Skip to content

Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12201824 pages

Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 REKENINGKUNDE PUNTE: 300 TYD: 3 uur *ACCNA* Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en ’n 16-bladsye-antwoordeboek.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale plek getoon word, waar van toepassing. 7. ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde tyd vir die beantwoording van elke vraag te hou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 3 VRAAG 1: 45 punte; 30 minute Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde x Begrippe; Produksiekostestaat Kosteberekeninge x Gelykbreek en ontleding van eenheidskoste Bestuur van hulpbronne x Interne beheer VRAAG 2: 40 punte; 25 minute Hoof-onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde x Berekeninge en interpretasie van begrotings Begroting Bestuur van hulpbronne x Interne beheer VRAAG 3: 75 punte; 45 minute Hoof-onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde x Begrippe; Inkomstestaat Maatskappy Finansiële State Bestuur van hulpbronne x Bestuur van Vaste bates x Ouditverslag VRAAG 4: 65 punte; 40 minute Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuursrekeningkunde Finansiële State, Kontantvloei x Begrippe; Balansstaat notas en Vertolking x Kontantvloeistaat x Vertolking van finansiële inligting VRAAG 5: 45 punte; 25 minute Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer: Bestuur van hulpbronne Voorraadwaardasie x Voorraadwaardasiemetodes x Interne beheer VRAAG 6: 30 punte; 15 minute Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer: Finansiële rekeningkunde x Krediteureversoening Versoening en BTW x BTW-berekeninge Bestuur van hulpbronne x Interne beheer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 1: KOSTEBEREKENINGE (45 punte; 30 minute) 1.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 (Kantoorskryfbehoeftes/verpakkingsmateriaal) word NIE as deel van administrasiekoste beskou nie. 1.1.2 Skoonmaakmiddels gebruik in die fabriek is ’n voorbeeld van (direkte materiaal/indirekte materiaal). 1.1.3 ’n Toename in die aantal eenhede geproduseer, sal lei tot ʼn (afname/ toename) in die vaste koste per eenheid. (3 x 1) (3) 1.2 LOLO VERVAARDIGERS Lolo Vervaardigers vervaardig plastiek-emmers. Inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018 word voorsien. GEVRA: 1.2.1 Bereken die koste van die grondstowwe/direkte materiaal gedurende die jaar aan die fabriek uitgereik. (8) 1.2.2 Bereken die volgende vir die Produksiekostestaat: x Direkte arbeidskoste (7) x Fabrieksbokoste (voltooi die tabel wat voorsien is). (5) 1.2.3 Stel die Produksiekostestaat op 28 Februarie 2018 op. (11) INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s: 28 FEB. 2018 1 MAART 2017 R R Grondstowwe/direkte materiaal 76 300 87 250 Goedere-in-bewerking ? 30 000 Klaarprodukte 31 800 27 800 Verbruiksgoedere vir fabriek 7 700 5 300 B. Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018: Aankope van grondstowwe/direkte materiaal R 694 150 Vraggeld betaal op grondstowwe/direkte materiaal 21 200 Verbruiksgoedere in fabriek gebruik 22 830 Skoonmaakmiddels aangekoop vir die kantoor 12 330 Produksielone 423 400 WVF – Bydrae vir fabriekswerkers ? Salarisse: Fabrieksvoorman 154 200 Administrasie 189 000 Verkope 217 000 Water en elektrisiteit 132 360 Diverse uitgawes: Fabriek 89 910 Administrasie 76 200 Verkope-departement 68 390 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 5 C. Addisionele inligting: (i) ’n Faktuur vir die vervoer van grondstowwe, R4 200, is nog nie aangeteken nie. (ii) Gedurende die fisiese voorraadopname van grondstowwe op 28 Februarie 2018, is 3 000 emmerhandvatsels teen R5,00 elk in plaas van R1,50 elk, aangeteken. Dit moet reggestel word. (iii) Die loon van ’n fabriekswerker is weggelaat uit die loonjoernaal vir Februarie 2018. Haar besonderhede is as volg: Netto loon R9 614 LBS belasting R2 860 WVF (1% van bruto) R126 Die werkgewer dra 1% by tot die WVF (iv) Die water en elektrisiteitsrekening vir Februarie 2018, R3 240, is nie betaal nie. 75% van die water en elektrisiteit word aan die fabriek toegedeel. (v) Emmers word verkoop teen R96 elk (60% wins op kosprys). Totale verkope vir die finansiële jaar beloop R2 457 600. 1.3 GRENS BAKKERY Jy word voorsien van inligting rakende die produksie van koeke. Die besigheid word deur Sydney besit. GEVRA: 1.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir 2018. (4) 1.3.2 Verduidelik of Sydney bekommerd moet wees oor die gelykbreekpunt en die vlak van produksie. Haal syfers aan. (3) 1.3.3 Gee ’n moontlike rede vir die verandering in eenheidskoste vir direkte materiaalkoste en vir direkte arbeid. (4) INLIGTING: 30 APRIL 2018 30 APRIL 2017 Direkte materiaal R14,50 R18,20 EENHEIDS- Direkte arbeid R17,30 R12,40 KOSTE Verkope en verspreiding R8,40 R8,00 Veranderlike koste R40,20 R38,60 Totale vaste koste R249 000 R242 720 Aantal koeke geproduseer en verkoop 15 000 14 800 Gelykbreekpunt ? 13 950 Verkoopprys per eenheid R61,60 R56,00 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 2: BEGROTING (40 punte; 25 minute) 2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs Waar of Onwaar langs die nommers (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 ’n Kontantbegroting word voorberei om die werklike ontvangstes en betalings vir ’n spesifieke tydperk aan te dui. 2.1.2 ’n Geprojekteerde Inkomstestaat sal die verwagte wins of verlies vir die begrote tydperk aandui. 2.1.3 Slegs nominale rekeninge word in ’n Kontantbegroting aangeteken. (3) 2.2 BANYAMA BPK. Die inligting het betrekking op Banyama Bpk. vir die begrotingsperiode geëindig 30 September 2018. GEVRA: 2.2.1 Voltooi die Debiteure invorderingskedule. (7) 2.2.2 Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (vi) op die uittreksel uit die Kontantbegroting wat voorsien word. (19) 2.2.3 Verwys na Inligting J: x Bereken die persentasie verhoging in die bestuurder se salaris. (4) x Lewer kommentaar oor die aanvaarbaarheid van die besluit oor salarisse en lone. Haal syfers aan. (3) x Voorsien TWEE moontlike gevolge van hierdie besluit. (4) INLIGTING: A. Die besigheid verkoop kombuistoebehore teen ʼn winsopslag van 80% op kosprys. Voorraad word in die maand van verkope vervang. ’n Basis- voorraad word gehandhaaf. B. Werklike en begrote syfers vir 2018: JULIE AUGUSTUS SEPTEMBER Verkope 225 000 207 000 216 900 Aankope 125 000 ? 120 500 C. 70% van totale verkope is op krediet. Debiteure betaal as volg: x 60% gedurende die maand wat op die maand van verkope volg; x 36% gedurende die tweede maand wat op die maand van verkope volg; x 4% word afgeskryf. D. Alle voorraadaankope is op krediet. Krediteure word na 30 dae betaal, onderhewig aan ’n 5% korting. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 7 E. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir Augustus en September 2018: AUGUSTUS SEPTEMBER R R Kontantverkope 62 100 (i) Lening ontvang 316 800 0 Betalings aan krediteure 118 750 (ii) Salaris van bestuurder 15 300 16 830 Lone van verkoopspersoneel 38 400 38 400 Bedryfsuitgawes ? (iii) Onttrekkings 13 250 (iv) Water en elektrisiteit 15 400 16 632 Deposito op nuwe toerusting 12 600 0 Paaiement op nuwe toerusting 0 (v) Paaiement op lening 0 (vi) Rente op lening 0 2 310 F. Bedryfsuitgawes beloop jaarliks R163 440 en word eweredig oor die begrotingstydperk versprei. G. Die eienaars beplan om gedurende September 2018, 50% meer as hul gewone maandelikse onttrekkings te neem om ’n musiekkonsert by te woon. H. Nuwe toerusting sal gedurende Augustus 2018 aangekoop word. ’n Deposito van 15% sal betaal word. Die balans sal in gelyke paaiemente oor 24 maande, vanaf 30 September 2018 vereffen word. I. Die lening is van ’n vennoot ontvang. ’n Vaste paaiement sal op die 1ste van elke maand betaal word. Rente teen 9% p.j. sal vanaf 30 September 2018 aan die einde van elke maand betaal word. J. Salarisse en lone word elke jaar gedurende Augustus hersien. Die bestuurder se salaris sal op 1 September 2018 verhoog. As gevolg van die swak ekonomiese situasie, het die eienaar besluit die besigheid kan nie ’n loonverhoging bekostig nie. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3: VASTE BATES, INKOMSTESTAAT EN OUDITVERSLAG (75 punte; 45 minute) 3.1 BEGRIPPE Kies ’n kategorie uit die voorsiende lys, vir elke voorbeeld hieronder. Skryf slegs die kategorie langs die nommers (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. nie-bedryfsbate; bedryfslas; uitgawe; ekwiteit; bedryfsbate; inkomste 3.1.1 Behoue inkomste 3.1.2 Bedrag verskuldig deur SAID vir inkomstebelasting vir die jaar 3.1.3 Uitbreidings aan grond en geboue 3.1.4 ’n Toename in Voorsiening vir oninbare skuld (4 x 1) (4) 3.2 YASHPAL BPK. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018. GEVRA: 3.2.1 Verwys na Inligting A: Bereken die syfers aangedui deur (i) tot (iii) in die Vaste bate-nota. (11) 3.2.2 Voltooi die Bateverkope-rekening op 1 Januarie 2018. (5) 3.2.3 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018. (46) INLIGTING: A. Vaste bates: VOERTUIE TOERUSTING Kosprys (1 Maart 2017) 838 000 622 000 Opgehoopte waardevermindering (1 Maart 2017) (420 000) (264 000) Drawaarde (1 Maart 2017) (i) 358 000 Bewegings: Toevoegings 216 000 0 Bateverkope 0 (iii) Waardevermindering (ii) (35 400) Drawaarde (28 Februarie 2018) Kosprys (28 Februarie 2018) 517 000 Opgehoopte waardevermindering (28 Feb 2018) x ’n Nuwe voertuig is aangekoop op 1 Oktober 2017. x Waardevermindering op voertuie word bereken teen 15% p.j. op kosprys. x Ou toerusting is op 1 Januarie 2018 vir R26 250 kontant verkoop. ’n Wins van R4 250 is gemaak op hierdie verkope. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 9 B. Saldo’s/totale geneem uit die Voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2018: Lening: GT Bank R 542 000 Vaste deposito (8% p.j. rente) 195 000 Debiteurekontrole 112 245 Voorsiening vir oninbare skuld 7 480 Handelsvoorraad 728 400 Verkope ? Koste van verkope 4 250 000 Direkteursfooie 336 500 Salarisse en lone 222 700 Fooi-inkomste 79 350 Ouditfooie 19 450 Huuruitgawe 146 080 Verpakkingsmateriaal 43 730 Korting ontvang 14 280 Oninbare skuld 23 555 Diverse uitgawes ? C. ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS: (a) ’n Faktuur vir kredietverkope, R32 200 is nie in berekening gebring nie. Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 75% op kosprys. (b) Die voorraadopname op 28 Februarie 2018 toon die volgende voorrade op hande: x Handelsvoorraad, R706 350 x Verpakkingsmateriaal, R3 880 (c) ’n Debiteur wat R17 300 skuld, word insolvent verklaar. Sy boedel het 35 sent in die Rand betaal en dit is korrek aangeteken. Die uitstaande balans moet as oninbaar afgeskryf word. (d) Voorsiening vir oninbare skuld moet aangesuiwer word tot 5% van debiteure. (e) Direkteursfooie van R23 500 is uitstaande op 28 Februarie 2018. (f) 50% van die ouditfooie is aan die eksterne ouditeur betaal. Die balans sal in Maart 2018 betaal word. (g) Huuruitgawe sluit die huur vir Maart 2018 in. Let daarop dat die huur op 1 Desember 2017 met 7% verhoog is. (h) Die leningstaat ontvang op 28 Februarie 2018 toon ’n uitstaande saldo van R565 800. Rente wat gekapitaliseer word, is nie in berekening gebring nie. (i) Bring rente op vaste deposito teen 8% p.j. in berekening. Hierdie belegging is op 1 September 2017 gemaak. (j) Nadat al die aansuiwerings in ag geneem is, beloop die inkomste- belasting vir die jaar, bereken teen 29% van die netto wins, R560 860. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) 3.3 OUDITVERSLAG: PICOLI BPK. GEVRA: 3.3.1 Verduidelik kortliks die rol van die eksterne ouditeur. (2) 3.3.2 Watter soort ouditverslag het Picoli Bpk. ontvang? Verduidelik. (3) 3.3.3 Waarom sou ’n bestaande aandeelhouer bekommerd wees oor hierdie verslag? Gee TWEE punte. (4) INLIGTING: UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE Ons het die jaarlikse finansiële state van Picoli Bpk., vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2018, ge-oudit. Ons verantwoordelikheid is om op grond van ons oudit, ’n mening uit te spreek oor hierdie finansiële state. Oudit mening Na ons mening, is die finansiële state ’n redelike weerspieëling van die finansiële posisie van die maatskappy op 30 Junie 2018, behalwe vir die advertensie- uitgawes in die Inkomstestaat wat nie geverifieer kon word nie, aangesien daar geen dokumentasie beskikbaar is vir hierdie uitgawes nie. Mashele en Fouche Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) 12 Augustus 2018 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 11 VRAAG 4: FINANSIЁLE STATE, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING (65 punte; 40 minute) 4.1 BEGRIPPE: PAS DIE BEGRIPPE Kies ’n omskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die nommers (4.1.1–4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Balansstaat A Toon die finansiële resultate van ’n onderneming vir ’n gegewe tydperk 4.1.2 Likiditeit B Die mate waartoe ’n onderneming gebruik maak van geleende kapitaal 4.1.3 Inkomstestaat C Die vermoë van ’n onderneming om al sy skuld te vereffen 4.1.4 Solvensie D Die opbrengs wat aandeelhouers verdien op hul belegging in die onderneming 4.1.5 Hefboomeffek E Die vermoë van ’n onderneming om sy bedryfslaste te vereffen F Toon die finansiële posisie van ’n onderneming ten opsigte van sy bates, laste en ekwiteit (5 x 1) (5) 4.2 KHLOE BPK. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 31 Mei 2018. GEVRA: 4.2.1 Voltooi die nota tot die Kontantvloeistaat, vir Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite. (9) 4.2.2 Bereken die volgende bedrae in die Kontantvloeistaat: x Inkomstebelasting betaal (4) x Dividende betaal (4) x Vaste bates aangekoop (5) 4.2.3 Bereken die Netto verandering in kontant en kontant-ekwivalente. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Balansstaat en notas op 31 Mei 2018: 2018 2017 Vaste bates (drawaarde) R1 437 200 R1 120 400 Bedryfsbates Voorraad 123 800 163 300 Handels- en ander ontvangbares: 168 300 149 100 Handelsdebiteure 155 600 134 700 SAID: Inkomstebelasting 12 700 0 Vooruitbetaalde uitgawes 0 14 400 Kontant en kontantekwivalente 76 750 15 500 Bedryfslaste Handelskrediteure 122 900 162 600 SAID: Inkomstebelasting 0 27 200 Aandeelhouers vir dividende 142 400 111 000 Vooruitontvange inkomste 11 100 0 Oortrokke bank 0 124 300 B. Addisionele inligting: (i) Netto wins voor inkomstebelasting, R988 700; Netto wins na inkomstebelasting, R692 100. (ii) Ou toerusting is teen drawaarde, R283 500 verkoop. Toerusting is gedurende die finansiële jaar gekoop om die fasiliteite op te gradeer. (iii) Waardevermindering vir die jaar, R221 400. (iv) Totale dividende (betaal en aanbeveel) volgens die nota vir Behoue Inkomste, R317 400. 4.3 KWEZI BPK.: ONTLEDING EN VERTOLKING Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018. GEVRA: 4.3.1 Voltooi die nota vir Gewone Aandelekapitaal. (7) 4.3.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2018: x Netto batewaarde per aandeel (3) x Opbrengs op aandeelhouersekwiteit (5) 4.3.3 Haal TWEE finansiële aanwysers aan (met syfers en neigings) wat dui op ’n verbetering in die likiditeitsposisie van die onderneming. (4) 4.3.4 Die onderneming het ’n groot deel van die lening terugbetaal. Verduidelik waarom dit ’n goeie besluit was. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (6) 4.3.5 Lewer kommentaar oor die dividend-uitbetalingsbeleid oor die afgelope twee jaar. Voorsien ’n moontlike rede vir die aanwend van hierdie beleid. Haal syfers aan. (5) 4.3.6 Verduidelik of die prys waarteen aandele teruggekoop is, billik was. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) in jou verduideliking aan. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 13 INLIGTING: A. Uittreksel uit die Inkomstestaat op 28 Februarie: 2018 2017 R R Rente op lening 77 400 211 700 Netto wins na belasting 545 600 494 000 B. Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie: 2018 2017 R R Aandeelhouersekwiteit 4 488 000 3 724 000 Gewone aandelekapitaal 4 291 500 ? Behoue inkomste ? 76 000 Lening: Buzza Bank (11% p.j.) 692 000 1 920 000 C. Aandelekapitaal: x Op 1 Maart 2017 het die maatskappy 760 000 aandele reeds uitgereik. x Op 1 Junie 2017 is 30 000 aandele teruggekoop teen R5,20 per aandeel. x Op 31 Oktober 2017 is ’n verdere 150 000 aandele uitgereik. D. Finansiële aanwysers op 28 Februarie: 2018 2017 Bedryfsverhouding 1,9 : 1 1,4 : 1 Vuurproefverhouding 0,7 : 1 0,8 : 1 Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn 38 dae 57 dae Gemiddelde krediteure-betalingstermyn 50 dae 63 dae Skuld/ekwiteitsverhouding 0,2 : 1 0,5 : 1 Verdienste per aandeel 62 sent 65 sent Dividende per aandeel 31 sent 52 sent Opbrengs op aandeelhouersekwiteit ? 13,7% Opbrengs op kapitaal aangewend 20,8% 22,3% Netto batewaarde ? 490 sent Markprys op JSE 515 sent 485 sent 65 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 5: VOORRAADWAARDASIE (45 punte; 25 minute) 5.1 Gee ’n voorraadwaardasiemetode wat die beste beskryf word deur elk van die stellings hieronder. Skryf slegs die waardasiemetode neer teenoor elke nommer (5.1.1–5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK. 5.1.1 Unieke voorraaditems van hoë waarde soos motors, word individueel waardeer. 5.1.2 Voorraad van toebehore soos mikrogolfoonde word altyd teen hul mees onlangse kospryse waardeer. 5.1.3 Lae-koste items soos gholfballe word in groot hoeveelhede aangekoop en die waarde bly redelik konstant met verloop van tyd. (3 x 1) (3) 5.2 CASUAL UITRUSTERS Die inligting het betrekking op Casual Uitrusters vir Junie 2018. Die eienaar is Funiwe. Die onderneming verkoop mansdenims. Voorraad word waardeer volgens die geweegdegemiddelde-metode en die periodieke voorraadstelsel. GEVRA: 5.2.1 Bereken: x Bedrag betaal vir vraggeld op 11 Junie 2018 (4) x Waarde van eindvoorraad op 30 Junie 2018 (9) 5.2.2 Funiwe wil die metode van voorraadwaardasie verander. Die waarde van die eindvoorraad volgens die EIEU metode sal R4 853 hoër wees as die waarde volgens die geweegdegemiddelde-metode. x Verduidelik die invloed wat hierdie besluit op die bruto wins sal hê. (2) x Gee EEN geldige rede vir en EEN geldige rede teen die besluit om die voorraadwaardasie-metode te verander. (4) 5.2.3 Funiwe is bekommerd oor die kontrole oor haar voorraad denims. Sy het 1 788 denims gedurende die jaar verkoop. Voorsien ’n berekening om haar kommer te steun. (5) 5.2.4 Lewer kommentaar oor die saldo van voorraad op 30 Junie 2018. Is dit aanvaarbaar? Verduidelik. Verskaf EEN punt. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 15 INLIGTING: A. Saldo’s van voorraad: DATUM AANTAL EENHEDE TOTALE KOSTE 1 Junie 2018 230 R28 633 30 Junie 2018 415 ? B. Aankope en terugsendings: Aantal Prys per Vraggeld Totale Datum eenhede eenheid op aankope koste 11 Junie 2018 835 R130 ? R116 065 18 Junie 2018 780 R142 R7 020 R117 780 26 Junie 2018 380 R148 R3 420 R 59 660 Totale aankope 1 995 R293 505 Terugsendings van Die verskaffer het die 18 Junie se aankope 15 aankoopprys terugbetaal, ? maar nie die vraggeld nie. 5.3 PROBLEEMOPLOSSING Jay’s Meubileerders verkoop lessenaars en stoele. Die finansiële jaar het geëindig op 28 Februarie 2018. GEVRA: Voorsien toepaslike syfers vir ALLE vrae hieronder, waar van toepassing. 5.3.1 Lessenaars: x Watter besluit het Jay geneem ten opsigte van die verkoopprys van die lessenaars? (3) x Verduidelik TWEE punte om te wys hoe hierdie besluit die onderneming beïnvloed het. (6) 5.3.2 Stoele: Jay het besluit om sy stoele van ’n goedkoper verskaffer te koop. Verskaf TWEE punte om te wys waarom jy dink dat dit NIE ’n goeie besluit was NIE. (6) INLIGTING: LESSENAARS STOELE 2018 2017 2018 2017 Bestellings ontvang van 250 330 500 450 klante Bruto eenhede verkoop 250 318 380 450 Terugsendings deur klante 0 12 56 0 Verkoopprys per eenheid R420 R360 R126 R168 Kosprys per eenheid R240 R240 R90 R120 Winsopslag % 75% 50% 40% 40% Bruto wins R45 000 R36 720 R11 664 R21 600 Voorraadomsetsnelheid 5,4 keer 7,4 keer 5,2 keer 5,2 keer 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 6: VERSOENING EN BTW (30 punte; 15 minute) 6.1 KREDITEUREVERSOENING Ladoo Handelaars koop goedere op krediet van Anami Voorsieners. Die inligting het betrekking op Augustus 2018. GEVRA: 6.1.1 Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te dui hoe die saldo’s sal verander wanneer die krediteureversoening gedoen word. Toon die bedrag sowel as ’n + vir ’n toename en ’n – vir ’n afname. (11) 6.1.2 Verwys na Inligting (vi): ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat slegs R21 500 van hierdie goedere in die voorraadrekords aangeteken is. Die oorblywende goedere is deur die kredietbestuurder, M. Rice bestel. x Gee TWEE moontlike stappe wat teen M. Rice geneem kan word. (4) x Verduidelik TWEE interne beheermaatreëls wat die onderneming kan gebruik om sulke insidente in die toekoms te vermy. (4) INLIGTING: A. Saldo’s: Rekening van Anami Voorsieners in die Krediteure- R95 160 Kt grootboek van Ladoo Handelaars op 31 Augustus 2018 Staat van Anami Voorsieners op 25 Augustus 2018 R143 460 Dt B. Foute en weglatings ontdek gedurende ’n ondersoek: (i) ’n Faktuur vir R26 000 ontvang van Anami Voorsieners is korrek aangeteken deur Ladoo Handelaars. Die staat toon dit as R20 600. (ii) Ladoo Handelaars het korting vir vroeë betaling, R820 korrek aangeteken. Dit verskyn nie op die staat van Anami Voorsieners nie. (iii) Die staat toon rente van R1 240 op ’n uitstaande saldo. Anami Voorsieners erken dat hulle ’n fout begaan het. (iv) ’n Debietnota vir R1 520 uitgereik aan Amanda Bpk. is verkeerdelik aangeteken in die rekening van Anami Voorsieners by Ladoo Handelaars. (v) ’n Kredietnota vir R2 440, ontvang van Anami Voorsieners vir goedere teruggestuur is verkeerdelik as ’n faktuur aangeteken deur Ladoo Handelaars. (vi) ’n Faktuur vir R47 500 verskyn op die staat van Anami Voorsieners, maar is nie deur Ladoo Handelaars aangeteken nie. (vii) ’n Betaling van R7 500 deur Ladoo Handelaars op 27 Augustus 2018 is in die Krediteuregrootboek van Anami Voorsieners aangeteken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 17 6.2 BTW: XEGO WINKELS Xego Winkels is elke tweede maand verantwoordelik vir BTW-opgawes. Alle goedere en dienste is onderhewig aan BTW teen die standaardkoers van 15%. GEVRA: Bereken die finale bedrag betaalbaar aan SAID op 31 Julie 2018. (11) INLIGTING: BTW BTW BTW INGESLUIT UITGESLUIT BEDRAG R R R Saldo verskuldig aan SAID 6 665 (1 Julie 2018) Fakture vir kontant- en krediet- 828 000 720 000 108 000 verkope Aankope van handelsvoorraad 534 750 465 000 ? Voorraad teruggestuur aan 3 200 480 verskaffers Debiteure-rekenige afgeskryf 915 Kantoorrekenaar op krediet gekoop 9 800 ? Korting toegestaan aan debiteure 10 810 ? 30 TOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all