Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 10
GESKIEDENIS
NOVEMBER 2019
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 8 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





History Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)
Grade 10 History Paper 1 question paper from the North West November 2019 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 10 · North West November · 2019. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- North West November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 417.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
North West November 2019
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 2 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT SE TRANSFORMASIES HET NA 1750 IN SUIDER-AFRIKA
PLAASGEVIND WAT TOT DIE UITBREIDING VAN SUIDER
TSWANA-HOOFMANSKAPPE GELEI HET?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik die oorsprong en lewensstyl van die Tswana-
sprekende mense gedurende die 1750 tot 1820 tydperk.
Die suid-Tswana was die voorouers van die Setswana-sprekende mense wat in groot
nedersettings in die Bosveldstreek van Suider-Afrika, aan die wes-grens van die
Hoëveld gewoon het. Hulle het sedert die einde van die 18de eeu suksesvol met
sorghum, giers en beeste geboer.
Namate die bevolking in die Tswananedersettings toegeneem het, het druk op die
omgewing ook toegeneem. Tswana-boere wou nie hul houthulpbronne oorbenut nie,
omdat hulle van hout afhanklik was om huise te dek, om vuur te maak vir kook, vir
pottebakkery en om yster te smelt. Gevolglik het Tswana-boere beestekrale en
opstalgrense met droë klipmure, inplaas van hout, begin bou. Die gebruik van klip
was omgewingssinvol aangesien dit die hout bewaar het.
Die gebruik van klip, deur die Tswana-mense, om grense te maak is vandag vir
argeoloë nuttig. Dit maak hierdie nedersettings maklik om te vind. Klipmure wys
duidelik op lugfoto’s.
[Aangepas uit Grade 10 Focus Text book, p135]
BRON 1B
Die onderstaande bron fokus op die handelsverhoudinge van die Tswana-volk en die
faktore wat tot die uitbreiding van die Tswana’s, gedurende die 1800's, bydra.
. . . Nog ‘n teorie is dat daar ‘n toename in handel met ander streke was. Ons weet
dit uit geskrewe rekords en argeologiese bewyse. By Tswana-gebiede het argeoloë
koeierskulp en krale gevind, wat van Moslem en Portugese handelaars, aan die
Indiese Oseaan kus gekom het. Die Tswana’s het ook vuurwapens en perde van die
Kaapkolonie in die suide gekry, wat hulle van die Khoi-handelaars gekoop het.
Hulle het ook handelskakels met die Portugese, aan die weskus in Angola, gehad. In
ruil vir die goedere wat hulle gekoop het, het die Tswana-gebiede ivoor, koper en
dierevelle voorsien. Sommig hoofmanne het baie ryk geword as gevolg van hul
beheer oor die handelsroetes. Dit het beteken dat hulle hoofmanskappe begin groter
word het namate meer mense by hul aangesluit het.
[Aangepas uit In Search of History Textbook, Grade 10, p107]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 3 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
BRON 1C
Die foto hieronder beeld Dithakong (‘n Tswana-nedersetting) in 1812 uit. Die reisiger,
WJ Burchell, beskryf ‘ ‘n menigte huise wat strek sover die oog kon sien, alles op ‘n
netjiese wyse gebou’. Die nedersetting was ook ‘n sentrum van aktiwiteite, soos ‘n
mark.
[Aangepas uit Viva, Graad 10, Handboek, p. 180]
BRON 1D
Die bron uit:
Geneem hieronder verduidelik sommige van die faktore wat tot die uitbreiding van die
Tswana-mense vanaf die 1750's tot die 1820's bygedra het.
Tswana-nedersettings was op belangrike handelsroetes tussen Angola in die weste,
Mosambiek in die ooste en suidwaarts na die Kaap geleë. Die handel was meestal in
krale, dierevelle (karosse), koper, yster en beeste. Daar was toenemende vraag na
handelsgoedere teen die einde van die 18de eeu. Handelaars van Delagoabaai
(Mosambiek) wou ivoor hê en Tswana-Hoofmanne wou luukse, ingevoerde goedere
soos glas en porseleinkrale hê. Hoofmanne het meegeding om olifante te jag en die
handelsroetes te beheer.
'n Droogte wat in 1800 begin het, het die hoeveelheid landbougrond en weiding vir
beeste verminder. Dit het tot mededinging vir skaars hulpbronne gelei. Mededinging
vir handel en konflik oor hulpbronne het daartoe gelei dat Hoofmanne alliansies met
mekaar verbind vir beskerming. Groot nedersettings soos Dithakong en Molokwane
is gestig, en het 10 000 of meer mense gehuisves.
[Aangepas uit New Generation, Graad 10, Handboek p. 120]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 4 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP GROND VAN 1913 DIE GRONDONTEIENING
ONDER SWART SUID-AFRIKANERS VERSKERP
BRON 2A
Die uittreksel hieronder verduidelik die ekonomiese en sosiale impak van die Wet op
Naturelle Grondbesit van 1913, in Suid-Afrika.
Baie blanke grondeienaars was ongelukkig oor swart mededinging vir grond, en het
die regering, aan die begin van die 20ste eeu versoek om swart grondbesit in Suid-
Afrika te beperk. Grootliks as gevolg van die druk van die polities magtige blanke
boere, het die regering die Wet op Naturelle Grondbesit 1913 bekragtig. Om te
verhoed dat swartboere met die blanke boere om grond meeding, het die Wet minder
as 7.5% grond as reserwes opsy gesit waar die swart mense grond kon koop . . .
Duisende swart-deelboere en kontanthuurders is van hul grond af gesit en is
gedwing om swak betaalde plaasarbeiders en arbeidshuurders te word. Sommige
swart mense was nie bewus dat daar ‘n verandering in die arbeidswet was nie.
Hierdie mense het, met hul gesinne en vee, oor die land rondgetrek, opsoek na
ander woonplek. Hulle is uiteindelik gedwing om na oorvol reserwes te trek; gedwing
om hul vee dood te maak of aan blanke boere te verkoop. Die Wet het die
moontlikheid dat swartboere, kommersiële boere word, beëindig. Die 1913 Wet op
Naturelle Grondbesit het ellende en armoede onder die swarte Suid-Afrikaners
gebring.
[Uit Foundations of the New South Africa deur J Pampallis]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 5 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
BRON 2B
Hierdie is 'n uittreksel, deur Feinberg, wat die negatiewe impak van die 1913 Wet op
Naturelle Grondbesit op swart Suid-Afrikaners geopenbaar het.
Feinberg onthul dat swart Suid-Afrikaners tot sewe persent van die Suid-Afrikaanse
grond, wat in hulle besit was voordat die Wet op Naturelle Grondbesit 1913,
bekragtig is, beperk is. Geleenthede om grond te koop was erg beperk vir swart
Suid-Afrikaners. As gevolg van die Wet op Naturelle Grondbesit is hul ekonomiese
stabiliteit en welsyn erg ontwrig. Verder wys Feinberg daarop dat Afrikane, as gevolg
van die Wet, nie meer grond buite die reswerwes by wit eienaars kon huur of verhuur
vir ekonomiese ontwikkeling nie. Dit het armoede onder die swart Suid-Afrikaners
verskerp.
Die Wet op Naturelle Grondbesit het ook deelboerdery verhoed. Voor die Wet kon
beide blankes en swartes hul wins van landbou-aktiwiteite deel, wat gehelp het om
Afrika-gemeenskappe op te hef. Nietemin, met die beëindiging van winsverdeling het
die swartmense hul inkomste verloor. Dit het tot die armoedekoers bygedra, en
manlike Afrikane is gedwing om hul tuistes te verlaat om in Suid-Afrikaanse myne te
gaan werk. Dit was die begin van die trekarbeidstelsel wat baie Afrikane se lewens
en stabilitiet ontwrig het. Voor hierdie Wet, was swart Suid-Afrikaners selfstandig en
selfversorgend omdat hulle grond besit het. Volgens Feinberg het ‘die 1913, Wet op
Naturelle Grondbesit die sosio-ekonomiese onreg van Apartheid in Suid-Afrika
weerspieël.’
[Uit Department of Biblical and Ancestral Studies deur L Modise & N Mtshiselwa]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 6 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
BRON 2C
Hierdie bron het betrekking op die pyn en lot van Kgobadi-familielede wat in 1913
van ‘n Oranje-Vrystaat plaas afgesit is.
Mev. Kgobadi het 'n siek baba gedra toe die uitsetting plaasvind, en sy moes haar
liefling van die huis na die stampende ossewa dra waarmee hulle die plaas verlaat
het. Twee dae later het die kleintjie baie siek geword as gevolg van blootstellling en
ontbering op die pad en gedurende die nag voor ons hulle ontmoet het, is sy siel van
sy aardse bande verlos (hy is dood). Die dood van die kind het 'n vars radeloosheid
(verwarring) vir die geteisterde ouers gebring. Hulle het geen titelreg op die land,
waardeer hulle getrek het, gehad nie: hulle moes op die openbare paaie hou - die
enigste plekke wat vir die verdryfdes toelaatbaar was mits hulle in besit van ‘n
reispermit was. Die oorlede kind moes begrawe word, maar waar, wanneer en hoe?
Hierdie jong swerwinde familie het besluit om onder die dekmantel van die duisternis
van die nag 'n graf te grawe, wanneer niemand ‘gekyk’ het nie, en in daardie ru wyse
is die dooie kind begrawe te midde van vrees en bewing, met die hoop dat die
eienaar van die plek, of enige van sy dienaars, hulle nie sou uitvang nie. Selfs
misdadigers van die galg het 'n onbetwiste aanspraak op ses voet grond gehad
waarop hulle hulle kriminele oorblyfsels tot rus kon lê, maar onder die wrede werking
van die Naturelle Grondbesit Wet is kindertjies, wie se enigste misdaad was, dat God
nie hulle wit gemaak het, hierdie reg ontken.
[Uit New Generation, Graad 10, Handboek]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 7 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
BRON 2D
Hierdie bron is 'n spotprent deur Zapiro wat uit die Sowetan-koerant, wat in Junie
2013 gepubliseer is, geneem is. Dit wys die grondkwessie in Suid-Afrika na die
aanvang van demokrasie.
WET OP GRONDBESIT
HERROEP 1994
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis 8 NW/November 2018
NSS – Grade 10 – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
1. Anon. 2011. New Generations Learner Book Grade 10. New Generations
Publishing
2. Cameron T. (ed) 1986. The New Illustrated History of South Africa.
Johannesburg. Jonathan Ball.
3. Du Toit F. Ed. 2004. Turning Points in History, Book 4, Industrialisation, Rura
Change and Nationalism (STE Publishers PTY) Ltd
4. Johanneson B. et al. 2011. Focus Learner Book Grade 10. Maskew Miller
Longman (PTY) Ltd
5. Johanneson B & Sached Authors. 1995. The Land The Basotho Lost. Maskew
Miller Longman (PTY) Ltd
6. Plaatjie ST. 1998. Native Life in South Africa (Gutenberg)
7. Reader’s Digest Illustrated History of South Africa. 1995. (Readers Digest,
Cape Town)
8. Rossouw T. 2011. Viva History Learner Book Grade 10. Vivlia Education for
the Nation Publishers & Booksellers (PTY) Ltd
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Eng)

Question paper
History Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Afr)

Question paper
History Grade 10 P1 North West November 2019 QP (Eng)

Memorandum
History Grade 10 P1 North West November 2019 Memo (English)

Memorandum
History Grade 10 P1 North West November 2019 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 10 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)
More from Grade 10 History

Addendum
History Grade 10 P1 November Mock 2026 Addendum (English)

Memorandum
History Grade 10 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Addendum
History Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Addendum (Eng)

Memorandum
History Grade 10 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 10 His ATP 2023 24

Question paper and memo