Skip to content
Information sheet

Accounting Grade 12 IEB P1 2019 Information Sheet (Afrikaans)

IEB Grade 12 Accounting Paper 1 information sheet from the 2019 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: IEB

Subject: AccountingGrade 1220198 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 REKENINGKUNDE: VRAESTEL I Tyd: 2 uur 200 punte INLIGTINGSBOEKIE VRAAG 1 VOORRAADBEHEER [35 punte; 21 minute] Chris Pretorius besit 'n maatskappy genaamd ACTV BPK. wat silikoonringe uit China invoer en bordspeletjies plaaslik in Port Elizabeth verkry. Silikoonringe het gewild geraak onder atlete wat hul trouringe daarmee vervang terwyl hulle hul sport beoefen. Chris onderhandel direk met 'n verskaffer in China by wie hy al sy ringe koop. Sy verskaffer sluit alle vervoerkoste en invoerbelasting in die kosprys in. Die individuele ringe is te klein om van 'n strepieskode voorsien te word. Hy kan die bordspeletjies by 'n plaaslike vervaardiger in Port Elizabeth koop. Hy moet 'n standaardafleweringsfooi van R1 850 vir enige bestelling onder 1 000 bordspeletjies betaal. Die beginvoorraad van 73 eenhede is gratis deur die koeriermaatskappy afgelewer. Hy doen grootmaataankope van voorraad en probeer om 3 keer per jaar te bestel in 'n poging om voorraad te verminder en te beheer. Alle terugsendings hou met die naaste aankoop verband, maar ACTV BPK. kan nie 'n vermindering in die vragkoste eis nie. ACTV BPK. gebruik die periodieke voorraadstelsel om voorraad op te teken. Chris het besluit om sy voorraad soos volg te waardeer: Silikoonringe  Silikoonringe – EIEU-metode  Bordspeletjies – Geweegde gemiddelde-metode IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy ii van viii Inligting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019: Silikoonringe Bordspeletjies Per Totale Per Totale Besonderhede Datum Eenhede eenheid waarde Eenhede eenheid waarde (R) (R) (R) (R) 1 Mrt. Beginvoorraad 7 500 8,00 60 000 73 375 27 375 2018 Totale aankope 11 700 100 405 685 258 000 30 Apr. Aankope 4 200 8,00 33 600 100 382 38 200 2018 30 Sep. 2 800 8,50 23 800 85 380 32 300 2018 30 Nov. 4 700 9,15 43 005 500 375 187 500 2018 5 Okt. Terugsendings 120 ? ? – – – 2018 31 Des. Terugsendings 185 ? ? 8 ? ? 2018 28 Feb. Eindvoorraad 6 110 ? ? ? ? ? 2019 Verkope vir die jaar 12 785 49 626 465 606 500 303 000 IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy iii van viii VRAAG 2 FINANSIËLE STATE [67 punte; 40 minute] Die inligting wat volg, verwys na BARR SURF BPK.  BARR SURF BPK. verkoop nuwe en gebruikte branderplanke en bied branderrylesse aan waarvoor hulle 'n fooi-inkomste van R450 per les vra.  BARR SURF BPK. het gemagtigde aandelekapitaal van 1 000 000 aandele. 625 000 aandele is op 28 Februarie 2018 uitgereik teen 'n gemiddelde prys van R3,20 per aandeel.  Die syfers wat reeds in die Staat van Omvattende Inkomste opgeneem is, kom uit die vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2019. A. Uittreksel uit die finansiële state soos op 28 Februarie 2019 voor die aansuiwerings hieronder. 28 Februarie 2019 28 Februarie 2018 Handelsvoorraad 75 000 80 000 Behoue inkomste ? 32 000 Diverse uitgawes Balanseersyfer vir inkomstestaat Lening: SB Bank @ 10,25% 223 250 235 000 SAID – Inkomstebelasting 40 000 (dt.) ? B. Aansuiwerings en bykomende inligting wat nog nie in ag geneem is nie: 1. BARR SURF BPK. werk met 'n 25%-winsgrensbeleid op alle verkope. Verlede jaar het verkope R800 000 beloop. Dit is vir BARR SURF BPK. aangenaam om 'n 10%-toename in netto verkope in vanjaar se finansiële state aan te kondig. Daar was geen debiteure-afslag vir die jaar nie. 2. Nordic Nicky is 'n toerismemaatskappy wat toeriste van Noorweë na Suid- Afrika toe bring. Hulle gebruik BARR SURF BPK. om al hul branderrylesse aan te bied. Op 21 Februarie 2019 het BARR SURF BPK. 'n tjek van Nordic Nicky ontvang om ten volle te betaal vir 2 groepe wat soos volg lesse sal ontvang: Datum Naam van groep Getal lesse 21 Februarie 2019 Nordic Warriors 15 7 Maart 2019 Icy Surfers 4 Geen inskrywings is ten opsigte van hierdie lesse gemaak nie. 3. Sam SurfSki Bpk. huur sedert 1 November 2018 'n pakkamer by BARR SURF BPK. vir R850 per maand. 4. Twee nuwe branderplanke met 'n kosprys van R5 500 elk is aan die vervaardigers, Stu Surf Designs, teruggestuur, aangesien hulle in transito beskadig is. 'n Debietnota is uitgereik. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy iv van viii 5. 'n Fisiese voorraadopname is gedoen wat aan die lig gebring het dat handelsvoorraad ter waarde van R67 000 op 28 Februarie 2019 voorhande was. 6. 'n Nuwe werknemer, E. van Vuuren, is verkeerdelik uit die salarisjoernaal vir Februarie 2019 weggelaat. Haar salarisbesonderhede word hieronder gelys. Basiese salaris 14 500 LBS 2 610 WVF-aftrekking 1% BARR SURF BPK. dra ook 1% tot die WVF by. 7. 'n Verdere R1 500 is nog aan die ouditeure verskuldig ten opsigte van hul fooie. 8. Ingesluit in die versekering is 'n jaarlikse betaling van R9 468 wat uitgeneem is op 'n nuwe maatskappyvoertuig wat op 1 Junie 2018 vir R172 500 kontant gekoop is. Dit is die enigste bate wat die maatskappy besit waarvan die waarde sal verminder. 9. Waardevermindering word bereken teen 20% per jaar op kosprys. 10. Die leningstaat wat op 28 Februarie 2019 van KB Bank ontvang is, weerspieël die volgende: Saldo op 1 Maart 2018 235 000 Terugbetalings gedurende die jaar, rente ingesluit 35 838 Rente ? Saldo op 28 Februarie 2019 223 250  Rente word gekapitaliseer en is nog nie ten volle vir die jaar opgeteken nie. Die lening is nie gedurende die huidige finansiële jaar verhoog nie.  Hulle beoog om volgende jaar R11 500 van die kapitaalbedrag te betaal. 11. Die voorlopige belastingbetalings vir die jaar is betaal. Belasting is bereken teen 28% op wins voor belasting. 12. Na oorweging van die finansiële implikasies wat 'n terugkoop van aandele behels, het die direkteure op 1 Desember 2018 besluit om 4% van die aandele wat tans uitgereik is, terug te koop. Hierdie aandele is teen R4,50 teruggekoop. Geen inskrywings is vir hierdie transaksie gemaak nie. 13. Die direkteure het op 31 Augustus 2018 'n tussentydse dividend van 7 sent per aandeel verklaar. Die finale dividend per aandeel wat op 28 Februarie 2019 deur die direkteure aanbeveel is, was 5 sent per aandeel. 14. Die netto wins na belasting is bereken as R108 000. IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy v van viii VRAAG 3 KONTANTVLOEISTAAT [46 punte; 28 minute] Bradley Bros Bpk. is 'n maatskappy wat in waterpolotoerusting en -uitrusting spesialiseer. Hulle voorsien aan alle gebiede van Suid-Afrika. Hul finansiële jaar eindig op 30 Junie 2019. Dit was 'n moeilike jaar vir die maatskappy en daarom het die direkteure besluit om nie enige dividende aan die einde van die finansiële jaar te verklaar nie. INLIGTING 1. Uittreksels uit die finansiële state van Bradley Bros Bpk. 30 Junie 2019 30 Junie 2018 R126 000 Gewone aandelekapitaal ? (42 000 aandele) Grond en geboue 1 850 000 1 000 000 Voertuie ? 335 000 Opgehoopte waardevermindering 13 300 163 480 Voorraad ? 220 000 Handels- en ander ontvangbare 1 580 2 200 rekeninge Kontant en kontantekwivalente 22 000 18 500 2. Uittreksel uit die aantekeninge by die finansiële state van Bradley Bros Bpk. BEHOUE INKOMSTE BEDRAG Saldo op 1 Julie 2018 55 000 Netto wins na belasting ? Dividende betaal ? Saldo op 30 Junie 2019 52 500 HANDELS- EN ANDER BETAALBARE BEDRAE BEDRAG (Dit was die enigste bedryfslaste) 2019 2018 Handelskrediteure 13 500 22 000 Inkomste vooruit ontvang 880 540 Opgelope uitgawes (rente op lening) 1 690 1 200 Aandeelhouers vir dividende 0 8 240 SAID (inkomstebelasting) 4 418 4 222 20 488 36 202 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy vi van viii 3. Aandele en dividende:  Bradley Bros Bpk. het gemagtigde aandelekapitaal van 200 000 aandele.  Op 1 Desember 2018 het Bradley Bros Bpk. 10 000 nuwe aandele teen R3,50 per aandeel uitgereik. Hierdie nuwe aandeelhouers was geregtig op die tussentydse dividend wat op 31 Desember 2018 betaal is.  Geen aandele is gedurende die finansiële jaar teruggekoop nie. 4. Verhoudings:  Jy sal hierdie verhoudings moet gebruik om die ontbrekende syfers (?) te bereken.  Opbrengs op aandeelhouersekwiteit het 8% beloop vir die jaar geëindig 30 Junie 2019.  Die bedryfsverhouding was 12:1 op grond van die jaareindsyfers. 5. Belasting:  Inkomstebelasting vir die jaar is bereken as R5 221. 6. Niebedryfsbates: Die enigste depresieerbare niebedryfsbate wat die onderneming besit, is 'n afleweringsvoertuig wat op 1 Julie 2015 gekoop is. Op 1 Januarie 2019 het Bradley Bros Bpk. besluit om hierdie afleweringsvoertuig wat sedert Januarie 2018 konstante instandhouding nodig gehad het, teen boekwaarde te verkoop. (Dit is oorspronklik vir R335 000 gekoop.) Op 1 Julie 2018 het opgehoopte waardevermindering R163 480 beloop. Waardevermindering word bereken teen 20% op drawaarde. 'n Nuwe voertuig is op 1 Junie 2019 gekoop. Hierdie voertuig se waardevermindering word teen 'n ander koers bereken. Teen 1 Julie 2019 het die waarde daarvan met R13 300 verminder. 7. Rente:  Volgens die inkomstestaat het rente op lening R23 200 beloop. Rente word afsonderlik betaal en nie na die leningsrekening gekapitaliseer nie. Rente- uitgawe hou slegs met die lening verband. IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy vii van viii VRAAG 4 VERVAARDIGING EN BTW [52 punte; 31 minute] DEEL A Die inligting hieronder verwys na Couch Worx Bpk. BTW WORD TEEN 15% BEREKEN Couch Worx Bpk. vervaardig luukse rusbanke. Hul finansiële jaar begin op 1 Maart elke jaar. Hul rusbanke word vervaardig in 'n fabriek in Johannesburg wat 'n vloerruimte van 840 m2 het. Hulle besit ook twee verkoopskantore, een in Kaapstad (68 m2) en die ander een in Johannesburg (82 m2). Die verkoopskantore is klein en word beman deur een personeellid in elke kantoor. Hulle elkeen verdien 'n basiese salaris van R13 500 per maand. Daar is geen goedere in bewerking aan die begin of einde van die jaar nie. Voltooide rusbanke word na die verkoopskantore versend waar hulle vertoon word sodat klante hulle kan koop. INLIGTING A. Die volgende saldo's is in die voorraadrekeninge aangetref, maar die onervare boekhouer het hulle opgeteken as bedrae wat BTW insluit: 28 Feb 2019 28 Feb 2018 Grondstofvoorraad (BTW ingesluit) R 178 825 ?  Op 1 Maart 2018 het die BTW op die grondstofvoorraad R30 000 beloop.  55% van alle aankope word kontant betaal. Die res vind op krediet plaas. Kontantaankope van grondstowwe het R27 500 beloop (BTW uitgesluit).  Couch Worx Bpk. het 'n gevestigde verhouding met Rapid Rail wat al hul grondstowwe vervoer en 'n 4%-korting op hul dienste aanbied. Die boekhouer was nie hiervan bewus nie en het nie enige kortings opgeteken nie; hy het ook die vrag op grondstowwe verkeerd toegewys. B. Arbeid:  Vyf fabriekswerkers wat in die produksielyn werk, ontvang elkeen 'n bruto salaris van R7 200 per maand.  Die WVF is afgetrek en bygedra teen 1% per maand.  'n Opsionele pensioenooreenkoms dui aan dat Couch Worx Bpk. 5% van bruto salaris tot pensioen sal bydra indien die fabriekswerker dieselfde doen. Slegs drie fabriekswerkers het hierdie aanbod aanvaar.  Bydraes is slegs op direkte lone van toepassing.  Couch Worx Bpk. het een skoonmaker in diens wat 3 dae in hul Johannesburg- fabriek en 2 dae in hul Johannesburg-verkoopskantoor werk. Die Kaapstad- kantoor het nie 'n skoonmaker in diens nie.  Die skoonmaker se lone is verkeerd toegewys slegs aan die verkope en verspreiding-aantekening. C. Bykomende inligting:  Die hele huuruitgawe is aan die verkope en verspreiding-aantekening toegewys. Dit moes egter toegewys gewees het volgens vloerruimte gebruik.  Op 28 Februarie 2019 is elektrisiteit ter waarde van R1 000 vir elkeen van die drie persele gekoop om die elektrisiteitsrekening vir Maart 2019 te dek. 80% van die elektrisiteitsrekening wat in die verkope en verspreiding-aantekening genoem word, was vir die fabriek.  Verkoopsprys per eenheid het R11 720 beloop. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: REKENINGKUNDE: VRAESTEL I – INLIGTINGSBOEKIE Bladsy viii van viii D. Die volgende het in die verkope en verspreiding-aantekening van Couch Worx Bpk. verskyn: Salarisse en lone R360 000 Huuruitgawe R627 000 Elektrisiteit R16 000 Vrag op grondstowwe R1 900 E. Inkomstestaat van Couch Worx Bpk. vir die tydperk geëindig 28 Februarie 2019: Verkope R5 860 000 Koste van verkope R4 688 000 Bruto wins R1 172 000 Administratiewe uitgawe R0 Verkope en verspreiding ? Netto wins ? F. Gelykbreekontleding: 28 Feb 2019 28 Feb 2018 Gelykbreekpunt 140 170 Getal eenhede verkoop 500 520 Eenhede geproduseer 525 525 DEEL B Die inligting hieronder verwys na Dusi Boets Bpk. en moet slegs gebruik word om Vraag 4.6 te voltooi. Die onderneming is 'n geregistreerde BTW-ondernemer en gebruik die faktuurbasis vir die optekening van BTW wat teen 15% gehef word. Hulle moet elke twee maande BTW betaal. Hulle het nie hul berekening van die BTW verskuldig aan/deur SAID vir 28 Februarie 2019 voltooi nie, want die boekhouer is onseker oor die hantering van die volgende BTW- inskrywings:  Die BTW-kontrolerekening het op 1 Februarie 2019 'n saldo van R23 250 verskuldig aan SAID gehad.  Kontantverkope vir die maand van Februarie het R469 200 (BTW ingesluit) beloop.  Totale kredietaankope het R14 950 (BTW ingesluit) beloop. Grondstowwe ter waarde van R6 000 (BTW uitgesluit) is aan die verskaffer teruggestuur.  'n Debiteur, C. de Villiers, wat in Mei 2018 goedere vir R11 720 (BTW uitgesluit) gekoop het, het nog nie sy rekening betaal nie. Daar is besluit dat hierdie skuld afgeskryf sal word.  'n Korting van R115 (BTW ingesluit) wat aan G. Gearing ('n debiteur) toegestaan is, is gekanselleer, aangesien sy tjek vir R815 deur die bank verwerp is. IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Accounting

View all