Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2018 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 10201812 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 TYD: 90 minute / 1½ uur PUNTE: 100 10 bladsye, 1 datavel en 1 grafiekblad b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 2 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN FISIESE WETENSKAPPE TYD: 90 minute PUNTE: 100 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer. 2. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK. 3. Verwyder die grafiekpaper op bladsy 12 en handig dit saam met jou antwoordboek in 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 6. JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE GEGEWENSBLADSY TE GEBRUIK. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in jou antwoordboek 10. Laat EEN reël oop tussen twee sub-vrae, byvoorbeeld tussen Vraag 2.1 en Vraag 2.2. 11. Toon AL die formules en substitusies in ALLE berekeninge. 12. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 13. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig. b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 3 AFDELING A VRAAG 1 Vier opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae verskaf. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) in jou antwoordboek neer. Elke antwoord tel TWEE PUNTE 1.1 Noem skeidingsmetode wat in die illustrasie hieronder uitgebeeld word. A distillasie B chromatografie C purifikasie D sifting (2) 1.2 Wanneer ʼn metaalatoom met ʼn nie-metaal-atoom verbind, sal die nie-metaal atoom … A elektrone verloor en verminder in grootte. B elektrone verloor en vergroot in grootte. C elektrone bykry en verminder in grootte. D elektrone bykry en vergroot in grootte. (2) 1.3 Watter een van die onderstaande name teenwoordig die wetenskaplike wat goudfoelie met positiewe deeltjies gebombardeer het, en gevind het dat hierdie deeltjies deur ʼn nukleus gereflekteer word? A Rutherford B Dalton C Bohr D Thomson (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 4 1.4 In watter een van die volgende opsies is die opskrifte van die vloeidiagram korrek? 1 2 3 4 5 6 A Suiwer Onsuiwer Elemente Verbindings Heterogene Homogene stof stof mengsel mengsel B Suiwer Onsuiwer Elemente Verbindings Homogene Heterogene stof stof mengsel mengsel C Onsuiwer Suiwer Verbin- Elemente Heterogene Homogene stof stof dings mengsel mengsel D Onsuiwer Suiwer Elemente Verbindings Homogene Heterogene stof stof mengsel mengsel (2) 1.5 ʼn Neutron het ʼn _______________lading. A neutrale B positiewe C negatiewe D magnetiese (2) 1.6 Watter een van die volgende groep atome / ione het dieselfde hoeveelheid elektrone? A Br-, Kr, K+ B Mg2+, Ca2+, Be2+ C Na+, Mg2+, Al3+ D Cℓ, Br, I (2) 1.7 Die korrekte elektronkonfigurasie vir Magnesium is … A 1s22s22p63s2 B 1s22s22p63s1 C 1s22s22p63s6 D 1s22s22p63s24s2 (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 5 1.8 Watter EEN van die volgende simbole verteenwoordig die atoom met die grootste radius in periode 4 van die periodieke tabel? A As B Se C Kr D Br (2) 1.9 Chemiese bindings KAN NIE deur … gevorm word nie. A breking van elektrone B verkryging van elektrone C verlies van elektrone D deel van elektrone (2) 1.10 Indien atoom Z van die element in Groep 3 verander na Z+3, sal die ... A atoomgetal van Z afneem. B massagetal van Z groter word. C lading op die nukleus verander. D getal elekrone in omringende energievlakke afneem. (2) TOTAAL AFDELING A: 20 b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 6 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Mareriale word gekies vir hulle eienskappe in alledaagse toepassings. Gee VIER (4) eienskappe van materiale wat die keuse van toepassing sal beïnvloed. (4) 2.2 Onderskei tussen ʼn homogene en heterogene mengsels. (2) 2.3 ʼn Mengsel van soutwater en skoon sand wat in ʼn Erlenmeyer fles is, kan geskei word deur dekantering. 2.3.1 Wat beteken dekantering? (1) 2.3.2 Nadat die sand uit die water verwyder is, hoe kan die sout vanuit die water verwyder kan word. (2) 2.4 Die tipe binding wat tussen twee metale plaasvind word ʼn metaalbinding genoem. Bespreek kortliks hoe hierdie binding plaasvind. (4) [13] VRAAG 3 Kyk na die volgende diagram beantwoord die vrae: Temperatuur – celsius 5 4 3 1 2 Tyd – minute b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 7 3.1 Pas die volgende kolomme bymekaar om aan te dui watter gedeelte van die grafiek pas by watter fase: KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Gas fase A: 1 B: 2 3.1.2 Soliede fase C: 3 D: 4 3.1.3 Vloeistof fase E: 5 (3) 3.2 Die volgende resultaattabel verteenwoordig die temperatuur wat elke 5 minute vir ʼn uur geneem is. Tyd 0 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60 (min) Temp -5 -2 0 0 1 4 8 12 12 16 20 23 26 (oC) Gebruik die inligting in die tabel en teken ʼn grafiek om die data te toon. Gebruik die GRAFIEKPAPIER op bladsy 12. (5) [8] VRAAG 4 Daar is 118 elemente wat bekend is en in die Periodieke Tabel gevind word. Die elemente word op ʼn baie spesifieke manier getabuleer. In jou antwoordboek, beantwoord die volgende vrae: 4.1 Wat noem ons die atome wat in Groep 1 gevind word? (1) 4.2 Verduidelik wat die getal 1 tot 103 op die Periodieke Tabel reflekteer? (2) 4.3 Bereken die molêre massa van Ca(OH)2. (4) 4.4 Teken die Aufbaudiagram asook die elektronkonfigurasie vir Natrium. (3) 4.5 Teken die Lewisstruktuur vir Natriumchloried. (2) 4.6 Noem die binding wat tussen Natrium en Chloor sal vorm. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 8 4.7 Gee die naam vir die volgende simbole / formules: 4.7.1 Al+3 4.7.2 Mn 4.7.3 Ag+ 4.7.4 HCO3- 4.7.5 MgSO4 (5) [18] VRAAG 5 5.1 – 5.8 Voltooi die volgende tabel met behulp van die Periodieke Tabel. Skryf slegs die vraagnommer en antwoord in jou antwoordboek. (8) Element Atoomgetal Massagetal Getal neutrone 11Na 5.1 23 5.2 14 C 5.3 5.4 8 Ar 5.5 37 5.6 19 F 9 5.7 5.8 5.9 Watter element is ʼn edelgas? (1) 5.10 Watter element is ʼn halogeen? (1) 5.11 Watter element is ʼn alkalimetaal? (1) 5.12 Watter element sal ʼn negatiewe ioon vorm? (1) [12] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 9 VRAAG 6 Koolstof vorm die basis vir lewe op aarde. Koolstofverbindings vorm deel van organiese chemie. 6.1 Beskryf kortliks hoe koolstof en waterstofatome sal verbind. Verwys na die tipe en getal bindings. (4) 6.2 Verduidelik waarom ʼn persoon ʼn elektriese skok sal kry wanneer ʼn HB potlood in ʼn muurprop ingedruk word. (2) 6.3 Wat is die kosbaarste allotroop van koolstof? (1) 6.4 Ons gebruik koolstofisotope om die ouderdom van fossiele te bepaal. Gebruik koolstof om te verduidelik wat ʼn isotoop is. (3) [10] VRAAG 7 Die wetenskap-onderwyser besluit om koekies in die klas te bak om chemiese verandering te demonstreer. 7.1 Identifiseer TWEE eienskappe wat sal aandui dat ʼn chemiese verandering tydens ʼn chemiese reaksie plaasgevind het. (2) 7.2 Onderskei tussen ʼn fisiese en chemiese verandering. (1) 7.3 Verduidelik die Wet van Kontante Samestelling. (2) 7.4 Onderskei tussen ʼn ontbindingsreaksie en ʼn sintese reaksie. (2) [7] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 10 VRAAG 8 8.1 Gee die chemiese formule van aluminiumsulfaat. (2) 8.2 Verskaf die gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie tussen Yster en Suurstof om roes te vorm. Fe+3 + O2  (3) Bestudeer die onderstaande grafiek met die ionisasie-energie van die eerste 20 elemente: IONISASIE-ENERGIE VIR DIE EERSTE 20 ELEMENTE –1 ioniseringsenergie kJmol Kernlading Z 8.3.1 Wat is die eerste ionisasie-energie vir Silikoon? (1) 8.3.2 Waarom is die aktiveringsenergie laer vir Alluminium as vir Chloor, al is beide in dieselfde periode van die periodieke tabel? (2) 8.3.3 Watter gevolgtrekking kan jy van die grafiek af kry aangaande die ionisasie energie soos dit afwaarts beweeg in ʼn groep? (2) 8.3.4 Gee ʼn rede waarom Helium, Neon en Argon sulke hoë ionisasie waardes het? (2) [12] TOTAAL VIR AFDELING B: 80 TOTAAL: 100 EINDE
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 11
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE (Vraestel 2) GRAAD 10 12 VRAAG 3.2 NAAM: _______________________________________________________________

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all