Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paperMusicGrade 12201923 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2019 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2019 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hul antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2019 NSS NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2019 NSS AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2019 NSS 1.1 Noem die toonsoort van hierdie stuk. _____________________________________________ (1) 1.2 Gee 'n gepaste Italiaanse term vir die tempo-aanduiding bokant maat 1. _____________________________________________ (1) 1.3 Wat is die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i)? _____________________________________________ (1) 1.4 Benoem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand. (a) ___________________________________________ (b) ___________________________________________ (2) 1.5 Halveer die nootwaardes en herskryf die note by (X). Voeg die nuwe tydmaatteken by. (3) 1.6 Herskryf die vioolparty by (Y) op dieselfde toonhoogte in die gegewe sleutel. (3) 1.7 Beskryf die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie. (c) _________________________________________________ (d) _____________________________________________ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2019 NSS 1.8 Beantwoord die vrae oor die uittreksel hieronder. 1.8.1 Voltooi die melodie hierbo deur 'n stygende sekwens te skryf. (1) 1.8.2 Gee TWEE verskillende name vir die modus/toonleer wat by (S) gevorm word. _________________________________________________ _________________________________________________ (2) 1.9 Voltooi 'n blues-toonleer deur VIER note tussen die gegewe note in te voeg. (2) 1.10 Voltooi die volgende om 'n harmoniese mineurtoonleer te vorm. Voeg die nodige skuiftekens by en merk die halftone. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2019 NSS VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 2.1 ÓF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in. Instrument: Tempo: Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polsslae per maat, skuiftekens, 2 spasiëring, uitleg Kwaliteit Toepaslikheid van instrument; korrekte omvang; 10 musikaliteit; dinamiese, artikulasie- en tempo- aanduidings TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2019 NSS 2.2 Voltooi die aanvang hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige melodiese enkellyninstrument van jou keuse te vorm. Noem die instrument en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg dinamiese en artikulasie-aanduidings op geskikte plekke in. Instrument: Tempo: Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polsslae per maat, skuiftekens, 2 spasiëring, uitleg Kwaliteit Toepaslikheid van instrument; korrekte omvang; 10 musikaliteit; dinamiese, artikulasie- en tempo- aanduidings TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2019 NSS VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Cadence/Kadens: ______________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2019 NSS 3.1.1 Noem die toonsoort van hierdie stuk. ____________________________________________________________ (1) 3.1.2 Besyfer die akkoorde by (a)–(e) met Romeinse syfers op die partituur, bv. iii6/iiib. (5) 3.1.3 Identifiseer die kadens by (f) in maat 74–8 op die partituur. Besyfer die akkoorde met Romeinse syfers. (2) 3.1.4 Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y). (X) _________________________________________________________ (Y) _________________________________________________________ (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2019 NSS 3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae. Cadence/Kadens: ______________________________ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2019 NSS 3.2.1 Identifiseer die akkoorde (a)–(f) en skryf die akkoordsimbole in die spasies wat daarvoor op die partituur verskaf is, bv. Bb/D. (6) 3.2.2 Noem die tipes nie-akkoordnote by (X) en (Y). (X) _________________________________________________ (Y) _________________________________________________ (2) 3.2.3 Noem die kadens wat in maat 14–16 op die partituur gevorm word. Dui die akkoordsimbole by (g) en (h) aan. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2019 NSS VRAAG 4 (30 minute) Antwoord ÓF VRAAG 4.1 ÓF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Die harmonisasie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT Korrektheid Notasie, verdubbeling, spasiëring, 12 stemvoering Akkoordprogressie 14 Akkoordkeuse, korrekte kadense Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, 4 stylbewustheid, kreatiwiteit, bv. gebruik van 6 6 kadensiële 4 en deurgangs 4 progressies TOTAAL 30(÷ 2) = 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2019 NSS 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmonisasiemateriaal in die oop ruimtes op die notebalk by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word. Die antwoord sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT SE BESKRYWING TOEKENNING PUNT Korrektheid 12 Notasie, spasiëring, stemvoering Akkoordprogressie 14 Akkoordkeuse, korrekte kadense Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, 4 kreatiwiteit, bv. gebruik van interessante akkoord- konstruksies en progressies TOTAAL 30(÷ 2) = 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2019 NSS AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Antwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek). AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae/stellings gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 5.1.11 D. 5.1.1 Timbre is 'n ander term vir … A tonaliteit. B die kwaliteit en klanksterkte van die toon. C die kleur en karakter van die toon. D die duur en die klanksterkte van die toon. 5.1.2 'n Fagot is 'n … A transponerende koperblaasinstrument. B nie-transponerende houtblaasinstrument. C transponerende dubbelrietinstrument. D nie-transponerende enkelrietinstrument. 5.1.3 Lofsang/Pryssang ('Praise singing') (ukubonga) kan beskryf word as … A 'n uitvoering/voordrag van musiek en poësie. B 'n uitvoering/voordrag by alledaagse gebeurtenisse. C 'n uitvoering/voordrag van musiek en dans. D Al die bogenoemde 5.1.4 'n Twaalfmaat harmoniese patroon kom meestal by ... voor. A bebop B ragtime C avant-garde-musiek D blues 5.1.5 Kontrapuntale tekstuur kan as … beskryf word. A homofonie B polifonie C monofonie D Al die bogenoemde Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2019 NSS 5.1.6 Watter EEN van die volgende instrumente pas NIE? A Tromboon B Trompet C Saksofoon D Flugelhorn 5.1.7 Watter EEN van die volgende instrumente is 'n membranofoon? A Mbira B Marimba C Tabla D Koedoehoring 5.1.8 'n Aantal note of akkoorde wat 'n tydelike of permanente einde van 'n musikale frase aandui: A Kadens B Akkoordprogressie C Fermata D Opslag 5.1.9 Die vers in 'n popliedjie is 'n gedeelte wat … A dieselfde as die brugpassasie klink. B met die refrein kontrasteer. C die koda van die liedjie vorm. D dieselfde lirieke as die refrein het. 5.1.10 Poliritme beteken ... A 'n aksent in musiek wat veroorsaak word deur die swak polsslag te beklemtoon. B die gelyktydige gebruik van twee of meer melodieë of stemme. C die gelyktydige gebruik van twee of meer kontrasterende ritmes. D die gebruik van 'n komplekse ritmiese patroon in 'n melodie. (10 x 1) (10) 5.2 Verduidelik VIER regte van 'n komponis met verwysing na haar/sy komposisie, afgesien van uitvoeringsregte. (4) 5.3 Verduidelik hoe tantieme werk. (2) 5.4 CAPASSO; EMI; SONY MUSIC; SAMRO Uit die lys maatskappye hierbo, kies 'n: 5.4.1 Opnamemaatskappy (1) 5.4.2 Musiekregte-organisasie (1) 5.5 Beskryf TWEE funksies van 'n musiekuitgewersmaatskappy. (2) [20] TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2019 NSS Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Watter stemtipes word met die volgende karakters in Die Towerfluit van WA Mozart geassosieer? 6.1.1 Tamino 6.1.2 Koningin van die Nag 6.1.3 Monostatos (3) 6.2 Watter veranderinge het die Mannheim-skool aan die bestaande orkesopset aangebring? (2) 6.3 Noem EEN orkes-speeltegniek wat die Mannheim-skool ontwikkel het. (1) 6.4 Kies VIER genres of werktipes in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte stelling in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (6.4.1 tot 6.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 6.4.1 Ouverture A solowerk met orkesbegeleiding 6.4.2 Simfonie B werk in vier dele 6.4.3 Toondig C musiekdrama 6.4.4 Aria D inleiding tot 'n groter werk 6.4.5 Opera seria E komiese musiekdrama F onafhanklike enkelwerk met programmatiese inhoud G 'n werk in drie dele met 'n solo- instrument (4 x 1) (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2019 NSS VRAAG 7 7.1 Skryf 'n paragraaf waarin jy rondovorm verduidelik. (4) 7.2 Wat is die tempo van 'n tipiese rondobeweging? (1) [5] VRAAG 8 Skryf 'n paragraaf waarin jy die genre (2 punte) van die werk definieer en beskryf hoe Mendelssohn sonatevorm (3 punte) in die Hebrides Ouverture aanwend. [5] VRAAG 9 Skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek waarom die opera, Die Towerfluit, as 'n goeie voorbeeld van 'n Singspiel beskou kan word. [5] VRAAG 10 Skryf 'n opstel oor Beethoven se Pastorale Simfonie Nr. 6 Op. 68 waarin jy bespreek hoe die gebruik van instrumente die pastorale idee uitbeeld. Verwys na ten minste DRIE van die bewegings. Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel ontvang. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Programmatiese titels van minstens drie bewegings 3 Verband tussen instrumente en pastorale idees in 9 minstens drie bewegings Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2019 NSS AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Skryf kort aantekeninge oor die speelstyl van Feya Faku. (2) 11.2 Noem TWEE prominente ritmiese eienskappe van kwêla. (2) 11.3 Verduidelik waarom die woonbuurt, Sophiatown, belangrik was in die ontwikkeling van Afrika-jazz. (2) 11.4 Kies VIER kunstenaars in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte instrument in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (11.4.1 tot 11.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 11.4.1 Moses Molelekwa A tromstel 11.4.2 Philip Tabane B saksofoon 11.4.3 Robbie Jansen C kitaar 11.4.4 Louis Moholo D penniefluit 11.4.5 Lemmy Mabaso E klavier F trompet G tromboon (4 x 1) (4) [10] VRAAG 12 Skryf 'n paragraaf oor die musieknalatenskap van die Jazz Epistles. [5] VRAAG 13 Skryf 'n paragraaf waarin jy die bydrae van Miriam Makeba OF Dolly Rathebe OF Thandi Klaasen tot Suid-Afrikaanse jazz bespreek. [5] VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf waarin jy die eienskappe van Kaapse jazz verduidelik deur na EEN van die volgende kunstenaars te verwys: Abdullah Ibrahim OF Robbie Jansen OF Winston Mankunku Ngozi. Verwys na die elemente van musiek. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2019 NSS VRAAG 15 Skryf 'n opstel waarin jy die historiese agtergrond, musikale oorsprong en styleienskappe van marabi bespreek. Noem EEN kunstenaar en 'n trefferliedjie/album. Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel ontvang. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Historiese agtergrond 2 Musikale oorsprong 3 Styleienskappe 5 Verteenwoordigende kunstenaar en trefferliedjie/album 2 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL ADELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2019 NSS AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 Wat is die rol van musiek in tradisionele genesing? (2) 16.2 Beskryf TWEE maniere waarop 'n kitaar in maskanda gestem kan word. (2) 16.3 Verduidelik TWEE maniere waarop Sello Galane kiba in die moderne weergawe daarvan, vrye kiba, ontwikkel het. (2) 16.4 Kies VIER kunstenaars in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte musiekinvloed in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (16.4.1 tot 16.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 16.4.6 H. KOLOM A KOLOM B 16.4.1 Soul Brothers A amakhweyane 16.4.2 Sello Galane B umnqokolo 16.4.3 Phuzekhemisi C Amerikaanse soul 16.4.4 Mahlathini D mbube 16.4.5 Joseph Shabalala E malombo F moppies en ghoema G kwaito (4 x 1) (4) [10] VRAAG 17 Skryf 'n paragraaf waarin jy die oorsprong van isicathamiya en hoe die styl internasionale status verwerf het, beskryf. [5] VRAAG 18 Skryf 'n paragraaf waarin jy Philip Tabane se sangstyl in malombo bespreek. [5] VRAAG 19 Skryf 'n paragraaf oor die ontwikkeling van kinders se musiekvaardighede in tradisionele Afrika-gemeenskappe. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/November 2019 NSS VRAAG 20 Skryf 'n opstel waarin jy redeneer waarom mbaqanga as 'n vermenging van Afrika- en Westerse eienskappe beskou kan word. Jy sal krediet vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel ontvang. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Afrika-styleienskappe 6 Westerse styleienskappe 6 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL ADELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/November 2019 NSS Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all