Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperMusicGrade 12201824 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 2018 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 bladsy manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/2018 SSE NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/2018 SSE AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Beantwoord die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel verskaf is. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die uittreksel uit Beethoven se Vioolsonate Op. 34 en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/2018 SSE 1.1 Benoem die hooftoonsoort van hierdie werk. __________________________________ (1) 1.2 Benoem die intervalle by (a) en (b) volgens tipe en afstand. (a) __________________________________ (b) __________________________________ (2) 1.3 Transponeer die boonste stem van die klavierbegeleiding in die sopraansleutel van maat 2 tot 31 by X 'n mineur 3de hoër. Voeg die nuwe toonsoortteken by. (3) 1.4 Herskryf die boonste stem van die klavierbegeleiding in die sopraansleutel van maat 2 tot 31 by X 'n oktaaf laer sodat dit deur 'n altviool gespeel kan word. Voeg die korrekte sleutel en toonsoortteken by. (3) 1.5 Benoem die drieklanke by (c) en (d) volgens tipe en posisie. Gebruik slegs die note in die blokkie. (c) __________________________________ (d) __________________________________ (2) 1.6 Skryf toevallige tekens (skuiftekens) voor sekere note in maat 7 by Y om 'n chromatiese passasie te skep. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/2018 SSE 1.7 Noem die toonsoort waarna die musiek in maat 8 tot 10 moduleer. __________________________________ (1) 1.8 Omkring die enharmoniese ekwivalent van Eb op die partituur. (1) 1.9 Voltooi die melodiese fragment hieronder deur TWEE stygende sekwense in die gegewe spasie by te voeg. Motif/Motief (2) 1.10 Benoem die tipe toonleer waarop die passasie hieronder baseer is. __________________________________ (1) 1.11 Voltooi die volgende heeltoontoonleer deur heelnote by die sterretjies (*) in te voeg. (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/2018 SSE VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord ÒF VRAAG 2.1 ÒF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn-, melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en verskaf dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: ____________________ Tempo: ________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, skuiftekens (toevallige 2 tekens), spasiëring, uitleg Kwaliteit Toepaslikheid, musikaliteit, dinamiek, artikulasie, tempo- 10 aanduiding TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/2018 SSE 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn-, melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en verskaf dinamiek- en artikulasietekens by. Instrument: ______________________ Tempo:________________________ Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Vorm en kadenspunte 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, skuiftekens (toevallige 2 tekens), spasiëring, uitleg Kwaliteit Toepaslikheid, musikaliteit, dinamiek, artikulasie, 10 tempo-aanduiding TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/2018 SSE BLANKO BLADSY Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/2018 SSE VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord ÒF VRAAG 3.1 ÒF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel uit die koraal Es ist gewisslich an der Zeit van JS Bach en beantwoord die vrae wat volg. 3.1.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. ___________________________________________________ (1) 3.1.2 Identifiseer die akkoorde (a) tot (d) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik Romeinse syfers, bv. IV. (4) 3.1.3 Besyfer en benoem die kadens by (e) in maat 4. Kadens____________________________________________ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/2018 SSE 3.1.4 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii). (i) ___________________________________________________ (ii) ___________________________________________________ (2) 3.1.5 Met watter kadens eindig hierdie uittreksel? _____________________________________________________ (1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/2018 SSE 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder uit Smoke Gets In Your Eyes van Jerome Kern en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/2018 SSE 3.2.1 Die hooftoonsoort van hierdie werk is C majeur. Watter EEN van die toonsoorte hieronder is die submediant mineur van hierdie toonsoort? Maak 'n kruisie (X) in die toepaslike blokkie. Ab mineur E mineur C mineur A mineur (1) 3.2.2 Identifiseer die akkoorde (a) tot (e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik akkoordsimbole bo die partituur, bv. Bb/D. (5) 3.2.3 Benoem die tipes nie-akkoordnote by (i), (ii) en (iii). (i) _____________________________________________ (ii) _____________________________________________ (iii) ____________________________________________ (3) 3.2.4 Benoem die kadens wat in maat 8 en 9 by X gevorm word. __________________________________________ (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/2018 SSE VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord ÒF VRAAG 4.1 ÒF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTE- KANDIDAAT TOEKENNING SE PUNTE Akkoordprogressie 12 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid 14 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering Kwaliteit 4 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit 30 ÷ 2 TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/2018 SSE 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur gepaste harmoniese materiaal in die onvolledige mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word. Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNTE Akkoordprogressie 14 Akkoordkeuse, korrekte gebruik van kadens Korrektheid 13 Notasie, verdubbeling, spasiëring, stemvoering Kwaliteit 4 Musikaliteit, nie-akkoordnote, stylbewustheid, kreatiwiteit 30 ÷ 2 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/2018 SSE AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Beantwoord hierdie die vrae in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf word. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae en stellings gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 5.1.11 D. 5.1.1 Betekenis van polifonies: A Musiek met meer as een melodie of stem B Twee of meer gelyktydige, onafhanklike melodielyne C Twee of meer instrumente wat gelyktydig speel D Al die bogenoemde 5.1.2 Sinkopasie is 'n term wat … A slegs in popmusiek gebruik word. B na 'n passasie met sterk aksente verwys. C aksente op polse, wat gewoonlik swak is, beskryf. D Al die bogenoemde 5.1.3 'n Trekklavier word tipies in … gebruik. A boeremusiek B Barokmusiek C isicathamiya D Romantiese musiek 5.1.4 Tonale musiek … A is op majeur- en mineurtoonlere gebaseer. B gebruik verwante toonsoorte in 'n enkele werk of beweging. C sluit musiek uit die Barok en Romantiese tydperke in. D Al die bogenoemde 5.1.5 Timbre is die … A spesifieke kwaliteit van 'n musikale klank. B tipe klank wat 'n bepaalde instrument, bv. die klarinet, maak. C toonkleur van 'n bepaalde groep instrumente, bv. die strykers. D Al die bogenoemde Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/2018 SSE 5.1.6 'n Baie sagte, dinamiese vlak in musiek: A Piano B Mezzo piano C Pianissimo D Al die bogenoemde 5.1.7 ABA-struktuur in 'n musiekwerk word ook … genoem. A drieledige vorm B tweeledige vorm C vers en refrein D roep en antwoord 5.1.8 Watter van die volgende is 'n tipiese Afrika-instrument? A Klarinet B Mbira C Sitar D Koto 5.1.9 Watter van die volgende instrumente is 'n idiofoon? A Beesklok B Djembe C Banjo D Saksofoon 5.1.10 Die term a cappella verwys na 'n … A kapelkoor. B solo. C werk sonder begeleiding. D gedempte uitvoering. (10 x 1) (10) 5.2 Beantwoord die vrae wat volg. 5.2.1 Definieer die term tekstuur met verwysing na musiek. (1) 5.2.2 Noem en beskryf enige TWEE tekstuurtipes. (4) 5.3 Behalwe optrede as 'n kunstenaar, noem VIER ander loopbane wat jy in die musiekbedryf kan volg. (4) 5.4 Definieer die term meganiese regte. (1) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/2018 SSE Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 6 6.1 Beskryf DRIE van die volgende: 6.1.1 Simfoniese toondig 6.1.2 Opera seria 6.1.3 Ouverture 6.1.4 Aria (3 x 2) (6) 6.2 Gee EEN woord/term vir VIER van die volgende beskrywings: 6.2.1 Die houtblaasinstrument wat in die Klassieke orkes, maar nie in die Barokorkes nie, gespeel is 6.2.2 'n Nietransponerende instrument in die koperblaasseksie van 'n orkes 6.2.3 'n Dubbelrietinstrument wat in die standaard Klassieke orkes aangetref word 6.2.4 'n Geplukte klank wat deur die strykers gespeel word 6.2.5 'n Italiaanse tempo-aanduiding wat stadig beteken (4) [10] VRAAG 7 Skryf 'n paragraaf waarin jy kortliks kommentaar lewer op die komiese aard van Mozart se opera, Die Zauberflöte, deur te verwys na die karakter van Papageno en sy aria, Der Vogelfänger bin ich ja. [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/2018 SSE VRAAG 8 Voltooi die vergelyking hieronder van die eerste beweging/deel van Beethoven se Simfonie No. 6 in F majeur, Op. 68 en Mozart se Ouverture tot Die Zauberflöte. Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers (8.1 tot 8.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 8.6 Drieledige vorm BEETHOVEN MOZART Eerste Beweging Ouverture tot Simfonie no. 6 Die Zauberflöte Tempo Allegro ma non troppo 8.1 Vorm 8.2 8.3 Instrumentasie 8.4 8.5 Standaard Klassieke orkes plus … [5] VRAAG 9 Alhoewel Mendelssohn sy Hebrides Ouverture tydens die Romantiese styltydperk geskryf het, is dit steeds hewiglik beïnvloed deur tipiese kenmerke van die Klassieke tydperk. Skryf 'n paragraaf waarin jy hierdie Klassieke invloede beskryf. [5] VRAAG 10 Beethoven se Simfonie No. 6 in F majeur, Op. 68 het 'n subtitel, Herinnering aan 'n plattelandse lewe. Verwys na die stelling hierbo en skryf 'n opstel waarin jy die verskillende voorstellings van plattelandse lewe in die VIERDE en VYFDE bewegings bespreek. Verwys na die titel en klankskildering in hierdie bewegings van die simfonie. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Vierde beweging: Titel 1 Klankskildering 5 Vyfde beweging: Titel 1 Klankskildering 5 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/2018 SSE AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Beskryf die volgende terme: 11.1.1 Swing-ritme 11.1.2 Scat-sang 11.1.3 Ghoema 11.1.4 Malombo (4 x 2) (8) 11.2 Gee 'n term vir die volgende stellings: 11.2.1 'n Vroeë Amerikaanse klavierstyl wat marabi beïnvloed het (1) 11.2.2 'n Kort herhaalde frase in jazz wat tipies as 'n inleiding gebruik word (1) [10] VRAAG 12 Kies EEN van die kunstenaars en noem watter musiekkenmerke jy sou verwag om te hoor indien jy 'n konsert van Dolly Rathebe, Thandi Klaasen of Miriam Makeba sou bywoon. [5] VRAAG 13 Vergelyk die kwêla-, mbaqanga- en marabi-musiekstyle met mekaar. Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers (13.1 tot 13.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 13.6 Brenda Fassie. KWÊLA MBAQANGA MARABI Kunstenaar/groep 13.1 13.2 The Manhattan Brothers Harmoniese I-IV-V-I I-IV-V-I 13.4 progressie Instrumentasie 13.3 Begeleidingsorkes en 13.5 sang [5] VRAAG 14 Skryf 'n paragraaf waarin jy die tipiese eienskappe van die musiek van EEN van die kunstenaars/groepe hieronder bespreek: • Zim Nqawana • Spirits Rejoice • Sakhile [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/2018 SSE VRAAG 15 Skryf 'n opstel oor die musiek van EEN van die volgende Suid-Afrikaanse jazz- kunstenaars: • Abdullah Ibrahim • Robbie Jansen • Winston Mankunku Ngozi Bespreek die kunstenaar se musiek deur na invloede, ritme, harmonie, melodie, tekstuur en instrumentasie te verwys. Noem ten minste TWEE albums/liedjies om jou antwoord te staaf. Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Musiekeienskappe 10 Albums/Liedjies 2 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/2018 SSE AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 Beskryf die volgende terme: 16.1.1 Isihlabo (2) 16.1.2 Malombo (2) 16.1.3 Kiba (2) 16.1.4 Amahubo (2) 16.2 Met watter instrument assosieer jy TWEE van die volgende stellings? 16.2.1 Die kleinste trom wat in Kiba-musiek gebruik word 16.2.2 Die chordofoon wat die stemstyl van die maskandi-kitaar beïnvloed het 16.2.3 Die trom wat gebruik word om liedere te begelei wat die voorvadergeeste in die vhaVenda-kultuur oproep (2) [10] VRAAG 17 Izibongo is 'n integrale deel van 'n maskandi-lied. Brei uit op hierdie stelling deur na die rol van izibongo in maskandi te verwys. [5] VRAAG 18 Vergelyk die malombo, mbaqanga en maskandi-musiekstyle met mekaar. Skryf slegs die antwoorde langs die vraagnommers (18.1 tot 18.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 18.6 Miriam Makeba MALOMBO MBAQANGA MASKANDI Kunstenaar/groep Malombo Jazz 18.1 Shwi Nomthekala Makers Akkoordprogressie 18.2 I-IV-V-I 18.3 Instrumentasie 18.4 18.5 Begeleidingsorkes ('band') Begeleidingsorkes + kitaar + konsertina en ('band') + kitaar sang +… [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/2018 SSE VRAAG 19 Beskryf die belangrikheid van ritme in Afrika-musiek. [5] VRAAG 20 Zulu inheemse geloofsoortuigings het die musiek en uitvoeringspraktyke van isicathamiya beïnvloed. Bespreek die stelling hierbo met verwysing na die volgende: • Relevansie van diere • Zulu-familiewoning • Stokgevegte (ukuqatha) • Umuntu ngumuntu ngabantu Jy sal punte ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: KRITERIA PUNTETOEKENNING Die relevansie van diere 3 Zulu-familiewoning 4 Stokgevegte (ukuqatha) 3 Umuntu ngumuntu ngabantu 2 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 DBE/2018 SSE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all