Skip to content

Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 12202520 pages

Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2025 FISIESE WETENSKAPPE V2: (CHEMIE) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend 4 gegewensblaaie. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 3 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vragnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Watter EEN van die volgende homoloë reekse kan beskryf word deur die algemene formule CnH2nO? A Alkohole B Aldehiede C Esters D Karboksielsure (2) 1.2 Die empiriese formule van metiel propanoaat is ... A C4H8O2 B C2H8O C C2H4O D CH2O (2) 1.3 Beskou die volgende verbindings uit DIESELFDE HOMOLOË REEKS met verskillende kookpunte. Verbindings Kookpunt (oC) C4H8O 63 C4H8O 75 Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK met betrekking tot die homoloë reeks waarna die verbindings behoort en tipe isomere wat hulle vorm? Homoloë reeks Tipe isomer A Ketone Posisie-isomere B Ketone Kettingisomere C Aldehiede Posisie-isomere D Aldehiede Kettingisomere (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.4 Die organiese molekule wat hieronder getoon word, ondergaan termiese kraking. H H H H H H H H H H │ │ │ │ │ │ │ │ │ │ H─C─ C─ C─ C─ C─ C─ C─ C─ C─ C─H │ │ │ │ │ │ │ │ │ │ H H H H H H H H H H Watter EEN van die volgende is moontlike produkte van die reaksie? A Heksaan en butaan B Oktaan, etaan en waterstofgas C Pentaan, propeen en eteen D Propaan, butaan en eteen (2) 1.5 Watter EEN van die volgende is WAAR met betrekking tot ʼn EKSOTERMIESE REAKSIE? A Geen energie word geabsorbeer of vrygestel nie. B Die hoeveelheid energie wat vrygestel word, is groter as die hoeveelheid energie wat geabsorbeer word. C Die hoeveelheid energie wat geabsorbeer word, is groter as die hoeveelheid energie wat vrygestel word. D Die hoeveelheid energie wat geabsorbeer word, is gelyk aan die hoeveelheid energie wat vrygestel word. (2) 1.6 Beskou die reaksie hieronder wat chemiese ewewig in ʼn geslote houer bereik. 3 H2 (g) + N2 (g) ⇌ 2 NH3 (g) ∆H < 0 Watter EEN van die volgende veranderinge sal die opbrengs van NH3 verhoog? A Addisie van ʼn katalisator B Toename in temperatuur C Afname in die volume van die houer D Afname in die konsentrasie van N2 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 5 1.7 Die diagramme toon ʼn titrasie-opstelling en titrasie-kurwe wat verkry is. X 14 pH van oplossing Ekwivalensiepunt 7 0 Volume X bygevoeg NaOH (aq) Beskou die stellings rondom stof X. I Die Ka-waarde vir stof X is groter as 1. Die hoeveelheid X is gelyk aan die hoeveelheid NaOH by die II ekwivalensiepunt. III Stof X ioniseer in water om lae konsentrasie van H3O+ te produseer. Watter van die bogenoemde stelling(s) is waar? A Slegs I en II B Slegs II C Slegs II en III D Slegs I en III (2) 1.8 Die reaksie wat deur die gebalanseerde vergelyking hieronder voorgestel word, bereik ewewig in ʼn geslote houer. Cℓ2 (g) + H2O (ℓ) ⇌ Cℓ– (aq) + CℓO– (aq) + 2 H+ (aq) ΔH < 0 Watter EEN van die volgende veranderinge sal die terugwaartse reaksie bevoordeel? A Addisie van waterstof (H2) B Addisie van kalium hidroksied (KOH) C Verlaag die pH van die ewewigsmengsel D Verkoel die ewewigsmengsel (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 1.9 Die standaard waterstofhalfsel ( H+│H2 │Pt ) is aan Mn│Mn2+ halfsel gekoppel om ʼn galvaniesel te vorm . Watter EEN van die volgende kombinasies identifiseer die oksideermiddel en rigting van elektronvloei KORREK? Die rigting van vloei van elektrone Oksideermiddel Van halfsel Na halfsel A Mn H+│H2 │Pt Mn│Mn2+ B Mn2+ Mn│Mn2+ H+│H2 │Pt C H+ H+│H2 │Pt Mn│Mn2+ D H+ Mn│Mn2+ H+│H2 │Pt (2) 1.10 Die elektrolitiese sel hieronder word vir die elektrolise van gekonsentreerde natriumchloried (NaCℓ) gebruik. P Q NaCℓ (aq) Beskou die stellings rondom die elektrolise van gekonsentreerde natriumchloried (NaCℓ). I Die pH van die elektroliet neem oor tyd toe. II H2O word by elektrode P geoksideer. III Chloorgas (Cℓ2) word by elektrode Q geproduseer. Watter van die bogenoemde stelling(s) is waar? A Slegs I en II B Slegs III C Slegs II en III D Slegs I en III (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 7 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die tabel hieronder toon organiese molekules (A–F) uit verskillende homoloë reekse. A B CH3 │ CH2 ― CH ― CH2― CH 3,4-dimetielpentan-2-ol │ │ │ CH3 Cℓ CH3 C D H H H O │ │ │ ‖ CH3CH(CH3)CCCH3 H ― C ― C ― C― C―H │ ││ H H H― C―H │ H E 3 - metielbutanoon F CxHY 2.1 Definieer homoloë reeks. (2) 2.2 Skryf die LETTER neer wat ELK van die volgende verteenwoordig: 2.2.1 Onversadigde koolwaterstof (1) 2.2.2 ʼn Verbinding met ʼn karbonielgroep wat aan twee versadigde koolstofatome verbind is (1) 2.2.3 Verbindings wat funksionele isomere is (2) 2.3 Skryf die IUPAC-naam neer van: 2.3.1 Verbinding A (3) 2.3.2 Verbinding C (2) 2.4 Teken die STRUKTUURFORMULE van verbinding B. (2) 2.5 Verbinding D het ʼn posisie-isomeer. 2.5.1 Definieer die term posisie-isomeer. (2) 2.5.2 Teken die posisie-isomeer van verbinding D. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 2.6 Verbinding F (CxHY) is ʼn alkaan wat volledige verbranding met oormaat suurstof ondergaan soos getoon hieronder. CxHY + 8 O2 → P CO2 + 6 H2O 2.6.1 Bepaal die waarde van P. (2) 2.6.2 Skryf die GEKONDENSEERDE STRUKTUUR FORMULE van verbinding F neer. (2) [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 9 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die dampdruk-teen-temperatuur-kurwes word vir DRIE REGUITKETTING-ALKANE geteken. Die dampdruk word in mmHg gemeet. Die atmosferiese druk is 760 mmHg. GRAFIEK VAN DAMPDRUK TEENOOR TEMPERATUUR C6H14 900 760 C7H16 750 Dampdruk (mmHg) 600 450 C8H18 300 150 0 20 40 60 80 100 Temperatuur (oC) 3.1 Definieer dampdruk. (2) 3.2 In watter fase is die alkane by kamertemperatuur? Skryf slegs GAS, VLOEISTOF of VASTESTOF neer. Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 3.3 Hoe sal die kookpunte verander as die atmosferiese druk afneem? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1) 3.4 Wat kan afgelei word vanaf die kurwes rakend die verhouding tussen die intermolekulêre kragte en dampdruk? (2) 3.5 Die tabel hieronder toon die kookpunt van propan-1-ol en propanoësuur. VERBINDING KOOKPUNT (oC) A Propan-1-ol 97 B Propanoësuur 141 3.5.1 Definieer die term kookpunt. (2) 3.5.2 Verduidelik die verskil in die kookpunte volledig. (4) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Beskou die vloeidiagram hieronder: Reaksie I Reaksie II C6H12O2 Onversadigde \ Butan-1-ol koolwaterstof P Reaksie III HCℓ Verbinding Q (Hoofproduk) 4.1 Beskou reaksie I. Skryf neer die: 4.1.1 Naam van die reaksie (1) 4.1.2 STRUKTUUR FORMULE van die karboksielsuur wat benodig word (2) 4.2 Beskou reaksie II. Skryf neer die: 4.2.1 NAAM of FORMULE van die anorganiese reagens wat benodig word (1) 4.2.2 IUPAC-naam van die onversagdigde koolwaterstof P. (2) 4.3 Beskou reaksie III: 4.3.1 Skryf die naam van die tipe addisiereaksie neer. (1) 4.3.2 Is verbinding Q ʼn PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE HALOALKAAN? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 4.4 Verbinding Q word met gekonsentreerde natriumhidroksied (NaOH) gemeng en sterk verhit. Skryf neer die: 4.4.1 Tipe reaksie wat plaasgevind het (1) 4.4.2 Gebalanseerde vergelyking deur van STRUKTUURFORMULES vir die organiese verbindings gebruik te maak en skryf slegs die struktuur formule vir die hoofproduk in die reaksie. (6) [16] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 11 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 5.1 Definieer die term reaksietempo. ʼn Groep leerders wil die persentasie suiwerheid van ʼn monster wat kalsiumkarbonaat (CaCO3) bevat, bepaal. Hulle reageer 2,5 g monster onsuiwer kalsiumkarbonaat (CaCO3) met OORMAAT verdunde soutsuur (HCℓ) volgens die gebalanseerde vergelyking. CaCO3 (s) + 2 HCℓ (aq) CaCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) + CO2 (g) Hulle meet die volume koolstofdioksiedgas wat oor tyd geproduseer word en het die grafiek hieronder verkry. 150 Volume van CO2 (cm3) 120 90 60 30 0 10 20 30 40 50 60 70 Tyd (s) (2) 5.2 Hoe sal die leerders weet of die reaksie voltooid is? (1) 5.3 Bereken die: 5.3.1 Gemiddelde tempo waarteen CO2 geproduseer word in cm3·s-1 (3) 5.3.2 Persentasie suiwerhied van CaCO3 as die molêre volume van CO2 24 000 cm3·mol-1 by 25 oC is. (5) 5.4 Die eksperiment word herhaal deur van ʼn poeiermonster kalsium karbonaat in plaas van ʼn stukkies monster van kalsium karbonaat gebruik te maak. 5.4.1 Sal die reaksietempo TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE? (1) 5.4.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.4.1 deur na die botsing teorie te verwys. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) 5.5 Die grafiek hieronder verteenwoordig die Maxwell-Boltzmann-verspreidingskurwe vir CO2 (g) by 25 oC. Aantal deeltjies P Kinetiese energie (kJ) 5.5.1 Wat stel die geskakeerde area regs van lyn P voor? (1) 5.5.2 Hoe sal ʼn toename in temperatuur die geskakeerde area beïnvloed? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK. Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 13 VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Wanneer koper(II)chloried in water opgelos word, word die volgende chemiese ewewigsvergelyking verkry. Dit kan gebruik word om Le Chatelier se beginsel te demonstreer. Cu(H2O)62+(aq) + 4 Cℓ- (aq) ⇌ CuCℓ42- (aq) + 6 H2O (ℓ) ΔH > 0 Blou Groen 6.1 Stel Le Chatelier se beginsel. (2) 6.2 Noem of die oplossing BLOU of GROEN sal word wanneer die volgende veranderinge aangebring word. Die kleur van die ewewigsmengsel is BLOU. 6.2.1 Die mengsel word afgekoel. (1) 6.2.2 Byvoeging van versadigde natriumchloried oplossing. (1) 6.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.2.2 volledig deur na Le Chatelier se beginsel te verwys. (3) 6.4 Kalsiumkarbonaat word toegelaat om by 1 000 ºC in ʼn verseëlde houer volgens die gebalanseerde chemiese vergelyking hieronder te ontbind. CaCO3 (s) ⇌ CaO (s) + CO2(g) ΔH > 0 Aanvanklik word 0,24 mol kalsiumkarbonaat in 2 dm 3 houer geplaas en verhit. ʼn Ewewig word by 1 000 ºC vasgestel. By hierdie temperatuur is die ewewigskonstante 0,0385. 6.4.1 Sal die Kc-waarde TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY as die temperatuur waarby kalsiumkarbonaat ontbind VERHOOG word? Verduidelik die antwoord volledig. (3) 6.4.2 Bereken die massa ongereageerde kalsiumkarbonaat wat in die houer sal bly wanneer die sisteem ewewig by 1 000 ºC bereik. (7) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 7.1 Beskou die reaksies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REAKSIES CHEMIESE VERGELYKINGS A HSO4 – + H2O → SO42– + H3O+ B KOH + CH3COOH → CH3COOK + H2O 7.1.1 Definieer ʼn basis in terme van die Arrhenius-teorie. (2) Vanaf die reaksies hierbo: 7.1.2 Watter EEN van die reaksies (A of B) verteenwoordig die Arrhenius- model? (1) 7.1.3 Skryf ʼn gekonjugeerde basis van HSO4 – neer. (1) 7.2 Beskou die reaksies B. 7.2.1 Gee ʼn rede waarom CH3COOH as ʼn swak suur beskou kan word. (2) 7.2.2 Sal CH3COOK ʼn SUUR, NEUTRALE of ALKALIESE oplossing in water vorm? (1) 7.2.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.2.3 deur die relevante vergelyking te gebruik. (3) 7.3 Tydens ʼn titrasie neutraliseer 12,5 cm3 natriumhidroksied (NaOH) oplossing met ʼn konsentrasie van 0,2 mol·dm-3, 25 cm3 swawelsuur (H2SO4) oplossing, volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking 2 NaOH (aq) + H2SO4 (aq) → Na2SO4 (aq) + 2 H2O(ℓ) 7.3.1 Skryf die naam van ʼn geskikte indikator vir die neutralisasiereaksie neer. (1) 7.3.2 Bereken die pH van die H2SO4-oplossing. (7) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 15 VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 8.1 ʼn Galvaniese sel word onder standaardtoestande opgestel deur onbekende metaal M en silwer as elektrode te gebruik. Die standaard elektrodepotensiaal vir die onbekende metaal M is kleiner as 0 V. v Ag(s) Metal M 1mol·dm-3 AgNO3 1 mol·dm-3 M(NO3)3 Beker A Beker B 8.1.1 Skryf die energie-omskakeling in die sel neer. (2) 8.1.2 Watter elektrode is die anode in die sel (Ag of Metal M)? Verduidelik die antwoord. (3) 8.2 Die aanvanklike potensiaalverskil vir die sel is 1,54 V. 8.2.1 Identifiseer metaal M deur berekening. (5) 8.2.2 Skryf selnotasie vir die sel neer. (3) 8.3 Hoe sal die aanvanklike lesing op die voltmeter verander wanneer die volgende veranderinge aan die sel hierbo gemaak word? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer. 8.3.1 Oppervlakte van die Ag-elektrode word vergroot. (1) 8.3.2 Die konsentrasie van AgNO3-oplossing word verhoog tot 2 mol·dm-3. (1) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) VRAAG 9 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die elektrolitiese sel, in die diagram hieronder voorgestel word, is opgestel om koper te suiwer wat sink en silwer onsuiwerhede bevat. Kragbron Onsuiwer koper X Z Suiwer koper Onsuiwerhede CuSO4(aq) 9.1 Definieer die term elektroliet. (2) 9.2 Is hierdie reaksie ENDOTHERMIES of EKSOTERMIES? (1) 9.3 Watter van die elektrodes (X of Z) is aan die positiewe terminaal van die battery gekoppel? (1) 9.4 Skryf die halfreaksie wat by elektrode Z plaasvind neer. (2) 9.5 Tydens die elektrolise word dit waargeneem dat sink ook geoksideer word, maar nie silwer nie. Gee ʼn rede vir die waarneming deur na die relatiewe sterktes van die reduseermiddels te verwys. (1) 9.6 ʼn Onbekende oplossing (MCℓ2) is met behulp van koperelektrodes geëlektrolyseer. Na ʼn rukkie is 1,806 x 1022 elektrone by die katode verkry terwyl die katode 0,6 g opgetel het. Bepaal, deur berekeninge, die formule van onbekende oplossing. (5) [12] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 17 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure Standaarddruk p 1,013 x 105 Pa Molar gas volume at STP Molêre gasvolume teen STD Vm 22,4 dm3∙mol-1 Standard temperature Standaardtemperatuur Tθ 273 K Charge on electron Lading op elektron e -1,6 x 10-19 C Avogadro’s constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro se konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m n m n = M or/of c = V or/of c = MV pH= -log[H3O+] N ca Va na Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14 at /by 298K n= N or/of = A cb Vb nb V n= V m Eθcell = Eθcathode–Eθanode / Eθsel = Eθkatode–Eθanode Eθcell = Eθreduction–Eθoxidation / Eθsel = Eθreduksie–Eθoksidasie Eθcell = Eθoxidising agent–Eθreducing agent / Eθsel = Eθoksideermiddel–Eθreduseermiddel Q Q q =IΔt n= e or/of n = q e Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE Atoomgetal 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) Atomic number (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) 1 KEY/ SLEUTEL 2 2,1 H 29 He 1 Elektronegatiwiteit Simbool 4 3 4 1,9 Cu 5 6 7 8 9 10 Electronegativity Symbol 1,0 Li 1,5 Be 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 Approximate relative atomic mass / 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 19 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies E θ (V) F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 Co 3+ +e − ⇌ Co2+ + 1,81 H2O2 + 2H+ +2e− ⇌ 2H2O +1,77 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ− + 1,36 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 2Cr 3+ + 7H2O + 1,33 O2(g) + 4H + 4e + − ⇌ 2H2O + 1,23 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 Pt2+ + 2e− ⇌ Pt + 1,20 Br2(ℓ) + 2e − ⇌ 2Br − + 1,07 − NO 3 + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Hg 2+ + 2e − ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80 − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 O2(g) + 2H + 2e + − ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e− ⇌ 2I− + 0,54 + Cu + e − ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H + 4e + − ⇌ S + 2H2O + 0,45 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 Sn 4+ + 2e − ⇌ Sn2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 Fe 3+ + 3e − ⇌ Fe − 0,06 Pb2+ + 2e− ⇌ Pb − 0,13 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 Co 2+ + 2e − ⇌ Co − 0,28 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Cr3+ + e− ⇌ Cr2+ − 0,41 Fe 2+ + 2e − ⇌ Fe − 0,44 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Cr 2+ + 2e − ⇌ Cr − 0,91 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 Aℓ3+ + 3e− ⇌ Aℓ − 1,66 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 + Na + e − ⇌ Na − 2,71 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 + Cs + e - ⇌ Cs - 2,92 K+ + e− ⇌ K − 2,93 Li+ + e− ⇌ Li − 3,05 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
20 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2025) TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies E θ (V) Li+ + e− ⇌ Li − 3,05 + K +e − ⇌ K − 2,93 Cs+ + e− ⇌ Cs − 2,92 Ba2+ + 2e− ⇌ Ba − 2,90 Sr2+ + 2e− ⇌ Sr − 2,89 Ca2+ + 2e− ⇌ Ca − 2,87 Na+ + e− ⇌ Na − 2,71 Mg2+ + 2e− ⇌ Mg − 2,36 3+ Aℓ + 3e − ⇌ Aℓ − 1,66 Mn2+ + 2e− ⇌ Mn − 1,18 ⇌ Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Cr2+ + 2e− Cr − 0,91 2H2O + 2e− ⇌ H2(g) + 2OH− − 0,83 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Zn2+ + 2e− ⇌ Zn − 0,76 Cr3+ + 3e− ⇌ Cr − 0,74 Fe2+ + 2e− ⇌ Fe − 0,44 3+ Cr + e − ⇌ Cr 2+ − 0,41 Cd2+ + 2e− ⇌ Cd − 0,40 Co2+ + 2e− ⇌ Co − 0,28 Ni2+ + 2e− ⇌ Ni − 0,27 Sn2+ + 2e− ⇌ Sn − 0,14 2+ Pb + 2e − ⇌ Pb − 0,13 Fe3+ + 3e− ⇌ Fe − 0,06 2H+ + 2e− ⇌ H2(g) 0,00 S + 2H+ + 2e− ⇌ H2S(g) + 0,14 Sn4+ + 2e− ⇌ Sn2+ + 0,15 Cu2+ + e− ⇌ Cu+ + 0,16 2− SO 4 + 4H+ + 2e− ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + 2e− ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e− ⇌ 4OH− + 0,40 SO2 + 4H+ + 4e− ⇌ S + 2H2O + 0,45 Cu+ + e− ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e − ⇌ 2I − + 0,54 O2(g) + 2H+ + 2e− ⇌ H2O2 + 0,68 Fe3+ + e− ⇌ Fe2+ + 0,77 − NO 3 + 2H+ + e− ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Ag+ + e− ⇌ Ag + 0,80 Hg2+ + 2e− ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 − NO 3 + 4H+ + 3e− ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Br2(ℓ) + 2e− ⇌ 2Br− + 1,07 2+ Pt + 2 e − ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H+ + 2e− ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H+ + 4e− ⇌ 2H2O + 1,23 2− Cr2O 7 + 14H+ + 6e− ⇌ 3+ 2Cr + 7H2O + 1,33 Cℓ2(g) + 2e− ⇌ 2Cℓ− + 1,36 − MnO 4 + 8H+ + 5e− ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 H2O2 + 2H+ +2 e− ⇌ 2H2O +1,77 Co3+ + e− ⇌ Co2+ + 1,81 F2(g) + 2e− ⇌ 2F− + 2,87 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Physical Sciences

View all