Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
*ACCNA*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en ’n 16-bladsye-antwoordeboek.
Skip to contentAll 2018 papers 



%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)

View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 503.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ’n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ’n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Alle bewerkings moet tot EEN desimale plek getoon word, waar van toepassing.
7. ’n Uiteensetting van die vrae word voorsien. Probeer om by die voorgestelde
tyd vir die beantwoording van elke vraag te hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 3
VRAAG 1: 45 punte; 30 minute
Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
• Begrippe; Produksiekostestaat
Kosteberekeninge • Gelykbreek en ontleding van eenheidskoste
Bestuur van hulpbronne
• Interne beheer
VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Hoof-onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
• Berekeninge en interpretasie van begrotings
Begroting
Bestuur van hulpbronne
• Interne beheer
VRAAG 3: 75 punte; 45 minute
Hoof-onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
• Begrippe; Inkomstestaat
Maatskappy Finansiële State Bestuur van hulpbronne
• Bestuur van Vaste bates
• Ouditverslag
VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Finansiële State, Kontantvloei • Begrippe; Balansstaat notas
en Vertolking • Kontantvloeistaat
• Vertolking van finansiële inligting
VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie • Voorraadwaardasiemetodes
• Interne beheer
VRAAG 6: 30 punte; 15 minute
Hoof–onderwerp: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
• Krediteureversoening
Versoening en BTW • BTW-berekeninge
Bestuur van hulpbronne
• Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 1: KOSTEBEREKENINGE (45 punte; 30 minute)
1.1 Kies die korrekte antwoord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
antwoord langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 (Kantoorskryfbehoeftes/verpakkingsmateriaal) word NIE as deel van
administrasiekoste beskou nie.
1.1.2 Skoonmaakmiddels gebruik in die fabriek is ’n voorbeeld van (direkte
materiaal/indirekte materiaal).
1.1.3 ’n Toename in die aantal eenhede geproduseer, sal lei tot ʼn (afname/
toename) in die vaste koste per eenheid. (3 x 1) (3)
1.2 LOLO VERVAARDIGERS
Lolo Vervaardigers vervaardig plastiek-emmers. Inligting vir die finansiële jaar
geëindig 28 Februarie 2018 word voorsien.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die koste van die grondstowwe/direkte materiaal gedurende die
jaar aan die fabriek uitgereik. (8)
1.2.2 Bereken die volgende vir die Produksiekostestaat:
• Direkte arbeidskoste (7)
• Fabrieksbokoste (voltooi die tabel wat voorsien is). (5)
1.2.3 Stel die Produksiekostestaat op 28 Februarie 2018 op. (11)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s: 28 FEB. 2018 1 MAART 2017
R R
Grondstowwe/direkte materiaal 76 300 87 250
Goedere-in-bewerking ? 30 000
Klaarprodukte 31 800 27 800
Verbruiksgoedere vir fabriek 7 700 5 300
B. Opsomming van transaksies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018:
Aankope van grondstowwe/direkte materiaal R 694 150
Vraggeld betaal op grondstowwe/direkte materiaal 21 200
Verbruiksgoedere in fabriek gebruik 22 830
Skoonmaakmiddels aangekoop vir die kantoor 12 330
Produksielone 423 400
WVF – Bydrae vir fabriekswerkers ?
Salarisse: Fabrieksvoorman 154 200
Administrasie 189 000
Verkope 217 000
Water en elektrisiteit 132 360
Diverse uitgawes: Fabriek 89 910
Administrasie 76 200
Verkope-departement 68 390
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 5
C. Addisionele inligting:
(i) ’n Faktuur vir die vervoer van grondstowwe, R4 200, is nog nie
aangeteken nie.
(ii) Gedurende die fisiese voorraadopname van grondstowwe op
28 Februarie 2018, is 3 000 emmerhandvatsels teen R5,00 elk in
plaas van R1,50 elk, aangeteken. Dit moet reggestel word.
(iii) Die loon van ’n fabriekswerker is weggelaat uit die loonjoernaal vir
Februarie 2018. Haar besonderhede is as volg:
Netto loon R9 614
LBS belasting R2 860
WVF (1% van bruto) R126
Die werkgewer dra 1% by tot die WVF
(iv) Die water en elektrisiteitsrekening vir Februarie 2018, R3 240, is
nie betaal nie. 75% van die water en elektrisiteit word aan die
fabriek toegedeel.
(v) Emmers word verkoop teen R96 elk (60% wins op kosprys). Totale
verkope vir die finansiële jaar beloop R2 457 600.
1.3 GRENS BAKKERY
Jy word voorsien van inligting rakende die produksie van koeke. Die besigheid
word deur Sydney besit.
GEVRA:
1.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir 2018. (4)
1.3.2 Verduidelik of Sydney bekommerd moet wees oor die gelykbreekpunt
en die vlak van produksie. Haal syfers aan. (3)
1.3.3 Gee ’n moontlike rede vir die verandering in eenheidskoste vir direkte
materiaalkoste en vir direkte arbeid. (4)
INLIGTING:
30 APRIL 2018 30 APRIL 2017
Direkte materiaal R14,50 R18,20
EENHEIDS- Direkte arbeid R17,30 R12,40
KOSTE Verkope en verspreiding R8,40 R8,00
Veranderlike koste R40,20 R38,60
Totale vaste koste R249 000 R242 720
Aantal koeke geproduseer en verkoop 15 000 14 800
Gelykbreekpunt ? 13 950
Verkoopprys per eenheid R61,60 R56,00
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 2: BEGROTING (40 punte; 25 minute)
2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs Waar of
Onwaar langs die nommers (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 ’n Kontantbegroting word voorberei om die werklike ontvangstes en
betalings vir ’n spesifieke tydperk aan te dui.
2.1.2 ’n Geprojekteerde Inkomstestaat sal die verwagte wins of verlies vir die
begrote tydperk aandui.
2.1.3 Slegs nominale rekeninge word in ’n Kontantbegroting aangeteken. (3)
2.2 BANYAMA BPK.
Die inligting het betrekking op Banyama Bpk. vir die begrotingsperiode geëindig
30 September 2018.
GEVRA:
2.2.1 Voltooi die Debiteure invorderingskedule. (7)
2.2.2 Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (vi) op die uittreksel uit die
Kontantbegroting wat voorsien word. (19)
2.2.3 Verwys na Inligting J:
• Bereken die persentasie verhoging in die bestuurder se salaris. (4)
• Lewer kommentaar oor die aanvaarbaarheid van die besluit oor
salarisse en lone. Haal syfers aan. (3)
• Voorsien TWEE moontlike gevolge van hierdie besluit. (4)
INLIGTING:
A. Die besigheid verkoop kombuistoebehore teen ʼn winsopslag van 80% op
kosprys. Voorraad word in die maand van verkope vervang. ’n Basis-
voorraad word gehandhaaf.
B. Werklike en begrote syfers vir 2018:
JULIE AUGUSTUS SEPTEMBER
Verkope 225 000 207 000 216 900
Aankope 125 000 ? 120 500
C. 70% van totale verkope is op krediet. Debiteure betaal as volg:
• 60% gedurende die maand wat op die maand van verkope volg;
• 36% gedurende die tweede maand wat op die maand van verkope volg;
• 4% word afgeskryf.
D. Alle voorraadaankope is op krediet. Krediteure word na 30 dae betaal,
onderhewig aan ’n 5% korting.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 7
E. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir Augustus en September 2018:
AUGUSTUS SEPTEMBER
R R
Kontantverkope 62 100 (i)
Lening ontvang 316 800 0
Betalings aan krediteure 118 750 (ii)
Salaris van bestuurder 15 300 16 830
Lone van verkoopspersoneel 38 400 38 400
Bedryfsuitgawes ? (iii)
Onttrekkings 13 250 (iv)
Water en elektrisiteit 15 400 16 632
Deposito op nuwe toerusting 12 600 0
Paaiement op nuwe toerusting 0 (v)
Paaiement op lening 0 (vi)
Rente op lening 0 2 310
F. Bedryfsuitgawes beloop jaarliks R163 440 en word eweredig oor die
begrotingstydperk versprei.
G. Die eienaars beplan om gedurende September 2018, 50% meer as hul
gewone maandelikse onttrekkings te neem om ’n musiekkonsert by te woon.
H. Nuwe toerusting sal gedurende Augustus 2018 aangekoop word. ’n
Deposito van 15% sal betaal word. Die balans sal in gelyke paaiemente oor
24 maande, vanaf 30 September 2018 vereffen word.
I. Die lening is van ’n vennoot ontvang. ’n Vaste paaiement sal op die 1ste van
elke maand betaal word. Rente teen 9% p.j. sal vanaf 30 September 2018
aan die einde van elke maand betaal word.
J. Salarisse en lone word elke jaar gedurende Augustus hersien. Die
bestuurder se salaris sal op 1 September 2018 verhoog. As gevolg van die
swak ekonomiese situasie, het die eienaar besluit die besigheid kan nie ’n
loonverhoging bekostig nie.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 3: VASTE BATES, INKOMSTESTAAT EN OUDITVERSLAG
(75 punte; 45 minute)
3.1 BEGRIPPE
Kies ’n kategorie uit die voorsiende lys, vir elke voorbeeld hieronder. Skryf slegs
die kategorie langs die nommers (3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK.
nie-bedryfsbate; bedryfslas; uitgawe; ekwiteit; bedryfsbate; inkomste
3.1.1 Behoue inkomste
3.1.2 Bedrag verskuldig deur SAID vir inkomstebelasting vir die jaar
3.1.3 Uitbreidings aan grond en geboue
3.1.4 ’n Toename in Voorsiening vir oninbare skuld (4 x 1) (4)
3.2 YASHPAL BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018.
GEVRA:
3.2.1 Verwys na Inligting A:
Bereken die syfers aangedui deur (i) tot (iii) in die Vaste bate-nota. (11)
3.2.2 Voltooi die Bateverkope-rekening op 1 Januarie 2018. (5)
3.2.3 Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018. (46)
INLIGTING:
A. Vaste bates:
VOERTUIE TOERUSTING
Kosprys (1 Maart 2017) 838 000 622 000
Opgehoopte waardevermindering (1 Maart 2017) (420 000) (264 000)
Drawaarde (1 Maart 2017) (i) 358 000
Bewegings:
Toevoegings 216 000 0
Bateverkope 0 (iii)
Waardevermindering (ii) (35 400)
Drawaarde (28 Februarie 2018)
Kosprys (28 Februarie 2018) 517 000
Opgehoopte waardevermindering (28 Feb 2018)
• ’n Nuwe voertuig is aangekoop op 1 Oktober 2017.
• Waardevermindering op voertuie word bereken teen 15% p.j. op
kosprys.
• Ou toerusting is op 1 Januarie 2018 vir R26 250 kontant verkoop. ’n Wins
van R4 250 is gemaak op hierdie verkope.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 9
B. Saldo’s/totale geneem uit die Voor-aansuiweringsproefbalans op
28 Februarie 2018:
Lening: GT Bank R 542 000
Vaste deposito (8% p.j. rente) 195 000
Debiteurekontrole 112 245
Voorsiening vir oninbare skuld 7 480
Handelsvoorraad 728 400
Verkope ?
Koste van verkope 4 250 000
Direkteursfooie 336 500
Salarisse en lone 222 700
Fooi-inkomste 79 350
Ouditfooie 19 450
Huuruitgawe 146 080
Verpakkingsmateriaal 43 730
Korting ontvang 14 280
Oninbare skuld 23 555
Diverse uitgawes ?
C. ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS:
(a) ’n Faktuur vir kredietverkope, R32 200 is nie in berekening gebring nie.
Goedere word verkoop teen ’n winsopslag van 75% op kosprys.
(b) Die voorraadopname op 28 Februarie 2018 toon die volgende voorrade
op hande:
• Handelsvoorraad, R706 350
• Verpakkingsmateriaal, R3 880
(c) ’n Debiteur wat R17 300 skuld, word insolvent verklaar. Sy boedel het
35 sent in die Rand betaal en dit is korrek aangeteken. Die uitstaande
balans moet as oninbaar afgeskryf word.
(d) Voorsiening vir oninbare skuld moet aangesuiwer word tot 5% van
debiteure.
(e) Direkteursfooie van R23 500 is uitstaande op 28 Februarie 2018.
(f) 50% van die ouditfooie is aan die eksterne ouditeur betaal. Die balans
sal in Maart 2018 betaal word.
(g) Huuruitgawe sluit die huur vir Maart 2018 in. Let daarop dat die huur op
1 Desember 2017 met 7% verhoog is.
(h) Die leningstaat ontvang op 28 Februarie 2018 toon ’n uitstaande saldo
van R565 800. Rente wat gekapitaliseer word, is nie in berekening
gebring nie.
(i) Bring rente op vaste deposito teen 8% p.j. in berekening. Hierdie
belegging is op 1 September 2017 gemaak.
(j) Nadat al die aansuiwerings in ag geneem is, beloop die inkomste-
belasting vir die jaar, bereken teen 29% van die netto wins, R560 860.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
3.3 OUDITVERSLAG: PICOLI BPK.
GEVRA:
3.3.1 Verduidelik kortliks die rol van die eksterne ouditeur. (2)
3.3.2 Watter soort ouditverslag het Picoli Bpk. ontvang? Verduidelik. (3)
3.3.3 Waarom sou ’n bestaande aandeelhouer bekommerd wees oor hierdie
verslag? Gee TWEE punte. (4)
INLIGTING:
UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE
Ons het die jaarlikse finansiële state van Picoli Bpk., vir die finansiële jaar geëindig
30 Junie 2018, ge-oudit. Ons verantwoordelikheid is om op grond van ons oudit, ’n
mening uit te spreek oor hierdie finansiële state.
Oudit mening
Na ons mening, is die finansiële state ’n redelike weerspieëling van die finansiële
posisie van die maatskappy op 30 Junie 2018, behalwe vir die advertensie-
uitgawes in die Inkomstestaat wat nie geverifieer kon word nie, aangesien daar
geen dokumentasie beskikbaar is vir hierdie uitgawes nie.
Mashele en Fouche
Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA) 12 Augustus 2018
75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 11
VRAAG 4: FINANSIЁLE STATE, KONTANTVLOEI EN VERTOLKING
(65 punte; 40 minute)
4.1 BEGRIPPE: PAS DIE BEGRIPPE
Kies ’n omskrywing uit KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–F) langs die nommers (4.1.1–4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Balansstaat A Toon die finansiële resultate van ’n
onderneming vir ’n gegewe tydperk
4.1.2 Likiditeit B Die mate waartoe ’n onderneming gebruik
maak van geleende kapitaal
4.1.3 Inkomstestaat C Die vermoë van ’n onderneming om al sy
skuld te vereffen
4.1.4 Solvensie D Die opbrengs wat aandeelhouers verdien
op hul belegging in die onderneming
4.1.5 Hefboomeffek E Die vermoë van ’n onderneming om sy
bedryfslaste te vereffen
F Toon die finansiële posisie van ’n
onderneming ten opsigte van sy bates,
laste en ekwiteit
(5 x 1) (5)
4.2 KHLOE BPK.
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 31 Mei 2018.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die nota tot die Kontantvloeistaat, vir Kontant gegenereer uit
bedryfsaktiwiteite. (9)
4.2.2 Bereken die volgende bedrae in die Kontantvloeistaat:
• Inkomstebelasting betaal (4)
• Dividende betaal (4)
• Vaste bates aangekoop (5)
4.2.3 Bereken die Netto verandering in kontant en kontant-ekwivalente. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Balansstaat en notas op 31 Mei 2018:
2018 2017
Vaste bates (drawaarde) R1 437 200 R1 120 400
Bedryfsbates
Voorraad 123 800 163 300
Handels- en ander ontvangbares: 168 300 149 100
Handelsdebiteure 155 600 134 700
SAID: Inkomstebelasting 12 700 0
Vooruitbetaalde uitgawes 0 14 400
Kontant en kontantekwivalente 76 750 15 500
Bedryfslaste
Handelskrediteure 122 900 162 600
SAID: Inkomstebelasting 0 27 200
Aandeelhouers vir dividende 142 400 111 000
Vooruitontvange inkomste 11 100 0
Oortrokke bank 0 124 300
B. Addisionele inligting:
(i) Netto wins voor inkomstebelasting, R988 700;
Netto wins na inkomstebelasting, R692 100.
(ii) Ou toerusting is teen drawaarde, R283 500 verkoop. Toerusting is
gedurende die finansiële jaar gekoop om die fasiliteite op te gradeer.
(iii) Waardevermindering vir die jaar, R221 400.
(iv) Totale dividende (betaal en aanbeveel) volgens die nota vir Behoue
Inkomste, R317 400.
4.3 KWEZI BPK.: ONTLEDING EN VERTOLKING
Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2018.
GEVRA:
4.3.1 Voltooi die nota vir Gewone Aandelekapitaal. (7)
4.3.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2018:
• Netto batewaarde per aandeel (3)
• Opbrengs op aandeelhouersekwiteit (5)
4.3.3 Haal TWEE finansiële aanwysers aan (met syfers en neigings) wat dui op
’n verbetering in die likiditeitsposisie van die onderneming. (4)
4.3.4 Die onderneming het ’n groot deel van die lening terugbetaal. Verduidelik
waarom dit ’n goeie besluit was. Haal TWEE finansiële aanwysers (met
syfers) aan. (6)
4.3.5 Lewer kommentaar oor die dividend-uitbetalingsbeleid oor die afgelope
twee jaar. Voorsien ’n moontlike rede vir die aanwend van hierdie beleid.
Haal syfers aan. (5)
4.3.6 Verduidelik of die prys waarteen aandele teruggekoop is, billik was. Haal
TWEE finansiële aanwysers (met syfers) in jou verduideliking aan. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 13
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Inkomstestaat op 28 Februarie:
2018 2017
R R
Rente op lening 77 400 211 700
Netto wins na belasting 545 600 494 000
B. Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie:
2018 2017
R R
Aandeelhouersekwiteit 4 488 000 3 724 000
Gewone aandelekapitaal 4 291 500 ?
Behoue inkomste ? 76 000
Lening: Buzza Bank (11% p.j.) 692 000 1 920 000
C. Aandelekapitaal:
• Op 1 Maart 2017 het die maatskappy 760 000 aandele reeds uitgereik.
• Op 1 Junie 2017 is 30 000 aandele teruggekoop teen R5,20 per aandeel.
• Op 31 Oktober 2017 is ’n verdere 150 000 aandele uitgereik.
D. Finansiële aanwysers op 28 Februarie:
2018 2017
Bedryfsverhouding 1,9 : 1 1,4 : 1
Vuurproefverhouding 0,7 : 1 0,8 : 1
Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn 38 dae 57 dae
Gemiddelde krediteure-betalingstermyn 50 dae 63 dae
Skuld/ekwiteitsverhouding 0,2 : 1 0,5 : 1
Verdienste per aandeel 62 sent 65 sent
Dividende per aandeel 31 sent 52 sent
Opbrengs op aandeelhouersekwiteit ? 13,7%
Opbrengs op kapitaal aangewend 20,8% 22,3%
Netto batewaarde ? 490 sent
Markprys op JSE 515 sent 485 sent
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 5: VOORRAADWAARDASIE (45 punte; 25 minute)
5.1 Gee ’n voorraadwaardasiemetode wat die beste beskryf word deur elk van die
stellings hieronder. Skryf slegs die waardasiemetode neer teenoor elke nommer
(5.1.1–5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK.
5.1.1 Unieke voorraaditems van hoë waarde soos motors, word individueel
waardeer.
5.1.2 Voorraad van toebehore soos mikrogolfoonde word altyd teen hul mees
onlangse kospryse waardeer.
5.1.3 Lae-koste items soos gholfballe word in groot hoeveelhede aangekoop
en die waarde bly redelik konstant met verloop van tyd. (3 x 1) (3)
5.2 CASUAL UITRUSTERS
Die inligting het betrekking op Casual Uitrusters vir Junie 2018. Die eienaar is
Funiwe. Die onderneming verkoop mansdenims. Voorraad word waardeer
volgens die geweegdegemiddelde-metode en die periodieke voorraadstelsel.
GEVRA:
5.2.1 Bereken:
• Bedrag betaal vir vraggeld op 11 Junie 2018 (4)
• Waarde van eindvoorraad op 30 Junie 2018 (9)
5.2.2 Funiwe wil die metode van voorraadwaardasie verander. Die waarde van
die eindvoorraad volgens die EIEU metode sal R4 853 hoër wees as die
waarde volgens die geweegdegemiddelde-metode.
• Verduidelik die invloed wat hierdie besluit op die bruto wins sal hê. (2)
• Gee EEN geldige rede vir en EEN geldige rede teen die besluit om
die voorraadwaardasie-metode te verander. (4)
5.2.3 Funiwe is bekommerd oor die kontrole oor haar voorraad denims. Sy het
1 788 denims gedurende die jaar verkoop. Voorsien ’n berekening om
haar kommer te steun. (5)
5.2.4 Lewer kommentaar oor die saldo van voorraad op 30 Junie 2018. Is dit
aanvaarbaar? Verduidelik. Verskaf EEN punt. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 15
INLIGTING:
A. Saldo’s van voorraad:
DATUM AANTAL EENHEDE TOTALE KOSTE
1 Junie 2018 230 R28 633
30 Junie 2018 415 ?
B. Aankope en terugsendings:
Aantal Prys per Vraggeld Totale
Datum
eenhede eenheid op aankope koste
11 Junie 2018 835 R130 ? R116 065
18 Junie 2018 780 R142 R7 020 R117 780
26 Junie 2018 380 R148 R3 420 R 59 660
Totale aankope 1 995 R293 505
Terugsendings van Die verskaffer het die
18 Junie se aankope 15 aankoopprys terugbetaal, ?
maar nie die vraggeld nie.
5.3 PROBLEEMOPLOSSING
Jay’s Meubileerders verkoop lessenaars en stoele. Die finansiële jaar het
geëindig op 28 Februarie 2018.
GEVRA:
Voorsien toepaslike syfers vir ALLE vrae hieronder, waar van toepassing.
5.3.1 Lessenaars:
• Watter besluit het Jay geneem ten opsigte van die verkoopprys van
die lessenaars? (3)
• Verduidelik TWEE punte om te wys hoe hierdie besluit die
onderneming beïnvloed het. (6)
5.3.2 Stoele:
Jay het besluit om sy stoele van ’n goedkoper verskaffer te koop. Verskaf
TWEE punte om te wys waarom jy dink dat dit NIE ’n goeie besluit was
NIE. (6)
INLIGTING:
LESSENAARS STOELE
2018 2017 2018 2017
Bestellings ontvang van
250 330 500 450
klante
Bruto eenhede verkoop 250 318 380 450
Terugsendings deur klante 0 12 56 0
Verkoopprys per eenheid R420 R360 R126 R168
Kosprys per eenheid R240 R240 R90 R120
Winsopslag % 75% 50% 40% 40%
Bruto wins R45 000 R36 720 R11 664 R21 600
Voorraadomsetsnelheid 5,4 keer 7,4 keer 5,2 keer 5,2 keer
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2018)
VRAAG 6: VERSOENING EN BTW (30 punte; 15 minute)
6.1 KREDITEUREVERSOENING
Ladoo Handelaars koop goedere op krediet van Anami Voorsieners. Die inligting
het betrekking op Augustus 2018.
GEVRA:
6.1.1 Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te dui hoe die
saldo’s sal verander wanneer die krediteureversoening gedoen word.
Toon die bedrag sowel as ’n + vir ’n toename en ’n – vir ’n afname. (11)
6.1.2 Verwys na Inligting (vi):
’n Ondersoek het aan die lig gebring dat slegs R21 500 van hierdie
goedere in die voorraadrekords aangeteken is. Die oorblywende goedere
is deur die kredietbestuurder, M. Rice bestel.
• Gee TWEE moontlike stappe wat teen M. Rice geneem kan word. (4)
• Verduidelik TWEE interne beheermaatreëls wat die onderneming kan
gebruik om sulke insidente in die toekoms te vermy. (4)
INLIGTING:
A. Saldo’s:
Rekening van Anami Voorsieners in die Krediteure-
R95 160 Kt
grootboek van Ladoo Handelaars op 31 Augustus 2018
Staat van Anami Voorsieners op 25 Augustus 2018 R143 460 Dt
B. Foute en weglatings ontdek gedurende ’n ondersoek:
(i) ’n Faktuur vir R26 000 ontvang van Anami Voorsieners is korrek
aangeteken deur Ladoo Handelaars. Die staat toon dit as R20 600.
(ii) Ladoo Handelaars het korting vir vroeë betaling, R820 korrek
aangeteken. Dit verskyn nie op die staat van Anami Voorsieners nie.
(iii) Die staat toon rente van R1 240 op ’n uitstaande saldo. Anami
Voorsieners erken dat hulle ’n fout begaan het.
(iv) ’n Debietnota vir R1 520 uitgereik aan Amanda Bpk. is verkeerdelik
aangeteken in die rekening van Anami Voorsieners by Ladoo
Handelaars.
(v) ’n Kredietnota vir R2 440, ontvang van Anami Voorsieners vir goedere
teruggestuur is verkeerdelik as ’n faktuur aangeteken deur Ladoo
Handelaars.
(vi) ’n Faktuur vir R47 500 verskyn op die staat van Anami Voorsieners,
maar is nie deur Ladoo Handelaars aangeteken nie.
(vii) ’n Betaling van R7 500 deur Ladoo Handelaars op 27 Augustus 2018
is in die Krediteuregrootboek van Anami Voorsieners aangeteken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief over
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018) REKENINGKUNDE 17
6.2 BTW: XEGO WINKELS
Xego Winkels is elke tweede maand verantwoordelik vir BTW-opgawes. Alle
goedere en dienste is onderhewig aan BTW teen die standaardkoers van 15%.
GEVRA:
Bereken die finale bedrag betaalbaar aan SAID op 31 Julie 2018. (11)
INLIGTING:
BTW BTW BTW
INGESLUIT UITGESLUIT BEDRAG
R R R
Saldo verskuldig aan SAID
6 665
(1 Julie 2018)
Fakture vir kontant- en krediet-
828 000 720 000 108 000
verkope
Aankope van handelsvoorraad 534 750 465 000 ?
Voorraad teruggestuur aan
3 200 480
verskaffers
Debiteure-rekenige afgeskryf 915
Kantoorrekenaar op krediet gekoop 9 800 ?
Korting toegestaan aan debiteure 10 810 ?
30
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2018 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum