Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V2
VOORBEREIDENDE 2021
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek.
*accna2*
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 309.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · Eng (5)Question paper · Eng (6)Question paper · Eng (7)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)Question paperQuestion paper (2)Question paper · SesothoQuestion paper · Sesotho (2)Question paper · Sesotho (3)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · Eng (5)Question paper · Eng (6)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)Question paper · isiXhosaQuestion paper · isiXhosa (2)Question paper · isiXhosa (3)Question paper · isiXhosa (4)Question paper · SesothoQuestion paper · Sesotho (2)Question paper · Sesotho (3)Question paper · Sesotho (4)
- Other filesQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · isiXhosa (2)Question paper · isiXhosa (3)Question paper · SesothoQuestion paper · Sesotho (2)Question paper · Sesotho (3)Memo · Sesotho
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 2 DBE/November 2020
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Vervaardiging 45 35
2 Debiteureversoening en BTW 40 30
3 Voorraadwaardasie 30 25
4 Begroting 35 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 3 DBE/November 2020
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 4 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 1: VERVAARDIGING (45 punte; 35 minute)
1.1 Kies die koste-item in die lys verskaf wat by die voorbeeld hieronder pas.
Skryf slegs die koste-item langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
indirekte arbeid; direkte arbeid; direkte materiaal; indirekte materiaal
1.1.1 Skoonmaakmiddels wat in die fabriek gebruik word
1.1.2 Salaris van die fabrieksvoorman
1.1.3 Koste van die grondstowwe wat in die produksieproses gebruik
word (3 x 1) (3)
1.2 AFRESH CREATIONS
Afresh Creations vervaardig een tipe badhanddoek. Die finansiële jaar het op
29 Februarie 2020 geëindig.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die direkte materiaalkoste. (4)
1.2.2 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig
29 Februarie 2020 op. (18)
1.2.3 Verwys na Inligting C.
Normale tyd vir alle werkers is 40 ure per week. Die inligting wat in
James se werkkaart vir die laaste week verskaf is, is 'n aanduiding
van sy teenwoordigheid gedurende die finansiële jaar.
Identifiseer TWEE bekommernisse oor die situasie hierbo. Verskaf
ook EEN voorstel om die bekommernisse wat geïdentifiseer is, te
hanteer. (6)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's:
29 FEBRUARIE 2020 1 MAART 2019
Grondstofvoorraad R 314 500 R 115 200
Goedere-in-bewerkingvoorraad ? 53 500
B. Uittreksel uit die rekords op 29 Februarie 2020:
(Sien Inligting C vir aansuiwerings.)
Grondstowwe op krediet aangekoop R 738 900
Beskadigde grondstowwe aan verskaffers teruggestuur 15 300
Fabrieksbokoste 322 100
Produksielone (direkte arbeid) 598 750
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 5 DBE/November 2020
NSS
C. Addisionele inligting:
x Een werker, James, is uit die Produksieloonregister weggelaat.
Besonderhede in sy werkkaart vir die laaste week in Februarie 2020
is soos volg:
Ure gewerk Normale tarief Oortydure Oortydtarief
30 R120 5 R180
Totale werkgewersbydrae beloop 10% van bruto loon.
x Versekering van R15 880 is foutiewelik uit fabrieksbokoste uitgelaat.
Dit sluit 'n premie van R2 220 in wat vir die tydperk 1 Januarie 2020
tot 30 Junie 2020 betaal is. Hierdie uitgawe moet tussen die fabriek
en die verkoopsafdeling in die verhouding 3 : 1 verdeel word.
x Die boekhouer het R39 600 (75%) van die skoonmakers se lone by
die fabrieksbokoste ingesluit. Slegs 2/3 van hierdie uitgawe moet
aan die fabriek toegeken word.
D. Die onderneming het gedurende die finansiële jaar 22 500 handdoeke,
teen R60 per eenheid, vervaardig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 6 DBE/November 2020
NSS
1.3 FRAGRANCE VERVAARDIGERS
Hierdie onderneming vervaardig parfuum en sjampoe. Die eienaar, Marie
Klasen, het die winste wat sy die afgelope twee jaar (2019 en 2020) verdien
het, vergelyk.
GEVRA:
1.3.1 Identifiseer EEN veranderlike koste van elke produk wat nie goed
beheer is nie. Let daarop dat die inflasiekoers 6% is. Haal syfers
aan. In elke geval, verskaf 'n oplossing vir die probleem
geïdentifiseer. (6)
1.3.2 Verskaf 'n berekening om te bewys dat die gelykbreekpunt van
26 250 eenhede vir parfuum in 2020 korrek is. (4)
1.3.3 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en vlak van produksie
van parfuum. Noem TWEE punte met syfers. (4)
INLIGTING:
A. EENHEIDSKOSTE EN VERKOOPPRYSE
PARFUUM SJAMPOE
(Eenheidskoste) (Eenheidskoste)
2020 2019 2020 2019
R R R R
VASTE KOSTE 36,75 30,00 18,48 22,00
Fabrieksbokoste
Administrasiekoste
VERANDERLIKE
108,00 88,00 50,00 38,50
KOSTE
Direkte materiaalkoste 50,00 48,00 25,00 15,00
Direkte arbeidskoste 40,00 30,00 18,00 17,00
Verkoops- en
18,00 10,00 7,00 6,50
verspreidingskoste
VERKOOPPRYS 150,00 140,00 90,00 80,00
B. EENHEDE EN GELYKBREEKPUNT
Totale eenhede
geproduseer en 30 000 35 000 12 500 10 000
verkoop
Gelykbreekpunt
26 250 20 200 5 775 5 300
(eenhede)
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 7 DBE/November 2020
NSS
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 8 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 2: DEBITEUREVERSOENING EN BTW (40 punte; 30 minute)
2.1 DEBITEUREVERSOENING
Die inligting het betrekking op Mamela Handelaars vir September 2020.
GEVRA:
2.1.1 Bereken die korrekte Debiteurekontrolesaldo op
30 September 2020. Toon syfers en dui 'n '+', '–' of 'geen
verandering' by elke aansuiwering aan. (8)
2.1.2 Bereken die korrekte totaal van die Debiteurelys op
30 September 2020. (11)
2.1.3 Ten spyte daarvan dat maandelikse state betyds uitgestuur is, het
die rekenmeester opgemerk dat dit nie effektief was om die
invorderings te verbeter nie.
x Verwys na Inligting C. Bereken die % debiteure wat nie aan
die kredietterme voldoen nie. (4)
x Verwys na Inligting A. Identifiseer EEN ander probleem met
betrekking tot die beheer oor debiteure. (2)
x Verskaf TWEE voorstelle om die probleme wat geïdentifiseer
is, op te los. (2)
INLIGTING:
A. Saldo's op 30 September 2020 voordat die foute en weglatings in
ag geneem is:
(i) Debiteurekontrolesaldo in die Algemene Grootboek, R100 310.
(ii) Lys van debiteuresaldo's:
Kredietlimiet Saldo
D Dlamini R20 000 R27 000
G Swardt 30 000 22 470
N Nomandla 15 000 17 600
L Vos 40 000 34 440
X Meyer 10 000 (2 000)
B. Foute en weglatings:
(i) Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R3 600 oorbereken.
(ii) Geen inskrywing is gemaak vir 'n verkoopfaktuur vir R2 760 wat
aan Vos uitgereik is nie.
(iii) Rente van R230 moet op die agterstallige rekening van
Swardt gehef word.
(iv) Goedere teruggestuur deur Nomandla, R1 400, is aan die
verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek
aangeteken. Die inskrywing in die Algemene Grootboek was
korrek.
(v) Die bedrag van R6 300 van Dlamini ontvang, is foutief as R3 600 in
die Kontantontvangstejoernaal aangeteken en is so na die
Grootboekrekeninge oorgeboek.
(vi) Meyer se saldo moet na sy rekening in die Krediteuregrootboek
oorgedra word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 9 DBE/November 2020
NSS
C. Op 30 September 2020 het die Debiteure-ouderdomsanalise die
volgende getoon:
Huidige
Saldo 30 dae 60 dae 90 dae
Maand
R99 000 R15 420 R22 200 R44 500 R16 880
Kredietterme: Debiteure kry 30 dae om hulle rekeninge te vereffen.
2.2 BTW
FOREVER HANDELAARS
Tom Smith is die alleeneienaar. Die inligting het betrekking op die BTW-
tydperk geëindig 31 Augustus 2020.
Die standaard-BTW-koers van 15% is van toepassing op alle goedere gekoop
en verkoop.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die BTW-bedrag wat op 31 Augustus 2020 aan SAID
betaalbaar is. (9)
2.2.2 Die rekenmeester het gedurende September op 'n dokument vir
die kontantaankoop van meubels vir R46 000 deur Tom Smith vir
sy eie huis afgekom. Tom het gesê dat die R6 000 BTW by hierdie
bedrag ingesluit, as BTW-inset beskou moet word. Verdere
ondersoeke het getoon dat soortgelyke dokumente gereeld
gedurende die afgelope jaar in die boeke aangeteken is.
Gee die rekenmeester raad oor hoe om hierdie aangeleentheid te
hanteer. Noem TWEE punte. (4)
INLIGTING:
A. Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Augustus 2020 is R31 470.
B. Die volgende transaksies verskyn in die rekords vir Augustus 2020:
BTW BTW- BTW
BESONDERHEDE
UITGESLUIT BEDRAG INGESLUIT
Totale verkope R535 000 R80 250 R615 250
Aankope van voorraad 385 000 57 750 442 750
Korting ontvang van verskaffers 11 500 ?
Goedere teruggestuur deur
22 500 ? 25 875
debiteure
Voorraad geneem deur eienaar
9 600 ?
teen kosprys
Debiteurerekeninge afgeskryf ? 36 800
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 10 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE (30 punte; 25 minute)
On-Time Watches (Edms.) Bpk. het twee aandeelhouers, Lizzy en Patsy Ndou. Die
onderneming verkoop horlosies. Die periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-
eerste-uit-(EIEU-)metode word gebruik om die horlosies te waardeer. Die finansiële
jaareinde was 30 Junie 2020.
Die onderneming het in die verlede slegs een soort horlosie, die XS Sports, verkoop.
Alhoewel hierdie horlosies goed verkoop het, het Lizzy gevoel dat die onderneming nie
genoeg wins verdien het nie. Sy het Patsy oortuig dat om eksklusiewe horlosies (die
Euroclox) in te voer, 'n goeie oplossing vir hierdie probleem sou wees.
GEVRA:
3.1 Bereken die volgende vir die ingevoerde Euroclox-horlosies op 30 Junie 2020
deur die EIEU-metode te gebruik:
x Waarde van die eindvoorraad (5)
x Voorraadhoudingsperiode (in dae) deur die eindvoorraad te gebruik (3)
x % winsopslag op kosprys (3)
3.2 Patsy was steeds nie oortuig van die besluit om die Euroclox-horlosies in te
voer nie, maar dit blyk dat Lizzy se besluit vir die onderneming voordelig was.
In elke geval hieronder, haal syfers of aanwysers aan.
3.2.1 Vergelyk die winsopslag-% wat op elke model behaal is en lewer
kommentaar op hoe dit die verkope en winsgewendheid van die
twee modelle beïnvloed het. (4)
3.2.2 Vergelyk die voorraadhoudingsperiode vir elke model en die
aanvraag vir elke model en lewer kommentaar op hoe dit die
beheer van die voorraaditems van die twee modelle beïnvloed het. (4)
3.3 Lizzy stel daarin belang om uit te vind of die geweegde-gemiddeldemetode
om die Euroclox-horlosies te waardeer, 'n beduidende ander voorraadwaarde
tot gevolg sal hê.
x Bereken die waarde van die 270 horlosies deur die geweegde-
gemiddeldemetode te gebruik. (5)
x Verduidelik die effek wat dit op die bruto wins sal hê. Haal syfers aan. (2)
x Verduidelik waarom dit in die toekoms nie gepas sou wees dat sy die
geweegde-gemiddeldemetode vir die nuwe horlosies gebruik nie. Noem
TWEE punte. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 11 DBE/November 2020
NSS
INLIGTING:
A. Voorraadrekords vir ingevoerde Euroclox-horlosies:
AANTAL EENHEIDS- TOTALE
DATUM
EENHEDE PRYS BEDRAG
Aankope:
1 Julie 2019 200 R 1 615,50 R 323 100
30 September 2019 500 1 700,00 850 000
20 Desember 2019 1 200 1 900,00 2 280 000
25 Maart 2020 400 2 000,00 800 000
15 Mei 2020 250 2 400,00 600 000
Totale aankope 2 550 R4 853 100
Terugsendings: 15 Mei 2020 90 ?
Beskikbaar vir verkope 2 460 ?
Voorraad op 30 Junie 2020 270 ?
Verkope 2 190 R2 700 R5 913 000
Koste van verkope R4 033 100
B. Inligting bekom uit die finansiële rekords op 30 Junie 2020:
EUROCLOX- XS SPORTS-
MODEL MODEL
Winsopslag-% ? 75%
Voorraadhoudingsperiode ? 120 dae
Verkoopprys per horlosie R2 700 R560
Gemiddelde kosprys per horlosie R1 842 R320
Gemiddelde bruto wins per horlosie R858 R240
Bruto wins R1 879 900 R840 000
Verkope van horlosies R5 913 000 R1 960 000
Eenhede verkoop 2 190 horlosies 3 500 horlosies
Eindvoorraad op hande 270 horlosies 1 381 horlosies
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 12 DBE/November 2020
NSS
VRAAG 4: BEGROTINGS (35 punte; 30 minute)
Jy word voorsien van inligting van Fantasy Laptops, 'n onderneming wat deur
Ray Rennie besit word, vir die begrotingstydperk Desember 2020 tot Februarie 2021.
Die onderneming verkoop verskillende soorte skootrekenaars en verkoop nie op
krediet nie. Hulle herstel ook hierdie items vir klante teen 'n fooi.
GEVRA:
4.1 Verwys na Inligting A en B.
Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir Februarie 2021. (7)
4.2 Verwys na Inligting C en D.
Bereken:
x Verwagte % verhoging in sekuriteitskoste vanaf 1 Februarie 2021
x % kommissie gedurende Februarie 2021 aan verkoopspersoneel betaal
x Water en elektrisiteit vir Desember 2020 begroot
x Die verwagte leningsterugbetaling op 31 Desember 2020 (12)
4.3 Verwys na Inligting E.
Die interne ouditeur het waargeneem dat verpakkingsmateriaal met R800
oorspandeer is en verbruiksgoedere met R1 500.
Lewer kommentaar op die kontrole van verpakkingsmateriaal en
verbruiksgoedere. Haal syfers of berekeninge aan. (6)
4.4 Verwys na Inligting D.
Die onderneming het gedurende die Corona-virus-grendeltyd in April en
Mei 2020 geld verloor aangesien daar geen verkope of fooi-inkomste was nie.
Ray moes egter voortgaan om betalings te maak om die besigheid aan die
gang te hou (as 'n lopende saak).
x Gee EEN rede waarom hy nie wou ophou om salarisse en lone te betaal
nie. (2)
x Identifiseer EEN ander betaling in die lys in Inligting D wat hy nie sou kon
stop nie en gee 'n rede. (2)
x Identifiseer EEN betaling in die lys in Inligting D wat hy sou gestop het en
gee 'n rede. (2)
4.5 Verwys na Inligting F.
Ray Rennie, die eienaar, het hulp nodig om 'n finansiële besluit te neem.
Hy kan nie besluit of hy 'n afleweringsvoertuig moet bruikhuur of koop nie.
Sy twee opsies word as Opsie X en Opsie Y getoon.
Behalwe om meer verkope te genereer of om die gebruik van die voertuig te
hê, noem TWEE voordele van ELKE opsie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 13 DBE/November 2020
NSS
INLIGTING:
A. Winsopslag-% en verkope:
'n Winsopslag van 75% op kosprys word gebruik om die verkooppryse van
die skootrekenaars te bepaal.
WERKLIKE VERKOPE GEPROJEKTEERDE VERKOPE
Oktober November Desember Januarie Februarie
2020 2020 2020 2021 2021
R490 000 R490 000 R770 000 R560 000 R525 000
B. Aankope en betaling aan verskaffers (krediteure):
x Alle voorraad word op krediet aangekoop.
x Voorraad verkoop word in die maand van verkope vervang.
x Sommige krediteure bied 'n korting vir betaling in die maand van aankope
aan.
x 50% word betaal in die maand van aankope om 'n 10%-korting te verdien.
x 30% word betaal in die maand na die aankooptransaksiemaand.
x 20% word betaal in die tweede maand na die aankooptransaksiemaand.
C. Inligting oor spesifieke items uit die Kontantbegroting:
x Sekuriteit: Die wagte is uitgekontrakteer en is van Keepsafe Guarding.
x Kommissie: Verkoopspersoneel word in dieselfde maand kommissie op
slegs verkope betaal. Hulle ontvang nie 'n vaste salaris nie.
x Water en elektrisiteit: Die verwagte verhoging vanaf 1 Januarie 2021
is 24%.
x Lening en rente: Die lening van Delta Bank dra rente teen 12,5% per jaar.
Rente word nie gekapitaliseer nie en 'n vaste leningterugbetaling word op
31 Desember elke jaar gedoen.
x Verbruiksgoedere: Dit word vir die herstel van skootrekenaars vir klante
gebruik.
D. Uittreksel uit die Kontantbegroting:
Desember Januarie Februarie
2020 2021 2021
R R R
Fooi-inkomste: hersteldienste 100 000 150 000 150 000
Rente op lening (12,5% p.j.) 9 375 8 125
Terugbetaling van lening ?
Kommissie aan
123 200 89 600 84 000
verkoopspersoneel
Verbruiksgoedere vir
42 000 63 000 63 000
herstelwerk
Sekuriteit 18 000 18 000 28 500
Water en elektrisiteit ? 18 600 18 600
Salarisse en lone
Verpakkingsmateriaal
Versekering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 14 DBE/November 2020
NSS
E. Die interne ouditeur het die volgende syfers vir Oktober 2020
geïdentifiseer:
Begroot Werklik Verskil
R R %
Verkope 490 000 400 000 -18,4%
Fooi-inkomste 85 000 126 000 +48,2%
Verpakkingsmateriaal 22 000 22 800 +3,6%
Verbruiksgoedere 24 500 26 000 +6,1%
F. Opsies om 'n afleweringsvoertuig te bekom:
Ray voel dat hy 'n afleweringsvoertuig vir R520 000 moet aankoop of die
voertuig maandeliks moet bruikhuur om sy onderneming in staat te stel om na
die Corona-virus-grendeltyd meer verkope te genereer. Hy het slegs
R100 000 in sy beleggings wat hy kan gebruik. Hierdie beleggings verdien
tans rente teen 6,5% p.j.
Hy het twee opsies om te oorweeg:
Opsie X (koop die voertuig):
Koop die voertuig deur die geld in sy beleggings te gebruik en neem
'n nuwe 5 jaar-lening vir R420 000 teen 'n hoë rentekoers uit. Hy sal die
lening oor vyf jaar moet terugbetaal. Rente oor die vyf jaar sal R176 000
wees.
Opsie Y (huur/bruikhuur die voertuig):
Huur (bruikhuur) die voertuig by Sentinel Bpk. vir R15 000 per maand oor
60 maande.
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2 DBE/November 2020
NSS
GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (isiXhosa)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Sesotho)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (isiXhosa)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum