Skip to content
SBA exemplar

Physical Science Afrikaaans Teacher Guide

Grade 12 Physical Sciences SBA exemplar, 30 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: Teacher guide

Subject: Physical SciencesGrade 1230 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – i KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 1 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com INHOUD 1. Inleiding.......................................................................................................................................3 2. Doelstellings................................................................................................................................3 3. Assesseringstake vir Graad 12 Praktiese Werk..........................................................................6 4. Gehalteversekeringsproses........................................................................................................6 5. Voorbeelde van Praktiese Werk as Formele Assesseringstake..................................................7 5.1 Kwartaal 1 Bereiding van esters en identifisering deur middel van reuk..........................................7 5.2 Kwartaal 2 Behoud van lineêre momentum. ....................................................................................13 5.3 Kwartaal 3 Elektrisiteit en magnetisme Deel 1.............................................................................................................................17 Bepaal die interne weerstand van ‘n battery. Deel 2.............................................................................................................................19 Stel ‘n serie-parallelnetwerk met ‘n bekende weerstand op. Bepaal die ekwivalente weerstand met behulp van ‘n ammeter en ‘n voltmeter en vergelyk met die teoretiese waarde. 6. Memorandum..............................................................................................................................20 6.1 Esters en identifisering deur reuk...................................................................................22 6.2 Die behoud van lineêre momentum. ..............................................................................22 6.3 Elektrisiteit en magnetisme Deel 1.............................................................................................................................24 Die interne weerstand van ‘n battery Deel 2.............................................................................................................................26 Ekwivalente weerstand van ‘n serie-parallelnetwerk FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 2 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com PRAKTIESE WERK AS FORMELE ASSESSERINGSTAKE 1. Inleiding Assessering is ‘n deurlopende, beplande proses van identifisering, insameling en interpretasie van inligting met betrekking tot leerders se prestasie deur gebruik te maak van verskillende vorme van assessering. Dit behels vier stappe: generering en insameling van bewyse van prestasie; evaluering van hierdie bewyse; aanteken van die bevindings en die gebruik van hierdie inligting om die ontwikkeling van die leerders te verstaan en daardeur die onderrig-leer-proses te bevorder. Assessering behoort beide informeel (assessering vir leer) en formeel (assessering van leer) te wees. In beide gevalle moet gereelde terugvoer aan die leerders gegee word om die leerervaring te versterk. Skoolgebaseerde assessering (SGA) is ‘n doelgerigte versameling van leerders se werk wat die leerder se pogings, vordering en prestasie op ‘n gegewe gebied aantoon. Die gehalte van die SGA-take staan integraal in leerders se voorbereiding vir die eindeksamen. Die SGA-komponent is verpligtend vir alle leerders. Leerders wat nie aan die vereistes voldoen wat in ooreenstemming met die beleid gespesifiseer is nie, mag moontlik nie kwalifiseer om vir die eindeksamen in die vak in te skryf nie. Daar word van onderwysers verwag om seker te maak dat die assesseringstake toepaslik is en geskik is vir die leerders wat onderrig word. Onderwysers moet die take aanpas om by die leerders se begripsvlak te pas. Take moet ook binne ‘n konteks gestel word. Die vereistes soos in die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaringdokument (KABV) uitgeengesit is, moet egter altyd in ag geneem word. Hierdie KABV-dokument bevat take wat aan die vereistes van die graad 12 Fisiese Wetenskappe-kurrikulum voldoen. Daar word verwag dat die take as ‘n waardevolle hulpmiddel sal dien vir: • Fisiese Wetenskappe-onderwysers, deurdat dit voorbeelde verskaf van die tipe en standaard van skoolgebaseerde assesseringstake wat vir hulle leerders geskik sal wees • Graad 12 Fisiese Wetenskappe-leerders, deurdat dit materiaal verskaf wat hulle sal help in hulle voorbereiding vir die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen 2. Die doelwitte en doelstellings van skoolgebaseerde assessering • Skoolgebaseerde assessering bied ‘n meer gebalanseerde en betroubare assesseringstelsel, met ‘n toename in die omvang en verskeidenheid van assesseringstake. • Die voorbeeldtake is daarop gerig om die diepte van die kurrikuluminhoud te reflekteer wat toepaslik is vir graad 12. • Dit reflekteer die verlangde kognitiewe eise soos gestel in Bloom se hersiene taksonomie: onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep. • Skoolgebaseerde assessering verbeter die geldigheid van assessering deurdat aspekte ingesluit word wat nie in ‘n formele eksamenopset geassesseer kan word nie. • Dit verbeter die betroubaarheid van assessering aangesien beoordeling gebaseer word op talle waarnemings van die leerder oor ‘n lang tydperk. • Dit bemagtig onderwysers om deel te word van die assesseringsproses en verhoog die samewerking en deel van kundigheid binne en onder skole. • Dit het ‘n professionele ontwikkelingsfunksie deurdat dit onderwysers se vaardighede in assesseringspraktyke uitbou, wat dan weer na ander terreine van die kurrikulum oorgedra kan word. • Die take fokus op die inhoud van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKS) wat in 2013 gegeld het, en bevat blootstelling aan sekere aspekte van die nuwe inhoud van die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (KABV) wat vanaf 2014 geld. Die onderskeidende kenmerke van SGA (en sy voordele as een betreklike klein komponent van ‘n samehangende assesseringstelsel) het implikasies vir die ontwerp en implementering daarvan, in die besonder die aard van die assesseringstake en die rol van die onderwyser se standaardiseringsprosedures. Hierdie implikasies word soos volg saamgevat: FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 3 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com • Die assesseringsproses behoort aan die normale onderrigprogram geskakel te word en ook ‘n logiese uitvloeisel daarvan te wees. Onderrig, leer en assessering behoort aanvullende dele van die opvoedingservaring as geheel te wees (dit wil sê, die SGA-komponent is nie ‘n afsonderlike eenmalige aktiwiteit wat volgens ‘n rooster uitgevoer kan word en waarvoor voorberei kan word asof dit ‘n afsonderlike deel van die kurrikulum is nie). • Die assesseringsproses behoort ‘n ryker beeld te verskaf van waartoe leerders in staat is as dit wat deur die eksterne eksamen verkry word, deur meer voorbeelde oor ‘n langer tydperk te doen en deur nader aan toestande in die werklike lewe met minder stres te beweeg (d.w.s. die SGA-komponent is nie ‘n eenmalige aktiwiteit wat onder pseudo-eksamentoestande deur onbekende assesseerders gedoen word nie). • Die formatiewe/summatiewe onderskeid bestaan wel in SGA, maar is baie minder rigied en onbuigsaam as in ‘n toetskultuur, d.w.s. leerders behoort konstruktiewe terugvoer te kry sowel as die geleentheid om vrae oor spesifieke aspekte van hulle vordering te stel na elke beplande SGA- assesseringsaktiwiteit. • Indien die SGA-proses effektief moet wees, moet dit hoogs gekontekstualiseer, dialogies van aard en sensitief vir leerders se behoeftes wees, d.w.s. die SGA-komponent is nie en kan nie beskou word as identies aan ‘n eksterne eksamen waarin toetse, take en taaktoestande volledig gestandaardiseer en alle kontekstuele veranderlikes beheer word nie. Enige poging om dit te doen, sou beteken dat die rasionaal vir SGA weerspreek word; dus moet skole en onderwysers ‘n sekere mate van vertroue en outonomie geniet in die ontwerp, implementering en spesifieke tydsplasing van die assesseringstake. Onderwysers moet seker maak dat leerders die assesseringskriteria asook die relevansie daarvan vir self- en portuurassessering verstaan. Onderwysers behoort ook eers hierdie kriteria vir informele assesserings- en onderrigdoeleindes te gebruik voordat hulle enige formele assessering uitvoer sodat hulle vertroud kan wees met die kriteria en die assesseringsproses. Die projek verskaf voorbeeldtake wat daarop gerig is om: • Die verlangde kognitiewe eise te reflekteer soos in Bloom se hersiene taksonomie vervat: onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep. • Vrae en onderafdelings van vrae te bevat wat toepaslike vlakke van uitdaging bied: maklik, gemiddeld en moeilik. Assesseringstake soos beskryf deur die NKV en KABV (Fisiese Wetenskappe) Die finale punt in graad 12 word bereken uit die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen (NSS) wat leerders skryf (uit 300 punte) plus die skoolgebaseerde assessering (uit 100 punte). Fisiese Wetenskappe ondersoek fisiese en chemiese verskynsels. Dit word gedoen deur middel van wetenskaplike ondersoek en die toepassing van wetenskaplike modelle, teorieë en wette om gebeure in die fisiese omgewing te verklaar en te voorspel. Praktiese werk in Fisiese Wetenskappe moet met die teorie geïntegreer word om die konsepte te versterk wat geleer word. Dit kan die vorm van eenvoudige praktiese demonstrasies aanneem of selfs ‘n eksperiment of praktiese ondersoek. Verskillende praktiese aktiwiteite word in Deel 3 (Fisiese Wetenskappe-inhoud) van die KABV-dokument uiteengesit. Sommige van hierdie praktiese aktiwiteite word as deel van formele assessering gedoen, terwyl ander as deel van informele assessering uitgevoer kan word. FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com DEFINISIES Informele assesseringstake is huiswerk, klaswerk, praktiese ondersoeke, eksperimente en informele toetse. Formele assesseringstake is kontroletoetse, eksamens, eksperimente en projekte. Praktiese aktiwiteite verwys na praktiese demonstrasies, eksperimente of projekte wat gebruik word om die begrippe wat geleer word, te versterk. Eksperimente verwys na ‘n stel instruksies wat omskryf is vir leerders om te volg om sodoende resultate te verkry wat bewese teorieë verifieer. Praktiese ondersoeke vereis van leerders om die wetenskaplike proses te volg. Vanaf 2014 sal DRIE voorgeskrewe eksperimente per jaar uitgevoer word as deel van die formele assesseringstake: • Een Chemie-prakties in die eerste kwartaal • ‘n Fisika- of ‘n Chemie-prakties in die tweede kwartaal • ‘n Fisika-prakties in die derde kwartaal Daar is dus DRIE praktiese aktiwiteite vir formele assessering in graad 12. (Verwys na 3 Assesseringstake bl. 16 soos in die KABV omskryf.) NOTA AAN ONDERWYSERS Hierdie take is geskik vir informele assessering vir 2013 se graad 12-leerders (NKV), en as formele assessering vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV). FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 5 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 3. ASSESSERINGSTAKE VIR GRAAD 12 PRAKTIESE WERK Die tabel hieronder toon die voorgeskrewe formele assesseringsaktiwiteite vir praktiese werk en die gewigswaarde van die jaarlikse SGA. KWARTAAL VOORGESKREWE PRAKTIESE AKTIWITEITE GEWIGS- VIR FORMELE ASSESSERING WAARDE 1 EKSPERIMENT (CHEMIE) 15% van Die bereiding van esters en identifisering deur reuk jaarlikse SGA 2 EKSPERIMENT (CHEMIE) 20% van Hoe gebruik jy die titrasie van oksaalsuur teen natriumhidroksied om die jaarlikse SGA konsentrasie van die natriumhidroksied te bepaal? OF EKSPERIMENT (FISIKA) Die behoud van lineêre momentum 3 EKSPERIMENT (FISIKA) 15% van Deel 1 jaarlikse SGA Bepaal die interne weerstand van ‘n battery. Deel 2 Stel ‘n serie-parallelnetwerk met ‘n bekende weerstand op. Bepaal die ekwivalente weerstand met behulp van ‘n ammeter en ‘n volt- meter en vergelyk dit met die teoretiese waarde. LET WEL: VERWYS NA DIE ASSESSERINGSPROGRAM VIR GRAAD 12 IN DIE KABV-DOKUMENT. 4. GEHALTEVERSEKERINGSPROSES (VAKSPESIFIEK) ‘n Span kundiges bestaande uit onderwysers en vakadviseurs uit verskillende provinsies is deur die DBO aangewys om die assesseringstake te ontwikkel en op te stel. Hierdie paneel kundiges het ‘n tydperk van vier dae by die DBO deurgebring om die take te ontwikkel aan die hand van die riglyne en beleidsverklarings. Die moderering en gehalteversekering van take is deur nasionale en provinsiale eksaminatore en moderatore onderneem. Die assesseringstake is verder afgerond deur die nasionale interne moderatore om te verseker dat dit in ooreenstemming met die KABV-dokument is. Die doel van hierdie dokument is om beide onderwysers en leerders te voorsien van ‘n stel gestandaardiseerde skoolgebaseerde assesseringstake (SGA-take). Dit bevat nuttige inligting en riglyne in die vorm van voorbeeld. FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 5. VOORBEELDE VAN PRAKTIESE WERK AS FORMELE ASSESSERINGSTAKE KWARTAAL 1: PRAKTIESE WERK KENNISAREA: MATERIE EN MATERIALE 5.1 DIE BEREIDING VAN ESTERS EN IDENTIFISERING DEUR MIDDEL VAN REUK INLEIDING Esters ‘n het sterk vrugtereuk. Esters kom van nature in vrugte voor. Esters kan sinteties berei word deur die reaksie tussen ‘n karboksielsuur en ‘n alkohol. Hierdie reaksie staan as estervorming of verestering bekend. Die reaksie kan deur gekonsentreerde swawelsuur gekataliseer word. DOEL Berei verskillende esters deur verskillende karboksielsure en alkohole te gebruik. Identifiseer die esters wat gevorm word aan hulle reuk. ApparaAt • Veiligheidsbril • Proefbuise • Druppipette • 250 ml-beker • Proefbuisrakkie • Bunsenbrander • Hittebestande matjie/teël • Driepoot • Metaalgaas • Retortstaander • Chemikalieë: metanol, etanol, propanol, etanoësuur, salisielsuur, swawelsuur en 0,5 mol.dm-3 natriumkarbonaat FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 7 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com MetodE 1. Plaas 1 druppel gekonsentreerde swawelsuur in ‘n proefbuis. 2. Voeg 10 druppels etanoësuur by dieselfde proefbuis. 3. Voeg 10 druppels etanol by die mengsel. 1 DRUPPEL GEKONSENTREERDE SWAWELSUUR + 10 DRUPPELS ETANOËSUUR + 10 DRUPPELS ETANOL BEREI ‘N WATERBAD 1. Gooi ongeveer 100 cm3 water in die 250 cm3-beker. 2. Laat die proefbuis versigtig in die beker sak sodat dit regop staan. 3. Verhit die beker geleidelik op ‘n driepoot en metaalgaas tot die water begin kook. Stop dan die verhitting. 4. Laat dit vir 1 minuut in die warm water staan. Indien die mengsel in die proefbuis kook, gebruik ‘n tang om dit uit die water te haal totdat dit ophou kook, en sit dit dan terug in die warm water. 5. Haal die proefbuis na 1 minuut versigtig uit en laat dit afkoel. FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com REAKSIEMENGSEL BEKER WATER METAALGAAS DRIEPOOT BUNSENBRANDER 6. As dit afgekoel het, gooi die mengsel in ‘n proefbuis halfvol met 0,5 mol.dm-3- natriumkarbonaatoplossing. Dit sal ‘n bietjie bruis. Meng goed. ‘n Esterlaag sal afgeskei word en bo-op die waterlaag dryf. 7. Ruik die produk deur die reuk liggies met jou hand na jou neus toe te waai. WAARSKUWING! MOENIE DIE OPENING VAN DIE PROEFBUIS ONDER JOU NEUS HOU NIE! Met hierdie tegniek gebruik jy jou hand om die lug oor die opening van ’n houer in die rigting van jou neus te waai. Lug wat met die stof gemeng is, word in jou neus ingetrek sodat die reuk van die oorspronklike middel verdun word. 8. Herhaal stap 1 tot 10, maar gebruik METANOL en PROPANOL as die alkohol. 9. Herhaal stap 1 tot 10, maar gebruik SALISIELSUUR en METANOL. ResultATE EN DIE VERTOLKING VAN RESULTATE Voltooi die tabelle hieronder. Kies EEN van die volgende om die ester wat gevorm is, aan sy reuk te identifiseer: • Verf • Peer • Pynappel • Aarbei • Roomys • Naellakverwyderaar • Wintergroen FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 9 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com EKSPERIMENT 1: ETANOL + ETANOËSUUR REUK VERGELYKING IN WOORDE STRUKTUUR- FORMULE CHEMIESE VERGELYKING GEBALANSEERDE CHEMIESE VERGELYKING (16) EKSPERIMENT 2: METANOL + ETANOËSUUR REUK VERGELYKING IN WOORDE STRUKTUUR- FORMULE CHEMIESE VERGELYKING GEBALANSEERDE CHEMIESE VERGELYKING (16) FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 10 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com EKSPERIMENT 3: PROPANOL + ETANOËSUUR REUK VERGELYKING IN WOORDE STRUKTUUR- FORMULE CHEMIESE VERGELYKING GEBALANSEERDE CHEMIESE VERGELYKING (16) EKSPERIMENT 4: METANOL + SALISIELSUUR REUK (2) BESPREKING VAN RESULTATE 1. Watter eienskap van swawelsuur maak dit ‘n geskikte katalisator vir die bereiding van esters? _________________________________________________________________ (2) 2. Waarom verhit ons die proefbuis in ‘n waterbad en nie direk oor ‘n vlam nie? __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) 3. Met verwysing na die kenmerkende reuke van esters, noem TWEE voorbeelde waar esters in verskillende industrieë gebruik word. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (4) 11 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 4. Waarom het esters met ‘n hoër molekulêre gewig nie sterk reuke nie? __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) TOTAAL: 60 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 12 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com KWARTAAL 2 PRAKTIESE WERK KENNISAREA: MEGANIKA 5.2 DIE BEHOUD VAN LINEÊRE MOMENTUM INLEIDING Momentum is massa in beweging. Die hoeveelheid momentum van ‘n voorwerp word deur twee veranderlikes bepaal, naamlik massa en snelheid. Lineêre momentum (momentum in ‘n reguit lyn) kan gedefinieer word as die produk van massa en snelheid. Die verifiëring van die behoud van momentum kan eksperimenteel bepaal word tydens ‘n ontploffing en ‘n botsing. DOEL Om die behoud van lineêre momentum tydens ‘n ontploffing te verifieer. ApparaAT • Trolliebaan • Trollies • Meterstok • Buffers (planke of stene) METODE 1. Plaas twee trollies teen mekaar op ‘n gladde, horisontale vloer. ‘n Saamgeperste veer is aan een van die trollies vasgesit. 2. Plaas ‘n derde trollie bo-op een van die ander twee trollies in Stap 1. Hierdie twee trollies verteenwoordig nou ‘n massa van 2 m, terwyl die enkele trollie ‘n massa van m voorstel. 3. Plaas twee stewige houtplanke weerskante van die opstelling (nie verder as 1–1,5 m van die opstelling af nie), soos in die diagram hieronder getoon. 4. Ontspan die veer van die een trollie sodat die twee stelsels van mekaar af weg beweeg. Luister na die botsings teen die planke. Die trolliestelsels tref die planke op verskillende tye, omdat die een trolliestelsel stadiger as die ander een beweeg (verskillende snelhede). 5. Deur middel van ‘probeer en tref’, vind ‘n posisie vanwaar die trolliestelsels beweeg sodat albei trollies die planke aan weerskante op dieselfde oomblik sal tref. Slegs ‘n enkele botsing moet gehoor word. 6. Meet die afstande ∆x1 en ∆x2 wat elke trollie van die beginpunt tot by die plank beweeg. Hierdie afstande stel die snelhede van die twee trolliestelsels onderskeidelik voor. 7. Herhaal die bostaande prosedure om nog twee stelle waardes te verkry. 13 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com RESULTaTE Voltooi die volgende tabel. Trolliestelsel 1 Trolliestelsel 2 Totale Massa [Snelheid v1] Massa [Snelheid v2] momentum Momentum Momentum na ontploffing (Trollie- Afstand (trollie- Afstand (‘eenheid’) (‘eenheid’) (‘eenheid’) eenheid) ∆x1 (cm) eenheid) ∆x2 (cm) (10) VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE 1. Formuleer ‘n ondersoekende vraag vir hierdie praktiese aktiwiteit. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (3) 2. Skryf die wet van die behoud van momentum neer. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) 3. Verduidelik waarom daar aanvaar kan word dat die afstande wat deur die trollies afgelê word, as ‘n meting van hulle snelhede beskou kan word. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) 4. Gee ‘n rede waarom hierdie eksperiment meer as een keer uitgevoer moet word. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) GEVOLGTREKKING 5. Maak ‘n gevolgtrekking uit die resultate wat jy verkry het. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (3) FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 14 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com EVALUERING 6. Watter aanbevelings kan jy maak om die resultate van jou eksperiment te verbeter? __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (4) TOEPASSING 7. ‘n Seun met massa 50 kg en ‘n meisie met massa 40 kg staan elkeen op ‘n skaatsplank. Hulle druk hulle hande teen mekaar en stoot mekaar weg soos in die skets getoon word. Die meisie beweeg na regs teen 1 m.s-1. 7.1 Wat is die totale momentum van die seun en die meisie voordat hulle van mekaar af weg beweeg? ____________________________________________________________ (2) 7.2 Bepaal die snelheid van die seun direk nadat hulle van mekaar af weg beweeg het. ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ ____________________________________________________________ (5) 15 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com ALTERNATIEWE METODE – LINEÊRE LUGBAAN METODE ‘n Botsing kan in plaas van ‘n ontploffing gebruik word om die behoud van momentum te ondersoek. Die diagram hieronder illustreer die botsing van trollies op ‘n lugbaan. Trollie A met massa 2 kg en snelheid 1,5 m.s-1 na regs bots met ‘n stilstaande trollie B met massa 1,5 kg. Na die botsing beweeg trollie A teen 0,75 m.s-1 na links en trollie B beweeg teen 3 m.s-1 na regs. VERTOLKING VAN DIE RESULTATE 8.1 In die verifiëring van die behoud van momentum, waarom is dit beter om ‘n lugbaan in plaas van ‘n trolliestelsel te gebruik? __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (2) 8.2 Bewys deur middel van ‘n berekening dat die momentum tydens hierdie botsing behou is. __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ __________________________________________________________________ (5) TOTAAL: 40 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 16 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com KWARTAAL 3: PRAKTIESE WERK KENNISAREA: ELEKTRISITEIT EN MAGNETISME 5.3 BEPAAL DIE INTERNE WEERSTAND EN DIE EKWIVALENTE WEERSTAND VAN ‘N SERIE- PARALLELNETWERK INLEIDING Die term ‘verlore spanning’ verwys na die verskil tussen die emk en die terminaalspanning. Die spanning is egter nie ‘verlore’ nie. Dit is die spanning oor die interne weerstand van die battery, maar is ‘verlore’ vir gebruik in die eksterne stroombaan. Die interne weerstand van die battery kan soos net nog ‘n resistor in serie in die stroombaan hanteer word. Die som van die spannings oor die eksterne stroombaan plus die spanning oor die interne weerstand is gelyk aan die emk: ε = Vspanning + Vinterne weerstand of ε = IRekstern + Ir HERRANGSKIK OM DIE VOLGENDE TE KRY: v = -rI + ε in die vorm y = mx + c waar m = -r DEEL 1 Bepaal die interne weerstand van ‘n battery. dOEL Om die interne weerstand van ‘n battery te bepaal APPARAAT • Voltmeter (of multimeter) • Ammeter (of multimeter) • Koolstof-sinkbattery van enige grootte (kies die spanning in verhouding tot die waardes van die resistors) • Batteryhouer • Reostaat • Verbindingsdrade • Skakelaar 17 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com METODE Stel die apparaat op soos in die diagram hieronder getoon en bepaal die ammeter- en voltmeterlesings vir VYF verskillende stellings van die reostaat. VOORSORGMAATREËL: Moenie die skakelaar te lank aan los nie. Dit sal die battery laat verhit en veroorsaak dat dit afloop. RESULTATE 1. Tabuleer die lesings van die terminaalspanning (volt) en die elektriese stroom (ampère) wat uit die eksperiment verkry is. (10) VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE 2. Identifiseer die: 2.1 2.1 Onafhanklike veranderlike 2.2 2.2 Afhanklike veranderlike 2.3 2.3 Beheerde veranderlike (3 x 2) (6) 3. Waarom sluit ons ‘n reostaat by die stroombaan in? (2) 4. Teken ‘n grafiek van die voltmeterlesings teenoor die ammeterlesings. (8) 5. Is die gradiënt van die grafiek positief of negatief? Verduidelik. (3) 6. Gebruik die grafiek om die interne weerstand van die battery te bepaal. (4) 7. Watter punt op jou grafiek stel die emk van die battery voor? Verduidelik. (4) GEVOLGTREKKING 8. Maak ‘n gevolgtrekking uit die resultate wat verkry is. (2) FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 18 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com DEEL 2 Stel ‘n serie-parallelnetwerk met bekende resistors op. Bepaal die ekwivalente weerstand met behulp van ‘n ammeter en ‘n voltmeter en vergelyk dit met die teoretiese waarde. DOEL Om die ekwivalente weerstand van ‘n serie-parallelnetwerk te bepaal en dit met die berekende teoretiese waarde te vergelyk ApparaAt • Drie vaste resistors waarvan die waardes bekend is (waardes moet nie te hoog wees nie) • Voltmeter (of multimeter) • Ammeter (of multimeter) • Battery (kies die spanning in verhouding tot die waardes van die resistors) • Batteryhouer • Verbindingsdrade • Skakelaar METODE Stel die stroombaan op soos in die diagram hieronder getoon. Teken die lesings op die voltmeter en ammeter aan. VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE 1. Gebruik die lesings wat jy in jou eksperiment verkry het en bepaal die ekwivalente weerstand van die stroombaan. (4) 2. Deur die waardes van R1, R2 en R3 te gebruik, bereken die teoretiese waarde van die ekwivalente weerstand. (5) GEVOLGTREKKING 3. Vergelyk die waardes wat in 1 en 2 hierbo verkry is en kom tot ‘n gepaste gevolgtrekking. (2) TOTAAL: 50 19 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 6. MEMORANDUM 6.1 DIE VOORBEREIDING VAN ESTERS EN IDENTIFISERING DEUR REUK RESULTATE EN VERTOLKING VAN RESULTATE EKSPERIMENT 1: ETANOL + ETANOËSUUR naellak of REUK (peer) VERGELYKING IN etanol+ etanoësuur WOORDE etiel-etanoaat + water STRUKTUUR- FORMULE CHEMIESE VERGELYKING     C2H5OH+ CH3COOH  CH3COOC2H5 + H2O GEBALAN-SEERDE  reaktanse CHEMIESE  produkte VERGELYKING  balansering (16) EKSPERIMENT 2: METANOL + ETANOËSUUR REUK verf  VERGELYKING IN metanol + etanoësuur  WOORDE  metieletanoaat + water  STRUKTUUR- FORMULE CHEMIESE VERGELYKING     CH3OH + CH3COOH  CH3COOCH3 + H2O GEBAL- AN-SEERDE CHE-  reaktanse MIESE  produkte VERGELYKING  balansering (16) FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 20 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com EKSPERIMENT 3: PROPANOL + ETANOËSUUR REUK peer VERGELYKING IN propanol + etanoësuur   WOORDE propieletanoaat + water STRUKTUUR- FORMULE CHEMIESE VERGELYKING     C3H7OH + CH3COOH  CH3COOC3H7 + H2O GEBAL- AN-SEERDE CHE-  reaktanse MIESE  produkte VERGELYKING  balansering (16) EKSPERIMENT 4: METANOL + SALISIELSUUR REUK wintergroen  (2) BESPREKING VAN BESPREKING RESULTATE VAN RESULTATE 1. Dehidreringseienskap  (2) 2. Baie organiese verbindings is vlambaar en moet nie naby 'n oop vlam gelaat word nie.  (2) 3. • Voedselbedryf: geur van voedsel/lekkers/ook margarien en preserveermiddels • Kosmetiese bedryf: parfuum en velrome • Alkoholbedryf: reuk/rum • Medisynebedryf: smaak van medisyne vir kinders bedoel (maks 2 x 2) (4) 4. Sterker intermolekulêre krag, hoër kookpunt, laer dampdruk  (2) TOTAAL: 60 21 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
MEMORANDUM Downloaded from hlayiso.com 6.2 BEHOUD VAN LINEÊRE MOMENTUM RESULTATE Trolliestelsel 1 Trolliestelsel 2 Totale momentum na Massa [Snelheid v1] Momentum Massa [Snelheid v2] Momentum ontploffing (Trollie- Afstand ('eenheid') (trollie- Afstand ('eenheid') ('eenheid') eenheid) ∆x1 (cm) eenheid) ∆x2 (cm) 1 125 125 2 62 - 124 +1 1 123 123 2 61 - 121 +1 2 61 122 2 61 - 122 0        (10) VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE 1. Sal die totale lineêre momentum voor en na die ontploffing konstant bly?  (2) 2. Die totale lineêre momentum in 'n geslote sisteem bly konstant ten opsigte van grootte en rigting.  (2) 3. Die afstand wat elke trollie aflê, kan bereken word met die formule ∆x = v∆t. Die tye wat dit die trollies neem om hulle onderskeie afstande af te lê, is dieselfde  (hulle tref die planke op dieselfde tydstip); derhalwe kan die afstande 'n meting van die snelhede wees.  (3) 4. Om die geldigheid van die resultate te verseker  (2) GEVOLGTREKKING 5. Die totale momentum voor die ontploffing is gelyk aan/is nie gelyk aan die totale momentum na die ontploffing (nie). (na gelang van die leerder se resultate)  (3) EVALUERING 6. • Maak die seker dat die massas van die trollies identies is. • Maak seker dat die trollies in rus verkeer voordat jy die tyd begin neem. • Probeer om wrywing te verminder (deur die baan te poleer of die trollies se wiele te olie) • Moenie die afstande wat gemeet word, afrond nie. ( +  ENIGE TWEE) (4) FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 22 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com TOEPASSING TOEPASSING -1 7.1 0 kg.m.s (2) 7.2 Neem regs as (+) p(voor ontploffing) = p(na ontploffing)  ∴ m1vi1 + m2vi2 = m1vf1 + m2vf2 ∴ 0 = (50) vi1 + (40)(1)  ∴ vi1 = –0,8 m∙s–1 ∴ vi1 = 0,8 m.s-1 in die teenoorgestelde rigting as die meisie  (5) ALTERNATIEWE METODE – LUGBAAN 8.1 Die lugbaan het minder wrywing.  (2) 8.2 ∑paanvanklik = mAvAi + mBvBi = (2)(1,5) + 0 -1 = 3 kg.m.s ∑peind = mAvAf + mBvBf = (2)(-0,75) + (1,5)(3)  -1 = 3 kg.m.s  ∴Momentum voor die botsing is gelyk aan die momentum na die botsing.  (5) TOTAAL: 40 23 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com 6.3 ELEKTRISITEIT EN MAGNETISME DEEL 1: BEPAAL DIE INTERNE WEERSTAND VAN 'N BATTERY. RESULTATE 1. Tabel vir resultate tydens die eksperiment behaal TERMINAALSPANNING ELEKTRIESE STROOM (VOLT) (AMPÈRE) 1 2 3 4 5 KRITERIA VIR DIE NASIEN VAN DIE TABEL Geskikte aantal kolomme en rye soos aangetoon deur die veranderlikes  Geskikte opskrifte vir die kolomme  Korrekte eenhede vir items/hoeveelhede in kolomme aangeteken  Korrekte stelle waardes van hoeveelhede wat ondersoek is (10) VERTOLKING EN BESPREKING VAN RESULTATE 2. Veranderlikes 2.1 Onafhanklik: Terminaalspanning  2.2 Afhanklik: Elektriese stroom  2.3 Beheerd: Temperatuur  (6) 3. Deur die weerstand te verander, sal die stroomvloei verander, asook die spanning.  (2) FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 24 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Fisiese Wetenskappe Downloaded 1 from hlayiso.com DBE/2014 SGA-onderwysergids 4. Grafiek EMK, E GRADIËNT Spanning teenoor stroom KRITERIA VIR DIE NASIEN VAN DIE GRAFIEK • Opskrif van die grafiek  • Aanvaarbare skaal op die twee asse  • Korrekte benoeming van die y-as  • Korrekte eenheid vir benoeming van die y-as  • Korrekte benoeming van die x-as  • Korrekte eenheid vir benoeming van die x-as  • Korrekte stip van punte op grond van die data aangeteken  • Beste paslyn  (8) 5. Negatief Daar is 'n afname  in die terminaalspanning wanneer die elektriese stroom toeneem.  (3) 6. Gradiënt = ∆V Formule  ∆I = ................. Vervanging  = ________ Antwoord  (4) 7. Die y-afsnit op die y-as  Wanneer die stroom nul is,  is die terminaalspanning gelyk aan die emk,  omdat daar geen interne weerstand is nie.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 25 FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Fisiese Wetenskappe Downloaded from 1 hlayiso.com SGA-onderwysergids DBE/2014 GEVOLGTREKKING 8. Hoe sterker die stroom hoe groter die afname in die terminaalspanning;  dus hoe hoër die interne weerstand van die battery.  OF Die interne weerstand kan verkry word van die gradiënt van 'n spanning-teenoor- stroomgrafiek. (2) DEEL 2: BEPAAL DIE EKWIVALENTE WEERSTAND VAN 'N SERIE-PARALLEL-NETWERK. VERTOLKING EN BESPREKING VAN DIE RESULTATE 1. R = V/I Formule  = ………………. Vervanging  = ___________ Antwoord  (4) 2. 1 /R// = 1/R2 + 1/R3 Formule  = .......................... Vervanging  R// = ___________ RT = R1 + R// Formule =……… + ………. Vervanging  = ________ Antwoord  (5) GEVOLGTREKKING 3. Daar is 'n verskil in die waardes van vraag 1 en vraag 2 as gevolg van die interne weerstand van die battery.  OF Die teoretiese waarde sal altyd van die berekende waardes verskil. Die teoretiese waarde neem nie interne en eksterne faktore in ag nie. (2) TOTAAL: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief FISIESE WETENSKAPPE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 26 KABV CAPS GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Physical Sciences.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Physical Sciences

View all