Skip to content

Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202210 pages

Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 REKENINGKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn 8-bladsye antwoordeboek.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 7. ʼn FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is aan die einde van die vraestel aangeheg. Jy mag dit gebruik indien nodig. Die gebruik van hierdie formulablad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en duidelik. 9. Gebruik die inligting in die tabel as gids wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE Kontanttransaksies en Krediteure- 1 40 30 rekonsiliasie 2 Kosteberekeninge 40 30 3 Begroting 45 40 4 Vaste bates 25 20 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 3 VRAAG 1: KONTANTTRANSAKSIES EN KREDITEUREREKONSILIASIES (40 punte; 30 minute) Die inligting het betrekking op Beauty Winkels, ʼn besigheid wat kosmetiekware verkoop. 1.1 OPSKRYF VAN KONTANTTRANSAKSIES Beauty het haar rekeningkundige stelsels aangepas om kontantbetalings deur middel van elektroniese fondsoordragte (EFO) te doen. Sy gebruik die formele maandelikse bankstaat wat op die 26ste van elke maand beskikbaar is, om haar kontantjoernale op datum te bring. GEVRA: 1.1.1 Noem DRIE voordele wat die gebruik van elektroniese fondsoordragte (EFO) inhou. (3) 1.1.2 Verduidelik TWEE aspekte van die besigheidsomgewing wat Beauty moes verander of aangepas het, om hierdie stelsel te kon implementeer en om te verseker dat dit effektief funksioneer. (4) 1.1.3 Bring die Kontantjoernale op datum deur die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word, te voltooi. (20) INLIGTING: A. Op 31 Oktober 2021 was die voorlopige totale van die kontantjoernale: Kontantontvangstejoernaal Kontantbetalingsjoernaal R113 800 R98 400 B. Uittreksel uit die Bankstaat op 26 Oktober 2021: BESONDERHEDE BEDRAG Debietorder: Frere Munisipaliteit R 2 180 Kontanthanteringsfooie 195 Deposito: L. Loren 8 200 EFO-koste 155 EFO: Zema Handelaars 12 300 Deposito: L. Slomo 3 320 Rente op debietsaldo 210 Hazard Versekeraars 1 970 • Die debietorder aan Frere munisipaliteit was vir eiendomsbelasting. • Die deposito van L. Loren is vir die maandelikse huurinkomste. • Die EFO aan Zema Handelaars was vir handelsvoorraad aangekoop. Die boekhouer het vergeet om hierdie transaksie in die korrekte joernaal aan te teken. • Die deposito van debiteur L. Slomo, is ter vereffening van sy rekening van R3 600. • R1 340 van die debietorder aan Hazard Versekeraars is vir die besigheid se versekering. Die balans is vir die eienaar se persoonlike voertuig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2022) 1.2 KREDITEUREREKONSILIASIE Beauty Winkels koop kosmetiekware van Vuyi Verskaffers op krediet en het ʼn rekeningstaat vir Oktober 2021 ontvang. GEVRA: Voltooi die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is, om aan te dui wat die effek van elke fout of weglating is. Dui ʼn vermeerdering met (+) en ʼn vermindering met (-) langs elke bedrag aan. (13) INLIGTING: Saldo volgens die staat wat van Vuyi Verskaffers ontvang is: R26 070 Saldo van Vuyi Verskaffers se rekening in die Krediteure- R41 680 grootboek van Beauty Winkels. FOUTE EN WEGLATINGS: A. ʼn Faktuur vir R7 250 is verkeerdelik as R2 750 aangedui op die staat wat van Vuyi Verskaffers ontvang is. B. ʼn Afslag van R840 vir beskadigde goedere, is as ʼn faktuur aangeteken in Vuyi Verskaffers se rekening in die krediteuregrootboek van Beauty Winkels. C. Beauty Winkels het 7,5% korting aangeteken toe ʼn EFO betaling van R8 000 gemaak is. Dit verskyn nie op die staat nie. Vuyi Verskaffers het laat weet die korting moes 5% gewees het en sal dit in volgende maand se staat insluit. D. Beauty Winkels toon ʼn kredietfaktuur vir R7 600 in Vuyi Verskaffers se rekening in die krediteuregrootboek. Dit was vir goedere van Vuyisile Handelaars aangekoop. E. Vuyi Verskaffers het nie die 10% handelskorting op ʼn kredietfaktuur vir die aankope van goedere, afgetrek nie. Die korrekte netto bedrag van R8 550 is in die boeke van Beauty Winkels aangeteken. F. ʼn Faktuur vir goedere aangekoop vir R3 380 op 30 Oktober 2021, is nie op die staat van Vuyi Verskaffers nie. Die staat is gedateer 28 Oktober 2021. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 5 VRAAG 2: KOSTEBEREKENINGE (40 punte; 30 minute) 2.1 MAHLAPE VERVAARDIGERS Die besigheid vervaardig wintersbaadjies. Die finansiële jaar het geëindig op 28 Februarie 2021. GEVRA: 2.1.1 Verwys na Inligting A, B en C Bereken die volgende vir die finansiële jaar: • Direkte materiaalkoste (6) • Direkte arbeidskoste (7) 2.1.2 Verwys na Inligting D Die boekhouer het die totale fabrieksbokoste bereken, maar nagelaat om sekere faktore in ag te neem. Bereken die korrekte fabrieksbokoste deur die foute en weglatings in ag te neem. Dui ʼn vermeerdering (+) of vermindering (-) van die totaal wat gegee is, aan. Toon alle bewerkings. (9) 2.1.3 Voltooi die Goedere-in-bewerkingrekening in die Algemene Grootboek. (8) INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s: 28 FEBRUARIE 2021 1 MAART 2020 R R Grondstowwe 33 200 27 500 Goedere-in-bewerking 27 420 23 444 B. Transaksies vir die jaar: (i) Grondstowwe vir kontant en krediet aangekoop was R263 400. (ii) Beskadigde grondstowwe ter waarde van R9 200 is aan krediteure teruggestuur. (iii) Afleweringskoste op kontantaankope van grondstowwe was R7 500. C. Besonderhede van produksiewerkers: Aantal werkers 5 Gewone ure gewerk (basies) 1 520 ure per werker Tarief vir gewone tyd R30 per uur Totale oortyd-ure vir al die werkers 420 ure Tarief vir oortyd 1,6 keer meer as gewone tyd Die besigheid dra namens al hul werkers, 1% tot die WVF en 9% tot ʼn pensioenfonds by, gebaseer op hul totale verdienste. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2022) D. Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R106 760 bereken. Die volgende foute en weglatings is opgemerk: (i) Die slotvoorraad van indirekte fabrieksmateriaal, R3 800 is nie in ag geneem nie. (ii) R22 200 van die water en elektrisiteituitgawe is aan die fabriek. Dit was 50% van die totale uitgawe, maar 60% moet aan die fabriek toegedeel word. (iii) Die totale huuruitgawe van R75 600 is in die fabrieksbokosterekening aangeteken. Dit moet verdeel word in die verhouding 4 : 2 : 1 (4 dele vir die fabriek). 2.2 MELINDA SE SPEELGOEDWINKEL Die eienaar, Melinda Botha, wil die vordering van die besigheid assesseer en het die volgende inligting in verband met die produksie en verkope van speelgoedmotors verskaf. Die speelgoedmotors word verkoop teen ʼn winsopslag van 50% op kosprys. Die finansiële jaar het geëindig op 30 Junie 2021. GEVRA: 2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 30 Junie 2021. (4) 2.2.2 Verduidelik of Melinda tevrede behoort te wees met die vlak van produksie wat vir hierdie finansiële jaar behaal is. Haal syfers aan. (3) 2.2.3 Melinda is besorg oor die beheer oor direkte arbeidskoste per eenheid. • Verduidelik waarom sy besorg is. Haal syfers aan. (2) • Verskaf EEN voorstel hoe sy beheer oor hierdie koste kan verbeter. (1) INLIGTING: 30 Junie 2021 30 Junie 2020 TOTAAL EENHEIDS- EENHEIDS- PRYS PRYS R R R Direkte Materiaalkoste 76 000 38,00 32,00 Direkte Arbeidskoste 64 000 32,00 22,00 Verkoops- en Verspreidingskoste 30 000 15,00 12,00 TOTALE VERANDERLIKE KOSTE 170 000 85,00 66,00 Fabrieksbokoste 44 000 22,00 20,00 Administrasiekoste 16 000 8,00 8,00 TOTALE VASTE KOSTE 60 000 30,00 28,00 VERKOPE 250 000 125,00 110,00 2 000 1 500 Eenhede geproduseer en verkoop eenhede eenhede Gelykbreekpunt ? 955 eenhede 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 7 VRAAG 3: BEGROTINGS (45 punte; 40 minute) PIONIER WINKELS Inligting uit die rekords is vir die begrotingstydperk wat eindig op 31 Desember 2021. GEVRA: 3.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule. Verwys na die ruimtes met ʼn *. (9) 3.2 Voltooi die uittreksel uit die Kontantbegroting vir November en Desember 2021, wat in die ANTWOORDEBOEK aangebied word. (22) 3.3 Bereken die volgende: 3.3.1 Die bedrag vir die lening wat op 1 Desember 2021 ontvang moet word. Let op dat rente teen 11% p.j. aan die einde van elke maand betaal word (4) 3.3.2 Die % styging in salarisse en lone (4) 3.4 Verskaf TWEE voorstelle aan Shirley hoe sy kan verseker dat krediet slegs aan betroubare mense toegestaan word en TWEE maniere om invorderings van debiteure te verbeter. (6) INLIGTING: A. Totale verkoopsyfers vir die tydperk geëindig Desember 2021: Goedere word verkoop teen ʼn winsopslag van 50% op kosprys. WERKLIK BEGROOT MAAND KONTANT KREDIET KONTANT KREDIET Oktober R216 000 R504 000 November R207 000 R483 000 Desember R222 000 R518 000 B. Kredietverkope word volgens die volgende neiging ingevorder: • 40% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5% korting) • 40% in die maand wat volg op die maand van verkope • 18% twee maande na die maand van verkope • 2% word as oninbare skuld afgeskryf. C. Aankope en betalings aan krediteure: • Voorraad wat verkoop is, word in die maand van verkope vervang (ʼn basis voorraadvlak word gehandhaaf). • Alle aankope van handelsvoorraad is op krediet. • Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope, betaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2022) D. Addisionele inligting: • Huurinkomste sal na verwagting met 8% p.j. styg vanaf 1 Desember 2021. • Versekering sal met 5% p.j. styg vanaf 1 Desember 2021. • Rente op vaste deposito vir die jaar is R9 600 en word in drie gelyke paaiemente ontvang op 30 September 2021, 31 Desember 2021 en 31 Maart 2022 onderskeidelik. • Ander bedryfsuitgawes sal verminder met R2 500 per maand as gevolg van Covid-verwante sluitings. • Die eienaar gaan ook sy onttrekkings vanaf 1 Desember 2021 tot R5 000 per maand verminder. 30% hiervan sal voorraad wees. 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) REKENINGKUNDE V2 9 VRAAG 4: VASTE BATES (25 punte; 20 minute) Die inligting het betrekking op Malusi se Afleweringsdienste wat ʼn afleweringsdiens aan plaaslike hardeware-verskaffers bied. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2021 geëindig. GEVRA: 4.1 Bereken die totale waardevermindering op voertuie en op toerusting. (13) 4.2 Malusi wil twee van die afleweringsvoertuie verkoop en met ʼn groter, nuwer model vragmotor vervang. Sy vrou voel dit is nie ʼn goeie idee nie. 4.2.1 Verskaf TWEE moontlike redes wat Malusi kan gebruik om sy vrou te oortuig dat dit ʼn goeie besluit sal wees. (4) 4.2.2 Verskaf EEN rede om sy vrou se gevoelens te ondersteun. (2) 4.3 Malusi is besorg oor die gebruik van die voertuie in verband met die vordering van die besigheid. Identifiseer TWEE probleme uit die inligting wat voorsien word. Haal syfers aan. Verskaf in elke geval ʼn oplossing vir die probleem wat geïdentifiseer is. (6) INLIGTING: A. Op 1 Maart 2020 het die besigheid vyf afleweringsvoertuie besit. Op 1 Junie 2020 is ʼn addisionele afleweringsvoertuig op krediet gekoop. B Op 1 Januarie 2021 is ou toerusting met ʼn kosprys van R115 000, aan ʼn ouetehuis geskenk. Die opgehoopte waardevermindering op hierdie toerusting was R84 200 op 1 Maart 2020. C. Beleid vir waardevermindering: • Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op kosprys afgeskryf. • Waardevermindering op toerusting word teen 15% p.j. op drawaarde afgeskryf. D. Addisionele inligting uit die rekords: 28 Februarie 2021 1 Maart 2020 R R Afleweringsvoertuie (kosprys) 1 600 000 1 260 000 Opgehoopte waardevermindering op ? 756 000 voertuie Toerusting (kosprys) 517 000 632 000 Opgehoopte waardevermindering op ? 365 000 toerusting Herstewerk en onderhoud van voertuie 76 800 76 800 Brandstof en olie 187 680 192 000 Salarisse aan bestuurders 80 850 77 000 Verkope 816 000 960 000 25 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2022) GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Netto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste per vennoot x 100 Netto wins x 100 Vennoot gemiddelde ekwiteit 1 Gemiddelde eienaarsekwiteit 1 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfsbates : Bedryfslaste Bedryfslaste (Handels en ander ontvangbares + Kontant en Kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Kredietaankope 1 Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad Nie-Bedryfslaste : Eienaarsekwiteit Totale Bates : Totale Laste _______________________Totale vaste koste_____________ Verkoopsprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all