Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 2 gegewensblaaie en 1 antwoordblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers %20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91d1f496-2df5-48db-a954-69b280ba1b18/v1-4b088f33d4b9bdc1db17/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683/v1-c56e73d24617617ca5d9/card.webp)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634/v1-679ee98484806878e02f/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2018 QP
Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the National November 2018 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 10 · National November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- National November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 743.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
National November 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die toepaslike ruimtes op die
ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Lewer die ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat EEN reël tussen subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
7. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
8. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
9. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
10. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
11. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
12. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
13. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.11 D.
1.1 'n Voorwerp is positief gelaai indien dit meer … het.
A elektrone as protone
B elektrone as neutrone
C protone as elektrone
D protone as neutrone (2)
1.2 'n Motor ry op 'n reguit pad teen 'n spoed van 30 m·s-1. Wat sal die spoed van
die motor in km∙h-1 wees?
A 8,33 km∙h-1
B 30 km∙h-1
C 108 km∙h-1
D 130 km∙h-1 (2)
1.3 Die EENHEID waarin die vloeitempo van lading gemeet word, word ...
genoem.
A ampère
B coulomb
C volt
D watt (2)
1.4 Die gradiënt van 'n snelheid-teenoor-tydgrafiek is gelyk aan die …
A versnelling.
B verplasing.
C posisie.
D totale afstand gedek. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
1.5 'n Voorwerp word vanaf die bokant van 'n wrywinglose skuinsvlak, AB, los
gelaat, soos hieronder getoon.
A
B
Watter EEN van die volgende stellings oor die totale meganiese energie van
die voorwerp is KORREK?
A (E p + E k ) A > (E p + E k ) B
B (E p + E k ) A < (E p + E k ) B
C (E p + E k ) A = (E p + E k ) B
D (E p + E k ) A = - (E p + E k ) B (2)
1.6 Twee identiese gloeilampies word in parallel verbind, soos in die kringdiagram
hieronder getoon. Voltmeter V 1 en V 2 word oor elke gloeilamp verbind.
V1
V2
Watter EEN van die volgende voltmeterlesings is KORREK?
A V1 = V2
B V 1 = 2V 2
C V 1 = ½V 2
D V 1 = ¼V 2 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
1.7 Vier identiese ballonne, wat elk 'n lading dra, word van 'n plafon laat hang,
soos in die diagram hieronder getoon.
A B C D
Ballon B is negatief gelaai.
Watter kombinasie is KORREK ten opsigte van die ladings op die ballonne?
TEKEN VAN LADING TEKEN VAN LADING TEKEN VAN LADING
OP A OP C OP D
A - + -
B + + +
C - - -
D + + - (2)
1.8 Twee fietsryers ry fiets in teenoorgestelde rigtings langs die kantlyn van 'n
reghoekige veld. Daar word waargeneem dat hulle dieselfde afstand oor 'n
tydinterval van 3 s afgelê het. Watter EEN van die volgende fisiese
hoeveelhede is DIESELFDE ten opsigte van die fietsryers oor die interval
van 3 s?
A Versnelling
B Gemiddelde spoed
C Gemiddelde snelheid
D Verplasing (2)
1.9 Rooi lig met frekwensie 𝑓 en golflengte 𝜆 skyn op 'n voorwerp. Die rooi lig
word dan met lig met 'n hoër energie vervang. Hoe vergelyk die frekwensie en
die golflengte van lig wat nou op die voorwerp skyn, met dié van rooi lig?
FREKWENSIE GOLFLENGTE
A Groter as Bly dieselfde (𝜆)
B Minder as 𝑓 Groter as 𝜆
C Groter as 𝑓 Minder as 𝜆
D Bly dieselfde (𝑓) Minder as 𝜆 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
1.10 Bestudeer die volgende golfpatrone:
1 2
3 4
Watter KOMBINASIE is die KORREKTE voorstelling van die golfpatrone met
dieselfde toonhoogte?
A 1 en 2
B 1 en 3
C 1 en 4
D 2 en 4 (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Baba los 'n bakkie kos op die vloer en kruip weswaarts om 'n speelding te gaan haal
wat 5 m weg geplaas is. 'n Hond loop terselfdertyd ooswaarts na die baba toe. Dit neem
die baba 30 s om die speelding te bereik. Die hond loop verby die speelding om die baba
se kos in die bakkie te eet.
N
W E
S
7m 5m
Hond Speelding
Kosbakkie
2.1 Definieer die term verplasing in woorde. (2)
2.2 Bepaal die posisie van die hond met betrekking tot die baba voordat hulle al
twee beweeg het. (2)
2.3 Bereken die gemiddelde snelheid van die baba. (4)
2.4 Indien die gemiddelde spoed van die hond TWEE KEER die spoed van die
baba is, bereken hoe lank dit die hond sal neem om die kosbakkie te bereik
vanaf die oomblik dat die hond begin beweeg het. (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagram hieronder toon die posisies van 'n atleet gedurende 'n wedloop teen
verskillende tydintervalle.
t=0s 1,5 s 3,0 s 4,5 s 6,0 s 7,5 s
0 3m 6m 12 m 21 m 33 m
A B C
3.1 Onderskei tussen beweging met uniforme snelheid en uniforme versnelde
beweging. (4)
3.2 Watter soort beweging (beweging met uniforme snelheid of uniforme
versnelde beweging) word deur die volgende intervalle verteenwoordig?
3.2.1 A na B (1)
3.2.2 B na C (1)
3.3 Gebruik die inligting in die diagram hierbo om 'n akkurate posisie-teenoor-
tydgrafiek op die grafiekpapier op die aangehegte ANTWOORDBLAD te trek. (5)
3.4 Definieer die term oombliklike snelheid in woorde. (2)
3.5 Op die grafiek wat vir VRAAG 3.3 geteken is, toon hoe jy die oombliklike
snelheid sou bepaal. (2)
3.6 Bereken die snelheid van die atleet op 3 s. (4)
[19]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee motors, A en B, beweeg teen snelhede van 15 m·s-1 en 30 m·s-1 in dieselfde
rigting. Hulle is langs mekaar wanneer beide bestuurders 'n obstruksie voor hulle
waarneem, soos in die diagram hieronder getoon.
Obstruksie
15 m·s-1
A
30 m·s-1
B
Beide bestuurders rem en versnel teen –4,5 m·s-2 totdat beide motors tot rus kom.
Ignoreer die bestuurders se reaksietyd.
4.1 Definieer die term versnelling in woorde. (2)
4.2 Bereken die:
4.2.1 Tyd wat dit vir motor A neem om tot rus te kom (4)
4.2.2 Stopafstand van motor A (4)
4.3 Watter motor (A of B) het die langste stopafstand? Staaf die antwoord met
'n berekening. (6)
4.4 Watter gevolgtrekking kan oor die verwantskap tussen spoed en stopafstand
gemaak word? (2)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Skaatsplankryer, wat aan die bopunt van 'n helling 4,5 m bo die grond begin, skaats
by die helling af, soos in die diagram hieronder getoon. Die massa van die
skaatsplankryer en sy plank is 65 kg. Ignoreer die effekte van wrywing.
Y
6m
4,5 m
X
5.1 Definieer die term gravitasie- potensiële energie in woorde. (2)
5.2 Bereken die gravitasie- potensiële energie van die skaatsplankryer net
voordat hy by die helling af skaats. (3)
5.3 Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde neer. (2)
5.4 Gebruik die beginsel wat in VRAAG 5.3 genoem is om die grootte van die
snelheid van die skaatsplankryer te bereken wanneer hy die grond by punt X
bereik. (4)
5.5 Sal die skaatsplankryer punt Y kan bereik as hy op sy skaatsplank sou bly?
Skryf JA of NEE en staaf die antwoord met 'n relevante berekening. (5)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Bestudeer die twee transversale golwe, P en Q, soos hieronder getoon.
Golf P
Golf Q
15 A C
10
5
Posisie (mm)
0 tyd (s)
1,5 3,0
-5
-10
-15
B 100 mm D
6.1 Skryf EEN verskil en EEN ooreenkoms tussen golf P en golf Q neer. (2)
6.2 Vir golfpatroon P, skryf neer:
6.2.1 Twee punte wat uit fase is (1)
6.2.2 Die amplitude van die golf (1)
6.3 Definieer die term frekwensie van die golf in woorde. (2)
6.4 Vir golfpatroon Q, bereken die:
6.4.1 Frekwensie van die golf (3)
6.4.2 Spoed van die golf (3)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Eksperimente is gedoen om die effek van temperatuur op die spoed van klank te
ondersoek. Een persoon het 'n trom geslaan, terwyl 'n ander persoon, wat 50 m weg
van die klankbron gestaan het, die tyd wat die klank beweeg het, aangeteken het.
50 m
Hulle het die eksperiment teen verskillende temperature op verskillende tye van die
dag uitgevoer. Hulle het hulle bevindings in die tabel hieronder aangeteken.
TEMPERATUUR (°C) TYD (s)
0 0,151
5 0,150
10 0,148
15 0,147
20 0,146
25 0,145
7.1 Vir die ondersoek, skryf neer die:
7.1.1 Ondersoekende vraag (2)
7.1.2 Onafhanklike veranderlike (1)
7.1.3 Afhanklike veranderlike (1)
7.2 Bereken die spoed van klank by 20 °C. (3)
7.3 Skryf 'n gevolgtrekking vir die ondersoek neer. (2)
Die persoon wat die trom geslaan het, het agtergekom dat die klank na 'n rukkie
weerkaats het.
7.4 Noem die term wat die weerkaatsing van klankgolwe beskryf. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die tipes elektromagnetiese straling is in die tabel hieronder volgens frekwensie
gerangskik.
TIPE STRALING FREKWENSIE (Hz)
Radiogolwe 105–1010
Mikrogolwe 1010–1011
Infrarooi 1011–1014
Sigbare lig 1014–1015
Ultraviolet 1015–1016
X-strale 1016–1018
Gammastrale 1018–1021
8.1 Hoe word elektromagnetiese golwe opgewek? (1)
8.2 Watter soort elektromagnetiese straling het die hoogste energie? (1)
8.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.2. (2)
8.4 'n Sekere tipe elektromagnetiese straling het 'n golflengte van 600 x 10-10 m.
8.4.1 Identifiseer die tipe elektromagnetiese straling deur 'n berekening te
doen. (4)
8.4.2 Noem EEN toepassing van die tipe straling wat VRAAG 8.4.1
geïdentifiseer is. (1)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Vier metaalstawe, wat vry vanaf 'n plafon hang, is met mekaar in wisselwerking, soos
in die diagram hieronder getoon. Die hegtingspunte van X en Y op die plafon is 4 cm
uitmekaar.
4 cm
N 5 cm
A X Y B
Die twee stawe in die middel is staafmagnete (X en Y) en die afstand tussen hulle is
5 cm. Een van die stawe (A of B) is van yster gemaak en die ander een van goud.
9.1 Skryf die term neer wat 'n materiaal beskryf wat maklik gemagnetiseer word. (1)
9.2 Watter EEN van die stawe (A of B) is van yster gemaak? (1)
9.3 Bepaal die polariteit van staaf B wat die naaste aan magneet Y is. Skryf slegs
NOORD of SUID neer. (1)
9.4 Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.3. (2)
9.5 Skets die magnetieseveldpatroon om staafmagneet X. (3)
9.6 Staaf A en B word nou verwyder en die hegtingspunte is nou 2 cm, soos in
die diagram hieronder getoon.
2 cm
X Y
9.6.1 Hoe sal die verandering in die hegtingsposisie die finale
skeidingsafstand tussen die stawe beïnvloed? Skryf slegs GROTER
AS 5 cm, KLEINER AS 5 cm of BLY OP 5 cm. (1)
9.6.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.6.1. (2)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee identiese geïsoleerde sfere, X en Y, wat met dun draadjies vanaf 'n plafon hang,
word op 'n klein afstand uitmekaar gehou, soos in die diagram hieronder getoon.
_
+4 x 10-18 C +
X Y
Sfeer X dra 'n lading van + 4 x 10-18 C, terwyl sfeer Y 'n oormaat van 30 elektrone het.
10.1 Bereken die grootte van die lading op sfeer Y. (3)
Die sfere word nou vrygelaat en hulle beweeg na mekaar toe.
10.2 Gee 'n rede hoekom sfeer X en Y na mekaar toe beweeg. (2)
Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak. Nadat hulle geraak het, beweeg hulle
weg van mekaar af.
10.3 Skryf die beginsel van behoud van lading in woorde neer. (2)
10.4 Bereken die lading op elke sfeer nadat hulle geskei het. (4)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
11.1 Beskou die kringdiagram hieronder.
V1
24 V
A1
8Ω S
A2
V2
8Ω
8Ω
A3
Skakelaar S is OOP.
11.1.1 Skryf die lesing op die volgende neer:
(a) Voltmeter (V 1 ) (1)
(b) Ammeter (A 1 ) (1)
Skakelaar S is nou GESLUIT.
11.1.2 Bereken die ekwivalente weerstand van die kring. (4)
11.1.3 Bereken die lesing op voltmeter V 2 . (3)
11.1.4 Hoe vergelyk die lesings op ammeter A 2 en A 3 met mekaar? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 17 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
11.2 Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die weerstand en die
lengte van die geleidingsdraad.
3,5
3,0
2,5
Weerstand (Ω)
2,0
1,5
1,0
0,5
0 10 20 30 40 50 60 70
Lengte van draad (mm)
11.2.1 Skryf die verwantskap tussen die weerstand en die lengte van die
geleidingsdraad neer. (1)
11.2.2 Bepaal die weerstand van 'n stuk draad met 'n lengte van 30 mm. (1)
[12]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = v i + a ∆t ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
v + vi
2 2
v f = v i + 2a∆x ∆x = f ∆t
2
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
1 1
U = mgh or/of E P = mgh K= mv 2 or/of E k = mv 2
2 2
E M = E k + E p . or/of E M = K + U
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=fλ T=
f
c
E = hf or/of E = h
λ
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
Q Q1 + Q 2
n= Q=
e 2
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
1 1 1
Q=I∆ t = + + ...
R p R1 R 2
W
R s = R1 + R 2 + ... V=
q
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 DBE/November 2018
KABV – Graad 10
ANTWOORDBLAD
Lewer hierdie ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.
NAME: ______________________________________________________________
KLAS: __________
VRAAG 3.3
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91d1f496-2df5-48db-a954-69b280ba1b18/v1-4b088f33d4b9bdc1db17/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2018 QP
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c/v1-5af4147b1f7a4bbf83cd/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)
%20June%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683/v1-c56e73d24617617ca5d9/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afr)
%20November%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634/v1-679ee98484806878e02f/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 10 Physical Sciences

Annual teaching plan
Gr 10 Phys Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Eastern Cape June 2025 QP & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Free State June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 10 Limpopo March Test 2025 QP & Memo

Question paper and memo