Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P2 National November 2018 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 10201816 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the National November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2) NOVEMBER 2018 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 2 gegewensblaaie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam en klas (bv. 10A) in die toepaslike ruimtes op die ANTWOORDEBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 9. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 10. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale plekke af. 11. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D. 1.1 Watter EEN van die volgende stowwe is NIE 'n suiwer stof NIE? A Yster B Suiker C Staal D Grafiet (2) 1.2 Die KORREKTE chemiese formule vir kaliumnitraat is ... A K3N B PNO 3 C KNO 3 D K 2 NO 3 (2) 1.3 Verskillende isotope van dieselfde element het verskillende ... A atoomgetalle. B getalle neutrone. C getalle protone. D getalle elektrone. (2) 1.4 Watter EEN van die volgende ionisasievergelykings verteenwoordig die tweede ionisasie van magnesium? + A Mg(g) + energie → Mg + e- B + Mg (s) + energie → Mg + 2e 2+ - C + Mg (g) + energie → Mg + 2e 2+ - + D Mg(s) + energie → Mg + e- (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 1.5 Watter PAAR elemente het waarskynlik 'n soortgelyke rangskikking van buite- elektrone en soortgelyke chemiese gedrag? A Boor en aluminium B Helium en fluoor C Koolstof en stikstof D Chloor en suurstof (2) 1.6 Watter EEN van die volgende stellings is VERKEERD oor die eienskappe van 'n fisiese verandering? A Wanneer 'n fisiese verandering plaasvind, kan die verbindings hulself herrangskik, maar die bindings tussen die atome sal nie breek nie. B Fisiese verandering in materie is omkeerbaar. C Energie word geabsorbeer wanneer materie van 'n vaste stof na 'n vloeistof verander. D Molekule bly nie gedurende 'n fisiese verandering behoue nie. (2) 1.7 In die verbinding, H2 O, is die verhouding van die MASSA van waterstof tot suurstof altyd … A 1 : 2. B 2 : 1. C 1 : 8. D 1 : 16. (2) 1.8 Een mol H2 SO4 bevat ... A 7 atome. B 1 molekuul. C 6,02×1023 molekule. D 42,14×10 23 molekule. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 1.9 Watter EEN van die volgende oplossings sal NIE 'n neerslag vorm as dit by 'n oplossing silwernitraat gevoeg word NIE? A NaCl(aq) B MgBr2 (aq) C KI(aq) D Mg(NO3 )2 (aq) (2) 1.10 Die sfeer waarin minerale gevind word, staan as ... bekend. A atmosfeer B biosfeer C litosfeer D stratosfeer (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die diagram hieronder toon drie verskillende stowwe, P, Q and R. STOF P STOF Q STOF R SLEUTEL Waterstof Chloor Suurstof Swawel Natrium Yster 2.1 Definieer die term element. (2) Gebruik die diagram en die sleutel wat verskaf is om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.2 Skryf 'n LETTER neer wat die volgende verteenwoordig: 2.2.1 Suiwer stof (1) 2.2.2 Homogene mengsel (1) 2.2.3 Heterogene mengsel (1) 2.3 Dui aan of die suiwer stof wat in VRAAG 2.2.1 geïdentifiseer is, 'n element of 'n verbinding is. (1) 2.4 Watter fisiese metode sou jy gebruik om stof Q in sy komponente te skei? (1) 2.5 Skryf die fisiese eienskap neer waarop die skeidingstegnieke gebaseer is om die volgende stowwe in hul individuele komponente te skei: 2.5.1 Q (1) 2.5.2 R (1) [9] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die dampdruk-teenoor-temperatuurgrafiek hieronder is vir vier onbekende vloeistowwe (A, B, C en D) verkry. Atmosferiese druk word as 101,3 kPa gemeet. Dampdruk teenoor temperatuur 200 A B C 150 D Dampdruk (kPa) 101,3 kPa 100 50 0 0 25 50 75 100 125 Temperatuur (°C) 3.1 Definieer die term kookpunt. (2) Gebruik die inligting wat in die grafiek gegee word om die vrae wat volg, te beantwoord. 3.2 Skryf neer die: 3.2.1 Kookpunt van vloeistof B (1) 3.2.2 Vloeistof wat by 115 °C 'n vloeistof bly (1) 3.2.3 Vloeistof wat die waarskynlikste water is (1) 3.3 Noem die FASEVERANDERING wat plaasvind op die stadium wanneer die dampdruk aan atmosferiese druk gelyk is. (1) 3.4 Wat gebeur gedurende 'n faseverandering met die temperatuur van 'n vloeistof? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE neer. (1) 3.5 Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.4. (2) 3.6 Watter vloeistof (A, B, C of D) het die swakste intermolekulêre kragte? Gee 'n rede vir die antwoord. (3) 3.7 Wat is die verhouding tussen dampdruk van die vloeistof en temperatuur? (2) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ELEMENT/IOON GETAL GETAL GETAL PROTONE NEUTRONE ELEKTRONE P 11 12 11 Q 14 16 14 R 16 16 18 4.1 Definieer die term atoomgetal. (2) 4.2 Skryf neer die: 4.2.1 Chemiese simbool van element Q deur die notasie AZX te gebruik (2) 4.2.2 Element (P, Q of R) wat 'n alkalimetaal is (1) 4.2.3 Chemiese simbool van R (2) 4.3 Element P reageer met suurstof om die verbinding met die chemiese formule P 2 O te vorm. 4.3.1 Voorspel die chemiese formule wat element Rb in die periodieke tabel sal vorm wanneer dit met suurstof reageer. (2) 4.3.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 4.3.1. (2) 4.4 Wat is die neiging in ionisasie-energie soos jy van element P na element R beweeg? Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE neer. Verduidelik die antwoord. (4) 4.5 Hoeveel elektrone het 'n IOON van element P? Trek die Aufbau-diagram van hierdie ioon. (3) 4.6 As orbitale (baanfunksies) met identiese energie beskikbaar is, word elektrone in individuele orbitale geplaas voordat hulle afgepaar word. Gee die naam van hierdie reël. (1) 4.7 Element Y kom as hierdie isotope in die volgende verhoudings voor: Y – 28(92,23%); Y – 29(4,68%); Y – 30(3,09%) Bereken die relatiewe atoommassa van element Y. (3) [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Bestudeer die fisiese en chemiese prosesse hieronder en beantwoord die vrae wat volg. X: H2 O(s) → H2 O(g) Y: CaCO3 (s) → CaO(s) + CO2 (g) ∆ Z: Yster + Suurstof → Yster(III)oksied 5.1 Definieer die term fisiese verandering. (2) 5.2 Skryf die LETTER neer van die proses wat die volgende verteenwoordig: 5.2.1 Fisiese verandering (1) 5.2.2 Ontbindingsreaksie (1) 5.3 Gee die naam van die fisiese verandering wat in VRAAG 5.2.1 genoem is. (1) 5.4 Noem TWEE eienskappe van 'n reaksie wat aandui dat 'n chemiese verandering plaasgevind het. (2) 5.5 Vir proses Z, skryf neer: 5.5.1 Wat die simbool ∆ verteenwoordig (1) 5.5.2 'n GEBALANSEERDE CHEMIESE REAKSIE (Toon die fases van AL die reaktanse en produkte.) (4) 5.6 'n 20 g-monster CaCO3 (s) in proses Y ontbind om 11,2 g CaO te vorm. In 'n tweede monster ontbind 30 g om x g CO2 te vorm. 5.6.1 Noem die wet van konstante samestelling. (2) 5.6.2 Gebruik die wet in VRAAG 5.6.1 om massa 𝑥 van die CO2 wat gevorm het, te bereken. (4) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Bestudeer die diagram hieronder wat twee verskillende stowwe (A en B) toon en beantwoord die vrae wat volg. STOF A STOF B 6.1 Kies die stof (A of B) wat die volgende beskryf: 6.1.1 Metaalstruktuur (1) 6.1.2 Struktuur van magnesiumchloried (1) 6.2 Verduidelik hoe die tipe binding in stof A vorm. (2) 6.3 Noem die tipe binding wat in stof B bestaan. (1) 6.4 Magnesium en chloor reageer om verbinding magnesiumchloried te vorm. 6.4.1 Definieer die term verbinding. (2) 6.4.2 Skryf die NAAM van die groep neer waaraan magnesium behoort. (1) 6.4.3 Skryf die valensie van 'n chlooratoom neer. (1) 6.4.4 Gebruik die Lewis-kol-diagram om die vorming van magnesiumchloried te toon. (3) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.) 'n Groep leerders berei 'n 0,25 mol∙dm-3-oplossing natriumkarbonaat deur 'n 14,2 g-monster gehidrateerde natriumkarbonaat (Na 2 CO 3 ∙xH 2 O) in 200 cm3 water op te los. 7.1 Verduidelik die betekenis van die term gehidrateer. (1) 7.2 Skryf 'n GEBALANSEERDE CHEMIESE VERGELYKING neer om te toon hoe natriumkarbonaat in water dissosieer (ontbind). (2) 7.3 Leerders neem dan 10 cm3 van die bereide oplossing en laat dit volledig met 5 cm3 verdunde soutsuur reageer, volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking: Na2 CO3 + 2HCl → 2NaCl + H2 O + CO2 7.3.1 Definieer die term 'n mol van 'n stof. (2) 7.3.2 Watter tipe chemiese reaksie word deur die chemiese vergelyking hierbo verteenwoordig? (1) 7.3.3 Bereken die getal mol soutsuur in 5 cm3 soutsuur indien die konsentrasie daarvan 1 mol∙dm-3 is. (3) 7.4 Bereken die massa natriumchloried wat in die reaksie in VRAAG 7.3 gevorm word. (5) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Leerders ondersoek hoe die tipe stof die elektriese geleidingsvermoë van die stof beïnvloed. Hulle voer drie eksperimente onder dieselfde toestande met drie verskillende stowwe uit, soos in die tabel hieronder getoon. EKSPERIMENT MASSA VAN TIPE STOF TEMPERATUUR STOF (g) (°C) 1 2 Oplossing van CaCl 2 25 2 2 Oplossing van KCl 25 3 2 Oplossing van suiker 25 8.1 Definieer die term elektroliet. (2) 8.2 Vir die ondersoek, skryf neer die: 8.2.1 Ondersoekende vraag (2) 8.2.2 Afhanklike veranderlike (1) 8.2.3 Onafhanklike veranderlike (1) 8.2.4 Beheerde veranderlike (1) 8.3 Vir die ondersoek, voorspel met redes die stof wat die volgende sal lewer: 8.3.1 Die hoogste geleidingsvermoë (2) 8.3.2 Nul geleidingsvermoë (2) 8.4 Die stof wat in Eksperiment 3 getoets is, is ontleed. Daar is gevind dat dit 40% koolstof, 6,67% waterstof en 53,33% suurstof bevat. Bepaal die molekulêre formule indien die molêre massa 180 g∙mol-1 is. (7) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Twee proefbuise, A en B, bevat beide 'n natriumsoutoplossing. Nadat 'n klein hoeveelheid bariumchloried bygevoeg is, vorm die oplossing in beide proefbuise 'n wit neerslag. Bariumchloriedoplossing Proefbuis A Proefbuis B 9.1 Skryf die tipe reaksie wat in die proefbuise plaasvind, neer. (1) 9.2 'n Gekonsentreerde salpetersuuroplossing word dan by elke proefbuis gevoeg om vas te stel watter een karbonaat-ione en watter een sulfaat-ione bevat. Borrels word in proefbuis A gevorm. Daar is geen reaksie in proefbuis B nie. Proefbuis A Proefbuis B 9.2.1 Identifiseer watter IONE (KARBONAAT of SULFAAT) in proefbuis B teenwoordig is. (1) 9.2.2 Skryf 'n GEBALANSEERDE CHEMIESE VERGELYKING neer wat die reaksie tussen salpetersuur en die neerslag wat in proefbuis A gevorm het, verteenwoordig. (3) 9.3 'n Oplossing natriumkarbonaat is berei deur 5 g van die poeier in 100 cm3 water op te los. Die oplossing het met 'n bariumchloriedoplossing gereageer, volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking: Na2 CO3 (aq)+ BaCl2 (aq) → BaCO3 (s) + 2NaCl(aq) 9.3.1 Bereken die massa bariumkarbonaat wat in hierdie reaksie behoort te vorm. (5) Daar is gevind dat slegs 8,3 g neerslag gevorm het. 9.3.2 Bereken die persentasie opbrengs. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.) Die diagram hieronder toon hoe die hidrosfeer met die biosfeer verbind is. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. A Waterdamp B PLANTE WOLKE C 10.1 Onderskei tussen die hidrosfeer en biosfeer. (2) 10.2 Skryf neer die naam van proses: 10.2.1 A (1) 10.2.2 B (1) 10.2.3 C (1) 10.3 Beskryf die energieveranderinge gedurende proses A en B. Skryf slegs ENERGIE GEWEN of ENERGIE VERLOOR neer. (2) 10.4 Beskryf die interaksie tussen die hidrosfeer en plante. (4) [11] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Fisiese Wetenskappe/V2 DBE/November 2018 KABV – Graad 10 DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure pθ 1,013 x 105 Pa Standaarddruk Molar gas volume at STP Vm 22,4 dm3∙mol-1 Molêre gasvolume by STD Standard temperature Tθ 273 K Standaardtemperatuur Charge on electron e 1,6 x 10-19 C Lading op elektron TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m N n= n= M NA n m V c= OR/OF c = n= V MV Vm Kopiereg voorbehou
Fisiese Wetenskappe/V2 Downloaded from hlayiso.com DBE/November 2018 KABV – Graad 10 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) Atomic number 1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2 2,1 H He 1 29 4 3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10 Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 1,0 Li 1,5 Be 63,5 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 Approximate relative atomic mass 0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 226 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all