Skip to content

Music Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paperMusicGrade 12201917 pages

Grade 12 Music Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V2 NOVEMBER 2019 PUNTE: 30 TYD: 1½ uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: SLEGS VIR AMPTELIKE GEBRUIK VRAAG PUNTE VERWERF GEMODEREER PUNTE GEMODEREERDE MAKS. TEKEN TEKEN BEHAAL PUNTE 10 1 10 1 1 5 2 6 3 4 4/5/6 8 7 8 TOTAAL 30 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gehoor (10) AFDELING B: Herkenning (12) AFDELING C: Vorm (8) 2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is VERPLIGTEND. 3. Beantwoord VRAAG 4 (Westerse Kunsmusiek (WKM)) of VRAAG 5 (JAZZ) of VRAAG 6 (Inheemse Afrika-musiek (IAM)). 4. Skryf AL jou antwoorde op hierdie vraestel. Gebruik 'n potlood vir musieknotasie en blou of swart ink vir die ander antwoorde. 5. Hierdie eksamen sal afgelê word terwyl die kandidate na 'n CD luister. 6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die teenwoordigheid van die toesighouer afneem. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Die kandidaat MAG NIE hierdie bladsy verwyder NIE. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet op die puntetoekenning by elke vraag let om genoeg inligting in hulle antwoorde te verskaf. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 3 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKAPPARAAT WERK 1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in raampies. 2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die getal kere wat in die vraestel gespesifiseer is, gespeel word. 3. Laat genoeg tyd tussen snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en hul antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word. 4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit gespeel word. 5. Indien 'n skool meer as een stroom (Westerse Kunsmusiek (WKM), Jazz, Inheemse Afrika-musiek (IAM)) aanbied, moet die volgende riglyne gevolg word: • Elke stroom moet die eksamen in 'n aparte lokaal afneem. • Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees. • Elke lokaal moet sy eie CD met musiekuittreksels hê. • 'n Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees. 6. Die snitte moet soos volg gespeel word: • WKM-kandidate: Snitte 1 tot 19 en Snit 37 • Jazz-kandidate: Snitte 1 tot 10, Snitte 20 tot 28 en Snit 37 • IAM-kandidate: Snitte 1 tot 10 en Snitte 29 tot 37 7. 'n CD-speler wat met batterye werk, moet in geval van 'n kragonderbreking beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 4 DBE/November 2019 NSS OPSOMMING VAN PUNTE AFDELING A: GEHOOR TOTAAL VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 3 VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 7 SUBTOTAAL 10 AFDELING B: HERKENNING TOTAAL VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4 VRAAG 4 (WKM) OF 8 VRAAG 5 (JAZZ) OF 8 VRAAG 6 (IAM) 8 SUBTOTAAL 12 AFDELING C: VORM TOTAAL VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8 SUBTOTAAL 8 GROOTTOTAAL 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 5 DBE/November 2019 NSS AFDELING A: GEHOOR VRAAG 1 Speel Snit 1 TWEE keer na mekaar. 1.1 Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die ontbrekende note in mate 2–3 hieronder. (2) Speel Snit 1 weer TWEE keer. Speel Snit 2 DRIE keer na mekaar. 1.2 Watter EEN van die notasies hieronder stel die fluitparty die beste voor? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. (a) (b) (c) (1) Speel Snit 2 weer EEN keer. [3] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 6 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2 Speel Snit 3 EEN keer vir 'n algemene oorsig. Luister na die uittreksel hieronder. Beantwoord die vrae wat volg. Speel Snit 4 DRIE keer. 2.1 Gee 'n gepaste Italiaanse term om die tempo van die musiek in die uittreksel hierbo te beskryf. ______________________________________ (1) 2.2 Identifiseer die komposisietegniek wat by 2.2 gebruik word. ______________________________________ (1) 2.3 Noem die kadens wat by 2.3 gevorm word. ______________________________________ (1) Speel Snit 5 VYF keer. Die uittreksel begin by maat 33. 2.4 Die notasie van maat 3 is by 2.4 op die partituur weggelaat. Vul die ontbrekende toonhoogtes en nootwaardes, wat met die musiek ooreenstem, in. (2) Speel Snit 6 TWEE keer. Die uittreksel begin by maat 43. 2.5 Noem die interval wat tussen die gegewe noot en die ontbrekende noot by 2.5 gevorm word. (1) 2.6 Watter tipe nie-akkoordnoot is by 2.6 weggelaat? (1) [7] TOTAAL AFDELING A: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 7 DBE/November 2019 NSS AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND) Luister na die volgende snitte en beantwoord die vrae wat volg. Speel Snit 7 TWEE keer. 3.1 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat jy assosieer met die musiek in Snit 7. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. KOLOM A ANTWOORDE Imitasie/Nabootsing 12-maat-blues Drieslagmaat Membranofoon Ritmiese ostinato Rubato Swing Improvisasie (3) Speel Snit 8 TWEE keer. 3.2 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat jy assosieer met die musiek in Snit 8. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. KOLOM A ANTWOORDE Aksente Akkoordsiklus Penniefluitjie Akoestiese uitvoering Kitaar Saamgestelde maatslag Kwêla Bebop (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 8 DBE/November 2019 NSS Speel Snit 9 TWEE keer. 3.3 Dui DRIE items in KOLOM A aan wat jy assosieer met die musiek in Snit 9. Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies. KOLOM A ANTWOORDE Cantabile Trioolfiguur ostinato Monofonies Polifonies A cappella Liggaamsperkussie Tweeslagmaat Presto (3) Speel Snit 10 TWEE keer. 3.4 Kies DRIE beskrywings uit (a)–(d) en skryf neer wat jy hoor. (a) Klassifikasie van instrument (b) Prominente komposisietegniek (c) Stemtipe (d) Toonleer (3) (12 ÷ 3) [4] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 9 DBE/November 2019 NSS Beantwoord VRAAG 4 (WKM) OF VRAAG 5 (JAZZ) OF VRAAG 6 (IAM). VRAAG 4: WKM Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg. Speel Snit 11 TWEE keer. 4.1 Met watter stylperiode assosieer jy hierdie musiek? (1) 4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.1. (1) 4.3 Noem die perkussie-instrument/slaginstrument wat in hierdie uittreksel gebruik word. (1) Speel Snit 12 TWEE keer. 4.4 Noem die karakters van die twee sangers in hierdie uittreksel. (a) Karakter: (b) Karakter: (2) 4.5 Watter TWEE van die volgende terme beskryf hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies. BESKRYWENDE TERME ANTWOORDE Lebhaft Cantabile Scherzando Affettuoso Stringendo (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 10 DBE/November 2019 NSS Speel Snit 13 en Snit 14 EEN keer direk na mekaar. 4.6 Noem die tekstuur wat in ELK van die volgende uittreksels gebruik word. Snit 13: Snit 14: (2) Speel Snit 15 TWEE keer. 4.7 Identifiseer die genre in hierdie uittreksel. (1) Speel Snit 16 TWEE keer. 4.8 Wat word deur hierdie karakter verteenwoordig? (1) Speel Snit 17 TWEE keer. 4.9 Skryf die beskrywende titel van hierdie beweging neer. (1) Speel Snit 18 TWEE keer. 4.10 Watter TWEE solo-blaasinstrumente speel die melodie aan die begin van hierdie uittreksel? (2) Speel Snit 19 TWEE keer. 4.11 Verduidelik TWEE maniere waarop hierdie uittreksel die beeld van die see sou kon beskryf. (2) (16 ÷ 2) [8] TOTAAL AFDELING B: 12 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 11 DBE/November 2019 NSS VRAAG 5: JAZZ Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg. Speel Snit 20 TWEE keer. 5.1 Met watter styl assosieer jy hierdie musiek? (1) 5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.1. (1) 5.3 Noem EEN membranofoon wat in hierdie uittreksel gebruik word. (1) Speel Snit 21 TWEE keer. 5.4 Watter TWEE items beskryf hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies. BESKRYWENDE ITEMS ANTWOORDE Roep en antwoord by saksofoon Inleiding deur ritmeseksie Marabi- en kwêla-elemente Ostinato-bas Jazz- en soul-elemente (2) Speel Snit 22 TWEE keer. 5.5 Watter TWEE items beskryf hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies. BESKRYWENDE ITEMS ANTWOORDE Swing- en kwêla-elemente Eenvoudige drieslagmaat Mbaqanga-kitaarinleiding Scat-sang Rock- en kwêla-elemente Big band-styl-begeleiding (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 12 DBE/November 2019 NSS 5.6 Noem die vroulike Afrika jazz-sanger wat gewoonlik met hierdie lied geassosieer word. (1) 5.7 Beskryf die rol van die kitaar in hierdie uittreksel. (2) Speel Snit 23, 24 en 25 EEN keer. 5.8 Identifiseer die blaasinstrument in ELK van die volgende uittreksels. Snit 23: Snit 24: Snit 25: (3) Speel Snit 26 en 27 EEN keer. 5.9 Noem die tekstuurtipe wat in ELK van die volgende uittreksels gebruik word. Snit 26: Snit 27: (2) Speel Snit 28 TWEE keer. 5.10 Met watter EEN van die solokunstenaars hieronder assosieer jy hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Feya Faku Moses Molelekwa Spokes Mashiyane Todd Matshikiza (1) (16 ÷ 2) [8] TOTAAL AFDELING B: 12 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 13 DBE/November 2019 NSS VRAAG 6: IAM Luister na die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg. Speel Snit 29 TWEE keer. 6.1 Met watter styl assosieer jy hierdie musiek? (1) 6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.1. (2) Speel Snit 30 EEN keer. 6.3 Watter TWEE items hou verband met die volgende uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies. BESKRYWENDE ITEMS ANTWOORDE Pentatonies Falsetto-sang Eenvoudige tweeslagmaat Majeur (2) Speel Snit 31 TWEE keer. 6.4 Identifiseer die chordofoon in hierdie uittreksel. (1) 6.5 Watter TWEE van die volgende items beskryf hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies. BESKRYWENDE ITEMS ANTWOORDE Oorvleueling van stemme Saamgestelde tydmaat A cappella Homofonies Kruisritmes (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 14 DBE/November 2019 NSS Speel Snit 32 EEN keer. 6.6 Noem die stemtegniek wat deur die lae, donker stem gebruik word. (1) Speel Snit 33 TWEE keer. 6.7 Met watter kunstenaar assosieer jy hierdie musiek? (1) 6.8 Beskryf die gebruik van lofdigte (ukubonga) in hierdie uittreksel. (2) Speel Snit 34 EEN keer. 6.9 Beskryf die tekstuur in hierdie uittreksel ná die instrumentale inleiding. (1) Speel Snit 35 EEN keer. 6.10 Noem die stemtegniek wat deur die agtergrondsanger in hierdie uittreksel gebruik word. (1) Speel Snit 36 EEN keer. 6.11 Identifiseer die aerofoon wat in hierdie uittreksel gebruik word. (1) 6.12 Met watter EEN van die volgende danse assosieer jy hierdie uittreksel? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Indlamu Mokhibo Tshikona Umxhentso (1) (16 ÷ 2) [8] TOTAAL AFDELING B: 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 15 DBE/November 2019 NSS AFDELING C: VORM VRAAG 7 Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut. Speel Snit 37 EEN keer vir 'n algemene oorsig. Luister na die stuk hieronder terwyl jy die partituur bestudeer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 16 DBE/November 2019 NSS Speel Snit 37 weer. 7.1 Noem die vormtipe van hierdie stuk. (1) 7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1 deur 'n skematiese uitleg van die vorm van hierdie stuk te gee. Gebruik die tabel hieronder. SEKSIE MAATNOMMERS (4) 7.3 Wat is die funksie van die F#-noot in maat 11? ________________________________________________ (1) 7.4 Noem die kadense wat X en Y gemerk is. Kadens X: Kadens Y: (2) Speel Snit 37 vir 'n algemene oorsig. [8] TOTAAL AFDELING C: 8 GROOTTOTAAL: 30 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V2 DBE/November 2019 NSS Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all