Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
REKENINGKUNDE: VRAESTEL II
Tyd: 2 uur 100 punte
INLIGTINGSBOEKIE
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentInformation sheet 











View all





Accounting Grade 12 IEB P2 2019 Information Sheet (Afrikaans)
IEB Grade 12 Accounting Paper 2 information sheet from the 2019 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: IEB
Accounting · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Information sheet, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Information sheet
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 7
- File size
- 300.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy ii van vii
VRAAG 1 BEGROTINGS (30 punte; 36 minute)
Thabo is by sy werk uit diens gestel. Hy is goed met houtwerk en wil graag 'n
onderneming begin wat kombuiskaste vervaardig in plaas daarvan om ander werk te
soek. Hy sal dit High-Class Cupboard Designs noem (kortweg HCC Designs).
Die uitdaging is dat die bank in die eerste drie maande nie aan hom 'n lening of 'n
oortrekkingsfasiliteit sal toestaan nie, totdat hy bewys het dat sy onderneming sal werk.
Sy plan is om vier werkers aan te stel en op te lei. Hy voorspel dat hulle 15 stelle kaste in
die eerste maand sal kan vervaardig, en dan tot 20 stelle per maand namate hulle
doeltreffender en vaardiger raak. Hy sal in Maart voorraad opbou en in April begin
verkoop.
Thabo beplan om elke stel kombuiskaste teen 'n verkoopsprys van R42 000 te verkoop.
Hy beplan om 'n 25%-winsgrens op kosprys te gebruik. Hy hoop om aan die volgende
potensiële klante te verskaf:
• Hy het 'n potensiële kontrak om 10 stelle kombuiskaste per maand aan Kitchen Wizard
(Edms) Bpk. te verskaf. Kitchen Wizard sal in die tweede maand na aflewering betaal.
• Do It Yourself Empire het vir hom gesê dat hulle van 1 April 2020 af 4 stelle in
voorraad sal hou. Wanneer al 4 stelle verkoop is, sal hulle hom betaal en nog 4 stelle
koop. Thabo is vol hoop dat hulle al 4 stelle in 'n maand sal verkoop, dus begroot hy
om die geld te ontvang in die maand nadat hy die kaste gelewer het.
• Thabo hoop dat hy 'n verdere 6 stelle kombuiskaste per maand aan verskeie ander
winkels sal kan verkoop en het sy verkope dienooreenkomstig as kontantverkope
begroot van 1 April 2020 af.
Thabo hoop om sy onderneming op 1 Maart 2020 bekend te stel en hy hoop om op 1 April
2020 te begin handel dryf, dus het hy die volgende kontantbegroting opgestel:
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy iii van vii
Kontantbegroting van HCC Designs vir die twee maande eindigende
April 2020
Maart April
ONTVANGSTE 400 000 ??
Kontantverkope 0 A
Kontant van debiteure 0 0
Kapitaal 400 000 0
BETALINGS ?? ??
Grondstowwe 450 000 600 000
Direkte lone 24 000 24 000
Houtwerktoerusting 220 000 0
Vragmotor B 0
Huur van fabriek C 35 000
Totale versekering 10 275 D
Voertuiguitgawes E 2 660
Kantoorskryfbehoeftes F 700
Kantoortelefoon ?? ??
Munisipale koste vir fabriek 6 800 G
Surplus/tekort (804 920) (431 441)
Opgehoopte surplus/tekort (804 920) (1 236 361)
Bykomende inligting
• Die waarde van die houtwerktoerusting verminder met 15% p.j.
• Aangesien Thabo nie 'n lening kan kry nie, beplan hy om die vragmotor, om die stelle
kaste by sy klante af te lewer, met kontant te koop. Die waardevermindering op die
vragmotor word bereken teen 8% per jaar. Die waardevermindering op die vragmotor
vir April was R2 800.
• HCC Designs moes dubbel huur betaal in Maart: huur vir die maand plus die deposito.
• Thabo het die versekeringspolis laat begin, dus het hy net vir ¾ van Maart betaal. Van
April af sal hy die volle bedrag betaal. Die versekering word in 'n verhouding verdeel
tussen die fabriek en die kantoor. Die kantoorversekering vir April is R2 740.
• Thabo verwag dat die voertuiguitgawes van 1 April af met 40% sal verhoog.
• 'n Deel van die kantoorskryfbehoeftekoste in Maart is besigheidskaartjies wat R800
gekos het. Daar behoort genoeg kaartjies te wees om tot die einde van Julie te hou.
Thabo raam dat die res van die skryfbehoeftekoste elke maand soortgelyk sal wees.
• Die munisipale koste vir die fabriek gaan in April met 2% op vanweë 'n verhoging in
elektrisiteitstariewe.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy iv van vii
VRAAG 2 VERSOENINGS (28 punte; 34 minute)
PeaceOfPocket (POP) is 'n versekeringsmaatskappy wat motors verseker. Hulle het
20 konsultante in hul inbelsentrum in diens om hul kliënte te help om hul eise aan te teken
en uit te sorter en een persoon, Udesh, in die finansieringskantoor.
Die telefoonkonsultante verwys die kliënte na die toepaslike paneelklopper of garage, na
gelang van wat met die kliënt se motor verkeerd is. POP wag dan vir die paneelklopper of
garage om vir hulle 'n faktuur te stuur wanneer die werk afgehandel is, wat hulle dan in hul
krediteurejoernaal opteken.
POP se finansiële jaareinde is 31 Desember.
DEEL A
Die volgende staat is van een van die paneelkloppers ontvang.
Bumpless (EDMS) BPK.
Krugerlaan 76 Staatno.: 98
Lyttelton Hights
0357 Datum: 30 November 2019
Datum Transaksies Debiet Krediet Saldo
2019
Aug 5 Faktuur P77 34 000 34 000
7 Faktuur P79 45 750 79 750
Sept 18 Faktuur P83 39 780 119 530
20 Kredietnota P02 3 870 115 660
30 EFO 32 300 83 360
Korting 1 700 81 660
Okt 6 Faktuur P87 28 660 110 320
31 EFO 34 200 76 120
Nov 15 Faktuur P90 35 900 112 020
30 Rente 462 112 482
Voorwaardes: • 5% korting toegestaan indien betaal binne 30 dae vanaf
staatdatum.
• ? % per maand rente gehef op 90 dae agterstallig.
Ouderdoms- 90 dae 60 dae 30 dae Huidig
ontleding: ?? ?? ?? ??
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy v van vii
Toe die staat wat van Bumpless (Edms) Bpk. ontvang is met die krediteure-
grootboek vergelyk is, is die volgende verskille aangetref:
• POP het geen kopie van faktuur P79 nie en toe hulle gevra is, kon Bumpless ook nie 'n
kopie daarvan kry nie. POP het daarop aangedring dat dit 'n fout is en gekanselleer
moet word. Bumpless het saamgestem.
• Bumpless het 'n fout gemaak toe kredietnota P02 opgeteken is. Die korrekte bedrag is
R3 780.
• Aangesien faktuur P79 'n fout is, het Bumpless nagelaat om die korting op die EFO
gedateer 31 Oktober op te teken.
• Vanweë die foutiewe faktuur P79 moes geen rente gehef gewees het nie. Dit moet
gekanselleer word.
• Faktuur P90 is in die krediteurejoernaal opgeteken as R39 500. Dit is 'n fout.
• Op 30 November het POP 'n betaling via EFO gedoen om faktuur P87 te betaal minus
die 5% korting wat hulle moet ontvang.
DEEL B
Bankversoeningstaat op 31 Oktober 2019
Saldo volgens die bankstaat ?
Uitstaande deposito's 11 420
Uitstaande tjeks: No. 99 (17 Mei 2019) 3 160
No. 115 (25 Julie 2019) 1 130
No. 127 (28 Oktober 2019) 2 665
No. 128 (5 Januarie 2020) 2 408
Debietsaldo volgens die bankrekening 992
Ander inligting aangaande die bankrekening op 30 November 2019
Die volgende tjeks verskyn op die bankstaat op 30 November 2019:
• No. 115
• No. 127
Transaksies wat gebruik moet word om Vraag 2.8 in te vul:
(a) Toon hoe tjek no. 99 hanteer sal word op 30 November.
(b) Toon hoe tjek no. 128 hanteer sal word op 30 November.
(c) 'n Tjek vir R3 700, gedateer 1 Desember 2019, is van A. Brown ontvang vir die
bybetaling op die vervanging van sy motordeur.
(d) Die bankstaat toon 'n onbetaalde tjek van 'n kliënt vir R2 160. Dit was ter
vereffening van 'n skuld van R2 400.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy vi van vii
VRAAG 3 MAATSKAPPY-ONTLEDING (42 punte; 50 minute)
Tiger Brands, 'n Top 40-maatskappy op die JSE, is een van die grootste
vervaardigers en bemarkers van verbruikersprodukte wat vinnig beweeg
en Suid-Afrika se grootste voedselmaatskappy.
Aangepas uit die Verkorte Gekonsolideerde Inkomstestaat vir die jaar
geëindig 30 September
Aant. 2018 2017
Rm Rm
Inkomste 28 473,9 31 297,9
Koste van verkope (19 229,5) (20 856,4)
Bruto wins 9 244,4 10 441,5
Bedryfsuitgawes (5 923,7) (5 807,2)
Verkoops- en verspreidingsuitgawes 3 675,8 3 596,4
Bemarkingsuitgawes 844,7 771,4
Ander 1 403,2 1 439,4
Bedryfsinkomste voor abnormale items 1 3 320,7 4 634,3
Koste geassosieer met WTVP-produkherroeping (422,1) –
Ander (343,5) (693,6)
Bedryfsinkomste na abnormale items 2 555,1 3 940,7
Finansieringskoste (31,7) (206,6)
Beleggingsinkomste 730,7 533,3
Wins voor belasting 3 254,1 4 267,4
Belasting (837,0) (1 234,4)
Wins vir die jaar 2 417,1 3 033,0
Aantekening 1: Uiteensetting van bedryfsinkomste per departement
2018 2017
Rm Rm
Bedryfsinkomste voor abnormale items
Binnelandse bedrywighede 3 050,8 4 235,5
Graan 1 886,0 2 361,2
Voedsel 827,9 1 280,2
Waardetoegevoegde vleisprodukte (WTVP) (252,0) 104,2
Ander 1 079,9 1 176
Huis, persoonlike sorg en baba 345,9 651,1
Uitvoere en internasionaal 269,9 398,8
Uitvoere 289,7 272,9
Internasionaal – Sentraal-Afrika 159,0 147,2
Internasionaal – Wes-Afrika (Fynkos) (50,5) (34,5)
Sagtevrugte (128,3) 13,2
Totale bedryfsinkomste 3 320,7 4 634,3
Uittreksels uit die finansiële verslag
• Die staking van bedrywighede wat waardetoegevoegde vleisprodukte (WTVP) betref by
twee Enterprise fabrieke as gevolg van die Listeria uitbraak, het 'n wesenlike impak op die
resultate gehad.
• Ten spyte van die sluitings het Tiger Brands sy 1 600 permanente werknemers behou.
Die Enterprise fabrieksfasiliteite is gebruik om die werknemers op te lei en hulle het
weer in November 2018 begin vervaardig.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy vii van vii
Aangepas uit die Verkorte Gekonsolideerde Staat van Finansiële Posisie op
30 September
2018 2017 Listeria-flits:
BATES Rm Rm
Tiger Brands het
Niebedryfsbates 13 165,4 13 237,5
R10 miljoen opsy
Bedryfsbates 10 763,0 10 377,0 gesit om die land se
Voorraad 5 064,0 4 812,0 eerste Sentrum vir
Handels- en ander ontvangbare 4 117,9 4 631,6 Voedselveiligheid in
rekeninge samewerking met die
Kontant en kontantekwivalente 1 581,1 933,4 Universiteit van
Bates geklassifiseer as gehou om te – 364,7 Stellenbosch te
verkoop begin.
Totale bates 23 928,4 23 979,2
EKWITEIT EN LASTE Die Sentrum sal
Totale ekwiteit 17 465,2 A navorsing doen en
Niebedryfslaste 1 062,2 C die regering help om
te verseker dat
Bedryfslaste 5 401,0 B
voedselveiligheids-
Handels- en ander betaalbare 3 841,0 ? regulasies op sterk
bedrae wetenskaplike bewys
Ander 1 560,0 1 497,9 gegrond is.
Totale ekwiteit en laste 23 928,4 23 979,2
Glossarium
Listeria: 'n Tipe bakterie wat mense besmet en voedselvergiftiging veroorsaak.
Verhoudings vir die jaar geëindig 30 September
2018 2017
Getal aandele uitgereik 189 820 000 189 820 000
Netto batewaarde 9 201 sent 9 000 sent
Markprys op 30 September 26 560 sent 37 735 sent
Verdienste per aandeel 1 273 sent 1 597 sent
Dividende per aandeel 1 080 sent 1 080 sent
Opbrengs op kapitaal aangewend 13,12% 17,4%
Rentekoers op die lening 9,5% p.j.
Bedryfsverhouding 2:1 1,8 : 1
Vuurproefverhouding ? 1,05 : 1
Debiteure-invorderingstydperk 53 dae 54 dae
Voorraadomsettempo 3,8 keer 4,3 keer
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Accounting notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Accounting questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Accounting quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Accounting past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Accounting and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB 2019 Information Sheet (Afrikaans)

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2019 Information Sheet

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB P1 2019 Information Sheet (Afrikaans)

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2019 Information Sheet

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Information Sheet

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Information Sheet
Related documents

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2018 Information Sheet

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2017 Information Sheet

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2016 Information Sheet
More from Grade 12 Accounting

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB