Skip to content

Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2017 QP (Afr)

Question paperPhysical SciencesGrade 10201710 pages

Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2017 GRAAD 10 FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 CHEMIE TYD: 90 minute PUNTE: 100 9 bladsye + 1 datablad b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 2 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 2 TYD: 90 minute PUNTE: 100 INSTRUKSIES 1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: 20 punte AFDELING B: 80 punte 3. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 4. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Gee kortlikse motiverings, besprekings, ens. waar nodig is. 7. Rond jou finale antwoorde tot ʼn maksimum van TWEE desimale plekke af. b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 3 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 AFDELING A VRAAG 1 Vier opsies word verskaf as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) op die ANTWOORDBOEK neer. 1.1 Die drie subatomiese deeltjies van ʼn atoom is ... A neutrone, ione, protone. B elektrone, neutrone, katione. C elektrone, protone, neutrone. D protone, elektrone, neutrale. (2) 1.2 Elemente word in die periodieke tabel volgens hulle ... gerangskik. A relatiewe atoommassa B massagetal C atoomgetal D atoommassa (2) 1.3 Die meegaande diagram toon ʼn chromatogram van ink X wat in ʼn bedrogsaak gebruik is, asook ink A, B, C en D vanaf vier verdagtes. X A B C D Watter ink, van A tot D, is moontlik gebruik in die bedrogsaak? (2) 1.4 Watter een van die volgende is ʼn homogene mengsel? A Olie en water B Etanol C Lug D Sand en water (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 4 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 1.5 Die verandering van gas na ʼn vloeistof, staan bekend as ... A smelting. B kondensering. C vriesing. D kook. (2) 1.6 ʼn Voorbeeld van ʼn diatomiese molekule is ... A Cl2 B H2O C CO2 D H2O2 (2) 1.7 Die volgende elektronkonfigurasie 1s2 2s2 2p6 3s2, verteenwoordig ... A Na B Mg2+ C F+ D Mg (2) 1.8 Die korrekte formule vir aluminiumoksied is ... A Al2O3 B Al3O2 C AlO3 D AlO (2) 1.9 Watter een van die volgende is ʼn fisiese reaksie? A Suiker karamelliseer. B Yster en swawel word saamgesmelt. C Goud smelt. D ʼn Stukkie magnesiumlint brand in die lug. (2) 1.10 Watter een van die volgende vergelykings toon ʼn gebalanseerde chemiese vergelyking tussen aluminium en chloor? A Aℓ + Cℓ → AℓCℓ B Aℓ + Cℓ2 → AℓCℓ2 C 2Aℓ + 3Cℓ2 → 2AℓCℓ3 D 4Aℓ + 3Cℓ2 → 2Aℓ2Cℓ3 (2) [20] TOTAAL AFDELING A: 20 b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 5 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 AFDELING B VRAAG 2 Leerders voer ʼn eksperiment uit om die verhittingskurwe van water te bepaal. Hulle verhit ys in ʼn beker en neem die temperatuurlesings oor ʼn tydperk. Die resultate van die eksperiment word in die meegaande grafiek getoon. 150 D 100 E Temperatuur (⁰C) 50 B 0 C -50 -100 A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 Tyd (min) 2.1 Skryf ʼn gepaste doel vir hierdie eksperiment neer. (2) 2.2 Skryf neer die ... 2.2.1 afhanklike veranderlike. (1) 2.2.2 onafhanklike veranderlike. (1) 2.3 Die volgende apparaat en chemikalieë is gebruik gedurende die eksperiment: bunsenbrander, ʼn driepootstaander en gaasdraad beker, ys, ʼn termometer en ʼn stophorlosie. Skryf die eksperiment wat uitgevoer is, puntsgewys neer. (4) 2.4 Deur te verwys na intermolekulêre kragte en gemiddelde kinetiese energie tussen molekules, verduidelik wat gebeur ... 2.4.1 tussen punte D en E. (3) 2.4.2 by punt A. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 6 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 2.5 Is die veranderinge in die grafiek hierbo, fisies of chemies? Verduidelik jou antwoord. (3) 2.6 Indien verhitting verby punt E plaasvind, sal die water in suurstof en waterstof verander? Verduidelik jou antwoord. (3) [20] VRAAG 3 3.1 Onderskei tussen ʼn element en ʼn verbinding. (4) 3.2 Die tabel hieronder is ʼn tabel van elemente. Suurstof Stikstof Waterstof A B C Gebruik die sleutel en diagramme A, B en C hierbo en beantwoord die volgende vrae 3.2.1 Watter verbinding (A, B of C) word as ʼn element beskou? (1) 3.2.2 Watter tipe binding bestaan tussen die atome in verbinding B? (1) 3.2.3 Skryf die chemiese formule vir elk van die verbindings A, B en C neer. (3) 3.2.4 Teken in Lewis diagram vir elk van verbindings A en C. (4) 3.2.5 Skryf die CHEMIESE NAAM vir verbindings A, B en C neer. (3) 3.2.6 Gebruik die bogenoemde sleutel en ʼn diagram om ʼn gebalanseerde chemiese vergelyking vir die volgende te teken: N2 (g) + O2 (g) → NO2 (g) (4) [20] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 7 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 VRAAG 4 Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die volgende vrae. Atoom Elektronkonfigurasie 2 2 1 A 1s 2s 2p 2 2 2 B 1s 2s 2p 2 2 3 C 1s 2s 2p 2 2 4 D 1s 2s 2p 2 2 5 E 1s 2s 2p 2 2 6 F 1s 2s 2p 4.1 Wattera atoom is ʼn edelgas? (1) 4.2 Verduidelik wat bedoel word met eerste ionisasie energie. (2) 4.3 Identifiseer watter element sal die hoogste eerste ionisasie energie hê? (1) 4.4 Hoeveel valenselektrone sal atoom E hê? (1) 4.5 Indien die bogenoemde atome vanuit die tweede periode in die periodieke tabel kom, watter atoom word deur C voorgestel? (1) 4.6 Watter atoom het dieselfde hoeveelheid valenselektrone as Swawel? (1) 4.7 Watter atoom sal ʼn ioon met ʼn lading van 3+ vorm? Verskaf ook die chemiese naam van hierdie atoom. (2) [9] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 8 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 VRAAG 5 Drie isotope van magnesium word in die natuur aangetref. Die isotope Mg-25 en Mg-26 word gebruik tydens absorpsie, sirkulasie en metabolisme in diere en mense. Die relatiewe oorvloed en massa van die magnesium-isotope word in die meegaande tabel aangetoon. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg. Persentasie oorvloed Relatiewe Isotoop Massa 24 Mg 78,99 23,985 25 Mg 10,00 24,986 26 Mg 11,01 25,985 5.1 Definieer die term isotoop. (2) 5.2 Teken die Aufbau diagram vir ʼn magnesium-ioon. (3) 5.3 Verduidelik wat relatiewe atoommassa beteken. (2) 5.4 Bepaal die relatiewe atoommassa vir die element magnesium. (4) 5.5 Die volgende grafiek toon die opeenvolgende ionisasie energie vir die element magnesium. Ionisasie Energie Kj.mol-1 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 Hoeveelheid elektrone verwyder 5.5.1 Skryf die elektron konfigurasie vir magnesium neer. (2) 5.5.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word vanuit die grafiek van ionisasie energie teenoor hoeveelheid elektrone verwyder? (2) 5.5.3 Verduidelik jou antwoord in Vraag 5.5.2 ten osigte van kernelektrone en valenselektrone. (4) [19] b.o.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE 9 Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 VRAAG 6 6.1 Gee die Wet van Behoud van Massa. (2) 6.2 Die Haber proses word gebruik vir die produksie van kunsmis. Die chemiese produksie van kunsmis. Die chemiese vergelyking vir die reaksie word hier aangetoon: N2(g) + H2(g) → NH3(g) 6.2.1 Is hierdie reaksie ʼn sintese of ontbindingsreaksie? (1) 6.2.2 Verskaf ʼn rede vir jou antwoord in Vraag 6.2.1. (2) 6.3 Gebruik die Wet van Konstante Samestelling om te bepaal of die massa gedurende die reaksie behoue gebly het. (5) 6.4 Skryf ʼn gebalanseerde vergelyking neer om aan te toon hoe massa behoue bly vir die Haber proses. (2) [12] TOTAAL AFDELING B: 80 TOTAAL: 100 EINDE
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 10 10 THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS / DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

Study this subject

More from Grade 10 Physical Sciences

View all