Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
TOERISME
2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 26
- File size
- 2.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 26
This exam
NSC June Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af.
H
5. Toon ALLE berekeninge vir die bewerkings.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van
jou antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
TYD
AFDELING ONDERWERP PUNTE
(minute)
A Kortvrae 40 20
Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse valuta-
B 50 50
verhandeling
Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
C 50 50
Erfenistoerisme; Bemarking
Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
D 30 30
Toerisme
Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
E 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/2018
SSE
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die reisdokument wat in 'n paspoort aangebring word wat toegang
tot 'n buitelandse bestemming verleen.
A Internasionale bestuurslisensie
B Toeristevisum
C Geelkoorssertifikaat
D Geboortesertifikaat
1.1.2 Goeie raad wat aan 'n toeris gegee word met betrekking tot
veiligheid in die buiteland:
A Hou altyd groot bedrae kontant by jou.
B Vertoon duur kameratoerusting.
C Verseker dat kamersleutels sigbaar is.
D Hou afskrifte van reisdokumente by jou.
1.1.3 Reistoelae is deel van …-regulasies van 'n land.
A visum
B paspoort
C doeane
D verhandelings
1.1.4 … skommelings in die wisselkoers sal 'n invloed hê op uitgaande
toeriste wat buitelandse valuta net voor hul internasionale vlugte
koop.
A Daaglikse
B Maandelikse
C Kwartaallikse
D Jaarlikse
1.1.5 Die afgradering van Suid-Afrika se ekonomiese status in 2017 deur
sekere graderingsagentskappe het … tot gevolg gehad.
A die versterking van die waarde van die rand
B 'n daling in die waarde van die Amerikaanse dollar
C 'n styging in die wisselkoers van die rand
D die ekonomiese resessie in Suid-Afrika
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/2018
SSE
1.1.6 Die ikone wat in Frankryk aangetref word:
A
B
C
D
1.1.7 Die hoogste bergpiek in die wêreld wat deel van die Himalajas is:
A Fuji
B Switserse Alpe
C Everest
D Ayers-rots
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/2018
SSE
1.1.8 Die land waar die ikoon hieronder aangetref word:
A Brasilië
B Argentinië
C Rio De Janeiro
D Meksiko
1.1.9 Die plek waar een van die grootste menseslagtings (grootskaalse
doodmaak van mense) gedurende die Tweede Wêreldoorlog
plaasgevind het:
A Berlynse Muur
B Kremlin
C Auschwitz
D Rooi Plein
1.1.10 'n Faktor wat daartoe bydra dat Machu Picchu 'n suksesvolle
toeristebesienswaardigheid is:
A Machu Picchu beperk die aantal toeriste wat die
besienswaardigheid besoek.
B Toeriste wat Machu Picchu besoek, kry gratis verblyf.
C Toeriste in rolstoele word nie toegelaat om Machu Picchu
te besoek nie.
D Machu Picchu adverteer nie hulle toeristepakkette nie.
1.1.11 Menseregte in die toerismebedryf kan beskryf word as …
A stappe wat gedoen word tydens onderhandelings oor lone in
die werksplek.
B die hantering van alle individue op 'n respekvolle en regverdige
manier.
C 'n toerisme-onderneming wat ekonomiese voordele vir hulleself
verkry.
D die verantwoordelikhede van verbruikers wanneer hulle by 'n
winkelsentrum inkopies doen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/2018
SSE
1.1.12 Verantwoordelike en volhoubare toerisme fokus op …
A die dra van verbode produkte tydens vakansies.
B die bevordering van goeie internasionale betrekkinge en
nasiebou.
C roekelose bestuur in die buiteland.
D die besparing en bewaring van bronne vir die nageslag.
1.1.13 Laura is 'n sjef by 'n restaurant. Die geskikste kleredrag wat by
haar kernpligte sal aanpas, is:
A
B
C
D
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/2018
SSE
1.1.14 Verpligte inligting wat by 'n dienskontrak ingesluit word:
A Vorige werkgewer
B Persoonlike waardes
C Belastingterugbetalings
D Kernpligte
1.1.15 'n Faktor wat tot die professionele beeld van 'n toerismebesigheid
bydra:
A Omgewingsbeleidstukke
B Afsterwebeleidstukke
C Aftredebeleidstukke
D Aankopebeleidstukke
1.1.16 Die vraag na toerisme sal afneem by bestemmings waar daar 'n
toename in … is.
A burgerlike konflik
B kliëntelojaliteit
C maatskaplike belegging
D plaaslike aankope
1.1.17 Die volle naam vir G8 in die 2016-logo hieronder is …
A Agt Golf-leiers.
B Agt top Duitse ekonomieë.
C Groot agt lande.
D Geskenke van agt regerings.
1.1.18 Kultuurtoeriste sal graag hierdie aktiwiteite in hulle reisprogram wil
insluit wanneer hulle Mpumalanga besoek:
A Ski en sneeubord-ry
B Wildbesigtiging en tradisionele danse
C Strand toe gaan en snorkel
D Saam met dolfyne swem en kanoevaart
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/2018
SSE
1.1.19 Deur 'n diensleweringsopname te gebruik, kan die eienaar van 'n
bed-en-ontbytonderneming bepaal …
A hoeveel toeriste 'n motor by hulle sal huur.
B wat die waarde van die eiendom is met die doel om dit te
verkoop.
C wat die tevredenheidsvlakke van gaste by die onderneming is.
D wat die besettingstariewe is wat deur mededingers in die
bedryf gehef word.
1.1.20 'n Opskrif wat die proses in die vloeidiagram hieronder beskryf:
Toeriste wat 'n wêreldgebeurtenis bywoon,
betaal hulle rekenings by 'n restaurant.
Die restaurant koop groente en vleis
by die plaaslike supermark en slaghuis.
Die supermark en slaghuis koop groente
en vleis by die plaaslike boere.
Al die personeel wat by die restaurante, supermarkte,
slaghuise en op plase werk, spandeer die geld wat hulle
verdien het in die plaaslike ekonomie.
A Vrywillige donasie/skenking
B Ekonomiese ontwrigting
C Wêreldresessie
D Vermenigvuldigereffek (20 x 1) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/2018
SSE
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Toring van Londen; Rio de Janeiro; ewenaar; UNESCO;
onvoorsiene gebeurtenis; UNWTO; UTK;
Brasilië; wêreldsportgebeurtenis; Eiffel-toring; breedtelyne
1.2.1 Die organisasie verantwoordelik vir die insameling van toerisme-
statistieke oor wêreldreise (1)
1.2.2 Die kroonjuwele word met hierdie ikoon geassosieer (1)
1.2.3 Die term wat gebruik word om die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi
te beskryf (1)
1.2.4 Hierdie denkbeeldige lyn staan ook as die 0°-lengtelyn bekend (1)
1.2.5 Die Standbeeld van Christus die Verlosser word in hierdie land
aangetref (1)
1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.
1.3.1 (Toiletware/Etes) maak deel uit van die begroting wat deur 'n
reisagent saamgestel word. (1)
1.3.2 Volgens SAToerisme word toeriste wat van Mauritius afkomstig is,
as Suid-Afrika se (lug/land)-bronmarkte beskou. (1)
1.3.3 Die Wimbledon-tennistoernooi het 'n positiewe invloed op die
ekonomie van (Londen/New York) as die gasheerstad. (1)
1.3.4 Passasiers wat van oos na wes oor die IDL vlieg, sal 'n dag
(bykry/verloor). (1)
1.3.5 Die 2018 COP24 is 'n konferensie oor (dienslewering/
klimaatsverandering). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/2018
SSE
1.4 Kies die prent uit KOLOM B wat by die faktore wat tot 'n suksesvolle
besienswaardigheid bydra in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs
die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.4.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Misdaadvoorkoming A
1.4.2 Voorkoms en B
instandhouding van
'n besienswaardigheid
1.4.3 Bemarking van die C
besienswaardigheid
1.4.4 Universele D
toeganklikheid
1.4.5 Bekwame en etiese E
gedrag van personeel
F
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/2018
SSE
1.5 Bestudeer die bladsy met 'Vrae wat gereeld gevra word' van die TOMSA-
boekie hieronder.
Pas die antwoorde (in die blokkie hieronder) by die 'Vrae wat gereeld gevra
word'. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 verblyf.
bemarking; 1%; 80%; SAToerisme; toeriste;
verblyfondernemings; lugdienste; verpligtend;
vrywillig; FTT
Vrae Wat Gereeld Gevra Word
1.5.2
Waarvoor word die
1.5.1 toerismeheffing
Hoeveel is die gebruik?
toerismeheffing?
1.5.3
Watter toerisme-
besigheid vorder die
heffing in?
1.5.4
Is die invordering
van die toerisme- 1.5.5
heffing verpligtend Wie betaal die
of vrywillig? toerismeheffing?
(5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/2018
SSE
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord
die vrae wat volg.
Perth
Parys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/2018
SSE
DIE 2019 FIFA-WÊRELDBEKERTOERNOOI VIR VROUE
Suid-Afrikaanse sokkerondersteuners gaan na Parys, Frankryk, vlieg om na
sommige van die Wêreldbekerwedstryde te gaan kyk. Hulle sal om 20:00 op
Woensdag, 5 Junie 2019 vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe
vertrek. Hulle totale vliegtyd sal 11 uur wees. Hulle gaan in Frankryk bly vir
die duur van die Wêreldbeker. Daarna gaan hulle 'n paar dae in drie lande in
die noord-ooste van Europa deurbring wat grense met Frankryk deel.
LET WEL: Frankryk pas DBT toe.
2.1.1 Noem die visum waarvoor Suid-Afrikaners sal moet aansoek doen
om Frankryk te mag binnegaan. (1)
2.1.2 Maak 'n lys van DRIE stawende dokumente wat saam met die
aansoek vir die visum in VRAAG 2.1.1 ingedien moet word. (3)
2.1.3 (a) Bereken hoe laat kykers in Perth, Australië, na die lewendige
uitsending van die openingseremonie op televisie sal kan kyk. (5)
(b) Bereken hoe laat die Suid-Afrikaanse ondersteuners in Parys,
Frankryk, sal aankom.
LET WEL: Toon ALLE berekeninge (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/2018
SSE
2.2 DAGLIGBESPARINGSTYD
Dagligbesparingstyd 2019 in Frankryk begin om
02:00 op Sondag, 31 Maart en sal om 03:00 op Sondag, 27 Oktober eindig.
2.2.1 Verduidelik EEN rede waarom Suid-Afrikaanse sokker-
ondersteuners wat die Wêreldbeker bywoon van DBT in hulle
reisbeplanning bewus sal moet wees. (2)
2.2.2 Verduidelik TWEE tyd-verwante voordele vir Suid-Afrikaanse
ondersteuners terwyl hulle by die 2019 FIFA-Wêreldbekertoernooi
vir Vroue in Parys is. (4)
2.3 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Suid-Afrikaanse sokkerondersteuners wil langer in Europa vertoef na die
afloop van die 2019 FIFA-Wêreldbekertoernooi vir Vroue. Hulle beplan om
DRIE lande in die noord-ooste van Europa te besoek wat grense met
Frankryk deel. Hulle gaan die EuroRail gebruik om na hierdie lande te reis.
KAART VAN LANDE WAT GRENSE MET FRANKRYK DEEL
[Aangepas uit http://nissanmaxima.me]
2.3.1 Logiese roetebeplanning is 'n belangrike oorweging vir
internasionale reise.
Kies DRIE lande in noordoos-Europa wat 'n grens met Frankryk
deel, wat die Suid-Afrikaners kan besluit om te besoek.
Skryf slegs die vraagnommer en die name van die lande neer. (3)
2.3.2 Noem die buurland wat NIE die euro as geldeenheid gebruik NIE. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/2018
SSE
2.4 Bestudeer die prent hieronder en antwoord die vrae wat volg.
VLUGVOOSHEID EN VLUGUITPUTTING
Langafstandvlugte kan 'n invloed op
die fisiese welstand van 'n toeris hê.
[Bron: http://www.huffingtonpost.co.za]
2.4.1 Verduidelik die verskil tussen vlugvoosheid en vluguitputting. (4)
2.4.2 (a) Verwys na die prent en gee TWEE simptome van
vlugvoosheid. (4)
(b) Noem TWEE maniere waarop die simptome wat in
VRAAG 2.4.2(a) gegee is, verminder kan word. (4)
[38]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/2018
SSE
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die prent en die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.
FOOITJIES ('TIPS')
'n Internasionale besoeker het 'n fooitjie vir die kelner
op die tafel in 'n restaurant in Suid-Afrika gelos.
LAND VALUTAKODE BAK BVK
Verenigde GBP 16.00 16.06
Koninkryk
Europese lande EUR 13.60 13.70
3.1.1 Identifiseer die valuta wat vir die kelner op die tafel gelos is. (1)
3.1.2 (a) Tel die totale waarde van die buitelandsevaluta-note en
-kleingeld wat op die tafel gelos is, bymekaar. (1)
(b) Bereken hoeveel die kelner in rand kan verwag wanneer die
eienaar van die restaurant die valuta namens hom/haar
omruil. (3)
3.2 'n Britse toeris het 27 Britse pond vir die kelner op die tafel gelos.
3.2.1 Bereken die bedrag wat die kelner in rand ontvang het.
Toon ALLE berekeninge en rond jou antwoord tot TWEE desimale
plekke af. (3)
3.2.2 (a) Vergelyk die twee scenario's hierbo ten opsigte van die
waarde van die fooitjies wat die kelner ontvang het. (2)
(b) Verduidelik hoe die fooitjies ('tips') wat die kelner ontvang het,
tot die vermenigvuldigereffek in die nabygeleë gemeenskap
kan bydra. (2)
[12]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/2018
SSE
AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Verwys na die leidrade hieronder en voltooi die blokkiesraaisel.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.7 Eiffel-toring.
LEIDRADE
AF DWARS
4.1.1 Gebou ter herdenking van die 4.1.2 Die struktuur wat afgebreek is
sultan se vrou om die val van kommunisme
te simboliseer
4.1.3 Toeristebesienswaardigheid
ook bekend as Uluru 4.1.4 Ikoon in Portugal
4.1.5 Stad waar hierdie standbeeld
geleë is
4.1.6 Land waar hierdie multikuns-
sentrum geleë is
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/2018
SSE
4.2 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
IS OPTELGOED HOUGOED?
Vyfduisend artefakte* wat baie jare gelede by Machu Picchu opgegrawe is,
word by die Universiteit van Yale se museum in die VSA bewaar. Die rede
hiervoor is dat toe dit oorspronklik ontdek is, die Universiteit van Yale in die
1900's die regte tot eienaarskap by die regering van Peru gekoop het.
Akademici van Peru was destyds so gefassineer deur hulle antieke kultuur en
erfenis dat hulle daarteen gekant was dat die artefakte uit die land geneem
word. Sommige mense van Peru was van mening dat dit 'n belediging vir
hulle was om Noord-Amerika toe te moet gaan om dit, wat eens in Peru en
deel van die geskiedenis van hulle voorvaders was, te gaan bestudeer.
Onderhandelinge is 'n paar jaar gelede tussen die Universiteit van Yale en die
regering van Peru begin om sommige van die artefakte na die nuut
gerestoureerde (herstelde) museum by Machu Picchu terug te bring. Yale is
egter huiwerig om sekere van die artefakte terug te gee aangesien hulle b
beweer dat hulle die wettige eienaars van die artefakte is. Peru het met
'n hofgeding (hofsaak) teen Yale gedreig indien 'n ooreenkoms nie bereik
word nie. Tot dusver is daar nog geen ooreenkoms bereik nie en die stryd om
die artefakte na hul wettige eienaars terug te bring, duur voort.
*Kultuurvoorwerpe van belang
[Aangepas uit www.kimmacquarrie.com/peru-yale]
4.2.1 Noem die antieke kultuurgroep wat met Machu Picchu verbind
word. (1)
4.2.2 Noem die kontinent waar Machu Picchu geleë is. (1)
4.2.3 Verduidelik waarom hierdie ikoon gebou is. (2)
4.2.4 Hierdie ikoon is hoog in die berge van Peru ontdek.
Bespreek EEN rede waarom hierdie kultuurgroep sou verkies het
om so hoog in die berge te woon. (2)
4.2.5 Identifiseer TWEE maniere in die artikel waarop die regering van
Peru probeer om die belangrikheid van hierdie ikoon te laat herleef. (4)
4.2.6 In 'n paragraaf, verduidelik die meningsverskil oor die artefakte van
Machu Picchu.
Jou paragraaf moet op die volgende fokus:
• 'n Bespreking oor die meningsverskil tussen Yale en Peru ten
opsigte van die ikoon. (2 x 2)
• EEN argument ten gunste van Peru se standpunt. (2)
LET WEL: EEN punt sal toegeken word vir die formaat van die
paragraaf wat volledige, goed saamgestelde sinne
sonder 'bullets' of nommers bevat. (1) (7)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/2018
SSE
VRAAG 5
Bestudeer die inligtingsbord hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Aangepas uit www.unesco.org]
5.1 Noem die tipe Wêrelderfenisterrein wat op die inligtingsbord getoon word. (1)
5.2 Noem die provinsie waar die terrein in VRAAG 5.1 geleë is. (1)
5.3 Gee EEN rede waarom die UNESCO-logo's op die inligtingsbord verskyn. (2)
5.4 Op die inligtingsbord hierbo beweer UNESCO: 'Hierdie werke toon die
evolusie van menslike beskawings en vestiging oor baie jare heen …'
Stel TWEE kenmerke van hierdie terrein voor wat die evolusie van menslike
beskawings aandui. (4)
5.5 Verduidelik TWEE maniere waarop hierdie terrein van globale belang vir die
nageslag is. (4)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/2018
SSE
VRAAG 6
Bestudeer die inligting uit die TOMSA-boekie hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
Ons Inisiatiewe:
• Die Toerismeveiligheidsinisiatief (TVI/'TSI') is 'n nasionale misdaadvoorkomings-
en slagofferondersteuningsprogram vir die toerismebedryf in Suid-Afrika. TVI help
om misdaad in ons bedryf en land as 'n geheel uit te wis deur bronne in
samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens te gebruik.
• Om die groei en ontwikkeling van die toerismesektor te bevorder, die
bemarkingsbegroting te vergroot en sodoende die aantal toeriste na Suid-Afrika
te verhoog.
• Om verhoudings met die Toerismebesigheidsraad van Suid-Afrika (TBRSA/
'TBCSA') te versterk.
• Om heffinginvorderaars 10% afslag aan te bied wanneer hulle by plaaslike en
internasionale handelskoue as deel van die Suid-Afrikaanse uitstalruimte kom
uitstal.
6.1 Naam die organisasie wat in die logo verteenwoordig word. (1)
6.2 Noem TWEE maniere waarop die Toerismeveiligheidsinisiatief
toerismebesighede sal bevoordeel. (4)
6.3 Uit die inligting, identifiseer die volgende:
6.3.1 EEN openbare entiteit wat saam met Suid-Afrika se
bemarkingsliggaam werk om die toerismebedryf in Suid-Afrika te
laat groei en ontwikkel (1)
6.3.2 EEN organisasie wat saam met Suid-Afrika se bemarkingsliggaam
werk om die toerismebedryf in Suid-Afrika te laat groei en ontwikkel (1)
6.4 Bespreek TWEE maniere hoe toerismebesighede uit die inisiatiewe in die
artikel voordeel kan trek. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/2018
SSE
6.5 Gee die naam van die volgende:
6.5.1 Die internasionale reishandelskou in Duitsland waar Suid-Afrika
bemark word. (1)
6.5.2 Die plaaslike reishandelskou in Durban. (1)
6.6 Gee TWEE voorbeelde van e-bemarking wat gebruik word om Suid-Afrika as
'n voorkeurbestemming te bemark. (2)
[15]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/2018
SSE
AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die prente van werknemers by 'n reisagentskap hieronder en antwoord die
vrae wat volg.
ME. TEISTERING MNR. LUIAARD
7.1 Verduidelik die belangrikheid van 'n gedragskode by 'n reisagentskap. (2)
7.2 Bespreek TWEE maniere waarop die onprofessionele gedrag van die
personeel in die prente hierbo 'n negatiewe invloed op die werksetiek van
ander personeellede in die reisagentskap kan hê, ten opsigte van:
7.2.1 Teistering (4)
7.2.2 Luiheid (4)
7.3 Verduidelik TWEE maniere waarop die werkgewer die gevalle van
onprofessionele optrede hierbo doeltreffend kan hanteer om produktiwiteit by
die reisagentskap te verseker. (4)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/2018
SSE
VRAAG 8
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE 'SWOP SHOP' – HELP KINDERS OMGEE
Toeriste wat Gansbaai vir haaihokduik besoek, word aangemoedig om die Gansbaai
'White Shark Swop Shop' te besoek.
Die Swop Shop is al sedert November 2007 in bedryf en bevorder ontwikkeling binne
die plaaslike gemeenskap.
Die kinders van Masekhane maak bottels, blikke, plastiek- en ander herwinbare
materiaal bymekaar in sakke wat by die Swop Shop afgelewer word. In ruil daarvoor,
verdien hulle kooppunte wat hulle in die winkel kan spandeer. Die winkel hou voorraad
aan soos skryfbehoeftes, basiese kosvoorraad en klere.
Die organiseerders van die projek glo dat die items wat bymekaargemaak word in ruil
vir iets in die winkel, die plaaslike kinders waardevolle lewenslesse leer, soos:
• Handelsvaardighede
• Die belangrikheid van herwinning
• Trots te wees op die netheid van hulle omgewing
• Om keuses te maak oor wat om in die winkel te koop
• Om hulle kooppunte te bestuur en om vir groter items in die winkel te spaar
Die White Shark Swop Shop-KMB('CSI')-inisiatief kombineer bewaring, maatskaplike
verbetering en opvoeding op 'n unieke manier.
[Aangepas uit www.whitesharkproject.co.za]
8.1 8.1.1 Uit die uittreksel hierbo is dit duidelik dat die primêre fokus van die
White Shark-projek die omgewings- en maatskaplike pilaar van
volhoubare toerisme is.
Identifiseer EEN voorbeeld hoe die ekonomiese pilaar by die Swop
Shop toegepas word. (2)
8.1.2 Verduidelik DRIE maniere, uit 'n ekonomiese perspektief, waarop
die White Shark Swop Shop- projekorganiseerders die kinders van
Masekhane bemagtig om in selfonderhoudende individue te
ontwikkel. (6)
8.2 Lees die slagspreuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERANTWOORDELIKE REIS:
PLAAS TERUG IN REIS WAT JY DAARUIT KRY
Stel TWEE maniere voor waarop toeriste kan 'terugplaas in reis wat hulle
daaruit kry', deur:
8.2.1 Die plaaslike gemeenskap te ondersteun (4)
8.2.2 Die omgewing te bewaar (4)
[16]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/2018
SSE
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
Lees die koerantberig hieronder en antwoord die vrae wat volg.
VYF VORIGE PRESIDENTE VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
SAMEL FONDSE IN NA VERWOESTENDE ORKANE
Die vyf lewende voormalige (vorige) Amerikaanse presidente verskyn saam op die
verhoog by 'n fondsinsamelingsgeleentheid.
Orkaan Harvey het in 2017 Texas getref, Orkaan Irma het Florida getref en Orkaan
Maria het gedeeltes van die Karibiese Eilande verwoes. Dit het etlike honderde
sterftes en skade van miljarde dollar aangerig.
Fondse is tydens hierdie geleentheid ingesamel vir diegene wat deur hierdie
orkane geaffekteer is.
[Aangepas uit www.theguardian.com]
9.1 9.1.1 Gee 'n beskrywing van 'n orkaan. (2)
9.1.2 Bespreek TWEE redes waarom 'n gedeelte van die geld, wat deur
die voormalige presidente ingesamel is, op toerisme-infrastruktuur
in gebiede wat deur die orkane geaffekteer is, bestee moet word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/2018
SSE
9.2 Suid-Afrika het in die laaste jare sy eie deel natuurrampe beleef, soos die
verwoestende veldbrande gedurende 2017 in Knysna.
Stel DRIE maniere voor waarop die toerismebedryf in Knysna van die
veldbrandramp kan herstel. (6)
9.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JOHANNESBURG IS TOPS
Volgens MasterCard, was Johannesburg in 2016, vir die vierde jaar, die
bestemmingstad wat die meeste uit 13 stede in Afrika besoek is.
2015 2016 JAAR-TOT-JAAR-GROEI
3,39 miljoen besoekers 3,6 miljoen besoekers 6,2% toename
Die top bronmarkte na Johannesburg, besoekersgetalle en besteding word in
die tabel hieronder gegee.
TOP 5 STEDE VANWAAR GESKATTE INTERNASIONALE
JOHANNESBURG SE INTERNASIONALE BESOEKER-
BESOEKERS IN 2016 OORNAG- BESTEDING IN
AFKOMSTIG WAS BESOEKER- VS-DOLLAR
GETALLE
1. Londen (Verenigde Koninkryk) 373 000 USD285 miljoen
2. Harare (Zimbabwe) 294 000 USD106 miljoen
3. Frankfurt (Duitsland) 233 000 USD84 miljoen
4. Maputo (Mosambiek) 185 000 USD41 miljoen
5. Parys (Frankryk) 163 000 USD155 miljoen
[Aangepas uit www.newsroom.mastercard.com]
9.3.1 Noem die maatskappy wat die statistiek in die inligting hierbo
saamgestel het. (1)
9.3.2 Gee die betalingsmetode wat met die onderneming in
VRAAG 9.3.1 geassosieer word. (2)
9.3.3 (a) Noem of die top 5 bronmarkte volgens besoekersgetalle of
besteding gerangskik is. (1)
(b) Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 9.3.3(a). (2)
9.3.4 Identifiseer die volgende markte:
(a) Die mark met die laagste besteding (1)
(b) Die mark met die hoogste besteding (1)
9.3.5 Noem EEN manier waarop die stad Johannesburg die markte met
die laagste besteding se bestedingspatrone kan verhoog. (2)
[22]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 26 DBE/2018
SSE
VRAAG 10
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOTELLE MOET HULLE AANLYN REPUTASIES BESTUUR
Die meeste toeriste lees aanlyn beoordelings as deel van hulle reisbeplanning. Hulle
besoek webtuistes waar beoordelings en graderings langs tariewe en
besprekingsopsies genoem word.
Hierdie aanlyn beoordelings sal 'n invloed op die toeris se keuse van verblyf hê.
Daarom moet 'n hotel sy aanlyn reputasie bestuur deur op alle beoordelings wat op die
internet geplaas word, te reageer.
[Aangepas uit www.reknown.com]
10.1 Noem EEN manier waarop terugvoering van klante reisbeplanning beïnvloed. (2)
10.2 Stel EEN manier voor waarop 'n hotel op die volgende moet reageer:
10.2.1 'n Positiewe aanlyn beoordeling van die hotel (2)
10.2.2 'n Negatiewe aanlyn beoordeling van die hotel (2)
10.3 Verduidelik EEN rede waarom reaksie op aanlyn beoordelings by
VRAAG 10.2 'n manier is om 'n hotel se aanlyn reputasie te bestuur. (2)
[8]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Tourism Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2018 Question Paper

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2018 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum