SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
MUSIEK V2
MEI/JUNIE 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 30
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 






View all
Music P2 May-June 2025 MG Afr.pdf
Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 20
- File size
- 884.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Musiek/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Nota aan die nasiener: Kandidate moet krediet ontvang vir enige korrekte antwoord
wat nie in hierdie nasienriglyne gegee word nie.
AFDELING A: GEHOOR (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
Snit 1
1.1 Noteer die ritme van die ontbrekende note in maat 3 en 4.
Antwoord:
[Een-maat-inleiding] ½ ½ ½ ½ ½ ½
½ punt x 6 soos aangedui (3)
Snit 2
1.2 Noteer die ontbrekende note by (A) en (B).
Antwoord:
Toonhoogte en ritme moet korrek wees: ½ punt x 2 (1)
[4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
2.1 Identifiseer die kadens aan die einde van ELK van die volgende TWEE
uittreksels.
Snit 3
2.1.1 Antwoord: Onvolmaakte kadens 1 punt (1)
Snit 4
2.1.2 Antwoord: Volmaakte kadens 1 punt (1)
2.2 Beantwoord die volgende vrae deur 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie te
maak.
Snit 5
2.2.1 Watter EEN van die volgende beskryf die tydmaatteken die beste?
1 punt (1)
Snit 6
2.2.2 Identifiseer die mees prominente komposisietegniek in die melodie.
Sekwens Omkering Vergroting Verkleining
1 punt (1)
Snit 7
2.2.3 Identifiseer die mees prominente tekstuur.
Kontrapuntaal Monofonies Onbegeleid Homofonies
1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 8
2.2.4 Identifiseer die korrekte akkoordprogressie.
V–vi–I–V I–vi–IV–V I–IV–I–vi I–IV–V–vi
1 punt (1)
Snit 9
2.3 Dui TWEE items in KOLOM A aan wat met die musiek in Snit 9 verband hou.
Maak 'n kruisie (X) in TWEE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORD
Herhalende perkussie-patroon X
Akoestiese klavier
'n Progressie van aangehoue akkoorde in die klawerbord X
Poliritme
Onreëlmatige tydmaat
Herhalende dalende sopraanmelodie
Glissando-agtige basfiguur X (2)
(8 ÷ 2) [4]
TOTAAL AFDELING A: 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIEKKONSEPTE
Beantwoord VRAAG 3 (IAM)
OF VRAAG 4 (JAZZ)
OF VRAAG 5 (WKM).
Nota aan nasiener: Wanneer 'n kandidaat meer as die vereiste antwoorde aangedui
het, moet slegs die eerste antwoorde nagesien word.
VRAAG 3: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
3.1 Luister na die volgende snitte. Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die
musiek in Snit 10 en 11 verband hou. Maak vir ELKE snit 'n kruisie (X) in die
toepaslike blokkies.
Snit 10
3.1.1 KOLOM A ANTWOORD
Gevarieerde teksture X
Dalende majeur toonleer in die bas
Geaksentueerde akkoorde X
Beenratels
Tremolo in die sopraan- en altmarimba X
Krepitasie X
Toonlere word deur die tenoormarimbas gespeel
Volmaakte kadens
3x1 (3)
Snit 11
3.1.2 KOLOM A ANTWOORD
Legato-melodie deur die tenore X
Soepel tempo
SATB X
Dissonante harmonieë X
Sinkopasie X
Staccato-melodie deur die sopraan
Begeleiding deur die strykers
Drieslagmaat
3x1 (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 12
3.2 Wat is die rol van die koor in hierdie a cappella-stuk?
Antwoord:
• Dit ondersteun die solis.
• Dit antwoord op die roep van die solis.
• Dit verskaf harmoniese begeleiding.
• Dit voorsien perkussiewe begeleiding in die vorm van 'n herhalende
ritmiese figuur wat deur die stem (wat die klank van skutters naboots)
gemaak word.
Enige DRIE (3)
Snit 13
3.3 Beantwoord die volgende vrae:
3.3.1 Identifiseer die kunstenaar wat met hierdie uittreksel geassosieer word.
Antwoord: Mfaz'omnyama/Inkunz’ Emdaka 1 punt (1)
3.3.2 Met watter DRIE items in KOLOM A assosieer jy hierdie uittreksel? Maak
'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
Antwoord:
KOLOM A ANTWOORD
Siklus van twee majeur akkoorde X
Roep en antwoord
Isihlabo X
Vrye tydmaat gevolg deur streng tydmaat X
Blues-toonleer
Prominente elektriese-kitaar-solo
Triole in die baskitaar
Prominente gebruik van umakhwenyane
'n Enkele herhalende akkoord dwarsdeur
Die eerste vokale frase word identies herhaal X
Enige DRIE korrekte antwoorde (3)
3.3.3 Identifiseer die styl wat met hierdie uittreksel geassosieer word.
Antwoord: Maskanda 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 14
3.4 Beantwoord die volgende vrae:
3.4.1 Beskryf wat die hoofsanger in hierdie uittreksel doen.
Antwoord:
• Hy voer izibongo (lofdig) uit.
1 punt (1)
3.4.2 Noem EEN van die instrumente, behalwe tromme, wat in die begeleiding
gehoor word.
Antwoord:
• Konsertina/harmonika/melodika
• Kitaar/baskitaar
Enige EEN (1)
Snit 15
3.5 Identifiseer die korrekte ritme wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
blokkie.
X
1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 16
3.6 Dui aan of die volgende stellings oor die uittreksel WAAR of ONWAAR is. Skryf
slegs 'waar' of 'onwaar' vir elke stelling op die volgende bladsy.
3.6.1 Die stuk gebruik gebalanseerde frases.
3.6.2 Gesinkopeerde ritmes word in die solo- en begeleidingstemme gebruik.
3.6.3 Die koortipe is SSA.
3.6.4 Die uittreksel is in mbaqanga-styl.
Antwoord:
3.6.1 Waar
3.6.2 Waar
3.6.3 Onwaar
3.6.4 Onwaar
4x1 (4)
Snit 17
3.7 Beantwoord die volgende vrae:
3.7.1 Beskryf die begeleiding.
Antwoord:
• Die begeleiding begin na die a cappella-openingseksie.
• Dit word deur 'n groep wat bestaan uit 'n tromstel, kitaar en baskitaar
gespeel.
• Die kitaar het 'n ritmiese en harmoniese funksie.
• Die bastrom en baskitaar aksentueer altyd die tussenslag.
• Die geaksentueerde polsslag skep 'n gevoel van 'n Afrika voet-stamp
dans wat tipies is aan die indlamu/isibhaca/muchongolo danse.
• Die baskitaar boots dikwels die ritmes wat deur die bastrom gespeel
word na, of verdubbel dit.
Enige TWEE (2)
3.7.2 Skryf die naam van die lied en kunstenaar wat jy hoor.
Antwoord:
Lied: Melodi Yalla
Kunstenaar: Mahlathini en die Mahotella Queens
Titel van lied = 1 punt
Kunstenaar = 1 punt (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 18
3.8 Hoekom gebruik die sanger die krepitasie 'Wa kwa'?
Antwoord:
• Die letterlike betekenis is: 'Hoor jy dit?'.
• Die sanger gebruik dit om een van die groeplede aan te moedig om musikale
vaardigheid te demonstreer.
1 punt (1)
Snit 19
3.9 Beskryf die manlike sanger se rol in hierdie uittreksel.
Antwoord:
• Hy inkorporeer 'n umngqokolo-styl (keelsang) baslyn in die vokale party.
• Hy sing 'n herhalende dreunsang-agtige figuur.
• Sy stemparty bevat nie lirieke nie.
• Hy sing 'n kort, herhalende motief.
• Hy ondersteun die groep om die lied tot by 'n opwindende klimaks te bring.
• Hy sing 'n aangehoue noot aan die einde van die uittreksel.
Enige TWEE (2)
(28 ÷ 2) [14]
TOTAAL AFDELING B: 14
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 10 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: JAZZ
4.1 Luister na die volgende snitte. Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die
musiek in Snit 20 en 21 verband hou.
Snit 20
4.1.1 KOLOM A ANTWOORD
12-maat-blues
Matige tempo in vierslagmaat X
Tenoorstemtipe
Ragtime-invloede X
4-maat- instrumentale inleiding X
Klarinetsolo in inleiding
Invloede van Tin Pan Alley-liedjies en big band-
swing-musiek
Altstemtipe X
3x1 (3)
Snit 21
4.1.2 KOLOM A ANTWOORD
Ballade in jazz-styl
Matige swing X
Saksofoon- melodiese improvisasie in inleiding
Gesinkopeerde akkoordslae op klavier X
Nabootsing in horingseksie X
Vinnige tempo
Lopende-bas-inleiding X
Bastromslae op eerste polsslag
3x1 (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 11 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 22
4.2 Beskryf DRIE kenmerke wat in die begeleiding in hierdie uittreksel gehoor word.
Antwoord:
• 'n Paar slae op perkussie dien as 'n kort inleiding.
• Gesinkopeerde ritmes word op klawerbord en baskitaar gehoor.
• 'n Ostinato-figuur word op kitaar in die middelregister gehoor.
• Daar is gesinkopeerde akkoordslae wat deur die horingseksie gespeel word
wanneer die frase herhaal word, met aangehoue lang note in die lae
blaserseksie.
• 'n Deurlopende ritmiese momentum word deur die tromstel behou.
Enige DRIE (3)
Snit 23
4.3 Beantwoord die volgende vrae:
4.3.1 Identifiseer die komponis van hierdie werk.
Antwoord: Abdullah Ibrahim 1 punt (1)
4.3.2 Met watter DRIE items in KOLOM A assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORD
Klaviermelodie word deur saksofone herhaal X
Scat-sang
Ritme-seksie lei die hooftema in X
Marabi-akkoordprogressie X
Improvisasie op die saksofoon
Sekwense
Openingsmelodie word deur kitaar gespeel
Saksofone speel melodie in unisoon X
Comping deur saksofone
Pentatonies
Enige DRIE korrekte antwoorde (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 12 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 24
4.4 Beskryf wat jy in hierdie uittreksel hoor.
Antwoord:
• Die ritmeseksie (klavier en tromstel) word eerste gehoor.
• Simbale is prominent in die tromstel.
• Ostinato-patroon op klavier word deurlopend gehoor.
• Tromboonseksie tree in met 'n ostinaat.
• Lae horingseksie speel akkoordslae teenoor die trombone.
• Saksofone en trompette stel die melodie voor.
• Die melodie word identies herhaal.
• Hierdie is 'n big band ensemble.
• Die styl is 'n wilde mengsel van Afrika- en internasionale jazz.
• 'n Versmelting van township riffs, swing en avant-garde word gehoor.
• 'n Twee-akkoord harmoniese siklus is prominent.
• Die tromme verskaf die ritmiese dryfkrag en tempo.
Enige DRIE (3)
Snit 25
4.5 Identifiseer die korrekte ritme wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
blokkie.
X
1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 13 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 26
4.6 Dui aan of die volgende stellings oor die uittreksel WAAR of ONWAAR is. Skryf
slegs 'waar' of 'onwaar' vir elke stelling op die volgende bladsy.
4.6.1 Die stuk gebruik gebalanseerde frases.
4.6.2 Kwêla-skiffelritmes word gebruik.
4.6.3 Die akkoordprogressie is I–IV–V64–I.
Antwoord:
4.6.1 Waar
4.6.2 Waar
4.6.3 Onwaar
3x1 (3)
Snit 27
4.7 Beantwoord die volgende vrae:
4.7.1 Beskryf die improvisasie in hierdie uittreksel.
Antwoord:
• Improvisasie word eers deur saksofoon gespeel en dan deur die
tromboon.
• Elke improvisasie is gebaseer op die betrokke harmonie van die
begeleiding.
• Chromatiese beweging word in die melodielyn bygevoeg.
• 'n Kombinasie van spronge en trapsgewyse beweging binne 'n wye
omvang word gehoor.
• Gesinkopeerde ritmes word deur beide soliste gespeel.
• Die saksofoonsolo bestaan uit 'n uitgebreide blues siklus en is 18
mate lank.
• Die tromboon speel twee 12-maat blues siklusse.
• Die klavier speel 'n kort, luide passasie om die intrede van elke
improvisasie aan te dui.
Enige DRIE (3)
4.7.2 Skryf die naam van die lied/komposisie en kunstenaar/groep wat jy
hoor.
Antwoord:
Naam: Vary-oo-vum
Kunstenaar/groep: Jazz Epistles
2 punte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 14 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 28
4.8 Beskryf die tromstel-begeleiding.
Antwoord:
• 'n Vaste herhalende ritmiese patroon word gehoor.
• Die bastrom en simbale speel gesinkopeerde slae.
• Die volledige tromstel word nie deurgaans gehoor nie – 'n ligte tekstuur word
deur die snaartrom en simbale bewerkstellig.
• Die simbale speel 'n swing-patroon:
ens.
• Die ritmiese patroon word hier en daar onderbreek deur ritmiese slae op die
snaartrom.
Enige DRIE (3)
(28 ÷ 2) [14]
TOTAAL AFDELING B: 14
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 15 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
5.1 Luister na die volgende snitte. Dui DRIE items in KOLOM A aan wat met die
musiek in Snit 29 en 30 verband hou.
Snit 29
5.1.1 KOLOM A ANTWOORD
Poco a poco crescendo X
Tremolo-figuur in hoë strykers en houtblasers
Prestissimo assai
Lae strykers speel in 'n polifoniese tekstuur
Vraag en antwoord tussen lae strykers en harp X
Saamgestelde drieslagmaat
Arpeggio's en toonlere word deur harp gespeel X
Orkes bestaan uit snaarinstrumente X
3x1 (3)
Snit 30
5.1.2 KOLOM A ANTWOORD
Saamgestelde metrum
Dissonante tweestemmige sang X
SSA
Heeltoontoonleer
Con moto
Soprane sing 'n legato-melodie aan die begin X
Tranquillo X
Vergroting in die koorparty X
3x1 (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 16 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 31
5.2 Beskryf DRIE kenmerke van die wisselwerking tussen die twee instrumente wat
in hierdie uittreksel gehoor word.
Antwoord:
• Die viool begin met die tema terwyl die klavier 'n gebroke-akkoord-
begeleiding speel.
• 'n Toonleerpassasie op die klavier dui 'n oorgang tussen die rolle van die
twee instrumente aan.
• Die klavier speel hierna die eerste tema terwyl die viool 'n gebroke-akkoord-
begeleiding speel.
• Die tema wat nou deur die klavier gespeel word, is 'n versierde weergawe
van die tema wat deur die viool aan die begin gespeel is.
Enige DRIE (3)
Snit 32
5.3 Beantwoord die volgende vrae:
5.3.1 Noem die komponis van hierdie werk.
Antwoord: (Felix) Mendelssohn 1 punt (1)
5.3.2 Met watter VIER items in KOLOM A assosieer jy hierdie uittreksel?
Maak 'n kruisie (X) in VIER toepaslike blokkies.
KOLOM A ANTWOORD
Uiteensetting X
Pedaalpunt deur die kontrabas op die tonika gespeel
Arpeggio's deur die hoë strykers gespeel
Lae strykers en klarinette speel openingsmotief
Lae strykers en fagotte speel tema X
Stadige beweging in 'n simfonie
Tema is op 'n arpeggio gebaseer X
Uitgebreide koda
Cantabile X
Hoë strykers speel 'n non legato-melodie
Enige VIER korrekte antwoorde (4)
Snit 33
5.4 Noem TWEE houtblaasinstrumente wat aan die einde van die uittreksel gehoor
word.
Antwoord: Klarinet/hobo/fluit Enige TWEE (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 17 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 34
5.5 Identifiseer die korrekte ritme wat jy hoor. Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike
blokkie.
X
1 punt (1)
Snit 35
5.6 Dui aan of die volgende stellings oor die uittreksel WAAR of ONWAAR is. Skryf
slegs 'waar' of 'onwaar' vir elke stelling.
5.6.1 Die melodie bestaan uit een lang frase.
5.6.2 Die uittreksel eindig met 'n fermata.
5.6.3 Die stemtipe is tenoorstem.
5.6.4 Die melodie is beide sillabies en melismaties.
Antwoord:
5.6.1 Onwaar
5.6.2 Waar
5.6.3 Onwaar
5.6.4 Waar
4x1 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 18 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
Snit 36
5.7 Vergelyk die openingsfrase met die antwoordfrase in hierdie uittreksel.
Antwoord:
• Die openingsfrase word deur 'n klarinet (houtblaasinstrument) gespeel terwyl
die antwoordfrase deur 'n Franse horing (koperblaasinstrument) gespeel
word.
• Die openingsfrase is sag terwyl die antwoordfrase sag begin met 'n
crescendo na die einde.
• Beide word met legato en portato artikulasie gespeel.
• Beide frases bevat dieselfde ritmiese materiaal, maar die antwoordfrase se
toonhoogte is laer.
• Die lae strykers speel aangehoue note (pedaalpunte op die tonika en
dominant) in beide frases.
• Frase 1: do-so-me-do (tonika harmonie)
Frase 2: so-do-do-so (subdominant harmonie)
Enige VIER (4)
Snit 37
5.8 Beskryf hoe hierdie musiekuittreksel DRIE programmatiese kenmerke kan
suggereer.
Antwoord:
• Die tremolo-figuur in die tjello en kontrabas suggereer die naderende
gerommel van veraf donderweer.
• Staccato agstenote in die strykers stel die eerste reëndruppels van die
naderende storm voor.
• 'n Vinnige, dinamiese crescendo suggereer die aankoms van die storm.
• Die tutti-orkes speel ff om die volle mag van die storm voor te stel.
Enige DRIE (3)
(28 ÷ 2) [14]
TOTAAL AFDELING B: 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 19 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: VORMANALISE (VERPLIGTEND)
VRAAG 6
Lees en bestudeer die vrae vir EEN minuut.
Snit 38
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V2 20 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Nasienriglyne
6.1 Gee 'n skematiese uitleg van die vorm. Trek lyne in die tabel hieronder en dui
elke seksie met die ooreenstemmende maatnommers aan.
Antwoord:
SEKSIES MAATNOMMERS
A ½ Maat 1 – 81 ½
B ½ Maat 82 – 16 ½
A ½ Maat 17 – 24 ½
½ punt x 6 (3)
6.2 Noem die vorm.
Antwoord: Drieledig 1 punt (1)
6.3 Bespreek die melodie in hierdie stuk.
Antwoord:
• Die melodie word met staccato artikulasie gespeel.
• Die melodie bestaan meestal uit agstenote.
• Dit word deur afwisselende linker- en regterhandpartye gespeel (bassleutel en
diskantsleutel).
• Dit is verdeel in twee stempartye.
• Dit word op sommige plekke verdubbel en een of twee oktawe uitmekaar
geskryf.
• Die melodie bevat meer spronge as trapsgewyse beweging.
• Die agstenootmotief van die eerste twee mate word in die B-seksie omgekeer.
Enige TWEE (2)
6.4 Noem die toonsoort en kadens in maat 14 tot 161.
Antwoord:
Toonsoort: G majeur
Kadens: Volmaakte kadens
2x1 (2)
TOTAAL AFDELING C: 8
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
Music P1 May-June 2025 MG Afr.pdf
Memorandum
Music P2 Nov 2020 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P1 May June 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Music P1 Nov 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P1 Nov 2019 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Music P2 Nov 2019 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
Music P2 May June 2018 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Music P2 May June 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
MUSIC P2 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Music P2 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Music P2 May-June 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Music P2 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Music
Explore more published documents in this catalogue.



