Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2019
FISIESE WETENSKAPPE (CHEMIE) V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 2 gegewensblaaie.
Skip to contentAll 2019 papers 
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa/v1-fe523fb91bd4a03c04e7/card.webp)
/Physical%20Sciences%20P2%20Gr%2010%20Nov%202019%20Memo%20Afr%20%26%20Eng--f1aaa72a-2e1d-424d-8e0f-8e13a6cf079e/v1-ab091940e95b3ed6851a/card.webp)

%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)

View all





Physical Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP
Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 482.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Afr
- Paper 2Question paper
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die
ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 3
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.10) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Wat is die persentasie waterstof in ʼn molekule waterstofperoksied met molêre
massa van 34 g.mol-1, as een mol waterstof met een mol suurstof reageer?
A 72,72%
B 94,12%
C 11,11%
D 5,88% (2)
1.2 In watter EEN van die volgende verbindings kom ioniese binding tussen
elementêre deeltjies voor?
A Natriumchloried
B Kwik
C Water
D Swawel (2)
1.3 2 molekules waterstofgas by STD beset ʼn volume van ...
A 11,2 liter.
B 44,8 liter.
C 2 liter.
D 22,4 liter. (2)
1.4 Watter EEN van die volgende stowwe is verantwoordelik vir suurreën?
A H 2 SO 3
B BaCO 3
C HCℓ
D NH 4 + (2)
1.5 Watter EEN van die volgende word uit rivierwater verwyder deur dit te kook?
A Grond
B Takkies en blare
C Skadelike bakterieë
D Loodkonsentrasie (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
1.6 Watter EEN van die volgende is korrek wat betref ʼn FISIESE
VERANDERING van ʼn stof?
(I) Geen nuwe stowwe word gevorm nie.
(II) Intermolekulêre kragte word gebreek.
(III) Energieveranderings is groot.
(IV) Aantal atome word bewaar.
A Slegs I en II
B Slegs I, II en IV
C Slegs I, II en III
D Slegs I, III en IV (2)
1.7 Watter EEN van die volgende stellings verklaar die beste waarom gasse
maklik saamgepers word?
A Gasse bestaan uit deeltjies wat in konstante beweging is.
B Die afstand tussen die deeltjies is groot in vergelyking met die
deeltjiegrootte.
C Die deeltjies bots met mekaar sonder om energie te verloor.
D Wanneer die gemiddelde kinetiese energie van die deeltjies verhoog,
beweeg die deeltjies vinniger. (2)
1.8 Watter van die volgende stellings hieronder verduidelik waarom ys buite die
yskas smelt?
A Die volume van die materiaal neem af by hoë temperatuur.
B Atome beweeg verder uitmekaar by hoë temperatuur.
C Kinetiese energie van atome neem af by hoë temperatuur
D Kinetiese energie van atome bly dieselfde by hoë temperatuur. (2)
1.9 Watter EEN van die volgende is ʼn moontlike strategie wat ʼn gemeenskap
kan neem om te verseker dat hulle gereelde watervoorsiening het?
A Vloede
B Bou van damme
C Hoë graad van verdamping
D Verwydering van boorgate (2)
1.10 Watter EEN van die volgende is die NAAM vir die onderstreepte frase:
soliede, rotsagtige kors wat die hele vlak bedek?
A Die atmosfeer
B Die hidrosfeer
C Die litosfeer
D Die biosfeer (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 5
VRAAG 2
Bestudeer die lys hieronder wat verskillende stowwe toon:
glas; messing; koperdraad; yster; aluminium; tafelsout; lug; natriumchloried
2.1 Definieer die term homogene mengsel. (2)
2.2 Gebruik die inligting hierbo en skryf neer:
2.2.1 TWEE stowwe wat NIE mengsels is NIE (2)
2.2.2 ʼn Homogene mengsel (1)
2.2.3 ʼn Verbinding (1)
2.2.4 EEN stof wat smeebaar is (1)
2.2.5 ʼn Brose stof (1)
2.2.6 Chemiese naam vir tafelsout (1)
2.2.7 ʼn Magnetiese materiaal (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 3
Leerders ondersoek die smelt- en kookpunte van 6 stowwe, A tot F, en die
resultate word in die tabel hieronder gegee.
STOWWE SMELTPUNT (°C) KOOKPUNt (°C)
A 3000 4200
B 200 500
C -150 -200
D -5 15
E -220 -300
F 1083 2567
3.1 Definieer die term kookpunt. (2)
3.2 Vir die bogenoemde ondersoek, skryf neer:
3.2.1 Die afhanklike veranderlike (1)
3.2.2 ʼn Ondersoekende vraag (2)
3.3 Gebruik die tabel hierbo wat die resultate voorstel en skryf die letter (A–F)
neer wat die stof(we) voorstel wat:
3.3.1 ʼn Gas is by 25 °C (1)
3.3.2 ʼn Vloeistof is by 300 °C (1)
3.3.3 Die sterkste aantrekkingskragte tussen die deeltjies het.
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.3.4 Die swakste aantrekkingskragte tussen die deeltjies het.
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.4 Graad 10-leerders ondersoek die effek van die verhoging van temperatuur
op drie verskillende stowwe (A, B en C).
Bestudeer die diagramme van die stowwe hieronder en beantwoord die
volgende vrae.
3.4.1 Herrangskik die diagramme volgens die toenemende gemiddelde
kinetiese energie van die stowwe. (2)
3.4.2 In watter fase is stof C? (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 7
VRAAG 4
Die atoomteorie het oor die jare verander. Die atoommodelle A en B demonstreer
hierdie veranderinge.
Model A Model B
4.1 Skryf die naam neer van die wetenskaplik wat model A voorgestel het. (1)
4.2 Hoe weerlê (loënstraf) model B die voorstelle wat in Model A gemaak word? (3)
In ʼn ander atoommodel is isotope ontdek. Koper het twee isotope, naamlik:
63
Cu en 65 Cu
Die relatiewe atoommassa van die twee isotope is 63,5 amu.
4.3 Skryf die definisie van isotope in woorde neer. (2)
4.4 Bepaal deur berekeninge watter isotoop van koper die meeste in die natuur
voorkom. (5)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 5
Die diagram hieronder toon die vereenvoudigde periodieke tabel van elemente. Die letters
A tot L in die periodieke tabel verteenwoordig sommige van die hoofgroep elemente, maar
is NIE die chemiese simbole van die elemente nie.
5.1 Hoeveel protone het ʼn atoom van element K? (1)
5.2 Skryf die sp-notasie vir ʼn element wat deur die letter K voorgestel word, neer. (2)
5.3 Skryf die aantal valenselektrone neer van ʼn element wat deur F voorgestel word. (1)
5.4 Skryf die letter neer wat magnesium in die periodieke tabel voorstel. (1)
5.5 Skryf die letter neer wat ʼn element voorstel wat:
5.5.1 in periode 2 is en ʼn X- ioon sal vorm. (1)
5.5.2 die elektronkonfigurasie 1s 2 2s 2 2p 6 3s 2 3p 4 het. (1)
5.5.3 dieselfde aantal elektrone as Ca 2 + sal hê. (1)
5.5.4 soortgelyke chemiese eienskappe as suurstof sal hê. (1)
5.5.5 in periode 3 is wat ʼn ioon vorm met ʼn lading van -3. (1)
5.6 Watter EEN van die letters C, D en F stel ʼn element met die laagste elektronaffiniteit
voor? Verduidelik die antwoord. (3)
Die letter J stel ʼn element voor wat minder reaktief is as ʼn element wat deur letter B
voorgestel word.
5.7 Verduidelik hierdie stelling deur te verwys na die elektronegatiwiteit tussen elemente
wat deur letter J en letter B voorgestel word. (4)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 9
VRAAG 6
Die grafiek hieronder toon die eerste ionisasie-energie van elemente uit periode 3 in
die periodieke tabel.
6.1 Definieer die term eerste ionisasie-energie. (2)
6.2 Verduidelik die verskil in eerste ionisasie-energie tussen natrium en magnesium. (2)
6.3 Skryf die benaderde eerste ionisasie-energie van natrium vanaf die grafiek,
neer. (1)
6.4 Verduidelik waarom magnesium maklik geïoniseerd word. (2)
6.5 Gebruik die inligting hierbo en bereken die energie wat benodig word om ʼn
elektron uit die natriumatoom te verwyder. (3)
6.6 Teken ʼn Aufbau-diagram van ʼn natriumioon. (2)
6.7 Die Haber-proses gebruik die reaksie tussen stikstof en waterstof om ammoniak
te vorm. Die vorming van ammoniak is eksotermies en stel 46 kilojoules per mol
gevormde ammoniak vry.
- 3N 2 ( g ) + H 2 ( g ) → 2 NH 3( g )
6.7.1 Watter tipe verbinding bestaan in die molekule van ammoniak? (1)
6.7.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.7.1. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 7
ʼn Chloorgas kan in die laboratorium voorberei word deur gekonsentreerde
soutsuur met mangaandioksied te reageer. Mangaan (II) chloried en water word
gevorm.
7.1 Definieer die term molekule. (2)
7.2 Stel die wet van behoud van massa. (2)
7.3 Skryf neer:
7.3.1 Die Lewis-struktuur vir die watermolekule (2)
7.3.2 ʼn Gebalanseerde chemiese vergelyking van bogenoemde chemiese
reaksie. Toon alle fases van die reaktante en produkte (4)
7.4 Bereken die molêre massa van water. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 11
VRAAG 8
8.1 8,78 g suurstofgas is nodig om met ʼn onbekende massa waterstofgas te reageer
om waterdamp te vorm. Die gebalanseerde vergelyking hiervoor is:
O2( g ) + 2H 2( g ) → 2H 2 O( g )
8.1.1 Definieer die term eksotermiese reaksie. (2)
8.1.2 Is hierdie reaksie ʼn sintese of ʼn ontbindingsreaksie?
Gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
8.1.3 Bereken die aantal mol waterdamp wat gevorm is. (2)
8.2 Die reaksie tussen sink en verdunde soutsuur word deur die gebalanseerde
vergelyking hieronder voorgestel:
Zn(s) + 2HCℓ(aq) → ZnCℓ 2 (aq) + H 2 (g)
Die konsentrasie van die suuroplossing is 0,1 mol.dm-3. Die massa sinkchloried
wat gevorm word, is 0,85 g.
8.2.1 Definieer die term konsentrasie in woorde. (2)
8.2.2 Is bogenoemde reaksie ʼn voorbeeld van ʼn redoksreaksie? Skryf JA of
NEE neer en gee ʼn rede vir die antwoord. (2)
8.2.3 Bereken die volume soutsuuroplossing wat benodig word om met sink
te reageer om 0,85 g ZnCℓ2 te vorm. (5)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 9
9.1 Daar is gevind dat ʼn monster van 60 g tetra-etiellood, ʼn petrolbymiddel
(‘additive’), 38,43 g lood, 17,83 g koolstof en 3,74 g waterstof bevat.
9.1.1 Definieer die term empiriese formule. (2)
9.1.2 Gebruik relevante berekeninge om die empiriese formule van hierdie
verbinding te bepaal. (4)
9.2 Bepaal die molekulêre formule van die verbinding met ʼn empiriese formule
van CH en ʼn molekulêre massa van 78 g.mol-1. (2)
9.3 Hieronder word ʼn formule van die gehidreerde karbonaat van ʼn onbekende
groep 1-metaal, voorgestel deur X met die formule-massa van 268, gegee:
X2CO3.10H2O
9.3.1 Wat is die algemene naam vir ʼn stof waarin water nie direk geheg is
aan die metaalioon, soos hierbo aangedui nie? (1)
9.3.2 Bepaal, deur berekeninge, die onbekende groep 1-metaal wat deur
X in die formule voorgestel word. (3)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 13
VRAAG 10
Die drie proefbuise, X, Y en Z hieronder, bevat kleurlose oplossings. Die oplossings in
elke proefbuis kan kaliumjodied of natriumkarbonaat of magnesiumsulfaat wees.
Toetse word uitgevoer om te bepaal watter proefbuis watter soute bevat.
X Y Z
Die volgende toets is uitgevoer en die waarnemings is gedoen:
• Bariumchloriedoplossing word by oplossing X bygevoeg; die oplossing bly kleurloos.
• Bariumchloriedoplossing word by Y en Z bygevoeg; in beide gevalle word ʼn wit
neerslag gevorm.
• Verdunde salpetersuur word by die oplossing Y wat die neerslag bevat, bygevoeg;
die neerslag los op.
(2)
10.1 Definieer die term dissosiasie.
10.2 Gee ʼn rede waarom bariumchloriedoplossing as elektroliet gebruik kan word. (2)
10.3 Skryf die naam van die neerslag in proefbuis Z neer. (1)
Gebruik die bostaande inligting om die oplossings in elk van die proefbuise X, Y
en Z te identifiseer.
10.4 Skryf die LETTER wat die proefbuis verteenwoordig en daarlangs die NAAM
van die oplossing en die rede vir die keuse. (6)
10.5 Watter tipe reaksie vind tussen die neerslag in Y en die salpetersuur plaas? (1)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 FISIESE WETENSKAPPE P2 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 11
Daar is baie siklusse wat wêreldwyd voorkom. Water word in oseane, yskappe (‘ice
caps’), riviere en ook mere gevind, asook in die lug wat ons inasem. Baie fisiese
veranderinge vind tydens die watersiklus plaas en energie-oordrag vind ook plaas.
Hieronder is die diagram van die watersiklus.
11.1 Verduidelik die term hidrosfeer kortliks. (1)
11.2 Skryf die naam van die proses neer wat soos volg gemerk is:
11.2.1 A (1)
11.2.2 B (1)
11.2.3 C (1)
11.3 Verduidelik hoe die atmosfeer en hidrosfeer in wisselwerking is. (2)
11.4 Die watersiklus vind in ʼn geslote stelsel plaas, wat beteken dat die totale
hoeveelheid water op aarde konstant bly. Gee DRIE moontlike redes waarom
soveel lande in die wêreld vandag, Suid-Afrika ingesluit, ʼn tekort aan water het. (6)
[12]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 15
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Avogadro's constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
n
c=
V
m V N
n= or/of n= n=
M Vm NA
m
c=
MV
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) FISIESE WETENSKAPPE P2 16
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 67 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
KEY/ SLEUTEL
1 Atomic number 2
H He
2,1
1 29 4
Elektronegatiwiteit Simbool
3 4 1,9 5 6 7 8 9 10
Li Be Cu B C N O F Ne
1,0 1,5 Electronegativity Symbol
2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 63,5 13 14 15 16 17 18
Na Mg Benaderde relatiewe atoommassa Aℓ Si P S Cℓ Ar
0,9 1,2 Approximate relative atomic mass 1,5 1,8 2,1 2,5 3,0
23 24 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
0,8 1,0 1,3 1,5 1,6 1,6 1,5 1,8 1,8 1,8 1,9 1,6 1,6 1,8 2,0 2,4 2,8
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
0,8 1,0 1,2 1,4 1,8 1,9 2,2 2,2 2,2 1,9 1,7 1,7 1,8 1,9 2,1 2,5
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
Cs Ba La Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tℓ Pb Bi Po At Rn
0,7 133 0,9 137 139 1,6 179 181 184 186 190 192 195 197 201 1,8204 1,8
207 1,9
209 2,0 2,5
87 88 89
Fr Ra Ac
0,7 0,9 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP
%20June%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa/v1-fe523fb91bd4a03c04e7/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2019 Memo (Afr)
/Physical%20Sciences%20P2%20Gr%2010%20Nov%202019%20Memo%20Afr%20%26%20Eng--f1aaa72a-2e1d-424d-8e0f-8e13a6cf079e/v1-ab091940e95b3ed6851a/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P2 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P2 2019 Memo (Afr)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP
More from Grade 10 Physical Sciences

Annual teaching plan
Gr 10 Phys Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Eastern Cape June 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Free State June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Limpopo March Test 2025 QP & Memo

Question paper and memo