Downloaded from hlayiso.com
PUNTETOTAAL
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
REKENINGKUNDE: VRAESTEL II
EKSAMENNOMMER
Tyd: 2 uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, 'n Inligtingsboekie van 7 bladsye (i–vii) met
'n Formuleblad van 1 bladsy (i). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord die vrae in die ruimte wat voorsien word.
4. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.
5. Jy mag nie groen of rooi ink gebruik nie. Jy mag 'n potlood gebruik, maar
gebruik asseblief 'n sagte, donker potlood.
6. Alle berekeninge moet tot twee desimale plekke afgerond word.
7. Die puntetoekenning en die toepaslike tyd wat vir elke vraag geneem moet word, is
soos volg:
Moontlike Werklike Nasiener se Moderator se
punte punte handtekening handtekening
Vraag 1: Begrotings
30
(36 minute)
Vraag 2: Versoenings
28
(34 minute)
Vraag 3: Maatskappy-ontleding
42
(50 minute)
TOTAAL 100
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Accounting · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 192.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 10
VRAAG 1 BEGROTINGS (30 punte; 36 minute)
1.1 Gebruik die inligting wat in die bykomende inligting gegee word om die
ontbrekende syfers wat met die letters A–G aangedui word, te bereken. Die "??"
moet nie bereken word nie. Toon jou berekeninge in die toepaslike reël.
A.
B.
C.
D.
E.
F.
G.
(9)
1.2 Bereken die verhouding wat gebruik word om fabrieksversekering versus die
kantoorversekering te toon.
(3)
1.3 Bereken die fabrieksbokoste vir April 2020.
(5)
1.4 Voltooi die geprojekteerde inkomstestaat vir HCC Designs vir April 2020. Moet nie
die "??" invul nie.
Verkope *
Koste van verkope *
Bruto wins Moenie invul nie
Bedryfsuitgawes Moenie invul nie
Waardevermindering: Vragmotor 2 800
Kantoorversekering 2 740
Voertuiguitgawes 2 660
Kantoortelefoon ??
Kantoorskryfbehoeftes *
Netto wins vir April 159 385
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 10
1.5 Thabo nader jou om advies. Hy is baie opgewonde oor die wins wat hy per maand
kan maak en wil voortgaan met HCC Designs in plaas daarvan om ander werk te
soek. Ongelukkig het hy nie die geld nie en banke sal nie vir hom die geld leen of
hom toelaat om 'n oortrekking te doen nie.
1.5.1 Verduidelik in detail twee verskillende redes waarom HCC Designs 'n wins
van R159 385 in April kan hê, maar tog het dit 'n opgehoopte kontanttekort
van R1 236 361 in dieselfde maand.
•
•
(4)
1.5.2 Thabo het bereken dat hy net meer as R1 230 000 ekstra sal benodig om
HCC Designs te begin. Hy het dit nie. Bestudeer die begroting noukeurig en
skryf drie oplossings neer wat hy kan implementeer om sy kontantvloei-
probleme op te los.
•
•
•
(3)
30
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 10
VRAAG 2 VERSOENINGS (28 punte; 34 minute)
DEEL A
2.1 Voltooi die debiteure-ouderdomsontleding soos dit op die staat moes verskyn het.
Moenie enige van die korreksies doen nie, maar gebruik slegs die getalle soos dit
op die staat verskyn. Die eerste drie fakture is vir jou ingevul.
90 dae 60 dae 30 dae Huidig
34 000 + 45 750 39 780
(5)
2.2 Bereken die rentekoers per maand wat Bumpless op die uitstaande skuld wat
90 dae agterstallig is, gehef het.
(2)
2.3 Stel met inagneming van die verskille die Krediteureversoening op en bereken die
korrekte bedrag wat op 30 November 2019 deur PeaceOfPocket verskuldig is.
Krediteureversoening op 30 November 2019
Foutiewe saldo 112 482
Korrekte bedrag deur PeaceOfPocket verskuldig
(7)
2.4 PeaceOfPocket het 'n betalingsbeleid waarby hulle bly. Bestudeer die inligting en
verduidelik hul beleid.
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 10
2.5 Skryf die beste metode neer wat PeaceOfPocket kan gebruik om sy kliënte sover te
kry om hul maandelikse versekeringspremies te betaal. Verduidelik wat dit die
geskikste metode maak om die geld in te samel.
(2)
2.6 Udesh, die boekhouer by PeaceOfPocket, ken die persoon wie se motor op
15 November herstel is volgens faktuur P90. Iemand het by die winkel agteruit in
hierdie motor vasgery en die agterste buffer geduik. Die werk was sodat Bumpless
die agterste buffer vervang. Udesh weet ook dat die algemene koste van 'n
agterste buffer vir hierdie motor R4 700 is. Udesh vermoed die volgende:
• In plaas daarvan om 'n faktuur te stuur vir die presiese werk wat aan die motor
gedoen is, voeg Bumpless werk en onderdele op elke faktuur by.
• Bumpless stuur ook ekstra fakture waarvoor daar geen werk was nie in die
hoop dat PeaceOfPocket dit nie sal agterkom nie en die ekstra fakture (faktuur
P79) sal betaal.
Verduidelik 'n beheerstelsel met twee punte wat PeaceOfPocket kan implementeer
om te verhoed dat bogenoemde gebeur.
•
•
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 10
DEEL B
2.7 Bestudeer die bankversoening op 31 Oktober 2019 en bereken dan die banksaldo
soos dit op 31 Oktober 2019 op die Bankstaat sou verskyn het. Skryf neer of dit 'n
gunstige of ongunstige saldo is.
Positief of negatief: ______________
(2)
2.8 Toon hoe die transaksies in die Inligtingsboekie op 30 November hanteer moet
word deur die gegewe bedrae in die tabel hieronder in te vul.
Transaksie KOJ KBJ Algemene Bankversoening Geen
Joernaal Debiet Krediet inskrywing
(a)
(b)
(c)
(d)
(5)
28
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 10
VRAAG 3 MAATSKAPPY-ONTLEDING (42 punte; 50 minute)
3.1 Bestudeer die uittreksel uit die Inkomstestaat en die uiteensetting van
bedryfsinkomste per departement en beantwoord dan die volgende vrae.
3.1.1 Die bedryfsuitgawes op wins het van 191,5% in 2017 tot 245,1% in 2018
toegeneem. Verduidelik die hoofoorsaak van hierdie toename.
(1)
3.1.2 Skryf 'n terrein in die Inkomstestaat neer wat verbeter het.
(1)
3.1.3 Tiger Brands het alle vleisprodukte wat gereed is om geëet te word, onttrek
en die twee Enterprise-fabrieke wat hierdie produkte vervaardig, gesluit. Die
fabrieke is aan die begin van Maart 2018 gesluit.
(a) Selfs al was die produkherroepingskoste nie deel van die waarde-
toegevoegde vleisprodukte nie, het dit steeds 'n verlies getoon.
Bespreek twee uitgawes wat WTVP gehad het wat die verlies kon
veroorsaak het.
•
•
(4)
(b) Die finansiële verslag noem dat WTVP 'n wesenlike impak op die
resultate gehad het. Beskryf die impak wat WTVP op die winste
gehad het en verduidelik waarom dit wesenlik is. Toon die nodige
berekeninge.
(4)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 10
3.2 Bereken die syfers A–C in die staat van finansiële posisie. Toon die berekeninge.
Rm
A
B
C
(4)
3.3 3.3.1 Bereken die vuurproefverhouding vir 2018. Verduidelik waarom Tiger Brands
hierdie verhouding sou bereken en lewer kommentaar op hul verhouding vir
2018.
(4)
3.3.2 Verduidelik 'n moontlike rede waarom die voorraadomsettempo in 2018
afgeneem het en verskaf twee redes waarom hierdie tempo geskik is vir
Tiger Brands of nie.
Rede waarom dit gedaal het:
Is die tempo geskik? Ja/Nee
•
•
(6)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 10
3.4 Loop Tiger Brands die risiko om insolvent te raak? Regverdig jou antwoord deur 'n
berekening te verskaf.
(2)
3.5 Coronation Asset Management (Edms) Bpk. belê geld namens hul kliënte.
Coronation is een van Tiger Brands se grootste aandeelhouers en besit 3,5% van
Tiger Brands.
3.5.1 Bereken die getal Tiger Brands-aandele wat Coronation besit.
(1)
3.5.2 Bereken die totale markwaarde van die Tiger Brands-aandele wat
Coronation op 30 September 2018 besit.
(1)
3.5.3 Bespreek twee faktore wat sou bygedra het tot die afname in die vraag na
Tiger Brands-aandele op die JSE.
•
•
(2)
3.5.4 Indien Coronation hul Tiger Brands-aandele wil verkoop, het hulle die opsie
om óf die aandele direk aan Tiger Brands terug te verkoop óf dit op die JSE
te verkoop. Verduidelik waarom dit vir Coronation nadelig sal wees om hul
aandele op die JSE te verkoop.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 10
3.5.5 Bespreek die finansieringsopsies wat beskikbaar is indien Tiger Brands hul
aandele direk by Coronation wil terugkoop.
(a) Verduidelik met verwysing na risiko, opbrengs en hefboomwerking of
Tiger Brands die terugkoop met 'n lening kan finansier. (Toon
toepaslike berekeninge.)
(4)
(b) Gebruik 'n toepaslike syfer en lewer kommentaar daaroor of Tiger
Brands die terugkoop sonder die lening kan finansier.
(2)
(c) Indien Coronation aanbied om hul Tiger Brands-aandele aan Tiger
Brands terug te verkoop vir R250 per aandeel, bespreek waarom dit
nie 'n goeie sakebesluit vir Tiger Brands sal wees nie.
(2)
3.6 Verduidelik of Tiger Brands eties opgetree het toe die uitbreek van Listeria ontdek
is. Gee twee punte.
•
•
(2)
42
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Accounting notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Accounting questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Accounting quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Accounting past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Accounting and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper
Related documents

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB P2 2019 Information Sheet (Afrikaans)

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB 2019 Information Sheet (Afrikaans)

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB P1 2019 Information Sheet (Afrikaans)

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2019 Information Sheet

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper
More from Grade 12 Accounting

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2019 Information Sheet

MemorandumIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Information Sheet

Information sheetIEB
Accounting Grade 12 IEB Paper 1 2018 Information Sheet

Information sheetIEB