Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
2019
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 4 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)


View all





Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 QP (Afr)
Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 741.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2019
Questions in this paper
- Question 1Organic Compounds and Macromolecules20 marks
- Question 2Organic Compounds and Macromolecules17 marks
- Question 3Organic Compounds and Macromolecules12 marks
- Question 4Organic Compounds and Macromolecules12 marks
- Question 5Rate and Extent of Reactions18 marks
- Question 6Chemical Equilibrium17 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 2 DBE/2019
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou eksamennommer en sentrumnommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.
1.1 Watter EEN van die volgende is 'n SEKONDÊRE alkohol?
A Etanol
B Butan-1-ol
C Butan-2-ol
D 2-metielbutan-1-ol (2)
1.2 Watter EEN van die volgende sal broomwater VINNIG ontkleur?
A CH3CHCH2
B CH3CH2CH3
C CH3COOCH3
D CH3CH2COOH (2)
1.3 'n FUNKSIONELE ISOMEER van etielpropanoaat is …
A C4H9CHO.
B C5H11OH.
C C4H9COOH.
D CH3(CH2)3CHO. (2)
1.4 Beskou die gebalanseerde vergelyking vir 'n chemiese reaksie hieronder.
2NO(g) + O2(g) 2NO2(g)
Die aktiveringsenergie vir die voorwaartse en terugwaartse reaksies is
onderskeidelik 156 kJ·mol-1 en 175 kJ·mol-1.
Die reaksiewarmte, in kJ·mol-1, vir hierdie reaksie is ...
A –19.
B +19.
C +331.
D –331. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/2019
SS/NSS
1.5 Die reaksie hieronder bereik ewewig in 'n geslote houer. Die Kc-waarde is
0,04 by 'n sekere temperatuur.
2SO2(g) + O2(g) ⇌ 2SO3(g) H < 0
Watter EEN van die volgende faktore sal die Kc-waarde na 0,4 verander?
A Verhoging in druk
B Verlaging in druk
C Verhoging in temperatuur
D Verlaging in temperatuur (2)
1.6 Watter EEN van die volgende stellings beskryf 'n toestand van dinamiese
ewewig die beste?
A Die beperkende reagens is opgebruik.
B Die voorwaartse en terugwaartse reaksies het tot stilstand gekom.
C Die tempo's van die voorwaartse en terugwaartse reaksies is gelyk.
D Die konsentrasie van produkte is gelyk aan die konsentrasie van
reaktanse. (2)
1.7 Tydens 'n titrasie om die konsentrasie van 'n suur te bepaal deur 'n
standaardbasis te gebruik, pipetteer 'n leerder die basis in 'n koniese fles. Sy
gebruik dan 'n klein hoeveelheid water om die binnekant van die fles uit te
spoel sodat die hele basis deel van die oplossing in die fles is.
Hoe sal die ekstra water wat by die fles gevoeg is, die resultate van hierdie
titrasie beïnvloed?
Die konsentrasie van die suur ...
A kan nie bepaal word nie.
B sal laer as verwag wees.
C sal hoër as verwag wees.
D sal dieselfde as verwag wees. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 5 DBE/2019
SS/NSS
1.8 Die standaard-reduksiepotensiale vir twee stowwe wat gebruik word om 'n
galvaniese sel op te stel, is soos volg:
Sn2+ + 2e– ⇌ Sn Eθ = – 0,14 V
Cu2+ + 2e– ⇌ Cu Eθ = 0,34 V
Watter EEN van die volgende kombinasies gee die stowwe wat by elke
elektrode gevorm word terwyl die sel in werking is?
Katode Anode
A Cu2+ Sn
B Sn Cu2+
C Sn2+ Cu
D Cu Sn2+ (2)
1.9 Watter EEN van die volgende halfreaksies vind plaas by die POSITIEWE
ELEKTRODE van 'n elektrochemiese sel, wat gebruik word om 'n ysterstaaf
met silwer te plateer?
A Ag+ + e– Ag
B Fe2+ + 2e– Fe
C Ag Ag+ + e–
D Fe Fe2+ + 2e– (2)
1.10 Watter EEN van die volgende elemente is 'n primêre voedingstof?
A Kalium
B Swawel
C Suurstof
D Koolstof (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 6 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die letters A tot F in die tabel hieronder verteenwoordig ses organiese verbindings.
H H O H
CH3 CH3
A B H C C C C H
CH2 CH2
H H H
C CH3CCCH2CH3 D Butielpropanoaat
H Br Br H H H
H C C C C C C H
H H H H
H C C C C H H H H H H
E F
H C H
H H H O
H C H
H
H
2.1 Is verbinding C VERSADIG of ONVERSADIG? Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
2.2 Skryf die LETTER neer wat elk van die volgende verteenwoordig:
2.2.1 'n Ester (1)
2.2.2 'n FUNKSIONELE ISOMEER van butanaal (1)
2.2.3 'n Verbinding met die algemene formule CnH2n-2 (1)
2.2.4 'n Verbinding wat as reaktans in die bereiding van verbinding D
gebruik word (1)
2.3 Skryf die STRUKTUURFORMULE neer van:
2.3.1 Die funksionele groep van verbinding C (1)
2.3.2 Verbinding D (2)
2.3.3 'n KETTINGISOMEER van verbinding A (2)
2.4 Skryf neer die:
2.4.1 IUPAC-naam van verbinding F (3)
2.4.2 Gebalanseerde vergelyking, deur MOLEKULÊRE FORMULES te
gebruik, vir die volledige verbranding van verbinding A (3)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 7 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Drie verbindings word gebruik om een van die faktore wat kookpunt beïnvloed, te
ondersoek. Die resultate wat verkry is, word in die tabel hieronder getoon.
MOLEKULÊRE MASSA KOOKPUNT
VERBINDING
(g∙mol-1) (°C)
A Butaan 58 – 0,5
B Propan-1-ol 60 98
C Etanoësuur 60 118
3.1 In een ondersoek word die kookpunte van verbinding B en verbinding C
vergelyk.
3.1.1 Is dit 'n regverdige ondersoek? Skryf JA of NEE neer. Verwys na die
data in die tabel en gee 'n rede vir die antwoord. (2)
3.1.2 Skryf die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek neer. (1)
3.2 Watter EEN van die verbindings (A, B of C) het die hoogste dampdruk?
Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
3.3 Verwys na die intermolekulêre kragte teenwoordig in elke verbinding en
verduidelik VOLLEDIG die neiging in kookpunte, soos getoon in die tabel
hierbo. (5)
3.4 Watter verbinding, BUTAN-1-OL of PROPAN-1-OL, het die hoogste
kookpunt? Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 8 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
4.1 Die gebalanseerde vergelyking vir 'n polimerisasiereaksie word hieronder
getoon.
H H
H H
n C C C C
H H
H H n
Skryf neer die:
4.1.1 Tipe polimerisasiereaksie wat deur die vergelyking voorgestel word (1)
4.1.2 IUPAC-naam van die monomeer (1)
4.1.3 IUPAC-naam van die polimeer (1)
4.2 Propan-1-ol ondergaan twee verskillende reaksies, soos in die diagram
hieronder getoon.
Propan-1-ol Reaksie 1 Verbinding Y
HCℓ
Reaksie 2
gekons. H2SO4
Reaksie 3 Verbinding Z
Verbinding X
H2O/gekons. H2SO4 (hoofproduk)
Skryf neer die:
4.2.1 Tipe reaksie wat deur reaksie 2 voorgestel word (1)
4.2.2 Funksie van gekonsentreerde H2SO4 in reaksie 2 (1)
4.2.3 IUPAC-naam van verbinding X (2)
4.2.4 STRUKTUURFORMULE van verbinding Y (2)
4.2.5 Tipe reaksie wat deur reaksie 3 voorgestel word (1)
4.2.6 IUPAC-naam van verbinding Z (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 9 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Leerders gebruik die reaksie van 'n natriumtiosulfaatoplossing met verdunde soutsuur
om verskeie faktore, wat die tempo van 'n chemiese reaksie beïnvloed, te ondersoek.
Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:
Na2S2O3(aq) + 2HCℓ(aq) → 2NaCℓ(aq) + SO2(g) + S(s) + H2O(ℓ)
5.1 Definieer reaksietempo. (2)
Drie ondersoeke (I, II en III) word uitgevoer.
5.2 ONDERSOEK I
Die resultate wat in ONDERSOEK I verkry is, word in die grafiek hieronder
getoon.
GRAFIEK VAN REAKSIETEMPO TEENOOR
KONSENTRASIE VAN Na2S2O3(aq)
Reaksietempo (mol∙s-1)
Konsentrasie (mol∙dm-3)
Vir hierdie ondersoek, skryf neer die:
5.2.1 Afhanklike veranderlike (1)
5.2.2 Gevolgtrekking wat uit die resultate gemaak kan word (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 10 DBE/2019
SS/NSS
5.3 ONDERSOEK II
Die Maxwell-Boltzmann-verspreidingskurwes, A en B, hieronder verteen-
woordig die aantal deeltjies teenoor kinetiese energie vir die reaksie by twee
verskillende temperature.
SLEUTEL:
Deeltjies wat effektiewe
botsings ondergaan
A
Aantal deelltjies
B P
Kinetiese energie
5.3.1 Wat stel lyn P voor? (1)
5.3.2 Watter kurwe (A of B) is by die hoër temperatuur verkry? (1)
5.3.3 Verduidelik, in terme van die botsingsteorie, hoe 'n toename in
temperatuur die reaksietempo beïnvloed. (4)
5.4 ONDERSOEK III
Die potensiële-energiediagramme, X en Y, hieronder verteenwoordig die
reaksie onder twee verskillende toestande.
Potensiële energie (kJ)
X
Y
Reaksiekoördinaat
Gee 'n rede waarom kurwe Y van kurwe X verskil. (1)
5.5 In een van die ondersoeke reageer 100 cm3 van 0,2 mol·dm–3 HCℓ(aq) met
oormaat Na2S2O3(aq) en die oplossing word dan gefiltreer. Na filtrasie van
die oplossing word 0,18 g swawel verkry. Bereken die PERSENTASIE
OPBRENGS van swawel. (6)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 11 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die gebalanseerde vergelyking hieronder verteenwoordig die reaksie wat in die
Haberproses gebruik word om ammoniak te berei.
N2(g) + 3H2(g) ⇌ 2NH3(g) ∆H < 0
In die nywerheid word die produk verwyder so vinnig as wat dit vorm.
6.1 Skryf die betekenis neer van die dubbele pyl wat in die reaksie hierbo gebruik
word. (1)
6.2 Gee EEN rede waarom ammoniak uit die reaksiehouer verwyder word so
vinnig as wat dit vorm. (1)
Die grafiek hieronder toon die persentasie opbrengs van ammoniak by verskillende
temperature en druk.
GRAFIEK VAN PERSENTASIE OPBRENGS VAN AMMONIAK TEENOOR DRUK
350 °C
40
% opbrengs van ammoniak
30
450 °C
20
500 °C
10
0 100 200 300 400
Druk (atmosfeer)
6.3 Skryf die persentasie opbrengs neer van die ammoniak by 'n temperatuur van
450 °C en 'n druk van 200 atmosfeer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 12 DBE/2019
SS/NSS
6.4 Verwys na Le Chatelier se beginsel om ELK van die volgende afleidings wat
uit die grafiek gemaak is, te verduidelik:
6.4.1 Vir 'n gegewe druk is die opbrengs van ammoniak by 500 °C baie
laer as dié by 350 °C (3)
6.4.2 Vir 'n gegewe temperatuur is die opbrengs van ammoniak by
350 atmosfeer baie hoër as dié by 150 atmosfeer (2)
6.5 'n Tegnikus berei NH3(g) deur 6 mol H2(g) en 6 mol N2(g) te laat reageer.
6.5.1 Bereken die maksimum aantal mol NH3(g) wat in hierdie reaksie
verkry kan word. (2)
6.5.2 Die reaksie hierbo vind nou plaas in 'n 500 cm3-houer by
'n temperatuur van 350 °C en 'n druk van 150 atmosfeer. Die stelsel
word toegelaat om ewewig te bereik.
Gebruik die grafiek hierbo en bereken die ewewigskonstante, Kc, vir
hierdie reaksie onder hierdie toestande. (7)
[17]
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
7.1 Definieer 'n basis in terme van die Arrhenius-teorie. (2)
7.2 Verduidelik hoe 'n swak basis van 'n sterk basis verskil. (2)
7.3 Skryf die gebalanseerde vergelyking vir die hidrolise van NaHCO3 neer. (3)
7.4 'n Leerder wil element X in die waterstofkarbonaat, XHCO3, identifiseer.
Om dit te doen, los sy 0,4 g XHCO3 in 100 cm3 water op. Sy titreer dan al
hierdie oplossing met 'n 0,2 mol dm-3-soutsuuroplossing (HCℓ). Metieloranje
word as die indikator tydens die titrasie gebruik.
7.4.1 Bereken die pH van die soutsuuroplossing. (3)
7.4.2 Gee 'n rede waarom metieloranje 'n geskikte indikator in hierdie
titrasie is. (1)
By die eindpunt vind sy dat 20 cm3 van die suur AL die waterstofkarbonaat-
oplossing geneutraliseer het. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is:
XHCO3(aq) + HCℓ(aq) → XCℓ(aq) + CO2(g) + H2O(ℓ)
7.4.3 Identifiseer element X met behulp van 'n berekening. (6)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 13 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die elektrochemiese sel hieronder funksioneer onder standaardtoestande.
V
chloorgas Q
Cr(s)
platinum
1 mol·dm-3 Cℓ −(aq) Cr 3 (aq)
halfsel A halfsel B
8.1 Gee 'n rede waarom platinum as die elektrode in halfsel A gebruik word. (1)
8.2 Skryf neer die:
8.2.1 Energie-omskakeling wat in hierdie sel plaasvind (1)
8.2.2 Halfreaksie wat by die katode plaasvind (2)
8.2.3 Selnotasie vir hierdie sel (3)
8.3 Bereken die aanvanklike emk van hierdie sel. (4)
8.4 Silwerchloried is 'n onoplosbare sout.
Wat sal die invloed op die selpotensiaal wees indien 'n klein hoeveelheid
silwernitraatoplossing, AgNO3(aq), by halfsel A gevoeg word? Kies uit
VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE. (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 14 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die diagramme hieronder stel twee elektrochemiese selle voor.
P, Q, X en Y is koolstofelektrodes.
Sel A Sel B
GS-bron
P Q X Y
gekonsentreerde gekonsentreerde
NaCℓ(aq) CuCℓ2(aq)
Wanneer sel B in werking is, verhoog die massa van elektrode X.
9.1 Watter tipe elektrochemiese sel, GALVANIES of ELEKTROLITIES, word
hierbo voorgestel? (1)
9.2 Skryf die halfreaksie neer wat by elektrode Q plaasvind. (2)
9.3 Die produkte wat in die twee selle gevorm word, word vergelyk.
9.3.1 Noem EEN stof wat in BEIDE selle gevorm word. (1)
9.3.2 Skryf die LETTERS neer van die TWEE elektrodes waar hierdie
produk gevorm word. Kies uit P, Q, X en Y. (2)
9.4 Is elektrode X die KATODE of die ANODE? Gee 'n rede vir die antwoord. (2)
9.5 Skryf die netto (algehele) selreaksie neer wat in sel B plaasvind. (3)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 15 DBE/2019
SS/NSS
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1 Die vier stappe in die vervaardiging van 'n anorganiese kunsmis word
hieronder genoem. Hierdie stappe is NIE in die volgorde geskryf waarin dit
plaasvind NIE.
Stap I: Swawelsuur reageer met ammoniak om ammoniumsulfaat te vorm.
Stap II: Swaweldioksied reageer met suurstof om swaweltrioksied te vorm.
Stap III: Oleum word met water verdun om swawelsuur te vorm.
Stap IV: Swaweltrioksied word in gekonsentreerde swawelsuur geborrel om
oleum te berei.
Skryf neer die:
10.1.1 Korrekte volgorde waarin die stappe tydens die bereiding van die
anorganiese kunsmis plaasvind deur die nommers I tot IV te
gebruik. (1)
10.1.2 Gebalanseerde chemiese vergelyking vir stap I (3)
10.1.3 NAAM van die katalisator wat in stap II gebruik word (1)
10.1.4 Gebalanseerde chemiese vergelyking vir stap IV (3)
10.1.5 Rede waarom swaweltrioksied NIE in stap IV in water opgelos word
NIE (1)
10.2 Die diagram hieronder toon 'n sak NPK-kunsmis. Een van die getalle van die
NPK-verhouding op die sak is as X gemerk.
NPK
X-1-2 (20)
50 kg
Indien die massa kalium in die sak 3,33 kg is, bereken die waarde van X. (4)
[13]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 1 DBE/2019
SS/NSS
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Standard pressure
p 1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
Standaardtemperatuur T 273 K
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Avogadro's constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
m N
n n
M NA
n m V
c or/of c n
V MV Vm
c a v a na
pH = -log[H3O+]
c b v b nb
Kw = [H3O+][OH-] = 1 x 10-14 at/by 298 K
Eθcell Eθcathode Eθanode / Eθsel Ekatode
θ
Eθanode
or/of
Eθcell Ereduction
θ
Eθoxidation / Eθsel Ereduksie
θ
Eθoksidasie
or/of
Eθcell Eθoxidisingagent Ereducing
θ
agent / E sel Eoksideermiddel Ereduseermiddel
θ θ θ
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Fisiese Wetenskappe/V2
Downloaded from hlayiso.com 2 DBE/2019
SS/NSS
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS
TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
Atomic number
1 KEY/SLEUTEL Atoomgetal 2
2,1 H He
1 29 4
3 4 Electronegativity Symbol 5 6 7 8 9 10
1,0 1,5 1,9 Cu 2,0 2,5 3,0 3,5 4,0
Li Be Elektronegatiwiteit
63,5
Simbool B C N O F Ne
7 9 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
226
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 3 DBE/2019
SS/NSS
TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4A: STANDAARDREDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies E θ (V)
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
3+ 2+
Co +e ⇌ Co + 1,81
H2O2 + 2H +2e
+
⇌ 2H2O +1,77
+ 8H + 5e
2+
⇌
+
MnO 4 Mn + 4H2O + 1,51
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
2
Cr2O 7 + 14H + 6e
+ 3+
⇌ 2Cr + 7H2O + 1,33
+
O2(g) + 4H + 4e ⇌ 2H2O + 1,23
+ 2+
MnO2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H2O + 1,23
Pt + 2e
2+
⇌ Pt + 1,20
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
+
NO 3 + 4H + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
2+
Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
Ag + e
+
⇌
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
Ag + 0,80
+
NO 3 + 2H + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
+ e
3+ 2+
Fe ⇌ Fe + 0,77
O2(g) + 2H + 2e
+
⇌ H2O2 + 0,68
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
+
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
SO2 + 4H + 4e
+ + 0,45
⇌ S + 2H2O
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
2+
Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34
2
SO 4 + 4H + 2e ⇌
+
SO2(g) + 2H2O + 0,17
2+ +
Cu +e ⇌ Cu + 0,16
4+ 2+
Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15
S + 2H + 2e
+
⇌ H2S(g) + 0,14
+
2H + 2e ⇌ H2(g) 0,00
+ 3e 0,06
3+
Fe ⇌ Fe
+ 2e 0,13
2+
Pb ⇌ Pb
+ 2e 0,14
2+
Sn ⇌ Sn
+ 2e 0,27
2+
Ni ⇌ Ni
0,28
2+
Co + 2e ⇌ Co
+ 2e 0,40
2+
Cd ⇌ Cd
2+
0,41
3+
Cr +e ⇌ Cr
+ 2e 0,44
2+
Fe ⇌ Fe
0,74
3+
Cr + 3e ⇌ Cr
+ 2e 0,76
2+
Zn ⇌ Zn
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
+ 2e 0,91
2+
Cr ⇌ Cr
1,18
2+
Mn + 2e ⇌ Mn
+ 3e 1,66
3+
Aℓ ⇌ Aℓ
2,36
2+
Mg + 2e ⇌ Mg
Na + e 2,71
+
⇌ Na
+ 2e 2,87
2+
Ca ⇌ Ca
2,89
2+
Sr + 2e ⇌ Sr
+ 2e 2,90
2+
Ba ⇌ Ba
+ -
Cs + e ⇌ Cs - 2,92
K + e 2,93
+
⇌ K
Li + e 3,05
+
⇌ Li
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V2 4 DBE/2019
SS/NSS
TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS
TABEL 4B: STANDAARDREDUKSIEPOTENSIALE
Half-reactions/Halfreaksies E θ (V)
Li + e 3,05
+
⇌ Li
K + e 2,93
+
⇌ K
2,92
+
Cs + e ⇌ Cs
+ 2e 2,90
2+
Ba ⇌ Ba
2,89
2+
Sr + 2e ⇌ Sr
+ 2e 2,87
2+
Ca ⇌ Ca
Na + e 2,71
+
⇌ Na
2,36
2+
Mg + 2e ⇌ Mg
+ 3e 1,66
3+
Aℓ ⇌ Aℓ
1,18
2+
Mn + 2e ⇌ Mn
+ 2e 0,91
2+
Cr ⇌ Cr
Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë
2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH 0,83
+ 2e 0,76
2+
⇌
Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë
Zn Zn
0,74
3+
Cr + 3e ⇌ Cr
+ 2e 0,44
2+
Fe ⇌ Fe
2+
0,41
3+
Cr +e ⇌ Cr
+ 2e 0,40
2+
Cd ⇌ Cd
0,28
2+
Co + 2e ⇌ Co
+ 2e 0,27
2+
Ni ⇌ Ni
+ 2e 0,14
2+
Sn ⇌ Sn
0,13
2+
Pb + 2e ⇌ Pb
+ 3e 0,06
3+
Fe ⇌ Fe
+
2H + 2e ⇌ H2(g) 0,00
S + 2H + 2e
+
⇌ H2S(g) + 0,14
4+ 2+
Sn + 2e ⇌ Sn + 0,15
+ e
2+ +
Cu ⇌ Cu + 0,16
2
SO 4 + 4H + 2e
+
⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17
2+
Cu + 2e ⇌ Cu + 0,34
2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40
SO2 + 4H + 4e
+
⇌ S + 2H2O + 0,45
+
Cu + e ⇌ Cu + 0,52
I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54
O2(g) + 2H + 2e
+
⇌ H2O2 + 0,68
3+ 2+
Fe +e ⇌ Fe + 0,77
+
NO 3 + 2H + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80
+
Ag + e ⇌ Ag + 0,80
2+
Hg + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85
+ 4H + 3e
+
NO 3 ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96
Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07
+ 2 e
2+
Pt ⇌ Pt + 1,20
+ 2+
MnO2 + 4H + 2e ⇌ Mn + 2H2O + 1,23
O2(g) + 4H + 4e
+
⇌ 2H2O + 1,23
2
Cr2O 7 + 14H + 6e
3+
⇌
+
2Cr + 7H2O + 1,33
Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36
+ 2+
MnO 4 + 8H + 5e ⇌ Mn + 4H2O + 1,51
+
H2O2 + 2H +2 e ⇌ 2H2O +1,77
3+ 2+
Co +e ⇌ Co + 1,81
F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a/v1-96ff22312492e8f14af9/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Afr)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)

Question paper
Physical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2015 QP (Afr)
More from Grade 12 Physical Sciences

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2025 Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 12 Paper 1 Limpopo Mock 2025 Memo

Question paper