Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
FISIESE WETENSKAPPE V2
(CHEMIE)
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie.
Skip to contentAll 2020 papers 

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 609.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules20 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules16 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules14 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules20 marks
- Question 5Rate and Extent of Reactions24 marks
- Question 6Chemical Equilibrium28 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in alle berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier moontlike opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het net een korrekte antwoord. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende faktore sal die tempo van ʼn chemiese reaksie
verhoog deur ʼn alternatiewe pad met laer aktiveringsenergie te bied?
A Druk
B Temperatuur
C Oppervlakte
D Positiewe katalisator (2)
1.2 Strukturele isomere het altyd dieselfde ...
A koolstofketting.
B funksionele groep.
C molekulêre formule.
D fisiese eienskappe. (2)
1.3 Watter EEN van die volgende het die HOOGSTE dampdruk?
A Pentaan
B Heksaan
C Heptaan
D Oktaan (2)
1.4 Watter EEN van die volgende is die struktuurformule vir die funksionele
groep etanoësuur?
O
A C O H B O H
O O
C D
C C H (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.5 Beskou die chemiese reaksie hieronder:
X + gekonsentreerde H2SO4 CH3CHCHCH3 + H2O
Watter EEN van die volgende is KORREK oor reaktant X?
Reaktant X is ʼn ...
A tersiêre alkohol.
B primêre alkohol.
C sekondêre alkohol.
D primêre haloalkaan. (2)
1.6 Die potensiële energiediagram hieronder is vir die hipotetiese omkeerbare
reaksie hieronder.
X2(g) ⇌ Y2(g)
Potensiële energiediagram
Potensiële energie (kJ/mol)
100
68
33
X
Y2
10
Verloop van reaksie
Die waarde van ΔH (in kJ / mol) vir die gekataliseerde voorwaartse reaksie
is gelyk aan ...
A 23
B -23
C 58
D -58 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 5
1.7 Die reaksie wat deur die gebalanseerde vergelyking hieronder voorgestel
word, bereik ewewig in ʼn geslote houer.
C(s) + CO2(g) ⇌ 2CO(g)
Meer C(s) en CO2(g) word by konstante temperatuur by die houer gevoeg.
Hoe sal die aantal mol CO(g) en die waarde van Kc by ewewig beïnvloed
word?
AANTAL MOLES VAN CO Kc
A Verhoog Verhoog
B Verhoog Bly konstant
C Bly konstant dieselfde Bly konstant dieselfde
D Bly konstant dieselfde Verhoog (2)
1.8 Die verhouding tussen [H3O+] en [OH-] in waterige oplossings by konstante
temperatuur word die beste voorgestel deur ...
OH- OH-
H3O+ H3O+
A B
OH- OH-
H3O+ H3O+
C D
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.9 Gasagtige chloor (Cℓ2), wat gebruik word om water in openbare
swembaddens te ontsmet, reageer met water volgens die volgende
gebalanseerde vergelyking.
Cℓ2 + H2O HOCℓ + HCℓ
Die byvoeging van chloor verander die pH van water in swembaddens.
Watter EEN van die volgende stowwe moet van tyd tot tyd by openbare
swembaddens bygevoeg word om die pH te verhoog?
A KCℓ
B NH4Cℓ
C H2SO4
D Na2CO3 (2)
1.10 Beskou die reaksie waarin magnesiumpoeier met OORMAAT reageer,
50 cm3 van ʼn 0,1 mol∙dm-3, swawelsuuroplossing.
Mg(s) + H2SO4(aq) MgCl2 (aq) + H2(g) ΔH < 0
Watter EEN van die volgende veranderinge sal die produksietempo van
waterstofgas verhoog?
A Toename in druk.
B Verhit die reaksiemengsel.
C Gebruik 100 cm3 met dieselfde suuroplossing.
D Voeg water by die reaksiemengsel. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 7
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Beskou verbinding A, wat ʼn lid van ʼn versadigde koolwaterstowwe homoloë reeks is.
H
A.
H C H
H H H H H
H C C C C C C H
H H CH2 H CH3 H
CH3
4
2.1 Definieer die term homoloë reeks. (2)
2.2 Gee ʼn rede waarom verbinding A as ʼn koolwaterstof geklassifiseer word. (2)
2.3 Vir verbinding A, skryf die volgende neer:
2.3.1 Algemene formule van die homoloë reeks waarin dit behoort. (1)
2.3.2 IUPAC-naam. (3)
2.4 Beskou die verbindings P en Q hieronder:
O
P: 2-metiel-2-propanol Q: (CH3)2CH C H
Skryf die volgende neer:
2.4.1 Struktuurformule van verbinding P. (2)
2.4.2 IUPAC-naam van ʼn FUNKSIONELE isomeer van verbinding Q. (2)
2.4.3 Gee ʼn rede waarom verbinding Q NIE ʼn POSISIONELE isomeer het
NIE. (1)
2.5 Politeen word geproduseer wanneer baie eteenmonomereenhede saam
gevoeg word om 'n polimeer te vorm volgens die vergelyking:
n CH2 CH2 Politeen
2.5.1 Skryf die tipe reaksie wat deur die onderstreepte frase beskryf word,
neer. (1)
2.5.2 Gee ʼn rede waarom poliëtien as versadig beskou word. (1)
2.5.3 Skryf EEN gebruik politeen neer. (1)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Die kookpunte wat in die tabel getoon is, is verkry tydens ʼn ondersoek na die kookpunte van
verbindings A, B en C. Die verbindings het ʼn vergelykbare molekulêre massa.
VERBINDING KOOKPUNTE (°C)
A Heksaan 68
B Pentanal 103
C Pentan-2-ol 119
3.1 Definieer die term kookpunt. (2)
3.2 Gee ʼn rede waarom die verbindings wat tydens die ondersoek gebruik is, ʼn
vergelykbare molekulêre massa moet hê. (1)
3.3 Verduidelik die verskil in kookpunte van verbinding A en B deur na die TIPE en
STERKTE van intermolekulêre kragte en energie te verwys. (4)
3.4 Hoe sal die dampdruk van ʼn KETTING-isomeer van verbinding C vergelyk met
die van verbinding C?
Skryf slegs HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN neer. (1)
3.5 Verduidelik die antwoord in VRAAG 3.4 deur te verwys na MOLEKULÊRE
STRUKTUUR en TIPE INTERMOLEKULÊRE KRAGTE. (3)
3.6 Gebruik die MOLEKULÊRE FORMULES en skryf ʼn gebalanseerde vergelyking
vir die volledige verbranding van heksaan neer. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 9
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Beskou die DRIE onvolledige organiese reaksies hieronder.
I: 2-bromobutaan + verdunde NaOH
II: Verbinding P + H2 CH3CH(CH3)CH3
III: CH3CH2CH2COOH + CH3CH2CH2OH Ester + Q
4.1 Vir reaksie I skryf neer die:
4.1.1 TIPE reaksie wat plaasvind (1)
4.1.2 IUPAC-naam van die organiese produk van gevorm het (2)
Die verdunde natriumhidroksied in reaksie I word vervang met gekonsentreerde
natriumhidroksied en die reaksiemengsel word sterk verhit.
4.2 Skryf ʼn gebalanseerde vergelyking neer vir die reaksie wat plaasvind wanneer
gekonsentreerde natriumhidroksied in reaksie I gebruik word, met behulp van
STRUKTUURFORMULES.
(Ignoreer die BYPRODUK.) (6)
4.3 Vir reaksie II skryf neer die:
4.3.1 Naam van die tipe addisie-reaksie wat plaasvind (1)
4.3.2 Naam van die katalisator wat gebruik word (1)
4.3.3 Struktuurformule van verbinding P (2)
4.4 Beskou reaksie III.
Skryf neer:
4.4.1 Die naam van die tipe reaksie wat plaasvind (1)
4.4.2 EEN reaksietoestand (1)
4.4.3 Naam of formule van anorganiese produk Q (1)
4.4.4 Die struktuurformule en IUPAC-naam van die ester wat geproduseer
word. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
ʼn Faktor wat die tempo van ʼn chemiese reaksie beïnvloed, word ondersoek deur twee
eksperimente 1 en 2 uit te voer waarin die volgende reaksie plaasvind.
CaCO3 (s) + 2 HCℓ (aq) CaCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) +CO2(g)
In beide eksperimente word stukke suiwer kalsiumkarbonaat (CaCO3) van dieselfde
massa by OORMAAT soutsuuroplossing (HCℓ) in OPEN-houer bygevoeg. Een
reaksietoestand word in eksperiment 2 verander.
Elke houer is op ʼn massa-skaal geplaas, soos in die diagram hieronder getoon.
Beker + inhoud
Skaal
Die grafiek hieronder toon die veranderinge in massa van die beker en die inhoud
tydens die reaksie in eksperiment 1 en 2.
200 Eksperiment 1
Massa van die beker Eksperiment
2
en inhoud (g)
184,8
0
0 5 8
Tyd (Minute)
5.1 Definieer die reaksietempo in woorde. (2)
5.2 Skryf die FORMULE of NAAM neer van die stof wat verantwoordelik is vir die
afname in die massa van die beker en die inhoud soos die reaksie verloop. (1)
5.3 Skryf EEN ander apparat neer wat benodig word om die reaksietempo te meet
vir de bogenoemde eksperimente behalwe die skaal. (1)
5.4 Bereken die gemiddelde reaksietempo in g∙min-1 vir eksperiment 2. (3)
5.5 Bereken die massa van kalsiumkarbonaat wat gebruik was in eksperiment 1. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 11
5.6 Die Maxwel-Boltzman verdelingskurwes vir die reaksie in eksperimente 1 en 2
word hieronder gegee.
Aantal deeltjies
A
B
Kinetiese energie
5.6.1 Watter faktor wat die reaksietempo beïnvloed, word ondersoek? (1)
5.6.2 Watter kurwe (A of B) verteenwoordig die reaksie in eksperiment 2? (1)
5.6.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.6.2 deur na die botsingsteorie te
verwys. (3)
5.7 In ʼn tweede ondersoek word ʼn derde eksperiment (eksperiment 3) uitgevoer
waarin HCℓ van HOËR KONSENTRASIE gebruik word. Al die ander toestande
bly dieselfde in eksperiment 3 as in eksperiment 1.
5.7.1 Skryf ʼn ondersoekende vraag neer vir die tweede ondersoek waarin
eksperiment 3 met eksperiment 1 vergelyk word. (2)
Hoe vergelyk die volgende hoeveelhede in eksperiment 3 met
eksperiment 1?
Skryf LAER AS, HOËR AS of GELYK AAN neer.
5.7.2 Tyd vir die reaksie om te voltooi. (1)
5.7.3 Hoeveelheid CO2 wat geproduseer word. (1)
5.8 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 5.7.3. (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
Beskou die omkeerbare reaksie wat in ʼn geslote houer plaasvind:
H2(g) + I2(g) ⇌ 2 HI(g)
6.1 Definieer die term omkeerbare reaksie. (2)
Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die hoeveelheid stowwe H2, I2
en HI vanaf die oomblik dat die reaktante in ʼn leë houer gepomp word
GRAFIEK VAN DIE HOEVEELHEID STOF TEENOOR TYD
Hoeveelheid stof (mol)
H2
I2
HI
t0 t1 t2 t3
Tyd
6.2 Watter reaksie (VOORWAARTSE of TERUGWAARTSE) het ʼn HOËR
reaksietempo gedurende die interval t0 tot t1? (1)
6.3 Het die chemiese reaksie gedurende die interval t2 tot t3 gestop?
Skryf slegs JA of NEE.
Gee ʼn rede vir die antwoord. (3)
Op tyd t3 word die druk op die ewewigstelsel verhoog deur die volume by konstante
temperatuur te verlaag.
6.4 Hoe sal die toename in druk die volgende beïnvloed?
Skryf slegs VERHOOG, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.
6.4.1 Reaksietempo. (1)
6.4.2 Aantal mole van HI. (1)
6.4.3 Konsentrasie van HI. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 13
6.5 Verduidelik die antwoord van VRAAG 6.4.3 bo. (2)
6.6 Die tabel hieronder toon die ewewigskonstantes, Kc-waardes vir die reaksie by
verskillende temperature.
Temperatuur (°C) Kc
448 50,3
227 129
6.6.1 Is daar ʼn HOË of LAE OPBRENGS by 227 °C?
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
6.6.2 Is die voorwaartse reaksie EKSOTERMIES of ENDOTERMIES?
Verduidelik die antwoord deur na Le Chatelier se beginsel te verwys. (4)
6.7 Die reaksie word begin deur waterstofgas (H2) en jodiumgas (I2) in te plaas
ʼn leë houer van 0,5 dm3 wat dan verseël en verhit word.
Wanneer die reaksie ewewig bereik by 448 °C, word gevind dat die
konsentrasie van H2 en I2 is onderskeidelik 0,46 mol.dm-3 en 0,39 mol.dm-3.
Die waarde van die ewewigskonstante, Kc is gelyk aan 50,3 by 448 °C.
Bereken die:
6.7.1 Konsentrasie van HI by ewewig. (4)
6.7.2 Persentasie opbrengs by 448 °C. (7)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.)
7.1 Bestudeer die volgende reaksies wat die stap-vir-stap-ionisasie-reaksie van
fosforsuur (H3PO4) toon.
I H3PO4 + H2O ⇌ H2PO4 + H3O+ Ka = 7,5 × 10-3
II H2PO4 + H2O ⇌ HPO42 + H3O+ Ka = 1,3 × 10-12
7.1.1 Definieer ʼn suur volgens die Lowry-Bronsted-model. (2)
7.1.2 Skryf die formule van die stof wat as amfoliet optree in reaksie I en II
neer. (1)
7.1.3 Gee ʼn rede vir die antwoord in VRAAG 7.1.2. (2)
7.1.4 Watter stof, H2PO4 of HPO42 , sal ʼn HOËR Kb waarde het?
Gee ʼn rede vir die antwoord. (3)
7.2 Beskou die hidrolise van die ioon C2HO4 wat deur die gebalanseerde
vergelyking hieronder voorgestel word.
C2HO4 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ C2H2O4 + OH
7.2.1 Definieer die term hidrolise. (2)
7.2.2 Skryf die gekonjugeerde basis van C2H2O4 neer. (2)
7.2.3 Gee ʼn rede deur na stof (we) in die vergelyking te verwys waarom die
hidrolise C2HO4 ʼn ALKALIESE oplossing gee? (2)
7.3 ʼn Groep leerders voer ʼn titrasie uit om die aantal molekules, x, te bepaal van
water kristalisasie in die gehidreerde oksaalsuur (C2O4H2 ∙x H2O)
Hulle het eers ʼn oplossing van gehidreerde oksaalsuur voor te berei, deur
7,56 gram gehidreerde oksaalsuur in water op te los tot ʼn volume van 250 cm3
oplossing.
Tydens ʼn titrasie word 25 cm3 oplossing van gehidreerde oksaalsuur met
presies 24 cm3 van ʼn 0,5 mol∙dm-3 oplossing van natriumhidroksied
geneutraliseer volgens die gebalanseerde vergelyking:
C2O4H2. x H2O(s) + 2 NaOH(aq) C2O4Na2(aq) + (x+2) H2O(ℓ)
(Kristalisasie van water reageer nie met die basis nie)
7.3.1 Definieer ʼn sterk basis. (2)
7.3.2 Bereken die pH van die 0,5 mol∙dm-3 natriumhidroksied oplossing. (5)
7.3.3 Bepaal die waarde van x deur die berekening. (7)
[28]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) FISIESE WETENSKAPPE V2 15
NATIONAL SENIOR CERTIFICATE
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAAM/NAME SIMBOOL/SYMBOL WAARDE/VALUE
Standard pressure
p 1,013 × 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume teen STD
Standard temperature
Tθ 273 K
Standaardtemperatuur
Charge on electron
e -1,6 × 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro’s constant
NA 6,02 × 1023 mol-1
Avogadro se konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m n m
n= or/of c= or/of c = pH= -log[H3O+]
M V MV
Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14
N ca Va na at /by 298K
n= or/of =
NA
cb Vb nb
V
n=
Vm
Eθcell = Eθcathode–Eθanode / Eθsel = Eθkatode–Eθanode
Eθcell = Eθreduction–Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie–Eθoksidasie
Eθcell = Eθoxidising agent–Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel–Eθreduseermiddel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 67 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
KEY/ SLEUTEL Atomic number
1 2
H He
2,1
1 29 4
Elektronegatiwiteit Simbool
3 4 1,9 Cu 5 6 7 8 9 10
Electronegativity Symbol
Li Be B C N O F Ne
1,0 1,5 63,5 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
Na Mg Benaderde relatiewe atoommassa Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9 1,2 Approximate relative atomic mass 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0
23 24 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
0,8 1,0 1,3 1,5 1,6 1,6 1,5 1,8 1,8 1,8 1,9 1,6 1,6 1,8 2,0 2,4 2,8
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
0,8 1,0 1,2 1,4 1,8 1,9 2,2 2,2 2,2 1,9 1,7 1,7 1,8 1,9 2,1 2,5
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn
0,7 133 0,9137 139 1,6 179 181 184 186 190 192 195 197 201 1,8204 1,8
207 1,9
209 2,0 2,5
87 88 89
Fr Ra Ac
0,7 0,9226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--baad5064-31b1-446a-98f5-c35747e817a9/v1-7e367ba3a3803e7feead/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper