Skip to content
Question paper

Music Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper

Grade 12 Music question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: MusicGrade 12201825 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 MUSIEK V1 NAAM: PUNTE: 120 TYD: 3 uur *MUSCA1* Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye, insluitend 1 bladsy manuskrippapier.
Downloaded from hlayiso.com 2 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A in potlood en al die geskrewe teks in blou of swart ink. Beantwoord die vrae in die spasies aangedui daarvoor. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E in blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hul antwoorde te gee binne die gegewe tydsduur. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 3 NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2 Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. VRAAG 1 (25 minute) 1. Bestudeer die aangepaste uittreksel uit Plaisir d’amour deur Martini hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.6 1.2 Fluit 1.3.1 1.4.1 Klavier 1.4.2 1.7 1.3.2 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 5 1.1 Benoem die verwante toonsoort van hierdie stuk. (1) 1.2 Voeg die tydmaatteken by 1.2 op die partituur. Beskryf die tydmaatteken volledig. (2) 1.3 Identifiseer die intervalle by 1.3.1 en 1.3.2 volgens tipe en afstand. 1.3.1 _________________________ 1.3.2 _________________________ (2) 1.4 Benoem die drieklanke by 1.4.1 en 1.4.2 volgens tipe en posisie, bv. mineur, tweede omkering. (Oorweeg SLEGS die note in die blokkie.) 1.4.1 _________________________ 1.4.2 _________________________ (2) 1.5 Wat is die betekenis van die Italiaanse term molto lento? (1) 1.6 Transponeer die fluitparty by 1.6 ʼn mineur terts laer. Voeg die nuwe toonsoortteken by. (2) 1.7 Herskryf die klavier se linkerhand gedeelte gemerk 1.7 ʼn oktaaf hoër in die tenoorsleutel. Gebruik die korrekte sleutel en toonsoortteken. Korrigeer ook die (3) groepering in die tweede maat van 1.7. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 1.8 Skryf die Frigiese modus op F, stygend, sonder toonsoorttekens, in die alt- sleutel en gebruik heelnote. (2) 1.9 Skryf die dalende blues toonleer op Eb, met toonsoorttekens, in die bassleutel en gebruik halfnote. (2) 1.10 Watter Italiaanse term het die teenoorgestelde betekenis van cresc.? (1) 1.11 Skryf TWEE enharmoniese weergawes van die noot wat nie pas in die toonaard nie. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 7 VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om ʼn twaalf-maat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn-melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _______________________________ Die melodie sal volgens die onderstaande kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polsslae per maat, toevallige tekens, 2 spasiëring Kwaliteit Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, tempo- 10 aanduiding, musikaliteit TOTAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om ʼn twaalf-maatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: _______________________________ Die melodie sal volgens die onderstaande kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polsslae per maat, toevallige tekens, 2 spasiëring Kwaliteit Toepaslikheid, dinamiek, artikulasie, tempo- 10 aanduiding, musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 9 VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2 3.1 Bestudeer the aangepaste uittreksel van die Sonatina Opus 168 no.3 deur Diabelli hieronder en beantwoord die vrae wat volg. (g) (a) (b) ____ ____ (c) (d) ____ ____ (f) (e) Nuwe ____ toonsoort: ______ Kopiereg i voorbehou b Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 3.1.1 Die stuk moduleer vanaf mate 15–20. Dui die nuwe toonsoort in die spasie op die partituur aan. (1) 3.1.2 Besyfer die akkoorde gemerk (a)–(e) op die partituur met Romeinse besyfering, bv. D: V (of Va). (5) 3.1.3 Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (f). ___________________________________ (1) 3.1.4 Kies die korrekte antwoord vir die komposisie-tegniek wat gebruik is by (g). Herhaling Sekwens Omkering (1) 3.1.5 Vergelyk die melodie soos dit verskyn vanaf maat 0 4 – 43 en maat 84 – 123. Noem TWEE verskille wat in die musiek voorkom. (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 11 3.2 Bestudeer die aangepaste uittreksel van Ebony and Ivory deur Paul McCartney hieronder en beantwoord die vrae wat volg. (a) (b) (c) ______ ______ ______ (d) (e) (f) ______ ______ (h) (g) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 3.2.1 Benoem die toonsoort van die stuk. (1) 3.2.2 Identifiseer akkoorde (a)–(e) en skryf die akkoordsimbole in die spasies bokant die notebalk op die partituur, bv. C/E. (5) 3.2.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (f) en (g). (f) ______________________ (g) _______________________ (2) 3.2.4 Benoem die kadens gemerk (h). Identifiseer die kadens deur die korrekte akkoordsimbole by te voeg. Kadens: Akkoordsimbole: (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 13 VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste EEN nie-akkoordnoot. Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Akkoordprogressie 12 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid 14 Notasie, verdubbeling, spasiëring, (Minus ½ punt per stemvoering fout) Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, 4 stylbewustheid, kreatiwiteit 30 ÷ 2 TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal op die leë notebalke by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 voorgestel word. Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Akkoordprogressie 12 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadense Korrektheid 14 Notasie, stemvoering, spasiëring, verdubbeling Kwaliteit Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid en 4 kreatiwiteit 30 ÷ 2 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 15 AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek) Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 E. 5.1.1 ʼn Heeltoontoonleer bestaan uit ... A intervalle van ʼn majeur 2de . B heeltone. C halftone. D A en B. (1) 5.1.2 In die stygende melodiese mineur word die volgende noot (note) verhoog: A 4de en 5de B 6de en 7de C 2de en 3de D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 5.1.3 Musiek is ... A klank. B styl. C georganiseerde klank. D lawaai. (1) 5.1.4 ʼn Melisma is ... A note wat staccato gesing word. B ʼn persoon wat agtergrondsang sing. C ʼn groep gesinkopeerde note. D ʼn melodiese vloei van note wat op ʼn enkele lettergreep gesing word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) 5.1.5 Ritme is ... A die patroon van beweging in tyd. B die verwantskap tussen 2 of meer toonhoogtes wat gelyktydig klink. C die kwaliteit van ʼn klank en die variasie tussen stemme en verskeie instrument-tipes. D die spoed van die stuk. (1) 5.1.6 Vier vier-en-sestigste note is gelykstaande aan ... A ʼn heelnoot. B ʼn agstenoot. C ʼn sestiende noot. D ʼn kwartnoot. (1) 5.1.7 Lebhaft beteken ... A stadig. B grasieus. C op ʼn loopgang. D lewendig. (1) 5.1.8 Vraag en Refrein in Afrikamusiek is ... A wanneer die koor met ʼn kort frase reageer op die solis se vraag. B wanneer die koor die hele vers herhaal. C wanneer die koor saam met die solis sing. D wanneer die koor reageer met woorde en ʼn melodie wat verskil van die solis se musiek. (1) 5.1.9 Jazz het twee baie spesifieke eienskappe: A Polifonie B Improvisasie C Sinkopasie en ritmiese swing D B en C (1) 5.1.10 Watter instrument pas nie? A Hobo B Franse Horing C Fagot D Saksofoon (1) (10 x 1) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 17 5.2 Verduidelik wat jy verstaan van die term musiekindustrie. (3) 5.3 Wat is die verskillende stappe van die waardeketting? (3) 5.4 Watter maatskappy in Suid-Afrika is verantwoordelik vir die meganiese regte van musiek? (1) 5.5 Definieer enige EEN van die volgende terme: 5.5.1 Musiekregte 5.5.2 Musiekskepper 5.5.3 Uitvoer (Optrede) regte 5.5.4 Meganiese regte (3) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WAM) VRAAG 6 6.1 In die Barok-orkes word die baslyn deur die tjello, die kontrabas en soms die fagot gespeel. Wat word hierdie baslyn genoem? (1) 6.2 Noem twee vroeëre styltipes in die ontwikkeling van die Simfonie. (2) 6.3 In watter van die drie dele van Sonatevorm vind ons die verhoogde spanningslyn van ʼn werk? (1) 6.4 Wat was die styl wat Mendelssohn ontwikkel het waarin die houtblasers en strykers vinnige note in hul hoë registers speel, genoem? (1) 6.5 Definieer die term aria. (1) 6.6 Wat is die betekenis van bel canto? (1) 6.7 Noem die Italiaanse komponis wat verantwoordelik was vir die ontwikkelling van die item genoem in VRAAG 6.6. (1) 6.8 Noem TWEE vorme van die simfoniese-gedig. (2) [10] VRAAG 7 7.1 Kies ʼn karakter van KOLOM B wat pas by die aria in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (7.1.1–7.1.3) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 7.1.4 F. KOLOM A KOLOM B 7.1.1 Der Hölle Rache kocht in A Papageno meinem Herzen 7.1.2 Der Vogelfänger bin ich ja B Tamino 7.1.3 O Isis und Osiris C Pamina D Koningin van die Nag E Sarastro (3) 7.2 Identifiseer TWEE verskille tussen die Simfonie van die Klassieke era en die Simfonie van die Romantiese era. Die antwoord kan in tabelvorm weergee word. (2) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 19 VRAAG 8 Noem VYF spesifieke musikale eienskappe wat die komponiste van die Mannheim- skool in die orkestrale musiek van hul tyd ingesluit het. Beskryf elkeen in een sin. (5) [5] VRAAG 9 Beskryf die inleiding van Die Towerfluit se ouverture deur onder andere na die simboliek van die Vrymesselary te verwys. (5) [5] VRAAG 10 Gedurende sy lewe, was Mendelssohn versigtig vir die meer radikale musikale ontwikkelings wat deur sommige van sy Romantiese tydgenote aangedurf is. Dit is dus nie verrassend dat sy Hebrides-ouverture in ʼn konvensionele sonatevorm geskryf is nie. Skryf ʼn opstel waarin jy ʼn uitleg gee van bogenoemde ouverture se struktuur. (12) Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. (3) Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTE TOEKENNING Uitleg van vormstruktuur 12 Logiese uiteensetting en struktuur van die 3 opstel TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Kies korrekte antwoord uit KOLOM B wat met die korrekte item in KOLOM A ooreenstem. Skryf slegs die korrekte letter (A–E) langs die vraag se nommer (11.1.1–11.1.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 11.1.6 F. KOLOM A KOLOM B 11.1.1 African Inkspots A Phillip Tabane 11.1.2 Jazz Epistles B Hugh Masekela 11.1.3 Silent Beauty C Josephine “Dolly” Rathebe 11.1.4 Star Time D Masekela, Moeketsi, Gwangwa 11.1.5 Trompet E Die Dark City Sisters (5 x 1) (5) 11.2 Identifiseer die jazz-styl van die onderstaande kunstenaars: 11.2.1 Fezile “Feya” Faku 11.2.2 The Blue Notes 11.2.3 Gideon Nxumalo 11.2.4 Mahotella Queens 11.2.5 Lemmy “Special” Mabaso (5) [10] VRAAG 12 12.1 Wat is Afro-jazz? (1) 12.2 Noem EEN Afro-jazz groep van die 1980’s wat kommersiële sukses behaal het. (1) 12.3 Noem EEN instrument wat Zim Ngqawana bespeel. (1) 12.4 Noem TWEE vroeë orkeste waaraan Gumede verbonde was. (2) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 21 VRAAG 13 Bespreek die styleienskappe van EEN van die kunstenaars van Kaapse Jazz. Noem ten minste EEN treffer/album. x Dollar Brand x Robbie Jansen x Winston Ngozi (5) [5] VRAAG 14 Spokes Mashiyane en sy Big Five orkes se jazz-styl het ʼn bydrae gelewer tot penniefluitjiemusiek. Identifiseer sy styl en noem VIER eienskappe van Mashiyane se jazz-styl. (5) [5] VRAAG 15 Gee die korrekte term vir Afrika- of township-jazz. Skryf ʼn analitiese opstel oor die eienskappe van dié styl. Fokus op enige TWEE van die volgende groepe en hul bydraes. x The Jazz Maniacs x The Merry Blackbirds x The Manhattan Brothers x Dark City Sisters Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Korrekte term 1 Styleienskappe 3 Groep een en bydrae 4 Groep twee en bydrae 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel. 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK VRAAG 16 16.1 Kies EEN beskrywing van KOLOM B wat met die korrekte term in KOLOM A ooreenstem. Skryf slegs die korrekte letter (A–E) langs die vraag se nommer (16.1.1–16.1.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 16.1.6 F. KOLOM A KOLOM B 16.1.1 Cothoza A Akoestiese kitaar 16.1.2 Cool Crooners B Beswymingstoestand 16.1.3 Isginci C Loop op tone 16.1.4 Busi Mhlongo D Blue sky 16.1.5 Traditional Malombo music E Maskandi (5 x 1) (5) 16.2 Beantwoord die volgende vrae as WAAR of ONWAAR. 16.2.1 Isicathamiya is ʼn sangstyl met begeleding. 16.2.2 Izibongo is die vinnig-gesproke dele van Maskandi-liedere. 16.2.3 Abavumuyo is ʼn instrument. 16.2.4 Die ruimte vir ʼn geestelike uitvoering is belangrik vir die plasing van die kunstenaars. 16.2.5 Vertikale dimensie in musiek behels die organisering van eenheid en onenigheid deur ritme. (5 x 1) (5) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 23 VRAAG 17 17.1 Noem DRIE eienskappe van die Soul Brothers se musiek. (3) 17.2 Noem VIER instrumente wat met latere malombo jazz geassosieër word. (2) [5] VRAAG 18 Wat is die isihomuhomu in isicathamiya en waarom is dit belangrik as deel van die uitvoering? (5) [5] VRAAG 19 Hoe was Kiba ontstam en verander na Vrye Kiba deur Sello Galane? (5) [5] VRAAG 20 ‘In die vroeë 1960’s het ʼn nuwe Afrika-jazz-styl met pertinente eienskappe ontwikkel, wat soms na verwys is as “musiekbrood”.’ Skryf ʼn opstel waarin jy die stelling hierbo bespreek deur na die Makgona Tsohle- orkes en hul musiekstyl te verwys. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Naam van styl 1 Ontwikkelling van die styl 2 Eienskappe van die styl 3 Agtergrond oor die orkes 3 Styleienskappe van die orkes 3 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 (15) [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Music

View all