Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
MUSIEK V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 120
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 42 bladsye.
Skip to contentMemorandum 











View all





Music Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo
Grade 12 Music memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 42 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Music · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Memorandum, 42 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 42
- File size
- 1.8 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 42
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E.
2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord
slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E).
4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A in potlood en al die geskrewe teks
in blou of swart ink. Beantwoord die vrae in die spasies aangedui daarvoor.
5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E in blou of swart ink in die
ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder.
8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
musiekinstrument hê NIE.
9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting
in hul antwoorde te gee binne die gegewe tydsduur.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaa om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 3
NASIENROOSTER
AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR
A: MUSIEKTEORIE 1 20
(VERPLIGTEND) 2 15
3 10
4 15
SUBTOTAAL 60
EN
B: ALGEMENE
MUSIEKKENNIS 5 20
(VERPLIGTEND)
SUBTOTAAL 20
EN
C: WKM 6 10
7 5
8 5
9 5
10 15
SUBTOTAAL 40
OF
D: JAZZ 11 10
12 5
13 5
14 5
15 15
SUBTOTAAL 40
OF
E: IAM 16 10
17 5
18 5
19 5
20 15
SUBTOTAAL 40
GROOTTOTAAL 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2
Beantwoord al die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is.
VRAAG 1 (25 minute)
1. Bestudeer die aangepaste uittreksel uit Plaisir d’amour deur Martini
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.6
1.2
Fluit
1.3.1 1.4.1
Klavier
1.4.2
1.7
1.3.2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 5
1.1 Benoem die verwante toonsoort van die stuk.
Antwoord:
D mineur/d mineur
d mineur/d = 1 punt
D mineur = 1 punt
D = geen punt (1)
1.2 Voeg die tydmaatteken by 1.2 op die partituur. Beskryf die tydmaatteken
volledig.
Antwoord:
Die tydsoortteken is 6/8; saamgestelde twee-slagmaat.
Tydsoortteken op al drie notebalke = 1 punt
Saamgestelde twee-slagmaat = 1 punt (2)
1.3 Identifiseer die intervalle by 1.3.1 en 1.3.2 volgens tipe en afstand.
Antwoord:
1.3.1 Saamgestelde majeur 3de (terts) / majeur 10de/majeur desiem
1.3.2 Mineur 3de
1 punt elk
1.3.1 Slegs majeur 3de = ½ punt
Geen punt vir slegs afstand (2)
1.4 Benoem die drieklanke volledig by 1.4.1 en 1.4.2 volgens tipe en posisie, bv.
mineur, tweede omkering. (Oorweeg SLEGS die note in die blokkie.)
Antwoord:
1.4.1 Majeur – eerste omkering
1.4.2 Majeur – tweede omkering
Tipe = ½ punt (x 2) = 1 punt
Posisie = ½ punt (x 2) = 1 punt (2)
1.5 Wat is die betekenis van die Italiaanse terme molto lento?
Antwoord:
Baie stadig OF stadig (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.6 Transponeer die fluitparty by 1.6 ʼn mineur terts laer. Voeg die nuwe
toonsoortteken by.
Antwoord:
½ ½ ½ ½
Korrekte toonsoortteken = ½ punt
Notasie (klink korrek met verkeerde
toonsoortteken) = 1½ punte
Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 1½ punte
(Die afwesigheid van die tydsoortteken sal nie gepenaliseer word nie.) (2)
1.7 Herskryf die klavier se linkerhand gedeelte gemerk 1.7 ʼn oktaaf hoër in die
tenoorsleutel. Gebruik die korrekte sleutel en toonsoortteken. Korrigeer ook die
groepering in die tweede maat van 1.7.
Antwoord:
½ ½ ½ ½ ½
½ = korrekte groepering
Korrekte sleutel = ½ punt
Korrekte toonsoortteken = ½ punt
Notasie = 1½ punte
Korrekte groepering = ½ punt
TOTAAL = 3 punte
(Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2 punte) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 7
1.8 Skryf die Frigiese modus op F, stygend, sonder toonsoorttekens, in die alt-
sleutel en gebruik heelnote.
Antwoord:
OF
Altsleutel = ½ punt
Minus ½ punt vir elke toonhoogtefout tot ʼn maksimum
van 1½ punt (2)
1.9 Skryf die dalende blues toonleer op Eb , met toonsoorttekens, in die
bassleutel en gebruik halfnote.
Antwoord:
OF
Bassleutel = ½ punt
Toonsoortteken = ½ punt
Minus ½ per fout tot ʼn maksimum van 2 punte (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
1.10 Watter Italiaanse term het die teenoorgestelde betekenis van cresc.?
Antwoord:
Decrescendo (decresc.) of diminuendo (dim.) (1)
1.11 Skryf twee enharmoniese weergawes van die noot wat nie pas in die
toonaard nie.
Antwoord:
Korrekte note en toevallige teken = 1 punt (x2) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 9
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord OF VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2
2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om ʼn twaalf-maatmelodie in
drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse
te skep. Dui die instrument waarvoor jy skryf aan. Dui die tempo aan en
voeg dinamiek- en artikulasietekens by.
Instrument: Tjello/kontrabas/tromboon (enige gepaste instrument NIE
KLAVIER NIE)
Konsepantwoord:
Onvolmaakte kadens
in B maj./F# maj./E maj.
Onvolmaakte kadens
in B maj./F# maj./E maj.
Volmaakte
kadens in B maj.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om ʼn twaalf-maat-melodie in
drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te
skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg
dinamiek- en artikulasietekens by.
Instrument: Viool/Klarinet/Hobo (enige gepaste instrument NIE KLAVIER
NIE)
Konsepantwoord:
Onvolmaakte kadens
in B maj./E maj.
Onvolmaakte kadens
in E maj./B maj.
Volmaakte kadens
in E maj.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 11
Die melodie sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Korrektheid
Nootstele, polsslae per Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2
2
maat, toevallige tekens, punte
spasiëring
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases
definieer vorm verbeeldingryk;
aanvangsmotief innoverend voortgesit;
9–10
suksesvolle gebruik van tonaliteit;
melodiese kontoer meesterlik hanteer;
kreatiewe benadering tot die keuse van
toonhoogtes en ritme.
Kwaliteit Goed
- Kwaliteit van melodie en Korrek en musikaal; frases dui die vorm
toepaslikheid vir die duidelik aan; aanvangsmotief sinvol
7–8
gekose instrument. voortgesit; stabiele tonaliteit; melodiese
- Toepaslikheid van kontoer bevredigend; keuse van
10
tempo, artikulasie en toonhoogtes en ritme akkuraat.
dinamiese aanduidings Gemiddeld
verhoog die kwaliteit van Musikaal nie oortuigend; nie alle frases
die antwoord. duidelik; aanvangsmotief nie goed
4–6
- Musikaliteit. gebruik; tonaliteit onstabiel; melodiese
kontoer onder verdenking; keuse van
toonhoogtes en ritme verbeeldingloos.
Onaanvaarbaar
Geen musikale singewing; frases maak
nie sin nie; aanvangsmotief geïgnoreer;
0–3
geen tonale sin; geen melodiese
kontoer; toonhoogtes en ritme
onsamehangend
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2
3.1 Bestudeer the aangepaste uittreksel van die Sonatina Opus 168 no.3
deur Diabelli hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
(g)
(a) (b)
C: C: V7 C: vi
(c) (d)
C: ii6 C: I 6/4
(f)
(e)
Nuwe toonsoort: G G: I
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 13
3.1.1 Die stuk moduleer vanaf mate 15–20. Dui die nuwe toonsoort in
die spasie op die partituur aan.
Antwoord:
G majeur
G majeur/G = 1 punt
g majeur = 1 punt
g = geen punt (1)
3.1.2 Besyfer die akkoorde gemerk (a)–(e) op die partituur en gebruik
Romeinse besyfering, bv. D: V (of Va).
Antwoord: sien partituur
1 punt per akkoord = 5 punte
(Minus ½ punt per fout)
(Toonsoort moet gegee word. Indien uitgelaat, ken slegs
½ punt toe)
(Indien 7de uitgelaat is, ken slegs ½ punt toe) (5)
3.1.3 Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (f).
Antwoord:
(Onbeklemtoonde) deurgangsnoot
Deurgangsnoot = 1 punt (1)
3.1.4 Kies die korrekte antwoord vir die komposisie-tegniek wat gebruik
is by (g).
Antwoord:
Herhaling Sekwens Omkering (1)
3.1.5 Vergelyk die melodie soos dit verskyn vanaf maat 0 4 – 43 en maat
84 – 123. Noem twee verskille wat in die musiek voorkom.
Antwoord:
• Die tweede melodie is ʼn oktaaf hoër geskryf.
• Die linkerhand van die tweede deel speel ʼn gebroke akkoord
begeleiding, terwyl slegs akkoorde in die eerste deel gespeel
word.
2 korrekte feite = 2 punte (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
3.2 Bestudeer die aangepaste uittreksel van Ebony and Ivory deur Paul McCartney
hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
(a) (b) (c)
B7/F#
E F#m
(d) (e)
B/F#
(f) E/B
(h)
(g)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 15
3.2.1 Benoem die toonsoort van hierdie stuk.
Antwoord:
E majeur
E majeur/E = 1 punt
e majeur = 1 punt
e = geen punt (1)
3.2.2 Identifiseer die akkoorde (a) ̶ (e) en skryf die akkoordsimbole in die
spasies bo die notebalk gelaat op die partituur gelaat, bv. C/E.
Antwoord: sien partituur
1 punt per akkoord = 5 punte
(Minus ½ punt per fout)
(Indien 7de van akkoord uitgelaat is, word slegs ½ punt toegeken (5)
3.2.3 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (f) en (g).
Antwoord:
(f) deurgangsnote
(g) vertraging/terughouding
1 punt per korrekte antwoord = 2 punte (2)
3.2.4 Benoem die kadens gemerk (h). Identifiseer die kadens deur die
korrekte akkoordsimbole by te voeg.
Antwoord:
Kadens: Volmaakte kadens
Akkoordsimbole: E: B – E
Volmaakte kadens/vol. kadens = 1 punt
E: B – E = 1 punt (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-,
tenoor- en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste EEN nie-akkoordnoot.
Konsepantwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 17
Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Akkoordprogressie
1 punt tussen elke paar akkoorde
Akkoordkeuse, korrekte gebruik 12
(behalwe tussen maat 4 en 5).
van kadens
Korrektheid
Minus ½ punt per fout maar nie meer as
Notasie, verdubbeling, spasiëring, 14
1 punt per akkoord nie.
stemvoering
• Uitstekend = 3½ –4 punte
Kwaliteit • Goed = 2½ –3 punte
Musikaliteit, nie-akkoordnote, • Gemiddeld = 1½ –2 punte 4
stylbewustheid, kreatiwiteit • Swak = ½ –1 punt
• Onaanvaarbaar =0
Nota aan die nasiener:
30 ÷ 2
Punt uit 30 moet nie ʼn ½ punt bevat nie
TOTAAL 15
Kandidate moet krediet kry vir ʼn ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in
hierdie nasienriglyn verskyn nie. Besyfering dien as ʼn riglyn vir die nasiener maar geen
punte word vir die simbole as sodanig, toegeken nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
4.2 Voltooi die stuk hieronder deur geskikte harmoniese materiaal op die leë
notebalke by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal
in maat 1 voorgestel word.
Konsepantwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 19
Die harmonisering sal volgens die kriteria hieronder nagesien word:
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Akkoordprogressie
1 punt tussen elke paar akkoorde
Akkoordkeuse, korrekte gebruik van 12
kadens
Korrektheid
Minus ½ punt per fout maar nie meer
Notasie, verdubbeling, spasiëring, 14
as 1 punt per akkoord nie.
stemvoering
• Uitstekend = 3½ –4 punte
Kwaliteit • Goed = 2½ –3 punte
Musikaliteit, nie-akkoordnote, • Gemiddeld = 1½ –2 punte 4
stylbewustheid, kreatiwiteit • Swak = ½ –1 punt
• Onaanvaarbaar =0
Nota aan die nasiener:
30 ÷ 2
Punt uit 30 moet nie ʼn ½ punt bevat nie
TOTAAL 15
Kandidate moet krediet kry vir ʼn ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in
hierdie nasienriglyn verskyn nie. Besyfering dien as ʼn riglyn vir die nasiener, maar geen
punte word vir die simbole as sodanig, toegeken nie.
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B
EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek)
OF AFDELING D (Jazz)
OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek)
Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word.
Nota aan merker: Een punt sal aan elke korrekte feit toegeken word. Kandidate
sal erkenning ontvang vir elke korrekte antwoord wat nie in die nasienriglyn
aangedui is nie.
AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs die vraagnommer
(5.1.1–5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.11 E.
5.1.1 A
5.1.2 B
5.1.3 C
5.1.4 D
5.1.5 A
5.1.6 C
5.1.7 D
5.1.8 A
5.1.9 D
5.1.10 B (10 x 1) (10)
1 punt vir elke korrekte antwoord = 10 punte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 21
5.2 Verduidelik wat jy verstaan van die term musiekindustrie.
Antwoord:
• Die musiekindustrie hou verband met die tipe musiek wat gemaak word,
• hoe dit verkoop word,
• wie dit koop
• en wie dit gebruik.
• Dis ʼn reuse industrie wat nie net die komponiste, liedjieskrywers en
uitvoerende kunstenaars insluit nie, maar ook die mense wat dit bemark
en adverteer, diegene wat die musiek opneem, die wat konserte reël en
vele meer.
Enige 3 korrekte feite = 3 punte (3)
5.3 Wat is die verskillende stappe van die waardeketting?
Antwoord:
• Maak seker dat jou produk erken word as joune en niemand anders s’n
nie, deur dit te registreer by SAMRO en CAPASSO.
• Maak seker dat jou produk bemark word deur:
o die vervaardiging van ʼn CD/DVD
o die digitale roete te volg
o ʼn kontrak te teken met ʼn platemaatskappy.
Enige 3 korrekte feite = 3 punte (3)
5.4 Watter Suid-Afrikaanse maatskappy is verantwoordelik vir die meganiese
regte van musiek?
Antwoord:
CAPASSO
Korrekte antwoord = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
5.5 Definieer enige EEN van die volgende terme:
5.5.1 Musiekregte
Antwoord:
• Die reg om die werk te reproduseer
• Verspreiding van kopieë van die werk
• Uitvoering van die werk in die openbaar
• ʼn Verwerkte kopie maak (byvoeging van nuwe lirieke by ʼn
reeds-bestaande werk, ens.)
5.5.2 Musiekskepper
Antwoord:
• Enigeen wat betrokke is by die skep van die oorspronklike
musiek, het regte oor die musiek wat tantieme verdien.
5.5.3 Uitvoer (Optrede) regte
Antwoord:
• Dit is ʼn lisensie wat vereis word deur radiostasies, klubs,
televisiestasies, ens. om die musiek te mag gebruik in
uitsendings.
• Hierdie tantieme word betaal aan komponiste, skrywers,
uitgewers wanneer musiek in die openbaar uitgevoer word.
5.5.4 Meganiese regte
Antwoord:
• ʼn Opnamemaatskappy vereis toestemming van die
liedjieskrywer, uitgewer of agentskap om ʼn spesifieke lied op
te neem.
• Hierdie opname maatskappy moet betaal vir die regte om die
lied te mag gebruik.
• Dit is die tantième (fooi) wat aan komponiste, skrywers en
uitgewers betaal word wanneer ookal die musiek gekopieer
word na enige tipe opnametoestel – bv. wanneer CD’s
gekopieer/gedruk word of wanneer mp3’s aanlyn verkoop
word.
• Toestemming vir die wetlike herproduksie en verspreiding van
musiekkomposisies met kopiereg d.m.v. CD’s, luitone,
permanente digitale aflaai, interaktiewe stroming en enige
ander digitale konfigurasies van musiek.
• Meganiese regte sluit nie die gebruik van musiek vir ʼn video in
nie.
3 korrekte feite = 3 punte (3)
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 23
Beantwoord AFDELING C (WKM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (IAM).
AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WAM)
VRAAG 6
6.1 In die Barok-orkes word die baslyn deur die tjello, die kontrabas en soms die
fagot gespeel. Wat word hierdie baslyn genoem?
Antwoord:
Basso continuo
1 korrekte feit = 1 punt (1)
6.2 Noem twee vroeë styltipes in die ontwikkeling van die Simfonie.
Antwoord:
• Rococo styl (style galant – Frans) – galante styl;
• Empfindsamer Stil (Duits) – uitdrukkingsvolle/emosionele styl (gevoelstyl)
2 korrekte feite = 2 punte (2)
6.3 In watter een van die drie hoofdele van Sonatevorm vind ons die verhoogde
spanningslyn van ʼn werk?
Antwoord:
Ontwikkeling
1 korrekte feit = 1 punt (1)
6.4 Wat was die styl wat Mendelssohn ontwikkel het waarin die houtblasers en
strykers vinnige note in hul hoë registers speel, genoem?
Antwoord:
Scherzo-styl
1 korrekte feit = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
6.5 Definieer die term aria.
Antwoord:
• ʼn Aria is ʼn “air” of ʼn formele lied
• gesing deur een persoon (solis)
• gewoonlik met instrumentele begeleiding
• wat veral in die groter werke soos oratoriums, kantates en operas
voorkom
• dit laat die solis toe om sy/haar emosies te weergee in ʼn meer
gestruktureerde melodiese styl
• dit laat ook die sangers toe om hul vaardighede en talent ten toon te stel
1 korrekte feit = 1 punt (1)
6.6 Wat is die betekenis van bel canto?
Antwoord:
• Bel canto beteken mooi sang.
• Dis ʼn sangstyl wat bestaan uit lang frases, goeie asembeheer, ʼn
buigsaamheid om beide hard en sag te kan sing.
• Die verhaal kan onderbreek word om die sanger se tegniese
vaardighede ten toon te stel. Bel canto lyne is tipies ingewikkeld en
sinvol, en vereis uitstekende behendigheid en toonhoogte-beheer.
• Omdat die stem as die mees ekspressiewe element beskou word, word
woorde as sekondêr beskou.
• Dit is ʼn 18de-eeuse vokale tegniek.
1 korrekte feit = 1 punt (1)
6.7 Noem die Italiaanse komponis wat verantwoordelik was vir die ontwikkelling
van die item genoem in VRAAG 6.6.
Antwoord:
A. Scarlatti
1 korrekte antwoord = 1 punt (1)
6.8 Noem TWEE vorme van die simfoniese gedig.
Antwoord:
• sonatevorm
• rondo, of
• tema-en-variasies
2 korrekte feite = 2 punte (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 25
VRAAG 7
7.1 Kies ʼn karakter van KOLOM B wat pas by die aria in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (7.1.1–7.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK, bv. 7.1.4 F.
Antwoord:
7.1.1 D
7.1.2 A
7.1.3 E
3 korrekte feite = 3 punte (3)
7.2 Identifiseer TWEE verskille tussen die Simfonie van die Klassieke era en
die Simfonie van die Romantiese era. Die antwoord kan in tabelvorm
weergee word.
Antwoord:
Klassieke simfonie Romantiese simfonie
• volg vorm en struktuur • volg struktuur minder streng na
noukeurig na
• gebruik kleiner orkeste • gebruik groter orkeste met groter
verskeidenheid instrumente
• streng sonatevorm • nie streng sonatevorm nie
• minder ekspressief met • meer ekspressief met harmonie,
harmonie, ritmes en ritmes en dinamiek
dinamiek
• streng navolging van vorm • klem op vorm is verminder ter wille
van musiekdrama
• inspirasie van • inspirasie van ander eksterne
musiekelemente elemente as van musiek
2 korrekte verskille = 2 punte (2)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 8
Noem VYF spesifieke musikale eienskappe wat die komponiste van die
Mannheimskool in die orkestrale musiek van hul tyd ingesluit het. Beskryf elkeen
in EEN sin.
Antwoord:
• Die Mannheim crescendo: ʼn crescendo wat die hele orkes betrek.
• Crescendo’s wat piano eindig.
• Die Mannheim-vuurpyl: ʼn stygende passassie, gewoonlik aan die begin van ʼn
allegro of presto beweging, met ʼn tipese stygende arpeggio wat strek oor 1 en
ʼn halwe oktaaf, en wat die melodiese lyn vorm.
• Mannheim-roller: ʼn uitgebreide crescendo-deel met ʼn stygende melodiese lyn
bo-oor ʼn meer statiese baslyn.
• Mannheim-sug: die gebruik van appoggiatura’s as uitdrukkingsmiddel, verwant
aan tegnieke gebruik in die redenaarskuns van die tyd.
• Groot Pouse: waar spel vir ʼn oomblik ophou en totale stilte veroorsaak, en dan
weer kragtig opnuut begin.
5 korrekte feite = 5 punte (5)
[5]
VRAAG 9
Beskryf die inleiding van Die Towerfluit se ouverture deur onder andere na die
simboliek van die Vrymesselary te verwys.
Antwoord:
• Die syfer 3 is ʼn baie spesifieke teken van die Vrymesselaars.
• Die inleiding is adagio.
• Die ritme van die eerste drie/3 akkoorde is veronderstel om gekoppel te wees
aan Vrymesselary.
• Dit verskyn ook later in die opera waar Tamino in die Tempel van Wysheid
verskyn.
• Hierdie akkoorde word deur 3 skuiftrompette gespeel, en dis buiten die normale
instrumentasie wat Mozart gebruik het in sy simfonie-orkeste.
• Hierdie akkoorde word fortissimo gespeel.
• Na hierdie akkoorde, word die inleiding hoofsaaklik saggies en plegtig gespeel
met sinkopasie.
5 korrekte feite = 5 punte (5)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 27
VRAAG 10
Gedurende sy lewe, was Mendelssohn versigtig vir die meer radikale
musikale ontwikkelings wat deur sommige van sy Romantiese tydgenote
aangedurf is. Dit is dus nie verrassend dat sy Hebrides-ouverture in ʼn
konvensionele sonatevorm geskryf is nie.
Skryf ʼn opstel waarin jy ʼn uitleg gee van bogenoemde ouverture se struktuur.
Antwoord:
Uiteensetting:
• Die werk begin met ʼn een-maatfiguur en dit word 6 keer op die akkoorde van B
mineur, D majeur en F# mineur gespeel
• Hierdie motief word deur die altviole, tjellos en fagotte gespeel
• Dit gaan oor na ʼn tweemaat frase in E majeur
• Die viole herhaal dit met ʼn nuwe figuur, wat dikwels later in die werk gehoor word
• Die openingsfiguur verskyn weer, hierdie keer begelei deur ʼn nuwe tema deur die
houtblaasinstrumente – word beskou as die brug wat na die die 2de onderwerp in
die verwante toonaard (D majeur) lei
• Dit word begelei deur die tjellos en fagotte, met ondersteuning deur die klarinette
• Sagte gebroke-akkoord-begeleiding deur die strykers
• Dan word die melodie oorgeneem deur die strykers
• ʼn Ongewone lang kodetta volg en is gebaseer op die 1ste tema
• Die ritme verander
• Word gespeel deur die koperblasers met ʼn tipe horing-roep
Ontwikkeling:
• Begin in maat 96;
• Eerste maat van eerste onderwerp word gebruik;
• Word gespeel deur die houtblasers saam met die horing-roep;
• Nuwe figuur begin en lei na die tweede onderwerp;
• Ander variasies van die eerste onderwerp kom voor;
• Strykers en houtblasers boots mekaar na;
• Lei na dominant pedaalpunt;
• Lei na Heruiteensetting;
Heruiteensetting/Rekapitulasie:
• Begin in maat 180;
• Dominant pedal word vir nog ses mate gehoor;
• Lei na D majeur akkorde na twee mate;
• Lei na tweede tema wat heelwat korter is;
• Lei na tweede onderwerp in tonika majeur;
• Koda begin met dieselfde pedaaleffek wat aan die begin van die heruiteensetting
gehoor is;
• Werk verhoog in intensiteit en die klimaks word in maat 237 bereik;
• Werk eindig sag met drie herhalings van die eerste onderwerp gespeel deur die
clarinet;
• Pizzicato-note word deur die strykers gespeel. (15)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word.
KRITERIA PUNTE TOEKENNING
Uiteensetting 4 korrekte feite 4
Uitleg van Ontwikkeling 3 korrekte feite 3
12
vormstruktuur Rekapitulasie 3 korrekte feite 3
Koda 2 korrekte feite 2
Uitstekend
ʼn Inleiding, afsluiting en stewige
argument in die middeldeel van die = 3 punte
opstel teenwoordig.
Goed
ʼn Inleiding, afsluiting en redelike
= 2 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig.
Redelik
Logiese aanbieding ʼn Inleiding, afsluiting en vae argument in
= 1½ punte
en struktuur van die die middeldeel van die opstel 3
opstel teenwoordig.
Ondergemiddeld
ʼn Inleiding, afsluiting en swak argument
= 1 punte
in die middeldeel van die opstel
teenwoordig.
Swak
ʼn Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punte
skryf van ʼn opstel
Onaanvaarbaar
Feite puntsgewys aangebied. = 0 punte
TOTAAL 15
TOTAAL AFDELING C: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 29
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Kies EEN beskrywing van KOLOM B wat met die korrekte term in
KOLOM A ooreenstem. Skryf slegs die korrekte letter (A–E) langs die
vraag se nommer (11.1.1–11.1.6) in die ANTWOORDEBOEK,
byvoorbeeld 11.1.6 F.
Antwoord:
11.1.1 C
11.1.2 D
11.1.3 A
11.1.4 E
11.1.5 B
1 punt elk vir elke korrekte antwoord = 5 punte (5)
11.2 Identifiseer die jazz-styl van die onderstaande kunstenaars:
Antwoord:
11.2.1 Onlangse jazz
11.2.2 Jazz in ballingskap
11.2.3 Nuwe jazz
11.2.4 Marabi
11.2.5 Kwela
1 punt elk vir elke korrekte antwoord = 5 punte (5)
[10]
VRAAG 12
12.1 Wat is Afro-jazz?
Antwoord:
Afro-jazz is die samesmelting van Amerikaanse en Afrika-klanke.
1 punt vir korrekte antwoord = 1 punt (1)
12.2 Noem EEN Afro-jazz groep van die 1980’s wat kommersiële sukses behaal
het.
Antwoord:
• Sakhile
• Bayete
1 korrekte groep = 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
30 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
12.3 Noem EEN instrument wat Zim Ngqawana bespeel.
Antwoord:
Fluit/dwarsfluit, saksofoon, piccolo, harmonika, klokke, fluitjies, melodika of
klavier
1 korrekte feit = 1 punt (1)
12.4 Noem TWEE vroeë orkeste waaraan Gumede verbonde was.
Antwoord:
Spirits Rejoice!,
Sakhile
2 korrekte orkeste = 2 punte (2)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 31
VRAAG 13
Bespreek die stylkenmerke van EEN van die kunstenaars van Kaapse Jazz. Noem
ten minste EEN treffer/album.
• Dollar Brand
• Robbie Jansen
• Winston Ngozi
Antwoord:
Dollar Brand
• Sy musiek toon invloede wat strek van tradisionele Afrika-liedjies tot moderne
jazz en ander Westerse-style.
• Hy het meestal as solo kunstenaar opgetree, en sy styl het die stukrag van die
ou marabi kunstenaars en klassieke impressioniste weergegee.
• Hy het ook opgetree as deel van trios, kwartette en die groter orkeste.
• Sy nuwe album, Underground, weerspieël jazz-fusie, rock-musiek en populêre
Suid-Afrikaanse musiek, en het baie goeie verkope gehad.
• Die jazz-invloede is veral die musiek van Thelonius Monk, Fats Waller en Duke
Ellington.
• Mannenberg, ʼn opname saam met Basil Coetzee en Robbie Jansen, het in die
Kaap die status van ʼn nie-amptelike volkslied vir Suid-Afrika aangeneem.
• Nog werke: Black Lightning, African Herbs, Soweto is where its at, Duke Ellington
presents The Dollar Brand Trio, Jazz Epistles: Verse 1, A Morning in Paris. (5)
OF
Robbie Jansen
• Die konsertina en mondfluitjie was die eerste instrumente wat Jansen bespeel
het.
• Die tipe musiek wat hy gespeel het saam met die eerste orkeste, was Britse
popmusiek van die hippie-era.
• Hy het die Amerikaanse swart musiek ontdek na ʼn reis na Londen, veral die
groepe met koperblasers en hy het besluit om ʼn koperblaasinstrument te bespeel.
• Sy kennis van koperblaasinstrumente het gekom as gevolg van sy pa se
betrokkenheid by die Heilsleër.
• Jansen se keuse van genre was rock en jazz en hy het in die Kaapstadse kultus
jazz/rock groep, The Pacific Express, in die koperblaasafdeling gespeel en hy
was solo saksofoonspeler en sanger.
• Jansen se talent is deur Dollar Brand raakgesien en het hom ingesluit op die
album Mannenberg.
• Hy het die Kaapse jazz-beweging ontwikkel wat die invloed van Amerikaanse
jazz en plaaslike style soos ghoema-liedjies as vertrekpunt gebruik het.
• Sy nuwe stylontwikkeling het klankvermenging van die elektriese kitaar, bas en
tromme saam met die koperblasers ingesluit. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
32 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
• Albums/treffers: Universal Men, African Litany, Spirits Rejoice!, Sebenza,
Workforce, Vastrap Island, Cape Doctor, Nomad Jez, Ribbons, Sons of Table
Mountain.
OF
Winston Ngozi
• Sy werke is beïnvloed deur John Coltrane en kan gehoor word in sy
uitvoeringstyl.
• Dit klink heel oningewikkeld, maar is gebaseer op hoogs-ontwikkelde
harmoniese idees.
• Sy album, Molo Africa, het ʼn SAMA verower as beste tradisionele jazz-album.
• Sy musiek was gekenmerk aan sy kunstige egtheid en sy verwantskap met sy
tuisland se gehore en dit was ʼn baie belangrike faktor van sy musiek.
• Hy het die kenteken geword van geestelike integriteit in Suid-Afrikaanse musiek.
• Albums/treffers: Yakhal’ Inkomo, District Six, Jika, Abantwana Be Afrika.
4 korrekte feite = 4 punte
1 treffer/album = 1 punt (5)
[5]
VRAAG 14
Spokes Mashiyane en sy Big Five orkes se jazz-styl het ʼn bydrae gelewer tot
penniefluitjiemusiek. Identifiseer sy styl en noem vier eienskappe van Mashiyane
se jazz styl.
Antwoord:
• Die styl is Kwela.
• Dit het ʼn welbekende vorm van jive dans meegebring naamlik die pata pata
(raak-raak), waarin paartjies mekaar aanraak op die maat van die musiek.
• Die dansers het soms kwela (die Zoeloe word vir klim op of staan op) uitgeroep
om andere aan te moedig om ook saam te dans.
• Hy het beweer dat die eenvoud van die penniefluitjie toegelaat het vir groter
vryheid om note te vermeng en te verbuig.
• Die inspirasie vir sy musiek was afkomstig van sy drome.
• Sy musiek het die musiek van Zimbabwe beïnvloed.
Korrekte styl = 1 punt
4 korrekte feite = 4 punte (5)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 33
VRAAG 15
Gee die korrekte term vir Afrika - of township-jazz. Skryf ʼn analitiese opstel oor die
eienskappe van dié styl. Fokus op enige TWEE van die volgende groepe en hul
bydraes.
Die Jazz Maniacs
Die Merry Blackbirds
Die Manhattan Brothers
Dark City Sisters
Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Antwoord:
Die korrekte term vir die styl is Marabi.
• Dit verwys na Marabastad of die Sesoetoe-woord vir bendes.
• Marabi is dansmusiek wat ʼn mengsel is van Dixieland en ragtime.
• Die dans was oorspronklik die begeleiding en het geen einde of interpretasie
gehad nie.
• Die ritme skep ʼn swymel-gevoel en dis ʼn bekende eienskap van Nguni-musiek.
• Enige item waarop ritmes gespeel kon word, is gebruik.
• Dit gebruik herhalende ritmes en harmonieë.
• Die melodie was siklies en improvisasie het oor drie akkoorde geskied.
• Die akkoorde is op ʼn pedaalorrel of klavier of elektroniese klawerbord gespeel.
• Marabi musikante was almal self-geleerde musikante en hul het ook
tuisgemaakte instrumente bespeel, bv. die teebus-bas.
Die Jazz Maniacs:
• Die Jazz Maniacs was ʼn goeie model van hoe Afrika-jazz-orkeste op daardie
stadium saamgestel is.
• Die pianis was Solomon “Zuluboy” Cele, wat homself geleer het om die klavier
te bespeel deur te luister na die shebeen musikante en hul dan na te boots.
• Hul het met vier lede begin en teen die 1940’s was hulle dertien lede.
• Sommige lede het formele musiekopleiding gehad en andere het hulself geleer.
• Hulle was so gewild dat hul met kere dubbel besprekings vir optredes gehad het,
net om almal tevrede te stel.
• Die swing klank was ideaal om die musikale idees wat Cele in gedagte gehad
het, oor te dra en hul spel was wyd aangeprys vir die kombinasie van jazz, swing
en plaaslike melodie.
• Dit het alles tot die ontwikkeling van marabi bygedra.
• Die orkes het baie opnames gehad van soortgelyke style van Amerikaanse-
orkeste, maar het niks bloot nageboots wat reeds bestaan het nie.
• Hul het die musiek hul eie gemaak deur hul eie persoonlike styl by die musiek te
voeg.
• Hul musiek is onder andere beïnvloed deur Louis Armstrong, Buck Clayton en
Harry James.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
34 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
Die Merry Blackbirds:
• In 1930 het Griffiths Motsieloa ʼn orkes met die naam Motsieloa’s Band gestig.
• Die orkes het uit vyf lede bestaan en hul het die volgende instrumente gespeel:
twee viole, skuiftrompet (tromboon), klavier en tromme.
• Teen 1932 het hul die naam verander na The Merry Blackbirds en hul het roem
verwerf onder hierdie naam.
• Nog twee trompetspelers het by die groep aangesluit in 1934 en dit het gelei tot
die orkes as ʼn swing-orkes, soortgelyk in styl aan die Glen Miller orkes.
• Die orkes het Amerikaanse ragtime gespeel, asook genoteerde jazz
verwerkings van Louis Armstrong, Duke Ellington, Count Basie en Sy Oliver.
• Hul gehore het uit alle rassegroepe bestaan.
• All die orkeslede kon musieknotasie lees, al was hul nie professionele
musikante nie.
• Hul het hoë sosiale aanklank en lof ontvang as die enigste swart orkes van
daardie tyd.
• Opnames van hul musiek is nie vrylik beskikbaar nie, maar hul kan gehoor
word op opnames met die Manhattan Brothers, veral op die stuk, Pesheya’
kwezo ntaba.
Die Manhattan Brothers:
• Joe Mogotsi was die stigter van die Manhattan Brothers, een van Suid-Afrika se
beste groepe/orkeste ooit.
• Hul was ʼn welbekende en populêre groep in die Apartheidsera tydens die
1940’s en 1950’s.
• Hul musiek is baie gespeel deur Suid-Afrikaanse radiostasies.
• Hul was vanuit die staanspoor baie gewild en Gallo Platemaatskappy het begin
om opnames te maak van hul musiek (kortspelers – in 1948).
• Binne ʼn kort bestek van tyd het hul begin speel en opgetree saam met
toekomstige sterre, soos Hugh Masekela, Miriam Makeba en Abdullah Ibrahim
(wat toe nog bekend was as Dollar Brand).
• In 1956 het die lied, You tell such lovely lies, die eerste Suid-Afrikaanse opname
geword om die Amerikaanse Top 100 te betree. Hierdie lied was ʼn samewerking
tussen Mogotsi, Makeba en Nathan Mdledle.
• Die groep het ook in die musiekblyspel, King Kong, gespeel in die laat 1950’s
en dit was baie gewild in Suid-Afrika.
• In 1961 het die produksie na Londen geskuif en het ʼn loopvlak van agt maande
gehad. Makeba het die vroulike hoofrol gespeel en so het sy internasionale
erkenning verkry.
• Hoewel die groep nog gereeld opgetree het in 1961, het hul gewildheid getaan
as gevolg van Beatlemania wat vinnig in Engeland versprei het.
• Die groep het in die vroeë 1970’s ontbind.
• Hul het egter weer in 1990 bymekaargekom vir ʼn konsert in Londen om Nelson
Mandela se vrylating te vier.
• Hierna het hul weer etlike albums opgeneem, maar teen die laat 1990’s het hul
gewildheid weer begin afneem en weereens het hul ontbind.
• Mogotsi was steeds musikaal aktief as die leier van ʼn Londense groep, Joe and
the Manhattans. Sehume en Khoza het afgetree en Mdledle is oorlede.
• Die Manhattan Brothers se styl is beskryf as beïnvloed deur Amerikaanse
ragtime, jive, swing, doo-wop, harmonisering en neurietoon (crooning), maar
besiel deur Afrika-elemente, soos Afrika-koorsang en Zoeloe harmonieë.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 35
Dark City Sisters:
• Die groep, The Dark City Sisters, het tot roem gestyg in die 1950’s.
• Hul was ook een van die mees beroemde vrouegroepe van die 1960’s.
• Hul het die meeste albums albums van alle vrouegroepe verkoop.
• Hul het ʼn aansienlike hoeveelheid albums in Zimbabwe, Botswana, Nigerie,
Mosambiek en Kenya verkoop.
• Hul het ook die bogenoemde lande getoer.
• Die groep is in 1958 deur Ruper Bopape, musiekvervaardiger en talentspeurder
van EMI-platemaatskappy, gestig.
• Hul naam is afkomstig van die bynaam vir die Alexandra-woonbuurt van
Johannesburg, naamlik Dark City, want daar was geen straatligte nie.
• Die groep was ook die ondersteunende musikante van Alexandra Black
Mambazo.
• Die groeplede het gereeld gewissel en slegs die hoofsanger, Joyce Mogatusi,
het as lid aangebly deur die hele bestaan van die Dark City Sisters. Sy het bly
sing tot die groep ontbind het.
• Die lid wat tweede langste aangebly het, was Grace Moeketsi, en sy het in 1960
aangesluit.
• Die Dark City Sisters het in digte harmonieë (close harmony) gesing.
• In die vroeë bestaansjare, toe orkeste bestaan het uit ʼn vroulike sanger met ʼn
ondersteunende mansgroep, was hul sanger Jack Lerole en later Simon
Nkabinde.
• Hul het verkies om eerder in vyfstemmige harmonieë as vierstemmige
harmonieë te sing, en dit het ʼn voller klank geskep.
• Hul vokale styl was dikwels vocal jive genoem, ʼn tegniek wat onder die
dekmantel van mbaqanga val.
• Hierdie nuwe styl van die Dark City Sisters was baie gewild en hul het heelwat
treffers gedurende die 1960’s gehad.
• Die groep het in 1971 vir ʼn kort rukkie ontbind voor hul weer in die middel van
die sewentigerjare bymekaargekom het.
• Hul het meestal by lewendige konserte opgetree, hoewel hul ook plate gemaak
het vir Gallo-Mavuthela, EMI en CCP.
• Daar was min opnames in die 1980’s, en hul het meeste van hul tyd gewy aan
lewendige optredes.
• Na aanleiding van die losbarsting van internasionale belangstelling, het die
Sisters baie konserte dwarsoor Suid-Afrika gehou tussen die 1990’s en vroeë
2000’s en hul het ook losstaande opnames gemaak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
36 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
Die opstel sal gemerk word na aanleiding van die volgende kriteria.
KRITERIA PUNTE TOEKENNING
Korrekte term 1 korrekte feit 1
Styleienskappe 3 korrekte feite 3
Groep een en bydrae 4 korrekte feite 4
Groep twee en bydrae 4 korrekte feite 4
Uitstekend
ʼn Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig.
Goed
ʼn Inleiding, afsluiting en redelike
= 2 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig.
Redelik
Logiese aanbieding ʼn Inleiding, afsluiting en vae argument in
= 1½ punte
en struktuur van die die middeldeel van die opstel 3
opstel teenwoordig.
Ondergemiddeld
ʼn Inleiding, afsluiting en swak argument
= 1 punte
in die middeldeel van die opstel
teenwoordig.
Swak
ʼn Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punte
skryf van ʼn opstel.
Onaanvaarbaar
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15
TOTAAL AFDELING D: 40
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 37
AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
VRAAG 16
16.1 Kies EEN beskrywing van KOLOM B wat ooreenstem met die korrekte term
in KOLOM A ooreenstem. Skryf slegs die korrekte letter (A–E) langs die
vraag se nommer (16.1.1–16.1.5) in die ANTWOORDEBOEK,
byvoorbeeld 16.1.6 F.
Antwoord:
16.1.1 C
16.1.2 D
16.1.3 A
16.1.4 E
16.1.5 B (5 x 1) (5)
16.2 Beantwoord die volgende vrae as WAAR of VALS.
16.2.1 Vals
16.2.2 Waar
16.2.3 Vals
16.2.4 Waar
16.2.5 Vals (5 x 1) (5)
[10]
VRAAG 17
17.1 Noem DRIE eienskappe van die Soul Brothers se musiek.
Antwoord:
• Hul musiek was ʼn samesmelting van soul liedere met mbaqanga.
• Hul het ook in digte harmonie gesing en gepaard daarmee was ʼn falsetto-
klank.
• Die woorde het sosiale kwessies aangespreek.
• Kombinasie van die Zoeloe tradisionele kitaar (maskanda) en die hoë
manlike vokale harmonie eie aan Zoeloe-sang;
• ʼn Vorm van tradisionele populêre musiek;
• ʼn Vinnige 8 pols ritme gekoppel aan komplekse orrel-riffs;
• Kenmerkende bas-leier (“lead bass”) – melodie;
• Word die styl van die werkersklas se tradisionele Zoeloe – musiek.
Enige 3 korrekte feite = 3 punte
(3)
17.2 Noem VIER instrumente wat met latere malombo jazz geassosieer word.
Antwoord:
Akoestiese kitaar, kalimba, fluit, penniefluitjie, tromme
4 instrumente = 4 x ½ = 2 punte (2)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
38 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 18
Wat is die isihomuhomu in isicathamiya en waarom is dit belangrik as deel van die
uitvoering?
Antwoord:
• Die Isihomuhomu is die saamsing in harmonie.
• Dit klink soos bye of die klank van ʼn waterval.
• Dit vorm deel van die beweging wanneer die sangers beweeg om die vorm van ʼn
bul se horings na te boots (ʼn sirkel).
• Hierdie voorstelling word baie nou vereenselwig met die Zoeloe-kultuur.
• Terselfdertyd word die choreografie geskep.
5 korrekte feite = 5 punte (5)
[5]
VRAAG 19
Hoe was Kiba ontstam en verander na Vrye Kiba deur Sello Galane?
Antwoord:
• Galane het Kiba ontstam deur dit aan te pas na ʼn tipe musiekformaat wat gebruik
kan word om uitdrukking te gee aan die gebruik van goeie musiekinstrumente,
sowel as Afrika-tale, maak nie saak wat die musikant se taalvoorkeur was nie.
• Tale soos Sepedi, Setswana, Xitsonga, Tshivenda, Kiswahili, Twi, Runyankole,
Tumbuka, Shona, isiNdebele, Noord-Ndebele, IsiZulu Yoruba, Herero (enige twee)
is gebruik.
• Galane het die tradisionele Kiba poliritmes, veelsprakige vokaliteit, dinamiek en
artikulasie en lofsange behou.
• Hy het ook die temas aangepas by die algehele konteks, roep-en-antwoord se
melodiese struktuur, oorvleuelende drom meloritmes met antwoorde, krepitasie en
die vokale ritmes eie aan die inheemse Kiba kunsmusiek.
• Hy het Kiba monodie saamgesmelt met wiegeliedjies, storievertelling,
huweliksliede, kerkliede, toyi-toyi, repertoire vir na inisiasie (inlywing), om slegs ʼn
paar te noem.
• Kiba was nou vry van eiening as slegs Bapedi en Noord-Ndebele. Dit het nou ʼn
gesofistikeerde musiekstyl geword – ʼn styl wat oop genoeg was vir interpretasie en
uitbeelding deur musikante, enige plek in die wêreld.
5 korrekte feite = 5 punte (5)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 39
VRAAG 20
‘In die vroeë 1960’s het ʼn nuwe Afrika-jazz-styl met pertinente eienskappe
ontwikkel, wat soms na verwys is as “musiekbrood”.’
Skryf ʼn opstel waaring jy die stelling hierbo bespreek deur na die Makgona Tsohle-
orkes en hul musiekstyl te verwys.
Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Antwoord:
Die styl is mbaqanga genoem.
Ontwikkeling van mbaqanga:
• Die stedelike kultuur van die Suid-Afrikaanse swartmense is deur neigings in die
VSA. Beïnvloed sedert ongeveer 1920.
• Die grammafoonspelers en -plate was geredelik beskikbaar aan almal.
• Teen die laat 1920’s is swart dansorkeste, wat ʼn besliste Amerikaanse invloed
getoon het, gestig.
• Die musiek, besiel deur inheemse, marabi-gefundeerde styleienskappe, het
vanaf ongeveer 1960 ontwikkel tot die nuwe jazz-styl wat bekend geword het as
Afrika-jazz of mbaqanga.
• Mbaqanga is ʼn Zoeloe-woord wat na ʼn tradisionele, gestoomde brood verwys.
• Dit het toe die simboliese betekenis gekry van “broodnodige” musiek, die musiek
waarop musikante kon oorleef.
• Hierdie term was moontlik die eerste keer gebruik deur ʼn lid van die Jazz
Maniacs.
• Die musiek was vroeer beïnvloed deur marabi eienskappe en het soms ook ʼn
swing styl gevolg.
Styleienskappe van mbaqanga:
• Oorsprong tydens die 1960’s.
• Samestelling van style wat marabi en kwela insluit.
• Die kenmerkende sterk stamp-ritme van die Zoeloe-dans, indlamu, is een van
die bepalende eienskappe van die nuwe styl.
• ʼn Suid-Afrikaanse jazz-styl.
• Koperblaasinstrumente word gebruik.
• Die styl het bekendheid verwerf deur die werke van die komponis en jazz pianis,
Gideon Nxulamo.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
40 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
Agtergrondinligting oor die Makgona Tsohle-orkes:
• Die groep is in 1964 gestig en was die baanbrekers van die mbaqanga styl.
• Die groep het bestaan uit Joseph Makwala (bas), Marks Mankwane en Vivian
Ngubane (kitaar), West Nkosi (saksofoon) en Lucky Monama (dromme).
• Die verhaal van die totstandkoming van die groep het ʼn direkte impak op die
ontwikkeling van mbaqanga self.
• In 1957 het Nkosi begin werk as ‘n portier by die mark in Pretoria, en later as ʼn
huisbediende.
• In sy vrye tyd het hy kwelamusiek op sy penniefluitjie gespeel by sportsentrums
en op straat. Dit was tydens een van hierdie uitvoerings dat hy twee van sy
mede-orkeslede ontmoet het.
• In 1962 is hulle aangestel as sessiemusikante deur Gallo platemaatskappy en
hul het in Reggie Msomi se Hollywood Jazz Band gespeel.
• Makwela was die eerste swart elektriese baskitaarspeler in Suid-Afrika.
• Hul het saam met Msomi na Rhodesië getoer in 1963, maar as gevolg van die
politieke onrus van daardie tyd, was hul gestrand in die land vir ses maande.
• Na hul terugkeer het hul Rupert Bopape by Gallo gekry en so het hy sy eie
“label”, naamlik Mavuthela Music Company, gestig en dit het hoofsaaklik op
swart musiek gefokus.
• Omdat Bopape ʼn visioenêr was, het hy die vyf musikante saamgegroepeer
onder die naam Makgona Tsohle Band – dit beteken die groep wat alles kan
doen.
• Die nuwe styl is mbaqanga genoem; dis ʼn tradisionele snoepgereg wat in die
landelike gebiede gemaak word.
• Hulle het kort hierna begin speel vir die Mahotella Queens en Mahlatini.
• Elias Lerole speel ook op die opnames, asook op die eerbewys aan K.E.
Masinga.
• Bopape het in 1977 afgetree na sy beroerte-aanval en die groep het ontbind na
Mankwane, Nkosi en Monama almal voltyds musikante geword het.
• Paul Simon se samewerking met Suid-Afrikaanse kunstenaars in 1986, het gelei
tot sy album Graceland en ʼn hernieude wêreldwye belangstelling in Afrika-
musiek.
• Ladysmith Black Mambazo het ook beroemdheid verwerf.
• As gevolg van die groeiende mark, het Nkosi ‘n nuwe album opgeneem saam
met Mahlatini, drie van die Mahotella Queens en Makgona Tsohle het ook weer
hul verskyning gemaak. Die album, Thokozile, is in 1987 vrygestel en het gelei
tot wêreldtoere en verskeie persoonlike optredes.
• West Nkosi was verlam na ʼn motorongeluk in 1988, en hy was in die hospitaal
tot sy dood twee maande later.
• Op die dag van Nkosi se begrafnis, is Marks Mankwane oorlede as gevolg van
komplikasies met suikersiekte.
• En so het die Makgona Tsohle Band tot ʼn einde gekom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) MUSIEK V1 41
Styleienskappe van die musiek van die Makgona Tsohle-orkes:
• Twee nuwe lede het bygekom, waarvan een ʼn oud-lid van die groep was, naamlik
Marks Mankwane, wat besig was met die ontwikkeling van ʼn nuwe lewendige
elektriese kitaarstyl.
• Hierdie styl het drasties van kwela en marabi kitaarstyl verskil.
• Tydens ʼn improvisasie-sessie, het die vyf musikante ʼn nuwe styl ontwikkel –
marabi gemeng met kwela en modern elektroniese instrumente gemeng met die
tradisionele klanke van Zoeloe, Sotho en Xhosa instrumente.
• In 1970 het die groep ʼn album vrygestel genaamd Makgona Tsohle Reggi en dit
verteenwoordig hierdie nuwe genre baie presies.
• Die woord reggi verwys na reggae, wat misleidend kan wees aangesien Kant A
van die album ʼn mengsel van ska en soul bevat eerder as reggae.
• Die album se B-kant bevat sax-jive liedjies en sluit die treffer Marks Special in.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
42 MUSIEK V1 (EC/SEPTEMBER 2018)
Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word.
KRITERIA PUNTE TOEKENNING
Korrekte naam van styl 1 korrekte feit 1
Ontwikkeling van styl 3 korrekte feite 3
Eienskappe van die styl 2 korrekte feite 2
Agtergrond van die
3 korrekte feite 3
orkes
Eienskappe van die
3 korrekte feite 3
orkes
Uitstekend
ʼn Inleiding, afsluiting en stewige
argument in die middeldeel van die = 3 punte
opstel teenwoordig.
Goed
ʼn Inleiding, afsluiting en redelike
= 2 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig.
Redelik
Logiese aanbieding ʼn Inleiding, afsluiting en vae argument
= 1½ punte
en struktuur van die in die middeldeel van die opstel 3
opstel teenwoordig.
Ondergemiddeld
ʼn Inleiding, afsluiting en swak argument
= 1 punte
in die middeldeel van die opstel
teenwoordig.
Swak
ʼn Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punte
skryf van ʼn opstel
Onaanvaarbaar
Feite puntsgewys aangebied. = 0 punte
TOTAAL 15
TOTAAL AFDELING E: 40
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo
Related documents

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Question paper
Music Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper

Question paper
Music Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Music Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper