Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12201222 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRADE 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2012 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2012 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat nagesien word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Leerders moet enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die leerder in baie gevalle: • Leerders moet krediet ontvang vir hul eie menings en idees in antwoorde. • Krediet moet ook aan laterale denke gegee word. • Dit is ook belangrik dat argumente en stellings goed beredeneer en gemotiveer moet word deur verwysings na spesifieke faktore. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. 4. Inligting en kunswerke bespreek in een antwoord, mag nie krediet kry as dit in 'n ander antwoord herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Leerders moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. 6. Leerders mag beide twee- en drie-dimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie leerders hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die merkproses. 8. Slegs een punt word toegeken aan die korrekte naam van die kunstenaar en korrekte titel van die werk. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS • Hierdie memorandum moet dien as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as 'n onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die memorandum is slegs 'n voorgestelde gids. • Nasieners word aangemoedig om leerders te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie. • Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet leerders in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek. • Leerders moet alle vrae in VOL SINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte behaal nie. • Nasieners moet verwys na die Visuele Kunste VAR-dokument (bl. 24) se matriks as 'n riglyn om die vlakke van prestasie te bepaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Assessering van leerders se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE- LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUURSTUDIES  KODE 7 • Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Uitstekend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 80 – 100% lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings. 6 • Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul Verdienstelik kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 70 – 79% kommentaar te lewer. • Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon uitstekende insig en begrip. 5 • Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Substansieel sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 60 – 69% lewer. • Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n goeie vlak van insig en begrip. 4 • Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Gemiddeld sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 50 – 59% lewer. • Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip. 3 • Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele, Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 40 – 49% lewer. • Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip. 2 • Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul Elementêr kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 30 – 39% kommentaar te lewer. • Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip. 1 • Demonstreer min of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul Nie behaal nie kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop 0 – 29% kommentaar te lewer. • Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie. • Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns. • Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 1: DIE OPKOMENDE STEM VAN SWART KUNS 1.1 Leerders moet aandui of hulle dink die Suid-Afrikaanse kunstenaars in Figuur 1b en 1c gee 'n meer geïdealiseerde uitbeelding van harde arbeid as Courbet in Figure 1a. Merkers moet daarop let dat leerders slegs vol punte kan kry as hulle al die voorbeelde bespreek het. Maksimum 7 punte uit 10 vir die bespreking van slegs 2 voorbeelde. Maksimum 5 punte uit 10 vir die bespreking van slegs 1 voorbeeld. FIGUUR 1a: Gustave Courbet, The Stone Breakers Courbet was 'n Franse Realistiese skilder van die laat 19de eeu wat gesê het dat hy nie 'n engel kan skilder nie, want hy het nog nooit een gesien nie. Realisme word gekenmerk deur die uitbeelding van daaglikse tonele, gewoonlik die armes en verdruktes. In hierdie skildery wys Courbet ons 'n ouer man en 'n seun wat klippe breek. Dit is 'n rugbrekende, laag besoldigde werk. Courbet gee waardigheid aan hierdie arme figure. Courbet maak mense van sy tyd bewus van die nood van armes. Die twee figure word in die voorgrond van die skildery geplaas met die seun wat 'n houer vol klippe vashou, terwyl die ou man kniel terwyl hy klippe breek. Daar is 'n komposisionele vloei van die seun deur 'n diagonale byl tussen die twee figure na die knielende figuur. Die kyker se oog stop by die byl wat hoog in die man se hand gehou word. Dit is naturalisties – toon al die detail van die figure, voorwerpe en landskap. Die kleur is tipies van Realistiese skilderye in die dowwe bruine en gele. Die naturalistiese styl van hierdie skildery wys alles in detail soos in die beskrywing van verskillende teksture. FIGURE 1b: Gerard Sekoto, Song of the pick Die werk is geverf in die jare net voordat Sekoto na Frankryk vertrek het en voordat die Nasionale Party se apartheidsbeleid in werking getree het. Segregasie tussen die rasse was egter altyd algemeen in Suid-Afrika. Hierdie werk word dikwels beskou as Sekoto se mees politieke werk. Die kragtige skildery is van 'n foto-gebaseerde tekening aangepas wat hy van swart werkers met hulle pikke gemaak het Die ry swart werkers word gesien met hulle pikke almal gelyk opgelig. Hulle is geïdealiseerde sterk, magtige figure sonder individualiteit en tot oorlopens vol energie. Hulle toesighouer, 'n wit man wat pyp rook, word deur die mans verdwerg. Hy is in skerp kontras met die fisiese voorkoms van die swart arbeiders. Die werk spreek van die bewustheid van swart mag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Hierdie figuratiewe werk lyk asof dit deur vroeë Modernistiese bewegings, soos Post-Impressionisme en Fauvisme. Alhoewel Sekoto ontken dat hy deur hierdie bewegings beïnvloed is, is daar 'n instinktiewe verband met daardie bewegings. Komposioneel vorm die werkers 'n sterk diagonale groep met 'n gevoel van beweging en energie. Die krag van hierdie diagonale groep word deur die figuur van die klein vertikale figuur van die toesighouer gestop. Sekoto versterk hierdie diagonale krag nog meer deur die vingers af te sny sodat party pikke buite die raam is. Herhaling speel 'n belangrike deel van hierdie werk gesien in die herhaling van die postuur van die werkers. Hierdie herhaling skep 'n gevoel van ritme in die werk en dit is asof die kyker die lied van die pik kan 'hoor'. Duidelike herhaling van kwashale en helder kleure skep ritme in die skildery. FIGUUR 1c: Maggie Laubser, Harvest time Laubser het tyd saam Duitse Ekspressioniste in Duitsland spandeer, veral Schmidt-Rottluff (Die Brücke). Sy het hulle ekspressiewe en verwronge skilderstyl terug Suid-Afrika toe gebring. Sy is op 'n plaas in die Wes-Kaap gebore en het na hierdie milieu teruggekeer in haar werk. Hierdie skildery toon 'n Wes-Kaapse koringplaas waar werkers die koringgerwe optel. Die skildery gee ook 'n panoramiese uitsig van die koringlande, die arbeiders se huisies in die verte, berge en wolke. Die styl is baie ekspressionisties met verwronge en vereenvoudigde vorms. Daar is 'n kinderlike onskuld in hierdie werk wat in die vereenvoudigde wolke gesien kan word. Die helder kleure word gekontrasteer met die geel koring en die blou van die klere, berge en lug. Komposioneel word die kyker in die skildery ingetrek deur die diagonale lyne van die lande en die figuur links. Sy herhaal die kleur rooi op ‘n slim manier, sigbaar in die hemp van die een arbeider links en tikkies rooi in die hoede van die twee ander naamlose arbeiders. Sy kan gekritiseer word dat sy die landelike lewensstyl verheerlik en dit as idillies uitbeeld, en dat sy nie die harde lewe van die plaaswerkers wys nie. In beide Sekoto en Laubser se werke word die werkers geidealiseered aangesien daar geen individuele figure is nie. Die gesigte is of weggedraai of baie skematies uitgebeeld, soos die sentrale figuur van Laubser se skildery. Hulle verteenwoordig 'n sekere tipe mens. In die Sekoto is hulle fisies sterk swart mans, terwyl hulle in die Laubser sjarmante 'sprokiesverhaalkarakters' is. Laubser en Sekoto beeld nie die harde werklikheid van werkers in Suid-Afrika uit nie. In die tyd waarin die werkers en plaaswerkers geskilder is, was hulle ongeskoold, laag besoldig en het nie helder, kleurvolle lewens gelei soos in (10) die skilderye uitgebeeld word nie. 1.2 Leerders moet ten minste TWEE spesifieke kunswerke van enige Suid- Afrikaanse kunstenaars wat hulle bestudeer het, wie se werk ons stories van mense en/of plekke in ons land vertel, bespreek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Hulle opstelle moet die volgende insluit: • Name van kunstenaars • Titels van kunswerke • Inspirasies en invloede op die werk • Formele elemente in die werk gebruik • Temas en betekenis Maksimum 7 punte uit 10 vir die bespreking van slegs 1 voorbeelde. (10 [20] VRAAG 2: SOEKE NA 'N AFRIKA-IDENTITEIT IN SUID-AFRIKAANSE KUNS Leerders moet FIGUUR 2a en 2b bestudeer en 'n paragraaf skryf waarin hulle elke werk ontleed. Maksimum van 5 punte vir net 1 bespreking. 2.1 FIGUUR 2a. Ernest Mancoba, Composition, waterverf, geen datum. Mancoba het nooit enige formele kunsopleiding ontvang nie en is deur Lippy Lipschitz, Irma Stern, asook Europese kunsbewegings, bv. Duitse Ekspressionisme en Abstrakte Ekspressionisme beïnvloed. Die stylkenmerke in hierdie skildery is ekspressief, maar beheers. Mancoba verkies om met waterverf te werk, soos gesien in FIGUUR 2a, aangesien dit spontane kwaswerk toelaat. Die opwelling van helder primêre en sekondêre kleure met tikkies wit is 'n definitiewe invloed van die Fauves. Lyn en kleur word gebruik sonder om enigiets anders voor te stel. Daar is geen figuratiewe onderwerpmateriaal nie. Die vierkant-komposisie bestaan slegs uit kleur en lyn. Die diagonale lyne skep 'n gevoel van energie, beweging en rusteloosheid. Die fokale punt word geskep deur donker blouswart lyne wat in die middel van die komposisie saamsmelt om 'n onreëlmatige vorm te skep. Tussen die lyne is onreëlmatige kleurvorms lukraak geverf. FIGUUR 2b. Irma Stern, The hunt, olieverf op doek, 1926. Irma Stern is met die Duitse Ekspressionistiese skilders geassosieer en deur hulle beïnvloed. Haar helder en lewendige styl word as 'modern' beskou. Stern het baie gereis en landskappe en mense wat sy op die reise teëgekom het, geskilder. Haar voorkeur-medium was olieverf wat sy met 'n kwas of mes aangewend het [impasto – verf wat dik aangewend is]. Al die figure, asook die honde in die voorgrond, is geïdealiseerd. Haar gebruik van sensuele kleure word gesien in haar gebruik van groene, bloue, en geel, neutrale bruine en tikkies rooi. gesien. Sy omlyn die figure in 'n swartblou kleur, soos die Post- Impressioniste gemaak het. Daar is hoekige diagonale lyne wat beweging skep. Die verwronge portrette van die jagters is deur Afrika-maskers beïnvloed. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Perspektief en ruimte is geskep deur die figure kleiner te teken soos wat ruimte kleiner word en deur die vaagheid van figure. Leerders moet oor beide skilderye antwoord en dit motiveer. (8) 2.2 Leerders moet 'n opstel skryf [ongeveer 1½ bladsye] waarin hulle die reis wat kunstenaars onderneem het, bespreek en hoe hulle deur beide Westerse en Afrika-tradisies beïnvloed is. (12) [20] Leerders mag Suid-Afrikaanse - en/of internasionale kunstenaars bespreek. Maksimum 8 punte vir net 1 voorbeeld bespreek. VRAAG 3: KUNS EN POLITIEK: WEERSTANDS- OF PROTESKUNS 3.1 Met verwysing na die visuele bronne (FIGURE 3a en 3b); moet leerders 'n opstel skryf waarin hulle die stelling wat gemaak word, debatteer. Maksimum 7 punte vir net 1 voorbeeld bespreek. FIGUUR 3a: Jane Alexander, Ongetiteld, was, verf, been, gips, hout, staal, 1982. Alexander poog om deur haar werk die wyse waarop geweld, aggressie, wreedheid en lyding deur die menslike figuur oorgedra en uitgedruk word, te identifiseer. Alexander se vroeë werk was 'n sosio-politieke reaksie op die geweld van die 1980's in Suid-Afrika. Ongetiteld, 1982, is ‘n vroeë werk deur Alexander wat twee lewensgrootte skeletfigure uitbeeld wat aan ‘n houtraam hang. Die twee ontstellende figure hang hulpeloos in die houtraam – amper soos trofeë of dalk karkasse in ‘n abattoir. In die brutale wyse waarin hulle uitgebeeld is, het hulle ‘n sterk ‘skokeffek’. Alexander voel dat die publiek aangetrek word deur geweld, aangesien dit ‘n gevoel van sensasie skep. Die figure lyk na menslike karkasse, maar het dierskedels in die plek van mensekoppe. Hulle swaai aan hake, amper soos in ‘n gruwelfilm. Omdat hulle lewensgroot is, het hulle‘n ongelooflike teenwoordigheid en skep hulle ‘n ontstellende effek. Alexander het miskien doelbewus nie ‘n titel aan die werk gegee nie, omdat sy wil hê dat die aanskouers hul eie interpretasie van die beelde moet vorm, onbeïnvloed deur haar intensies. Ongetiteld beklemtoon ook dat hierdie ‘slagoffers’ enigiemand kan wees - hulle is anoniem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Die liggame is skelette en verleng, asof hulle uitgeteer is deur ‘n gebrek aan voedsel, of miskien uitgerek is op ‘n folteringsrak– beide ‘n gevolg van erge lyding. Hulle is slagoffers. Die figure is erg verwring en geslagloos. Deur hul saam in die houtraam uit te stal, dra by tot hul kragtige vermoë om die aanskouer direk te betrek. Hulle verwringde figure suggereer ‘n gevoel vir die groteske. Deur die twee ontstellende figure saam uit te stal, dra dit by tot die skok impak van die kunswerk. Daar kan gevra word of dit ‘n ‘paartjie’ is – ‘n man en vrou, maar daar is geen visuele leidrade wat die geslag aanbetref nie. Alexander verstaan ook die ‘stilte van ruimte’ – waar die verhouding van een figuur tot die ander ‘n gevoel van vervreemding, alleenheid, afgesonderdheid of eensaamheid skep. FIGUUR 3b: Paul Stopforth, Death in Detention, 1978. Hier konfronteer Stopforth die kwessies van marteling en aanhouding tydens apartheid in Suid-Afrika toe die arrestasie van politiese protesteerders wydverspreid was. Dood in detensie (aanhouding) was algemeen. In hierdie werk bied Stopforth die kyker 'n installasie van drie lewensgrootte pleisterfigure in 'n kamer. Die kyker voel asof hy/sy in hierdie ondervragingsruimte teenwoordig is. Dit het 'n sterk emosionele impak. Die manier waarop die figure aangebied word, toon hulle hulpeloosheid – hulle is die slagoffers. Een figuur lê uitgestrek op die vloer met 'n tou om sy nek. Hy is duidelik dood, sy liggaam gebreek en in 'n vreemde posisie. Die tweede figuur sit op 'n stoel – arms agter sy rug vasgemaak met 'n mus oor sy kop getrek. Dit lyk asof hy met die stoel waarop hy sit, saamsmelt. Die derde figuur staan nakend, met sy rug na ons toe, sy bene gesprei en hande ferm op die muur voor hom geplaas – wagtend. Al drie figure wek 'n sterk gevoel van stilte op. Die gevoel van die ongesiene martelaar is altyd teenwoordig. Kykers word ontstel deur die feit dat hulle nooit weet hoe die finale toneel verloop nie. Sal hulle dit oorleef of nie? (10) 3.2 Leerders moet 'n opstel skryf (ongeveer EEN bladsy) waarin hulle ten minste TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het, wat 'n sterk stelling maak oor maatskaplik-politieke kwessies, bespreek. Die volgende moet as riglyn gebruik word: • Titels van die kunswerke en naam (name) van kunstenaar(s) • Media en tegniek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Invloede • Stilistiese kenmerke Onderwerp en boodskap wat oorgedra word Formele analise/ontleding van kunswerktegnieke moet duidelik wees. Maksimum 7 punte vir net 1 voorbeeld bespreek. Leerders kan enige kunstenaar/s wat sosio-politiese kommentaar lewer, bespreek. (10) [20] VRAAG 4: KUNSVLYT ('CRAFT') EN TOEGEPASTE KUNS Leerders moet bespreek waarom kunsvlytkunstenaars meer bewus van huidige tendense moet wees as hulle hoop om 'n bestaan uit hulle kuns te maak. Daar kan geargumenteer word dat tradisionele kunsvlytkunstenaars nie innoverend genoeg is om meer eksperimenteel met hulle materiaal en tegnieke te wees nie. 4.1 Leerders moet na die visuele beelde in FIGUUR 4a–d verwys en 'n paragraaf skryf (ongeveer ½ bladsy) waarin hulle debatteer of dit belangrik is vir kunsvlytkunstenaars om moderner en meer bewus van huidige tendense te wees, en as hulle so dink of tradisionele kunsvorms vir ewig verlore sal gaan. Hierdie is algemeen debatteerbaar – leerders mag nie gepenaliseer word indien hulle nie spesifieke verwysing na die gegewe bronne gee nie. Tradisionele kunsvorms word steeds gebruik en kan gesien word in mandjiewerk, pottebakkery, draadwerk, houtwerk en kralewerk. Kunstenaars het die tradisionele tegnieke gebruik om nuwe kunsvorms te skep. Mandjieweef het handwerksmanne geïnspireer om met verskillende materiale te weef, soos gesien word in matte uit plastiek, klere, ensovoorts. Die beeldhouer, Walter Oltmann, gebruik weeftegnieke. In die telefoondraadmandjie [FIGUUR 4d] word tradisionele weefmetodes gebruik, en die mandjie is beide funksioneel en esteties aantreklik vir die toeristemark. Oorspronklike kunsvlytitems, soos kleipotte en geweefde mandjies [FIGUUR 4C] is in die alledaagse lewe gebruik. Mandjies was baie belangrik in die lewe van die stam in al hulle rituele en godsdienstige plegtighede. Potte is gebruik vir godsdienstige seremonies en rituele, met 'n diepe betekenis in 'n mistieke en artistieke sin. Vandag is potte nie slegs funksioneel nie, maar ook dekoratief. Die kunsvlytkunstenaars het entrepreneurs geword wat hulle werk aan winkels en oorsese versamelaars verkoop. Dekoratiewe kralewerk word in juweliersware en mode-items, soos in FIGUUR 4a en 4b, geïnkorporeer. Oorspronklike mode-items is slegs binne die stamme gemaak, maar deesdae verskyn dit op die loopplanke van modeskoue en tydskrifte. Kralewerk word in klere geïnkorporeer. Deesdae het die grense tussen kuns en handwerk feitlik verdwyn. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 4.2 Die leerder moet 'n opstel skryf (ongeveer 1½ bladsye) waarin hulle die werk van enige TWEE kunsvlytkunstenaars wat hulle bestudeer het, bespreek. Hulle moet na die volgende verwys: • Name van kunsvlytkunstenaars • Soort kunsvlyt wat geskep is • Gebruik van materiale • Funksie • Gebruik van tradisionele en/of kontemporêre tegnieke • Gebruik van dekoratiewe elemente • Enige ander relevante inligting met betrekking tot elk van die kunstenaars wat bespreek word Maksimum 10 punte indien net 1 kunsvlytkunstenaars bespreek is. Kunsvlytkunstenaars kan Suid-Afrikaans en/of internasionaal wees. (14) [20] VRAAG 5: KUNS EN MAG 5.1 Leerders moet die inligting gegee, lees en 'n kort opstel skryf (ongeveer EEN bladsy) waarin hulle die volgende bespreek: • Die boodskap/betekenis agter die gebruik van wapens om The Tree of Life (Die Boom van Lewe) (FIGUUR 5a) te skep. Waarom, dink hulle, het hierdie kunstenaars besluit om 'n boom te gebruik? Op watter manier herdenk dit Mosambiek se burgeroorlog? • Die gebruik van die AK-47 in Afrika en die rede waarom die kunstenaars in FIGUUR 5b, 5c and 5d besluit het om dit as onderwerp vir hulle kuns te gebruik. • Die materiale wat gebruik is om AK-47's in FIGUUR 5b, 5c and 5d te skep. Wat is, volgens hulle, die boodskappe wat hierdie kunswerke oordra? Figuur 5a: Cristovao Canhavato (Kester), Hilario nhatugueja, Fiel dos Santos en Adelino Serafim Mate, The Tree of Life, beeldhouwerk gemaak van wapens, 2004 • Boom is simbolies van groei • Nuwe lewe uit die dood • Skep hoop vir die land • Die boom is kaal en gestroop van alles • Toon transformasie van die verlede (oorlog en wapens) in ‘n boom (toekomstige groei) en is monumentaal • Uit die verlede groei die toekoms Figuur 5b: Michael MacGarry, Fetish, gemengde media, 2008. Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, MacGarry, is geïnteresseerd in die gevolge van imperialisme in Afrika. Hy het 'n aantal 'nie-funksionele' AK-47's gemaak met gebruik van 'n verskeidenheid materiaal. Die AK-47 het die simbool van verwoesting/vernietiging in Afrika geword. Dit is die wapen wat die meeste in konfliksituasies, burgeroorloë, ens. Gebruik word. In Fetish wys hy die spanning tussen tradisie en modernisme in Afrika. Die geweer in die beeldhouwerk lyk soos 'n beeldhouwerk deur die Nkondi-mense van die Kongorivier. Hierdie obsessie-beelde ('fetish sculptures') (deesdae eerder bekend Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2012 NSS – Memorandum as magsfigure) is gesnede houtbeelde wat gedien het as houers vir kragtige bestanddele wat vir toordery, genesing, waarsêery of die neem van 'n eed gebruik is. Spykers en lemme is in die figuur ingeslaan, òf om die eed te bevestig òf om 'n bose mag te vernietig. Op dieselfde manier het MacGarry die AK-47 verander deur metaalspykers by te voeg. Die AK-47 dui op geweld en gevaar, terwyl die spykers beskerming teen hierdie bose 'gees' aandui. Die nie-funksionele AK-47-beeldhouwerk is verander in iets wat lyk soos 'n Afrika-artefak. Figuur 5c. Candice Borzechowski, Safety 1st, 2010. Hierdie werk is by die Spier Contemporary uitstalling in 2010 uitgestal. Dit is uit 3 000 haakspelde gemaak. Die voorwerp lyk eteries (bo-aards), delikaat en pragtig. Dit herinner mens aan 'n groot stuk juweliersware. Die vakmanskap is merkwaardig. Mens besef dan dis in die vorm van 'n geweer met al die simboliek van geweld, gevaar en misdaad. Daar is dus hierdie dubbelsinnigheid tussen die skoonheid van die gebruik van materiaal en die geweer-vorm. Die haakspelde is 'n interessante keuse van materiaal omrede die simboliek daaraan verbonde. Haakspelde word gebruik om dinge vas te maak en bymekaar te hou, soos doeke, klere, ensovoorts. Dit word dikwels in noodsituasies gebruik, soos wanneer 'n ritssluiter gebreek het ensovoorts. Maar in hierdie werk word die haakspelde 'vasgemaak' op so wyse om 'n gevaarlike geweer te verteenwoordig. Die titel is ook dubbelsinnig en mens is nie seker of dit na die haakspelde, die geweer as 'n wapen vir beskerming of beskerming deur beide verwys nie. In 'n land soos Suid-Afrika met 'n hoë koers van geweer-verwante misdaad en geweld, maak hierdie werk 'n kragtige stelling. Figuur 5d: Francois Roberts, Ak-47, 2007. Francois Roberts is 'n Switserse fotograaf wat baie betrokke is by anti- geweldveldtogte. Die geweer is 'n simbool van geweld, pyn en die dood. Roberts het 'n foto geskep van regte mensbene wat in die vorm van 'n AK-47 op swart fluweel gerangskik is. Daar is makabere skoonheid wat kontrasteer met die witterige bene, moontlik 'n simbool van reinheid en onskuld versus die swart agtergrond wat mens aan 'n doodskis herinner. Die boodskap is baie direk – gewere maak mense dood. (8) 5.2 Leerders moet 'n opstel skryf (ongeveer 1½ bladsy) oor ten minste TWEE spesifieke geboue/openbare beeldhouwerke/kunswerke wat hulle bestudeer het, wat hulde betoon aan spesifieke gebeurtenisse/idees en/of mense. (12) [20] Maksimum 8 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 6: DIE ROL VAN DIE FORMELE EN INFORMELE KUNSSENTRUMS IN DIE OPLEIDING VAN KUNSTENAARS IN SUID-AFRIKA GEDURENDE APARTHEID/POST-APARTHEID In Suid-Afrika is daar dikwels interaksie tussen die tradisionele, landelike en Westerse, stedelike leefstyl in die werk van swart kunstenaars. Beide Ephraim Ngatane (FIGUUR 4a) en John Muafengejo (FIGUUR 4b) het troues in hul werk uitgebeeld. 6.1 Die leerders moet 'n opstel skryf [ongeveer EEN bladsy] waar hulle die twee interpretasies van die troues soos in FIGUUR 6a en b vergelyk. Maksimum 7 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. Maksimum 8 punte indien net ‘n analise gegee is sonder ‘n vergelyking. Ephriam Ngatane het die Polly Street Art Centre [Skone Kunste geen handwerk] bygewoon waar onderwysers en studente deur 'n proses van Afrikanisering in hulle werk gegaan het. Polly Street was 'n stedelike sentrum in die middestad van Johannesburg. Dit het gepoog om verwesterse Afrikane met hulle erfenis te herenig. Die studente en onderwysers was almal mans. Muafengejo het by Rorke's Drift, 'n landelike sentrum in die KwaZulu-Natalse platteland, naby die terrein van die Slag van Bloedrivier, gewerk. Die sentrum het gespesialiseer in onderrig in handwerk, hoofsaaklik vir vroue. Daar was egter op 'n stadium 'n Skone Kunste departement wat grafiese tegnieke, soos linodruk en etswerk onderrig het. Sy outobiografiese werke sluit daaglikse aktiwiteite in die landelike gemeenskappe in, soos ploeg, jag, mielies stamp, ensovoorts. Sy werk lewer kommentaar op sosio-politieke kwessies. Hy onthul 'n gevoel/sin vir vrede en vergenoegdheid, en teken gebeurtenisse, gevoelens en sy reaksie op die lewe aan. Daar is 'n ondertoon van angstigheid in die wyse waarop hy toon hoe hierdie waardes vernietig en vervang word met die 20ste eeuse Westerse lewenswyse. FIGUUR 6a: Ephraim Ngatane, The wedding, olie op bord, 1969. Sigbare kwashale kan in die verftegniek van die reghoekige formaat gesien word. Die kunswerk is figuratief en nie abstrak nie. Die bruid en die bruidegom is in die middel van die skildery en skep die fokuspunt. Daar is 'n klein dogtertjie voor hulle wat wit (reinheid) met tikkies blou en geel oker dra. Die trouprosessie word geïllustreer met die bruid en bruidegom wat verwestere klere dra met hulle rûe na die kerk. Hulle stap na die kyker toe. Die kerk word uitgebeeld in geel, simbolies van geluk, met tikkies blou. Die dowwe figure om die bruidspaar raak amper onbeduidend omdat dit moeilik is om hulle stemming te ontsyfer. Links in die skildery word die bruidspaar met gestileerde gesigsuitdrukkings uitgebeeld. Daar is 'n kol donkergroen bome links van die gemeente, moontlik 'n simbool van groei en aansporing. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2012 NSS – Memorandum FIGUUR 6b: John Muafangejo, The Royal Wedding, linodruk, 1982. Die tweedimensionele swart-en-wit drukproses van linodrukwerk [reliëftegniek] is in hierdie werk gebruik. Die kunstenaar wend geen poging aan om perspektief te skep nie. Die figuratiewe linodruk toon 'n komposisie van die bruid en bruidegom op 'n meer tradisionele wyse wat die fokuspunt word. Hulle word uitgebeeld in 'n omhelsing binne 'n geslote sirkel/kring wat hulle toewyding aan die huwelik verteenwoordig. Die diagonale lyne wat die stilistiese figure [gemeente] enkapsuleer, lei die oog na die sirkel. Aan beide kante van die bruidspaar word vier osse getoon, twee swart en twee wit, dikwels die simbool van rykdom en mag [lobola]. Die gemeente word in driehoekige bande onder die boonste band van die bruidspaar en osse geïllustreer. Die sirkels onder die band skep balans. Hy toon 'n sterk gevoel vir patroonwerk en ontwerp deur die hele formaat met stilistiese figure vol te maak. Die onderskrif links bo, The Royal Wedding, beskryf die kunswerk. (10) 6.2 Die leerders moet enige Suid-Afrikaanse kunssentrum wat hulle bestudeer het, kies en bespreek (ten minste EEN bladsy): • Die doel en befondsing van hierdie kunssentrum • Die invloed wat hierdie kunssentrum op sy studente gehad het • Die soort werk wat by hierdie kunssentrum geskep word, met verwysing na onderwerp, media en tegnieke wat gebruik word • Spesifieke kunswerk(e) deur ten minste EEN student van hierdie sentrum Maksimum 7 punte indien net die kunssentrum bespreek is sonder verwysing na ‘n spesifieke kunswerk. Maksimum 7 punte indien net die kunswerk/e bespreek is en nie die kunssentrum nie. (10) [20] VRAAG 7: MULTIMEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA 7.1 Leerders moet verwys na die stelling en die visuele bronne (FIGUUR 7a–c), en die volgende in 'n kort opstel bespreek (ongeveer EEN bladsy): • Leerders moet 'n installasie definieer en noem hoekom hulle dink Madikida op hierdie kunsvorm besluit het eerder as 'n meer tradisionele beeldhouwerk of skildery. 'n Installasie is 'n kunswerk wat ruimte as 'n integrale deel van die werk gebruik. Die kyker kan gewoonlik die stuk 'binnegaan' en deel daarvan word. Dit laat toe dat 'n verskeidenheid media gebruik kan word, beide twee- /driedimensioneel en tradisioneel/kontemporêr, byvoorbeeld digitaal ensovoorts. Dit kan ook reuke, klanke, ensovoorts insluit. Madikida het moontlik op die kunswerk besluit omdat hy 'n verskeidenheid media kon gebruik om sy idees uit te druk en so die kyker ten volle kon betrek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Die atmosfeer en idees wat hierdie installasie (FIGUUR 7a) aan die kyker oordra. (Kyk na die kleure en simbole gebruik.) Die installasie het 'n altaaragtige gevoel wat 'n gevoel van oorpeinsing in die kyker skep soos in 'n godsdienstige omgewing of begrafnisonderneming. Die atmosfeer herinner ons ook aan 'n godsdienstige plek as gevolg van die kruis aan die muur en die brandende kerse ensovoorts. Party van die simbole wat in hierdie installasie oor MIV/Vigs gebruik is, sluit die volgende in: brandende kerse (kortstondigheid van die lewe), rooi linte (internasionale MIV/Vigs-simbool), droë blomme (simbool van skoonheid wat vergaan), gordyne (die gordyne van 'n krematorium, die einde, ensovoorts) en die kruis (Christelike simbool). Die meeste van die items wat gebruik word in hierdie installasie spreek van die dood, asook die verpletterende uitwerking van Vigs op miljoene mense. 'n Groot hoeveelheid rooi is in hierdie installasie gebruik, wat verteenwoordigend is van die MIV/Vigs-lint en kan ook na bloed, die virus (FIGUUR 7c), ensovoorts verwys. • Die verskillende betekenisse wat die woord 'status' voorstel. Twee baie spesifieke betekenisse word voorgestel: 1. 'n Persoon se MIV-status – of jy met MIV/Vigs-geïnfekteerd is of nie (positief of negatief) 2. 'n Persoon se sosiale status in die samelewing – en dat die MIV/Vigs- virus geen invloed op jou sosiale status/klas het nie. • Die bydrae van die reeks maskers tot die uitstalling (FIGUUR 7b). Redes waarom leerders dink hy die maskers wit gehou het. Die gipsmaskers, wit geverf, is gietsels van mense met MIV/Vigs. Dit is duidelik dat die MIV/Vigs-virus geen kleurgrense ken nie. Die een masker was van sy suster wat later aan Vigs dood is. Dit gee 'n persoonlike gevoel aan die uitstalling. Dit lyk soos dodemaskers, soos Romeinse, Egiptiese en Afrika- maskers. Die wit kan ook verwys na vervreemding of vreesaanjaende en spookagtige gesigte. Die gesigte op die muur lyk soos trofeë. • Die insluiting van die virus (FIGUUR 7c) Om die storie van MIV/Vigs uit 'n verskillende perspektief te vertel – vanuit 'n biologiese standpunt. Dit het ook 'n interessante visuele voorkoms. Die 'mooi' prentjie is eintlik een van 'n dodelike virus. • Die boodskap en styl van die skildery (FIGUUR 7d). Die skildery is naïef met 'n direkte, kru styl. Die swart figuur huil [blou trane] en word gekontrasteer teen die rooi agtergrond. Die verwronge figuur is met sterk blou en groen omlyn en geel kolletjies is op die liggaam en gesig geteken. Die figuur word geïllustreer met kort arms en mismaakte hande. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Frases is bygevoeg wat 'n wrang/verdraaide of siniese kommentaar oor Vigs in Afrika maak, byvoorbeeld 'kom kuier in Afrika' en 'kyk hoe Afrikane sterf'. Bondels vertikale lyne word in die agtergrond getoon wat te make het met die sterftes in die samelewing. • Leerders moet noem watter kunswerk (FIGUUR 7a–d) die suksesvolste is om die vernietigende uitwerking van Vigs uit te druk. Hulle moet rede vir hulle antwoorde gee. Die keuse is oop, maar hulle antwoorde moet gemotiveer wees en verwys na die vernietigende uitwerking van MIV/Vigs op die samelewing. (10) 7.2 Multimedia-kuns steek die grense van wat gewoonlik as 'kuns' gesien word, oor. Leerders moet ten minste TWEE multimedia-kunswerke wat hulle bestudeer het, krities ontleed, om te verduidelik hoe dit die idee van kuns verbreed (ongeveer EEN bladsy). Hulle opstelle moet die volgende insluit: • Name van kunstenaars en titels van kunswerke • Beskrywing en analise van kunswerke • Boodskappe en/of betekenisse van kunswerke • Maniere waarop hierdie kunswerke die kyker se idee van kuns verryk en verbreed (10) [20] Maksimum 7 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. VRAAG 8: KUNS EN DIE GEESTELIKE (SPIRITUELE) GEBIED – KWESSIES IN KUNS RAKENDE GELOOFSTELSELS EN DIE GEESTELIKE Gedurende en na die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog het twee Britse skilders, Graham Sutherland en Francis Bacon, albei godsdienstige beelde geskep wat foltering en wreedheid weergegee het. 8.1 Leerders moet hierdie twee werke (FIGUUR 8a en FIGUUR 8b) bespreek deur na die volgende te verwys (ongeveer EEN bladsy): • Die gebruik van verwringing in die beelde • Die gebruik van kleur • Komposisie, ruimte en die gebruik van rigtingslyne • Moontlike interpretasies/betekenisse van hierdie werke in 'n wêreld wat deur oorlog vernietig is Maksimum 5 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2012 NSS – Memorandum FIGUUR 8a. Graham Sutherland, Crucifixion 1, 1946. Geskilder na die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog, beeld Sutherland Christus op die kruis uit in 'n verwronge en vreesbevange manier. Die werk is gebaseer op Grünewald se Crucifixion in die Isenheim Altarpiece. Dit is die mees tragiese tema – deur die dood kry ons verlossing – die hoop op redding. Die beeld van die kruisiging is ferm in die middel van die reghoekige komposisie geplaas. In hierdie werk, hang Christus se liggaam in foltering teen 'n blou agtergrond. Hierdie figuur word 'n kragtige beeld van fisiese en geestelike lyding. 'n Aanduiding van 'n kroon van dorings is sigbaar om Christus se kop. Hierdie dorings, die gekurfde doringdraadvorms, dien as simbole van menslike wreedheid en lyding. Die gebruik van distorsie (verwringing) in terme van die uitgestrekte arms wat aan die kruis vasgespyker is, met die hande oop en na bo, kop wat vooroor hang, ribbes en maer torso, beklemtoon die lyding van Christus. Voor Christus se voete wat oormekaar gekruis is, is daar 'n enkele touversperring wat die kyker van die beeld skei. Die gebruik van kleur is interessant. Die sterk oranje reghoekige vorm onderaan die komposisie vorm 'n dinamiese kontras met die komplementêre blou van die agtergrond. Spatsels lila word in plekke oor die blou agtergrond ‘gestrooi’. 'n Meer dominante lila area is langs die regterbeen van Christus geskilder en help om die vertikaliteit van die figuur te beklemtoon. Die donker swart skadu's agter die wit figuur van Christus en dele van die kruis, stoot die beangste figuur na vore. Dit, en die geringe gebruik van perspektief wat boaan die kruis gesien word, gee 'n gevoel van beperkte ruimte in die komposisie. Sterk strukturele/rigtingslyne is duidelik op beide die oranje reghoekig en blou agtergrond. Die neig om ook die ruimte verplat. Die figuur is skerp met swart omlyn. FIGUUR 8B: Francis Bacon, Three studies for figures at the base of a crucifixion, 1944. Bacon het begin in 1933 om beelde gebaseer op die Kruisiging, te skilder. Dit is triptiek wat in 1944 deur Bacon geskilder is. Die werk is gebaseer op die Griekse Furies en sy interpretasie van die Kruisiging beeld drie ineengekrimpte antropomorfies (mensagtige) kreature uit teen die plat donkeroranje agtergrond. Die Three Studies (Drie Studies) is in olieverf en pastel op veselbord gedoen en binne twee weke voltooi. Sy bedoeling was om 'n groot Kruisiging- figuur te skilder en hierdie figure aan die voet van die kruis te plaas. Dit is nooit gedoen nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Die Three Studies-triptiek word oor die algemeen beskou as Bacon se eerste volwasse werk – hy beskou die werke wat hy voor die triptiek geskep het as irrelevant en dwarsdeur sy lewe het hy probeer om hulle verskyning op die mark te onderdruk. Gebruik van verwringing/kleur In hierdie werk gebruik hy doelbewus verwronge, langwerpige ontwrigte organiese vorms – halfmens, halfdier. Jy voel dat hulle sou kon byt, ondersoek en suig met hulle lang, palingagtige nekke en oop bekke – maar vreemd genoeg is hulle sigloos. Elke paneel toon 'n enkele strak beeldhouvorm gekontrasteer teen 'n fel rooi/oranje agtergrond. Miskien is dit hierdie rooi/oranje agtergrond wat mens laat dink aan ingewande/derms, van 'n anatomie of 'n viviseksie (oopsny). Dit laat ons gril. Die vleeskleur van die figure is verkry deur grys en wit kwashale oor mekaar te verf, terwyl die figure se ondersteuning in 'n verskeidenheid van geel, groen, wit en pers tone gekleur is. Daar is ook voorgestel dat van die drie figure, die een links die meeste na 'n menslike vorm lyk, en dat dit miskien iemand is wat rou by die kruis. Sittend op 'n tafelagtige struktuur, het hierdie ledemaatlose kreatuur 'n lang nek, swaar geronde skouers en 'n dik bos donker hare. Nes sy suster- voorwerpe word die linkerkantste figuur in lae wit en grys verf uitgebeeld. Die middelste figuur se bek is direk op sy nek geplaas, eerder as op 'n duidelike gesig. Sy tande is ontbloot asof hy grom en is geblinddoek met 'n hangende kledingstofverband. Die kreatuur is frontaal voor die kyker geplaas en is gesentraliseer deur 'n reeks konvergerende lyne wat uit die basis van die voetstuk uitstraal. Geleë op 'n geïsoleerde stukkie gras, is die regterkantste figuur se bek oopgesper asof hy skree, of miskien gaap. Die bek is op so 'n hoek oop wat vir 'n menslike skedel onmoontlik is. Die oranje agtergrond van hierdie paneel is helderder as die ander twee panele en die figuur se nek maak oop in 'n ry tande, terwyl die ore uitsteek van agter sy onderste kaak. Gebruik van rigtingslyne Bacon gebruik 'n interessante ruimtelike dinamiek van drie lyne wat uit die sentrale figuur uitstraal. Die ander twee panele dui op 'n binneruimte – 'n ruimte met 'n lae plafon, vensterloos met snaakse proporsies – behalwe dat die ruimte verplat is as gevolg van die sterk rooi agtergrond wat na die kyker spring. Jy kan nie die demoniese kreature ignoreer nie, en dus word 'n stemming geskep wat gewelddadig is met 'n gevoel van boosheid. Hierdie verskrikte, blinde, tierende figure is liggaamlik in hulle impak, en skep gevoelens van vrees, angs, afgryse en isolasie. Ons reageer op hulle as selfbewuste kreature, hulle houdings/posture en uitdrukkings onthul gevoelens van paniekbevange isolasie, skerp afgryse, pyn en blinde verwarring. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Toe die skildery die eerste keer in 1945 uitgestal is, het dit sensasie veroorsaak en gehelp om hom as een van die voorste na-oorlogse skilders te vestig. (8) 8.2 Leerders moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het waarin die kunstenaar(s) geestelikheid en/of godsdienstige kwessies uitbeeld bespreek (ongeveer 1½ bladsye). Die volgende moet in die opstel ingesluit wees: • Naam van die kunstenaars • Titels van werke • Die gebruik van formele kunselemente • Styl en tegniek • Kommunikasie van godsdienstige en/of geestelike kwellings deur die moontlike betekenisse en interpretasies van hierdie kunswerke te bespreek (12) [20] Maksimum 8 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. Kuns waar die titel en kunstenaar onbekend is, soos bv. Indiese Kuns, tradisionele Afrika-kuns, moet krediet gegee word vir die bespreking van die werk en tydvak waarin dit geskep is. VRAAG 9: GESLAGSKWESSIES In die Griekse mitologie was Narcissus was pragtige, trotse jongman wat sy eie weerkaatsing gesien het en daarop verlief geraak het toe hy by 'n dammetjie verby geloop het. Omdat hy nie kon ophou kyk vir sy beeldskone weerkaatsing nie, het hy op die wal van die dammetjie gebly totdat hy daar dood is. Die menslike liggaam was vir eeue die hoofonderwerp vir baie kunstenaars. Tracy Payne is 'n kontemporêre kunstenaar wat op die skoonheid van die manlike liggaam fokus, terwyl Matthew Hindley die skoonheid van die vroulike vorm uitbeeld – albei van op 'n nie-stereotipiese manier. 9.1 Die werke wat in FIGUUR 9a en 9b aangebied word, is geskilderde beelde van pragtige mense. Massamedia – tydskrifte, televisie, films – buit tans die konsep van 'skoonheid' uit en vuur dikwels onrealistiese verwagtinge van 'n mense se liggaamsbeeld in die samelewing aan. Leerders moet aandui of hulle met hierdie stelling saamstem of nie. Hulle moet die TWEE voorbeelde in FIGUUR 9a en 9b gebruik en 'n paragraaf (ten minste ½ bladsy) skryf waarin hulle die stelling hierbo bespreek deur die volgende te oorweeg: • Styl en tegniek – beskou die manier waarop die figure uitgebeeld is • Die atmosfeer wat deur die omgewing waarin elke figuur geplaas is, geskep word • Enige kwessies wat met geslag te doen het • Moontlike boodskappe en betekenisse in die werk – beskou die titel van elke werk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Enige ander relevante inligting Maksimum 5 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. Leerders kan oor die kwessie van hoe druk deesdae op die samelewing geplaas word in terme van 'liggaamlike skoonheid'. Om perfek te wees moet jy 'n sekere liggaamstipe hê – lank, mooi, slank, ensovoorts. Onrealistiese beelde van bekendes wat elektronies gemanipuleer is word beskou as die standaard waarteen ons onsself moet meet. Beide Payne en Hindley het gekies om die konsep van skoonheid op 'n meer nadenkende, serene manier uit te beeld. FIGUUR 9a: Tracy Payne, Narcissus, oil on paper, 2010. Hier het Tracy Payne 'n pragtige jong Angolese jongman, genaamd Djamal, geskilder – wat ironies in Arabies 'skoonheid' beteken. Sy het die ronde formaat wat tydens die Renaissance tydperk gewild was, gebruik. Payne is 'n figuratiewe skilder wat die menslike liggaam gebruik om die interverwantskap tussen vroulike en manlike skoonheid te ondersoek. Payne se werk integreer ook wat sy geleer het oor die krag, skoonheid en rustigheid van Shaolin monnike, met die idee van kalme bepeinsing van die natuur om iets oor die moontlike heling van die menslike gees uit te druk. Sy skilder die figuur op 'n manier wat goeie waarneming toon, amper foto- realisties, en maak die kyker bewus van sy perfekte liggaam. Die pragtige, rustige mansfiguur domineer die ronde formaat terwyl hy half onder die water in die rivier staan met sy arms uitgestrek en sy hande wat net die oppervlak raak. Sy kop is geboë soos hy sy weerkaatsing in die water beskou. Sy weerkaatsing is 'n donkerder, dowwer beeld – een wat dalk die donker kant van 'n mens kan toon. Die rivier en agtergrond lyk asof dit in 'n ryk, vrugbare kombinasie van sagte groene en gele ineensmelt wat moontlik dui op die weelde en vrugbaarheid van die natuur. Die peinsende houding en die betekenis van water kan sinspeel op die baie deurgangsrites wat manlike jeugdiges in sekere kulture moet ondergaan – wat dui op samesmelting van die fisiese en die geestelike. Die stemming is een van innerlike vrede en 'n samesmelting van die mens en die natuur – die moontlike heling van die menslike gees.. In baie kulture het 'n rivier 'n diep simboliese betekenis. Dit roep assosiasies van doop, reiniging en suiwering op. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2012 NSS – Memorandum FIGUUR 9b: Matthew Hindley, Some last questions, olie op doek, 2010. Hindley is 'n jong kontemporêre kunstenaar van Kaapstad, wat reekse fotos neem om sy visuele inligting te versamel. Hy skep tonele baie soos teatertableaux van mense, diere en rekwisiete. Hy vang dit dan vas en skilder 'n oomblik wat byna in tyd vasgevang is. 'n Paar laaste vrae (Some last questions) is 'n reghoekige komposisie met 'n enkele vroulike vorm as fokuspunt in die middel van die komposisie. Hindley het besluit om hierdie figuur in 'n baie eenvoudige omgewing te plaas – die interieur van 'n kamer Die sittende figuur is direk voor 'n muur geplaas, wat ons aandag op haar forseer, wat 'n baie vlak gevoel van ruimte skep. Hindley kies om nie die tradisionele staande, effens uitdagende contrapposto- houding wat deur so baie kunstenaars gebruik word wat die vroulike vorm skilder, te gebruik nie. In Afrika-kultuur die vrou kniel uit respek vir en onderdanigheid aan die man. Hierdie jong vrou het 'n subtiele, stille, onbeklemtoonde skoonheid. Hy bied haar in profiel aan, sittend in 'n effens ongemaklike posisie op 'n kussing op die vloer. Die stemming wat geskep word is een van stille introspeksie. Die kyker kan wonder waaroor sy so diep dink. Sy is geklee in diep pers-swart en kyk peinsend af na die kraai wat op haar been gebalanseer is. Die kraai kyk na die kyker maar nie na die meisie nie. Die sterk geel wat gebruik word in die kussing, hare en verf wat op die muur gespat is, verskyn as 'n dinamiese kontras teen die komplementêre kleur van die diep pers-swart van haar klere en dwing die oog van die kyker om die doek, om altyd weer na die middel van die komposisie – die meisie se kop – terug te keer. Soos Payne, skilder Hindley die figuur op 'n versigtig vertolkte, realistiese manier wat kontrasteer met die meer dramatiese behandeling van die muur met die 'distressed'-verftegniek, spatsels en druppels verf wat teen die doek afloop. In hierdie werk besluit Hindley doelbewus nie om die stereotipe sexy meisie, sensueel, wat wulps na die kyker staar, aan te bied nie. Sy keuse is vir 'n rustiger, kalm onbeklemtoonde skoonheid. (8) 9.2 Leerders moet 'n opstel skryf van ongeveer 1½ bladsye waarin hulle die werke van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het en wat die tema (12) van geslag in hul werke ondersoek, bespreek. [20] Maksimum 8 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 10: KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE (NASIONALE) EN INTERNASIONALE ARGITEKTUUR 10.1 Leerders moet die beelde in FIGUUR 10a en 10b bestudeer, en 'n paragraaf skryf [ten minste ½ bladsy] waarin hulle bespreek hoe kontemporêre argitekte hulle ontwerpe moet aanpas sodat dit nie 'n negatiewe invloed op die omgewing het nie. Argitekte moet die voordelige gebruik van plaaslik beskikbare bronne, dit is die son, wind, plantegroei, landvorme en water en plaaslik beskikbare boumateriaal maksimaliseer en ook die bestaande geboue en infrastruktuur respekteer. Maksimum 5 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. FIGUUR 10a: Ole Scheeren, vennoot by OMA, The Interlace residential complex, Singapore, 2009. Die ligging/terrein van die gebou: Hierdie stedelike woonstelgeboue is in Singapoer gebou en is ontwerp met die 'natuur' as 'n sleutelkomponent. Hoe dit in die omgewing inpas: Beide die gedeelde ruimte en private ruimte is geskep wat meer uitgestrek en onderling verbind is. Gemeenskaplike ruimte is met die welige omringende groenbeltarea geïntegreer. Die natuur is duidelik 'n groot deel van die ontwerp, omdat die blokke in 'n pragtige groenbelt is en daar ook private areas op elke daktuin is asook balkonne wat met plante gevul is. Boumateriaal en tegnieke: Hierdie ontwerp breek weg van die standaard, vertikale torings van tradisionele woonstelblokke in Singapoer. Hierdie ontwerp het 31 woonstelblokke wat 6 verdiepings hoog is. Almal is ewe lank en in 'n heksagonale rangskikking geplaas om 8 groot oop binneplase. Plaaslike boumateriaal is gebruik. Ekologiese/Volhoubare oorwegings: Die ontwerp neem ook volhoubaarheid in ag waar die geboue verkoel word deur 'n stelsel van windgange wat die verskillende areas afkoel. Elke blok het 'n daktuin op sy dak. FIGUUR 10b: The Karoo Wilderness Centre, Field Architects 2010 Die Karoowoestyn in Suid-Afrika bevat meer biodiversiteit as enige ander droë streek in die wêreld. Die bekroonde Karoo-wildernissentrum deur Field Architecture is ontwerp om bronne aan besoekers te verskaf om meer te leer oor die land, plante en diere — en dit maak slim gebruik van natuurlike bronne. Die ligging/terrein van die gebou: Die gebou, in die droë Karoo-woestyn, is ontwerp om bronne aan besoekers te verskaf om meer te leer oor die land, plante en diere. Die gebou is deur 'n bergagtige landskap omring. Hoe pas dit in die omgewing in: Die Sentrum is oopplan wat besoekers toelaat om met fauna en flora in wisselwerking te wees. Die argitekte maak van natuurlike bronne gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Boumateriaal en tegnieke gebruik: Gebruik beton, hout en glas. Die sentrum bestaan uit drie blokke – navorsingswoonplekke, 'n besoekersentrum en restaurant en 'n konferensiekamer, biblioteek en klaskamer. 'n Dramatiese uitsig word beklemtoon van elke ruimte met groot vensters. Die dak het 'n groot reënwateropvangtenk wat as 'n groot hittebak dien deur te keer dat die daaglikse hitte die gebou infiltreer. Die elegante stelsel verkoel die binnekant deur verdampings verkoeling deur die latente hitte wat buite opbou, te absorbeer. Snags word koel lug deur die gebou gestoot sodat die termale massa meer hitte deur die dag kan absorbeer. Hidrouliese buise wat aan die watertoevoer gekoppel is, straal hitte deur die plafon uit wanneer nodig. Ekologiese/Volhoubare oorwegings: Die projek se mees unieke aspek is die konkawe dak wat herinner aan die plaaslike Aloe Ferox-plant wat kosbare reënwater opvang en bewaar. Die sentrum het geriewe vir navorsers en besoekers om hulle in die antieke landskap te verdiep, en dit het 'n holistiese omgewingsontwerp wat al sy eie energie vervaardig en al sy eie afval prosesseer. Leerders moet bespreek by watter gebou hulle die meeste aansluiting vind en redes vir hulle keuses gee. (8) 10.2 Leerders moet 'n opstel (ongeveer 1½ bladsye) skryf waarin hulle TWEE spesifieke geboue wat hulle bestudeer het en wat bewys toon van die argitek(te) se bewustheid van die omgewing waarin hy/sy/hulle bou, bespreek. Sluit die volgende in jou opstel in: • Naam/Name van argitek(te) en geboue • Funksies van geboue • Gebruik van boumateriale en -tegnieke • Gebruik van omgewings-/ekologiese ontwerpkwessies • Standplaas en betekenis van standplaas • Invloede – beide plaaslik en internasionaal, indien relevant • Dekoratiewe/Stilistiese kenmerke Maksimum 8 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is. As daar geen motivering is oor die bewustheid van omgewingsfaktore in argitektuur nie, kan die leerder ‘n maksimum van 10 punte verdien. [12] [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all