NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
REKENINGKUNDE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, ’n 1-bladsy formuleblad
en ’n 9 bladsy-antwoordeboek.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6f46b4c9-08af-40d5-bbfc-8e5e70b68734/v1-da1045ec841611dced33/card.webp)


View all


ACCN GR 11 PAPER 2 NOVEMBER 2020 - AFR_DeJ_hlayiso.com_.pdf
Accounting · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- National Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 12
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ’n FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is by die vraestel aangeheg. Jy
mag dit gebruik indien nodig.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ’n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 35 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Rekonsiliasies Finansiële Rekeningkunde
BTW Begrippe, Bank en Krediteurerekonsiliasie
Bestuur van Hulpbronne
BTW-berekeninge
Interne beheer
VRAAG 2: 53 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Vervaardiging en Bestuur van Hulpbronne
Kosteberekeninge Begrippe, berekeninge en vertolking van voorraad-
inligting
Gelykbreek
VRAAG 3: 37 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Begrotings Bestuursrekeningkunde
Debiteure-invordering
Interne beheer
Etiek
VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Vaste Bates Bestuursrekeningkunde
Interne beheer Bateverkope
Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 3
VRAAG 1: REKONSILIASIES EN BTW (35 punte; 30 minute)
1.1 BEGRIPPE
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.2) in die ANTWOORDEBOEK.
1.1.1 ’n Eksterne ouditeur sal die Bankrekonsiliasiestaat aan die einde van
elke maand wil bestudeer. (1)
1.1.2 ’n Debietsaldo in die Bankstaat is ’n aanduiding van ’n oortrokke
saldo. (1)
1.2 BANKREKONSILIASIE
Die boekhouer van Russel & Seun het die Bankstaat op 31 Julie 2020 ontvang
en met die Kontantjoernale vir Julie 2020 vergelyk.
GEVRA:
Gebruik die nodige inligting om die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2020 te
voltooi en bereken die korrekte saldo van die Bankrekening. (8)
A. Op 31 Julie 2020 toon die Bankstaat ’n batige saldo van R3 600.
B. Items op die Bankstaat vir Julie 2020 wat nie in die kontantjoernale
voorkom nie:
’n Onbetaalde tjek vir R820 wat oorspronklik ontvang is van debiteur,
L. Red, ter vereffening van sy skuld van R850, is geweier weens
onvoldoende fondse.
’n Huurder, N. Bergh, het die huur vir Junie 2020, R2 500, direk in die
besigheid se lopende bankrekening gedeponeer.
’n Debietorder vir die eienaar se selfoonrekening, R1 400.
Kredietkaartheffings en diensgeld, R360.
’n Deposito van R3 800. Daar is vasgestel dat die rekening van Russel
& Seun verkeerdelik gekrediteer is. Die bank sal dit gedurende
Augustus 2020 regstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
C. Items in die Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal
wat nie op die Bankstaat voorkom nie:
Deposito op 29 Julie 2020, R15 200
Tjeks:
Nr. 231 R2 020 (gedateer 26 Julie 2020)
Nr. 235 R1 570 (gedateer 31 Augustus 2020)
D. Ongemerkte items in die Bankversoeningstaat vir Junie 2020:
Tjek nr. 156, R2 860 (gedateer 5 Januarie 2020)
1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE
Lavender Verskaffers het ’n rekeningstaat van ’n krediteur, Bramley
Handelaars, ontvang. Die saldo op die staat stem nie ooreen met die saldo van
Bramley Handelaars se rekening in die Krediteuregrootboek van Lavender
Verskaffers nie.
GEVRA:
1.3.1 Bramley Handelaars se kredietterme is 60 dae. Lavender Verskaffers
verkies om hul rekening sommige maande binne 30 dae te vereffen.
Verskaf TWEE punte om aan te dui dat dit nie ’n goeie besluit is nie. (4)
1.3.2 Teken die volgende foute en weglatings in die tabel in die
ANTWOORDEBOEK aan en bereken die korrekte saldo en totaal. (10)
Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme en dui die vermeerdering of
vermindering met ’n (+) of (-) aan.
INLIGTING:
Die saldo van Bramley Handelaars in die Krediteuregrootboek van Lavender
Verskaffers, R21 130. Die saldo van die staat ontvang van Bramley Handelaars,
R32 600.
Foute en weglatings ontdek:
A. ’n Faktuur vir R13 300 ontvang van Bramley Handelaars, is korrek
aangeteken in die Krediteuregrootboekrekening. Op die staat is die
bedrag verkeerd aangeteken as R11 200.
B. Lavender Verskaffers het 10% korting op ’n betaling van R3 000 op
19 Februarie 2020 aangeteken. Bramley Handelaars het nie hierdie
korting toegelaat nie aangesien die betaling laat ontvang is.
C. Goedere teruggestuur, R500, verskyn op die staat wat ontvang is.
Lavender Verskaffers se boekhouer het vergeet om hierdie transaksie
aan te teken.
D. Goedere aangekoop van Bramley Handelaars, R3 035 is as ’n debietnota
in die Krediteuregrootboekrekening aangeteken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 5
E. ’n Direkte oordrag vir R7 000 deur Lavender Verskaffers is op 27 Februarie
2020 in die Kontantbetalingsjoernaal aangeteken. Korting ter waarde van R700,
vir vroeë betaling is ook aangeteken. Die rekeningstaat van Bramley
Handelaars is as 25 Februarie 2020 gedateer.
1.4 BTW
Die Batteryspesialis is geregistreer vir BTW-doeleindes. Die standaardkoers van
15% BTW is van toepassing, waar nodig.
Die inligting het betrekking op die BTW-periode wat op 31 Augustus 2020 eindig.
GEVRA:
1.4.1 Bereken die BTW-bedrag betaalbaar/ontvangbaar aan/van SAID. (9)
1.4.2 Die interne ouditeur het ontdek dat twee groot verkooptransakies op
krediet, vir R598 000 gedurende Augustus 2020, nie in die toepaslike
joernaal aangeteken is nie. Die eienaar dring daarop aan dat hierdie
transaksies gedurende September 2020 aangeteken moet word, as
gevolg van huidige kontantvloeiprobleme.
Gee EEN rede waarom die ouditeur nie met hierdie verduideliking
tevrede sal wees nie. (2)
INLIGTING:
BTW BTW
Besonderhede van transaksies UITGESLUIT BTW INGESLUIT
Fakture vir kredietverkope aan klante R1 415 880
uitgereik
Fakture van verskaffers ontvang R952 000
Kredietnotas van verskaffers ontvang R9 240
Korting toegestaan aan debiteure vir
vroeë betaling van rekeninge R5 520
Debiteure-rekeninge as oninbare
skuld afgeskryf R15 600 R17 940
Handelsvoorraad deur eienaar vir sy
persoonlike gebruik geneem R252
TOTAAL 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: VERVAARDIGING EN KOSTEBEREKENINGE (53 punte; 40 minute)
2.1 VERVAARDIGING
Jy word voorsien van inligting rakende Kampioen Vervaardigers vir die finansiële
jaar geëindig 29 Februarie 2020.
GEVRA:
2.1.1 Voltooi die volgende Grootboekrekeninge:
Grondstofvoorraad (14)
Werk-in-prosesvoorraad (12)
Klaarproduktevoorraad (8)
2.1.2 Bereken die bruto wins vir die jaar. (3)
2.1.3 Bereken die winsgrenspersentasie. (4)
INLIGTING:
A. Die volgende voorraad is op hande:
R R
29 Feb 2020 28 Feb 2019
Grondstofvoorraad 85 500 107 000
Werk-in-prosesvoorraad 86 414 25 800
Klaarproduktevoorraad 25 400 126 400
Verbruiksgoedere voorhande (indirekte
materiaal) 1 800 9 600
B. Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020.
R
Kantoorskryfbehoeftes aangekoop 4 350
Grondstowwe kontant aangekoop 250 000
Grondstowwe op krediet aangekoop 158 000
Indirekte materiaal kontant aangekoop 19 900
Vraggeld op aankope van grondstowwe kontant betaal 15 400
Verkope van klaar produkte 1 520 000
Advertensies 28 200
Voertuiguitgawes 14 500
Salarisse: Fabrieksvoorman 90 000
Administratiewe personeel 110 000
Verkoopspersoneel 99 000
Eiendomsbelasting 20 040
Versekering 31 200
Water en elektrisiteit 30 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 7
ADDISIONELE INLIGTING
Grondstowwe ter waarde van R16 000, aangekoop van Elektronika
Voorsieners, is op 29 Februarie 2020 teruggestuur. Hierdie transaksie is
nie aangeteken nie.
Direkte arbeidskoste beloop R214 749 vir die jaar.
Die totale fabrieksbokoste vir die jaar beloop R216 965.
2.2 KOSTEBEREKENINGE
Jellytot Vervaardigers vervaardig sweetpakke vir kleuters. Die sweetpakke word
verkoop teen ’n winsgrens van 50% op kosprys.
GEVRA:
2.2.1 Kies slegs die DRIE VASTE KOSTES uit die lys hieronder. (3)
Grondstofkoste Direkte arbeidskoste Voorman se salaris
Kommissie op verkope:
Verkoopspersoneel Boekhouer se salaris Fabriekhuur
2.2.2 Bereken die gelykbreekpunt vir Jellytot Vervaardigers. (4)
2.2.3 Dink jy Jellytot Vervaardigers moet oorskakel na ʼn goedkoper
verskaffer? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (5)
INLIGTING:
Die eienaar van Jellytot Vervaardigers voorsien jou van die volgende inligting:
Verkoopprys per sweetpak: R160
Veranderlike koste per sweetpak: R115
Totale vaste koste: R945 000
Die eienaar lig jou in dat hy ’n nuwe verskaffer van grondstowwe ontdek het. Die
materiaal sal na een was verbleik. Dit sal egter die die veranderlike koste na R95
verminder. Indien die besigheid die verkoopprys dieselfde hou, sal dit groter
winste verseker.
TOTAAL: 53
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: BEGROTING (37 punte; 30 minute)
Jy word voorsien van inligting rakende Peter Pan Skryfbehoeftes. Vuyo Radebe en sy
vrou, Lydia, is die eienaars van die besigheid. Die winkel word bestuur deur Alvin
Alberts, maar ’n mededinger het vir hom werk teen ’n verhoogde salaris aangebied.
GEVRA:
3.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om begrote syfers te vergelyk met werklike
syfers wat vir daardie periode behaal is. (2)
3.2 Bereken die ontbrekende bedrae (aangedui deur (a), (b) en (c)) in die Debiteure-
invorderingskedule vir die begrote periode Maart tot Mei 2020. (4)
3.3 Bereken die volgende begrote bedrae:
3.3.1 Totale begrote verkope vir Maart 2020 (2)
3.3.2 Begrote bedrae betaalbaar aan krediteure gedurende Mei 2020 (4)
3.3.3 Begrote salarisse vir die winkelassistente vir April 2020 (4)
3.3.4 Die verwagte persentasieverhoging in die salaris van die bestuurder in
Mei 2020 (3)
3.3.5 Die bedrag van die addisionele lening wat na verwagting op
1 April 2020 verkry sal word (4)
3.4 ’n Beampte van die plaaslike munisipaliteit het aangebied om Peter Pan
Skryfbehoeftes aan te beveel vir die lewering van skryfbehoeftes ter waarde van
R500 000. Hy sal dit egter slegs doen indien Vuyo hom R20 000 kontant betaal.
Gee vir Vuyo advies in hierdie verband. Noem TWEE punte. (4)
3.5 Vuyo se vrou is kwaad omdat hy nie by die kontantbegroting gehou het nie. Vuyo
sê hy het doelbewus nie by die begroting gehou nie omdat hy die totale resultate
van die besigheid wou verbeter.
Identifiseer DRIE oorspanderings in April 2020, behalwe voertuiguitgawes.
Verskaf syfers om jou antwoord te ondersteun. Verskaf ook ’n geldige rede
vir elke oorspandering om Vuyo se besluite te ondersteun. (6)
Verduidelik hoe hierdie meningsverskil met sy vrou in die toekoms verhoed
kan word. (2)
Noem TWEE ander strategieë wat Vuyo en sy vrou in die toekoms kan
oorweeg om die resultate van die besigheid te verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 9
INLIGTING:
A. Verkope en debiteure-invordering:
Die TOTALE verkope vir April 2020 en Mei 2020 is as volg geskat:
April 2020 70 000
Mei 2020 78 750
80% van alle verkope is vir kontant. Die res is op krediet.
Daar word verwag dat debiteure as volg sal betaal:
60% in dieselfde maand waarin verkope plaasvind, onderhewig aan 4%
korting
38% in die maand wat volg op verkope
2% van skuld word afgeskryf in die tweede maand na verkope
Debiteure-invorderingskedule:
KREDIET- 2020 2020 2020
VERKOPE MAART APRIL MEI
R R R R
Februarie 31 500 11 970
Maart 10 500 (a) 3 990
April 14 000 8 064 (b)
Mei (c)
12 054
B. Aankope van voorraad en betalings aan krediteure:
Die besigheid werk volgens ’n vaste voorraad-basis waarvolgens voorraad
wat gedurende ’n maand verkoop word, aan die einde van daardie maand
vervang word.
Die besigheid gebruik ’n winsopslag van 75% op kosprys.
70% van alle voorraad word op krediet aangekoop.
Krediteure word ten volle betaal in die maand wat volg op die maand van
aankope.
C. Salarisse:
Gedurende Maart 2020 het die besigheid 12 winkelassistente, wat elkeen
dieselfde verdien, indiens geneem. Gedurende April 2020 is nege van die
winkelassistente geregtig op ’n bonus gelykstaande aan 80% van hul
maandelikse salaris.
Alle winkelassistente sal gedurende Mei 2020 ’n algemene verhoging kry.
Die bestuurder het in April 2020 ’n bonus ontvang.
D. Lening:
’n Addisionele lening sal op 1 April 2020 teen 14% p.j. rente by Atlantis Bank
uitgeneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
E Uittreksel uit die kontantbegroting vir die drie maande geëindig
31 Mei 2020:
MAART APRIL MEI
ONTVANGSTES Begroot Begroot Werklik Begroot
Kontantverkope van
voorraad 42 000 56 000 59 200 63 000
Invorderings van debiteure 18 018 12 054 12 800 ?
Huurinkomste 5 600 6 160 6 160 6 160
Addisionele lening bekom 0 ? ? 0
BETALINGS
Kontantaankope van
voorraad 9 000 12 000 28 000 13 500
Betalings aan krediteure 58 500 21 000 21 000 ?
Salarisse van
winkelassistente 102 000 ? ? 110 160
Salaris van bestuurder 16 000 16 000 40 000 19 200
Rente op lening
(14% p.j.) 6 300 7 175 7 175 7 175
Afleweringskoste (vir
aflewerings aan klante) 9 200 9 200 0 9 200
Versekering (jaarliks
betaal) 0 27 000 27 000 -
Advertensies 0 0 0 20 000
Aankoop van voertuig 0 0 180 000 0
Voertuiguitgawes 0 0 4 000 4 000
Diverse uitgawes 5 300 5 300 5 300 5 800
TOTAAL: 37
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) REKENINGKUNDE V2 11
VRAAG 4: VASTE BATES EN INTERNE BEHEER (25 punte; 20 minute)
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Everest Handelaars.
GEVRA:
4.1 Wat is ’n Vastebateregister? (2)
4.2 Bereken die waardevermindering op toerusting vir die jaar. (10)
4.3 Voltooi die Bateverkoperekening. (10)
4.4 Die eienaar is bekommerd oor die interne beheer van die besigheid se vaste
bates. Stel DRIE interne beheermaatreëls voor wat geïmplementeer kan
word. (3)
INLIGTING:
1. Die volgende saldo’s verskyn in die algemene grootboek op 29 Februarie 2020, die
einde van die finansiële jaar:
Vaste bates Kosprys Opgehoopte
waardevermindering
29 Feb 2020 1 Maart 2019
Toerusting 645 000 180 000
2. Toerusting:
Verouderde toerusting is op 1 Desember 2019 ingeruil. Die kosprys van hierdie
toerusting was R60 000 en die opgehoopte waardevermindering op
1 Maart 2019, R42 000.
Die inruilprys van R22 000 is aanvaar en die kosprys van die nuwe toerusting
was R90 000. Dit is korrek aangeteken.
Waardevermindering op toerusting word bereken teen 20% p.j. volgens die
verminderde-saldo-metode.
TOTAAL: 25
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
GRAAD 11 REKENINGKUNDE:
FORMULEBLAD VIR FINANSIËLE AANWYSERS
Brutowins x 100 Brutowins x 100 Nettowins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale verdienste per vennoot x 100 Nettowins x 100
Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1
Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste
(Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Kredietaankope 1
Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde voorraad
Langtermynlenings: Eienaarsbelang Totale bates: Totale laste
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
ACCOUNTING ANS BOOK GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV2025 Afrikaans_watermark.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2024 AFR D_watermark.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6f46b4c9-08af-40d5-bbfc-8e5e70b68734/v1-da1045ec841611dced33/card.webp)
Question paper
Gr 11 Accounting P1 (English) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
NW-11-ACCOUNTING-P1-QP-AFR-NOV-2024.pdf
Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2023_Afrikaans Final_watermark.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
ACCN GR 11 P2 NOVEMBER 2020 MG - AFR_DeJ_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
ACCN P2 MEMO GR11NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf

Question paper
ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 English_hlayiso.com__hlayiso.com_.docx_hlayiso.com_.pdf
Question paper
ACCN P2 QP GR11 NOV2020 AFR D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Accounting
Explore more published documents in this catalogue.

Addendum
ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans_watermark.pdf

Memorandum
ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR_watermark.pdf
Question paper and memo
LP-Accounting-Grade-11-June-2025-P2-and-Memo.pdf
Question paper and memo
LP-Accounting-Grade-11-March-2025-QP-and-Memo.pdf
Memorandum