Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12201420 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2014 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2014 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon: • Die gebruik van die korrekte kunsterminologie • Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke • Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks • Die plasing van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese konteks • 'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord: 1. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. 2. Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die regterkantse bladsye. 5. Maak seker dat jy na die afgebeelde visuele bronne in kleur verwys waar dit vereis word. 6. GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is toelaatbaar. Jy mag ook ‘n ANDER werk van ‘n kunstenaar wat reeds gevra is,bespreek. 7. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou. 8. Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. 9. Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die puntetoekenning: • 6–8 punte: 'n minimum van ½–¾ bladsy • 10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) • 20 punte: 'n minimum van 2 bladsye 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2014 NSS – Memorandum WOORDELYS Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n spesifieke vraag te benader: Analiseer: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie van 'n kunswerk. Beskryf: Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die kunswerk; berig oor wat die oog mag sien. Bespreek: Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling. Formele Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep, kunselemente: soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie, ensovoorts. Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities, ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke spesifieke voorbeelde te verwys. Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting; met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting verwys. Motiveer: Om met bewyse of getuienis te ondersteun. Noem: Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook 'n verduideliking. Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling. Vergelyk: Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne dieselfde argument aan. Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of waarna in ander bronne verwys word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2014 NSS – Memorandum KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD. VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Die kunstenaars van die gereproduseerde werke het soortgelyke oomblikke vasgevang waar kinders in wisselwerking is met mekaar op 'n vreedsame en vriendelike manier. Kinders dwarsoor die wêreld dink selde aan die toekoms en hierdie onskuld gee hulle die vryheid om hulself te geniet en vriende te maak met enigiemand. 1.1 Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b bestudeer en 'n kort opstel skryf waarin hulle bespreek hoe elke kunstenaar die stelling hierbo bevestig. Hul opstel moet die volgende insluit: • Ooreenkomste en verskille Ooreenkomste van FIGUUR 1a en FIGUUR 1b is in die konsep van mense en kinders wat interaksie het in hul verskillende omgewings. Die verskille lê in die styl en die plasing – die Suid-Afrikaanse werk is ekspressiewe werk terwyl die Macara 'n meer Impressionistiese benadering het. Die verskil lê ook in die feit dat dit 'n landelike gebied in Sri Lanka is, in teenstelling met die township in Suid-Afrika. Macara se speelgrond word uitgebeeld in 'n helderder, nie- verteenwoordigende kleur, geen diere nie, met selfs minder figure. Daar is spelende kinders op speelgrondtoerusting in 'n skoolomgewing tussen groen bome en plantegroei. Ngatane se township-toneel aan die ander kant, is uitgebeeld in donker, somber kleure. Figure loop rond in 'n omgewing met geboue (behuising). 'n Hond kan op die voorgrond gesien word, saam met 'n man wat fietsry. Daar is geen aanduiding van groenigheid of plante nie. • Gebruik van styl Macara se werk het gestippelde kleur, tipies van die Impressioniste, en dui die lig aan wat deur die oorhoofse gewelf van blare filter. Hierdie spikkels van suurlemoengeel komplementeer die blou van die seuns se uniforms. Willekeurige gebruik van kleur, blou en suurlemoengeel skep interessante groen in die blare (optiese vermenging). Ngatane se visuele beelde strek van dokumentêre tot ekspressionistiese skilderwerk en hy bring 'n belangrike rekord van die lewe in die township op 'n spesifieke tyd in ons geskiedenis na die kyker . • Komposisionele aspekte/rangskikking van figure In Macara se visuele beeld word kinders getoon wat op die speelgrond speel, geklee in klere met dieselfde kleur, wat aandui dat hulle by die skool is. Dit word ook gestaaf deur die geboue wat op die agtergrond agter die bome weggesteek word. Die kleiner figure op die agtergrond en die bome wat verdwyn, lei die oog na die prentvlak, wat diepte skep. Die fokusarea is die seuntjie wat na die wipplank hardloop wat die middelgrond domineer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Ngatane streef daarna om die township-lewe vas te vang sonder enige vooropgestelde idee van wat in daardie tyd van sogenoemde township- kunstenaars verwag is. Die fietsryer en die hond in die middel van die skildery is die fokusarea en dit lei die oog reguit na die geboue. Dan eers begin jy die figure aan weerskante van die fiets opmerk. • Keuse van kleur en die impak van die werk Macara se speelgrond word in helder, nieverteenwoordigende kleure uitgebeeld en daar is geen diere nie, minder figure, kinders wat speel, een gebou (skoolgebou) en speelgrondtoerusting. Daar is groen bome en plantegroei. Die rooi in die pale van die apparaat kontrasteer met die groen van die blare (komplementêre kleure van die Impressioniste). Ngatane se township-toneel aan die ander kant word in donker, somber kleure uitgebeeld, figure loop rond, meer as een gebou (behuising) en 'n hond op die voorgrond saam met 'n man wat fietsry. Daar is geen aanduiding van enige plantegroei of plante nie. Ngatane se werk is lewendig en hy voeg kleur by tot die stemming en emosies van Soweto, die bedelaars en fietse, die swaarkry en verwagtinge, die wind, die son en die koue wintertye wat deur die wolke in die lug aangedui word. Emosies en lewenstyle kan bespreek word. As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte toekgeken. (10) 1.2 Van die kandidate word verwag om 'n opstel te skryf waarin hulle TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars wat alledaagse tonele van hul lewenswyses, gemeenskappe en omgewings uitbeeld, analiseer. Hul opstel moet die volgende insluit: • Name van die kunstenaars en titels van kunswerke • Gebruik van media en tegnieke • Formele elemente wat die kunstenaar gebruik het • Die komposisionele aspekte van elke kunswerk • Die boodskap wat elke kunswerke oordra (10) [20] Naam van kunstenaar plus die titel tel saam as een punt. As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte toekgeken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Baie Suid-Afrikaanse kunstenaars maak gebruik van inheemse simbole en visuele beelde om uitdrukking te gee aan hul Afrika-identiteit, terwyl hul werke steeds die temas van die moderne gemeenskap uitbeeld. 2.1 Kandidate moet FIGUUR 2a analiseer en interpreteer. Hulle moet bespreek hoe die kunstenaar die invloed van inheemse simbole en moderne beelde in die kunswerk uitdruk. Hulle moet die volgende aspekte bespreek: • Gebruik van inheemse simbole en visuele beelde Wayne Baker se Land And Desire (Land En Begeerte) is gemaak van glaskrale, en hierdie materiaal is, en word nog steeds, geassosieer met inheemse Afrika-mense, alhoewel dit nou ook in meeste lande internasionaal gebruik word om modebykomstighede te maak. 'n Afrika-vrou met 'n tulband op haar kop word regs bo in die kunswerk uitgebeeld, amper asof sy getooi is vir 'n Afrika- rituele seremonie. In die hoek regs onder is 'n tradisionele vrou half naak en dit lyk of sy water by 'n rivier gaan haal deur 'n ronde kleipot te gebruik [besig met ‘n aktiwiteit op die grond]. Die pot is bekend as 'n tradisionele waterhouer of kookpot. Enige ander aktiwiteit wat deur ‘n leerling beskryf word kan kredit voor gegee word. Die tegniek om 'n visuele beeld bo- oor 'n ander een te plaas, asook die plasing van verskeie visuele beelde, wat verskillende temas uitbeeld, op een muur was gewild by die Khoi/San in hul rotstekeninge. • Onderwerp In hierdie visuele beeld Baker vroue in verskillende posisies uit, langs mekaar gestel teenoor die Suid-Afrikaanse landskap. • Gebruik van lyn, vorm en kleur Die kombinasie van kort en lang vloeiende lyne wat oor die gesig/onderwerp gaan, lyk asof dit sekere aspekte, soos haar oë beklemtoon. Die kunstenaar maak gebruik van sterk, helder kleure wat ook in Afrika-klere en Ndebele- geverfde hutte gebruik word. Die gebruik van die abstrakte vorms en realistiese landskappe skep 'n balans tussen die twee visuele beelde van vroue, en komplementeer ook die bruin, blou, grys en wit skakerings wat gebruik is om die vroue te verf. Enige relevante inligting oor kleur moet in aanmerking geneem word. • Gebruik van styl Post-moderne kunstyl met ‘n naturalistiese landskap in die agtergrond. Kenmerke van Ekspressionisme kan waargeneem word. • Kandidate moet visuele simbole wat 'n moderner lewenstyl voorstel, identifiseer. Hulle moet hul antwoord motiveer. Die teks land and desire, wat deel uitmaak van die visuele beeld, word geassosieer met die kontemporêre kunsvorms as teks, word aanvaar as kuns in ons moderne gemeenskap omdat baie mense dit kan lees en verstaan. 'n Ander simbool wat 'n moderne lewenstyl uitbeeld, is die kerkgebou/huis/plaas huis wat met die opskiet van nie-tradisionele kerke geassosieer word. Die font van “Land Desire” kom ooreen met die woord Coca-Cola,wat ‘n moderne visuele simbool kan wees. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 2.2 Kandidate moet EEN kunswerk bespreek deur elkeen van enige TWEE verskillende kunstenaars wie se werke ook uitdrukking gee aan hul Afrika- identiteit, as gevolg van invloede van inheemse Afrika-kunsvorms. Hul antwoord moet die volgende insluit: • Name van kunstenaars en titels van werke • Onderwerpe van werke • Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms en -simbole • Gebruik van styl • Inhoud en betekenis (10) [20] As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte toekgeken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's Kuns was nog altyd 'n instrument van verandering wat die stemminge van 'n gemeenskap weerspieël, uiting gee aan leemtes en oorwinnings en verandering teweegbring. Tog, om doeltreffend te wees, moet kuns gedeel word, nie slegs vir estetiese verwesenliking nie, maar om die stories wat dit vertel, doeltreffend op te teken. 3.1 Kandidate moet die visuele beelde in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b bestudeer en 'n paragraaf skryf waarin hulle die storie van elke visuele beeld vertel deur na die volgende te verwys: • Kandidate moet in hul eie woorde bespreek wat hulle dink in elke visuele beeld gebeur. Paula Rego se Dog Women (Hondvroue) beeld 'n vrou uit wat 'n kwaai hond namaak. Sy is gebukkend om die vierbenige posisie van die hond na te boots. Haar gesigsuitdrukking en oop mond suggereer die tipiese manier van 'n hond wat sy mond oopmaak as hy aanval. In Bester se werk sien ons 'n wrede polisiehond wat 'n man aanval, terwyl die polisieman toekyk. Nie die toeskouers, polisieman of die fotograaf tree tussenbeide om die ramp te verhoed nie. • Verskille in die voorstelling van die figure Rego stel die figuur van die hond as 'n metafoor voor, terwyl Bester 'n meer realistiese beeld van die dier weergee, as in ag geneem word dat hy die medium van afvalmetaal gebruik. Bester se drie aparte figure skep 'n verhaal van 'n lelike politieke gebeurtenis • Verwysing na die gesigsuitdrukkings en die uitbeelding van die liggaam Die vrou in Rego se werk word gelykgestel aan 'n wrede hond wat weerspieël word in die gesigsuitdrukking en die posisie van die liggaam wat 'n hond voorstel wat gereed is om aan te val. Bester se hooffiguur beeld 'n hond uit met 'n oop mond, terwyl die man wat aangeval word, om hulp roep. Die ontwrigting in die liggaam van die hond suggereer die gretige stemming, asook selfvernietiging. Die twee figure aan weerskante is robotagtig en word amper onmenslik. • Watter een van die twee kunswerke het die mees betekenisvolle visuele impak op die kandidaat en hoekom? Leerders moet hul eie voorkeur toon en hul antwoord motiveer. (8) As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 5 punte toekgeken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 3.2 Kandidate moet EEN ander kunswerk elk van TWEE verskillende kunstenaars bespreek wie se werk 'n sosio-politieke boodskap oordra. Hul antwoord moet die volgende insluit: • Name van kunstenaars en titels van werke • Onderwerp • Gebruik van styl • Die stories wat in die werke opgeteken is (12) [20] As daar net een kunstenaar gebruik kan net ‘n maksimum van 7 punte toekgeken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Die Keiskamma Kunsprojek in die Oos-Kaap se hoofdoelwit is om hoop te koester en ondersteuning te bied aan die kwesbaarste vroue en kinders wie se situasie deur MIV/Vigs vererger is. 4.1 Kandidate moet die visuele bron in FIGUUR 4a bestudeer en die volgende vrae beantwoord: Die Keiskamma Projek: Altarpiece, the Crucifixion – Transcending AIDS in South Africa (Altaarstuk, die Kruisiging – Om VIGS in Suid-Afrika Te Bowe Te Kom) • Identifiseer en beskryf die visuele beelde in die kunswerk wat genesing mag uitbeeld. Die fokuspunt is die vroulike figuur wat in blou geklee is. Sy word voor die kruis geplaas en stel hoop en genesing voor en simboliseer ook Jesus se offer aan die kruis. Dit lyk asof sy aan die kruis hang, wat die Kruisiging voorstel. Die blou rok word met die hemel geassosieer. Die vroulike figuur kom trots voor alhoewel sy haar man verloor het as gevolg van MIV/Vigs. Haar dominansie in die gemeenskap vertroos kinders en die mense om haar. Aan weerskante van die sentrale figuur is mense: aan die linkerkant van haar voete is kinders en aan die regterkant volwassenes, wat die konsep van rou versterk. Die beeld van die voël op die kruis is simbolies van vryheid en die helingsproses. Die regop, enkele figure wat aan weerskante van die sentrale deel voorgestel word, stel heiliges voor wat die mense van die gemeenskap beskerm. Verskillende dierspesies is ook tussen die kleurvolle vorms ingesluit. Hierdie tapisserie herinner aan die vroeë Christelike altaarstukke, soos Grünewald se Isenheim Altaarstuk. • Bespreek hoe die wyse waarop die medium gebruik is ook 'n proses van genesing sou kon wees. Die manier waarop die medium gebruik is, deur kralewerk, tapisserie, borduurwerk en pottebakkery, was ook 'n helingsproses. Hierdie kunsprojek was terapeuties vir die kunstenaars sowel as vir die mense van die gemeenskap aangesien die ure van handwerk 'n samehorigheid geskep het om die verspreiding van MIV/Vigs te beveg en om die afgestorwenes te herdenk. • Watter lesse kan, na die kandidaat se mening, geleer word deur die stories wat in hierdie kunswerke uitgebeeld word? Lesse wat hieruit geleer kan word, veronderstel dat die nuwe generasie meer verantwoordelik gaan wees vir hul toekoms. Dit is ook duidelik hoe mense as 'n nasie kan saamstaan en saamwerk in krisistye. Die blootstelling van kuns binne die gemeenskap behoort armoede te verlig deur kunstenaars toe te laat om hul kunswerke te verkoop en om die gemeenskap te leer om selfonderhoudend te wees. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2014 NSS – Memorandum 4.2 Kandidate moet EEN kunswerk deur elk van TWEE kunstenaars wie se werke hulle hierdie jaar bestudeer het, analiseer. Daar word van hulle verwag om die gebruik van materiale, tegnieke, interpretasie van die onderwerp/tema en moontlike boodskappe in die kunswerke te beskryf. Hul opstel moet die volgende insluit: • Name van kunstenaars en titels van werke • Interpretasie van die onderwerp/temas • Gebruik van materiale en tegnieke • Moontlike boodskappe in die kunswerke (14) [20] As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 8 punte toekgeken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA Multimedia-kunstenaars gebruik dikwels metaforiese beelde om verskeie idees oor te dra. FIGUUR 5a toon Nicolas Hlobo se massiewe beeldhouwerk wat by die 2011 Venesië Biënnale uitgestal is, getiteld Limpundulu Zonke Ziyandilandela (Al Die Weerligvoëls Is Agter My Aan). Die kulturele betekenis van 'Limpundulu' verwys na 'n bose wese wat siekte, ongeluk of selfs die dood kan veroorsaak. Dit word ook met donderweer en weerlig geassosieer. 5.1 Kandidate moet die verskillende kunswerke in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b bespreek deur die volgende te beantwoord: • Bespreek hoe ELKE kunstenaar sy/haar media en tegnieke gebruik het om 'n indruk op die kyker te maak. Nicholas Hlobo se oordrewe, kolossale beeldhouwerk is gemaak van gemengde media, soos gevonde objekte, hout, 'n kopbeen van 'n dier, horings, rubber. Die voël het vlermuisagtige vlerke, gemaak van rubber, en ons ondervind angs en onheil wanneer ons daarmee gekonfronteer word. Hierdie materiale is aan mekaar gestik of geheg om 'n reuse-, vreesaanjaende monster te skep. Hlobo se installasie is teen die dak vasgeheg. Die voël het rooi/oranje tou/garing wat aan die liggaam en die vlerke geheg is. Die tou/garing raak amper aan die vloer. Die byvoeging van die garing skep beweging en die illusie van vlug. Toeskouers loop rond en kommunikeer met hierdie reusagtige hibried. Swoon het haar werk Thalassa van die plafon laat hang binne 'n galery/geslote ruimte. Thalassa beteken 'strand' of 'see' in Grieks. Die figuur is 'n skildery wat met verskillende tekstiele gekombineer is. Die tekstiele is verleng vanaf die tweedimensionele skildery na 'n driedimensionele beeld/ installasie van 'n rok. Die rok bestaan uit wasgoeddrade wat bedek is met verskeie tipes tekstiele en kledingstukke. Die kunstenaar gebruik die beginsel van verlenging deur die lengte van die rok, wat uitloop in 'n ontploffing van wasgoeddrade, te oordryf. • Moontlike betekenis van elke kunswerk Die moontlike betekenis van Hlobo se werk kan gevind word in die titel Al Die Weerligvoëls Is Agter My Aan, wat kan beteken dat die kunstenaar besig is om sy vrees vir die bekende of onbekende oor te dra. Die titel is oorweldigend en die gebruik van die woord 'Weerlig' verwys na 'n dreigende gewelddadige storm en kan 'n klomp vure veroorsaak. Weerlig is vinnig en kan verwys na hierdie voël wat by tye vinnig, gevaarlik, gewelddadig en vernietigend kan wees. Die Griekse gode het geglo dat weerlig die woede van die gode voorstel. Die kunstenaar gaan dalk deur 'n moeilike tyd in sy lewe, wat ons daaraan herinner dat die lewe uit beter en goeie tye bestaan en gevul is met angsvolle oomblikke. Hlobo kon daarin slaag om die boodskap van angs en verwoesting waarmee hierdie wese geassosieer word, oor te dra. Die grootte van die voël intimideer die kykers en laat hulle klein en hulpeloos voel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Die oorhoofse Thalassa-figuur mag 'n simbool van belangrikheid, outoriteit, rykdom en adellikheid simboliseer. Sy kan 'n koningin simboliseer. Die sleep is ook sinoniem met 'n adellike trourok. Die verlengde lyne met baie kledingstukke kan die uitbreiding van rykdom voorstel. Die wasgoedlyne kan die huishoudelike werkies voorstel wat van 'n huisvrou verwag word om uit te voer. Die kykers kyk op na die figuur wat adellikheid en roem kan voorstel, maar in werklikheid verteenwoordig die beelde waarmee hulle in direkte kontak kom, alledaagse klere wat gewone mense dra. • Kandidate moet hul antwoord motiveer deur te verduidelik of elke kunstenaar suksesvol was, of nie, om die boodskap oor te dra. • As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 5 punte toekgeken. (8) 5.2 Kandidate moet in die vorm van 'n kort opstel van enige TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het, waarin die kunstenaar/s gebruik gemaak het van multimedia op 'n kontemporêre wyse. Hulle moet die volgende by hul antwoord insluit: • Name van kunstenaar/s en titels van werke • Inhoud en die gebruik van materiale en tegnieke • Moontlike betekenisse en konsepte • Watter metafore is in die kunswerk ingesluit? As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 7 punte toekgeken. (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 6: POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA In 2013 was die Oxford Woordeboek se woord van die jaar 'selfie' – 'n foto wat jy van jouself neem en dan op sosiale netwerke pos. 6.1 'n Portret is dikwels meer as net die uiterlike voorkoms van 'n persoon. In kuns vertel 'n portret ons oor die individuele identiteit van die persoon wat uitgebeeld word. Kandidate moet die visuele beelde in FIGUUR 6a, 6b, 6c en 6d bestudeer en 'n opstel skryf waarin hulle die volgende faktore oorweeg: • Hoekom, dink hulle, is mense so behep met selfies en wat is die verwantskap met die 'glanspersoonlikheid-obsessie' ('celebrity obsession')van ons tyd? • Hoe verskil die kunswerke in FIGUUR 6b, 6c en 6d van die selfie in FIGUUR 6a? • Hoe beeld die kunstenaars in FIGUUR 6b, 6c en 6d die sitters se identiteite uit in die portrette wat hulle geskep het? Hulle moet verwys na gelaatstrekke, visuele beelde en simbole wat gebruik is. FIGUUR 6a: Miley Cyrus, Selfie. Hierdie is 'n onderwerp wat oop is vir 'n ernstige debat. Kandidate kan hul opinies bespreek, maar moet hul antwoord motiveer. • Die obsessie met glanspersoonlikhede het die sosiale media oorgeneem. • Die meeste mense boots hul glanspersoonlikhede na. • Die werk is baie bewus van voorkoms – ons samelewing is een van kitsverwesenliking en selfbevordering. • Die tong word ’n ikoniese simbool. FIGUUR 6b: Yi Chen, The Abnormal Icon (Die Abnormale Ikoon). • New York-gebaseerde Chinese kunstenaar. • Hy gebruik beelde van advertensies en modetydskrifte as inspirasie. • Hy maak collages van menslike gelaatstrekke wat hy uit hierdie bronne knip. • Hierdie collages van perfekte proefstukke is die basis van sy werk. • In hierdie kombinasie van gelaatstrekke skep hy beide 'n verleidelike skoonheid en 'n groteskheid. • Hy is soos 'n kunssinnige wetenskaplike wanneer hy ras, geslag en ouderdom misken om 'n nuwe menslike spesie in sy olieverfskilderye wat ryk vertolk is, te vorm. • Sy skilderye is metafore vir geabstraheerde konsepte van skoonheid van 'n wêreld- populêre kultuur wat land en ras oortref. FIGUUR 6c: Conrad Botes, The Temptation to Exist IV (Die Versoeking Om Te Bestaan IV). • Hy gebruik sy kuns om in opstand te kom teen sy Christelike Afrikaner Nasionalistiese opvoeding. • Die gesig is bedek met anargistiese figure. • Hierdie figure is voorstellings van die ideologie en haat wat onvermydelik die menslike toestand gekontamineer het. • Hy sê dit is soos 'skrapnel onder die vel'. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2014 NSS – Memorandum • Hy gebruik sy eie gesig om die inhoud van sy verstand op te teken. • Hy gebruik 'n skerp, grafiese lyn gevul met plat, duidelike kleure. • Word vergelyk met tatoëring en ‘n moontlike invloed van Battiss/Khoi-San kan gesien word. FIGUUR 6d: Mustafa Maluka, Why Do You Tear Me from Myself? (Waarom Skeur Jy My Van Myself?) • Sy werke is anoniem, rassisties en seksueel dubbelsinnig, en emosies is stil, maar steeds sterk. • Sterk beïnvloed deur stedelike straatkultuur, graffiti en hip hop. • Hy maak gebruik van amper aggressiewe kleur. • Hy skep 'n sterk, kontemporêre gevoel met sy vertolking van die stedelike jeug. Die vertrekpunt van sy werke is gewoonlik 'n foto uit 'n tydskrif. • In hierdie figuur is die oë, wat gewoonlik die 'vensters van die siel' is, uitgekrap met groen verf op 'n kinderlike manier. Amper soos om 'n beeld uit 'n tydskrif te skend deur die sterk blik wat meeste portretstudies het, weg te neem. • Die rooi lippe gee 'n effense tweeslagtige gevoel aan die visuele beeld. • Ndebele kleure kan waargeneem word. As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte toekgeken. (10) 6.2 Kandidate moet enige TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het wat ook kwessies van identiteit in Suid-Afrika bevraagteken en daaroor besin. Hulle moet die volgende by hul antwoord insluit: • Name van kunstenaar/s en titels van werke • Inhoud en betekenis • Gebruik van materiale en tegnieke • Gebruik van styl • Kwessies oor identiteit in die werke • As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 (10) punte toekgeken. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Baie kunstenaars van die 21ste eeu ondersoek geslagskwessies. Daar is dikwels 'n spel van teenstrydige kragte: manlik en vroulik, dié wat in beheer is en dié wat beheer word. Vroue, sowel as mans, kan nie vrede maak met hul fisiese voorkoms, die rolle wat hulle speel en hul aanvaarding in 'n bevooroordeelde gemeenskap nie. Kandidate moet in die vorm van 'n opstel enige TWEE kunstenaars se werke bespreek wat geslagskwessies en die rol daarvan in die gemeenskap aanraak. Hulle moet na die werke in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b verwys. FIGUUR 7a: Karin Miller, Ladies-Lunch-Black-Ladies (Dames-Middagete-Swart- Dames). Die kunswerk skep 'n samesmelting van verlede en hede, persoonlik en openbaar. Karin Miller het 'n unieke styl ontwikkel wat ryk eklektisisme, speelsheid, spitsvondige humor en die postmoderne element van Neo-Barok uitstraal. Miller se werk fokus dikwels op die vroulike figuur en raak die veranderinge aan wat in die nuwe Suid- Afrikaanse gesien word. FIGUUR 7b: Kudzanai Chiurai, Untitled III (Ongetiteld III). Kudzanai Chiurai se reeks fotografiese montages, ondersoek politiek en mag in Afrika. In sy stekelrige, teatrale multimediakomposisies takel Chiurai die mees pertinente kwessies wat sy generasie van Suider-Afrikaners in die gesig staar, van regeringskorrupsie tot xenofobie en ontworteling. Kandidate mag die volgende as 'n riglyn gebruik: • Al vier figure skuil agter iets. Bespreek hierdie stelling. Hoe laat dit jou voel? Die vier figure skuil agter verskeie items. In FIGUUR 7a is die een vrou se gesig agter 'n selfoon weggesteek en die ander een agter 'n doilie. In FIGUUR 7b dra albei figure 'n sonbril. Ons kan nie met hulle identifiseer nie aangesien ons nie oogkontak kan maak met hulle nie; dit laat ons ongemaklik voel. • Sou jy sê dat hierdie visuele beelde vroulikheid en manlikheid goed weerspieël? FIGUUR 7a stel twee gesofistikeerde vroue voor wat by 'n tafel sit en FIGUUR 7b stel twee manlike figure voor wat hande vashou. FIGUUR 7b daag ons opinie oor manlikheid uit aangesien mans nie gewoonlik uitgebeeld word terwyl hulle hande vashou nie. • Interessante beelde en voorwerpe word in die komposisie gebruik. Hoe betrek dit die kyker en hoe dra dit by tot die betekenis/interpretasie van die werk? FIGUUR 7a: Die kunstenaar beeld alledaagse, jong, swart meisies uit wat agter 'maskers' skuil. In 'n moderne samelewing het die selfoon 'n voorwerp geword waaragter 'n mens kan skuil. Die vrou aan die regterkant skuil agter 'n doilie wat sinoniem is met bak en onthaal. Die twee vroue verteenwoordig kwesbaarheid en skoonheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Die visuele beelde in Ladies-Lunch-Black-Ladies (Dames-Middagete-Swart-Dames) is tipies Suid-Afrikaans: die horings van die springbok teen die muur verteenwoordig die nasionale dier van Suid-Afrika, die kaart van Afrika, die prente van Nelson Mandela teen die muur, hart-embleem, baba en 'n MIV- rooi lint. Beelde van vroulikheid: rok aan 'n hanger, serp, handsak met die beeld van die Slag van Bloedrivier, die kaart van Afrika, gebreekte spieël, snye brood (Suid-Afrika se stapelvoedsel), rooi naelpolitoer wat gemors het. Die blomme in die pot is baie vroulik. Die meisie aan die regterkant dra kant-onderklere en kruip weg agter 'n doilie wat tipies gebruik is om 'n deftige tafel te versier. Daar is 'n gestyfde, wit tafeldoek oor 'n Afrika- bedrukte tafeldoek. 'n Handspieël op die tafel is 'n bewys dat alle vroue besorg is oor hul voorkoms en skoonheid. Die werk is laag op laag opgebou, en patrone en objekte is gefotografeer en geskandeer. Die kunstenaar gebruik dan 'n Photoshop-program om 'n nuwe beeld te ontbloot. FIGUUR 7b: Chiurai verwys na kindersoldate, Afrika-vryheidsbewegings en burgeroorloë. Hy speur die ooreenkomste in die sosiale, politieke en ideologiese raamwerke van lande na in onstuimige oorgangstye. Sy toneel is vasgevang in foto's. Sketse en skilderye ontvou in populêre hip-hop-beelde. Chiurai het 'n aantreklike, verleidelike en aanloklike omgewing geskep wat werklike slagoffers van Afrika-onafhanklikheid en -demokrasie en die uitwerking van globalisering op oorlog ondersoek. Beskrywing: Die collage/fotomontage is 'n reghoekige afdruk van geplakte beelde wat op fotopapier gedruk is. Die fokuspunt is twee mans wat hande vashou en in die middel van die komposisie poseer. Albei mans is versier met ammunisie en militêre drag. Die man aan die linkerkant het 'n pienk serp om sy kop wat vroulikheid kan voorstel, asook 'n das, wat teenstrydig is. Hy dra 'n onderhemp met 'n luiperdvelpatroon en 'n blou boksbroekie met 'n patroon. Hy hou 'n geweer in sy regterhand vas wat simbolies is van selfverdediging, geweld en terreur. Die figuur aan die regterkant dra slegs onderklere. Hy het 'n blink, goue horlosie en 'n halssnoer aan wat simbolies is van rykdom, asook 'n rondte ammunisie wat om sy nek gedrapeer is. Hy het 'n rooi armband wat konflik of rou kan voorstel of simboliseer. Hy hou 'n panga in sy linkerhand vas. Hy dra 'n blou pet wat baie dieselfde is as dié van die polisiemag. Die petrolhouers en motorbande verwys na halssnoermoorde en geweld. Daar is 'n lap/ vlag op die agtergrond met Michael Jackson se portret. Hulle gebruik dit as 'n embleem of 'n skild. Baie mense het Michael Jackson idealiseer, alhoewel hy homself as 'n wit swart man gesien het. Sy masker verpersoonlik sy fobie en selfhaat, alhoewel hy geïdealiseer en verafgod is. Plante: kan groei en vernuwing voorstel. Vlag: Vier gekleurde vlae aan die linkerkant bestaan uit geel, groen, blou en wit. 'n Diagonale stuk rooi materiaal is dwarsoor die vlag gedrapeer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Die Chinese waaier: met bloeisels, bome en perde verteenwoordig die hemel, mag en onuitputbare krag. Oorspronklik is Chinese waaiers eenvoudig gebruik om die son te keer en mense koel te hou, maar oor die jare het hulle verander in kunswerke, statussimbole, rekwisiete vir teater en dans, romantiese geskenke en aandenkings van die dooies. Die Sjinese kalligrafiese letter vir die woord 'waaier' het dieselfde geluid as die karakter vir 'vriendelikheid' en 'goed'. Dus word waaiers as gelukbringers en as uitdrukkings van gulheid beskou. Die ronde waaier simboliseer eenheid of hervereniging, en word dikwels met romantiese gedigte, Sjinese karakters of blommotiewe versier wat rykdom en langlewendheid voorstel. Die vou-waaiers het 'n geskiedenis wat vakkundigheid simboliseer. In die verlede is Sjinese waaiers gebruik om 'n hoë status aan te dui. Vandag word hulle gebruik om grasie in danse voor te stel, soos ook persoonlikheidseienskappe in die teater of stories wat vertel word. Met betrekking tot die jaarlikse Draakbootfees, word Sjinese waaiers ook gebruik as gedenkbeelde van mense wat oorlede is. Paraffienlamp: geplaas op 'n klein tafeltjie aan die linkerkant wat aandui dat daar nie elektrisiteit is nie. • Gebruik van patroon Albei kunswerke is baie dekoratief en maak gebruik van patroonbedrukte materiaal op verskeie plekke. In FIGUUR 7a is die tafeldoek tipiese 'shweshwe'-materiaal wat met Afrika geassosieer word. Die doilie is dekoratief omdat dit gebruik word om borde te versier en is tipies vroulik. Hierdie ronde vorm word herhaal in die kandelaar wat van handwapens gemaak is. Die kunswerk in FIGUUR 7b is gevul met verskeie stukke patroonbedrukte materiale, lap, motorbande, rooi, blou en geel plastiek- diesel-/waterkanne, 'n gevaarteken, 'n metaaldrom wat in rooi en wit geverf is, Chinese waaier, lamp en vlag. • Style en tegnieke Daar word van kandidate verwag om kommentaar te lewer deur hul eie opinie te gee, met verwysing na die werk van TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het. [20] As daar net twee kunswerke bespreek is word ‘n maksimum van 16 punte toekgeken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2014 NSS – Memorandum VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Paragon Argitekte is 'n toonaangewende Suid-Afrikaanse argitektoniese firma. Hierdie dinamiese en innoverende groep argitekte streef daarna om futuristiese geboue te skep. Die toekoms daag hulle uit, want hulle wil deel wees daarvan. Paragon Argitekte sê: 'Ons het nie ons humorsin verloor nie en ons is werklik optimisties. Ons is bekend vir buigsaamheid en uiteenlopendheid in ons benadering tot ontwerp.' Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die volgende bespreek: • Op watter maniere lyk die geboue in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b futuristies? Kandidate moet hul antwoord motiveer. • Sou hulle saamstem met die stelling dat die argitekte se werk 'n 'humorsin' en optimisme toon? Kandidate moet hul antwoord motiveer. • Watter bydrae het die argitekte na hul mening tot die Suid-Afrikaanse stedelike landskap/omgewing gelewer? • Bespreek die invloede van die style van die verlede. • Kandidate moet ten minste EEN ander kontemporêre argitektoniese voorbeeld bespreek wat hulle bestudeer het, wat hulle werklik innoverend vind. Hulle moet in hul antwoord verwys na stilistiese kenmerke, die gebruik van boumateriale en konstruksiemetodes en die argitek se verantwoordelikheid aan die omgewing. FIGUUR 8a: Paragon Argitekte, Norton Rose Torings, Sandton, 2011. FIGUUR 8b: Paragon Argitekte, Ontwerp vir die Sasol Korporatiewe Gebou, Sandton, (opening in 2016). Dit is 'n 17-verdieping-gebou met kantore van 'n regskundige firma wat op 'n 6- verdieping-kelder staan en bestaan uit 'n dubbele toringstruktuur. Dit is 'n goeie Suid- Afrikaanse voorbeeld van 'n Dekonstruksie-gebou. Die hooflyne van die gebou is nie vertikaal en horisontaal nie, en daarom lyk dit of die verskeidenheid van gekromde en diagonale lyne die vorms en balans van struktuur versteur en dekonstrueer. Die voorste glastegnologie is in werking gestel om 'n glasvel te installeer. Hierdie glasvel omhul die noordelike en suidelike fassades en bestaan uit deursigtige en ligdeurlatende glas. Die oostelike en westelike fasades elimineer direkte sonlig met geskulptureerde, handgevormde aluminiumhouers wat om diepgesnyde glaslyne geplaas is. Hierdie unieke fasades verander in ooreenstemming met lig- en atmosferiese veranderinge. Die torings omhul 'n dramatiese canyon-tipe atriumruimte wat verbind is met loopweë wat op 'n waaieragtige manier onder die dakvensters gerangskik is. Gebruik van lae-energie glas – goeie topografiese oriëntering dra by tot die vermindering van energieverbruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2014 NSS – Memorandum Gebou gedurende die ekonomiese resessie en is gesien as 'n teken van vertroue in die land. • Die geboue in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b is futuristies in terme van hul konseptuele, kontemporêre gevoel. Die argitekte is duidelik beïnvloed deur heersende wêreld- argitektoniese neigings en dit is interessant om te sien dat hierdie neigings in Suid-Afrika voorkom. Hier kan kandidate skryf oor die gebruik van kromlynige lyne, die gebruik van ruimte, ens. Die kromlynige ontwerp van die Sasol-gebou, alhoewel dit futuristies in ontwerp is, sinspeel ook op die verlede in terme van die geronde baarmoederagtige kenmerk daarvan. • Hulle toon 'n geloof in die positiewe groei van hierdie land. Die status van die maatskappy word aan die publiek bekend gemaak deur die hoëkoste-, arbeidsintensiewe ontwerp wat Suid-Afrika na die wêreld- ekonomiese mark bring, wat die geloof in die potensiaal van Suid-Afrika konsolideer. • Hulle toon 'n humorsin deurdat daar 'n speelse, onverwagse kenmerk aan hulle is. Hulle skep ook 'n gevoel van fantasie. • Bydrae tot die Suid-Afrikaanse stedelike landskap toon weereens dat ons ontwerpers akuut bewus is van wat in die wêreld gebeur. As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 16 punte toekgeken. [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all