Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
REKENINGKUNDE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*accna1*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn
9-bladsy antwoordeboek.
Skip to contentAll 2021 papers 



/Accounting%20GR%2012%20Exam%20Guidelines%202021%20Afr--01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f/v1-d3070f444946ccbb6e28/card.webp)

View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 181.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · Eng (5)Question paper · Eng (6)Question paper · Eng (7)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)Question paperQuestion paper (2)Question paper · SesothoQuestion paper · Sesotho (2)Question paper · Sesotho (3)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · Eng (3)Question paper · Eng (4)Question paper · Eng (5)Question paper · Eng (6)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Question paper · Afr (3)Question paper · Afr (4)Question paper · isiXhosaQuestion paper · isiXhosa (2)Question paper · isiXhosa (3)Question paper · isiXhosa (4)Question paper · SesothoQuestion paper · Sesotho (2)Question paper · Sesotho (3)Question paper · Sesotho (4)
- Other filesQuestion paper · isiXhosaQuestion paper · isiXhosa (2)Question paper · isiXhosa (3)Question paper · SesothoQuestion paper · Sesotho (2)Question paper · Sesotho (3)Memo · Sesotho
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
TYD
VRAAG ONDERWERP PUNTE
(minute)
1 Ouditverslag en korporatiewe bestuur 15 10
2 Maatskappy finansiële state 60 50
Kontantvloeistaat en finansiële
3 40 30
aanwysers
4 Vertolking van finansiële inligting 35 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENINGKUNDE V1 3
VRAAG 1: OUDITVERSLAG EN KORPORATIEWE BESTUUR
(15 punte; 10 minute)
1.1 Kies ʼn opsie uit die lys vir elke beskrywing hieronder, skryf slegs jou
antwoord langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Nie-uitvoerende direkteure; Vergoedingskomitee; Uitvoerende direkteure;
Oudit komitee; Interne ouditeur
1.1.1 Verantwoordelik vir die hersiening van fooie wat aan direkteure
betaalbaar is
1.1.2 Hulle dien op die Raad van Direkteure, maar werk nie by die
maatskappy nie
1.1.3 Deur aandeelhouers aangestel om belangrike bestuursfunksies in die
onderneming te verrig (3 x 1) (3)
1.2 OUDITVERSLAG
ʼn Uittreksel uit die Onafhanklike Ouditeursverslag word verskaf.
GEVRA:
1.2.1 Identifiseer die tipe verslag en verduidelik waarom hierdie tipe verslag
deur die ouditeur uitgereik is. (2)
1.2.2 Verduidelik TWEE punte waarom aandeelhouers bekommerd sal wees
oor die maatskappy wat so ʼn verslag ontvang. (4)
1.2.3 Die HUB versoek dat die ouditeur hierdie donasie as ʼn ‘diverse uitgawe’
klassifiseer en die ouditmening dienooreenkomstig aanpas. Gee TWEE
redes waarom die ouditeur nie met hierdie voorstel saamstem nie. (4)
1.2.4 Afgesien van die bogenoemde kwessies, verduidelik waarom die
maatskappy van swak korporatiewe bestuur beskuldig sal word. (2)
INLIGTING:
INXUBA BPK.
UITTREKSEL UIT DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURSVERSLAG
Grondslag vir mening
ʼn Donasie van R1,2 m is aan ʼn plaaslike gemeenskapsorganisasie gemaak vir die
voorsiening van gesigsmaskers en hand-ontsmettingsmiddels aan plaaslike skole.
Behoorlike prosedures is nie gevolg nie en geen dokumente was beskikbaar om
die transaksie te verifieer nie.
Ouditmening
Na ons mening, behalwe vir die donasie, wat nie die regte proses gevolg het nie,
gee die finansiële state die finansiële posisie van die maatskappy op
28 Februarie 2021 redelik aan.
15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 2: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (60 punte; 50 minute)
Die inligting hou verband met ZOZIE (EDMS) BPK., ʼn skryfbehoeftehandelaar, vir
die jaar wat op 28 Februarie 2021 geëindig het.
GEVRA:
Stel die volgende op vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021:
2.1 Staat van Omvattende Inkomste (36)
2.2 Behoue inkomste nota (7)
2.3 Die EKWITEIT en LASTE afdeling van die Staat van Finansiële Posisie (17)
INLIGTING:
A. Uittreksel: Voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2021:
R
Gewone aandelekapitaal ?
Behoue inkomste 204 040
Lening: Luther Bank 955 000
Krediteurekontrole 368 470
Netto handelsdebiteure 463 000
Bank (gunstige saldo) 132 600
SAID: Inkomstebelasting 295 500
Handelsvoorraad 882 000
Verkope 5 808 000
Koste van verkope ?
Waardevermidering 86 010
Versekering 37 200
Korting ontvang 14 000
Huur inkomste 139 500
Direkteursfooie 450 400
Salarisse en lone 492 600
Ouditfooie 85 700
Rente inkomste 23 400
Diverse uitgawes ?
Gewone aandele dividende (interim dividende) 126 000
B. AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING
(i) Goedere wat deur 'n debiteur teruggestuur is, R28 800, is nog nie
aangeteken nie. Die goedere is weer in voorraad teruggeplaas, maar
geen inskrywings is gemaak om hierdie transaksie aan te teken nie.
ʼn Winsopslag van 60% op die koste word op alle verkope toegepas.
(ii) Versekering sluit ʼn jaarlikse premie van R14 400 in, wat betaal is vir
die tydperk 1 April 2020 tot 31 Maart 2021.
(iii) Die huurder het die huur betaal tot 30 April 2021. Let daarop dat die
huur met 15% per jaar verhoog is, met ingang 1 Julie 2020. Die perseel
word sedert 2018 gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENINGKUNDE V1 5
(iv) Die boekhouer het die voorraad sakrekenaars weggelaat met die opstel van
die handelsvoorraadsyfer soos in die voor-aansuiwerings-proefbalans verskyn.
ʼn Opsomming uit die voorraadrekords van sakrekenaars is soos volg:
Beginvoorraad 600 eenhede
Aankope gedurende die jaar 2 200 eenhede
Terugsendings 180 eenhede
Eenhede verkoop 2 160 eenhede
Eindvoorraad 430 eenhede
x Die relevante verkoopsyfer is aangeteken.
x Sakrekenaars word gekoop teen ʼn vaste kosprys van R175 elk. Die
spesifieke identifikasiemetode word gebruik om die sakrekenaars te
waardeer.
Dit was opgelet dat van die sakrekenaars gesteel is. Dit moet nog aangeteken
word.
(v) Die maatskappy neem drie direkteure in diens op dieselfde fooi-struktuur. Een
van hulle het nie sy fooi vir Februarie 2021 ontvang nie. ʼn Vierde direkteur, wat
op 1 Desember 2020 aangestel is, verdien R3 200 per maand meer as die
ander. Hy het sy fooie vir die huidige jaar ontvang.
(vi) Die salaris van die klerk wat met verlof is, is uit die Salarisjoernaal weggelaat.
Die besonderhede van sy salaris is soos volg:
Netto salaris Totale werknemersaftrekkings Totale werkgewerbydraes
R9 424 24% van bruto salaris R1 240
*Werkgewerbydraes word teen salarisse en lone gedebiteer.
(vii) ʼn Aangepaste aanslag is van die eksterne ouditeure ontvang wat aandui dat
ouditfooie vir die jaar R80 500 beloop.
(viii) Die leningsstaat van Luther Bank het die volgende aangedui:
x Totale terugbetalings vir die jaar (rente ingesluit) R258 000
x Rente gekapitaliseer ?
x Saldo op 28 Februarie 2021 R1 082 400
10% van die leningsaldo sal tydens die volgende boekjaar vereffen word.
(ix) Na inagneming van die aansuiwerings beloop die netto wins na belasting
R689 310. Die huidige inkomstebelastingkoers is 31%.
C. Aandelekapitaal en dividende:
Die aandeelregister dui 745 000 aandele in uitreik op 28 Februarie 2021 aan. Die
veranderinge in aandelekapitaal en behoue inkomste is aangeteken:
x 1 Oktober 2020: 120 000 aandele is uitgereik teen R8,00 elk.
x 1 Desember 2020: 75 000 aandele is teen R1,40 bo die gemiddelde
aandeelprys teruggekoop. Hierdie aandele kwalifiseer
nie vir finale dividende nie.
x Interim dividende is op 31 Augustus 2021 betaal.
x ʼn Finale dividend van 23 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar.
D. Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie 2021:
x Netto batewaarde per aandeel (NBW) 860 sent
x Bedryfsverhouding 1,8 : 1
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 3: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(40 punte; 30 minute)
Die inligting het betrekking op KAMP BPK. vir die finansiële jaar geëindig
31 Augustus 2021.
GEVRA:
3.1 Bereken die volgende vir die Kontantvloeistaat op 31 Augustus 2021:
3.1.1 Verandering in betaalbares (dui of dit ʼn invloei of uitvloei van kontant is) (4)
3.1.2 Inkomstebelasting betaal (4)
3.1.3 Dividende betaal (4)
3.1.4 Opbrengs op aandele uitgereik (5)
3.1.5 Fondse gebruik om aandele terug te koop (3)
3.1.6 Verhoging in lening (4)
3.2 Voltooi die NETTO VERANDERING IN KONTANT EN
KONTANTEKWIVALENTE afdeling in die Kontantvloeistaat (4)
3.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig
31 Augustus 2021.
3.3.1 Vuurproefverhouding. (3)
3.3.2 % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit. (5)
3.3.3 Dividenduitbetalingskoers (%) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENINGKUNDE V1 7
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die
jaar geëindig 31 Augustus 2021.
Rente op lening (van De Beer Leeners) R99 360
Netto wins voor belasting 1 340 000
Inkomstebelasting 428 800
B. Uittreksel uit die Balansstaat op 31 Augustus 2021.
31 Aug 2021 31 Aug 2020
R R
Voorrade 350 000 380 200
Handels- en ander ontvangbares (Nota 1) 278 000 509 800
Kontant en kontantekwivalente 168 000 10 000
Aandeelhouersekwiteit 7 293 200 5 650 000
Gewone aandelekapitaal 6 840 000 5 440 000
Lening: De Beer Leeners ? 600 000
Handels- en ander betaalbares (Nota 2) 670 100 459 600
Oortrokke bank - 109 800
C. Nota 1: Handels en ander ontvangbares
31 Aug 2021 31 Aug 2020
R R
Handelsdebiteure 278 000 480 500
SAID (Inkomstebelasting) 29 300
278 000 509 800
D. Nota 2: Handels en ander betaalbares
31 Aug 2021 31 Aug 2020
R R
Handelskrediteure 390 800 215 600
SAID (Inkomstebelasting) 33 100
Aandeelhouers vir dividende ? 208 000
Opgelope uitgawes 6 200
670 100 459 600
E. Aandelekapitaal
1 September 2020 1 600 000 aandele was in uitreik.
1 Mei 2021 400 000 addisionele aandele is uitgereik.
31 Augustus 2021 100 000 aandele is teruggekoop teen R1,40 bo die
gemiddelde aandeelprys. Hulle het gekwalifiseer vir
finale dividende.
F. Dividende en verdienste:
x Tussentydse dividende is op 28 Februarie 2021 aan alle aandele op die
aandeleregister betaal.
x ʼn Finale dividend van 12 sent per aandeel is op 31 Augustus 2021
verklaar. Totale dividende vir die jaar beloop R528 000.
x Die verdienste per aandeel (VPA) is bereken op 53 sent per aandeel.
G. Lening: De Beers Leeners
Die lening is op 1 September 2020 (begin van die boekjaar) verhoog. Rente
teen 12% p.j. is op datum betaal en word nie gekapitaliseer nie.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
VRAAG 4: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (35 punte; 30 minute)
4.1 Kies die korrekte woord (e) van die tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs
die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 As 'n onderneming bankrot raak, verloor aandeelhouers slegs hul
belegging in aandele. Dit is as gevolg van die (beperkte / onbeperkte)
aanspreeklikheidsbegrip.
4.1.2 Die (historiese koste / wesenlikheid / besigheidsentiteit) AARP- beginsel
bepaal dat beduidende items soos rente uitgawe afsonderlik in die
finansiële state geopenbaar moet word.
4.1.3 Die (netto batewaarde per aandeel / markprys) word beïnvloed deur die
vraag na aandele op die aandelebeurs. (3 x 1) (3)
4.2 GREEN BPK., BCM BPK. en PLAZA BPK.
Die inligting het betrekking op drie verskillende maatskappye wat in dieselfde
bedryf meeding. Die finansiële jaar van elke maatskappy eindig op die laaste dag
van Februarie.
GEVRA:
LET WEL: Verskaf syfers, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE
geval om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun.
4.2.1 Likiditeit
Identifiseer die maatskappy wat die doeltreffendste likiditeitsposisie het.
Haal DRIE finansiële aanwysers aan en verduidelik dit om jou keuse te
ondersteun. (6)
4.2.2 Risiko en hefboom:
ʼn Direkteur van Green Bpk. voel dat die maatskappy die lening so gou
moontlik moet terugbetaal. Verduidelik wat jy vir hom sou sê. Haal TWEE
finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou mening te motiveer. (6)
4.2.3 Dividenduitbetalingsbeleid:
Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingskoerse van Green Bpk. en
Plaza Bpk., en gee ʼn rede waarom die direkteure van elke maatskappy
oor die uitbetalingskoerse besluit het. Haal syfers aan. (6)
4.2.4 Aandeelhouding van Sandi Charley:
Sandi Charley is ʼn aandeelhouer in twee van hierdie maatskappye. Sy
het R800 000 en beoog om dit in nuwe aandele te belê.
Al drie die maatskappye het besluit om op 1 Maart 2021 bykomende
aandele teen die bestaande markprys op 28 Februarie 2021 uit te reik.
x Bereken Sandi se % aandeelhouding in Green Bpk. en lewer
kommentaar op jou bevindings. (4)
Sandi wil ekstra aandele in Green Bpk. koop en beoog ook om in Plaza
Bpk. te belê.
x Bereken die minimum aantal aandele wat sy in Green Bpk. moet koop
en die bedrag wat sy sal moet bestee. (6)
x Watter advies sou jy vir Sandi gee oor haar voorneme om aandele in
Plaza Bpk. te koop? Gee TWEE punte. Haal syfers (finansiële
aanwysers) aan om jou advies te ondersteun. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) REKENINGKUNDE V1 9
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers op 28 Februarie 2021:
GREEN BPK. BCM BPK. PLAZA BPK.
Bedryfsverhouding 3,3 : 1 1,8 : 1 1,6 : 1
Vuurproefverhouding 1,9 : 1 1,1 : 1 0,4 : 1
Gemiddelde debiteure-
invorderingsperiode 39 dae 27 dae 31 dae
Gemiddelde krediteure-
betalingsperiode 65 dae 42 dae 60 dae
Skuld-ekwiteit 0,6 : 1 0,3 : 1 0,7 : 1
Opbrengs op
aandeelhouersbelang (OOAHB) 9,5% 12,8% 5,3%
Opbrengs op gemiddelde kapitaal
aangewend 14,7% 16,2% 11,4%
Verdienste per aandeel (VPA) 91 sent 98 sent 64 sent
Dividende per aandeel (DPA) 47 sent 74 sent 66 sent
Dividend uitbetalingskoers 51,6% 75,5% 103%
Netto batewaarde 520 sent 610 sent 566 sent
Markprys op aandelebeurs 520 sent 692 sent 532 sent
Rentekoers op lening 13% 13% 13%
Kredietvoorwaardes: Debiteure word 30 dae gegun om hul rekeninge te
vereffen;
Krediteure laat 60 dae se kredietvoorwaardes toe.
B. Aandele en aandeelhouding van Sandi Charley:
GREEN BPK. BCM BPK. PLAZA BPK.
Aantal uitgereikte aandele 1 700 000 1 800 000 2 000 000
Aandele besit deur Sandi Charley 900 000 450 000 0
Haar % aandeelhouding per
maatskappy ? 25% 0%
Aantal aandele wat elke maatskappy
beplan om op 1 Maart 2021 uit te reik
(teen markprys op 28 Februarie 2021) 250 000 450 000 300 000
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/SEPTEMBER 2021)
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn
finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)
/Accounting%20GR%2012%20Exam%20Guidelines%202021%20Afr--01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f/v1-d3070f444946ccbb6e28/card.webp)
Study guide
Accounting GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum