofonies met elemente van roep-en-antwoord/oorvleueling
• Stemming: Groot verskeidenheid
• Improvisasie: Uitgebreid vir al die instrumente in 'n mengsel van style
Winston Mankunku Ngozi
• Instrumentasie: Leier-saksofoon, klavier, baskitaar, tromme, trompet, tromboon,
ens.
• Ritme en maatslag: Vermeng Afrika-, ghoema- en swing-elemente
• Harmonie:
o Klassieke koraalmatige harmoniese eienskappe (bv. primêre akkoorde)
vermeng met jazz-eienskappe (bv. blues)
o amaXhosa harmonieë wat die gevolg is van botoonsang
• Melodie: Volksmatige melodieë
o Khoi-Khoi en San melodieë word verweef met Maleisiese en Indonesiese
melismatiese sangstyle
• Tekstuur: Meestal homofonies met elemente van roep-en-antwoord/oorvleueling
• Stemming: Groot verskeidenheid
• Improvisasie: Uitgebreid vir al die instrumente in 'n mengsel van style
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 27 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 15
Historiese agtergrond:
• Die styl ontwikkel in Johannesburg in die 1920's
• Die "Land Act of 1913" en die Groepsgebiedewet verhoed swart Suid-Afrikaners
om geïntegreer te raak in die stedelike gemeenskap, hoewel Afrika-musikante dit
vermag om verskillende style in 'n nuwe styl te verweef, nl. marabi
• Dit was byna onmoontlik vir meeste swart musikante om erkenning te geniet buite
die grense van hul stamgebiede en as gevolg hiervan het hulle as 'n verenigende
musikale front begin saamwerk
• Die meeste platemaatskappye was deur wit mense besit en min swart kunstenaars
het die geleentheid om hul eie materiaal aan te bied en dit spoor musikante aan om
saam te werk en 'n populêre nuwe klank te skep
Musikale oorsprong:
• Tiekie-draai (Kaapse volksdans)
• Xhosa volksmusiek
• Vroeë Amerikaanse jazz
• Ragtime en blues
• 'n Afrika stedelike, werkersklasmusiek
• Musiek aangewend vir sosiale funksies bv. stokvel partytjies en shebeen
byeenkomste
Styleienskappe:
• Klein instrumentale ensemble
o pedaalorrel, klavier
o kitaar, banjo en trom (handgemaak)
o perkussie (skutters)
• Sikliese akkoordstruktuur I – IV – I6 4 – V
• Herhalende akkoordprogressies boots die tradisionele koorsang na
• Vinnige ragtime-gebaseerde ritmes met 'n matige tot lewendige tempo word
gebruik
• Herhalende enkel-tematiese dansmusiek
• Teks is dikwels geïmproviseer – sangers kon die woorde opmaak om by die
melodie te pas
Kunstenaar en trefferlied/album:
The Jazz Maniacs: Gully Low Blues
The Merry Blackbirds: Phesheya Kwe Zintaba
The Flying Jazz Queens: Langa More, Siyahamba
Mahotella Queens: Marena
The Dark City Sisters: Bina O Kara-Kara, Mahutsana
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 28 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Historiese agtergrond 2
Musikale oorsprong 3
Styleienskappe 5
Kunstenaar en
2
trefferlied/album
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2–2½ punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Redelik
Logiese uiteensetting 'n Inleiding, afsluiting en vae
= 1½ punte
en struktuur van die argument in die middeldeel van die 3
opstel opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging = ½ punt
met die skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 29 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM)
VRAAG 16
16.1 • Musiek bring die tradisionele genesers (en hulle studente) nader aan die
voorvaders
• Die voorvadergeeste word opgeroep om die genesing te bewerkstellig
• Genesingseremonies word begelei deur sang, dans en perkussie-
instrumente (tromme en beenskutters)
• Dans is meer belangrik as sang en word aangewend om die
voorvadergeeste op te roep
• Die teks van die liedere is kort en herhalend wat help om die geneser in 'n
staat van beswyming te bring
• Die gebruik van tromme herbevestig die verbale boodskap
• Die tromme 'praat' in die tradisionele dialek van die verlede
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
16.2 Stemming van die kitaar
• Standaard maskanda kitaar stemming word isiZulu-styl genoem
o snare word gestem as: EADGBD
• Isishameni-styl
o snare word gestem as: DADABD
• Isichunu styl
o snare word gestem as: DADABD (soos in isishameni)
• Isigeyane-styl
o gebruik isiZulu (standaard maskanda) stemming maar ander ritmiese
patrone
• Isimandolini styl
o snare word gestem as: EBBC#F#G#
• Ushuni styl
o bind ‘n snaar om ‘n bepaalde punt op die vingerbord om die
toonhoogte en toonkleur te verander
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
16.3 • Gebruik modern instrumente i.p.v. tradisionele baPedi instrumente
• Gebruik enige Afrika-taal naas Sepedi
• Kiba word kommersieel toeganklik
• Kiba word uitgevoer bo-oor 'n standaard, eietydse tromslag styl (bv. disco,
hip-hop, jazz en Suid-Afrikaanse style, bv. malombo)
• Vermeng trom melo-ritmes met krepitasie en stembuiging
TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2)
16.4 16.4.1 C
16.4.2 E
16.4.3 A
16.4.4 B
16.4.5 D
VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 30 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 17
Oorsprong:
• Ontstaan in die 1970's uit imbube
• Die naam is afgelei van die woord 'cathama' wat beteken 'loop asof jy iemand
bekruip'
• Mans wat na die stad verhuis het om werk te soek, bly in hostelle waar hulle
isicathamiya-kore stig en met mekaar kompeteer
Internasionale aansien:
• Dit word meer populêr met die opneem van Graceland wat Ladysmith Black
Mambazo in samewerking met Paul Simon gedoen het, en eg. word internasionaal
bekend en die leier van isicathamiya-kunstenaars
• Ladysmith Black Mambazo word genooi om in New York op te tree in 1985
• Hulle wen hulle eerste Grammy-toekenning vir 'Best Traditional Folk Song' in 1988
• Hulle wen verder Grammy-toekennings en ander toekennings tot en met 2019
• Hulle word opgeneem en tree op saam met verskeie internasionale kunstenaars
VYF korrekte antwoorde = 5 punte
‘n Maksimum van VIER punte per afdeling [5]
VRAAG 18
• Gebruik oor die algemeen 'n diep baritonstem maar ook falsetto-stem, bv. in Ebile
Kemmone en Lenyora
• Falsetto-sang verwek 'n melankoliese en nostalgiese gevoel, bv. Ngwana Wa
Kgaetsedi
• Gebruik roep-en-antwoord tussen stem en kitaar
• Gebruik stembuiging-sangtegniek
• Krepitasies word prominent gebruik
• Roep malombo-geeste op deur die gebruik van klanknabootsende geluide wat dan
op die kitaar as eggo klink
• Gebruik Sepedi en Tshivenda as tale
VYF korrekte feite = 5 punte [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 31 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 19
• Terwyl kinders inheemse musiek sing en daarop dans, word hulle aan verskillende
Afrika-ritmes blootgestel
• Namate hulle musikale gevoelens uitdruk deur te dans, leer hulle nuwe ritmiese
patrone
• Blootstelling aan kruisritmes en gesinkopeerde ritmes help om die kinders se
musikale kreatiwiteit te ontwikkel
• Musiek word van buite geleer, dus word dit gememoriseer en geïnternaliseer en
sodoende word die geheue ontwikkel
• Deur aan groepsaktiwiteite deel te neem – klap, tromspel, musiekinterpretasie en
dans – word die kinders se interpretatiewe vaardighede ontwikkel
• Die spontane gebruik van melodie en ritme is bewys daarvan dat die kind die
musikale woordeskat leer en onthou
• Wanneer die kind 'n ritmiese repertorium onder die knie het, word dit die basis vir
die ontwikkeling van improvisasie- en komposisie-vaardighede
• Die spontaniteit van improvisasie help kinders om komposisie- en
samewerkingsvaardighede te ontwikkel
VYF korrekte antwoorde = 5 punte [5]
VRAAG 20
Afrikastyleienskappe
Herhaling
• Konstante herhaling van harmoniese siklusse van 4 of 8 mate
• Bewyse van melodiese herhaling i.p.v. melodiese ontwikkeling
Musikale lae en tekstuur
• Die meeste mbaqanga-liedere bestaan uit musikale lae waar elke instrument/stem
sy eie musikale lyn handhaaf
• Ritmiese lae bestaan uit verskillende ritmiese partye met verskillende metrums
bo-oor 'n konstante polsslag
Choreografie
• Mbaqanga het altyd 'n danskomponent
• Zulu-danse word meestal gebruik
Teks
• Liedere word in verskillende tale gesing, maar isiZulu is die mees algemene
Stemgebruik
• Krepitasie en ululasie word altyd gebruik
Drag
• Tradisionele Amazulu-drag word in kombinasie met Westerse klere gedra
Lofgedig (izibongo)
• Word soms gebruik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Musiek/V1 32 DBE/November 2019
NSS – Nasienriglyne
Westerse styleienskappe
Instrumentasie
• Instrumente wat meestal gebruik word, is: saksofoon, elektriese kitaar, elektriese
baskitaar, elektriese orrel, akkordeon en tromme
Stylinvloede
• Die meeste mbaqanga-liedere volg een van die volgende style:
o "die Twist": uit Amerika afkomstig en was populêr in 1962
o soul-musiek: afkomstig van verskeie style insluitend gospel en rhythm en blues
o rock 'n roll: afkomstig uit verskeie style insluitend country, blues en boogie-
woogie
Harmonie
• Die gebruik van vierstemmige vokale harmonie is duidelik in die meeste liedere
• Daar is gewoonlik 'n leiersanger en drie agtergrondsangers
• Daar word wyd gebruik gemaak van koraalmatige melodieë
• Akkoordprogressie is gewoonlik 'n drie-akkoord-patroon, I IV V
Vorm
• Liedvorm, bv. vers en refreinvorm
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Afrika
6
styleienskappe
Westerse
6
styleienskappe
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2–2½ punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Redelik
Logiese uiteensetting 'n Inleiding, afsluiting en vae
= 1½ punte
en struktuur van die argument in die middeldeel van die 3
opstel opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt
die skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2019 Memo (English)
_hlayiso.com_--3dd89932-87f6-49d2-8276-bd6fbde69f1d/v1-68a9e20d9f82beb5a6c4/card.webp)
Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper