Downloaded from hlayiso.com
TEGNIESE WISKUNDE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2022
Hierdie riglyne bestaan uit 33 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 
%202025%20Question%20Paper%20X05--673174da-3296-4dd9-b0ed-c262fb1d1c63/v1-d1f3f1796e060634a3a6/card.webp)







%202022%20Memo_hlayiso.com_--85432c59-b8a1-4300-b3e5-301e6572e82a/v1-f40d296e4032c425ef5c/card.webp)


View all
_hlayiso.com_--5931090d-affa-49bb-b628-82a8b751ff35/v1-83c071ba654c4a5058a2/card.webp)




Technical Mathematics PAT GR 12 2022 Afr
Grade 12 Technical Mathematics practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 33 pages. Read online or get the free PDF download.
Technical Mathematics · Grade 12 · 2022 · Afrikaans. Practical assessment task, 33 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Mathematics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2022
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 33
- File size
- 721.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 33
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 2 DBE/PAT 2022
NSS
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 4
2.2 Moderering van die PAT'e 4
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 4
4. BEWYS VAN MODERERING MET PUNTETOEKENNING EN 5
VERKLARING VAN EGTHEID
5. GEVOLGTREKKING 6
6. TAKE 7
TAAK 1: ANALITIESE MEETKUNDE EN SIRKELS 7
TAAK 2: INTEGRASIE 16
TAAK 3: METING EN INTEGRASIE 27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 3 DBE/PAT 2022
NSS
1. INLEIDING
Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe, Tegniese Wiskunde
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie,
Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die praktiese assesseringstaak vir Tegniese
Wiskunde graad 12 bestaan uit drie take (een taak per kwartaal) wat aan die einde van
Kwartaal 3 voltooi moet wees. Die take is VERPLIGTEND vir ALLE kandidate wat Tegniese
Wetenskappe in graad 12 as vak neem.
Die PAT word gedurende die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT
bied aan leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te
word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat aangeleer word en
pas die wetenskap van Wiskunde toe op die tegniese veld waar die klem op toepassing val.
Dit is dus belangrik dat skole toesien dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die
vasgestelde tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die skooljaar bevorder
word. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die take moet onder gekontroleerde omstandighede gedoen word. Moderering kan op die
terrein plaasvind.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 4 DBE/PAT 2022
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer
Die volgende dokumente moet vir alle formele take beskikbaar wees:
o Taakinstruksies waarin die prosedures wat gevolg moet word, verduidelik word
o Die werksblaaie wat bestaan uit vrae wat onder eksamenomstandighede beantwoord
moet word
o Die onderwyserriglyne met taakinstruksies, werksblaaie en nasienriglyne
(Die onderwyserriglyne MOET NIE aan die leerders gegee word NIE.)
o Onderwysers moet nasienriglyne (memorandums) opstel vir die werklike resultate van
die taak wat uitgevoer word (onderwysers moet die take EERS self doen)
Die take moet individueel gedoen word.
Elke leerder moet sy/haar EIE INDIVIDUELE data en waarnemings aanteken.
Elke leerder moet van sy/haar EIE werksblad voorsien word en die vrae INDIVIDUEEL
onder eksamenomstandighede beantwoord.
Slegs wanneer al die leerders gereed is om die taak te doen en hulle sit en gereed is om die
vrae te beantwoord, kan onderwysers 'n werksblad aan elke leerder uitdeel.
Eksamenomstandighede moet toegepas word.
Indien dit nie moontlik is om op dieselfde dag die taak te doen en die werksblad te voltooi
nie, moet die onderwyser die leerders se take inneem. Hierdie take moet by die skool
bewaar word.
2.2 Moderering van die PAT'e
Vir moderering word die volgende dokumente in die onderwyser se lêer vereis:
Indeksbladsy wat alle take met onverwerkte (rou) punte aandui, asook punte volgens die
korrekte gewigstoedeling (geweegde punte)
Alle taakinstruksies
Nasienriglyne vir al die take, met regmerkies en totale
Saamgestelde werkende puntestaat vir alle leerders wat onverwerkte (rou) en geweegde
punte toon
Bewyse van interne moderering
Vir moderering word die volgende dokumente in die leerder se lêer vereis:
Indeksbladsy wat alle take met onverwerkte (rou) punte aandui, asook punte volgens die
korrekte gewigstoedeling (geweegde punte)
Antwoordblaaie vir al die take
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Hierdie PAT vir graad 12 bestaan uit DRIE take.
3.2 Die PAT dra 25% tot die finale promosiepunt vir graad 12 by.
3.3 Alle werk in die PAT moet die leerder se eie werk wees. Groepwerk word NIE
toegelaat NIE.
3.4 Toon ALLE berekeninge duidelik en sluit eenhede in. Rond antwoorde tot 'n minimum
van TWEE desimale plekke af. Gebruik korrekte SI-eenhede, waar nodig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 5 DBE/PAT 2022
NSS
4. BEWYS VAN MODERERING
Leerder se naam:
Skool:
PUNTETOEKENNING
TAAK MAKS. GEWIGS- LEERDER GEMOD. GEMOD. GEMOD.
PUNT TOEKENNING SE PUNT PUNT PUNT PUNT
(ONDERWYSER) (SKOOL) (DISTRIK) (PROVINSIE)
1 40 10
2 30 7,5
3 30 7,5
TOTAAL 100 25
NAAM
HANDTEKENINGE
DATUM
VERKLARING VAN EGTHEID
Ek verklaar hiermee dat die take wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is
en nie vantevore vir moderering ingedien is nie.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM
Sover my kennis strek, is die verklaring deur die kandidaat hierbo die waarheid en ek aanvaar
dat die werk wat aangebied is, sy/haar eie is.
_________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 6 DBE/PAT 2022
NSS
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die vak kan
demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook
betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf.
Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en bied aan hulle die geleentheid om
by hulle eie leerervarings betrokke te raak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 7 DBE/PAT 2022
NSS
TEGNIESE WISKUNDE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 1
GRAAD 12
2022
KWARTAAL: 1
PUNTE: 40
TYD: 1 uur
VAN EN NAAM
SKOOL
Hierdie taak bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 8 DBE/PAT 2022
NSS
TEGNIESE WISKUNDE TAAK 1
ONDERWERP: ANALITIESE MEETKUNDE EN SIRKELS
DOELWITTE:
Om die vergelyking van 'n sirkel met oorsprong as middelpunt te bepaal
Om die vergelyking van 'n raaklyn aan 'n sirkel by 'n raakpunt te bepaal
Om die hoogte van die klein segment van 'n sirkel te bereken
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie PAT Taak 1-werksblad bestaan uit DRIE aktiwiteite.
2. Doen AL die aktiwiteite en beantwoord AL die vrae.
3. Hulpbronne wat benodig word, is liniaal, kompas, potlood, gradeboog en sakrekenaar.
4. Toon duidelik AL die berekeninge, diagramme, ens. wat jy gebruik het om jou
antwoorde te bepaal.
5. Maak seker jou skets is netjies en volgens die instruksies getrek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 9 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 1(A):
Om die vergelyking van 'n sirkel met oorsprong as middelpunt te bepaal
Hulpbronne wat benodig word: liniaal, gradeboog, kompas, uitveër, pen en potlood
Stap 1: Trek 'n sirkel met middelpunt O by die oorsprong en 'n radius van 5 cm
op die Cartesiese vlak hieronder.
Oplossing Punte
y
x
O
(2)
Stap 2: Bepaal die waarde van
Oplossing Punte
(1)
Stap 3: Trek/Stip en benoem die volgende stelle koördinate duidelik op die sirkel
in Stap 1, soos volg:
Punt A moet die x-afsnit wees, x
Punt B moet 'n punt in die eerste kwadrant wees, m.a.w. x > 0 en
y>0
Punt C moet 'n punt in die 3de kwadrant wees, (x en y is albei
heelgetalle).
Punt D moet 'n negatiewe y-afsnit wees. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 10 DBE/PAT 2022
NSS
Stap 4: Voltooi die tabel hieronder vir die punte wat in Stap 3 getrek/gestip is.
Oplossing Punte
Koördinate Waarde van Waarde van
A( ; )
B( ; )
C( ; )
D( ; )
(8)
Stap 5: Vergelyk die laaste kolom in Stap 4 met die waarde van r 2 in Stap 2.
Lei vervolgens die verhouding af tussen x 2 y 2 en r 2 , en gee die
vergelyking van die sirkel wat in Stap 1 getrek is.
Oplossing Punte
(1)
Stap 6: Gebruik die vergelyking van die sirkel in Stap 5 om, deur berekening, te
toon of punt E (– 4 ; 2) op of binne of buite die sirkel lê.
Oplossing Punte
(1)
AKTIWITEIT 1(B):
Gegee sirkel met eenhede en gaan deur punt (a ; – 5), bepaal die
waarde(s) van a met gebruik van die verhouding afgelei in Aktiwiteit 1(A) Stap 5
hierbo.
Oplossing Punte
(4)
[21]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 11 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 2:
Om die vergelyking van 'n raaklyn aan 'n sirkel by 'n raakpunt te bepaal
Die figuur hieronder verteenwoordig 'n sirkel wat deur
gedefinieer word en 'n raaklyn aan die sirkel by punt P (
OP is die radius van die sirkel. Die raaklyn sny die y-as by punt Q.
Stap 1 Gebruik jou gradeboog om die grootte van O P Q , die hoek tussen die
radius en die raaklyn, te meet.
Oplossing Punte
O P Q = _________ (1)
Stap 2 Bereken die gradiënt van OP.
Oplossing Punte
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 12 DBE/PAT 2022
NSS
Stap 3 Skryf vervolgens die gradiënt van die raaklyn by punt P neer
Oplossing Punte
(1)
Stap 4 Gebruik die inligting in Stap 3 om die vergelyking van die raaklyn aan
die sirkel by Punt P te bepaal.
Oplossing Punte
(3)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 13 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 3:
Om die hoogte van die segment te bereken
Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die sywand van 'n motorband het 'n stel getalle, letters en simbole. Hierdie getalle
en letters help jou om te besluit watter tipe band jy vir jou kar moet koop.
Hieronder is 'n lys en 'n verduideliking van elk van die aanduiders van 'n
motorbandvervaardigingsmaatskappy se webtuiste.
225/60 R16 H98
1. Wydte
Die getal 225 vir hierdie band verteenwoordig die wydte van die band in
millimeter. Die wydte is die afstand van een sywand na die ander, m.a.w. die deel
wat met die pad kontak maak.
2. Aspekverhouding
Die aspekverhouding, ook bekend as die bandprofiel, verwys na die hoogte van die
sywand as 'n persentasie (%) van die wydte. Vir die band hierbo is die 60 eintlik
60% van die wydte [60% x 225 = 135 mm].
3. Konstruksietipe
Die letter R verteenwoordig hoe die band gemaak is. R beteken die band is 'n
radiale tipe ontwerp.
4. Wielvelling
In hierdie geval is dit 'n 16 duim-wiel. Dit is die deursnee van die binneste velling
van die band.
5. Spoedkategorie
Die letter H vir hierdie band verteenwoordig die ladingsindeks, dit is die
maksimum spoed met 'n vol vrag.
6. Drakrag-indeks
Die getal 98 vir hierdie band verteenwoordig die drakrag-indeks, dit is die
maksimum dra-kapasiteit van die band.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 14 DBE/PAT 2022
NSS
265/75 R15 LT
3.1 Voltooi die volgende vir die band in die prentjie met gebruik van
265/75 R15 LT.
Oplossing Punte
Wydte van die band:……………..
Profiel van die band:…………..
Deursnee van die binneste velling:……………
Simbool vir spoedkategorie………………. (4)
3.2 Herlei die deursnee van die binneste velling na millimeter.
Gebruik: 1 duim = 25,4 mm
Oplossing Punte
(2)
3.3 Bereken die hoogte FD van die sywand.
Oplossing Punte
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 15 DBE/PAT 2022
NSS
3.4 Bepaal die lengte van die koord AB met gebruik van 4h2 4dh x2 0
Oplossing Punte
(4)
[12]
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 16 DBE/PAT 2022
NSS
TEGNIESE WISKUNDE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 2
GRAAD 12
2022
KWARTAAL: 2
PUNTE: 30
TYD: 1 uur
VAN EN NAAM
SKOOL
Hierdie taak bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 17 DBE/PAT 2022
NSS
TEGNIESE WISKUNDE TAAK 2
ONDERWERP: INTEGRASIE
DOELWITTE:
b
Om die bepaalde integraal f ( x) dx begrens deur 'n funksie y f (x) en die x-as
a
tussen die ordinate x a en x b te bepaal
Om integrasie toe te pas om werklike probleme op te los
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie PAT Taak 2-werksblad bestaan uit DRIE aktiwiteite.
2. Doen AL die aktiwiteite en beantwoord AL die vrae.
3. Hulpbronne benodig is sakrekenaars, roosters (voorsien) en wiskundestelle.
4. Toon duidelik ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ens. wat jy gebruik het om jou
antwoorde te bepaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 18 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 1
Inleiding
'n Oorsig van onbepaalde integrale en bepaalde integrale.
Die term 'integrasie' verwys na die omgekeerde berekeningsproses van differensiasie.
Dus kan daar ook na integrale verwys word as anti-afgeleides.
differensieer
integreer
'n Onbepaalde integraal van 'n funksie f (x) behels die vind van sy
anti-afgeleide in terme van x en word aangedui as f ( x) dx .
LET WEL: By die bepaling van die integraal van 'n funksie kan die volgende
basiese reëls van integrasie vir PAT Taak 2 gebruik word:
n 1
Reël 1: x n dx x C ; n 1
n 1
Reël 2: k dx kx C
VOORBEELD:
4
4 x dx 4 x C
3 4
Integraalteken
Integrasiekonstant
Hierdie term word die integrand genoem.
'n Bepaalde integraal is 'n integraal waar die limiete waaroor die integraal bereken
moet word, gegee word. Dus word die bepaalde integraal van 'n funksie f (x)
tussen die ordinate x a (onderste limiet) en x b (boonste limiet) aangedui
as:
b
f ( x) dx F ( x) C
b
a waar F (x) die integraal van f (x) is en C die
a
konstante van integrasie
F (b) C F (a) C
F (b) F (a)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 19 DBE/PAT 2022
NSS
Gegee: f ( x) 3 x 2
Bepaal Stap 1 en Stap 2.
Oplossing Punte
Stap 1:
f ( x) dx F ( x) C ..............
(2)
Oplossing Punte
Stap 2
F (3) .................
F (1) ...................
1 f ( x) dx ..............................
3
...........................
(4)
[6]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 20 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 2
DOEL:
Om die area begrens deur 'n funksie f ( x) k (d.w.s. 'n horisontale lyn), die
x-as en die ordinate x a en x b te bepaal deur van 'n formule en 'n
bepaalde integraal gebruik te maak.
Hulpbronne benodig:
Wiskundige instrumente (liniaal en gradeboog is noodsaaklik)
Pen
Potlood
Prosedure:
Stap 1: Skets die grafiek van die funksie f ( x) 2 op die gegewe rooster.
Stap 2: Trek die vertikale lyn (ordinaat) x 3 en skakeer daarna die area
begrens deur die funksie f ( x) 2 , die x-as en die ordinate x 0 en
x3
Oplossing Punte
Stap 1
en
Stap 2
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 21 DBE/PAT 2022
NSS
Stap 3: Wat is die vorm van die area begrens deur die funksie f ( x) 2 , die
x-as en die ordinate x 0 en x 3 ?
Oplossing Punte
(1)
Stap 4: Gebruik 'n toepaslike formule (vir die vorm hierbo genoem), om die
area begrens deur die funksie f ( x) 2 , die x-as en die ordinate x = 0
en x = 3 te bepaal.
Oplossing Punte
(1)
3
Stap 5: Bepaal 2 dx
0
Oplossing Punte
(3)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 22 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 3
DOEL:
Om die area begrens deur 'n funksie f ( x) mx c (d.w.s. 'n skuins lyn) en
die x-as en die ordinate x a en x b deur van 'n formule en 'n bepaalde
integraal gebruik te maak.
Hulpbronne benodig:
Wiskundige instrumente
Pen
Potlood
Prosedure:
Stap 1: Skets die grafiek van die funksie f ( x) x 4 op die gegewe rooster.
Stap 2: Skakeer die area begrens deur die funksie f ( x) x 4 , die x-as en
die ordinate x = 0 en x = 4
Oplossing Punte
Stap 1
en
Stap 2
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 23 DBE/PAT 2022
NSS
Stap 3: Wat is die vorm van die area begrens deur die funksie f ( x) x 4 ,
die x-as en die ordinate x = 0 en x = 4?
Oplossing Punte
(1)
Stap 4: Bepaal die area begrens deur f ( x) x 4 en die x-as en die
ordinate x = 0 en x = 4 deur van 'n toepaslike formule (vir die vorm in
Stap 3 genoem) gebruik te maak.
Oplossing Punte
(1)
Stap 5: Bepaal die area begrens deur die funksie f ( x) x 4 , die x-as en
die ordinate en deur van bepaalde integrale in die
4
berekening van ( x 4 ) dx gebruik te maak.
0
Oplossing Punte
(3)
[7]
Waarneming en Gevolgtrekking
b
Wat kan jy aflei oor die f ( x) dx en die area begrens deur die funksie f (x) , die
a
x-as en die ordinate x = a en x = b vanuit Aktiwiteit 2 en Aktiwiteit 3?
Oplossing Punte
(1)
[1]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 24 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 4
DOEL:
Om die kennis van bepaalde integrale op die werklike lewe toe te pas
Die wêreld se hoogste boog, die Gateway Arch (foto hieronder) is 'n 630 voet
(192 m)-monument wat in Missouri, VSA, gevind word. Dit is bedek met vlekvrye
staal en gebou in die vorm van 'n geweegde katenêre (kettinglyn-) boog, waarvan die
vorm parabolies is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 25 DBE/PAT 2022
NSS
'n Plaaslike maatskappy in Suid Afrika is gekontrakteer om 'n soortgelyke struktuur
te bou, maar op 'n baie kleiner skaal, as 'n ikoniese ingang na 'n winkelsentrum.
Die diagram hieronder beeld die vooraansig van die voorgestelde struktuur op 'n
Cartesiese vlak uit.
Die paraboliese vorm van die buitenste boog word gedefinieer deur die
vergelyking f ( x) x 2 12 x m en sny die x-as by x = 0 en x = 12
Die paraboliese vorm van die binneste boog word gedefinieer deur
g ( x) x 2 12 x 11 m en sny die x-as by x = 1 en x = 11
Die geskakeerde area verteenwoordig die ruimte tussen die twee parabole wat met
metaalbekleding bedek moet word.
Binneste boog met
Buitenste boog met vergelyking:
vergelyking:
Stap 1: Bepaal die area begrens deur die kromme van f en die x-as tussen die
punte waar x = 0 en x = 12
Oplossing Punte
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 26 DBE/PAT 2022
NSS
Stap 2: Vervolgens, bepaal die geskakeerde area tussen die twee parabole wat
met metaalbekleding bedek moet word.
Oplossing Punte
(5)
[9]
TOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 27 DBE/PAT 2022
NSS
TEGNIESE WISKUNDE
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 3
GRAAD 12
2022
PUNTE: 30
TYD: 1 uur
VAN EN NAAM
SKOOL
Hierdie taak bestaan uit 7 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 28 DBE/PAT 2022
NSS
TEGNIESE WISKUNDE TAAK 3
ONDERWERP: METING EN INTEGRASIE
DOELWITTE:
Om wiskundige vaardighede toe te pas en te ontwikkel, te redeneer en 'n begrip van
'n onreëlmatige figuur te demonstreer
Om die area/oppervlakte van 'n onreëlmatige figuur te bereken deur die
middelordinaatreël en bepaalde-integraalmetode te gebruik.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie PAT Taak 3-werksblad bestaan uit TWEE aktiwiteite.
2. Doen AL die aktiwiteite en beantwoord AL die vrae.
3. Hulpbronne benodig is 'n liniaal en sakrekenaar.
4. Toon duidelik ALLE berekeninge, diagramme, ens. wat jy gebruik het om jou
antwoorde te bepaal.
5. Maak seker jou skets is netjies en volgens die instruksies getrek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 29 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 1
Inleiding
Die middelordinaatreël is 'n metode om benaderde areas/oppervlaktes van
niestandaard meetkundige figure te bereken. In hierdie taak sal leerders standaard
meetkundige figure gebruik om die area/oppervlakte van 'n onreëlmatige figuur
(niestandaard meetkundige figuur) te benader en die middelordinaatreël gebruik om
die area/oppervlakte te bepaal.
Dit kan bereken word deur die volgende te gebruik:
Area/Oppervlakte = wydte van segment x som van hoogtes van die middelordinate
DOEL:
Om die area/oppervlakte van 'n onreëlmatige figuur te bepaal
Hulpbronne benodig: potlood, liniaal en sakrekenaar
Die diagram hieronder beeld 'n stuk karton met 'n opmetingslyn ('n lyn getrek van
die een kant van die vorm na 'n volgende, naastenby in die middel) uit.
Stap 1: Meet die opmetingslyn en teken die lengte daarvan aan.
Oplossing Punte
(1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 30 DBE/PAT 2022
NSS
Stap 2: Verdeel die opmetingslyn in VYF gelyke dele.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (1)
Stap 3: Meet die lengte van die gelyke dele (wydte van segment) en skryf die
lengte daarvan neer.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (1)
Stap 4: Trek loodregte lyne (ordinate) op die opmetingslyn.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (2)
Stap 5: Meet die hoogte van elke segment en teken dit aan.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (2)
Stap 6: Gebruik stippellyne om elke middelordinaat te trek en te meet.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (3)
Stap 7: Gebruik die middelordinaatreël om die area/oppervlakte van 'n
onreëlmatige vorm te bepaal.
Oplossing Punte
(4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 31 DBE/PAT 2022
NSS
AKTIWITEIT 2
DOEL:
Om die area/oppervlakte van 'n onreëlmatige figuur te bereken deur die
middelordinaatreël en bepaalde-integraalmetode te gebruik
Die middelordinaatreël kan gebruik word om die area begrens deur die kromme en
die x-as te benader.
Hieronder gegee is die geskakeerde area begrens deur die funksie gedefinieer deur
f ( x) x 2 3 en die x-as en tussen x 1 en x 5
Lengte van geskakeerde area
2.1 Bepaal die middelpunt van die limiete x 1 en x 5 . Gebruik die
letter M om die middelpunt op die diagram te merk.
Oplossing Punte
M, x = …………. (1)
2.2 Trek 'n vertikale lyn vanaf die kromme na M, die middelpunt wat hierbo
bereken is.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 32 DBE/PAT 2022
NSS
2.3 Bepaal algebraïes die hoogtes van die geskakeerde area by x 1 , x 5
en die middelpunt bereken in VRAAG 2.1.
Oplossing Punte
(3)
2.4 Trek die middelordinate, met gebruik van stippellyne, en bereken die
hoogtes daarvan.
Oplossing Punte
Beantwoord op die diagram. (2)
2.5 Gebruik middelordinate om die area begrens deur f en die x-as tussen die
ordinate x 1 en x 5 te bepaal.
Oplossing Punte
(3)
2.6 Gebruik bepaalde integrale om die area begrens deur f en die x-as tussen
die ordinate x 1 en x 5 te bepaal.
Oplossing Punte
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wiskunde 33 DBE/PAT 2022
NSS
2.7 Vergelyk die waarde van die geskakeerde area begrens deur die funksie
f ( x) x 2 3 en die x-as tussen x 1 en x 5 deur die
middelordinaatreël en bepaalde integrale te gebruik.
Oplossing Punte
(2)
[16]
TOTAAL: 30
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Technical Mathematics.
- Grade 12 Technical Mathematics notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Technical Mathematics questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Technical Mathematics quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Technical Mathematics past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Technical Mathematics and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%202025%20Question%20Paper%20X05--673174da-3296-4dd9-b0ed-c262fb1d1c63/v1-d1f3f1796e060634a3a6/card.webp)
Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 QP (Afr)

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afr)

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P1 NSC November 2025 QP

Addendum
Technical Mathematics Grade 12 P2 NW June 2025 Addendum (Afr)
Related documents

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P2 EC June 2022 Memo (Afrikaans)
%202022%20Memo_hlayiso.com_--85432c59-b8a1-4300-b3e5-301e6572e82a/v1-f40d296e4032c425ef5c/card.webp)
Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P1 GP Prelim 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 NW June 2025 QP (Afr)

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P2 NW June 2025 QP (Afr)
More from Grade 12 Technical Mathematics

Addendum
Technical Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Addendum
_hlayiso.com_--5931090d-affa-49bb-b628-82a8b751ff35/v1-83c071ba654c4a5058a2/card.webp)
Addendum
Technical Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Addendum

Errata
Technical Mathematics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Errata

Memorandum
Technical Mathematics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo

Question paper
Technical Mathematics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper