Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
SEPTEMBER 2019
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b86194b9-4818-4f56-b6a6-1f8188552349/v1-862544eccd7016f8ee20/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2/v1-a0a97a96d22e080d0901/card.webp)

View all





History Grade 12 P2 North West Mock 2019 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2019
- Exam period
- North West Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 675.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 NW/September 2019
NSS-Addendum
VRAAG 1: WATSE IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYN-FILOSOFIE OP DIE
STUDENTE VAN SOWETO, IN DIE 1970's, GEHAD?
BRON 1A
Die onderstaande uittreksel fokus op die stigting van SASO (1969) en die ‘Black People’s
Convention’ (1972) as voorlopers vir die Swartbewussynsbeweging.
In die laat 1960's het die Swartbewussynsfilosofie begin om steun te kry. Swartbewussyn
beklemtoon sielkundige (emosionele) redes as die hoofversperring vir swart emansipasie
(vryheid) en 'n generasie wat slegs die vernedering (verleentheid) van 'grand apartheid'
geken het, en daar is besluit dat die tyd gekom het om die ‘status quo’ (huidige situasie )
uit te daag. Die hoof komunikasi medium vir die Swartbewussynsbeweging was die ‘Suid-
Afrikaanse Studente Organisasie (SASO) wat in Julie 1969 aan die Universiteit van die
Noorde (Limpopo) bekendgestel is. SASO is gevorm nadat swart-studente besluit het om
van die veelrassige, maar blanke dominerende, Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse
Studente (NUSAS) weg te breek.
Nadat die PAC en die ANC verban is, het SASO begin om die politieke vakuum (ruimte)
wat in swart-gemeenskappe agtergelaat is te vul. Die organisasie het ‘n nuwe taal van
politieke radikalisme (militantheid), wat deur die Amerikaanse Swartmagbeweging
beïnvloed is, gepraat. SASO het die passiewe aanvaarding van blanke superioriteit en
oorheersing verwerp en ‘n nuwe swart selfvertroue en selfgelding (om sterk te wees)
bepleit. In 1972 het SASO saam met leiers van ander Afrika-opvoedkundige en
godsdientige liggame saamgekom om die ‘Black People’s Convention’ (BPC) te vorm, ‘n
politieke vleuel van die Swartbewussynsbeweging wat daarop gemik was om Suid-
Afrikaners om die Swartbewussyns-ideologie te mobiliseer. Die BPC het geskryf dat hulle
Suid-Afrikaanse swartmense in ‘n swart politieke beweging wou verenig, wat hulle vryheid
van beide sielkundige en fisiese onderdrukking sou bewerkstellig.
. . . Hoërskole was ontvanklik (oop) vir die Swartbewussyn-ideologie. Skoolstudente, met
energie en onafhanklikheid, en oorlopens toe vol selfvertroue, was deur die
Swartbewussynsfilosofie geïnspireer, en het die politieke vakuum wat deur die verbiede
(verbode) Kongresbewegings agtergelaat is, gevul . . .
[Uit: Soweto: A History deur Philip Bonner en Lauren Segal]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 1B
Die onderstaande spotprent illustreer die vorming van Suid-Afrikaanse Studente
Organisasie (SASO) in 1969.
SWART SKAAP
WIT SKAAP
[Uit: Biko: The Quest for a True Humanity, 2007, Pretoria]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 1C
Die uittreksel hieronder beskryf die impak wat die Swartbewussynsfilosofie op die Soweto
jeug in 1976 gehad het.
Sibongile Mkhabela, 'n leier van die Suid-Afrikaanse Studentebeweging (SASM) by
Naledi High, onthou dat 'daar ernstige mobilisering in die skole was’ en dat dit hoofsaaklik
deur SASM gedoen is. SASM-lede het gesê dat hierdie situasie nie toegelaat kon word
om voort te gaan nie. Hierdie was die opbou tot die vergadering van 13 Junie.
Byna 400 studente het die vergadering, op Sondag 13 Junie, in Orlando bygewoon. Dit
was daar dat Tsietsi Mashinini, die 19-jarige leier van die SASM-tak by Morris Isaacson-
skool, die volgende Woensdag 'n massa demonstrasie teen Afrikaans voorgestel het.
Mashinini was 'n uiters magtige spreker en sy voorstel is met die ondersteuning van ‘n
gejuig begroet. 'n Aksiekomitee is onder leiding van Mashinini en Seth Mazibuko, 'n ander
charismatiese (sjarmante) graad 9-student, wat die eerste klasboikot op die Orlando-Wes
Junior Sekondêre Skool gelei het, gestig. "Ons het gedink dat as ons daardie klaskamers
verlaat en as 'n groot groep kom om die wêreld te wys dat dit moeilik in die klaskamers
was," onthou Seth Mazibuko.
Op die koue en mistige oggend van Woensdag 16 Junie het groepe opgewonde studente
by verskillende punte in die Township vergader. . . Duisende studente van die hele
Township heen, het by Orlando-wes saamgekom. Teen 10:30 het meer as 5 000 studente
op Vilakazistraat vergader en nog het by die minuut opgedaag.
[Uit: Soweto, A History deur P Bonner en L Segal]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 1D
Die uittreksel hieronder beskryf die impak wat die Swartbewussynsfilosofie op die
Soweto-opstande van 1976 gehad het.
Op daardie dag, het twee studente, Hastings Ndlovu en Hector Pieterson, gesterf as
gevolg van die polisie se skietry; nog honderde het beserings opgedoen met die
daaropvolgende chaos wat Soweto verswelg het. Die skietery in Soweto het ‘n massiewe
opstand tot volg gehad wat na meer as 100 stedelike en landelike gebiede dwarsoor
Suid-Afrika versprei het.
Die onmiddelike oorsaak van die 16 Junie 1976-optog was omdat studente teen die
besluit was dat die Bantoe-onderwysdepartement Afrikaans as onderrigtaal in die helfte
van die vakke in hoer-primêre en hoërskool opgelê het. Aangesien die regerende
Nasionale Party Afrikaans gepraat het, het swart studente dit as die ‘taal van die
onderdrukker’ beskou. Daarbenewens kon swart onderwysers en leerders nie vlot
Afrikaans praat nie, en het hulle die negatiewe impak van die nuwe beleid in die
klaskamer eerstehands beleef.
Die Soweto-opstand het ná ‘n dekade van relatiewe kalmte in die weerstandsbeweging,
gekom, in die nasleep van die massiewe regeringsonderdrukking in die 1960’s. Tog is
daar gedurende hierdie ‘stil dekade’ ‘n nuwe gevoel van weerstand aan die broei. In 1969,
het swart-studente, onder leiding van Steve Biko (onder andere), die Suid-Afrikaanse
Studente Organisasie (SASO) gevorm. met swart trots, self onderhouding en fisiologiese
liberalisme het die Swartbewussynsbeweging het in die 1970’s ‘n invloedryke mag in die
townships gehad, insluitende Soweto. Die politieke konteks van die 1976-opstand moet
ook die gevolge van die werkersstaking in Durban in 1973; die bevryding van die naburige
Angola en Mosambiek in 1975; en die toename in student-inskrywings in swartskole, wat
tot die opkoms van ‘n nuwe kollektiewe jeug-identiteit, wat deur gesamentlike ervarings
en griewe gemaak is, in ag neem.
[Uit: http://overcomingapartheid.msu.edu/sidebar.php?id=65-258-3. Toegang verkry op 16 November 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 NW/September 2019
NSS-Addendum
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM SUID-AFRIKA VAN SY VERDEELDE VERLEDE
TE VERSOEN?
BRON 2A
Die onderstaande bron fokus op die vorming van die Waarheids- en Versoenings-
kommissie (WVK) in 1995.
‘n Sleutelfiguur in die formulering van die wet wat die kommissie ingestel het, was toé
Minister van Justisie, Dullah Omar. Daar was baie openbare angs en bekommernis oor
die vooruitsig van ‘n anti-Afrikaner-heksejag. Hy het hierdie vrese besweer.
Ek wil beklemtoon dat nie die doel is om ‘n heksejag uit te voer of om oortreders van
menseregte voor die hof te daag om aanklagte in die gesig te staar nie. Dit is . . . om
Suid-Afrikaners instaat te stel om met hul verlede, op ‘n moreel aanvaarbare basis, vrede
te maak (te aanvaar) en om versoening te bevorder.
Die eise van mishandeling teen die ANC sal ook nie ‘oorgesien word of onder die mat
ingevee word nie’.
Omar het voortdurend die behoefte om 'n forum vir die slagoffers te bied om die waarheid
te praat soos hulle dit ervaar het, en vir die oortreders om die waarheid bekend te maak
soos hulle dit geken het, beklemtoon.
Die WVK het vroeg in 1996 ontstaan, onder die gesamentlike leierskap van Aartsbiskop
Tutu en voormalige geestelike en liberale politikus Alex Boraine. Ander kommissarisse
het die rasse- en politieke spektrum uitgebrei.
Hul taak was om menseregteskendings van alle kante tussen 1960 en 1994 te
ondersoek; om getuienisse van slagoffers en oortreders aan te hoor, en waar die volle
openbaarmaking en politieke motivering duidelik teenwoordig was, daders amnestie teen
vervolging of burgeraksie te gee. Die doel was om die waarheid aan te moedig.
[Uit Every Step of the Way: The Journey to Freedom in South Africa deur Ministry of Education, 2004.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 2B
Dié strokiesprent, deur Zapiro, wys dat Desmond Tutu die finale verslag van die WVK in
1998 aan president Mbeki voorlê. Aan die regterkant van die spotprent word de Klerk met
die beamptes van die apartheids-veiligheidsmagte gesien, wat sekere bewyse versnipper
(vernietig).
ONS HET SOVEEL
BEWYSE, AS WAT ONS OOK.
ONS KON,
HANTEER.
[Uit: Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On deur F du Toit, et al]
Desmond Tutu F W de Klerk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 2C
Die onderstaande uittreksel fokus op die evaluering van die werk van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) in 1998.
Een van die grootste beperkings om die waardigheid van slagoffers te herstel – en wat
grotendeels buite die kommissie se beheer was – was die politieke spanning wat
gedurende sy bedrywighede geheers (bestaan) het. Dit was te danke aan die onwilligheid
van die Nasionale Party en sommige uiterste regse groepe om die WVK se ondersoek-
aspekte van die verlede te sien as iets wat hul geloofwaardigheid kan skaad (skade
aandoen). Hierdie partye het die WVK daarvan beskuldig dat hulle ‘n ‘heksejag’ eerder as
‘n ware versoeningsinstrument vir nasionale versoening was, en het die werk van die
Kommissie omvergewerp, wat gereelde regsaksies teen die WVK tot gevolg gehad het.
Die kommissie se grootste politieke fout was die neiging om vir hierdie politieke groepe in
te gee om hulle sodoende aan die proses verbind te hou, . . . dié polities brose (delikate)
taak van die WVK het sy verhoudings met die slagoffers, wat regverdig gefrustreed was
deur die gebrek aan behoorlike geregtigheid wat die posisie impliseer het, versleg. Vir
herstellende geregtigheid om suksesvol te wees, moet slagoffers die oortreders sien
berou (spyt) toon. Berou was nie deur die politieke party, wat die land onder apartheid
(Nasionale Party) regeer het, getoon nie, wat ‘n groot slag in die proses was.
[Uit The Truth and Reconciliation Commission as a Model of Restorative Justice deur T Maepa, 2005]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 2D
Die bron hieronder is ‘n onderhoud wat Lerato Mbele met FW de Klerk en Cyril
Ramaphosa, op Interface – SABC 3, op 30 April 2006 gevoer het. Dit fokus op die proses
van die WVK.
FW DE KLERK: Die WVK-proses was in baie opsigte gebrekkig: talle gruweldade
(moorde) van die verlede is nie behoorlik ondersoek nie; daar was 'n oorbeklemtoning op
die rol van die voormalige veiligheidsmagte; die moord op ongeveer 400 top IVP-leiers is
nie deeglik ondersoek nie; daar is nie 'n diepgaande ontleding van, wat baie 'swart-op-
swart' geweld sou noem, gedoen nie. Hierdie foute skep 'n wanbalans wat die
geloofwaardigheid van die WVK geskaad het. Verder dink ek dat die WVK nie die kern
van die verlede verstaan het of begryp het nie. Daar is onvoltooide sake, maar ons moet
nou die gees van die Grondwet uitleef. Ons moet nou ubuntu hê… in plaas van
wraakneem. Ons moet herstel in plaas van vergeld. Sou vervolgings voortgaan, moet
hulle konsekwent wees: daar moet vervolging van ongeopenbaarde misdade van alle
kante wees, nie net van een kant af nie. Ek was nog nooit ten gusnte van ‘n dekmantel
amnestie nie, maar dit sal ‘n groot negatiewe uitwerking hê as ons nou ‘n situasie kry wat
as ‘n heksejag geïnterpreteer kan word. Ons moet ‘n balans vind. Vervolging in
uitsonderlike gevalle kan geregverdig word indien dit duidelik is dat mense die waarheid
van ernstige misdade weggesteek het, waarvoor hul om amnestie aansoek moes doen.
CYRIL RAMAPHOSA: FW de Klerk gebruik emosionele (sensitiewe) woorde wanneer hy
van ‘n ‘heksejag’ praat. Die term ‘heksejag’ was nog nooit deel van die leksikon
(woordeboek) van die nuwe Suid-Afrika nie. Nelson Mandela het seker gemaak dat daar
nie ‘n dekmantel heksejag proses in hierdie land, wat hy tot eenheid en versoening gelei
het, sal wees nie. Ons is nie aan heksejagte gewoond nie; ons is egter as opkomende
demokratiese land aan geregtigheid gewoond. As misdade in die verlede, deur wie ookal,
gepleeg is, en daar is nie vir amnestie aansoek gedoen terwyl die geleentheid daar was
nie, moet geregtigheid seëvier.
[Uit Truth and Reconciliation in South Africa 10 years on deur C Villa-Vicencio & F du Toit]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 NW/September 2019
NSS-Addendum
VRAAG 3: HOE AFFEKTEER GLOBALISERING DIE EKONOMIEË VAN
ONTWIKKELENDE LANDE NEGATIEF?
BRON 3A
Die bron hieronder fokus op die invloed van globalisering op wêreldhandel.
Ons kommunikeer en deel mekaar se kultuur deur handel en reis, deur produkte binne
ure of dae oor die wêreld te vervoer. Ons is in ‘n groot wêreldwye ekonomie, waar iets
wat in een gebied gebeur, die wêreld kan beïnvloed. Hierdie proses word globalisering
genoem.
Globalisering het die wêreld in toenemende mate, as gevolg van die groot toename in
handel en kulturele uitruil, met mekaar verbind. Globalisering het die produksie van
goedere en dienste verhoog. Die grootste maatskappye is nie meer nasionale firmas nie,
maar multinasionale korporasies met filiale (takke) in baie lande. Globalisering het al vir
honderde jare plaasgevind, maar het die afgelope halfeeu baie toegeneem.
Globalisering het tot toenemende internasionale handel, in maatskappye wat in meer as
een land werk gelei, met groter afhanklikheid van die globale ekonomie, vrye beweging
van kapitaal, goedere en dienste. Voorbeelde van multinasionale korporasies is
MacDonald’s, Starbucks en Nike.
Alhoewel globalisering waarskynlik help om meer rykdom in ontwikkelende lande te skep,
help dit nie om die gaping tussen die armste en die wêreld se rykste lande kleiner te
maak nie.
[Uit: http://.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation. Toegang verkry op 17 Oktober 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 3B
Die onderstaande bron is deur 'n lid van die Anti-Globaliseringsbeweging geskryf. Dit
fokus op die rol wat die Wêreldhandelsorganisasie (WHO), met betrekking tot
globalisering, gespeel het.
Met die herhalende sang van 'Hey, hey, ho, ho, the WTO has to go!' en ‘The people
united, we’ll never be divided!’, het die Weerstandsfees begin . . . gevolg deur die
lewendige samevoeging van tromslaners en fluitspelers wat met die ritme afskop.
'n Inspirerende, passievolle werkersklaskoalisie van die mees onwaarskynlike individue
was besig om in die strate van Seattle te vergader om hul sterk ontevredenheid teenoor 'n
gemeenskaplike vyand te lig; die vernietigende korporatiewe regulering van die
Wêreldhandelsorganisasie . . . die WHO.
Die betogers het bestaan uit onder andere, vakbondstaalwerkers en hul gesinne,
omgewingsbewustes, ou hippies, kollegestudente, oumas, migant/trek werkers van
Mexiko, Tibetaanse monnike, werkers van die ‘Pacific Rim sweatshops’ (fabriekswerkers
wat lae lone verdien het, en wat lang ure onder swak werksomstandighede gewerk het).
Diereregte-aktiviste het as seeskilpaaie aangetrek, en daar was ook ‘n paar wilde, mal
nonne. Wat 'n fees!
Hierdie pragtige mengelmoes van mense was ook baie goed opgevoed en ingelig oor die
kwessies rakende die aktiwiteite van die WHO. Hulle het hul huiswerk gedoen. Vir die
afgelope vier dae wat ek in Seattle was, en verskeie weke voor dit, is verskeie
werkswinkels en seminare oor 'n verskeidenheid nasionale en internasionale kwessies by
die plaaslike gemeenskapsale en kerke gehou.
Kwessies wat bespreek is, het gewissel van die produksie van geneties-gemanipuleerde
kosse; die ‘sweatshops’ in Indonesië, Pakistan, Mexiko en die Filippyne; die duidelike
uittroeling (afkapping) van woude; dierebeskermingswette; beeshormone; vergiftigde lug,
water en grond; die verlies van Amerikaanse werkers se werk aan oorsese markte (ek sal
slawearbeid goedkoper noem); . . . Die primêre agenda van die WTO het basies bestaan
uit die verkragting van die planeet en die uitbuiting van die werkers deur 'n paar
multinasionale maatskappye se uitvoerende hoofde en groot aandeelhouers, in die naam
van blatante gierigheid en mag, behels. Dan wonder hulle hoekom so baie mense in die
straat opgedaag het om hulle teen te staan?
[Uit: http://pecoskid.com/my-writings/anti-globalization-movement-essays-battle-in-seattle/.
Toegang verkry op 20 September 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 3C
Die spotprent hieronder lig sommige van die kritiek op globalisering uit.
GROOT BESIGHEID
ONTMOET MY
VRIEND
WHO
MENSEREGTE DIE LAE RYKES WORD
OMGEWING LONE BEVOORDEEL
[Uit: http://www.hermes-press.com/wto2.jpg. Toegang verkry op 17 Oktober 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 NW/September 2019
NSS-Addendum
BRON 3D
Die uittreksel hieronder beklemtoon die impak wat multinasionale maatskappye op die
lewens van gewone mense in ontwikkelende lande gehad het.
Sedert die Tweede Wêreldoorlog is meer en meer globale produksie, deur groot
maatskappye wat oor grense heen werk, uitgevoer. Multinasionale maatskappye het
wêreldwyd toegeneem deur hul vervaardigingsaanlegte in die buiteland te vestig, sodat
hulle op goedkoper arbeidskoste kan kapitaliseer of om nader aan hul markte te wees.
Maatskappye het magtiger as baie nasionale state geword.
Alhoewel hulle broodnodige buitelandse beleggings na ontwikkelende lande gebring het,
het hierdie maatskappye dikwels winste voor die regte van werkers, of die lande waarin
hulle geleë is, gestel. Supermarkte in ontwikkelde lande het wêreldwye kettingwinkels
geskep en goedkoop produkte van regoor die wêreld verseker. Maar die mense wat die
produk verbou het, is op die pryse wat hulle van die multinasionale maatskappye kry
afhanklik, wat in die meeste gevalle in die laaste paar dekades aansienlik gedaal het. Dit
erodeer hul vermoë om 'n basiese lewenstandaard aan hul gesinne te verskaf.
Die probleem is nie dat internasionale handel eintlik teen die behoeftes en belange van
die armes is nie, maar dat die reëls wat handeldryf reguleer, ten gunste van die ryk lande
vasgestel is. Vir arm mense om voordeel uit wêreldwye handel te trek, moet die reëls
hervorm word sodat hulle armes, op nasionale en internasionale markte, regverdige
toegang bied.
[Uit: http://www.youth deved.ie/issues/globalisation_and_trade. Toegang verkry op17 Oktober 2018.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 NW/September 2019
NSS-Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Biko S. 2007. The Quest for a True Humanity (Christian Institute, Pretoria)
Bonner P et al. Soweto: A History (Maskew Miller Longman, Cape Town)
du Toit F et al. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On (Lynne Renner,
Pretoria)
Every Step of the Way: The Journey to Freedom in South Africa commissioned by the
Ministry of Education, 2004
http://www.hermes=pre.com/wto2.jpg
http://www.youth deved.ie/issues/globalisation_and_trade
http://pecoskid.com/my-writings/anti-globalization-movement-essays-battle-in-seattle/.
http://overcomingapartheid.msu.edu/sidebar.php?id=65-258-3.
http://.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation
Maepa T. 2005. The Truth and Reconciliation Commission as a Model of Restorative
Justice (Lynne Rienner, Pretoria)
Reader’s Digest illustrated History of South Africa, The Real Story (Readers Digest
Association)
Villa –Vicencio C et al. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 years on
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Addendum (Eng)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Addendum (English)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b86194b9-4818-4f56-b6a6-1f8188552349/v1-862544eccd7016f8ee20/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Eng)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2/v1-a0a97a96d22e080d0901/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper