Skip to content

Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12201829 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 120 SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie nasienriglyne bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/2018 ¸SSE – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hul antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/2018 SSE Nasienriglyne NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/2018 SSE Nasienriglyne AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel uit Beethoven se Vioolsonate Op. 34 en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/2018 SSE Nasienriglyne 1.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie werk. F majeur = 1 punt (1) 1.2 Benoem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand. (a) Saamgestelde majeur 2de/ Majeur 9de = 1 punt (b) Verminderde 5de = 1 punt Geen ½ punte (2) 1.3 Transponeer die boonste stem van die klavierbegeleiding in die sopraansleutel van maat 2 tot 31 by X 'n mineur 3de hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by. Korrekte toonsoortteken = 1 punt Notasie (minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte) = 2 punte Geen punte word afgetrek vir ontbrekende tydmaatteken nie. (3) 1.4 Herskryf die boonste stem van die klavierbegeleiding in die sopraansleutel van maat 2 tot 31 by X 'n oktaaf laer sodat dit deur 'n altviool gespeel kan word. Voeg die korrekte sleutel en toonsoortteken by. Sleutel en toonsoortteken = ½ punt elk = 1 punt Notasie (minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte) = 2 punte (3) 1.5 Benoem die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie. Gebruik slegs die note in die blokkie. (c) Verminderd = ½ punt Tweede omkering = ½ punt (d) Majeur = ½ punt Eerste omkering = ½ punt (2) 1.6 Skryf toevallige tekens (skuiftekens) voor sekere note in maat 7 by Y om 'n chromatiese passasie te skep. ½ ½ ½ ½ Toevallige tekens = ½ punt elk = 2 punte (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/2018 SSE Nasienriglyne 1.7 Noem die toonsoort waarna die musiek in maat 8 tot 10 moduleer. C majeur = 1 punt (1) 1.8 Omkring die enharmonies ekwivalent van Eb op die partituur. Omkringde noot D# in maat 7 = 1 punt (1) 1.9 Voltooi die melodiese fragment hieronder deur TWEE stygende sekwense in die gegewe spasie by te voeg. Motif/Motief Sequence/Sekwens 1 Sequence/Sekwens 2 1 punt per sekwens X 2 = 2 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte (2) 1.10 Noem die tipe toonleer waarop die volgende passasie baseer is. (C) Blues-toonleer = 1 punt (1) 1.11 Voltooi die volgende heeltoontoonleer deur heelnote by die sterretjies (*) in te voeg. ½ ½ ½ ½ or ½ ½ ½ ½ or ½ ½ ½ ½ Elke korrekte noot = ½ punt x 4 = 2 punte (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord ÒF VRAAG 2.1 ÒF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn-, melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en verskaf dinamiek- en artikulasietekens by. Konsepantwoord: 2.1 Instrument: Kitaar/Saksofoon/Klarinet/Trompet/Viool/Fluit/Hobo/Franse horing Tempo: Enige tempo-aanduiding van matig tot lewendig. Allegretto OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/2018 SSE Nasienriglyne Konsepantwoord: 2.2 Instrument: Tjello/Baskitaar/Tromboon/Fagot/Basviool Tempo: Enige tempo-aanduiding van matig tot lewendig. Allegretto Die melodie sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 toevallige tekens, spasiëring Uitstekend Samehangend en musikaal; frases definieer vorm verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit; 9–10 suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse van Kwaliteit toonhoogtes en ritme - Kwaliteit van melodie en Goed toepaslikheid vir die gekose Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan; instrument 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit; - Musikaliteit melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes en 10 - Toepaslikheid van tempo, ritme akkuraat artikulasie- en dinamiek- Gemiddeld aanduidings verhoog die Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik; kwaliteit van die antwoord 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking; keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Geen musikale singewing; frases maak nie sin nie; 0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme onsamehangend TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 3 (10 minute) Antwoord ÒF VRAAG 3.1 ÒF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel uit die koraal Es ist gewisslich an der Zeit van JS Bach en beantwoord die vrae wat volg. 3.1.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. Bb majeur = 1 punt (1) 3.1.2 Identifiseer die akkoorde (a) tot (d) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik Romeinse syfers, bv. IV. Sien partituur 1 punt per akkoord = 4 punte (Minus ½ punt per fout) (4) 3.1.3 Besyfer en benoem die kadens by (e) in maat 4. V of V7 = ½ punt vi = ½ punt Onderbroke (kadens) = 1 punt (2) 3.1.4 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii). (i) (Beklemtoonde) Deurgangsnoot = 1 punt (ii) Terughouding = 1 punt (2) 3.1.5 Met watter kadens eindig hierdie uittreksel? Onvolmaakte kadens = 1 punt (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/2018 SSE Nasienriglyne 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder uit Smoke Gets In Your Eyes van Jerome Kern en beantwoord die vrae wat volg. 3.2.1 Die hooftoonsoort van hierdie werk is C majeur. Watter EEN van die toonsoorte hieronder is die submediant mineur van hierdie toonsoort? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. A mineur = 1 punt (1) 3.2.2 Identifiseer die akkoorde (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik akkoordsimbole bo die partituur, bv. Bb/D. Kyk partituur 1 punt per akkoord = 5 punte Geen ½ punte sal toegeken word nie (5) 3.2.3 Benoem die tipes nie-akkoordnote by (i), (ii) en (iii). (i) Terughouding = 1 punt (ii) Deurgangsnoot = 1 punt (iii) Deurgangsnoot = 1 punt (3) 3.2.4 Benoem die kadens wat in maat 8 en 9 by X gevorm word. Volmaakte kadens = 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 4 (30 minute) Antwoord ÒF VRAAG 4.1 ÒF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Konsepantwoord: I IV 6 V I6 Die harmonisering sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens (behalwe tussen maat 4 en 5) 12 Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 punt per Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering akkoord nie 14 • Uitstekend = 3½ –4 punte • Goed = 2½ –3 punte Kwaliteit Musikaliteit, non-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit • Gemiddeld = 1½ –2 punte 4 • Swak = ½ –1 punt • Onaanvaarbaar =0 Nota aan die nasiener: Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie 30 TOTAAL 30÷2 15 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisering wat nie in hierdie memorandum verskyn nie. Besyfering dien as 'n riglyn vir die nasiener maar geen punte word vir die simbole as sodanig, toegeken nie. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/2018 SSE Nasienriglyne 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur gepaste harmoniese materiaal in die onvolledige mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word. Konsepantwoord: Die antwoord sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Akkoordprogressie 1 punt tussen elke paar akkoorde 14 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as 1 12 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering punt per akkoord nie • Uitstekend = 3½ –4 punte • Goed = 2½ –3 punte Kwaliteit • Gemiddeld = 1½ –2 punte 4 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit • Swak = ½ –1 punt • Onaanvaarbaar =0 Nota aan die nasiener: 30÷2 Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie TOTAAL 15 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte antwoord wat nie in hierdie memorandum verskyn nie. Besyfering dien as 'n riglyn vir die nasiener maar geen punte word vir die simbole as sodanig, toegeken nie. [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/2018 SSE Nasienriglyne AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Antwoord ADELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord hierdie vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 5.1.1 B 5.1.2 C 5.1.3 A 5.1.4 D 5.1.5 D 5.1.6 C 5.1.7 A 5.1.8 B 5.1.9 A 5.1.10 C (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/2018 SSE Nasienriglyne 5.2 5.2.1 Definisie: • Die aantal stempartye wat gelyktydig klink of • Die aantal stempartye in 'n komposisie • Die digtheid (kompleksiteit), of deursigtigheid van 'n komposisie Korrekte antwoord = 1 punt (1) 5.2.2 Monofonies: • Musiek wat bestaan uit 'n enkel, onbegeleide melodiese lyn • 'n Aantal persone wat dieselfde melodie op dieselfde toonhoogte of in oktawe uitmekaar sing Homofonies: • Melodie met 'n harmoniese begeleiding • Wanneer al die partye gelyktydig met dieselfde ritme beweeg (akkoorde) Polifonies: • Twee of meer onafhanklike melodieë wat saam klink Antifonaal • 'n Tekstuur wat musikale materiaal tussen twee groepe, of solo en groepe afwissel. • Vraag en antwoord: o Twee soliste o Solo en koor Enige TWEE teksture = 1 punt elk = 2 punte Enige TWEE beskrywings van die benoemde teksture = 1 punt elk = 2 punte (4) 5.3 • Musiekproduksiebestuurder • Kunstenaarbestuurder • Musiekregisseur • Musiekpatenteregprokureur • Klankingenieur • Musiekbemarker • Radiomusiekomroeper • Musiekuitgewer • Musiekklankversorger • Musiekpromosieagent • Musiekverwerker • Musiekvideovervaardiger • Liriekskrywer • Musiektegnikus Enige VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4) 5.4 Tantieme wat aan komponiste, outeurs en uitgewers betaal word wanneer hulle musiek gekopieer en verkoop word op enige tipe opname apparaat, bv. CD, Mp3, aanlyn verkope. Korrekte antwoord = 1 punt (1) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/2018 SSE Nasienriglyne Antwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). Nota aan die nasiener: Een punt moet toegeken word vir elke korrekte feit. Kandidate moet gekrediteer word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyne aangedui word nie. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 6.1.1 Simfoniese Toondig • 'n Enkel-beweging onafhanklike orkeskomposisie met 'n program of titel wat buite-musikale idees aandui 6.1.2 Opera Seria • 'n Dramatiese, ernstige of tragiese opera • Gebruik karakters uit legendes of mitologie (dikwels helde) 6.1.3 Ouverture • Enkel-beweging orkeskomposisie • Inleiding tot 'n opera, ballet of verhoogopvoering wat dien as 'n voorbereiding deur die bekendstelling van temas uit die werk 6.1.4 Aria • Lied vir solostem met orkesbegeleiding • Word gebruik in 'n opera, oratorium of kan 'n losstaande werk wees Enige TWEE korrekte feite x 3 beskrywing = 6 punte 3X2= (6) 6.2 6.2.1 Klarinet 6.2.2 Tromboon 6.2.3 Hobo of Fagot 6.2.4 Pizzicato 6.2.5 Lento/Adagio (4) Enige VIER korrekte antwoorde = 4 punte [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 7 Papageno se karakter: • Hy is 'n soort grapmaker, kansvatter en lafaard of net eenvoudig, parmantig, maar tog vermaaklik • Verskaf komiese oomblikke in opera tussen ernstige tonele • Baritonstem word op 'n ligte en speelse manier gebruik Aria • Eenvoudige en speelse, volksagtige melodie • Teks: uitbeelding van Papageno se parmantige karakter, lewe en beroep • Toonsoort: majeur – sonnige stemming • Harmonie: klassieke tonale harmonie, eenvoudige primêre akkoorde • Artikulasie: ligte orkestrasie met baie staccato’s • Begeleiding: die orkes skep die speelse stemming • Stemming: sonnig, lighartig en eenvoudig Enige VYF korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 8 8.1 Adagio (inleiding gevolg deur 'n Allegro seksie) 8.2 Sonatevorm 8.3 Sonatevorm 8.4 Trombone en piccolo 8.5 Drie trombone VYF korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 9 • Vorm: o Sonatevorm/Allegro-sonatevorm o Volop gebruik van reëlmatige simmetriese frasering Instrumentasie: Standaard Klassieke orkes – met geen addisionele instrumentasie • Harmonie o Modulasie na verwante Majeur (B mineur… D Majeur… B mineur) o Sterk beïnvloed deur Mozart en Beethoven se gebruik van klassieke harmonie • Tekstuur: Meestal homofonies • Melodie: Uitgebreide ontwikkeling van motiewe Enige VYF korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 10 Element Vierde beweging Vyfde beweging Titel : “Herderslied”, vreugdevolle en Titel Donderstorm; 'n Storm dankbare gevoelens na die storm Toonsoort: F mineur – dreigende Toonsoort: F Major - vreugdevol; atmosfeer; Onstabiele tonaliteit Tonaliteit stabiel • Staccato-klanke van die viole • Pastorale omgewing: Landelike Program/ verteenwoordig die toneel, herinnering en reëndruppels oorpeinsing Klank- • Keteltrom - die donderweer • Jodel van die klarinet en horing skildering bygevoeg vir dramatiese effek in die openingsmate • Bygevoegde piccolo om die • Swewende/Huppelende karakter klimaks van die storm te en pastorale gevoel beklemtoon • In 6/8 tydmaat • Gebroke akkoord figure in die strykers – die weerlig • Addisionele trombone om die • Addisionele trombone intensiteit van die storm te (onderskryf die diepte van gevoel beklemtoon van dankbaarheid) • Lae kwintole (tjellos) en • Gee 'n eenvoudige, realistiese kwartole (basviool) verskaf die voorstelling van 'n idilliese toneel rommeleffek van die komende • Dankbaarheid vir die storm lewegewende verkwikking en onderhoudingskrag van die reën Die opstel sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Vierde beweging: Titel: = 1 punt 6 Klankskildering = 5 punte Vyfde beweging: Titel = 1 punt 6 Klankskildering = 5 punt Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige = 3 punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig. Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike =2-2½ punte argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Redelik 'n Inleiding, afsluiting en vae Logiese uiteensetting en = 1½ punte argument in die middeldeel van die 3 struktuur van die opstel opstel teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak = 1 punt argument in die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met = ½ punt die skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar = 0 punte Feite puntsgewys aangebied TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/2018 SSE Nasienriglyne OF AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 11.1.1 Swing-ritme • 'n Swewende/Huppelende, shuffle-agtige ritme-tegniek wat in jazz gebruik word • Die verlenging van die eerste oomblik en verkorting van die tweede oomblik van die maatslagverdeling • gespeel soos Enige TWEE korrekte antwoorde = 2 punte 11.1.2 Scat-sang • Sangstyl waarin betekenislose klanke in plaas van woorde in jazz gesing word • Improvisatoriese vokale solo • Sluit klanke soos jodel, krepitasies, glissando en toonhoogteverbuigings in Enige TWEE korrekte antwoorde = 2 punte 11.1.3 Ghoema • Spesifieke gebruik van ritme wat geassosieer word met die Kaapse Maleiers en elemente van big band, jazz, Karibiese reggae, San en Xhosa invloede insluit • Begelei deur 'n Ghoematrom • Genoteerde ritme: of Enige TWEE korrekte antwoorde = 2 punte 11.1.4 Malombo • 'n Afrika-jazz-styl deurdrenk van vhaVenda-kultuur • Vermeng tradisionele komposisies en kulturele temas met moderne verhoogopvoerings • Gebruik 'n twaalfmaat blues-struktuur Enige TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (4 x 2) (8) 11.2 11.2.1 Ragtime 1 punt (1) 11.2.2 Riff 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 12 Dolly Rathebe • Afro-pop/jazz-styl • Sangerige melodieë met treffende ritme in populêre styl • Populêre musiek in 'n dansstyl • Wye verskeidenheid Afrika repertoire wat marabi, mbaqanga, tradisionele Afrikamusiek en Afro-soul insluit • 'n Fluweelagtige en smeulende stem • Stemomvang van 'n alt • Blues styl Enige VYF korrekte feite = 5 punte Thandi Klaasen • 'n Fluweelagtige en smeulende stem • Dans of jazz-kombinasie • Kabaretagtige musiekvoordrag • Blues, jazz en Xhosa invloed • Wye verskeidenheid Afrika repertoire wat marabi, mbaqanga, tradisionele Afrika- musiek en Afro-soul insluit • Tipiese AABA liedvorm • Stemomvang van 'n alt Enige VYF korrekte feite = 5 punte Miriam Makeba • Wye verskeidenheid Afrika repertoire wat marabi, mbaqanga, tradisionele Afrikamusiek en Afro-soul insluit • Wye verskeidenheid wêreldmusiek wat Engelse ballades, Portugese fado's, Brasiliaanse bossa novas, Hebreeuse en Joodse melodieë, Haïtiese dreunsang, ens. insluit. • 'n Mengsel van Suid-Afrikaanse jazz en tradisionele musiek • Donker heserige klanke en delikate frasering soortgelyk aan die van Ella Fitzgerald • Intieme warm stem soortgelyk aan die van Frank Sinatra • Sing in haar moedertaal, en gebruik klikgeluide • Tradisionele stylelemente soos manlike agtergrondsangers wat geïnspireer word deur mbube kore kom voor in haar musiek • Kombinasie van jazz, R&B, pop en Afrika-musiek in 'n hoogs persoonlike styl • Gebruik die a cappella helende dreunsang van tradisionele genesers (amasangoma) • Klanke en ritmes van Afrika Enige VYF korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 13 13.1 Spokes Mashiyane/Lemmy Mabaso/Elias Lerole 13.2 Miriam Makeba/Makgonatsohle/Soul Brothers 13.3 Penniefluit en kitaar/banjo 13.4 I-IV-V-I / I-IV-I6 4 -V-I 13.5 Jazz-orkes en stemme VYF korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 14 Zim Nqawana • Begrond in inheemse klanke • Tradisionele Xhosa (en ander Afrika) ritmes en liedere wat vermeng met 'n moderne jazz-styl • Styl bevat bop, funk, Indiese en Westerse klassieke musiek, samba, tango en vokale dreunsang elemente • Hoogs perkussief • Dansagtig en ritualisties • Herhalende riffs • Sterk improvisatoriese styl Spirits Rejoice • Vermenging van 'n verskeidenheid style, bv.: o Jazz en tradisionele Afrika-musiek (sinkopasie/vraag en antwoord, herhaling, ens.) o Free jazz vermeng met jazz rock, (hoogs perkussief, improvisatories, sinkopasie, herhalende riffs, ens.) o Populêre musiek en jazz (pop-albumhervrystellings) o Amerikaanse en Afrika-jazz (blues-invloed, blues-toonleer met verlaagde 3de , verhoogde 4de en verlaagde 7de note, 12-maat blues, ens.) o Latyns-Amerikaanse en Afrika-jazz (herhaling, sinkopasie, sterk improvisasiestyl en melodies) • Bevat elemente van ‘smooth jazz’ wat in die 1980’s ontstaan het • Musiek meestal ernstig en eerder bedoel vir beluistering as vir dans • Gebruik dikwels herhalende gesangagtige temas Sakhile • Begrond in tradisionele Afrika kultuur • Gebruik van Westerse instrumente, bv. elektriese kitaar • Mengsel van jazz en tradisionele Afrika-musiek • Tekens van township-musiek • Lirieke beeld die politieke atmosfeer van die tyd uit • Mbaqanga-kitaarstyl word gebruik • Die oorhoofse klank is kommersieel • Malombo-invloed bekendgestel deur pperskussiewerkspeler, Mabe Thobejane • Gebruik herhalende musikale materiaal • Gebruik dikwels tradisionele dansers tydens hulle optredes • Beïnvloed deur jazz fusion van Miles Davis Enige VYF korrekte feite vir enige gekose kunstenaar/orkes (band) = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 15 Abdullah Ibrahim Oorsprong en invloede: • Multi-kulturele invloed van Kaapstad o Kaapse Klopse/karnaval o Volksliedere van slawe o Kaapse Maleier en Khoisan liedere o Tradisionele Xhosa-ritmes o Kerkmusiek, mars- en koperblaasorkeste o Ghoema-polsslag o Banjo en kitaar en saksofoon van die Kaapse Klopse • Wyer Suid-Afrikaanse style o Marabi-musiek o Kwêla-musiek o Mbaqanga • Elemente van Amerikaanse jazz o Thelonious Monk (Klavierstyl) o Duke Ellington (Swing) o James Johnson (Stride-klavier) Enige VYF korrekte feite = 5 punte Karaktereienskappe van sy musiek: o Ritme en maatslag: o Vermeng Afrika, ghoema en swing elemente, bv. kruisritmes, poliritmes, ens. o Harmonie: o Standaard Klassieke akkoordprogressies vermeng met jazz-eienskappe (bv. blues) o Melodie: o Volksagtig o Gesangagtige melodieë • Tekstuur: o Hoofsaaklik homofonies o Sekere elemente van vraag en antwoord • Instrumentasie: Klavier, bas, tromme, saksofoon, trompet, tromboon Enige VYF korrekte feite = 5 punte Albums/liedere: • Tsakwe • Mannenberg • Soweto Is Where It’s At Enige TWEE korrekte albums/liedere = 2 punte OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/2018 SSE Nasienriglyne Robbie Jansen Oorsprong en invloede: • Multi-kulturele invloed van Kaapstad o Kaapse Klopse/karnaval o Volksliedere van slawe o Kaapse Maleier en Khoisan liedere o Tradisionele Xhosa-ritmes o Kerkmusiek, mars- en koperblaasorkeste o Ghoema-polsslag o Banjo en kitaar en saksofoon van die Kaapse Klopse • Wyer Suid-Afrikaanse style o Marabi-musiek o Kwêla-musiek o Mbaqanga • Elemente van Amerikaanse jazz en invloede o Amerikaanse saksofoonspelers o Dizzy Gillespie o Big Band o Salvation Army marsorkeste o Funk en Salsa Enige VYF korrekte feite = 5 punte Karaktereienskappe van sy musiek: • Ritme en maatslag: o Vermeng Afrika, ghoema en swing elemente, bv. kruisritmes, poliritmes, ens. • Harmonie: o Klassieke gesangagtige harmoniese eienskappe vermeng met jazz-elemente (bv. Blues) o Gebruik stadig bewegende primêre akkoorde, nie soos Afro-jazz wat vinnig bewegende akkoorde bevat nie o amaXhosa-harmonieë (prominente gebruik van primêre akkoorde, I, IV, V en ii) • Melodie: Volksagtig o Khoisan-melodieë smelt saam met Maleisiese en Indonesiese melismatiese style o Rietagtige kwaliteit van die Khoisanfluit hoorbaar o Saksofoonmelodie geproduseer 'n nasale toon met vibrato aan die einde van frases • Tekstuur: o Hoofsaaklik homofonies o Elemente van vraag en antwoord • Oorvleueling van stempartye (vraag en antwoord waar die antwoord begin voor die vraag voltooi is) • Instrumentasie: Leier-saksofoon, klavier, bas, tromme, trompet, tromboon en stem Enige VYF korrekte feite = 5 punte Albums/liedere: • Sommer Ghoema • Hoija Tjie Bonga • Tsakwe Enige TWEE korrekte albums/liedere = 2 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/2018 SSE Nasienriglyne Winston Mankunku Ngozi Oorsprong en invloede: • Multi-kulturele invloed van Kaapstad o Kaapse Klopse/karnaval o Volksliedere van slawe o Kaapse Maleier en Khoisan liedere o Tradisionele Xhosa-ritmes o Kerkmusiek, mars- en koperblaasorkeste o Pentatoniese sendinggesange o Ghoema-polsslag • Wyer Suid-Afrikaanse style o Marabi musiek o Kwêla musiek o Mbaqanga • Elemente van Amerikaanse jazz o John Coltrane (saksofoon-styl) o Horace Silver o Big Band Enige VYF korrekte feite = 5 punte Karaktereienskappe van sy musiek: • Ritme en maatslag: o Vermeng Afrika, ghoema en swing elemente, bv. kruisritmes, poliritmes, ens. • Harmonie: o Klassieke gesangagtige harmoniese eienskappe vermeng met jazz-elemente (bv. blues) o Xhosa-harmonieë (prominente gebruik van primêre akkoorde, I, IV, V en ii) • Melodie: Volksagtig o Khoisan-melodieë smelt saam met Maleisiese en Indonesiese melismatiese style • Tekstuur: o Hoofsaaklik homofonies o Elemente van vraag en antwoord o Oorvleueling van stempartye (vraag en antwoord waar die antwoord begin voor die vraag voltooi is) • Instrumentasie: klavier leier-saksofoon, , bas, tromme, trompet, tromboon en stem Enige VYF korrekte feite = 5 punte Albums/liedere: • Abantwana be Africa • Crossroads • Ya Khal 'iNkomo • Molo Africa • Dudula Enige TWEE korrekte albums/liedere = 2 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/2018 SSE Nasienriglyne Die opstel sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Musiekstylkenmerke 1 punt vir elke korrekte feit 10 Albums/Liedere 1 punt vir elke korrekte feit 2 Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige argument in die middeldeel van die opstel = 3 punte teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike argument in die middeldeel van die opstel = 2-2½ punte teenwoordig Redelik Logiese uiteensetting en 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in = 1½ punte 3 struktuur van die opstel die middeldeel van die opstel teenwoordig Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument in = 1 punt die middeldeel van die opstel teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punt skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar Feite puntsgewys aangebied = 0 punte TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/2018 SSE Nasienriglyne AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 16.1.1 Isihlabo • Isihlabo is 'n inleidende, dalende, toonleerpassasie deur die kitaar of konsertina gespeel • Bestaan uit kort onvolledige frases wat soos 'n improviserende klanktoets klink om die korrekte toonhoogte van snare van die kitaar te bepaal • Gebruik vrye ritme en polsslag Enige TWEE korrekte feite = 2 punte (2) 16.1.2 Malombo • 'n vhaVenda ritueel wat tydens die opleiding van 'n persoon wat 'n geestelike tussenganger wil word • Uitgevoer deur 'n vrou (of soms 'n man) wat deur die voorvaders meegedeel word dat sy 'n roeping het om as geestelike tussenganger op te tree. Sy gaan dan in 'n trans deur vir 'n aantal dae te dans totdat die gees van die voorvaders van haar besit neem • 'n Kombinasie van sang en dans, begelei deur tromme en 'n skutter • Uitvoerings word beperk tot ernstige en belangrike rites Enige TWEE korrekte feite = 2 punte (2) 16.1.3 Kiba • Slegs mans is aanvanklik toegelaat om deel te neem aan die dans op kiba-musiek. Vroue word deesdae toegelaat om deel te neem in moderne kiba • Die mans se weergawe bevat 'n aantal spelers (ensemble) wat elkeen 'n aluminium pyp op verskillende toonhoogtes (naka) speel • Die spelers voer 'n dalende melodie saam uit wat tradisionele liedere met ryk harmonieë namaak en uitbeeld • 'n Groep vroue sing en dans hulle weergawe van kiba-liedere (“koša ya dikhuru”) (2) Enige TWEE korrekte feite = 2 punte 16.1.4 Amahubo • Amahubo is Zulu seremoniële liedere • Amahubo-liedere vorm die middelpunt van tradisionele Zulu-kultuur se religieuse en politieke leefwêreld • Uitgevoer by troues of begrafnisse van 'n koning hoofman (Induna), of Umnumzane, of by oorlog en ander herdenkingseremonies • Rituele en simbolisme domineer amahubo-uitvoerings • Alhoewel hoogs tradisioneel, vermeng dit met ander moderne style soos maskandi en isicathamiya Enige TWEE korrekte feite = 2 punte (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/2018 SSE Nasienriglyne 16.2 16.2.1 Moropa wa ditinti 16.2.2 • Umakhweyana • Isitolotolo 16.2.3 Malombo TWEE korrekte feite = 2 punte (2) [10] VRAAG 17 • Teen die einde van die maskandi-lied word flinke pryspoësie voorgedra deur die leiersanger • Bevestiging van afkoms • Vorm deel van die Zulu mondelinge tradisie wat inligting bewaar • 'n Vertoning van die uitvoerder se musikaliteit en 'n viering van die sanger se musikale suksesse • Gee erkenning aan 'n individuele uitvoerder vir wat hy/sy persoonlik bereik het • Ook 'n manier om ander maskandi wedyweraars uit te daag • Bedoel om vrees tussen medemusikante aan te wakker • Kan gebruik word as 'n manier van selfverdediging asook om te bewys dat hulle sterker as ander musikante is • Die voordrag van izibongo vorm die hoogtepunt van die hele uitvoering VYF korrekte feite = 5 punte [5] VRAAG 18 18.1 Mahlathini en die Mahotella Queens 18.2 Blues (I-I-I-I-IV-IV-I-I-V-IV-I-I) OF I-IV-V-I 18.3 I-IV-V-I 18.4 Afrikatromme en stemme 18.5 Orrel en stemme VYF korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 19 • Lewenswyse en interafhanklike menslike verhoudings word in ritme verteenwoordig • Uitdagende oomblikke en emosionele druk word gesimboliseer deur kruisritmes • Kruisritmes, gegrond in die hoofpolsslae, berei jou voor vir 'n volgehoue lewenssin te midde van uitdagings • Die gebruik van drie polse teenoor twee polse word in die daaglikse lewe ervaar en help om 'n twee-dimensionele houding teenoor ritme te ontwikkel • Kinderspeletjies word gebruik om kinders se algemene ritmiese gevoel te ontwikkel • Die gelyktydige gebruik van kontrasterende ritmiese patrone in 'n maat, vorm die middelpunt van die Afrika ritmiese tradisie • Afrika-musiek maak grootliks staat op vinnig bewegende, vrolike ritmiese tromspel o Hoofpatrone (beesklokpatrone, tydlynpatrone, rigtingpatrone) bepaal die basiese ritmiese voortgang o Verteenwoordig 'n uitleg van al die bewegings benodig vir musikante en dansers o Word tipies geklap of gespeel op ideofone, soos beesklokke, of 'n styfgespande membraan met 'n hoë toonhoogte o Die mees algemene Afrika ritmepatroon is 'n motief wat uit sewe tromslae bestaan o Die standaardpatroon bestaan uit twee kruisritme-fragmente in enkelvoudige (4/4 of 2/2) en saamgestelde (12/8 of 6/8) tydmaat VYF korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/2018 SSE Nasienriglyne VRAAG 20 Relevansie van diere • Vroeë isicathamiya-groepe soos Empangeni Home Tigers en Brave Lion Singers is vernoem na diere. Die konsep bulhorings (izimpondo zenkomo), kom prominent in isicathamiya voor (die vorm van die bul se horings word met die harmonie en sterkte binne die isicathamiya-groep geassosieer) • Die vorm van die horings van die bul kan gesien word wanneer isicathamiya uitvoerders saamgroepeer om 'n toonsoort vir die lied te bepaal • Klanke geassosieer met osse "grr…grr…drr…drr" word as krepitasies gebruik om die ritme en choreografie te ondersteun Zulu familiekraal • Die woning van umuzi wendoda (die hoof van die kraal) vorm die middelpunt van die familie-kraal, omring deur hutte van die vrou/e, kinders en lede van die uitgebreide familie • Hierdie vorm van sosiale organisasie kom voor in isicathamiya gedurende die ”gaarmaak” van liedere wanneer die leier in die middel van 'n sirkel staan wat gevorm word deur lede van die groep • Die vuurmaakplek word metafories gebruik vir die “gaarmaak van liedere” gedurende isicathamiya-verhoogoptredes • Voor die groep die verhoog betree, staan die uitvoerders in 'n sirkel en bid vir geestelike leiding • Hierdie sirkel stel die beeshoringvorm van 'n Zulu-stad voor ('n gewyde ruimte waar manne die teenwoordigheid van hulle voorvaarders ervaar en tot hulle bid) • Ritme of die maak van ritme word idiomaties as ‘ukubasa umlilo', (vuurmaak) deur die amaZulu beskryf Ukuqatha (Kompetisies rondom stokgevegte) • Die terminologie en beelde van hierdie kragtoetse (inkunzi - bul) vir die jeug vir 'n magtige leier, en izingqwele vir seuns wat hulle teenstanders verslaan, word gebruik in isicathamiya-kore • In die Zulu-gemeenskap word kompetisie (veral in musiek) hoog geag • Kompetisies word ook as 'n publieke aktiwiteit gebruik waar 'n gevoel van identiteit vasgestel word • Isicathamiya-uitvoerders verbeter hulle beeld deur kompetisies te wen Umuntu ngumuntu ngabantu • amaZulu verkondig dat volgens isiZulu filosofie, hulle nie liedere “komponeer” nie, maar dit “bou” (bayazakha) deur middel van 'n groep mense wat saam iets bereik (soos die bou van 'n hut) • 'n Komposisie ontkiem in die verbeelding van 'n individu en terwyl hy dit aan ander leer, sing hy slegs sy indila (paadjie) en die ander sing hulle eie iziggi (voetspore) harmonieë saam • Op hierdie wyse word harmonie sosiaal ontwikkel • Daarom word daar na die leier van 'n isicathamiya-groep verwys as ivulandlela (padvinder) • Hy laat sy izigqi (voetspore) na om die pad te berei en die ander lede van die groep volg hom in hulle eie "voetspore" met ingeskakelde ritmes, wat verskillende harmoniese ritmes aan die oorspronklike melodie gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/2018 ¸SSE – Nasienriglyne Die opstel sal aan die hand van die onderstaande kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Die relevansie van diere 1 punt vir elke korrekte feit 3 IsiZulu familie-kraal 1 punt vir elke korrekte feit 4 Kompetisies rondom 1 punt vir elke korrekte feit 3 stokgevegte (Ukuqatha) Umuntu ngumuntu 1 punt vir elke korrekte feit 2 ngabantu Uitstekend 'n Inleiding, afsluiting en stewige argument in die middeldeel van die opstel = 3 punte teenwoordig Goed 'n Inleiding, afsluiting en redelike argument in die middeldeel van die opstel = 2-2½ punte teenwoordig Redelik Logiese uiteensetting en 'n Inleiding, afsluiting en vae argument in = 1½ punte die middeldeel van die opstel teenwoordig 3 struktuur van die opstel Ondergemiddeld 'n Inleiding, afsluiting en swak argument in die middeldeel van die opstel = 1 punt teenwoordig Swak 'n Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punt skryf van 'n opstel Nie aanvaarbaar Feite puntsgewys aangebied = 0 punte TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all