GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MUSIEK V1
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 120
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 40 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Music Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 40 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 40
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 40
This exam
November NSC 2024
Questions in this paper
- Question 1Scales, Keys, Modes & Intervals22 marks
- Question 2Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 3Harmony, Chords & Composition30 marks
- Question 4Harmony, Chords & Composition15 marks
- Question 5Music Technology & Presentation Skills10 marks
- Question 6Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]20 marks
Show all 13 questions
- Question 8Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]6 marks
- Question 9Indigenous African Music (IAM) — General Knowledge & Set Works [IAM]10 marks
- Question 11Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]20 marks
- Question 14Jazz — General Knowledge & Set Works [Jazz]5 marks
- Question 16Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]20 marks
- Question 17Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]5 marks
- Question 18Western Art Music (WAM) — General Knowledge & Set Works [WAM]5 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Musiek/V1 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
AFDELING A moet op die VRAESTEL beantwoord word.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
1.1 Dui die korrekte tydmaatteken-verandering op die notebalk onder elke
asterisk (*) aan.
Antwoord:
1+1 (2)
1.2 Skryf die enharmoniese ekwivalent van die gegewe toonsoortteken.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte (1)
1.3 Skryf EEN majeurdrieklank wat in die G blues-toonleer voorkom. Skryf die
drieklank in grondposisie.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
OF Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.4 Skryf die verminderde drieklank wat diatonies in die toonsoort van E majeur
voorkom. Skryf die drieklank in eerste omkering.
Antwoord:
½ punt vir foutiewe posisie
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.5 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
1.5.1 Noteer die omkering van die interval by (M) sonder toonsoortteken.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.2 Verander die onderste noot by (N) om ʼn interval van ʼn verminderde 5de
te vorm. Noteer die interval hieronder.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.3 Gee die tegniese naam vir die tweede noot in maat 3.
Antwoord: Submediant 1 punt (1)
1.5.4 Verduidelik hoe hierdie uittreksel in terme van tempo uitgevoer sal word.
Antwoord:
Dit begin vinnig/lewendig en word geleidelik stadiger aan die einde.
Vinnig/lewendig = ½ mark
Geleidelik stadiger = ½ mark (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.6 Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.
1.6.1 Voeg SES note onder die asteriske (*) by om 'n afgaande Doriese modus
te vorm.
Antwoord:
Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2 punte
Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie (2)
1.6.2 Die opgaande verwante melodiese mineurtoonleer van G majeur
Antwoord:
Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2 punte
Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie (2)
1.6.3 ʼn Opgaande heeltoontoonleer wat op die gegewe noot begin
Antwoord:
OF
Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2 punte (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
skep. Skryf in solfanotasie OF in balknotasie.
Konsep-antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEWYSING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Notasie
Solfanotasie:
ritme- en toonhoogte-
aanduidings
Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2 punte 2
Balknotasie:
polsslae per maat,
nootstele, groepering en
skuiftekens
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
9–10 suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer
meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse
van toonhoogtes en ritme
Goed
Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
Kwaliteit 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit;
melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
Musikaliteit:
omvang, kontoer,
en ritme akkuraat 10
Gemiddeld
geïmpliseerde harmonie Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel;
melodiese kontoer onder verdenking; keuse van
toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen
melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
onsamehangend
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.2 Skryf ʼn oorspronklike twaalf-maat melodie in drieledige vorm in solfanotasie OF
balknotasie. Skryf vir enige enkellyn melodiese instrument OF stemtipe van jou
keuse. Noem die instrument OF stemtipe.
Gebruik die volgende elemente om ʼn sinvolle melodie te skep:
• Plagale kadens aan die einde
• Ritmiese motief:
Solfanotasie:
•
• La is G
Balknotasie:
• Diskantsleutel OF bassleutel OF altsleutel
• Toonsoort: G mineur
Konsepantwoord:
Instrument/Stem:
• Diskantsleutel Sopraan/Alt/Tenoor/Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens.
• Bassleutel: Bariton/Bas/Tjello/Fagot/Tromboon/Eufonium, ens.
• Altsleutel: Altviool
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEWYSING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Notasie
Solfanotasie:
ritme- en toonhoogte-
aanduidings
Balknotasie: Minus ½ punt per fout tot ʼn maksimum van 2 punte 2
polsslae per maat,
nootstele, groepering en
skuiftekens, aanduiding van
sleutel en toonsoortteken
Uitstekend
Samehangend en mus kaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend
9–10 voortgesit; suksesvolle gebruik van tonaliteit;
melodiese kontoer meesterlik hanteer; kreatiewe
benadering tot die keuse van toonhoogtes en ritme
Kwaliteit Goed
Toepaslikheid vir Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
instrument of stem 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit;
melodiese kontoer bevredigend; keuse van
(omvang), gebruik van toonhoogtes en ritme akkuraat 10
gegewe ritmiese motief,
Gemiddeld
musikaliteit (omvang, Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
kontoer, geïmpliseerde 4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit
harmonie) onstabiel; melodiese kontoer onder verdenking;
keuse van toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen
melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
onsamehangend
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Antwoord:
G:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.1.1 Die hooftoonsoort van hierdie uittreksel is G majeur. ʼn Modulasie vind
binne die eerste agt mate plaas. Noem hierdie nuwe toonsoort.
Antwoord: E mineur 1 punt (1)
3.1.2 Besyfer die akkoorde by (Z) op die partituur en benoem die kadens.
Antwoord:
V7 – i Akkoorde = 2 punte
Volmaakte kadens Kadens = 1 punt
Minus ½ punt as 7de weggelaat is (3)
3.1.3 Besyfer die akkoorde by (a) tot (f) op die partituur deur Romeinse
syfers te gebruik, bv.iii6/iiib.
Antwoord: Sien partituur
1 punt per akkoord = 6 punte
Minus ½ punt as omkering of 7de weggelaat of foutief is (6)
3.1.4 Lewer kommentaar op die gebruik van die E in maat 181.
Antwoord:
• Dit is ‘n beklemtoonde bo-wisselnoot.
• Dit versier die tonika akkoord as ‘n nie-harmonienoot.
Enige EEN (1)
3.1.5 Noteer die volgende nie-harmonienote by (i) en (ii) op die partituur.
Gebruik ʼn kwartnoot-waarde vir jou antwoord.
Antwoord: Sien partituur
(i) Vooruitneming
(ii) Deurgangsnoot 2x1 (2)
3.1.6 Benoem die tipe nie-harmonienote by (iii) en (iv).
Antwoord:
(iii) (Bo)-wisselnoot
(iv) Terughouding 2x1 (2)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.
Antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die
spasies wat daarvoor verskaf is, bokant die notebalke, bv. G/B.
Antwoord: Sien partituur
1 punt per akkoord = 7 punte
Minus ½ punt as akkoorduitbreiding weggelaat of foutief is (7)
3.2.2 Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens.
Antwoord:
C/G – G7 Akkoorde = 2 punte
Onvolmaakte kadens Kadens = 1 punt
Minus ½ punt as 7de weggelaat is (3)
3.2.3 Lewer kommentaar op die baslyn in maat 11 tot 122.
Antwoord:
• Dit beweeg in teenoorgestelde rigting tot die melodie.
• Dit skep 'n opgaande baslyn vanaf die tonika na die dominant.
• Dit bevat 'n opwaartse chromatiese beweging vanaf die mediant na
die dominant.
• Die herhaalde note verhoog die harmoniese spanning wat na die
kadens lei.
Enige EEN (1)
3.2.4 Noteer die volgende nie-harmonienote by (i) en (ii) op die partituur.
Gebruik 'n agstenoot-waarde vir jou antwoord.
Antwoord: Sien partituur
(i) Deurgangsnoot
(ii) Bo-wisselnoot 2x1 (2)
3.2.5 Benoem die tipe nie-harmonienote by (iii) en (iv).
Antwoord:
(iii) Vooruitneming
(iv) Terughouding 2x1 (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor-
en baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisering in:
• Kadensiële tweede-omkering-( )-progressie
• Deurgangs-tweede-omkering-( )-progressie
• Dominantsewende akkoord
Konsep-antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEWYSING
Akkoordkeuse Insluitend die aangeduide akkoorde 15
Notasie en
8 minus aantal foute ÷ 4 8
stemvoering
Uitstekende
Uitstaande sin vir koraalstyl; gevorderde akkoordkeuse;
gebruik van omkerings bewerkstellig uitstekende progressie;
6–7 kreatiewe baslyn met melodiese kwaliteite; alt en tenoor
beweeg meestal trapsgewys; verbeeldingryke gebruik van
nie-harmonienote; gladde, akkurate of verbeeldingryke
stemvoering
Goed
Redelike sin vir koraalstyl; akkoordkeuse sluit sekondêre
akkoorde en omkerings in; baslyn bevat goeie balans tussen
5–5½ trapsgewyse beweging en aanvaarbare spronge; alt en
tenoor speel ‘n bindende rol binne ʼn beperkte omvang met
Kwaliteit meestal gladde en korrekte stemvoering 7
Gemiddeld
‘n Beperkte sin vir koraalstyl; akkoordkeuse meestal
3–4½ grondposisie van primêre akkoorde; baslyn onsamehangend
en nie duidelik beplan nie; alt and tenoor toon lukrake
beweging; stemvoering lukraak met tipiese foute
Swak
Geen sin vir koraalstyl; onsamehangende akkoordkeuse;
stemme is slegs 'ingevul'; geen onderskeibare stemvoering
0–2½ tussen akkoorde nie; onsamehangende of geen baslyn; geen
sin vir progressie; substansiële aantal foute; feitlik geen
poging om die vraag te beantwoord nie; met akkoorde of
slegs note losweg neergeskryf
Nota aan nasiener: Punt uit 30 mag nie ½ punte bevat nie (30 ÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
Kandidate moet krediet ontvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie
in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Geen punte word vir die simbole as sodanig
toegeken nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
4.2 Voltooi die agtmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in
halfnote by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die openingsakkoord in maat
1 gesuggereer word en gee aandag aan stemvoering. Sluit die volgende in:
• Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
• ii – V – I-progressie in C
• ʼn 13de-akkoord by die asterisk (*)
Konsep-antwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEWYSING
Akkoordkeuse Insluitend die aangeduide akkoorde 15
Notasie en
8 minus aantal foute ÷ 4 8
stemvoering
Uitstekend
Uitmuntende begrip vir die voorgestelde jazz-styl; gevorderde
akkoordkeuse; gebruik van uitgebreide akkoorde en
6–7 stemvoering (“voicing”) bewerkstellig uitstekende vloei;
verbeeldingryke realisering van stemvoering in verhouding tot
die melodie
Goed
Redelike sin vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse sluit
uitgebreide akkoorde, sekondêre akkoorde en omkerings in;
5–5½ die gebruik van uitgebreide akkoorde en stemvoering
bewerkstellig goeie vloei; aanvaarbare realisering van
stemvoering in verhouding tot die melodie
Kwaliteit 7
Gemiddeld
‘n Beperkte sin vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse
meestal grondposisie van primêre drieklanke; gebruik van
3–4½ akkoorde en stemvoering bewerkstellig aanvaarbare vloei;
baie basiese realisering van stemvoering in verhouding tot die
melodie
Swak
Geen sin vir die voorgestelde jazz-styl; onsamehangende
akkoorde; geen ware progressie en stemvoering; lukrake
0–2½ akkoorde; ‘n substansiële aantal foute; feitlik geen poging om
die vraag te beantwoord nie; met akkoorde of slegs note
losweg neergeskryf
Nota aan nasiener: Punt uit of 30 mag nie ½ punte bevat nie (30 ÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
Kandidate moet krediet ontvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie
in hierdie nasienriglyn vervat is nie. Geen punte word vir die simbole as sodanig
toegeken nie.
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 17 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
Nota aan nasiener: een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer
word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyn gegee word nie.
AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer, bv. 5.1.5 E.
5.1.1 Intellektuele eiendom (IE) …
Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt (1)
5.1.2 Inkomste van liedjieskrywers en musiekuitgewers vir CD-verkope of die
digitale aflaai van musiek kom hulle toe omdat … ter sprake is.
Antwoord: B Meganiese regte 1 punt (1)
5.1.3 Watter EEN van die volgende groepe baat by naaldtydregte?
Antwoord: C ‘n Opname-kunstenaar, sessiemusikant en
opnamemaatskappy 1 punt (1)
5.1.4 Watter EEN van die volgende is NIE ‘n voorbeeld van musiekroof NIE?
Antwoord: D Transkribering van ‘n soloparty met
toestemming van die kopiereg-eienaar 1 punt (1)
4x1=4
5.2 Voltooi die volgende sinne:
5.2.1 Die tipe maatskappy wat verantwoordelik is vir die bevordering van
musiekkomposisies namens liedjieskrywers word ‘n … genoem.
Antwoord: Musiekuitgewer 1 punt (1)
5.2.2 Betalings deur die gebruiker aan die eienaar van 'n werk wat deur
kopiereg beskerm word, word … genoem.
Antwoord: Tantième 1 punt (1)
5.2.3 ‘n Werk wat nie meer deur kopiereg beskerm word nie, sal in die …
geplaas word.
Antwoord: Openbare/publieke domein 1 punt (1)
3x1=3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 18 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.3 Waarvoor staan die akroniem SAMRO?
Antwoord: Suider-/Suid-Afrikaanse Musiekregte-Organisasie/
Southern/South African Music Rights Organisation 1 punt (1)
5.4 Beskryf wat met die waardeketting in die musiekbedryf bedoel word.
Antwoord:
• Dit is die pad wat musiek volg vanaf die konseptualisering van ‘n idee tot die
blootstelling daarvan aan die gebruiker of publiek.
• Komposisie, publikasie, opname, uitvoering, verkope
Enige EEN beskrywing = 2 punte (2)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 19 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
VRAAG 6
6.1 Noem die kunstenaar/groep van DRIE van die volgende werke. Skryf die
kunstenaar/groep langs die nommer van jou keuse, bv. 6.1.5 Mahlatini.
6.1.1 Phamba Madiba
Antwoord: Philip Tabane 1 punt (1)
6.1.2 Kuke Kwagijim’ Iveni
Antwoord: Mfaz’ Omnyama 1 punt (1)
6.1.3 Wena Wedwa
Antwoord: Thee Legacy 1 punt (1)
6.1.4 See You Later
Antwoord: Lemmy Mabaso 1 punt (1)
Enige DRIE = 3
6.2 6.2.1 Vergelyk die lofdigte wat in malombo- en maskandamusiek gevind word
ten opsigte van tempo en taalgebruik.
Antwoord:
Tempo
• Lofdigte in malombo is gewoonlik teen 'n medium tot vinnige tempo
terwyl die lofdigte in maskanda teen 'n vinnige tempo is.
Taal
• Lofdigte in malombo is in Sepedi/Tshivenda terwyl die lofdigte in
maskanda in isiZulu is.
Twee ooreenstemmende feite x 2 = 4 (4)
6.2.2 Noem TWEE oorspronge van maskandamusiek.
Antwoord:
• amaZulu volksmusiek/amaZulu blues
• Amahubo (seremoniële lied)
• Izibongo (lofdig)
• Umakhweyana (musiekboog)
• Styl van kitaarspel (“picking” of “strumming”)
• Beskikbaarheid van die Westerse kitaar
Enige TWEE (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 20 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.3 Definieer die volgende terme:
Antwoord:
6.3.1 Krepitasie
• ʼn Vokale effek of klank, bv. ʼn uitroep, keelklank (“murmur”), fluister
of sug, wat opwinding of instemming aan die uitvoering toevoeg. (1)
6.3.2 Isihlabo
• ʼn Inleiding wat in maskanda aangetref word. Dit word gewoonlik in
ʼn vinnige tempo en onreëlmatige tydmaat op kitaar gespeel. (1)
6.3.3 Umgqashiyo
• ʼn Ander naam vir mbaqanga wat deur Mahlathini en die Mahotella
Queens gebruik is. (1)
3x1=3
6.4 Watter houtblaasinstrument word gewoonlik in ‘n malombogroep aangetref?
Antwoord: Fluit/dinaka/diphala Enige EEN (1)
6.5 Beskryf kortliks die funksie van perkussie in tradisionele genesing.
Antwoord:
• Genesingseremonies bevat sang en dans wat deur perkussie-instrumente
(tromme en beenratels) begelei word.
• Die gebruik van tromme versterk die verbale boodskap.
• Tromme word aangewend om die tradisionele dialekte van die verlede te
kommunikeer.
• Die gereelde gebruik van kruisritmes help om ʼn staat van vervoering te
behou.
Enige DRIE (3)
6.6 Noem VIER prominente kenmerke wat jy in die musiek van Lemmy Mabaso sal
hoor.
Antwoord:
• Solo-penniefluitjie/saksofoon wat teen ʼn matige tot “upbeat” tempo speel
• Verskillende melodielyne word saamgeweef
• Melodie word deur improvisasie ontwikkel
• ʼn Wiegende, skoffel-agtige ritme en maatslag
• Herhalende ritmepatrone
• Die gebruik van jazz/swing ritmes (nie egalige ritmes nie)
• Begeleiding op kitaar/banjo
• Sikliese akkoordprogressies,bv. I–IV–V–I
Enige VIER (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 21 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7
Bespreek die rol van perkussie in die musiek van Philip Tabane.
Antwoord:
• Die malombo-tromme skep ʼn spesifieke stemming (“groove”) en dansritme.
• ʼn Sangoma-tromstyl wat op die malombo-tromme gespeel word induseer ʼn staat van
vervoering gedurende die optrede.
• Die tromme gebruik kreatiewe klankeffekte, bv. wanneer die tromspeler op die kitaar
se roep reageer.
• Die stemming van die lied word versterk deur die ritmiese patrone wat deur die
tromspeler gespeel word.
• Tromme fokus soms op die meloritmiese timbre wat inpas by die harmonie tussen
stem en kitaar.
• ʼn Wye verskeidenheid perkussie-instrumente kan gelyktydig deur tot drie spelers
bespeel word.
• Perkussie word gebruik om geaksentueerde, gladde en growwe klankteksture te
skep, om sodoende verskillende klankbeelde en stemminge in verskillende liedere
uit te beeld:
o Klanke uit die natuur, bv. reën wat nageboots word deur die reënstok, geritsel
van blare deur eenvoudige hand- en voetratels.
o Mensgemaakte klanke, bv. perde wat galop kan deur voetestamp, marakkas en
cabasa gemaak word.
Enige VYF [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 22 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8
8.1 Identifiseer die lied waaruit die volgende uittreksel kom.
Antwoord: Melodi Yalla (1)
8.2 Beskryf hoe Westerse instrumente die tradisionele instrumente in mbaqanga
vervang het.
Antwoord:
• ‘n Belangrike instrument wat in mbaqanga gebruik word, is die elektriese
kitaar wat die een-snaar boog (umakhweyana) vervang het.
• Tradisionele tromme is vervang deur die baskitaar en tromstel.
• In later jare word die elektriese orrel bygevoeg.
• Die penniefluitjie wat wyd in kwêlamusiek gebruik is, is deur die saksofoon
vervang in mbaqanga.
• Die Westerse tromstel word wyd in die musiek van Mahlathini en die Soul
Brothers gebruik.
• Die ritmes van die tromstel boots dié van die Afrika-tromme na wanneer dit
die indlamu-dans begelei.
Enige VIER (4)
[5]
VRAAG 9
9.1 Definieer die term meloritme.
Antwoord:
‘n Term wat gebruik word om die kombinasie van ritme en toonhoogte te beskryf
wat op perkussie-instrumente met hoë en lae tone geskep word, bv. op “talking
drum” en djembe. Dit word verkry deur die membraan op verskillende plekke te
slaan.
1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 23 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
9.2 Kies TWEE danse hieronder en noem die relevante kultuur en EEN
begeleidingsinstrument vir elk. Skryf die antwoorde langs die vraagnommers
(9.2.1 tot 9.2.8) van jou keuse neer.
Antwoord:
Dans Kultuur Instrumente
9.2.1 Tshikona vhaVenda • Nanga
• Ngoma
• Thungwa
• Murumba
9.2.2 Borankana baTswana • Phala
• Matlawana
• Handeklap
9.2.3 Muchongolo vaTsonga • Xighubu
• Fayi
• Ncomone
• Xitiringo
• Xitende
• Mohambi
• Sang
9.2.4 Mohobelo baSotho • Sang
• Tromme
9.2.5 Isitshikitsha amaNdebele • Sang
• Handeklap
• Gefluit
9.2.6 Indlamu amaZulu • Isighubu
• Handeklap
9.2.7 Dinaka baPedi Tromseksie
• Kiba
• Kaedišo
• Dothopana
Riet-/Blaserseksie
• Phalola
• Phalolana
• Kgomo
• Kgongwana
• Sereko
• Phetudi
• Teledi
Blaserseksie
• Letsie
• Phalafala
9.2.8 Sibhaca amaXhosa • Isighubu
• Impempe
• Handeklap
• Sang
2x2 (4)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 24 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 10
Maskanda-kitaarspelers is bekend vir hulle tegniese vaardigheid asook vir die feit dat
hulle baie kompeterend is, selfs al is hulle selde formeel as musici of kitaarspelers
opgelei.
Bespreek maskanda kortliks in 'n opstel en verwys na die kitaartegnieke en
stemmingstelsels wat met hierdie styl van musiek geassosieer word. Noem EEN
maskandalied en die kunstenaar wat daarmee geassosieer word.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Antwoord:
Voorbeeld van ‘n inleiding
Maskanda is ‘n ontwikkelende amaZulu musiekstyl waarin die hoof kitaarspeler die
groep lei met ‘n persoonlike artistieke uitdrukking as deel van die res van die
maskandagroep.
Beskrywing
• Die woord maskanda verwys na neo-tradisionele amaZulu instrumentale musiek.
• Maskanda ontstaan uit 'n plattelandse amaZulu musiektradisie wat ontwikkel het uit
amahubo (amaZulu tradisionele seremoniele musiek) en amaZulu boogmusiek.
2 punte
Kitaartegnieke
• Maskandagroepe het ʼn akoestiese kitaarspeler wat ʼn unieke ritmiese patroon met ʼn
vingerpluktegniek speel.
• Kitare het gewoonlik staalsnare sodat ʼn meer perkussiewe klank geproduseer kan
word.
• Ikati (plektrum) mag ook soms gebruik word om die tipiese perkussiewe klank te
produseer.
• Die kitaarspeler lei die hele groep en die groep pas aan by sy stemmingstelsel.
• Ukupika/ukunanza en ukuvamba word gebruik:
o Ukupika dui die pluk van kitaarsnare met die vingers van die regterhand waar die
duim amadoda (onderste snare) en die ander vingers (hoofsaaklik die wysvinger)
die melodie op die amantombazane (hoë snare) speel.
o Ukuvamba is die perkussiewe “strumming” van akkoorde met ʼn plektrum.
Enige VYF
Stemmingstelsels
• Die maskanda kitaarstyl is opmerklik vir sy spesifieke stemmingstelsel.
• Ware maskanda kitaarspelers is gestel op die beskerming van elk se eiesoortige
stemmingstelsel omdat dit ʼn belangrike deel vorm van die uitkenning van die
groep/kitaarspeler.
• Om ʼn kitaar of lied van ʼn ander maskanda-kitaarspeler te speel, sal jy eers die
instrument moet stem en daarna die “licks” en “riff” fraseringskombinasies waaruit
die melodie bestaan moet baasraak.
• isiZulu-styl is die gewone/standaard maskanda stemmingstelsel, en in hierdie styl
word die snare op EADGBD gestem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 25 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
• Alternatiewe stemmingstelsels word onder maskandi gebruik, bv:
o Isishameni-styl wat gewoonlik vir die isishameni-dans gebruik word. Hier word die
snare DADABD gestem.
o Isichunu-styl is dieselfde as die isishameni-styl met die snare op DADABD
gestem.
o Isigeyane-styl gebruik die isiZulu-styl, maar sluit ook verskillende ritmefpatrone
in.
o Isimandolini-styl gebruik EBBC#F#G# om die polifoniese klanke van tradisionele
instrumente soos die umgubhe (Amazulu boog) na te boots.
Enige DRIE
Lied en kunstenaar
• Kuke Kwagijim’ Iveni deur Mfaz’ Omnyama
• Umama deur Inkunz’ Emdaka
Enige EEN lied met die ooreenstemmende kunstenaar
Voorbeeld van ‘n slot
Die klank van maskanda is nou verbind aan die hoof kitaarspeler omdat hy sy eiesoortige
stemmingstelsel en tegnieke gebruik om ‘n persoonlike maskandaklank te vestig.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEWYSING
Beskrywing van
2
maskanda
Kitaartegnieke 5
Stemmingstelsels 3
Lied en kunstenaar 2
Uitstekend
Inleiding, afsluiting en stewige argument in = 3 punte
die middeldeel van die opstel
Goed
Inleiding, afsluiting en redelike argument in = 2-2½ punte
die middeldeel van die opstel
Gemiddeld
Logiese aanbieding van Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte
feite en struktuur van die middeldeel van die opstel 3
opstel Ondergemiddeld
Inleiding, afsluiting en swak argument in die = 1 punt
middeldeel van die opstel
Swak
Enkele paragraaf, swak poging met die skryf = ½ punt
van die opstel
Onaanvaarbaar
= 0 punte
Slegs enkele puntsgewyse feite
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 120
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 26 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: JAZZ
VRAAG 11
11.1 Noem die instrument wat deur DRIE van die Suid-Afrikaanse jazz-kunstenaars
hieronder bespeel word. Skryf die instrument langs die nommer van jou keuse,
bv. 11.1.5 tromstel.
11.1.1 Chris McGregor
Antwoord: Klavier 1 punt (1)
11.1.2 Feya Faku
Antwoord: Trompet/Flugelhorn 1 punt (1)
11.1.3 Kippie Moeketsi
Antwoord: Saksofoon 1 punt (1)
11.1.4 Jonas Gwangwa
Antwoord: Tromboon 1 punt (1)
Enige DRIE = 3
11.2 11.2.1 Vergelyk die inleidings in Jikelela Emaweni en Umjomela. Verwys na
instrumentasie en tempo.
Antwoord:
Instrumentasie
Jikelela Emaweni begin met baskitaar en tromstel met die melodie
klarinet, terwyl Umjomela met sterk “strumming” op die kitaar begin
waarna die baskitaar aansluit.
Tempo
Jikelela Emaweni word in ‘n matige skoffel-agtige tempo gespeel, terwyl
Umjomela in ‘n lewendige tempo gespeel word.
TWEE ooreenstemmende feite x 2 = 4 (4)
11.2.2 Watter titel wat in VRAAG 11.2.1 genoem word, is ‘n instrumentale werk?
Antwoord: Umjomela 1 punt (1)
11.3 Definieer die volgende terme:
Antwoord:
11.3.1 Plaasvervanging
Die gebruik van ʼn alternatiewe akkoord met ʼn soortgelyke harmoniese
funksie, of die gebruik van ʼn alternatiewe harmoniese progressie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 27 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
11.3.2 'Comping'
Die akkoorde, ritme en teenmelodieë wat die klawerbord, kitaar of
tromstel speel om ‘n musikant se solo/melodielyne te ondersteun. (1)
11.3.3 Improvisasie
Musiek wat gedurende ʼn voordrag geskep word en gebaseer is op die
vorm, melodie, ritme en akkoordprogressie van die werk wat gespeel
word. (1)
11.3.4 'Scat'-sang
ʼn Tipe sang wat gekenmerk word deur geïmproviseerde vokale klanke
(onsin-lettergrepe) in die plek van lirieke/woorde. (1)
4x1=4
11.4 11.4.1 Noem EEN plaaslike invloed op Miriam Makeba se musiekstyl.
Antwoord:
• Tradisionele liedere van die amaXhosa en amaZulu kultuur.
• Eksplosiewe klik-klanke uit haar moedertaal (isiXhosa).
• Gebruik van a cappella genesings-dreunsange van die sangoma.
Enige EEN (1)
11.4.2 Noem EEN Europese styl wat Mirian Makeba se musiek beïnvloed het.
Antwoord:
• Engelse ballades
• Portugese fados
• Yiddishe volksmelodieë
• Kontemporêre Europese volksmusiek
Enige EEN (1)
11.5 Maak ‘n lys van DRIE verskille tussen AABA-vorm en ‘n 12-maat blues-vorm.
Antwoord:
• In AABA-vorm is daar vier seksies (gewoonlik 8 mate elk). Die eerste seksie
(A) word herhaal aan die begin en einde, terwyl daar slegs een seksie (die 12-
maat siklus) in ʼn 12-maat blues is.
• AABA-vorm het twee kontrasterende idees/temas (A en B), terwyl ʼn 12-maat
blues nie tot 'n spesifieke aantal beperk word nie.
• AABA-vorm bevat verskillende akkoordprogressies vir A en B, terwyl ʼn 12-
maat blues ʼn vaste progressie vir die 12 mate as geheel het.
• AABA-vorm word in verskeie style gebruik, terwyl ʼn 12-maat blues die basis
vorm vir alle werke in ʼn blues-styl.
Enige DRIE ooreenstemmende verskille (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 28 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
11.6 Noem DRIE prominente melodiese en/of harmoniese kenmerke van die musiek
van Spokes Mashiyane.
Antwoord:
• Melodie word gespeel deur solo penniefluitjie en/of saksofoon
• Verskillende melodielyne word saamgeweef deur twee melodiese
instrumente
• Herhalende melodiese patrone word deur improvisasie en versiering
ontwikkel
• Melodie word gekenmerk deur meer akkoordnote
• Sikliese akkoord-progressie: I–IV–I64 –V
• Hoofsaaklik primêre akkoorde gebruik: I-IV-V
Enige DRIE (3)
[20]
VRAAG 12
Bespreek die Afrika-invloede wat Abdullah Ibrahim aangewend het om 'n kenmerkende
klavierstyl te vorm.
Antwoord:
• Die ritme van die ghoematrom dra by tot die ostinato begeleidingsfiguur in die
linkerhand:
• Invloede van die kwêla skiffel-agtige ritmes kom voor in sommige van sy stukke.
• Kaap-Maleisiese volksliedere wat beïnvloed is deur die ghoemadans verleen
lewendigheid aan sy klavierwerke, bv. Hit and Run.
• Die gebruik van drie-akkoord harmoniese progressies/siklusse (I–IV–V) wat in
kerkgesange en ander musiek aangetref word, bv. mbaqanga (township jive) en
Mannenberg (marabi-progressie) kom voor.
• Styl van dansorkeste (langarm/twostep) is ʼn kenmerkende eienskap.
• Die styl-spesifieke gesinkopeerde melodiese styl van marabi-jazz kom voor, bv. in
Soweto.
• Melodiese nabootsing van die penniefluitjie kom voor.
• Oosterse toonleersisteme (mineurtoonleer met verhoogde 4e en 7e en verlaagde 2e)
soos wat dit in The Pilgrim gebruik word, is soortgelyk aan die klavierstyl van Noord-
Afrika komponiste.
• Gebruik tradisionele musiek van die amaXhosa en inkorporeer elemente van ouer
San en Khoi musiek, bv. ossilering tussen die tonika en supertonikadrieklanke.
• Mbira-timbre beïnvloed sy klavierklank in ʼn helder perkussiewe klavierstyl.
Enige VYF [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 29 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 13
Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n aspek van Vary-oo-Vum in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–K) langs die vraagnommers (13.1 tot 13.5) neer,
bv. 13.6 L.
KOLOM A KOLOM B
13.1 Styl A Swing
B Bebop/Hard bop/Blues
13.2 Harmonie C Diatoniese harmonie in inleiding
D Chromatiese harmonie in inleiding
13.3 Inleiding E Gesinkroniseerde ritmiese patrone
F Poliritmiese eienskappe
13.4 Blaasinstrumente G Tromboon, trompet en saksofoon
H Tuba, horing en saksofoon
13.5 Ritmeseksie J Klavier en blaasinstrumente
K Klavier, baskitaar en tromstel
Antwoord:
13.1 B
13.2 D
13.3 E
13.4 G
13.5 K
5x1 [5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 30 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 14
14.1 Noem die kunstenaar/groep wat jy met die uittreksel hieronder assosieer.
Antwoord: The Manhattan Brothers 1 punt (1)
14.2 In watter dekade het die styl/genre in VRAAG 14.1 ontstaan?
Antwoord: 1920’s 1 punt (1)
14.3 Noem DRIE invloede wat hierdie musiekstyl help vorm het.
Antwoord:
• Tiekiedraai (Kaapse volksdans)
• amaXhosa volksliedere
• Vroeë Amerikaanse jazz
• Ragtime
• Blues musiek (12-maat blues)
• Sosiale byeenkomste van die voorstedelike werkersklas Afrika-musikante,
bv. stokvel-partytjies
Enige DRIE (3)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 31 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 15
Zim Ngqawana het van sy Zimphonic Suites geskryf dat dit oor 'harmonie tussen die
antikwiteit (antieke) en moderniteit' gegaan het.
Beskryf die persoonlike styl van Zim Ngqawana se musiek in 'n opstel. Verwys na
algemene stylinvloede op sy musiek en sy werk, eBhofolo.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die
opstel.
Antwoord:
Voorbeeld van ‘n inleiding
Zim Ngqawana se musiek demonstreer ‘n progressiewe benadering tot moderne jazz in
die samesmelting van ‘n verskeidenheid van kenmerke.
Algemene styl-invloede
• Die filosofiese invloed op Zim Ngqawana was, 'musiek is nie slegs note nie'. Hy het
geglo dat elke stuk musiek betekenis het en verbind is aan die mense, plekke en
omgewing rondom jou.
• Hy het homself verdiep in soveel musiekstyle en idees as moontlik, en het hierdie
diversiteit in sy eie musiek geïnkorporeer:
o Tradisionele, antieke amaXhosa ritmes en liedere is met sy eie persoonlike
interpretasie van jazz vermeng.
o Abdullah Ibrahim se Afrika melodieë en gebruik van harmonie is aanwesig
o Harmonie van Westerse kerkmusiek beïnvloed sy spirituele uitset
o Invloede van Noorweegse volkstradisies deur sy samewerking met Noorweegse
musikante het neerslag gevind in sy werk.
o ʼn Uiteenlopende reeks musiekstyle word in sy musiek gereflekteer, onder andere
bop en hard bop, funk, Indiese musiek, Noord-Afrika/Midde-Oosterse musiek,
Westerse klassieke musiek, Latyns-Amerikaanse style, bv. samba en tango.
• Avant-garde benadering tot musiek lei na ʼn atonale en vrye styl.
• Hoekige melodiese lyne en onreëlmatige harmoniese ritmes onderskryf 'n moderne
en progressiewe benadering tot frasering en gebruik van kadense.
• Sterk beklemtoning van improvisasie
eBhofolo
• Hierdie werk is ʼn lied wat handel oor 'Amageza'. Dit is mense in ‘n psigiatriese
hospitaal in Fort Beaufort.
• Dit begin met ʼn 'swinging vamp' in 9/8 voordat die res van die orkes intree.
• Nadat die stemming ('groove') vasgestel is, sing/kantileer Zim Ngqawana en
improviseer dan met verwysing na intlombe, sy ma se huis en spiritualiteit. Van hier
af bou die musiek op na ʼn staat van vervoering.
• Die volgende invloede in hierdie werk kom na vore:
o Dit is gewortel in inheemse Suider-Afrika klanke.
o Hy gebruik tradisionele amaXhosa musiek, bv. 'n twee-akkoord ostinato wat
herinner aan die ugubhu boog, en herhalende ritmes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 32 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
o Hy is beïnvloed deur die intlombe of musiekbyeenkoms van isiXhosa sprekende
volke waar tradisionele genesers en dorpsmense spirituele geleenthede skep
deur liedere te sing wat deur verskeie tradisionele instrumente begelei word.
o Versmelting van Afrika-melodieë met modale jazz
o Amerikaanse jazz 'swing-vamp'-stemming
o Nabootsing van die amaXhosa dansstyl
o Midde-Oosterse vokale sufi-dreunsange in die vokale lyne/deklamerende sang
o Die Afrika mbira timbre dra by tot die perkussiewe klavier-ostinato.
o Progressiewe benadering tot frasering en kadense, om ooreen te stem met
internasionale praktyke.
o ʼn Avant-garde benadering tot jazz deur die gebruik van ʼn kombinasie van klanke
soos fietsklokkies en fluitjies.
Voorbeeld van ‘n slot
Zim Ngqawana se musiek is ‘n versmelting van verskeie globale musiekstyle, oud en
nuut, gekombineer met ‘n intense persoonlike klank.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEWYSING
Algemene styl-invloede 6
eBhofolo 6
Uitstekend
Inleiding, afsluiting en stewige argument in = 3 punte
die middeldeel van die opstel
Goed
Inleiding, afsluiting en logiese argument in = 2-2½ punte
die middeldeel van die opstel
Gemiddeld
Logiese aanbieding van Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte
middeldeel van die opstel
feite en struktuur van die 3
Ondergemiddeld
opstel Geen duidelike Inleiding, afsluiting met ‘n
= 1 punt
swak argument in die middeldeel van die
opstel
Swak
Enkele paragraaf, swak poging tot die skryf = ½ punt
van ‘n opstel
Onaanvaarbaar
= 0 punte
Slegs enkele puntsgewyse feite
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 50
GROOTTOTAAL: 120
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 33 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
VRAAG 16
16.1 Noem die vorm van DRIE van die werke wat jy bestudeer het. Skryf die vormtipe
langs die nommer van jou keuse, bv. 16.1.5 fuga.
16.1.1 Die Hebrides
Antwoord: Sonatevorm 1 punt (1)
16.1.2 Laaste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 68
Antwoord: Sonate-rondovorm 1 punt (1)
16.1.3 Ouverture tot Die Towerfluit
Antwoord: Sonatevorm (met inleiding) 1 punt (1)
16.1.4 Der Vogelfänger bin ich ja
Antwoord: Strofiese vorm 1 punt (1)
Enige DRIE = 3
16.2 Beskryf TWEE verskille tusen opera buffa en opera seria.
Antwoord:
Tema
Opera buffa het ʼn komiese element teenoor die ernstige element van opera seria.
Stories
Opera buffa se verhale is lighartig en romanties van aard, terwyl opera seria se
stories dikwels tragies en heroïes is.
Karakters
Opera buffa bevat komiese karakters wat gewoonlik uit die werkersklas kom, bv.
plaas- of huiswerkers. Opera seria se karakters is gewoonlik koninklikes of
antieke gode.
Dialoog
Opera buffa bevat dialoog terwyl opera seria geen dialoog bevat nie.
Tydsduur
Opera buffa is korter (2 bedrywe) terwyl opera seria langer is (3 bedrywe).
Formaat
Opera buffa se formaat is vryer ten opsigte van resitatief, arias en kore vir elke
bedryf terwyl opera seria 'n vasgestelde volgorde en formaat van resitatief, arias
en kore vir elke bedryf het.
Aria
Die vorm van die aria in opera buffa word aangepas by die karakter in die verhaal,
terwyl opera seria gekenmerk word deur die Da Capo-aria wat die sanger se
tegniek vertoon, dikwels ten koste van die verhaal.
Enige TWEE ooreenstemmende feite 2 x 2 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 34 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
16.3 Noem EEN ander operatipe behalwe dié wat in VRAAG 16.2 genoem is.
Antwoord:
Singspiel, Grand opera, Operette, Opera comique
Enige EEN (1)
16.4 Verduidelik die volgende terme wat in opera aangetref word: (Let op spelling)
Antwoord:
16.4.1 Aria
‘n Sololied met orkesbegeleiding (1)
16.4.2 Melisma
Veelvuldige note wat per lettergreep gesing word. (1)
16.4.3 Libretto
Die teks van ‘n opera met ‘n lys van die karakters/rolle en die woorde wat
gesing gaan word, sowel as verhoogaanwysings.
Slegs ‘teks/woorde van ‘n opera’ = ½ punt (1)
3x1=3
16.5 Skryf EEN woord of term vir die volgende beskrywings:
16.5.1 Die klawerbordinstrument wat deel was van die Barok-orkes, maar nie
van die Klassieke orkes nie
Antwoord: Klawesimbel 1 punt (1)
16.5.2 ‘n Nie-transponerende instrument in die koperblaasseksie van ‘n
standaard Klassieke orkes
Antwoord: Trompet in C/Tromboon 1 punt (1)
16.5.3 ‘n Dubbelrietinstrument wat die tenoorsleutel gebruik
Antwoord: Fagot 1 punt (1)
3x1 (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 35 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
16.6 Maak 'n lys van DRIE verskille tussen ‘n kodetta en ‘n koda.
Antwoord:
KODETTA KODA
Kom voor aan die einde van die Kom voor aan die einde van die
uiteensetting heruiteensetting
Eindig in ‘n verwante toonsoort Eindig in die tonika toonsoort
Gewoonlik kort Kan uitgebrei word om ʼn langer seksie
te word
Gewoonlik uitgebreide kadens (met Kan nuwe materiaal insluit wat verder
geen nuwe materiaal nie) ontwikkel word voordat dit met ‘n
uitgebreide kadens eindig
Enige DRIE ooreenstemmende feite (3)
16.7 Noem DRIE komposisietegnieke wat jy in die musiek van die Mannheim-skool sal
hoor.
Antwoord:
Komposisietegnieke
• Mannheim vuurpyl/Vuurpylmotief
• Mannheim sug/Sugmotief
• Mannheim voëls/Solo instrument wat voëls naboots
• Mannheim roller
• Openingsarpeggio’s
• Mannheim Generalpause/Algehele pouse
• Mannheim crescendo
Enige DRIE (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 36 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 17
17.1 Skryf ‘n paragraaf waarin jy die virtuose elemente in die aria waaruit die uittreksel
hieronder geneem is, beskryf. Verduidelik hoe hierdie elemente by die verhaal
van die opera inpas.
Antwoord:
• Dit is geskryf vir virtuose solostem (koloratuursopraan) om die dramatiese
stemming en die woede van die karakter uit te beeld.
• Die stem styg bokant die tutti (volle) orkes uit om sodoende die wraak en
woede oor die prinses se ontvoering in die musiek oor te dra.
• Die vinnige tempo (allegro assai) skep ‘n gevoel van aggressie terwyl die
Koningin van die Nag beplan om al haar kragte in te span om haar aartsvyand
Sarastro te verslaan.
• Skerp en presiese ritmes in die melodie word deur kragtige stryker-tremolo’s
ondersteun en dit verhoog die spanning in die storielyn.
• Groot spronge in die melodielyn binne ʼn baie hoë vokale omvang rek die
atmosfeer van woede en die versugting na wraak uit.
• Die tegniese vereistes en hoogs versierde melodie in die hoë register verhoog
die koorsagtige atmosfeer.
• Melismas in die melodie sluit dikwels dissonante intervalle in, en dit
versinnebeeld die bose voornemens van die karakter.
Element en verduideliking 4 x 1 (4)
17.2 Noem die karakter wat die aria genoem in VRAAG 17.1 sing.
Antwoord: Koningin van die Nag 1 punt (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 37 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 18
18.1 Kies EEN beskrywing uit KOLOM B wat by 'n element in KOLOM A pas ten
opsigte van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 68. Skryf slegs die
letter (A–G) langs die vraagnommers (18.1.1 tot 18.1.4), bv. 18.1.5 H.
KOLOM A KOLOM B
18.1.1 Eerste beweging A Menuet en trio, F mineur
18.1.2 Tweede beweging B F majeur, sonatevorm
18.1.3 Vierde beweging C Vinnig en lewendig, F mineur
18.1.4 Vyfde beweging D Allegretto, tonika-toonsoort
E F mineur, sonatevorm
F Allegro ma non troppo, F mineur
G Verwante toonsoort, stadige beweging
Antwoord:
18.1.1 B
18.1.2 G
18.1.3 C
18.1.4 D
4x1 (4)
18.2 Hoeveel bewegings het ‘n standaard Klassieke simfonie?
Antwoord: Vier 1 punt (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 38 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 19
Skryf ‘n paragraaf waarin jy die ooreenkomste en verskille tussen die konsert-ouverture
en die simfoniese toondig bespreek.
Antwoord:
Ooreenkomste
• Beide is enkel-beweging orkeswerke
• Genres uit die Romantiese stylperiode
• Kan geïnspireer word deur ‘n gedig, ‘n skildery of die natuur
• Beide het beskrywende titels
Verskille
Beskrywende titel en programmatiese inhoud
• Konsertouverture het ‘n vae programmatiese inhoud, terwyl ‘n simfoniese toondig
spesifieke programmatiese inhoud en ‘n program het wat deur die komponis
voorgeskryf is.
Vorm
• Konsertouverture is gewoonlik in sonatevorm, terwyl ‘n simfoniese toondig in vrye
vorm mag wees wat deur die programmatiese inhoud bepaal word.
Tydsduur
• ‘n Konsertouverture is korter as 'n simfoniese toondig, wat gewoonlik 'n meer
uitgebreide werk is.
Ooreenstemmende verskille ½ x 2 = 1 punt
Minimum EEN verskil en EEN ooreenkoms
5x1 [5]
VRAAG 20
Beethoven gebruik ‘n standaard Klassieke orkes in sy Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.
68.
Skryf ‘n opstel waarin jy die vierde en vyfde bewegings van hierdie simfonie beskryf, met
spesifieke verwysing na instrumentasie en orkestrasie.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.
Antwoord:
Voorbeeld van ‘n inleiding
Beethoven gebruik die standaard Klassieke orkes in sy Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 68,
maar hy voeg instrumente in die vierde en vyfde beweging by om die toonkleur van die
orkes uit te brei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 39 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Standaard Klassieke orkesinstrumentasie
Strykers
‘n Gebalanseerde eenheid van eerste en tweede viole, altviole, tjello’s en kontrabasse
Houtblasers
‘n Paar van elk van fluite, klarinette, hobo's en fagotte
Koperblasers
Twee elk van trompette en Franse horings
Perkussie
Twee timpani
Een punt vir elke instrumentgroep 4 x 1
VIERDE BEWEGING (Gewitter Sturm/Donderstorm/Storm)
Instrumentasie/Orkestrasie:
• Hy voeg ʼn piccolo in die vierde beweging by.
• Twee trombone word in die vierde en vyfde bewegings bygevoeg.
• Beethoven skep wend spesifieke instrumente aan vir hul kleur om ‘n klankbeeld van
die storm te skep.
• pp stryker-tremolos kom voor in die brug tussen die derde en vierde beweging skep
afwagting.
• Die tjello’s en kontrabasse speel kwartole en kwintole.
• Die viole speel staccato agtstenote in die openingseksie.
• ff arpeggio’s word deur die hoë strykers gespeel en chromatiese baslyne deur die lae
strykers.
• Die bykomende twee trombone voeg intensiteit by die stemming.
• Hoë strykers speel opgaande en afgaande chromatiese passasies soos wat die
storm toeneem in intensiteit.
• Afgaande arpeggio-figure in die strykers is prominent.
• Die piccolo speel skril, hoë note.
• Kontrabasse speel trioolfigure teen die einde van die beweging soos wat die storm
bedaar.
• Die timpani word gebruik om die donderslae uit te lig eerder as om slegs die basiese
harmonie te ondersteun.
Enige VIER
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 40 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VYFDE BEWEGING (Hirtengesang: Frohe und dankbare Gefühle nach dem
Sturm/Herderslied - Dankbare gevoelens na die Storm)
Instrumentasie/Orkestrasie:
Die skakel tussen die vierde en vyfde bewegings:
• Die strykers begin met ʼn gesang-agtige tema, waarna die fluit ʼn opgaande
toonleerpassasie speel.
Vyfde beweging
• Die Franse horings en klarinette speel ʼn Alpe-jodeltema wat die vyfde beweging inlui.
• Die lae strykers begelei die openingsjodel met ʼn dreunbas.
• Die hoë strykers speel die melodie van die eerste tema en die lae strykers word later
bygevoeg.
• Houtblaasinstrumente voeg kleur en kontoer by die melodielyn.
• Houtblasers speel die jodeltema as ʼn sekwensiële figuur, gemerk dolce.
Enige VIER
Voorbeeld van ʼn slot
Beethoven gebruik die standaard Klassieke orkes en brei die sonoriteit uit deur die gebruik
van addisionele instrumente en interessante orkestrasie.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEWYSING
Standaard Klassieke-
4
orkes- instrumentasie
Vierde beweging 4
Vyfde beweging 4
Uitstekend
Inleiding, afsluiting en stewige argument = 3 punte
in die middeldeel van die opstel
Goed
Inleiding, afsluiting en redelike argument = 2-2½ punte
in die middeldeel van die opstel
Gemiddeld
Logiese aanbieding van Inleiding, afsluiting en vae argument in die = 1½ punte
feite en struktuur van die middeldeel van die opstel 3
opstel Ondergemiddeld
Inleiding, afsluiting en swak argument in = 1 punt
die middeldeel van die opstel
Swak
Enkele paragraaf, swak poging met die = ½ punt
skryf van ‘n opstel
Onaanvaarbaar
= 0 punte
Slegs enkele puntsgewyse feite
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (English)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper