Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 10
FISIESE WETENSKAPPE
VRAESTEL 1
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
11 bladsye + 1 datablad
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6/v1-10f4cf04fe14aa56c731/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683/v1-c56e73d24617617ca5d9/card.webp)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bd87dfab-9c38-428e-b164-1caed1d757b5/v1-3012969198c8459c2c09/card.webp)
/Physical%20Sciences%20P2%20Grade%2010%20Nov%202017%20Afr--07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c/v1-385829c075b879f4d1c2/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2017 QP (Afr)
Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 378.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng June 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 2
Vraestel 1 GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
(Vraestel 1)
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: 20 PUNTE
AFDELING B: 80 PUNTE
3. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
4. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6. Gee kort motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
7. Rond jou finale antwoorde tot ʼn maksimum van TWEE desimale plekke af.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 3
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word gegee as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Kies die korrekte
antwoord en skryf die letter (A – D) van jou antwoord langs die vraagnommer in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 C.
1.1 Bestudeer die meegaande skets:
Die volgende word deur A, B en C verteenwoordig:
A Amplitude, trog, golflengte
B Kruin, trog, golflengte
C Amplitude, golflengte, pulslengte
D Kruin, trog, golflengte (2)
1.2 Die spoed van ʼn puls berus op ...
A die afstand wat die puls beweeg.
B die pulslengte van die puls.
C die medium waardeur die puls beweeg.
D die amplitude van die puls. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 4
Vraestel 1 GRAAD 10
1.3 Die diagram hieronder toon twee punte X en Y op ʼn golf.
X Y
Hoeveel golflengtes word tussen punt X en Y aangetref?
A 0,75
B 1
C 1,5
D 3 (2)
1.4 Wat moet ʼn tromspeler doen om ʼn klank met ʼn laer toonhoogte voort te
bring?
A Slaan die drom harder.
B Slaan die drom sagter.
C Draai die dromvel stywer.
D Maak die dromvel losser. (2)
1.5 Die volgende is rangskik in orde van verhogende golflengte.
A Mikrogolwe, sienbare lig, x-strale
B X-strale, sienbare lig, mikrogolwe
C Mikrogolwe, x-strale, sienbare lig
D Sienbare lig, x-strale, mikrogolwe (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 5
Vraestel 1 GRAAD 10
1.6 Bestudeer die volgende stellings rakende magnetiese velde.
(i) Die rigting van magnetiese veldlyne is van Noord na Suid.
(ii) Die sterkte van die magneetveld word aangetoon deur die nabyheid
van die veldlyne.
(iii) Die magneetveld van ʼn magneetstaaf is swakker naby sy pole.
Watter van die bogenoemde stellings is KORREK?
A (i), (ii) en (iii)
B (i) en (ii)
C (i) en (iii)
D (ii) en (iii) (2)
1.7 Twee gelaaide sfere hang aan ligte onelastiese toutjies. Hulle verkeer in rus
met gelyke hoeke tot die vertikaal soos aangetoon in die diagram hieronder.
Dit toon aan dat ...
A die sfere het gelyke maar teenoorgestelde ladings.
B die een sfeer is gelaai en die ander sfeer nie.
C die sfere het teenoorgestelde maar nie noodwendig gelyke ladings nie.
D die sfere het gelyke ladings. (2)
1.8 Watter van die volgende simbole verteenwoordig die SI-eenheid vir
weerstand?
A R
B C
C Ω
D A (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 6
Vraestel 1 GRAAD 10
1.9 Al die resistors in die gegewe stroombane is identies. Watter EEN van die
volgende stroombane het die hoogste totale weerstand?
A B
C D
(2)
1.10 ʼn Stroom van 1,2 A vloei deur ʼn resistor in 2,5 minute. Die hoeveelheid
lading is ...
A 18 Ω.
B 180 Ω.
C 3 Ω.
D 0,48 Ω. (2)
TOTAAL AFDELING A: [20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 7
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING B
VRAAG 2
Seegolwe slaan teen ʼn muur in ʼn hawe. Ses golwe slaan teen die muur in 4 s. Die
afstand tussen twee opeenvolgende trôe is 10 m. Die hoogte van die golf van ʼn trog
tot ʼn kruin is 2,5 m.
2.1 Identifiseer die tipe golf wat hierbo verteenwoordig word. (1)
2.2 Verduidelik hoe die bogenoemde golf genoem in Vraag 2.1 voorgeplant word. (2)
2.3 Hoeveel voltooide golwe word in die skets verteenwoordig? (1)
2.4 Skryf die letters neer wat enige TWEE punte voorstel wat ...
2.4.1 in fase is. (2)
2.4.2 uit fase is. (2)
2.4.3 een golflengte voorstel. (1)
2.5 Bereken die amplitude van die golf. (2)
2.6 Toon aan dat die periode van die golf 0.67 s is. (2)
2.7 Bereken die frekwensie van die golwe. (2)
2.8 Bereken die spoed van die golwe. (3)
[18]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 8
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 3
Elektromagnetiese straling is golwe met ʼn tweeledige golfaard bekend as die golf- en
deeltjiemodel. ʼn Deeltjie staan bekend as ʼn foton.
Elektromagnetiese straling kan die volgende insluit:
x strale, sienbare lig, infrarooi, gamma-strale, ultravioletlig, radiogolwe
3.1 Definieer die term “foton”. (2)
3.2 Verduidelik hoe elektromagnetiese straling voortgeplant word. (3)
3.3 Vanuit die lys hierbo, dui aan watter een ...
3.3.1 in hospitale gebruik word om mediese instrumente te steriliseer. (1)
3.3.2 in ʼn televisie se afstandbeheer gebruik word (“remote control”). (1)
3.3.3 het ʼn hoë penetreringsvermoë. (1)
3.3.4 het die langste golflengte. (1)
3.4 Ultraklank word deur ginekoloë gebruik om ongebore babas te ondersoek
sodat enige probleme vroegtydig ondersoek kan word.
3.4.1 Verduidelik kortliks waarom ʼn ginekoloog eerder ultraklank moet
gebruik bo x-strale, om ʼn ongebore baba in sy ma se baarmoeder
te ondersoek. (2)
3.4.2 ʼn X-straal foton met ʼn golflengte van 3,1 x 10-9 m, val op ʼn menslike
liggaam.
Bereken hoeveel energie die foton op die liggaam oordra. (3)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 9
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 4
4.1 Skryf die definisie van magneetveld neer. (2)
4.2 Noem TWEE ferromagnetiese materiale. (2)
4.3 Indien ʼn staafmagneet in die helfte gebreek word, vorm dit twee magnete,
X en Y.
Teken X en Y oor en dui die pole wat X en Y nou sal hê aan.
Dui die resulterende magneetveld aan.
S N
X Y
(4)
4.4 Vir die volgende, skryf slegs, VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.
Wat sal die invloed wees op die magneetveld wat uitgeoefen word tussen X
en Y wees indien ...
4.4.1 die pole X en Y omgekeer word, en X en Y op hul
oorspronklike posisies en dieselfde afstand vanaf mekaar
geplaas word? (2)
4.4.2 X en Y verder vanaf mekaar geplaas word? (2)
[12]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 10
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 5
Twee geïnsuleerde grafietbedekte polistireen-sfere, X en Y, word stasionêr op ʼn
geïnsuleerde oppervlak gehou. Hulle word ʼn klein afstand vanaf mekaar geplaas.
Die ladings op die X- en Y-sfere is onderskeidelik -5 nC en + 2 nC. Die sfere beweeg
na mekaar wanneer hulle opgelos word.
X (-5nC) Y (+2nC)
Geïnsuleerde oppervlak
5.1 Gee die Wet van die Behoud van Lading. (2)
5.2 Verskaf ʼn rede waarom die sfere na mekaar beweeg wanneer hulle gelos
word. (2)
Die twee sfere word vrygelaat en dan toegelaat om aanmekaar te raak.
5.3 Bereken die lading op elke sfeer na aanraking. (3)
5.4 Is die elektrone oorgedra VAN X NA Y of VAN Y NA X? Verskaf ʼn rede vir jou
antwoord. (3)
5.5 Hoe sal die grootte van die elektrostaties krag verander indien ...
(Skryf slegs VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.)
5.5.1 die grootte van die ladings verhoog word? (2)
5.5.2 die ladings nader aan mekaar gebring word? (2)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 11
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 6
Leerders voer ʼn eksperiment uit om te bepaal of die effektiewe weerstand van resistors
wat in serie gekoppel is hoër is as wanneer hulle in parallel gekoppel is.
Hulle word voorsien van twee resistors, ʼn ammeter, 3 selle elk met ʼn emk van 1,5 V,
drie voltmeters een wat oor die 3 selle is; een oor elke resistor)
6.1 Skryf ʼn gepaste doel vir hierdie eksperiment neer. (2)
6.2 Teken ʼn stroombaan vir die eksperiment deur die gegewe apparaat te gebruik. (5)
6.3 Die resultate vir die eksperiment word in die volgende tabel gegee.
Ammeter Weerstand Weerstand Totale Potensiaal- Potensiaal- Totale
lesings van van weerstand verskil oor verskil oor Potensiale-
(A) Resistor Resistor van die R1 R2 verskil
R1 (Ω) R2 (Ω) stroombaan V1 (V) V2 (V) VT(V)
Eksperi-
ment 1 0,75 3 3 A 2,25 C 4,5
Eksperi-
0,96 3 1,7 B D 1,63 4,5
ment 2
6.3.1 Bereken die totale weerstand vir A en B. (4)
6.3.2 Bereken die potensiaalverskilwaardes van C en D. (3)
6.3.3 Bepaal of die resistors wat in series geskakel is, potensiaalverdelers
is. (5)
6.4 Indien die bogenoemde resistors in die tabel in parallel geskakel is, hoe sal die
totale stroom in die baan beïnvloed word? Verduidelik jou antwoord. (3)
[22]
TOTAAL AFDELING B: 80
TOTAAL: 100
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 12
Vraestel 1 GRAAD 10
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME / NAAM SYMBOL / SIMBOOL VALUE / WAARDE
Acceleration due to gravity g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES
MOTION / BEWEGING
v f v i a t x v i t 21 at 2
v vi
v f v i 2ax
2 2
Δx f Δt
2
WORK, ENERGY AND POWER / ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
U mgh or/of EP mgh 1 1
K mv 2 or/of E k mv2
2 2
WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG
vf 1
T
f
c
E = hf or/of E = h
λ
ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE
Q I t
R s R1 R 2 ... W
V
q
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6/v1-10f4cf04fe14aa56c731/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2016 QP (Afr)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683/v1-c56e73d24617617ca5d9/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afr)
%20June%202016%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bd87dfab-9c38-428e-b164-1caed1d757b5/v1-3012969198c8459c2c09/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2016 Memo (Afr)
/Physical%20Sciences%20P2%20Grade%2010%20Nov%202017%20Afr--07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c/v1-385829c075b879f4d1c2/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P2 2017 QP (Afr)
More from Grade 10 Physical Sciences

Annual teaching plan
Gr 10 Phys Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Eastern Cape June 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Free State June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Limpopo March Test 2025 QP & Memo

Question paper and memo