Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE
NOVEMBER 2015
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 15 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC November 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 457.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC November Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Waar van toepassing moet alle bewerkings tot EEN desimale punt bereken
word.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/November 2015
NSS
7. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n gids wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Bankversoening
Versoening en
Debiteure-ouderdomsontleding
Ouderdomsontleding
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 2: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadstelsels en
Voorraadwaardasie
Waardasie
Interne beheer
VRAAG 3: 60 punte; 35 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Inkomstestaat
Maatskappy- Finansiële State
Balansstaat en notas
en Ouditverslag
Ouditverslag
Bestuur van hulpbronne
Etiek
VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloeistaat
Kontantvloeistaat en
Vertolking van finansiële inligting
Vertolking
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 5: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Kontantbegroting en Ontleed en vertolk 'n Kontantbegroting
Geprojekteerde Geprojekteerde Inkomstestaat
Inkomstestaat Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 6: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Kosteberekening Ontleding en vertolking van gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 1: VERSOENING EN OUDERDOMSONTLEDING (40 punte; 25 minute)
1.1 BANKVERSOENING EN INTERNE BEHEER
Die inligting hieronder het betrekking op Eureka Handelaars.
GEVRA:
1.1.1 Bereken die korrekte banksaldo op 30 Junie 2015. (13)
1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2015 op. (8)
1.1.3 Verwys na Inligting E.
Identifiseer TWEE verskillende probleme met bewyse. Gee raad vir
ELKE probleem. (6)
INLIGTING:
A. Die volgende Bankversoeningstaat is op 31 Mei 2015 voorberei:
Saldo volgens Bankstaat (ongunstig) (R13 000)
Uitstaande deposito 30 000
Uitstaande tjeks:
Nr. 614 (gedateer 20 Desember 2014) Donasie (10 500)
Nr. 958 (gedateer 25 Mei 2015) Voorraad (7 900)
Nr. 962 (gedateer 30 Julie 2015) Betaling van rekening (4 500)
Regstel van fout 3 600
Saldo volgens bankrekening (ongunstig) (2 300)
LET WEL: • Die deposito van R30 000 het op 14 Junie 2015 op die Bankstaat
verskyn.
• Die fout van R3 600 is op 10 Junie 2015 deur die bank reggestel.
• Tjeknr. 958, in Mei 2015 uitgereik, is op die Bankstaat vir Junie
as R9 700 getoon. Die Bankstaat is korrek. Die ander uitstaande
tjeks is nie aan die bank getoon nie.
B. Voorlopige totale op 30 Junie 2015: KOJ: R87 220; KBJ: R74 860
C. Die Bankstaat vir Junie 2015 het die volgende getoon:
• Direkte deposito vir huurinkomste van die huurder, R21 000
• Aftrekorder vir versekering, R6 500
• V/T-tjek vir R2 250 oorspronklik van F Mnisi ontvang ter betaling van sy
skuld van R2 300
• Bankkoste, R210
• Saldo volgens Bankstaat, ?
D. Die volgende tjeks het in die Kontantbetalingsjoernaal verskyn, maar nie op
die Bankstaat vir Junie 2015 nie:
• Nr. 982 vir R2 200
• Nr. 986 vir R1 400 (gedateer 28 Julie 2015)
E. Die boekhouer het die volgende inskrywing in die Junie 2015 KOJ gemaak:
Dok. Datum Besonderhede Ontleding Bank Verkope
KS371–402 30 Kontant 18 500 18 500 18 500
Dit is op 15 Julie 2015 deur die bank aangeteken. Die interne ouditeur het
opgemerk dat kontantstrokies, KS371–402, se totaal eintlik R25 500 was.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/November 2015
NSS
1.2 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING
Die inligting hieronder het betrekking op Max Sportdrag.
GEVRA:
1.2.1 Verwys na Inligting B.
As die interne ouditeur, watter kommer sal jy oor Susan se
posbeskrywing hê? Verduidelik. (2)
1.2.2 Identifiseer TWEE debiteure wat hulle kredietlimiete kan laat
verhoog. (2)
1.2.3 Verduidelik DRIE verskillende probleme soos aangegee in die
Debiteure-ouderdomsontleding. Gee bewyse. (9)
INLIGTING:
A. Die onderneming verkoop 80% van hulle voorraad op krediet. Daar word
van debiteure verwag om hulle rekeninge te vereffen teen die einde van
die maand wat op die verkoopstransaksie-maand volg.
B. Susan, die boekhouer, reik fakture en kredietnotas uit en ontvang kontant
van debiteure.
C. Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Augustus 2015:
KREDIET- BEDRAG HUIDIGE
DEBITEURE 30 DAE 60 DAE 90 DAE
LIMIET VERSKULDIG MAAND
S Muller R10 000 R12 000 R1 800 R4 200 R2 400 R3 600
L Ndlovu R5 800 R5 000 R3 100 R1 900
P Pillay R3 500 R3 200 R3 200
B Vasco R5 000 R5 000 R2 600 R1 600 R800
C Crooks R4 500 R4 100 R3 500 R600
R Aucamp R1 500 R1 400 R500 R900
R30 700 R12 100 R7 400 R5 900 R5 300
100% 39% 24% 19% 18%
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 2: VOORRAADSTELSELS EN WAARDASIE (50 punte; 30 minute)
2.1 VOORRAADWAARDASIE
Josy Modes gebruik die periodieke voorraadstelsel en die
geweegdegemiddelde-metode om voorraad van baadjies te waardeer.
Josy Arrakal is die eienaar van die besigheid.
GEVRA:
2.1.1 Verduidelik die verskil tussen die deurlopende voorraadstelsel en die
periodieke voorraadstelsel. (2)
2.1.2 Bereken die waarde van die voorraad voorhande op
28 Februarie 2015 deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (9)
2.1.3 Bereken hoe lank (in dae) dit sal neem om die eindvoorraad van
650 baadjies te verkoop. Gebruik die eindvoorraad in jou berekening. (5)
2.1.4 Josy oorweeg dit om van voorraadwaardasie-metode te verander.
• Bereken die waarde van eindvoorraad deur die EIEU-metode te
gebruik. (6)
• Gee EEN rede ten gunste van en EEN rede teen die verandering
na die EIEU-metode. (4)
INLIGTING:
Rekords van baadjies vir die jaar geëindig 30 Junie 2015:
EENHEIDS-
EENHEDE TOTAAL
PRYS
Beginvoorraad (1 Maart 2014) 300 R1 156 R346 800
Aankope 3 230 R3 686 400
April 2014 1 400 R1 050 R1 470 000
Julie 2014 1 320 R1 200 R1 584 000
November 2014 510 R1 240 R632 400
Subtotaal ? R4 033 200
Goedere teruggestuur 150 ? ?
(van Julie-aankope)
Verkope 2 730 R1 425 R3 890 250
Eindvoorraad (28 Februarie 2015) 650 ? ?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/November 2015
NSS
2.2 INTERNE BEHEER
Josy Modes verkoop ook hemde en denimbroeke.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die getal hemde wat gesteel is. Gee TWEE punte van
advies. (9)
2.2.2 Lewer kommentaar op die voorraadhoudingstydperk van ELKE
produk en verduidelik hoe dit die onderneming sal raak. Haal syfers
aan. (9)
2.2.3 Josy is onseker of sy die regte pryse vir haar produkte vra. Gee haar
advies oor ELKE produk. Haal syfers aan. (6)
INLIGTING:
Opsomming vir die jaar geëindig 30 Junie 2015:
BAADJIES HEMDE DENIMBROEKE
(EENHEDE) (EENHEDE) (EENHEDE)
Getal eenhede verkoop 2 730 7 200 320
Beginvoorraad 300 400 0
Eindvoorraad 650 270 280
Aankope (min terugsendings) 3 080 7 380 600
Geweegdegemiddelde-koste
Sien 2.1.2. R150 R500
per eenheid
Verkoopprys per eenheid R1 425 R310 R850
Voorraadhoudingstydperk Sien 2.1.3. 14 dae 319 dae
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 3: MAATSKAPPY- FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG
(60 punte; 35 minute)
3.1 PRIDONA BEPERK
Die volgende inligting het betrekking op Pridona Beperk. Die finansiële jaar het
op 30 Junie 2015 geëindig. Die onderneming gebruik die deurlopende
voorraadstelsel.
GEVRA:
3.1.1 Verwys na Inligting B.
Bereken die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig
30 Junie 2015. Dui 'n + vir toename en 'n – vir afname aan. (13)
3.1.2 Stel die Behoue-inkomste-nota op 30 Junie 2015 op. (11)
3.1.3 Stel die Balansstaat op 30 Junie 2015 op. Waar notas NIE gevra
word NIE, moet bewerkings getoon word. (30)
INLIGTING:
A. Lys van saldo's/totale op 30 Junie 2015:
BALANSSTAATREKENINGE-AFDELING
Gewone aandelekapitaal R5 600 000
Behoue inkomste (1 Julie 2014) 2 700 000
Verbandlening: Custom Bank 262 200
Vaste bates 8 950 000
Handelsvoorraad 203 200
Debiteurekontrole 316 000
Voorsiening vir oninbare skulde (1 Julie 2014) 11 400
Kontant en kontantekwivalente (balanseersyfer) ?
SAID: Inkomstebelasting (voorlopigebelasting-betalings) 725 000
Inkomste ontvangbaar (opgeloop) 5 200
Krediteurekontrole 261 000
B. Netto wins voor belasting van R2 493 600 is bepaal VOOR die volgende
inligting in berekening gebring is:
(i) Handelsvoorraad op 30 Junie 2015 is op R191 900 gewaardeer.
(ii) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R9 000 aangesuiwer word.
(iii) Huur vir Julie 2015, R2 800, is vooruit ontvang.
(iv) 'n Jaarlikse versekeringspremie van R6 000 is vir die tydperk
1 April 2015 tot 31 Maart 2016 betaal.
(v) Die ouditeur het gevind dat die wins op die verkoop van 'n voertuig,
R6 800, foutiewelik as 'n verlies getoon is.
(vi) Inkomstebelasting vir die jaar beloop R750 000.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/November 2015
NSS
C. Dividende en aandele:
(i) Tussentydse dividende van R600 000 is op 31 Desember 2014
betaal.
(ii) Die direkteure het op 30 Junie 2015 'n finale dividend van 22 sent
per aandeel verklaar op al die aandele tot op datum uitgereik.
Aandele wat op 31 Mei 2015 teruggekoop is, kwalifiseer nie vir finale
dividende nie.
(iii) Aandelekapitaal:
1 Julie 2014 3 000 000 aandele is uitgereik (R3 900 000)
15 Augustus 2014 1 000 000 nuwe aandele is teen R1,70 elk
(R1 700 000) uitgereik. Dit is geboekstaaf.
31 Mei 2015 20 000 aandele is teen R2,50 elk van 'n bestaande
aandeelhouer (R50 000) teruggekoop. Dit is nie
geboekstaaf nie.
D. 'n Debiteur se debietsaldo van R1 000 in die Debiteuregrootboek moet nog
na sy rekening in die Krediteuregrootboek oorgeplaas word.
E. Die verbandlening van Custom Bank is op 1 April 2014 verkry. Dit sal oor
6 jaar terugbetaal word. 'n Vaste leningterugbetaling (rente uitgesluit) word
aan die einde van elke maand gemaak. Die eerste maandelikse
leningterugbetaling is op 30 April 2014 gedoen. Alle ander
leningterugbetalings is gedoen. Rente word nie gekapitaliseer nie en is
korrek geboekstaaf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/November 2015
NSS
3.2 OUDITVERSLAG
GEVRA:
3.2.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Gee 'n
rede.
Trimex Bpk. het 'n (gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding-)
ouditverslag ontvang. (2)
3.2.2 Verduidelik TWEE gevolge van hierdie ouditverslag vir die
maatskappy en/of die HUB. (4)
INLIGTING:
UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE
Grondslag vir ons mening
Die maatskappy se aankoopbeleid bepaal dat aankope van meer as R100 000
deur die direksie goedgekeur en deur drie kwotasies van onafhanklike
verskaffers ondersteun moet word.
Die maatskappy het in die verslagjaar twee voertuie teen 'n koste van R900 000
aangekoop. Dit is deur die HUB goedgekeur sonder verwysing na die direksie.
Slegs een kwotasie is ontvang.
Ouditmening
As gevolg van die belangrikheid van hierdie kwessie kon ons nie voldoende
ouditbewyse verkry as grondslag vir 'n mening nie. Gevolglik spreek ons geen
mening uit oor die finansiële state van Trimex Bpk. vir die jaar geëindig
30 Junie 2015 nie.
Devi & Meyiwa Vennote, GR (SA)
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING (65 punte; 40 minute)
4.1 BEGRIPPE
Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys
hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
direksieverslag; Balansstaat; aandeelhouer; direkteur;
interne ouditeur; Kontantvloeistaat; onafhanklike ouditeur
4.1.1 'n Persoon wat deur 'n maatskappy aangestel word om die finansiële
beheerstelsels na te gaan en die bestuur daaroor raad te gee (1)
4.1.2 Die persoon wat deur die aandeelhouers aangestel is en 'n
onpartydige mening oor die finansiële state van 'n maatskappy
uitspreek (1)
4.1.3 'n Persoon wat aangestel word om 'n maatskappy te bestuur en wat
besluite neem om die gladde bedryf daarvan te verseker (1)
4.1.4 Die finansiële staat wat die finansiële posisie van 'n besigheid op 'n
spesifieke datum toon (1)
4.2 SENZO BPK.
Die inligting hieronder het betrekking op Senzo Bpk.
GEVRA:
4.2.1 Bereken die volgende syfers wat op die Kontantvloeistaat sal
verskyn:
• Inkomstebelasting betaal (5)
• Opbrengs uit verkoop van vaste bates (drawaarde) (5)
• Netto verandering in kontant en kontantekwivalente. Dui aan of dit
'n netto invloei of netto uitvloei van kontant is. (5)
4.2.2 Voltooi die afdeling van die Kontantvloeistaat vir kontantgevolge van
finansieringsaktiwiteite. (12)
4.2.3 Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2015.
• Vuurproefverhouding (4)
• Opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB)
(Gebruik gemiddelde aandeelhouersbelang in jou berekening.) (5)
• Netto batewaarde (NBW) per aandeel (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/November 2015
NSS
INLIGTING:
A. Syfers uit die Balansstaat en notas:
28 FEBRUARIE 28 FEBRUARIE
2015 2014
Vaste bates (drawaarde) R4 137 700 R2 598 300
Finansiële bates (vaste deposito) 350 000 600 000
Bedryfsbates 662 300 575 500
Voorrade 322 000 345 000
Handels- en ander ontvangbare bedrae 245 000 228 000
SAID: Inkomstebelasting 6 400 –
Kontant en kontantekwivalente 88 900 2 500
Aandeelhouersbelang 3 439 500 2 718 000
Gewone aandelekapitaal 2 967 000 2 520 000
Behoue inkomste 472 500 198 000
Niebedryfslaste 1 200 000 500 000
Bedryfslaste 510 500 555 800
Handels- en ander betaalbare bedrae 323 000 285 000
Aandeelhouers vir dividende 187 500 108 000
SAID: Inkomstebelasting – 9 800
Oortrokke bankrekening – 153 000
B. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015:
Bruto wins R2 040 000
Waardevermindering 215 100
Bedryfswins 1 300 000
Rente-uitgawe 132 000
Netto wins voor belasting 1 175 000
Netto wins na belasting 846 000
C. Aandelekapitaal:
• Gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 800 000 gewone aandele.
• 150 000 nuwe, gewone aandele is op 1 Oktober 2014 uitgereik.
• 60 000 gewone aandele is op 1 Januarie 2015 teen 90 sent meer as
die gemiddelde uitreikprys van R4,30 teruggekoop.
• Die aandeleregister het op 28 Februarie 2015 getoon dat 'n totaal van
690 000 aandele tot op datum uitgereik is.
D. Vaste bates:
• Addisionele eiendom is vir R2 100 000 gekoop. Geen ander vaste
bates is aangekoop nie.
• Toerusting is teen drawaarde verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/November 2015
NSS
4.3 DON BPK. EN KEY BPK.
Jy het R50 000 om in 'n genoteerde maatskappy te belê. Jy besluit om op twee
maatskappye in dieselfde bedryf te fokus.
LET WEL: Wanneer jy die vrae hieronder beantwoord, vergelyk die gegewe
inligting en haal die toepaslike finansiële aanwysers van beide
maatskappye (persentasies, verhoudings en/of bedrae) aan.
GEVRA:
4.3.1 Lewer kommentaar op die waarde van die twee maatskappye se
aandele op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). Verduidelik
hoe dit jou keuse van 'n maatskappy sal beïnvloed. (6)
4.3.2 Vergelyk en lewer kommentaar op die dividendbetalingsbeleid van
die twee maatskappye. (6)
4.3.3 Lewer kommentaar op die graad van risiko en hefboomeffek.
Verduidelik hoe dit jou keuse van 'n maatskappy sal beïnvloed. (6)
4.3.4 Behalwe vir die punte wat hierbo genoem is, watter ander faktore sal
jy oorweeg voordat jy besluit in watter maatskappy jy gaan belê?
Verduidelik TWEE punte. (4)
INLIGTING:
DON BPK. KEY BPK.
Bedryfsverhouding 4,3 : 1 1,5 : 1
Vuurproefverhouding 2,8 : 1 0,8 : 1
Voorraadomsetsnelheid 4 keer 6 keer
Voorraadhoudingstydperk 90 dae 62 dae
Gemiddelde debiteure-invorderingstydperk 54 dae 26 dae
Gemiddelde krediteurebetalingstydperk 59 dae 62 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,3 : 1 1,6 : 1
Opbrengs op totale kapitaal aangewend (OOTKA) 15,6% 10,2%
Opbrengs op aandeelhouersbelang (OOAB) 17,2% 9,1%
Verdienste per aandeel (VPA) 420 sent 980 sent
Dividend per aandeel (DPA) 360 sent 490 sent
Netto batewaarde per aandeel (NBA) 310 sent 750 sent
Markprys van aandele op JSE 400 sent 645 sent
Rentekoers op lenings 11,5% 11,5%
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/November 2015
NSS
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 5: KONTANTBEGROTING EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT
(50 punte; 30 minute)
5.1 BRUCE HANDELAARS
Benny Bruce is die eienaar van Bruce Handelaars. Jy word voorsien van inligting
vir twee maande.
GEVRA:
Voltooi die Kontantbegroting vir November en Desember 2015. Sekere bedrae is
namens jou ingevul. (25)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:
NOVEMBER 2015 DESEMBER 2015
Verkope R1 050 000 R997 500
Koste van verkope 600 000 570 000
Kommissie-inkomste 7 000 8 000
Diverse uitgawes 22 500 ?
Waardevermindering 2 200 2 200
Lone en salarisse ? 256 000
Oninbare skulde 19 500 34 125
Advertensies 0 11 000
Korting toegestaan 20 475 18 900
Rente-uitgawe (9% p.j.) 3 780 3 510
B. ADDISIONELE INLIGTING:
(i) Kontantverkope beloop 40% van alle verkope.
(ii) 'n Winsopslag van 75% op kosprys word gehandhaaf. Voorraad word
in dieselfde maand as verkope vervang.
(iii) 20% van alle voorraad word kontant aangekoop.
(iv) Alle krediteure word binne 30 dae ten volle betaal (in die maand wat op
die aankope volg).
(v) Kommissie word een maand nadat dit verdien is, ontvang. Daar word
begroot dat kommissie met R1 000 per maand sal toeneem.
(vi) Diverse uitgawes bestaan slegs uit kontantitems. Dit sal na verwagting
elke maand met 8% verminder.
(vii) Lone en salarisse vir Desember 2015 sluit 'n bonus van R40 000 vir die
bestuurder in. 'n Loon- en salarisverhoging van 8% vir alle werknemers
sal vanaf 1 Desember 2015 toegepas word.
(viii) Advertensies sal vanaf 1 Desember op die eerste dag van elke maand
in 'n koerant verskyn. Betaling om drie advertensies te dek sal op
15 November ten volle gedoen word.
(ix) Die rentekoers is 9% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie en word
maandeliks betaal. 'n Deel van die lening sal op 30 November 2015
terugbetaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/November 2015
NSS
5.2 SLEEPEZI BEDDENS (EDMS.) BPK.
Jy word voorsien van inligting vir twee maande geëindig 31 Oktober 2015.
Die onderneming verkoop een tipe bed.
GEVRA:
5.2.1 Bereken die persentasie verhoging in die bedrag wat vir salarisse en
lone vir Oktober 2015 begroot is. Behoort die werknemers hiermee
tevrede te wees? Verduidelik. (3)
5.2.2 Die finansiële direkteur is tevrede met die werk wat die boekhouer
en die interne ouditeur doen. Identifiseer 'n uitgawe wat aandui dat hy
reg is. Verduidelik jou antwoord. (3)
5.2.3 'n Mededinger, BB Beddens, wat slegs vir kontant verkoop, het op
1 Oktober 2015 'n winkel in die omgewing oopgemaak.
• Lewer kommentaar op hoe die nuwe mededinger die verkope van
Sleepezi Beddens beïnvloed het. Verskaf syfers. (4)
• Verduidelik hoe Sleepezi Beddens op hierdie probleem gereageer
het. Verskaf DRIE punte. Verskaf syfers. (9)
5.2.4 Kontantsaldo's:
• Lewer kommentaar op die kontantsaldo's. Verskaf syfers. (2)
• Verduidelik hoe die direkteure die kontantsaldo's in die toekoms
kan verbeter Verduidelik TWEE punte. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/November 2015
NSS
INLIGTING:
A. Verwagte verkope, koste van verkope en aflewerings:
• Die onderneming begroot om 300 beddens per maand te verkoop.
• Die kosprys van elke bed is R3 000 en die verkoopprys is R5 000. Geen
korting word toegestaan nie.
• Die voorraad beddens word in die maand van verkope vervang.
• Verskaffers word in die maand van aankope betaal.
• Die onderneming gebruik Kaap Afleweringsdienste om die beddens aan
elke kliënt af te lewer.
B. Uittreksel uit die Kontantbegroting:
SEPTEMBER 2015 OKTOBER 2015
BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
Kontantsurplus (tekort) vir maand 110 000 125 000 120 000 (440 000)
Kontant aan begin van maand 105 000 105 000 215 000 230 000
Kontant aan einde van maand 215 000 230 000 335 000 (210 000)
C. Uittreksel uit die Geprojekteerde Inkomstestaat:
SEPTEMBER 2015 OKTOBER 2015
BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
300 320 300 240
Getal beddens verkoop beddens beddens beddens beddens
Kontantverkope 1 200 000 1 280 000 1 200 000 300 000
Kredietverkope 300 000 320 000 300 000 900 000
Totale verkope 1 500 000 1 600 000 1 500 000 1 200 000
Koste van verkope (900 000) (960 000) (900 000) (720 000)
Bruto wins 600 000 640 000 600 000 480 000
Bedryfsuitgawes (313 000) (323 000) (407 600) (374 960)
Direkteursfooie 80 000 80 000 80 000 36 000
Salarisse en lone 30 000 30 000 31 800 31 800
Advertensies 10 000 10 000 10 000 40 000
Afleweringskoste
(Kaap Afleweringsdienste) 150 000 160 000 150 000 168 000
Ouditfooie 0 0 90 000 50 000
Huuruitgawe 28 000 28 000 30 800 34 160
Diverse uitgawes 15 000 15 000 15 000 15 000
Bedryfswins 287 000 317 000 192 400 105 040
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 6: KOSTEBEREKENING (35 punte; 20 minute)
6.1 SNAZZY HANDSAKKE
Die inligting hieronder het betrekking op die finansiële jaar geëindig
30 September 2015. Die onderneming vervaardig een tipe handsak.
GEVRA:
Stel die Produksiekostestaat op 30 September 2015 op. Toon ALLE bewerkings. (21)
INLIGTING:
A. Syfers wat op 30 September 2015 deur die boekhouer verskaf is:
R
Administrasiekoste 380 000
Direkte materiaalkoste 976 000
Direkte arbeidskoste 755 000
Fabrieksbokoste 442 080
Verkoops- en verspreidingskoste 219 200
Goedere-in-bewerking: 1 Oktober 2014 74 000
30 September 2015 ?
Totale koste van produksie van klaarprodukte 2 187 500
B. 'n Interne oudit het die volgende uitgewys:
• Beskadigde grondstof ter waarde van R17 000, wat aan die verskaffer
teruggestuur is, is in die berekening van die direkte materiaalkoste
uitgelaat.
• Die fabrieksbokoste-totaal het die volle bedrag van R62 400 vir
huuruitgawe ingesluit. Slegs 2/ 3 van hierdie uitgawe moet aan die fabriek
toegewys word. Die res moet gelykop tussen die kantoor en
verkoopsafdeling verdeel word.
• Die salaris van 'n fabrieksvoorman wat met verlof is, is nie geboekstaaf
nie. Besonderhede van sy salaris is soos volg:
Aftrekking vir SAID: LBS R2 560
Aftrekking vir pensioenfonds en WVF ?
Netto salaris R8 320
Die werkgewersbydrae vir pensioenfonds en WVF beloop R1 920.
Die onderneming dra op 'n rand-vir-rand-basis by.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/November 2015
NSS
6.2 HEALTHY LIFESTYLE KOOKWARE
Hierdie onderneming vervaardig emaljepotte.
GEVRA:
6.2.1 Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig
31 Augustus 2015:
• Veranderlike koste per eenheid (3)
• Gelykbreekpunt (5)
6.2.2 Verduidelik waarom die eienaar oor die gelykbreekpunt en die vlak
van vervaardiging bekommerd moet wees. Verskaf TWEE punte.
Verskaf syfers. (4)
6.2.3 Identifiseer EEN ander probleem met betrekking tot hierdie
onderneming. Verskaf syfer(s). (2)
INLIGTING:
EMALJEPOTTE
2015 2014
Getal eenhede vervaardig en verkoop 27 000 32 000
Totale vaste koste R2 850 000 R2 660 000
Totale veranderlike koste R2 160 000 R2 080 000
Verkoopprys per eenheid R175 R160
Verkoopprys van mededinger R170 R130
Gelykbreekpunt in getal eenhede ? 28 000
Totale verkope R4 725 000 R4 960 000
35
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
Accounting Grade 12 NSC November 2015 Addendum (English)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum