Skip to content

Physical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP

Question paperPhysical SciencesGrade 12202524 pages

Grade 12 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2025 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2025 FISIESE WETENSKAPPE: (CHEMIE) V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *JPHSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 2 gegewensblaaie. Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 3 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E. 1.1 Watter EEN van die volgende verbindings is ʼn alkeen? A C3H8 B C3H6 C C3H4 D C3H6O (2) 1.2 Watter EEN van die volgende is NIE korrek oor verbindings wat aan dieselfde homoloë reeks behoort NIE? A Soortgelyke chemiese eienskappe B Hulle het dieselfde algemene formule C Hulle het dieselfde funksionele groep D Soortgelyke fisiese eienskappe (2) 1.3 Watter EEN van die volgende kan ʼn TERSIÊRE ALKOHOL vorm? A CH3OH B C2H5OH C C3H7OH D C4H9OH (2) 1.4 Beskou die reaksie hieronder: CH3CH2CHBrCH3 + gekons. NaOH Organiese verbinding Q + NaBr + H2O (hoofproduk) Watter EEN van die volgende gee die tipe reaksie en die naam van organiese verbinding Q KORREK? TIPE REAKSIE ORGANIESE VERBINDING Q A Eliminasie But-1-een B Eliminasie But-2-een C Addisie But-1-een D Addisie But-2-een (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) 1.5 Beskou die vier organiese verbindings hieronder: butan-1-ol, propanoësuur, 2-metielpropanal en butanaal Die verhittingskurwes vir die vier organiese verbindings is verkry. P Q Temperatuur (°C) R S Tyd (min) Watter kurwe verteenwoordig die verhittingskurwe van butanaal? A Kurwe P B Kurwe Q C Kurwe R D Kurwe D (2) 1.6 Die Maxwell-Boltzmann-energieverspreidingskurwe P vir CO2-gas onder sekere toestande. Kurwe Q is verkry nadat ʼn verandering gemaak is. Aantal deeltjies Q P Kinetiese energie Watter EEN van die volgende verteenwoordig die verandering wat gemaak is om kurwe Q te verkry? A Toename in temperatuur B Addisie van ʼn katalisator C Toename in konsentrasie D Toename in die oppervlakte van CO2 (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 5 1.7 Beskou die volgende omkeerbare hipotetiese reaksie: AB (aq) ⇌ A (aq) + B (g) Die hitte van reaktanse (Hr) vir die voorwaartse reaksie is 25 kJ·mol-1 en aktiveringsenergieë (Ea) vir die voorwaartse reaksie en terugwaartse reaksie is 35 kJ·mol-1 en 45 kJ·mol-1 onderskeidelik. Die hitte van die produkte (Hp) vir die voorwaartse reaksie is … A 10 kJ·mol-1. B 15 kJ·mol-1. C 20 kJ·mol-1. D 35 kJ mol-1. (2) 1.8 Watter EEN van die volgende sure, met dieselfde konsentrasie, sal die hoogste geleidingsvermoë by ʼn gegewe temperatuur het? A H2CO3 B CH3COOH C HCℓ D H2SO4 (2) 1.9 Beskou die twee-stap ionisasie van fosforsuur: (I) H3PO4 (aq) + H2O (ℓ) ⇌ H2PO4– (aq) + H3O+ (aq) (II) H2PO4– (aq) + H2O (ℓ) ⇌ HPO42–(aq) + H3O+ (aq) Beskou die volgende stellings oor die twee-stap ionisasie van H3PO4. I H2PO4– tree as ʼn amfoliet op II HPO42– is die gekonjugeerde suur van H2PO4– III H2PO4– kan as ʼn diprotiese suur beskou word Watter EEN van die bogenoemde stelling(s) is WAAR? A Slegs I B Slegs I en II C Slegs I en III D Slegs II en III (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) 1.10 ʼn Spesifieke indikator in ʼn suur oplossing is kleurloos en pienk in ʼn alkaliese oplossing. Die algemene vergelyking vir die indikator is: HIn (aq) + H2O (ℓ) ⇌ In– (aq) + H3O+ (aq) Die indikator word by ʼn natriumhidroksied (NaOH) oplossing gevoeg. Watter EEN van die volgende kombinasies met betrekking tot die kleur van HIn en In– en die verskuiwing in die ewewigsposisie, is KORREK? HIn In– SKUIF IN EWEWIGSPOSISIE A Pienk Kleurloos Regs B Kleurloos Pienk Regs C Pienk Kleurloos Links D Kleurloos Pienk Links (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 7 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Die tabel hieronder toon organiese molekules (A tot E) uit verskillende homoloë reekse. A 2-metielpentan-3-oon B O CH3CH CH C H CH3 C CH3C≡CCH(CH3)CH3 Br CH2CH3 CH3CH C C H E Etiel butanoaat D Br H CH2CH3 2.1 Definieer funksionele groep. (2) 2.2 Skryf die LETTER van die organiese verbinding wat die volgende verteenwoordig neer: 2.2.1 Karbonielgroep wat aan twee koolstofatome verbind is (1) 2.2.2 Het die algemene formule CnH2n-2 (1) 2.2.3 Is ʼn aldehied (1) 2.3 Skryf die IUPAC-naam neer van: 2.3.1 Verbinding B (2) 2.3.2 Verbinding C (2) 2.3.3 Verbinding D (3) 2.4 Skryf neer die: 2.4.1 STRUKTUURFORMULE van verbinding A (2) 2.4.2 Naam van die reaksie wat plaasgevind het om verbinding E te produseer (1) 2.4.3 STRUKTUURFORMULE van die karboksielsuur wat benodig was om verbinding E te produseer (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) 2.5 ʼn Onbekende organiese verbinding (CxHyOz) met ʼn molêre massa van 74 g·mol-1 bestaan uit 43,24% suurstof per massa. 2.5.1 Bepaal die MOLEKULÊRE FORMULE van die organiese verbinding. (3) 2.5.2 Teken TWEE STRUKTURELE FORMULES vir die funksionele isomere wat deur die molekulêre formule in VRAAG 2.5.1 voorgestel word. (4) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 9 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Leerders ondersoek die effek van strukturele verskille op die kookpunte van reguitketting PRIMÊRE ALKOHOLE. Die data van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon. AANTAL KOOKPUNT VAN DIE KOOLSTOFATOME ALKOHOLE (20 °C) 1 64 2 78 3 98 4 118 3.1 Definieer kookpunt. (2) 3.2 Skryf die gekontroleerde veranderlike vir hierdie ondersoek neer. (1) 3.3 Verduidelik die tendens waargeneem in die kookpunte van die alkohole. (4) 3.4 Sal die dampdruk van die alkohole TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY met ʼn toename in die aantal koolstofatome? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) ʼn PRIMÊRE ALKOHOL het ʼn kookpunt van 108 °C. 3.5 Gee die IUPAC-naam van die primêre alkohol met ʼn kookpunt van 108 °C. (2) 3.6 Verduidelik volledig die antwoord op VRAAG 3.5. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 4.1 Heptaan ondergaan kraking om ʼn VYF KOOLSTOF alkaan P en organiese verbinding Q te produseer, soos hieronder getoon. C7H16 verbinding P + verbinding Q 4.1.1 Definieer kraking. (2) 4.1.2 Skryf die MOLEKULÊRE FORMULE vir verbinding Q neer. (2) Verbinding P ondergaan volledige verbranding. 4.1.3 Skryf die mees belangrikste gebruik van alkane neer. (1) 4.1.4 Gebruik MOLEKULÊRE FORMULES en skryf gebalanseerde vergelyking vir die volledige verbranding vir VERBINDING P neer. (3) 4.2 Beskou die vloeidiagram wat organiese reaksies hieronder toon. Reguit ketting Reaksie 1 Alkohol P Reaksie 2 C5H10 Sekondêre haloalkaan + NaBr (hoofproduk) Beskou REAKSIE 1. Skryf neer: 4.2.1 Die IUPAC-naam van die SEKONDÊRE HALOALKAAN (2) 4.2.2 Die naam van die reaksie (1) 4.2.3 Een reaksietoestand behalwe hitte (1) 4.2.4 Die STRUKTUURFORMULE van alkohol P (2) Beskou REAKSIE 2. Skryf neer die: 4.2.5 Naam van die tipe eliminasie reaksie (1) 4.2.6 STRUKTUURFORMULE vir die produk wat geproduseer is (2) [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 11 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Kalsiumkarbonaat (CaCO3) stukke word by OORMAAT verdunde soutsuur (HCℓ) oplossing in ʼn Erlenmeyer-fles gevoeg, wat op ʼn elektroniese skaal geplaas word, soos hieronder getoon. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie wat plaasvind is: CaCO3 (s) + 2 HCℓ (aq) CaCℓ2 (aq) + H2O (ℓ) + CO2 (g) ΔH < 0 Verdunde HCℓ Gasborrels CaCO3 Die verandering in massa van die fles en die inhoud daarvan word in intervalle van 1-minuut aangeteken. Die resultate wat verkry is, word in die grafiek hieronder getoon. 200 Massa van fles en inhoud (g) 190 180 0 2 4 6 8 10 12 14 tyd (min) 5.1 Is die reaksie EKSOTERMIES of ENDOTERMIES? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 5.2 Gee ʼn rede waarom die massa van die fles en die inhoud nie konstant bly nie. (2) 5.3 Skryf die lesing op die skaalbalans op 4 minute neer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) 5.4 Die sketsgrafiek hieronder toon die verandering in volume van CO2-gas wat in die eksperiment geproduseer was. Volume van CO2 (cm3) X 0 t1 tyd (min) 5.4.1 Skryf die waarde van t1 neer. (1) 5.4.2 Hoe vergelyk die tempo waarteen die hoeveelheid CO2 geproduseer word met die tempo waarteen die hoeveelheid CaCO3 verbruik was? Kies uit HOËR AS, KLEINER AS of GELYK AAN. Gee ʼn rede vir die antwoord. (3) Bereken die: 5.4.3 Waarde van X Neem die molêre volume as 24 000 cm3·mol-1 (5) 5.4.4 Gemiddelde tempo in g·min-1 waarteen kalsiumkarbonaat na 11 minute verbruik is (4) 5.5 Die eksperiment word herhaal deur die temperatuur van die reaksiemengsel te verhoog. Die resultate van die twee eksperimente word vergelyk. 5.5.1 Skryf ʼn hipotese vir hierdie vergelyking neer. (2) 5.5.2 Hoe sal reaksietempo deur die verandering beїnvloed word? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1) 5.5.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 5.5.2 deur na die botsingsteorie te verwys. (3) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 13 VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 6.1 Distikstoftetraoksied (N2O4) ontbind tot stikstofdioksied (NO2) volgens die gebalanseerde vergelyking: N2O4 (g) ⇌ 2 NO2 (g) ΔH > 0 Die reaksie word toegelaat om chemiese ewewig te bereik. 6.1.1 Stel Le Chatelier se beginsel in woorde. (2) 6.1.2 Hoe sal ELK van die volgende veranderinge die konsentrasie van NO2 by ewewig beïnvloed. Kies uit TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK. (a) Addisie van ʼn geskikte indikator (1) (b) Verhoging in temperatuur (1) (c) Toename in druk deur die volume te verlaag. Verduidelik die antwoord deur na Le Chatelier se beginsel te verwys. (4) 6.2 Die reaksietempo-tydgrafiek hieronder toon die reaksie tot ewewig. Reaksietempo (mol·dm-3·min-1) to t1 t2 tyd (min) 6.2.1 Skryf die reaksie wat deur die stippellyn voorgestel word neer. (2) 6.2.2 Die konsentrasie van NO2 is by t2 verhoog. Teken die grafiek hierbo in die ANTWOORDEBOEK oor, op dieselfde assestel, skets die volledige grafiek wat die effek van die toename in die konsentrasie van NO2 na t2 sal toon. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) 6.3 Die tabel hieronder toon die eksperimentele data vir die NO 2–N2O4-sisteem by 25 °C. AANVANKLIKE EWEWIGSKONSENTRASIES KONSENTRASIES (mol·dm-3) (mol·dm-3) [NO2] [N2O4] [NO2] [N2O4] 0,05 0,446 0,0457 0,448 6.3.1 Bereken die ewewigskonstante by 25 °C. (3) 6.3.2 Is daar ʼn HOË OPBRENGS of LAE OPBRENGS van NO2 by 25 °C. Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) Toe die aanvanklike konsentrasie van NO2 na 0,03 mol·dm-3 verander is, word dit gevind dat die ewewigskonsentrasie van N2O4 nou 0,491 mol·dm-3 by 25 °C is. 6.3.3 Bereken die persentasie ontbinding van N2O4 wanneer die konsentrasie van NO2 na 0,03 mol·dm-3 by 25 °C verander was. (6) [23] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 15 VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 7.1 Die tabel hieronder toon die ionisasiekonstantes, K a-waardes, vir drie sure by 25 °C. NAAM FORMULE Ka-waarde Metanoësuur HCOOH 1,8 x 10-4 Etanoësuur CH3COOH 1,8 x 10-5 Propanoësuur CH3CH2COOH 1,3 x 10-5 7.1.1 Definieer ʼn suur volgens die Lowry-Brønsted-teorie. (2) 7.1.2 Skryf die ionisasiereaksie vir CH3COOH neer. (2) 7.1.3 Is die bogenoemde SWAK SURE of STERK SURE? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 7.1.4 Watter EEN van die drie sure, met gelyke konsentrasies, sal die laagste pH-waarde het? Verduidelik die antwoord. (3) 7.2 ʼn Groep leerders het die opstelling hieronder gebruik om natriumhidroksied (NaOH) teen oksaalsuur (H2C2O4) te titreer. Retortstaander Apparaat X NaOH (aq) Erlenmeyer-fles Oksaalsuur (H2C2O4) (aq) Die gebalanseerde vergelyking is: H2C2O4 (aq) + 2 NaOH (aq) → Na2C2O4 (aq) + 2 H2O (ℓ) 7.2.1 Skryf die naam van apparaat X neer. (1) 7.2.2 Gee ʼn rede waarom die titrasie ten minste drie keer uitgevoer word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) 7.2.3 By watter pH-gebied sal ʼn geskikte indikator kleur verander vir hierdie titrasie? Kies uit: 3,1– 4,4 6,0–7,6 8,3–10 (1) 7.2.4 Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.2.3 deur na die relevante vergelyking te verwys. (3) 7.3 Die leerders het nog ʼn titrasie tussen soutsuur (HCℓ) en natriumhidroksied (NaOH) met GELYKE konsentrasie uitgevoer. Hulle het 25 cm3 soutsuur met ʼn konsentrasie van 0,1 mol·dm-3 in die Erlenmeyer-fles geplaas. Die gebalanseerde vergelyking is: HCℓ (aq) + NaOH (aq) → NaCℓ (aq) + H2O (ℓ) Hulle het die natriumhidroksiedoplossing oorgetitreer. The pH-waarde aan die einde is 12,52. Bereken die: 7.3.1 Aanvanklike aantal mol van soutsuur (3) 7.3.2 Konsentrasie van die oormaat hidroksiedione (4) 7.3.3 Volume van natriumhidroksied getitreer in cm3 (5) [27] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/JUNIE 2025) FISIESE WETENSKAPPE V2 17 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure Standaarddruk pT 1,013 x 105 Pa Molar gas volume at STP Molêre gasvolume teen STD Vm 22,4 dm3∙mol-1 Standard temperature Standaardtemperatuur Tθ 273 K Charge on electron Lading op elektron e -1,6 x 10-19 C Avogadro’s constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro se konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m n m n= or/of c= or/of c = pH= -log[H3O+] M V MV N ca Va na Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14 n= N or/of = A cb V b n b at/by 298 K V n= Vm Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/JUNIE 2025) TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) KEY/ SLEUTEL Atomic number 1 2 2,1 H He 1 29 4 3 4 Elektronegatiwiteit Simbool 5 6 7 8 9 10 1,0 Li 1,5 Be Electronegativity 1,9 Symbol 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne Cu 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar 23 24 Approximate relative atomic mass 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh Pd 2,2 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za. Kopiereg voorbehou
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Study this subject

More from Grade 12 Physical Sciences

View all