Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
MUSIEK V2
PUNTE: 30 NAAM:
TYD: 1½ uur GRAAD:
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Music Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Music Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 623.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2018
Questions in this paper
- Question 1Notation, Rhythm & Metre4 marks
- Question 2Notation, Rhythm & Metre6 marks
- Question 3Performance: Technique & Final Recital4 marks
- Question 4Aural Skills (Musicianship)8 marks
- Question 5Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]16 marks
- Question 6Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]8 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A (Gehoor) (10)
AFDELING B (Herkenning) (12)
AFDELING C (Vormontleding) (8)
2. VRAAG 1, VRAAG 2, VRAAG 3 en VRAAG 7 is VERPLIGTEND.
3. Beantwoord VRAAG 4 (WESTERSE KUNSMUSIEK – WKM) ÓF VRAAG 5
(JAZZ) ÓF VRAAG 6 (Inheemse Afrika-Musiek – IAM).
4. Kandidate moet hul antwoorde op hierdie vraestel skryf. Gebruik ʼn potlood vir
musieknotasie en blou of swart ink vir die ander antwoorde.
5. Hierdie eksamen sal geskryf word terwyl kandidate na ʼn CD luister.
6. Die musiekonderwyser van die sentrum moet die eksamen in die
teenwoordigheid van die opsiener afneem.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.
8. Kandidate mag NIE toegang tot enige musiekinstrument vir die duur van
hierdie eksamen kry NIE.
9. Skryf netjies en leesbaar.
INSTRUKSIES AAN DIE PERSOON WAT MET DIE KLANKTOERUSTING WERK
1. Die instruksies vir die musiekonderwyser verskyn in die raampies.
2. Elke musiekuittreksel (snit) moet die vereiste getal kere, soos in die vraestel
gespesifiseer, gespeel word.
3. Laat genoeg tyd tussen die snitte toe sodat kandidate tyd het om te dink en
hulle antwoorde neer te skryf voordat die volgende snit gespeel word.
4. Die nommer van die snit moet elke keer duidelik aangekondig word voordat dit
gespeel word.
5. Indien meer as een baan (WKM, JAZZ, IAM) deur ʼn skool aangebied word,
moet die volgende riglyne gevolg word:
Elke baan moet die eksamen in ʼn aparte lokaal skryf.
Elke lokaal moet met geskikte klanktoerusting toegerus wees.
Elke lokaal moet sy eie CD met die musiekuittreksels (snitte) gebruik.
ʼn Toesighouer moet in elke lokaal teenwoordig wees.
Die musiekuittreksels (snitte) moet soos volg gespeel word:
o WKM-kandidate: Snit 1 tot 17 en Snit 34 tot 36.
o JAZZ-kandidate: Snit 1 tot 11; Snit 18 tot 25 en Snit 34 tot 36.
o IAM-kandidate: Snit 1 tot 11 en Snit 26 tot 36.
6. ʼn CD-speler wat met batterye werk, moet beskikbaar wees in geval van ʼn
kragonderbreking.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 3
NASIENGIDS
AFDELING A: GEHOOR TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 4
VRAAG 2 (VERPLIGTEND) 6
SUBTOTAAL 10
AFDELING B: HERKENNING TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 3 (VERPLIGTEND) 4
EN
VRAAG 4 (WKM) 8
OF
VRAAG 5 (JAZZ) 8
OF
VRAAG 6 (IAM) 8
SUBTOTAAL 12
AFDELING C: VORM TOTAAL NASIENER MODERATOR
VRAAG 7 (VERPLIGTEND) 8
SUBTOTAAL 8
GROOTTOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING A: GEHOOR
VRAAG 1 (VERPLIGTEND)
Speel Snit 1 TWEE keer na mekaar.
1.1 Identifiseer die tydmaatteken vir hierdie uittreksel. Maak ʼn kruisie (X) in die
toepaslike blokkie hieronder.
1.1.1
1.1.2
1.1.3
(1)
Speel Snit 2 DRIE keer. Wag 30 sekondes tussen elke herhaling.
1.2 Luister na die melodiese en ritmiese frase. Noteer die ritme van die
ontbrekende note in maat 3 en 4 op die notebalk hieronder.
(3)
[4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 5
VRAAG 2 (VERPLIGTEND)
Speel Snit 3 EEN keer om ʼn algemene oorsig te gee.
Luister na die melodie uit Lieder ohne worte, Op. 62 no. 1 deur F. Mendelssohn en
beantwoord dan die vrae wat volg.
2.2
2.3
2.1 Noem die hooftoonsoort van hierdie uittreksel.
(1)
Speel Snit 4 EEN keer.
2.2 Identifiseer die nie-harmoniese noot by 2.2.
(1)
Speel Snit 5 DRIE keer. Wag 30 sekondes tussen elke herhaling.
2.3 Luister vanaf maat 43 en vul die ontbrekende note by 2.3 op die partituur in. (3)
2.4 Op watter polsslag begin hierdie uittreksel?
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
Speel Snit 6 EEN keer.
2.5 Watter EEN van die volgende ornamente word in hierdie uittreksel gebruik?
Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Triller Appoggiatura Mordent (1)
Speel Snit 7 EEN keer.
2.6 Benoem die kadens en akkoorde wat aan die einde van hierdie uittreksel
gebruik word.
(2)
2.7 Omkring ʼn melodiese interval van ʼn verminderde vyfde op die partituur. (1)
2.8 Gee EEN term wat die vrye gebruik van tempo beskryf wanneer hierdie stuk
gespeel word.
(1)
2.9 Gedurende watter stylperiode was hierdie stuk gekomponeer?
(1)
(12 ÷ 2) [6]
TOTAAL AFDELING A: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 7
AFDELING B: HERKENNING VAN MUSIKALE KONSEPTE
VRAAG 3: ALGEMENE BELUISTERING (VERPLIGTEND)
Merk DRIE items in KOLOM A in VRAE 3.1-3.4 wat met die musiek wat jy hoor
verband hou. Maak ʼn kruisie (X) in DRIE toepaslike blokkies.
3.1 Speel Snit 8 TWEE keer.
KOLOM A Snit 8
Klarinet en fagot
Saamgestelde tweeslagmaat
Engelse horing en fagot
Enkelvoudige vierslagmaat
Barok-periode
Klassieke periode (3)
3.2 Speel Snit 9 TWEE keer.
KOLOM A Snit 9
Idiofoon, elektrofoon en
aërofoon
Poliritme
Idiofoon, membranofoon en
aërofoon
Kruisritmes
Parallelle intervalle
Onreëlmatige tyd (3)
3.3 Speel Snit 10 TWEE keer.
KOLOM A Snit 10
Adagio sostenuto
Pedaalpunt
Konstante dinamiek
Poco a poco crescendo
Grondbas
Allegro moderato (3)
3.4 Speel Snit 11 TWEE keer.
KOLOM A Snit 11
Arpeggio’s in klavierparty
Mineur tonaliteit
Majeur tonaliteit
Fuga
Jazz-trio
Klassieke kamermusiek (3)
(12 ÷ 3) [4]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
Beantwoord VRAAG 4 (WKM) ÓF VRAAG 5 (JAZZ) ÓF VRAAG 6 (IAM).
VRAAG 4: WKM
4.1 Speel Snit 12 TWEE keer.
4.1.1 Watter EEN van die volgende illustreer die korrekte ritme van die
tema wat jy hoor? Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
(a)
(b)
(c)
(1)
Speel Snit 12 nog EEN keer.
4.1.2 Is die tonaliteit van hierdie uittreksel majeur of mineur?
(1)
Speel Snit 13 TWEE keer.
4.1.3 Wat het die eerste drie openingsakkoorde in gemeen met die
tonikatoonsoort van hierdie uittreksel?
(1)
Speel Snit 14 en 15 TWEE keer opeenvolgend.
4.1.4 Vergelyk die tema in Snit 14 en 15 met betrekking tot artikulasie en
komposisietegnieke wat gebruik word. Noem EEN verskil in
artikulasie, EEN verskil in komposisietegnieke en EEN
ooreenstemming in komposisietegnieke.
SNIT 14 SNIT 15
Artikulasie
Komposisie-
tegnieke
(3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 9
4.2 Speel Snit 16 TWEE keer.
4.2.1 Identifiseer die karakters en stemtipes wat in hierdie uittreksel sing.
Karakter 1:
Karakter 2: (2)
4.2.2 Aan watter subgenre van operamusiek behoort hierdie uittreksel?
(1)
4.2.3 Noem die titel van die opera en die komponis.
(2)
4.3 Speel Snit 17 TWEE keer.
4.3.1 Beskryf hierdie werk met betrekking tot instrumentasie, genre en
stylperiode.
Instrumentasie:
Genre:
Stylperiode: (3)
Speel Snit 17 nog EEN keer.
4.3.2 Identifiseer die tekstuur wat in hierdie uittreksel gebruik word.
(1)
4.3.3 Voorsien hierdie uittreksel van ʼn gepaste titel.
(1)
(16 ÷ 2) [8]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 5: JAZZ
5.1 Speel Snit 18 EEN keer.
5.1.1 Noem die kunstenaar wat in hierdie uittreksel optree.
(1)
Speel Snit 19 EEN keer.
5.1.2 Identifiseer die kordofooninstrument wat aan die begin van hierdie
uittreksel speel.
(1)
Speel Snit 20 TWEE keer.
5.1.3 Lewer kommentaar oor die gebruik van harmoniese
akkoordprogressie in hierdie werk.
(2)
5.1.4 Voorsien hierdie uittreksel van ʼn gepaste titel.
(1)
5.2 Speel Snit 21 TWEE keer.
5.2.1 Kies die korrekte kombinasie van instrumente wat in hierdie
uittreksel gebruik word. Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Trompet Trompet Trompet
Klavier Klavier Klavier
Tromboon Euphonium Tromboon
Kontrabas Kontrabas Tjello
Altsaksofoon Tenoorsaksofoon Altsaksofoon
Tromstel Tromstel Tromstel (1)
Speel Snit 22 TWEE keer.
5.2.2 Noem TWEE ritmiese toestelle wat op die perkussie-
instrument/slaginstrument gebruik word.
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 11
5.2.3 Gee EEN term vir die melodiese materiaal wat op die solo-
instrumente geskep word.
(1)
Speel Snit 22 nog EEN keer.
5.2.4 Met watter groep assosieer jy hierdie uittreksel?
(1)
5.3 Speel Snit 23 en 24 TWEE keer opeenvolgend.
5.3.1 Luister na Snit 23 en 24 en kies TWEE korrekte eienskappe wat
met die uittreksel wat jy hoor verband hou. Maak ʼn kruisie (X) langs
TWEE eienskappe.
SNIT 23
Pedaalpunt
Teenmelodieë
Monofoniese tekstuur
Melodie word in unisoon gespeel
Adagio
SNIT 24
Eenvoudige melodieë
Polifoniese tekstuur
Andante
Reguit agstenoot-ritmes
Lopende baslyn (‘walking bass line’) (4)
Speel Snit 25 TWEE keer.
5.3.2 Met watter kunstenaar en jazz-styl assosieer jy hierdie uittreksel?
Kunstenaar:
Jazz-styl: (2)
(16 ÷ 2) [8]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 6: IAM
6.1 Speel Snit 26 TWEE keer.
6.1.1 Beskryf die musiek met betrekking tot genre, instrumentasie en
kunstenaar/groep.
Genre:
Instrumentasie:
Kunstenaar/Groep: (3)
Speel Snit 27 EEN keer.
6.1.2 Identifiseer TWEE stemtegnieke wat as ornamentasie in hierdie
uittreksel gebruik word.
(2)
Speel Snit 28 EEN keer.
6.1.3 Watter tipiese eienskap van Afrika-musiek word hoofsaaklik tussen
die stemme gebruik? Maak ʼn kruisie (X) in die toepaslike blokkie.
Ostinato Polifoniese tekstuur Roep-en-antwoord (1)
6.2 Speel Snit 29 EEN keer.
6.2.1 Noem die Suid-Afrikaanse styl wat met hierdie uittreksel
geassosieer word.
(1)
6.2.2 Met watter Afrika-stam assosieer jy hierdie musiek?
(1)
Speel Snit 29 nog EEN keer.
6.2.3 Gee ʼn term vir die instrumentale inleiding wat in hierdie musiekstyl
gebruik word.
(1)
6.2.4 Noem EEN ander Suid-Afrikaanse styl waarin die konsertina
hoofsaaklik gebruik word.
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 13
6.3 Speel Snit 30 TWEE keer.
6.3.1 Noem die houtblaasinstrument wat in hierdie uittreksel gebruik word.
(1)
6.3.2 Watter ander tipiese Afrika-instrument word deur die instrument in
VRAAG 6.3.1 genoem, nageboots?
(1)
Speel Snit 31 EEN keer.
6.3.3 Noem EEN eienskap van Marabi-musiek wat in hierdie uittreksel
gehoor word.
(1)
Speel Snit 32 TWEE keer.
6.3.4 Lewer kommentaar op die ritmes wat in die twee begeleidende
kitaarpartye (laer kitaar- en hoër kitaarpartye) gebruik word.
Laer kitaarparty:
Hoër kitaarparty: (2)
Speel Snit 33 EEN keer.
6.3.5 Noem die groep wat in hierdie uittreksel optree.
(1)
(16 ÷ 2) [8]
TOTAAL AFDELING B: 12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING C: VORMONTLEDING
VRAAG 7 (VERPLIGTEND)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V2 15
Speel Snit 34 EEN keer om ʼn algemene oorsig te gee.
Speel Snit 34 nog EEN keer.
7.1 Watter tipe ensemble word in hierdie werk gebruik?
(1)
7.2 Identifiseer die vorm van hierdie werk.
(1)
7.3 Dui die afdelings van die vorm genoem in VRAAG 7.2 aan deur
HOOFLETTERS op die partituur te gebruik. (3)
Speel Snit 35 TWEE keer.
7.4 Luister na die tematiese materiaal wat in maat 03 – 42 gebruik word. Noem
EEN ooreenkoms en EEN verskil in die gebruik van die tematiese materiaal.
Ooreenkoms:
Verskil:
(2)
Speel Snit 36 TWEE keer.
7.5 Luister na maat 163 – 24 en noem die toonsoort en kadens wat aan die
einde van die uittreksel voorkom.
(1)
TOTAAL AFDELING C: 8
GROOTTOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 MUSIEK V2 (EC/SEPTEMBER 2018)
ROFWERK:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Music Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Music

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper