Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
SKOOLGEBASEERDE
ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERDERGIDS
Skip to contentSBA exemplar 

View all

Physical Science Afrikaaans Learner Guide
Grade 12 Physical Sciences SBA exemplar, 24 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: Learner guide
Physical Sciences · Grade 12. SBA exemplar, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- SBA exemplar
- Publisher
- Learner guide
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 583.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERDERGIDS
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 1 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
INHOUD
1. Inleiding.......................................................................................................................................3
2. Doelstellings................................................................................................................................3
3. Assesseringstake vir Graad 12 Praktiese Werk..........................................................................4
4. Voorbeelde van Praktiese Werk as Formele Assesseringstake..................................................5
4.1 Kwartaal 1
Bereiding van esters en identifisering deur middel van reuk. .....................................................5
4.2 Kwartaal 2
Behoud van lineêre momentum..................................................................................................11
4.3 Kwartaal 3
Elektrisiteit en magnetisme
Deel 1 .........................................................................................................................................15
Bepaal die interne weerstand van ‘n battery.
Deel 2 .........................................................................................................................................17
Stel ‘n serie-parallelnetwerk met ‘n bekende weerstand op.
Bepaal die ekwivalente weerstand met behulp van ‘n ammeter en ‘n voltmeter en vergelyk dit met die teoretiese
waarde.
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 2 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
PRAKTIESE WERK AS FORMELE ASSESSERINGSTAKE
1. INLEIDING
Assessering van die leerder se vordering in graad 12 Fisiese Wetenskappe bestaan uit twee komponente:
• ‘n Skoolgebaseerde assesseringsprogram wat uit ses take bestaan en wat 25% (punt uit 100) van die totale punt
vir Fisiese Wetenskappe vorm. Drie van die ses take behels voorgeskrewe eksperimente.
• ‘n Eksterne eksamen (uit 300 punte), wat die oorblywende 75% vorm.
2. DOELSTELLINGS
Fisiese Wetenskappe ondersoek fisiese en chemiese verskynsels. Dit word gedoen deur middel van wetenskaplike
ondersoek en die toepassing van wetenskaplike modelle, teorieë en wette om gebeure in die fisiese omgewing te verk-
laar en te voorspel.
Praktiese werk in Fisiese Wetenskappe moet met die teorie geïntegreer word om die konsepte te versterk wat geleer
word. Dit kan die vorm van eenvoudige praktiese demonstrasies of ook ‘n eksperiment of praktiese ondersoek aanneem.
Vanaf 2014 moet DRIE voorgeskrewe eksperimente per jaar as praktiese aktiwiteite vir formele assessering gedoen
word.
• Een Chemie-prakties in die eerste kwartaal
• ‘n Fisika- of ‘n Chemie-prakties in die tweede kwartaal
• ‘n Fisika-prakties in die derde kwartaal.
Hierdie leerdergids bied hulp aan die leerder en onderwyser in die uitvoer van hierdie praktiese aktiwiteite.
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 3 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
3. ASSESSERINGSTAKE VIR GRAAD 12 PRAKTIESE WERK
Die tabel hieronder toon die voorgeskrewe formele assesseringsaktiwiteite vir praktiese werk en die gewigswaarde van
die jaarlikse SGA.
KWARTAAL VOORGESKREWE PRAKTIESE AKTIWITEITE GEWIGS-
VIR FORMELE ASSESSERING WAARDE
1 EKSPERIMENT (CHEMIE) 15% van
Die bereiding van esters en identifisering deur reuk jaarlikse SGA
2 EKSPERIMENT (CHEMIE) 20% van
Hoe gebruik jy die titrasie van oksaalsuur teen natriumhidroksied om die jaarlikse SGA
konsentrasie van die natriumhidroksied te bepaal?
OF
EKSPERIMENT (FISIKA)
Die behoud van lineêre momentum
3 EKSPERIMENT (FISIKA) 15% van
Deel 1 jaarlikse SGA
Bepaal die interne weerstand van ‘n battery.
Deel 2
Stel ‘n serie-parallelnetwerk met ‘n bekende weerstand op.
Bepaal die ekwivalente weerstand met behulp van ‘n ammeter en ‘n volt-
meter en vergelyk dit met die teoretiese waarde.
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
4. VOORBEELDE VAN PRAKTIESE WERK AS FORMELE
ASSESSERINGSTAKE
KWARTAAL 1: PRAKTIESE WERK
KENNISAREA: MATERIE EN MATERIALE
4.1 DIE BEREIDING VAN ESTERS EN IDENTIFISERING DEUR REUK
INLEIDING
Esters ‘n het sterk vrugtereuk. Esters kom van nature in vrugte voor. Esters kan sinteties berei word deur die reaksie
tussen ‘n karboksielsuur en ‘n alkohol. Hierdie reaksie staan as estervorming of verestering bekend. Die reaksie kan
deur gekonsentreerde swawelsuur gekataliseer word.
DOEL
Berei verskillende esters deur verskillende karboksielsure en alkohole te gebruik.
Identifiseer die esters wat gevorm word aan hulle reuk.
ApparaAt
• Veiligheidsbril
• Proefbuise
• Druppipette
• 250 ml-beker
• Proefbuisrakkie
• Bunsenbrander
• Hittebestande matjie/teël
• Driepoot
• Metaalgaas
• Retortstaander
• Chemikalieë: metanol, etanol, propanol, etanoësuur, salisielsuur, swawelsuur en 0,5 mol.dm-3
natriumkarbonaat
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 5 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
MetodE
1. Plaas 1 druppel gekonsentreerde swawelsuur in ‘n proefbuis.
2. Voeg 10 druppels etanoësuur by dieselfde proefbuis.
3. Voeg 10 druppels etanol by die mengsel.
1 DRUPPEL GEKONSENTREERDE
SWAWELSUUR
+
10 DRUPPELS ETANOËSUUR
+
10 DRUPPELS ETANOL
BEREI ‘N WATERBAD
1. Gooi ongeveer 100 cm3 water in die 250 cm3-beker.
2. Laat die proefbuis versigtig in die beker sak sodat dit regop staan.
3. Verhit die beker geleidelik op ‘n driepoot en metaalgaas tot die water begin kook. Stop dan die verhitting.
4. Laat dit vir 1 minuut in die warm water staan. Indien die mengsel in die proefbuis kook, gebruik ‘n tang om dit uit
die water te haal totdat dit ophou kook, en sit dit dan terug in die warm water.
5. Haal die proefbuis na 1 minuut versigtig uit en laat dit afkoel.
PROEFBUIS MET
REAKSIEMENGSEL
BEKER
WATER
METAALGAAS
DRIEPOOT
BUNSENBRANDER
6. As dit afgekoel het, gooi die mengsel in ‘n proefbuis halfvol met 0,5 mol.dm-3-
natriumkarbonaatoplossing. Dit sal ‘n bietjie bruis. Meng goed. ‘n Esterlaag sal afgeskei word en bo-op die
waterlaag dryf.
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
REAKSIEMENGSEL
0,5 mol.dm-3 Na2Co3
WAARSKUWING! MOENIE DIE OPENING VAN DIE PROEFBUIS ONDER JOU NEUS HOU NIE!
Met hierdie tegniek gebruik jy jou hand om die lug oor die opening van ’n houer in die rigting van jou neus te waai.
Lug wat met die stof gemeng is, word in jou neus ingetrek sodat die reuk van die oorspronklike middel verdun word.
Ruik die produk deur die reuk liggies met jou hand na jou neus toe te waai.
7. Herhaal stap 1 tot 10, maar gebruik METANOL en PROPANOL as die alkohol.
8. Herhaal stap 1 tot 10, maar gebruik SALISIELSUUR en METANOL.
ResultATE EN DIE VERTOLKING VAN RESULTATE
Voltooi die tabelle hieronder.
Kies EEN van die volgende om die ester wat gevorm is, aan sy reuk te identifiseer:
• Verf
• Peer
• Pynappel
• Aarbei
• Roomys
• Naellakverwyderaar
• Wintergroen
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 7 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
EKSPERIMENT 1: ETANOL + ETANOËSUUR
REUK
VERGELYKING
IN WOORDE
STRUKTUUR-
FORMULE
CHEMIESE
VERGELYKING
GEBALANSEERDE
CHEMIESE
VERGELYKING
(16)
EKSPERIMENT 2: METANOL + ETANOËSUUR
REUK
VERGELYKING
IN WOORDE
STRUKTUUR-
FORMULE
CHEMIESE
VERGELYKING
GEBALANSEERDE
CHEMIESE
VERGELYKING
(16)
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
EKSPERIMENT 3: PROPANOL + ETANOËSUUR
REUK
VERGELYKING
IN WOORDE
STRUKTUUR-
FORMULE
CHEMIESE
VERGELYKING
GEBALANSEERDE
CHEMIESE
VERGELYKING
(16)
EKSPERIMENT 4: METANOL + SALISIELSUUR
REUK
(2)
BESPREKING VAN RESULTATE
1. Watter eienskap van swawelsuur maak dit ‘n geskikte katalisator vir die bereiding van esters?
_________________________________________________________________ (2)
2. Waarom verhit ons die proefbuis in ‘n waterbad en nie direk oor ‘n vlam nie?
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 9 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
3. Met verwysing na die kenmerkende reuke van esters, noem TWEE voorbeelde waar esters in verskillende
industrieë gebruik word.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (4)
4. Waarom het esters met ‘n hoër molekulêre gewig nie sterk reuke nie?
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
TOTAAL: 60
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 10 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
KWARTAAL 2: PRAKTIESE WERK
KENNISAREA: MEGANIKA
4.2 DIE BEHOUD VAN LINEÊRE MOMENTUM
INLEIDING
Momentum is massa in beweging. Die hoeveelheid momentum van ‘n voorwerp word deur twee veranderlikes bepaal,
naamlik massa en snelheid.
Lineêre momentum (momentum in ‘n reguit lyn) kan as die produk van massa en snelheid gedefinieer word.
Die verifiëring van die behoud van momentum kan eksperimenteel bepaal word tydens ‘n ontploffing en ‘n botsing.
DOEL
Om die behoud van lineêre momentum tydens ‘n ontploffing te verifieer.
ApparaAT
• Trolliebaan
• Trollies
• Meterstok
• Buffers (planke of stene)
METODE
1. Plaas twee trollies teen mekaar op ‘n gladde, horisontale vloer. ‘n Saamgeperste veer is aan een van die trollies
vasgesit.
2. Plaas ‘n derde trollie bo-op een van die ander twee trollies in Stap 1. Hierdie twee
trollies verteenwoordig nou ‘n massa van 2 m, terwyl die enkele trollie ‘n massa
van m voorstel.
3. Plaas twee stewige houtplanke weerskante van die opstelling (nie verder as
1–1,5 m van die opstelling af nie), soos in die diagram hieronder getoon.
4. Ontspan die veer van die een trollie sodat die twee stelsels van mekaar af weg beweeg. Luister na die botsings
teen die planke. Die trolliestelsels tref die planke op verskillende tye, omdat die een trolliestelsel stadiger as die
ander een beweeg (verskillende snelhede).
5. Deur middel van ‘probeer en tref’, vind ‘n posisie vanwaar die trolliestelsels beweeg sodat albei trollies die planke
aan weerskante op dieselfde oomblik sal tref. Slegs ‘n enkele botsing moet gehoor word.
6. Meet die afstande ∆x1 en ∆x2 wat elke trollie van die beginpunt tot by die plank beweeg. Hierdie afstande stel die
11
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
snelhede van die twee trolliestelsels onderskeidelik voor.
7. Herhaal die bostaande prosedure om nog twee stelle waardes te verkry.
RESULTaTE
Voltooi die volgende tabel.
Trolliestelsel 1 Trolliestelsel 2 Totale
Massa [Snelheid v1] Massa [Snelheid v2] momentum
Momentum Momentum na ontploffing
(Trollie- Afstand (trollie- Afstand
(‘eenheid’) (‘eenheid’) (‘eenheid’)
eenheid) ∆x1 (cm) eenheid) ∆x2 (cm)
(10)
VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE
1. Formuleer ‘n ondersoekende vraag vir hierdie praktiese aktiwiteit.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (3)
2. Skryf die wet van die behoud van momentum neer.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
3. Verduidelik waarom daar aanvaar kan word dat die afstande wat deur die trollies afgelê word, as ‘n meting van
hulle snelhede beskou kan word.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
4. Gee ‘n rede waarom hierdie eksperiment meer as een keer uitgevoer moet word.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
GEVOLGTREKKING
5. Maak ‘n gevolgtrekking uit die resultate wat jy verkry het.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (3)
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 12 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
EVALUERING
6. Watter aanbevelings kan jy maak om die resultate van jou eksperiment te verbeter?
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (4)
TOEPASSING
7. ‘n Seun met massa 50 kg en ‘n meisie met massa 40 kg staan elkeen op ‘n skaatsplank. Hulle druk hulle hande
teen mekaar en stoot mekaar weg soos in die skets getoon word. Die meisie beweeg na regs teen 1 m.s-1.
7.1 Wat is die totale momentum van die seun en die meisie voordat hulle van mekaar af weg beweeg?
____________________________________________________________ (2)
7.2 Bepaal die snelheid van die seun direk nadat hulle van mekaar af weg beweeg het.
____________________________________________________________

___________________________________________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (5)
13
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
ALTERNATIEWE METODE – LINEÊRE LUGBAAN
METODE
‘n Botsing kan in plaas van ‘n ontploffing gebruik word om die behoud van momentum te ondersoek.
Die diagram hieronder illustreer die botsing van trollies op ‘n lugbaan.
Trollie A met massa 2 kg en snelheid 1,5 m.s-1 na regs bots met ‘n stilstaande trollie B met massa 1,5 kg.
Na die botsing beweeg trollie A teen 0,75 m.s-1 na links en trollie B beweeg teen 3 m.s-1 na regs.
VERTOLKING VAN DIE RESULTATE
8.1 In die verifiëring van die behoud van momentum, waarom is dit beter om ‘n lugbaan in plaas van ‘n trolliestelsel
te gebruik?
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
8.2 Bewys deur middel van ‘n berekening dat die momentum tydens hierdie botsing behou is.
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (5)
TOTAAL: 40
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 14 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
KWARTAAL 3: PRAKTIESE WERK
KENNISAREA: ELEKTRISITEIT EN MAGNETISME
4.3 BEPAAL DIE INTERNE WEERSTAND EN DIE EKWIVALENTE WEERSTAND VAN ‘N SERIE-
PARALLELNETWERK
INLEIDING
Die term ‘verlore spanning’ verwys na die verskil tussen die emk en die terminaalspanning. Die spanning is egter nie
‘verlore’ nie. Dit is die spanning oor die interne weerstand van die battery, maar is ‘verlore’ vir gebruik in die eksterne
stroombaan.
Die interne weerstand van die battery kan soos net nog ‘n resistor in serie in die stroombaan hanteer word. Die som van
die spannings oor die eksterne stroombaan plus die spanning oor die interne weerstand is gelyk aan die emk:
ε = Vspanning + Vinterne weerstand of ε = IRekstern + Ir
HERRANGSKIK OM DIE VOLGENDE TE KRY: v = -rI + ε
in die vorm y = mx + c waar m = -r
DEEL 1
Bepaal die interne weerstand van ‘n battery.
dOEL
Om die interne weerstand van ‘n battery te bepaal
APPARAAT
• Voltmeter (of multimeter)
• Ammeter (of multimeter)
• Koolstof-sinkbattery van enige grootte (kies die spanning in verhouding tot die waardes van die resistors)
• Batteryhouer
• Reostaat
• Verbindingsdrade
• Skakelaar
15
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
METODE
Stel die apparaat op soos in die diagram hieronder getoon en bepaal die ammeter- en voltmeterlesings vir VYF ver-
skillende stellings van die reostaat.
VOORSORGMAATREËL: Moenie die skakelaar te lank aan los nie. Dit sal die battery laat verhit en veroorsaak
dat dit afloop.
RESULTATE
1. Tabuleer die lesings van die terminaalspanning (volt) en die elektriese stroom (ampère) wat uit die eksperiment
verkry is. (10)
VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE
2. Identifiseer die:
2.1 Onafhanklike veranderlike
2.2 Afhanklike veranderlike
2.3 Beheerde veranderlike (3 x 2) (6)
3. Waarom sluit ons ‘n reostaat by die stroombaan in? (2)
4. Teken ‘n grafiek van die voltmeterlesings teenoor die ammeterlesings. (8)
5. Is die gradiënt van die grafiek positief of negatief? Verduidelik. (3)
6. Gebruik die grafiek om die interne weerstand van die battery te bepaal. (4)
7. Watter punt op jou grafiek stel die emk van die battery voor? Verduidelik. (4)
GEVOLGTREKKING
8. Maak ‘n gevolgtrekking uit die resultate wat verkry is. (2)
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 16 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
DEEL 2
Stel ‘n serie-parallelnetwerk met bekende resistors op. Bepaal die ekwivalente weerstand met behulp van ‘n
ammeter en ‘n voltmeter en vergelyk dit met die teoretiese waarde.
DOEL
Om die ekwivalente weerstand van ‘n serie-parallelnetwerk te bepaal en dit met die berekende teoretiese waarde te
vergelyk
ApparaAt
• Drie vaste resistors waarvan die waardes bekend is (waardes moet nie te hoog wees nie)
• Voltmeter (of multimeter)
• Ammeter (of multimeter)
• Battery (kies die spanning in verhouding tot die waardes van die resistors)
• Batteryhouer
• Verbindingsdrade
• Skakelaar
METODE
Stel die stroombaan op soos in die diagram hieronder getoon.
Teken die lesings op die voltmeter en ammeter aan.
17
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE
1. Gebruik die lesings wat jy in jou eksperiment verkry het en bepaal die ekwivalente weerstand van die
stroombaan. (4)
2. Deur die waardes van R1, R2 en R3 te gebruik, bereken die teoretiese waarde van die ekwivalente weerstand.
(5)
GEVOLGTREKKING
3. Vergelyk die waardes wat in 1 en 2 hierbo verkry is en kom tot ‘n gepaste gevolgtrekking. (2)
TOTAAL: 50
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 18 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Notes
19
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Notes
FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 20 KABV CAPS GRAAD 12 LEERDERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Physical Sciences.
- Grade 12 Physical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Physical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Physical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Physical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 SBA exemplars
More Physical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper

Question paper
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper
Related documents

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 Limpopo March Test 2025 Question Paper

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Limpopo Mock 2025 Question Paper

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 Mpumalanga June 2025 Question Paper
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Mpumalanga March Test 2025 Memo

Question paper
Physical Sciences Grade 12 Mpumalanga March Test 2025 QP

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 North West Mock 2025 Question Paper

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Errata
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2024 Errata

Question paper