Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 10201912 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2019 GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 1 TYD: 1½ uur PUNTE: 100 10 bladsye, 1 inligtingsblad en 1 grafiekpapier b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 2 VRAESTEL 1 GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 1) TYD: 1½ uur PUNTE: 100 INSTRUKSIES 1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte in die ANTWOORDBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord AL die vrae. 3. Verwyder die grafiekpapier, bladsy 12 en handig dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 6. JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE INLIGTINGSBLADSYE GEBRUIK. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK. 10. Laat ʼn reël tussen twee sub-vrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 11. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 12. Rond jou finale numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af waar nodig. 13. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar dit verlang word. b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 3 VRAESTEL 1 GRAAD 10 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1-1.10) op die antwoordblad. Elke antwoord tel TWEE PUNTE. 1.1 Wat is die grootte van die hoek tussen die rigting van die versteuring en die rigting van voortbeweging van ʼn transversale golf? A 0° B 45° C 90° D 180° (2) 1.2 Die diagram toon twee golwe wat in dieselfde medium beweeg vir dieselfde tydsduur. Die twee golwe het verskillende ... A amplitudes. B spoed. C energie. D frekwensies. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 4 VRAESTEL 1 GRAAD 10 1.3 Twee punte op ʼn transversale golf wat dieselfde verplasingsgrootte het, kan in fase wees as hierdie punte ook die volgende het ... A dieselfde verplasingsrigting en dieselfde bewegingsrigting. B dieselfde verplasingsrigting en die teenoorgestelde bewegingsrigting. C teenoorgestelde verplasingsrigting en dieselfde bewegingsrigting. D teenoorgestelde verplasingsrigting en die teenoorgestelde bewegingsrigting. (2) 1.4 As twee identiese ladings, waarvan een se lading Q is, word in kontak met mekaar gebring en daarna weer geskei. Die nuwe lading op elkeen sal … wees. A Q B 2Q C D 4Q (2) 1.5 Wat noem ons die ruimte waarin ʼn magnetiese materiaal ʼn krag ondervind? A Lading B Elektriese veld C Magnetiese veld D Magnetiese vloeddigtheid (2) 1.6 Watter EEN van die volgende is ekwivalent aan 10 C·s-1? A 10 V B 10 A C 10 Ω D 10 nC (2) 1.7 Watter EEN van die onderstaande eienskappe se eenheid van meting is korrek? EIENSKAP GEMEET EENHEID A Stroomsterkte A.s-1 B Energie kW C Potensiaalverskil V D Weerstand V.s b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 5 VRAESTEL 1 GRAAD 10 1.8 Bestudeer die volgende stellings aangaande ultraviolet-straling en kies dan die korrekte opsies hieronder gegee: (i) Dit kan weerskaatsing ondergaan. (ii) Dit het ʼn langer golflengte as gammastrale. (iii) Dit is ʼn uitstraling van die son en kan skadelik wees vir die mens. A Slegs (i) en (ii) B Slegs (ii) en (iii) C Slegs (i) en (iii) D (i), (ii) en (iii) 1.9 Watter EEN van die kombinasies hieronder met betrekking tot die toonhoogte en hardheid van klank is korrek? Toonhoogte Hardheid A Frekwensie Amplitude van die vibrasie B Frekwensie Spoed van vibrasie C Amplitude van die vibrasie Frekwensie D Spoed van vibrasie Frekwensie 1.10 Twee pulse beweeg na mekaar toe soos in die diagram aangetoon. Wat sal die resulterende verplasing en tipe interferensie wees wanneer hulle ontmoet? Resultante verplasing Tipe interferensie A 4a konstruktiewe B 2a konstruktiewe C -2a destruktiewe D -4a destruktiewe [20] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 6 VRAESTEL 1 GRAAD 10 VRAAG 2 2.1 Die diagram hieronder toon twee golwe, A en B wat dieselfde golflengte het, maar verskillende amplitudes wanneer hulle mekaar ontmoet. posisie teenoor tyd B A b posisie (m) a tyd ( s) -a -b 2.1.1 Definieer die term golflengte. (2) 2.1.2 Teken die vorm van die resulterende golf wanneer die twee golwe A en B mekaar ontmoet. Toon ook die amplitude aan. (4) 2.1.3 Watter golfeienskap word in VRAAG 2.1.2 geïllustreer? (2) 2.1.4 Stel die beginsel wat gebruik is om VRAAG 2.1.2 te beantwoord. (2) 2.2 In die onderstaande skets, wat nie volgens skaal geteken is nie, verteenwoordig Q ʼn voorwerp op die oppervlak van die water in ʼn dam. ʼn Persoon wat op ʼn brug staan neem waar hoe Q beweeg. Die periode van die beweging van Q is 5 s. posisie (m) 1,5 m 1 Q● . 2.2.1 Definieer die term periode van ʼn golf. (2) 2.2.2 In watter rigting beweeg voorwerp Q? Skryf slegs OPWAARTS of AFWAARTS. (2) 2.3 Bereken die … 2.3.1 frekwensie van die golf. (4) 2.3.2 spoed van die golf. (4) [22] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 7 VRAESTEL 1 GRAAD 10 VRAAG 3 ʼn Gedeelte van die klankgolf geproduseer deur ʼn musiekinstrument word hieronder getoon. 3.1 Definieer die term, puls. (2) 3.2 Identifiseer die komponente van ʼn golf op die skets … 3.2.1 B (1) 3.2.2 A (1) 3.3 Die hoogste frekwensie wat ʼn normale menslike oor kan hoor is ongeveer 20 kHz. ʼn Spesiale fluitjie bekend as die stilfluitjie word gebruik word om honde op te lei. 3.3.1 As die fluitjie klankgolwe met ʼn golflengte van 9 mm produseer, bepaal deur ʼn berekening of die menslike oor die klank wat deur hierdie fluitjie geproduseer word kan hoor. Neem die spoed van klank in lug as 342 m·s-1. (5) 3.3.2 Noem die tipe klank wat deur die stilfluitjie geproduseer word. (1) 3.4 ʼn Toestel wat klank produseer word tussen twee geboue A en B geplaas, soos hieronder getoon. ʼn Klankgolf, afkomstig van die toestel, tref gebou A loodreg en keer terug na die toestel na 1,0 s. ʼn Tweede klankgolf tref gebou B ook loodreg en keer terug na die toestel in 1,5 s. As die spoed van klank in lug op daardie stadium 340 m·s -1 is, bereken die afstand tussen die twee geboue. (6) [16] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 8 VRAESTEL 1 GRAAD 10 VRAAG 4 4.1 Sekere radiogolwe met ʼn golflengte van 0,14 m word bestudeer. 4.1.1 Noem EEN gebruik van radiogolwe in tegnologie. (1) 4.1.2 Bereken die energie van ʼn foton van hierdie radiogolwe. (4) 4.2 ʼn Atleet breek sy been en word hospitaal toe vervoer om X-strale te laat neem. X-strale wat deur die X-straalmasjien geproduseer word, het ʼn golflengte van 1, 5 x 10-11 m. MAAK GOU, STOP HOM! X-straal DEPARTEMENT 4.2.1 Teen watter spoed beweeg X-strale? (1) 4.2.2 Bereken die frekwensie van ʼn X-strale. (2) 4.3 Te veel blootstelling aan X-strale kan potensieel gevaarlik wees. Verskaf ʼn rede vir hierdie stelling. (2) [10] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 9 VRAESTEL 1 GRAAD 10 VRAAG 5 5.1 Twee geïsoleerde grafietbedekte polistireensfere A en B hang aan drade. Die sfere word ʼn klein afstand van mekaar af gehou. Die ladings op die sfere A en B is - 8 C en + 20 C, onderskeidelik. Wanneer die sfere vrygelaat word beweeg hulle na mekaar toe. A B 5.1.1 Verduidelik waarom die sfere na mekaar toe beweeg as hulle vrygelaat word. (2) 5.1.2 Watter EEN van die sfere het ʼn oormaat elektrone? Skryf neer slegs SFEER A of SFEER B. (1) 5.2 Die twee sfere raak aan mekaar en beweeg daarna uitmekaar. 5.2.1 Bereken die lading op elke sfeer na kontak. (3) 5.2.2 Sal die krag nou AANTREKKEND of AFSTOTEND wees? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 5.2.3 Stel die beginsel van kwantisering van lading. (2) 5.2.4 Bepaal die aantal elektrone oorgedra tussen die twee sfere tydens hulle kontak. (4) (14) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 10 VRAESTEL 1 GRAAD 10 VRAAG 6 6.1 Bestudeer die stroombaan hieronder. Met die skakelaar oop en ʼn voltmeter aan die battery gekoppel, toon dit die emk van die battery. Wanneer die skakelaar toe is gee die ammeter A1 ʼn lesing van 5 A en ammeter A2 lees 3 A. 6.1.1 Definieer die emk van ʼn battery. (2) 6.1.2 Bereken die effektiewe weerstand van die twee resistors. (3) 6.1.3 Wat sal die lesing op ammeter A3 wees met die skakelaar toe? (3) 6.2 Bestudeer die stroombaan hieronder. Wanneer die skakelaar toegemaak word is die lesing op die voltmeters as volg: Voltmeter: V1 V2 V4 Lesing: 4V 1.6 V 1V 6.2.1 Bereken die effektiewe weerstand van die drie resistors. (3) 6.2.2 Bepaal die voltmeter lesing op V3 wanneer die skakelaar toe is. (2) 6.2.3 As die stroom wat deur die 8 Ω resistor vloei 0,2 A is, wat sal die stroom deur die 5 Ω resistor wees? Verduidelik die antwoord. (2) 6.3 ʼn Lading van 48 C vloei deur die stroombaan in 2 minute. Bereken die stroom deur die stroombaan. (3) [18] TOTAAL: 100 PUNTE b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 11 VRAESTEL 1 GRAAD 10 DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10 PAPER 1 (PHYSICS) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10 VRAESTEL 1 (FISIKA) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME / NAAM SYMBOL / SIMBOOL VALUE / WAARDE Speed of light in a vacuum C 3,0 x 108 m·sˉ1 Spoed van lig in 'n vakuum Plank's constant H 6,63 x 10-34 J·s Plank se konstante Charge on electron E -1,6 x 10ˉ19 C Lading op elektron Electron mass me 9,11 x 10ˉ31 kg Elektronmassa b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 12 VRAESTEL 1 GRAAD 10 NAAM: ______________________________________ KLAS: ______________________________________ EINDE

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all