Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2018
GRAAD 10
FISIESE WETENSKAPPE
VRAESTEL 1
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
12 bladsye + 1 datablad
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Question%20Paper_hlayiso.com_--26933dc4-9e29-4ff7-a9d2-4197bdbf1fe8/v1-78ac95e617312dfb3fab/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4e8b673b-6241-4d55-bd2f-22325a33cb53/v1-680e1c3798b31fba0242/card.webp)
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--61201285-1f4e-47f2-ab88-2c5d2f2f7157/v1-ea519d803860bfd4dcc6/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7d4c6de6-744b-4398-9e8c-0f308c9384cd/v1-3a731fc8b5fafb0f90ff/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26/v1-844f2a5034f8a261e39a/card.webp)
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6/v1-10f4cf04fe14aa56c731/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1/v1-72200cc2f43c79effad0/card.webp)
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7f5b9337-091b-44ff-8aed-b9795485f0ca/v1-479c24901c16530205c8/card.webp)
View all



Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Pages
- 13
- File size
- 425.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 2
Vraestel 1 GRAAD 10
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
(Vraestel 1)
TYD: 1½ uur
PUNTE: 100
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord AL die vrae.
3. Moenie te veel tyd op een vraag spandeer nie.
4. Jy kan ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
6. Jy word aangeraai om die aangehegte DATABLADSY gebruik.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
is.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
10. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen Vraag 2.1 en Vraag 2.2.
11. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
12. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke waar
nodig.
13. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar dit verlang word.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 3
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) op die antwoordboek. Elke antwoord tel TWEE PUNTE.
1.1 Watter een van die volgende is ʼn bron van elektromagnetiese golwe?
A Magnete
B Transversale golwe
C Longitudinale golwe
D Versnellende ladings (2)
1.2 Watter een van die volgende is gelyk aan 1 Volt?
A 1 J.C-1
B 1 C.s-1
C 1 s-1
D 1 Hz (2)
1.3 Die afstand tussen twee opeenvolgende kruine in ʼn golftrein is 8 cm. As twee
volledige golwe verby ʼn vaste punt in 1 s beweeg, sal die golf se snelheid ...
wees.
A 16 cm·s–1
B 8 cm·s–1
C 4 cm·s–1
D 1,25 cm·s–1 (2)
1.4 Bestudeer die volgende skets van twee gelaaide sfere wat in kontak met
mekaar gebring word en dan skei.
Die volgende is korrek vir A en B nadat hulle mekaar geraak het:
A 3 C en -4 C
B -0,5 C op elkeen
C Albei is neutraal
D -1 C op elkeen (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 4
Vraestel 1 GRAAD 10
1.5 Kyk na die diagram van ʼn golf met ʼn frekwensie van 5 Hz.
Die afstand XY kan beskryf word as ...
A die golflengte.
B die amplitude.
C die tydperk.
D twee keer as die amplitude. (2)
1.6 Watter een van die volgende elektromagnetiese golwe het die GROOTSTE
deurdringingsvermoë?
A Mikrogolwe
B Ultraviolet-strale
C Gammastrale
D X-strale (2)
1.7 Ferromagnetiese materiale het baie nuttige toepassings in die alledaagse lewe.
Watter een van die volgende is korrek met betrekking tot die samestelling van
ferromagnetiese materiale?
A Kobalt, koolstof en nikkel
B Yster, nikkel en swael
C Kobalt, yster en nikkel
D Yster, koper en kobalt (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 5
Vraestel 1 GRAAD 10
1.8 Kyk na die volgende diagram van ʼn stroombaan. Die gloeilampe is nie
noodwendig identies nie.
Die lesing op A 2 sal gelyk wees aan ...
A die lesing op A 1 .
B helfte van die lesing op A 1 .
C die lesing op A 3 minus die lesing op A 1 .
D die lesing op A 1 minus die lesing op A 3 . (2)
1.9 ʼn 10 C lading beweeg verby ʼn punt in ʼn stroombaan in 2 minute. Die stroom in
die stroombaan is ...
A 0083 A
B 0,2 A
C 5A
D 12 A (2)
1.10 Oorweeg die volgende stellings met betrekking tot voltmeters:
(i) Die lees van voltmeters wat oor resistors gekoppel is, is omgekeerd
eweredig aan die weerstande van die resistors.
(ii) Wanneer ʼn skakelaar in ʼn stroombaan gesluit word, sal ʼn voltmeter oor
die battery die emk van die battery gee.
(iii) Voltmeters gekoppel oor resistors wat in parallel gekoppel is, sal
dieselfde lesing gee.
(iv) Voltmeters word altyd in parallel gekoppel.
Watter van die bogenoemde stellings is waar?
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (ii) en (iv)
D Al die bogenoemde stellings (2)
TOTAAL AFDELING A [20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 6
Vraestel 1 GRAAD 10
AFDELING B
VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
2.1 Die afstand tussen 13 agtereenvolgende golfkruine in ʼn golftenk is 1,8 m. Die
golwe beweeg deur die water teen ʼn spoed van 0,225 m·s-1.
2.1.1 Definieer die term golflengte van ʼn golf. (2)
2.2 Bereken die ...
2.2.1 golflengte van die golf, in meter. (3)
2.2.2 frekwensie van die golf. (3)
2.3 Die grafiek hieronder toon die verplasing van ʼn blaar op ʼn dam met intervalle van 0,2 s
na ʼn versteuring deur die water beweeg het teen 12 m·s-1
10 A D
Verplasing (cm)
0 0,2 0,4 0,6 0,8
tyd (s)
•C
10
B
2.3.1 Beweeg die blaar opwaarts of afwaarts by punt C? (1)
2.3.2 Kyk na die punte A, B, C en D op die diagram. Identifiseer TWEE
punte wat in fase is. (1)
2.4 Bereken ...
2.4.1 die frekwensie van die golf. (2)
2.4.2 golflengte wat geproduseer word. (3)
2.5 Wat word bedoel met die term amplitude van ʼn golf? (2)
2.6 Die amplitude van die golf is nou verdubbel. Wat is die waarde, in meter, van
die nuwe amplitude van die golf? (2)
[19]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 7
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
Die diagram hieronder toon twee polse, P en Q, wat na mekaar toe beweeg in ʼn
slinky speelrek. Pols P het ʼn amplitude van 12 cm, en pols Q het ʼn amplitude van
8 cm. Die polse ontmoet by posisie Y. Aanvaar dat daar geen verlies van energie is
nie.
P
Y
Q
3.1 Definieer die term transversale pols. (2)
3.2 Skryf die naam van die verskynsel wat plaasvind wanneer die twee polse
ontmoet by punt Y. (1)
3.3 Bereken die amplitude van die gevolglike pols wanneer polse P en Q
ontmoet by punt Y. (2)
3.4 Pols P beweeg ʼn afstand van 0,6 m in 1,5 s. Bereken die spoed van pols P. (3)
3.5 ʼn Stemvurk, met ʼn frekwensie van 100 Hz, het ʼn klankgolf geskep soos
geïllustreer in die onderstaande skets.
R
S
3.5.1 Watter tipe golf het die stemvurk geskep? (1)
3.5.2 Noem die dele gemerk R en S. (2)
3.5.3 Bereken die periode van die klankgolf wat die vurk gemaak het. (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 8
Vraestel 1 GRAAD 10
3.6 Tydens ʼn donderstorm sien mens eers die weerlig en dan na ʼn rukkie hoor
mens die donderweer.
Verskaf ʼn wetenskaplike verduideliking vir hierdie waarneming.
[https://www.google.co.za/search?q=lightning+and+the+thunder&safe] (2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 9
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
Leerders ondersoek magnetisme met behulp van ʼn staafmagneet. Hulle plaas ʼn vel
papier oor die magneet en sprinkel ystervylsels op die vel papier. Hulle neem die
patroon wat die ystervylsels maak, waar. Hulle plaas dan ʼn kompas in verskillende
posisies regoor die staafmagneet en neem die kompasnaald se rigting waar.
N S
4.1 Verduidelik kortliks waarom die kompasnaald-punte in dieselfde rigting sal
wys indien dit nie naby ʼn magneet is nie. (2)
4.2 Skets die magneetveld-patroon rondom die staafmagneet. (3)
4.3 Tydens die ondersoek val die staafmagneet en breek in ses stukke. Een
van die leerders stel voor dat hulle nou individueel kan werk deur die
gebruik te maak van ystervylsels om die magneetveld-patrone rondom die
stukke van die staafmagneet te verkry.
Sal die magnetiese veld-patrone verkry vir elk van die ses stukke
dieselfde wees as vir die oorspronklike staafmagneet? Skryf slegs JA of
NEE. (1)
[6]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 10
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
Twee klein metaalsfere, B en C, op geïsoleerde staanders, dra ladings van
2 x 10-9 C en -6 x 10-9 C onderskeidelik.
+2 x 10-9 C -6 x 10-9 C
B C
5.1 Hoe het die aantal elektrone op sfeer B vergelyk met die aantal protone
op sfeer B? Kies jou antwoord uit een van die volgende: MINDER AS,
DIESELFDE as of MEER AS.
Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
5.2 Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak, waarna hulle weer van
mekaar geskei word en teruggekeer na hul oorspronklike posisies.
B C
5.2.1 Verduidelik die beginsel van behoud van lading. (2)
5.2.2 In watter rigting vloei die elektrone terwyl sfere B en C kontak
maak? Skryf slegs vanaf B na C of van C na B. (1)
5.2.3 Verduidelik kortliks jou antwoord op Vraag 5.2.2. (2)
5.2.4 Bereken die lading op elke sfeer nadat hulle weer geskei is. (3)
5.2.5 Bereken die aantal elektrone oorgedra tussen die twee sfere. (3)
[13]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 11
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
6.1 Die Wi-Fi (Wireless Fidelity) het vinnig ʼn baie noodsaaklike hulpmiddel vir
elektroniese kommunikasie, leer- en toegang tot sosiale platforms
geword. Elektromagnetiese golwe is noodsaaklik in draadlose
kommunikasie. Wi-Fi maak gebruik van lae-frekwensie elektromagnetiese
golwe.
6.1.1 Noem die tipe elektromagnetiese golwe wat gebruik word in
Wi-Fi. (1)
6.1.2 Noem EEN voordeel wat die tipe bestraling genoem in 6.1.1
op die gebruik van Wi-Fi het. (1)
6.2 ʼn Foton wat verband hou met ʼn sekere elektromagnetiese golf, het
1,46 x 10-24 J energie.
6.2.1 Definieer die term foton. (2)
6.2.2 Wat is die spoed waarteen hierdie elektromagnetiese golf
beweeg? (2)
6.2.3 Bereken die golflengte van hierdie elektromagnetiese golf, in
meter. (3)
6.3 As die golflengte van hierdie elektromagnetiese golf verdubbel, watter
uitwerking sou dit op sy deurdringingsvermoë hê?
Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (2)
6.4 Verduidelik kortliks jou antwoord op Vraag 6.3. (2)
[13]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 12
Vraestel 1 GRAAD 10
VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy)
Kyk na die stroombaan hieronder: Die gloeilampe is identies. Die weerstand van die
battery, ammeter en verbindingsdrade kan geïgnoreer word.
7.1 Die drie selle dra 90 J energie oor aan ʼn 20 C lading.
7.1.1 Definieer die term volt. (2)
7.1.2 Bereken die voltwaarde van al drie selle. (3)
7.1.3 Wat sou die potensiaalverskil van elke sel wees? (2)
7.2 ʼn Lading van 30 C beweeg verby ʼn punt in die stroombaan in 40 s.
7.2.1 Bepaal die ammeterlesing in hierdie stroombaan. (3)
7.2.2 Bepaal die effektiewe weerstand van die parallelle kombinasie
van resistors. (3)
7.3 As een van die gloeilampe uitbrand, hoe sou die helderheid van die ander
twee gloeilampe verander? Skryf slegs HELDERDER, DOWWER of
GEEN VERANDERING. (1)
7.4 Verduidelik kortliks jou antwoord op Vraag 7.3. (2)
[16]
TOTAAL AFDELING B: 80
TOTAAL 100
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 13
Vraestel 1 GRAAD 10
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABEL 1: FISIESE KONSTANTE
NAAM SIMBOOL WAARDE
Spoed van lig in ʼn vakuum c 3,0 x 108 m·sˉ1
Plank se konstante h 6,63 x 10-34 J·s
Lading op elektron e -1,6 x 10ˉ19 C
Elektronmassa me 9,11 x 10ˉ31 kg
TABEL 2: FORMULES
GOLWE, KLANK EN LIG
van
ELEKTRIESE STROOMBANE
EINDE
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Gr 10 PS P1 (Afrikaans) Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20Question%20Paper_hlayiso.com_--26933dc4-9e29-4ff7-a9d2-4197bdbf1fe8/v1-78ac95e617312dfb3fab/card.webp)
Question paper
Gr 10 PS P2 (Afrikaans) Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gauteng-Physical-Sciences-Grade-10-March-2023-QP-only_hlayiso.com_.pdf
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4e8b673b-6241-4d55-bd2f-22325a33cb53/v1-680e1c3798b31fba0242/card.webp)
Question paper
Gr10 PS P1 (ENG) June 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr10 PS P1 (AFR) June 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--61201285-1f4e-47f2-ab88-2c5d2f2f7157/v1-ea519d803860bfd4dcc6/card.webp)
Question paper
Gr10 PS P2 (ENG) June 2022 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7d4c6de6-744b-4398-9e8c-0f308c9384cd/v1-3a731fc8b5fafb0f90ff/card.webp)
Question paper
Gr10 Phy P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0/v1-53ba37623177a647f5fb/card.webp)
Question paper
Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26/v1-844f2a5034f8a261e39a/card.webp)
Question paper
Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2017 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202016%20Question%20Papers_hlayiso.com_--66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6/v1-10f4cf04fe14aa56c731/card.webp)
Question paper
Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers_hlayiso.com_.pdf
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1/v1-72200cc2f43c79effad0/card.webp)
Memorandum
Gr10 Phy P2 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer_hlayiso.com_.pdf
%20November%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7f5b9337-091b-44ff-8aed-b9795485f0ca/v1-479c24901c16530205c8/card.webp)
Memorandum
Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) November 2018 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 10 Physical Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Annual teaching plan
Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24.pdf

Question paper and memo
EC-AW-Physical-Sciences-Grade-10-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
FS-Physical-Sciences-Grade10-June-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-10-November-2025-P1-and-Memo.pdf

Question paper and memo
LP-Physical-Sciences-Grade-10-September-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683/v1-c56e73d24617617ca5d9/card.webp)