You're offline
Skip to content
Study guide

Accounting GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr

Subject: AccountingGrade 12202127 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
DESIGN REKENINGKUNDE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 27 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 2 DBE/2021 Eksamenriglyne INHOUD Bladsy 1. INLEIDING 3 2. FORMAAT VAN HALFJAAR- EN JAAREINDEKSAMENVRAESTELLE 4 3. EKSAMINEERBARE EN NIE-EKSAMINEERBARE INHOUD 5 4. RELEVANTE AFDELINGS VAN DIE KABV VIR REKENINGKUNDE WAT 'N DIREKTE UITWERKING OP DIE OPSTEL VAN EKSAMENVRAESTELLE HET 7 5. MOEILIKHEIDSGRADE 8 6. SLOT 8 7. BYLAES 9 BYLAE 1: KONTROLELYS VAN REKENINGKUNDE-ONDERWERPE VIR TWEE EKSAMENVRAESTELLE, GRAAD 10–12 9 BYLAE 2: VOORTSETTING VAN SPESIFIEKE BELEIDSMAATREËLS MET BETREKKING TOT SEKERE GRAAD 12-ONDERWERPE 11 BYLAE 3: OPSOMMING VAN DIE JAARLIKSE ONDERRIGPLAN 12 BYLAE 4: GRAAD 12 REKENINGKUNDE: FORMULEBLAD 13 BYLAE 5: VERDUIDELIKING VAN SEKERE ASPEKTE VAN DIE KABV- INHOUD 14 BYLAE 6: VOORBEELDE VAN SPESIFIEKE ITEMS VAN DIE KABV- INHOUD 18 6.1 Aandele met geen pariwaarde 18 6.2 Terugkoop van aandele 19 6.3 Verdelings- en Behoue-inkomsterekeninge: Terugkoop van aandele 21 6.4 Spesifieke identifikasiemetode van voorraadwaardasie 24 6.5 Gelykbreekpunt (GBP) en Bydrae per eenheid 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 3 DBE/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Rekeningkunde beskryf die aard en doel van die vak Rekeningkunde. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die punte uiteengesit in die KABV het dus 'n beduidende uitwerking op die opstel van Rekeningkunde-eksamens. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Rekeningkunde geassesseer gaan word.  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei. Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie. Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleids- verklaring (KABV): Rekeningkunde  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. FORMAAT VAN HALFJAAR- EN JAAREINDEKSAMENVRAESTELLE Die halfjaar- en jaareindeksamen vir Rekeningkunde bestaan uit TWEE vraestelle van 2 uur vir 150 punte elk. Die aantal vrae kan van 3 tot 5 vrae per vraestel wissel. Daar is geen voorskrifte vir die punte wat per vraag toegeken word nie. Alle vrae is VERPLIGTEND en moet in spesiale voorbereide antwoordeboeke beantwoord word. Hierdie antwoordeboeke is ontwerp om leerders met tydsbestuur te help. Leerders moet egter verstaan dat die antwoordboeke nie ontwerp is om die volle inhoud van die vrae of subvrae te herhaal nie. Hulle moet na die vraestel verwys om te verseker dat hulle antwoorde aan die vereistes van elke vraag of subvraag voldoen. Die Rekeningkunde-onderwerpe (voorheen in drie velde) is in twee breë dissiplines geïntegreer. Dissipline 1 dek onderwerpe vir verslagdoening aan eksterne belang- hebbendes, terwyl Dissipline 2 onderwerpe dek wat met interne rekeningkundige prosesse verband hou. Die gewigswaarde van elke breë dissipline oor beide vraestelle is aangepas tot: AANGEPASTE GEWIGSWAARDES OM VIR TWEE EKSAMENVRAESTELLE VOORSIENING TE MAAK Vraestel 1 Dissipline 1 Finansiële Verslagdoening & Evaluering 150 punte; 2 uur Bestuursrekeningkunde, Interne Oudit & Vraestel 2 Dissipline 2 Beheer 150 punte; 2 uur TOTALE PUNTE VIR VRAESTEL 1 EN 2 300 LET WEL:  Verwys na die tabel hieronder en na BYLAE 1 vir spesifieke eksamineerbare inhoud vir albei eksamenvraestelle.  Die beginsel van die integrasie van die onderwerpe Etiek en Interne Beheer in die onderrig van ander onderwerpe, waar van toepassing, word behou.  Die onderwerp Korporatiewe Bestuur het veral betrekking op maatskappye en gepubliseerde finansiële state en word dus by Dissipline 1 ingesluit en sal in Vraestel 1 geëksamineer word.  Die onderwerp Etiek is van toepassing op beide dissiplines en kan in beide vraestelle geëksamineer word, terwyl die onderwerp Interne Beheer in Dissipline 2 ingesluit is en in Vraestel 2 geëksamineer sal word.  Sekere finansiële aanwysers is van toepassing op beide die breë dissiplines en beide eksamenvraestelle. Hierdie aanwysers word hieronder en ook in BYLAE 1 aangedui.  Alhoewel 'n formuleblad voorsien sal word, sal kandidate die toepaslike finansiële aanwysers moet kan identifiseer wat bereken en in ondersteunende kommentaar gebruik moet word om finansiële inligting te kan interpreteer/ontleed en evalueer. Onderwysers word aangeraai om leerders te help om die logika van elke finansiële aanwyser te verstaan om hul kommentaar op hierdie aanwysers toe te lig en dus nie net op die formuleblad staat te maak nie.  Aangesien die huidige graad 12 jaarlikse onderrigplan (JOP) vir die eerste twee kwartale fokus op Dissipline 1-inhoud, is die JOP hersien deur Kosterekeningkunde (Vervaardiging) in Kwartaal 2 te onderrig en Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) na Kwartaal 3 te skuif sodat 'n meer geloofwaardige en goed gebalanseerde halfjaar graad 12-eksamenvraestel met die korrekte gewigswaardes opgestel kan word. Die hersiene opsomming van die JOP vir graad 12 is in BYLAE 3 ingesluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 5 DBE/2021 Eksamenriglyne 3. EKSAMINEERBARE EN NIE-EKSAMINEERBARE INHOUD  LET WEL: Hierdie is slegs 'n opsomming. Onderwysers moet na die Rekeningkunde KABV verwys vir spesifieke vereistes. Verwys na Afdeling 4 hieronder vir meer besonderhede insluitend toepaslike inhoud uit vorige grade. GRAAD 12: VRAESTEL 1 Finansiële Verslagdoening & Evaluering 12.1.1 Begrippe met betrekking tot maatskappye 12.1.2 Begrippe met betrekking tot AARP & IFVS ('IFRS') Ingesluit: uitreik van aandele teen uitreikprys (geen pariwaarde, geen 12.1.3 Unieke Grootboekrekeninge van maatskappye & die vertolking daarvan aandelepremie nie); terugkoop van 12.1.4 Rekeningkundige vergelyking van maatskappye aandele Sien BYLAES 5.1, 5.2, ,6.1, 6.2 & 6.3. 12.1.5 Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse van maatskappye 12.1.6 Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van maatskappye Ingesluit: waardasie van vaste bates (sien 12.1.11) en voorraadwaardasie 12.1.7 Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas van maatskappye (sien 12.1.12) 12.1.8 Kontantvloeistaat van maatskappye 12.1.9 Ontleding & vertolking van finansiële state van maatskappye * Sluit alle finansiële state in (Sien 12.1.6, 12.1.7, 12.1.8, 12.1.10.) 12.1.10 Ontleding & vertolking van gepubliseerde finansiële state & ouditverslae Verwys na finansiële aanwysers van maatskappye * hieronder. 12.1.11 Waardasie van vaste bates vir verslagdoening in finansiële state Ingesluit: toevoegings, waarde- vermindering & vervreemdings 12.1.12 Voorraadwaardasie vir verslagdoeleindes in finansiële state Integreer waardasiemetodes: EIEU, geweegde gemiddelde & spesifieke identifikasie 12.1.13 Professionele instellings & Gedragskode Rol van onafhanklike ouditeurs Sien BYLAE 5.7. 12.1.14 Etiese optrede & korporatiewe bestuur in finansiële omgewings Sien BYLAE 5.7. 12.1.15 Wetgewing wat op maatskappye van toepassing is (slegs oorsigtelik) Maatskappywet (slegs algemene oorsig) Sien BYLAE 5.7. 12.1.16 Beslote korporasies (nie-eksamineerbaar) Konsepte; Verskille tussen fin. state van mpye en bk's (nie-eksamineerbaar) GRAAD 12: VRAESTEL 2 Bestuursrekeningkunde & Interne Oudit en Beheer 12.2.1 Ontleding & vertolking van rekonsiliasies: bank, debiteure, krediteure, Sluit graad 11-inhoud oor versoenings ouderdomsontleding in. Sien BYLAE 5.3. Bankversoening nie-eksamineerbaar in 2021. 12.2.2 Belasting op Toegevoegde Waarde – inset, uitset en berekeninge Berekening van die bedrag betaalbaar/ ontvangbaar; BTW-kontrolerekening 12.2.3 Vervaardiging – begrippe 12.2.4 Vervaardiging: Produksiekostestaat & Notas; Verkorte Inkomstestaat & Sluit graad 11-inhoud oor Grootboek- Notas rekeninge in 12.2.5 Ontleding & vertolking van koste-inligting, eenheidskoste & Verwys na finansiële aanwyser gelykbreekpunt hieronder. Sien BYLAE 5.6 en 6.5. 12.2.6 Ontleding & vertolking van Kontantbegroting vir eenmansake en mpye Sluit graad 11-inhoud oor die opstel van 12.2.7 Ontleding & vertolking van Geprojekteerde Inkomstestaat vir hierdie items in eenmansake en maatskappye Sien BYLAE 5.4. 12.2.8 Toepassing van interne beheer- & ouditprosesse: kontant, vaste bates, Rol van interne ouditeurs voorraad, debiteure, krediteure, inkomste & uitgawes insluitend Verwys na finansiële aanwysers salarisse/lone & insluitend finansiële aanwysers # hieronder. 12.2.9 Optekening & beheer van vaste bates, insluitend toevoegings, waardevermindering & bateverkope 12.2.10 Deurlopende en periodieke voorraadstelsels en beheer van voorrade 12.2.11 Waardasie van voorrade: EIEU; Geweegde gemiddelde & Spesifieke Verwys na finansiële aanwysers identifikasie # hieronder. Sien BYLAE 5.5 en 6.4 12.2.12 Etiese gedrag in finansiële omgewings Sien BYLAE 5.7. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 6 DBE/2021 Eksamenriglyne * Verwys na finansiële aanwysers vir Vraestel 1 hieronder. # Verwys na finansiële aanwysers vir Vraestel 2 hieronder. FINANSIËLE AANWYSERS VIR FINANSIËLE VERSLAGDOENING * (GRAAD 12 VRAESTEL 1) Bruto wins op verkope Bruto wins op koste van verkope Netto wins op verkope Bedryfswins op verkope Bedryfsuitgawes op verkope Voorraadomsetsnelheid Solvensieverhouding Voorraadhoudingstydperk Bedryfskapitaalverhouding Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode Vuurproefverhouding Gemiddelde krediteure-betalingsperiode Opbrengs op aandeelhouersekwiteit Verdienste per aandeel Opbrengs op totale kapitaal aangewend Dividende per aandeel Skuld-ekwiteitverhouding (geratheid) Dividenduitbetalingskoers Netto batewaarde per aandeel # FINANSIËLE AANWYSERS VIR INTERNE BEHEER EN VERVAARDIGING (GRAAD 12 VRAESTEL 2) Bruto wins op koste van verkope Voorraadomsetsnelheid Bedryfsuitgawes op verkope Voorraadhoudingstydperk Bedryfswins op verkope Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode Netto wins op verkope Gemiddelde krediteure-betalingsperiode Gelykbreekpunt Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 7 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. RELEVANTE AFDELINGS VAN DIE KABV VIR REKENINGKUNDE WAT 'N DIREKTE UITWERKING OP DIE OPSTEL VAN EKSAMENVRAESTELLE HET Die Rekeningkunde-KABV sluit verskeie vereistes in, wat nie net die algemene onderrig en assessering van die vak beïnvloed nie, maar ook 'n direkte uitwerking op die struktuur en inhoud van formele eksamens het, insluitend die Rekeningkunde NSS- eksamen. Die betrokke afdelings is soos volg: (Verwys na die KABV vir meer besonderhede.) KABV- BESONDERHEDE BLADSY Bladsy 8–9 Die aard en doel van Rekeningkunde, m.a.w. die vak is nie beperk tot die opteken en voorbereiding van finansiële inligting nie; die vak teiken ook die opteken-, ontledings-, interpreterings-, kommunikasie-, aanbied- en probleemoplossingsvaardighede. Bladsy 8 Gewigstoekenning van inhoud wat in die graad 10–12-kurrikulum behandel moet word 50%: Optekening, Verslagdoening en Evaluering van Finansiële Inligting & Korporatiewe Bestuur 50%: Vervaardiging, Vooruitskatting & Interne Oudit en Beheer Bladsy 42 Formele assesseringstake, m.a.w. dit moet leerders voorberei vir die eise van die NSS-Rekeningkunde-eksamen. Bladsy 44 Inhoud wat met vorige grade verband hou, m.a.w. graad 12- eksamens kan 20% van die inhoud van vorige grade, wat 'n invloed op die graad 12-inhoud het, bevat. Bladsy 44 Kognitiewe vlakke wat aangepak moet word (gewigswaardes) Laer orde: 30% Middel-orde: 40% Hoër orde: 30% Bladsy 44 Probleemoplossing, m.a.w. 10%–15% van alle eksamens kan probleemoplossingsvrae (in nuwe en onbekende kontekste) wat kritiese en kreatiewe denke gebruik, bevat. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 8 DBE/2021 Eksamenriglyne 5. MOEILIKHEIDSGRADE Alle eksamens, en die meeste assesseringstake in Rekeningkunde, moet onderafdelings hê wat subvrae met verskillende moeilikheidsgrade moet toon. Die volgende gewigswaardes van moeilikheidsgrade word oor die algemeen as toepaslik vir graad 10–12-eksamens aanvaar: Maklik Matig Moeilik 30% 40% 30% Neem kennis dat moeilikheidsgrade nie noodwendig aan spesifieke kognitiewe vlakke gekoppel word nie. 'n Hoër-orde-kognitiewevlak-vraag is nie noodwendig Moeilik nie, terwyl 'n laer-orde-vlak-vraag nie noodwendig Maklik is nie. Byvoorbeeld:  Met die opstel van finansiële state sal jaareind-aansuiwerings as die middel-orde kognitiewe vlak beskou word (m.a.w. Toepassing), nogtans kan dit Maklik, Matig of Moeilik in uitdagingsvlak wees, afhangend van wat die aansuiwering vereis.  Wanneer die %-opbrengs van twee maatskappye vergelyk word, sal die gepaste kognitiewe vlak hoër orde (m.a.w. Evaluering) wees, nogtans kan die moeilikheidsgraad Maklik wees, afhangend van die konteks van die vraag en die inligting wat in die vraag gegee word.  Met 'n probleemoplossingsvraag sal die identifisering van 'n probleem uit gegewe finansiële inligting as 'n hoërordevlak beskou word (m.a.w. Skepping), maar die moeilikheidsgraad kan Maklik, Matig of Moeilik wees, afhangend van konteks van die vraag en die inligting wat in die vraag gegee word.  Die beoordeling van 'n subvraag as Maklik, Matig of Moeilik is duidelik 'n subjektiewe oefening wat van die mening en persepsie van die beoordelaar afhang. Nogtans moet hierdie oefening deur eksaminatore en moderatore gedoen word om te verseker dat eksamenvraestelle voorsiening maak vir die volle spektrum van leerdervermoëns wat voldoende vir die Rekeningkunde NSS- eksamen voorberei is. LET WEL: VERWYS NA DIE AANGEHEGTE BYLAES. 6. SLOT Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie. Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos in die KABV uiteengesit, kan nie oorbeklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 9 DBE/2021 Eksamenriglyne 7. BYLAES APPENDIX 1 KONTROLELYS VAN REKENINGKUNDE-ONDERWERPE VIR TWEE EKSAMENVRAESTELLE, GRAAD 10–12 (aangepas met hernommerde onderwerpe) GRAAD 12 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2020 GRAAD 11 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2019 GRAAD 10 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2018 GRAAD 12: VRAESTEL 1 GRAAD 11: VRAESTEL 1 GRAAD 10: VRAESTEL 1 Finansiële Verslagdoening & Evaluering Finansiële Verslagdoening & Evaluering Finansiële Verslagdoening & Evaluering 12.1.1 Begrippe met betrekking tot maatskappye 11.1.1 Begrippe met betrekking tot vennootskappe & klubs 10.1.1 Begrippe met betrekking tot eenmansake 12.1.2 Begrippe met betrekking tot AARP & IFVS ('IFRS') 11.1.2 Begrippe met betrekking tot AARP 10.1.2 Begrippe met betrekking tot AARP 12.1.3 Unieke Grootboekrekeninge van maatskappye & vertolking 11.1.3 Grootboekrekeninge van vennootskappe, insl. vertolking 10.1.3 Boekhouding: dokumente & joernale van daarvan daarvan eenmansake 11.1.4 Grootboekrekeninge van klubs, insl. vertolking daarvan 10.1.4 Grootboeke en proefbalanse van eenmansake 12.1.4 Rekeningkundige vergelyking van maatskappye 11.1.5 Rekeningkundige vergelyking van vennootskappe 10.1.5 Rekeningkundige vergelyking van eenmansake 12.1.5 Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse van 11.1.6 Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse van 10.1.6 Aansuiweringe, finale rekeninge & proefbalanse maatskappye (insluitend waardasie van vaste bates & vennootskappe van eenmansake voorrrade; sien 12.1.11 & 12.1.12) 12.1.6 Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van 11.1.7 Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van 10.1.7 Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) maatskappye vennootskappe van eenmansake 12.1.7 Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas van 11.1.8 Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas van 10.1.8 Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & maatskappye vennootskappe Notas van eenmansake 12.1.8 Kontantvloeistaat van maatskappye 11.1.9 Staat van Ontvangste & Betalings van klubs 12.1.9 Ontleding & vertolking van finansiële state van maatskappye 11.1.10 Ontleding & vertolking van finansiële state van 10.1.9 Ontleding & vertolking van finansiële state van soos gelys in 12.1.6, 12.1.7, 12.1.8 en 12.1.10 * vennootskappe * eenmansake * 12.1.10 Ontleding & vertolking van gepubliseerde finansiële state & 10.1.10 Salarisse en lone – optekening & vertolking ouditverslae van maatskappye * 12.1.11 Waardasie van vaste bates vir verslagdoening in finansiële 11.1.11 Waardasie van vaste bates, insl. toevoegings, 10.1.11 Berekening & verslagdoening van toevoegings state insl. toevoegings, waardevermindering & vervreemdings waardevermindering & vervreemdings tot vaste bates en waardevermindering 12.1.12 Voorraadwaardasie vir verslagdoening in finansiële state 11.1.12 Periodieke & deurlopende voorraadstelsels – begrippe & (EIEU, Geweegde Gemid & Spesifieke Ident.) verslagdoening 12.1.13 Professionele instellings & Gedragskode 12.1.14 Etiese optrede & korporatiewe bestuur in fin. omgewings 11.1.13 Etiese optrede in finansiële omgewings 10.1.12 Etiese optrede in finansiële omgewings 12.1.15 Wetgewing op mpye van toepassing (slegs oorsigtelik) 12.1.16 Beslote korporasies (slegs agtergrond; nie-eksamineerbaar) * Finansiële aanwysers vir graad 12 Vraestel 1 * Finansiële aanwysers vir graad 11 Vraestel 1 * Finansiële aanwysers vir graad 10 Vraestel 1 Bruto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op Bruto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; Netto wins Bruto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope; op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope; Netto wins op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfskapitaalverhouding; Vuurproefverhouding; Voorraadomset- Bedryfskapitaalverhouding; Vuurproefverhouding; Voorraadomset- Bedryfswins op verkope; Bedryfskapitaalverhouding; snelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande is; Gemid. snelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande is; Vuurproefverhouding; Solvensieverhouding; Verdienste op debiteure-invorderingsperiode; Gemid. Krediteurebetalings-periode; Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode; Gemiddelde krediteure- eienaar se ekwiteit Solvensieverhouding; Skuld-ekwiteit-verhouding (geratheid); Opbrengs betalingsperiode; Solvensieverhouding; Skuld-ekwiteit-verhouding op aandeelhouers-ekwiteit; Opbrengs op totale kapitaal aangewend; (geratheid); Verdienste op vennote se ekwiteit Netto batewaarde per aandeel; Dividende per aandeel; Verdienste per aandeel; Dividenduitbetalingskoers LET WEL: VERWYS NA DIE VOLGENDE BLADSY VIR VRAESTEL 2-ONDERWERPE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 10 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE 1 VERVOLG KONTROLELYS VAN REKENINGKUNDE-ONDERWERPE OOR TWEE EKSAMEN VRAESTELLE: GRAAD 10–12 (aangepas met hernommerde onderwerpe) GRAAD 12 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2020 GRAAD 11 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2019 GRAAD 10 IMPLEMENTERINGSDATUM: 2018 GRAAD 12: VRAESTEL 2 GRAAD 11: VRAESTEL 2 GRAAD 10: VRAESTEL 2 Bestuursrekeningkunde, Interne Oudit & Beheer Bestuursrekeningkunde, Interne Oudit & Beheer Bestuursrekeningkunde & Interne Beheer 12.2.1 Ontleding & vertolking van rekonsiliasies: bank, debiteure, 11.2.1 Opstel van bank- & krediteurerekonsiliasies (Sien BYLAE 10.2.1 Opstel van debiteure- & krediteure-lyste wat met krediteure, ouderdomsontleding (Sien BYLAE 5.3: 5.3: bankversoening nie-eksamineerbaar in 2021.) Kontrolerekeninge ooreenstem bankversoening nie-eksamineerbaar in 2021.) 12.2.2 Belasting op Toegevoegde Waarde: Inset, Uitset & 11.2.2 Belasting op Toegevoegde Waarde: berekeninge 10.2.2 Belasting op Toegevoegde Waarde: begrippe & berekeninge basiese berekeninge 12.2.3 Vervaardiging: begrippe 11.2.3 Vervaardiging: begrippe & berekeninge 10.2.3 Vervaardiging: begrippe & basiese berekeninge 12.2.4 Vervaardiging: Produksiekostestaat & Notas; Verkorte 11.2.4 Kosterekeninge – Grootboekrekeninge 10.2.4 Inheemse boekhouding (nie-eksamineerbaar) Inkomstestaat & Notas 12.2.5 Ontleding & vertolking van koste-inligting, eenheidskoste & 11.2.5 Berekening van eenheidskoste & gelykbreekpunt gelykbreekpunt # 12.2.6 Ontleding & vertolking van Kontantbegroting vir eenmansake 11.2.6 Opstel van Kontantbegroting vir eenmansake 10.2.5 Begroting: begrippe & basiese berekeninge en maatskappye 12.2.7 Ontleding & vertolking van Geprojekteerde Inkomstestaat vir 11.2.7 Opstel van Geprojekteerde Inkomstestaat (Staat van eenmansake en maatskappye Omvattende inkomste) vir eenmansake 12.2.8 Toepassing van interne beheer- & ouditprosesse: kontant, 11.2.8 10.2.6 Toepassing van interne beheer- & Toepassing van interne beheer- & ouditprosesse: kontant, vaste bates, voorraad, debiteure, krediteure, inkomste & ouditprosesse: kontant, vaste bates, voorraad, vaste bates, voorraad, debiteure, krediteure, inkomste & uitgawes (insluitend salarisse/lone) & insluitend finansiële debiteure, krediteure, inkomste & uitgawes uitgawes (insluitend salarisse/lone) & insluitend finansiële aanwysers # (insluitend salarisse/lone) & insl. finansiële aanwysers # aanwysers # 12.2.9 Optekening & beheer van vaste bates insluitend toevoegings, 11.2.9 Waardasie van vaste bates insluitend toevoegings, 10.2.7 Berekening en opskrywing van vaste bates & waardevermindering & bateverkope waardevermindering & bateverkope waardevermindering 12.2.10 Deurlopende & periodieke voorraadstelsels en beheer van 11.2.10 Periodieke & deurlopende voorraadstelsels – begrippe, 10.2.8 Deurlopende voorraadstelsel; opskrywing & voorrade opskrywing & beheer beheer van voorraad 12.2.11 Voorraadwaardasies (EIEU, Geweegde gemiddeld en Spesifieke identifikasie) 12.2.12 Etiese gedrag in finansiële omgewings 11.2.11 Etiese gedrag in finansiële omgewings 10.2.9 Etiese kodes in besighede, beginsels en waardes # Finansiële aanwysers vir Graad 12 Vraestel 2 # Finansiële aanwysers Graad 11 Vraestel 2 # Finansiële aanwysers Graad 10 Vraestel 2 Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op verkope; Bruto wins op koste van verkope; Netto wins op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope; Bedryfsuitgawes op verkope; Bedryfswins op verkope Voorraadomsetsnelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad voorhande Voorraadomsetsnelheid; Periode waarvoor genoeg voorraad is; Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode; Gemiddelde voorhande is; Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode; krediteurebetalingsperiode; Gelykbreekpunt Gemiddelde krediteurebetalingsperiode Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 11 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE 2 VOORTSETTING VAN SPESIFIEKE BELEIDSMAATREËLS MET BETREKKING TOT SEKERE GRAAD 12-ONDERWERPE In vorige kurrikula is sekere beperkinge geplaas op die diepte van sekere onderwerpe met betrekking tot Maatskappye in die graad 12-kurrikulum. Dis 'n baie wye onderwerp wat 'n kernfokus-area in tersiêre studies in finansiële, kommersiële en bestuursrigtings is. Dit word bevestig dat hierdie beperkinge nog steeds in die Rekeningkunde-KABV sal geld. 1.1 Aandelekapitaal van maatskappye Vir die doel om maatskappye se finansiële state op te stel, word aandelekapitaal tot slegs gewone aandele beperk. Rede: Dit is nie die bedoeling van die graad 12-kurrikulum om voorkeuraandele of ander tipes aandele in die opstel van finansiële state te dek nie. Wanneer gepubliseerde jaarlikse verslae egter vertolk word, word onderwysers aangeraai om leerders se aandag daarop te vestig dat verskillende tipes aandele in die gepubliseerde finansiële state kan verskyn (vir agtergrondinligting). 1.2 Beleggings van maatskappye Vir die doel om finansiële state voor te berei, word beleggings tot vaste deposito's beperk. Rede: Dit is nie die bedoeling van die kurrikulum om die geassosieerde of houer-/ filiaalmaatskappyverhoudings te dek nie. Die belegging in aandele van ander maatskappye word dus uitgesluit. 1.3 Bateverkope in Kontantvloeistate Vir die doel om Kontantvloeistate op te stel, sal die vervreemding van vaste bates slegs teen drawaarde (boekwaarde) wees. Rede: Die wins of verlies op die verkoop van vaste bates sal 'n verdere komplikasie met betrekking tot kontant- en nie-kontant-items byvoeg, wat nie die bedoeling is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 12 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE 3 OPSOMMING VAN DIE JAARLIKSE ONDERRIGPLAN KWARTAAL 1 Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7 Week 8 Week 9 Week 10 Onderwerp Maatskappye: unieke Maatskappye: finale rekeninge, finansiële state: Maatskappye: ontleding & Hersiening transaksies Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) vertolking van finansiële & Toets Balansstaat (Staat van Finansiële posisie) state (interne & Beslote korporasies Kontantvloeistaat gepubliseerde) Ouditverslag van Maatskappy Integreer Interne Beheer, Korporatiewe Bestuur en Etiek met al die onderwerpe Assessering Geskrewe verslag Informeel Kontroletoets KWARTAAL 2 Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7 Week 8 Week 9 Week 10 Onderwerp Voorraadwaardasie Vaste bates Kosterekeningkunde: Produksie- Rekonsiliasies Eksamen kostestaat met notas, Handels- en Krediteure, Debiteure Wins- & Verliesstaat, Eenheidskoste; en Ouderdomsanalise Gelykbreekpunt Integreer Interne Beheer, Korporatiewe Bestuur en Etiek met al die onderwerpe Assessering Projek (gepubliseerde finansiële state) Informeel Halfjaar-eksamen KWARTAAL 3 Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7 Week 8 Week 9 Week 10 Onderwerp Belasting op Begrotings Hersiening Proefeksamen Toegevoegde waarde (BTW) Integreer Interne Beheer, Korporatiewe Bestuur en Etiek met al die onderwerpe Assessering Gevallestudie Kontroletoets Proefeksamen KWARTAAL 4 Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Week 5 Week 6 Week 7 Week 8 Week 9 Onderwerp Hersiening en eksamenvoorbereiding Finale Eksamen Beplanning Assessering Informeel vir vlg. jaar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 13 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE 4 GRAAD 12 REKENINGKUNDE: FORMULEBLAD GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedyfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant & Kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope of kredietaankope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Interim dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividend per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 14 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE 5 VERDUIDELIKING VAN SEKERE ASPEKTE VAN DIE KABV-INHOUD 5.1 Aandele met geen pariwaarde Die konsep van pariwaarde is nie meer van toepassing nie. Afdeling 35(2) van die nuwe Maatskappyewet sê dat 'n aandeel nie 'n nominale of pariwaarde het nie. Rede: Daar is geen ooreenkoms tussen pariwaarde en die werklike waarde van 'n aandeel nie, behalwe op die eerste dag van 'n maatskappy se bestaan. Pariwaarde was ook vir baie aandeelhouers verwarrend. Toepassing: Aandele word nou teen uitreikprys uitgereik.  Nuwe aandele kan teen enige prys uitgereik word, m.a.w. hoër/laer/dieselfde prys as die gemiddelde prys of enige vorige uitreikprys. Die volle opbrengs van die aandeel uitgereik, word teen die Aandelekapitaalrekening gekrediteer. Die dubbele inskrywing in die Grootboek is: Debiteer: Bank Krediteer: Gewone aandelekapitaal  Gevolglik is die Aandelepremierekening nie meer van toepassing nie.  Invloed op die Rekeningkundige Vergelyking: Bates +; Eienaarsbelang + Sien Voorbeeld 6.1 hieronder. 5.2 Terugkoop van aandele deur 'n maatskappye In terme van Afdeling 48 van die nuwe Maatskappyewet mag die direkteure van 'n maatskappy besluit om aandele by 'n aandeelhouer terug te koop, onderhewig aan sekere voorwaardes. Redes: Daar is baie redes, bv. die vermindering in die aantal aandeelhouers kan tot groter opbrengste vir die oorblywende aandeelhouers lei; direkteure wil dalk die skuld- eienaarsbelangverhouding deur die terugkoop van aandele aanpas; die erfgename van 'n bestorwe boedel wil dalk nie aandeelhouers van 'n maatskappy wees nie; 'n ontevrede aandeelhouer wil dalk om persoonlike redes te onttrek; familielede van 'n privaat maatskappy wil dalk beheer oor die maatskappy behou deur die getal uitgereikte aandele te verminder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 15 DBE/2021 Eksamenriglyne Toepassingsbeleid vir eksamendoeleindes met betrekking tot Rekeningkundige Vergelyking en die opstel van finansiële state:  Terugkoop van aandele sal beperk word tot waardes hoër as die gemiddelde uitreikprys van die gewone aandele. Die invloed op die Rekeningkundige Vergelyking sal wees: Bates – Eienaarsbelang –  Wanneer die finansiële state opgestel word: Bank word verminder met die terugkoopwaarde betaal vir die aandele Gewone aandelekapitaal word verminder met die getal aandele vermenigvuldig met die gemiddelde uitreikprys Behoue inkomste word verminder met die verskil (dit verteenwoordig die inkomste wat voorheen teruggehou is met betrekking tot die aandele teruggekoop) Redes:  Dit is nie die bedoeling van die kurrikulum om inskrywings te kompliseer deur die bekendstelling van nuwe rekeninge nie.  Aangesien baie aandeelhouers aandele teen markpryse by bestaande aandeelhouers (derde partye) op die JSE sou gekoop het, is dit normaalweg nie vir 'n maatskappy moontlik om te bepaal wat die oorspronklike aankoopprys was wat deur die spesifieke aandeelhouer betaal is nie. Die gemiddelde uitreikprys sal dus gebruik word om die inskrywings wat vir die terugkoop van aandele gemaak word, te bepaal. Let daarop dat dit effektief die geweegdegemiddelde-prys is aangesien die saldo van die Aandeelkapitaalrekening reeds prys en hoeveelheid in berekening bring.  Die invloed van die terugkoop van aandele op die Rekeningkundige Vergelyking en die finansiële state sal identies wees, ongeag die boekhou-inskrywings wat gemaak word. Boekhou-inskrywings: Universiteite en verskillende handboeke kan kies om die terugkoop van aandele verskillend te hanteer deur die bekendstelling van nuwe rekeninge.  Vir eksamendoeleindes sal eksaminators en nasieners sensitief vir en bedag op die verskillende boekhoudingshantering in die Grootboek moet wees, veral in die Behoue-inkomste- en Verdelingsrekeninge. Geldige alternatiewe metodes sal aanvaar word. Die volgende benadering toon egter die eenvoudigste metode sonder die byvoeging van nuwe rekeninge.  Die teruggekoop van aandele raak Bank, Aandelekapitaal- en Behoue- inkomste-rekeninge. Met hierdie metode sal die dubbele inskrywings in die Grootboek soos volg wees: Debiteer: Gewone aandelekapitaal (met gemiddelde uitreikprys x aantal aandele teruggekoop) Debiteer: Behoue inkomste (met die verskil) Krediteer: Bank (met die totale bedrag betaal vir die aandele teruggekoop)  Die verskil tussen die terugkoopprys en die gemiddelde uitreikprys van die aandele word na Behoue Inkomste gedebiteer want dit verteenwoordig die inkomstebedrag wat voorheen deur die besigheid teruggehou is met betrekking tot hierdie aandele.  Met betrekking tot die Verdelingsrekening, aangesien die terugkoop van aandele die Behoue-inkomsterekening raak, is daar geen rede om die beginsaldo van die Behoue-inkomsterekening na die Verdelingsrekening oor te dra nie, alhoewel verskillende geldige metodes egter aanvaar sal word. Sien Voorbeeld 6.2 en Voorbeeld 6.3 hieronder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 16 DBE/2021 Eksamenriglyne 5.3 Versoenings Krediteureversoening Graad 11-inhoud volgens die KABV sluit in die versoening van 'n Krediteuregrootboek- rekening (in die Krediteuregrootboek) met die rekeningstaat van 'n krediteur ontvang. Graad 12-inhoud bepaal ontleding en vertolking van Krediteureversoening. Aangesien 20% van enige eksamenvraestel relevante inhoud uit 'n vorige graad mag insluit, is die voorbereidingtoepassing ten opsigte van Krediteureversoenings in graad 12 eksamineerbaar. Soortgelyke beredenering geld vir Debiteure-versoenings. Bankversoening Rekeningkunde is 'n beroep wat konstant ontwikkel. Rekeningkunde NSS voldoen aan die beginsel dat rekeningkundige prosedures wat nie in die praktyk voorkom nie, nie geëksamineer sal word nie. Die onttrekking van tjeks as betaalmiddel het betrekking. In die lig van baie onlangse verwikkelinge in die banksektor is die gevoel baie sterk dat die gepaste verskaffing van relevante hulpbronmateriaal en die opleiding van onderwysers nie noodwendig voldoende en eenvormig bereik gaan word nie. Dit is daarom verstandig dat Bankversoening (Vraestel 2-onderwerp) by die eksamineerbare inhoud vir 2021 uitgesluit sal wees. Die interne kontrole van kontantbronne, soos van toepassing op ander onderwerpe in die sillabus, soos ontvangste en betalings aan krediteure en begrotings, is egter steeds relevant en kan getoets word. Rekeningkunde-onderwysers moet bedag wees op nuwe ontwikkeling ten opsigte van die vak. Dit word in die pers, kurrikulum-opdaterings en die jaarlikse NSS Diagnostiese Verslae bespreek. 5.4 Geprojekteerde Inkomstestate en Kontantbegrotings van maatskappye Die KABV-inhoud sluit maatskappye, asook eenmansake, by hierdie onderwerp in. Gevolglik sal spesifieke items in die Geprojekteerde Inkomstestate en Kontantbegrotings die volgende insluit: direkteursfooie, ouditfooie, voorlopige belasting, tussentydse en finale dividende betaal, uitreik en terugkoop van aandele. 5.5 Voorraadwaardering: Spesifieke identifikasie Bykomend tot die EIEU- en geweegdegemiddelde-metodes om voorraad te waardeer, bepaal die KABV die spesifieke identifikasiemetode. Dit behoort nie enige probleme vir leerders te skep nie aangesien dit 'n metode is wat op graad 8–10-vlak gebruik is waar die spesifieke kosprys van 'n artikel in terme van rand of in kodevorm gegee word. Sien Voorbeeld 6.4 hieronder. 5.6 Gelykbreekpunt en Bydrae per eenheid Die konsep van Bydrae per eenheid is belangrik in die berekening van die Gelykbreekpunt en om toekomstige produksie- en verkoopmikpunte te projekteer. Die voorbeeld hieronder verskaf verdere agtergrond en berekeninge vir hierdie onderwerp Sien Voorbeeld 6.5 hieronder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 17 DBE/2021 Eksamenriglyne 5.7 Etiek, Interne Kontrole, Maatskappywetgewing, Korporatiewe Bestuur en Professionele Liggame  Die JOP verklaar dat die onderwerpe oor Etiek, Korporatiewe Bestuur en Interne Kontrole in alle toepaslike onderwerpe geïntegreer moet word, waar van toepassing. Hulle dek onderwerpe wat nie altyd voorgeskrewe antwoorde vereis nie en kan in wese 'n oop einde hê en aan leerders die geleentheid gee om hulle vaardighede in vernuwing en kreatiwiteit te gebruik. Hierdie onderwerpe word ten beste onderrig deur van middel van medium en kort scenario's of gevallestudies. Vrae oor hierdie onderwerpe kan fokus op praktiese probleemoplossingsaanbevelings en het gewoonlik 'n oop einde met 'n verskeidenheid aanvaarbare geldige antwoorde. Kwessies oor Interne kontrole moet prakties op die rekeningkundige en boekstawingsprosedures in die kurrikulum van toepassing wees. Toepaslike nuusberigte oor huidige kwessies moet gebruik word om vaardighede en vertroue by leerders te ontwikkel om die vrae te beantwoord.  Korporatiewe Bestuur in die graad 12-konteks handel oor: o Effektiewe, verantwoordelike en etiese bestuur van 'n maatskappy. Dit is 'n verlenging van die konsep van bestuur en beheer (deur direkteure en aandeelhouers). Die konsep van direksie en HUB word dikwels in eksamen- vraestelle gebruik. Dit is noodsaaklik dat die missie en werk van die direksie verduidelik moet, asook die samestelling daarvan, insluitend die behoefte aan twee soorte direkteure met die klem op die woord 'uitvoerend' soos in HUB gebruik. o Werk van spesifieke komitees om aanspreeklikheid en deursigtigheid te verseker. Dit kan 'n ouditkomitee, 'n vergoedingskomitee, 'n etiese komitee en ander komitee insluit wat enige spesifieke omstandighede of probleem wat op die maatskappy betrekking kan hê, bespreek, bv. besoedelings-/omgewingsbewustheid, vaardigheidsontwikkeling, rykdom-/werkskepping of die ondersteuning van gemeenskapsprojekte (korporatiewe sosiale belegging). o Etiese gedrag met betrekking tot spesifieke scenario's wat ontleed en vertolk moet word. Die verwagte antwoorde moet op gesonde verstand en logiese optrede gegrond wees en nie op enige spesifieke beleid wat as feite bestudeer is nie.  Hierdie kwessies word dikwels uitgelig in die gepubliseerde finansiële state (jaarverslae) wat die basis sal vorm vir die opdrag of projek wat in Kwartaal 1 of 2 van graad 12 gedek word. Hierdie SGA-taak behoort nie net op die ontleding van die geouditeerde syfers te fokus nie, maar moet ontwerp word om leerders aan die ander aspekte van 'n publieke maatskappye bloot te stel, insluitend die Direkteursverslag en die Ouditverslag.  Die KABV-dokument noem dat Maatskappywetgewing slegs oorsigtelik gedek moet word. Dit is nie nodig dat leerders die inhoud van spesifieke afdelings van die Maatskappywet onthou nie. Klem moet geplaas word op hoekom die Wet nodig is, die konsep van beperkte aanspreeklikheid, die rolle en pligte van die relevante belanghebbendes en die behoefte aan prosedures, soos oudits.  Bogenoemde sal die begrip van die noodsaaklikheid van wetgewing hanteer, wat 'n laer kognitiewe vlak van toetsing kan voorstel. Onderwysers moet daarvan bewus wees dat alle kognitiewe vlakke steeds 'maklik', 'gemiddeld' en 'moeilik' t.o.v. die uitdagingsgraad sal insluit.  Professionele Liggame en hulle behoefte aan 'n gedragskode, hulle professionele ontwikkeling en dissiplinêre rolle, en die moontlikheid van ontslag van 'n professionele liggaam in die geval van wangedrag het in vorige eksamenvraestelle voorgekom. Dit bly een van die kernkwessies wat gedek moet word, tesame met professionele ontwikkeling. Leerders moet bewus wees van die vernaamste rekeningkunde liggame wat SAICA en SAIPA insluit, en meer onlangs gevormde liggame soos die Instituut van Interne Ouditeure. 'n Diepgaande studie van Professionele Liggame word nie verwag nie, maar is goed vir die algehele ontwikkeling van leerders in die vorm van verryking.  Aktuele kwessies was ontstaan het uit onlangse neigings en nuuswaardige items wat onbekend mag wees maar binne die omvang van die sillabus val, kan geëksamineer word as deel van die 10–15% probleemoplossingskomponent, deur die KABV aanbeveel.  Diagnostiese verslae en vorige eksamenvraestelle moet vir hulp en riglyne gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 18 DBE/2021 Eksamenriglyne BYLAE 6 VOORBEELDE VAN SPESIFIEKE ITEMS VAN DIE KABV-INHOUD LET WEL: Hierdie voorbeelde se doel is om die onderwysers te help in die verduideliking van basiese beginsels en prosedures. Hulle is nie ontwerp as voorbeelde vir eksamenvrae nie. Voorbeeld 6.1: Aandele met geen pariwaarde Jy word voorsien van inligting met betrekking tot ABC Bpk. vir die jaar geëindig 30 Junie 20.3. Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 aandele. 60% van hierdie aandele is reeds teen 1 Julie 20.2 uitgereik. Gevra: 1. Voltooi die tabel vir Rekening Gedebiteer, Rekening Gekrediteer en die invloed op die Rekeningkundige Vergelyking vir die uitreik van nuwe aandele op 31 Desember 20.2. 2. Stel die Nota tot die Balansstaat op vir Gewone aandelekapitaal op 30 Junie 20.3 op. 3. Stel die Eienaarsbelang-afdeling van die Balansstaat op 30 Junie 20.3 op. Inligting: (a) Die volgende saldo's het in die Grootboek verskyn: 1 Junie 20.2 30 Junie 20.3 Gewone aandelekapitaal R1 500 000 ? Behoue inkomste R 620 000 R970 000 (b) Op 31 Desember 20.2 is al die onuitgereikte aandele teen die JSE se markprys van R7,00 per aandeel uitgereik. Oplossing: 1. Invloed op Rekeningkundige Vergelyking Rekening Rekening Eienaars- gedebiteer gekrediteer Bates Laste belang Gewone Bank +R1 400 000 +R1 400 000 0 aandelekapitaal 2. Nota 7 Gewone aandelekapitaal Gemagtig Getal gemagtigde gewone aandele: 500 000 aandele Uitgereik R 300 000 aandele in uitreik aan begin van jaar 1 500 000 200 000 aandele gedurende die jaar uitgereik teen R7,00 1 400 000 per aandeel 500 000 aandele in uitreik aan einde van jaar 2 900 000 3. ABC BEPERK Uittreksel uit die Balansstaat op 30 Junie 20.3 Nota R AANDEELHOUERSBELANG 3 870 000 Gewone aandelekapitaal 7 2 900 000 Behoue inkomste 8 970 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 19 DBE/2021 Eksamenriglyne Voorbeeld 6.2: Terugkoop van aandele Jy word voorsien van inligting met betrekking tot XYZ Bpk. vir die jaar geëindig 30 Junie 20.3. Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 500 000 aandele. 60% van hierdie aandele is reeds teen 1 Julie 20.2 uitgereik. Gevra: 1. Voltooi die tabel vir Rekening Gedebiteer, Rekening Gekrediteer en die invloed op die Rekeningkundige Vergelyking vir die uitreik van nuwe aandele op 31 Desember 20.2 en die terugkoop van die aandele op 31 Maart 20.3. 2. Stel die volgende Notas tot die Balansstaat op 30 Junie 20.3 op: Gewone aandelekapitaal Behoue inkomste 3. Stel die Eienaarsbelang-afdeling van die Balansstaat op 30 Junie 20.3 op. 4. Toon hoe die uitreik van nuwe aandele en die terugkoop van aandele in die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 30 Junie 20.3 sal verskyn. Inligting: (a) Die volgende saldo's het in die Grootboek verskyn: 30 Junie 20.3 1 Junie 20.2 Gewone aandelekapitaal ? R1 500 000 Behoue inkomste ? R 620 000 Lening van Ace Bank R 900 000 R 400 000 (b) Op 31 Desember 20.2 is al die onuitgereikte aandele teen die JSE-markprys van R7,00 per aandeel uitgereik. Hierdie nuwe aandele kwalifiseer nie vir tussentydse dividende nie. (c) Op 31 Maart 20.3 het die direkteure besluit om 80 000 aandele teen R7,80 per aandeel uit die boedel van 'n afgestorwe aandeelhouer terug te koop. Hierdie aandeelhouer het oorspronklik oor die afgelope vyf jaar sy aandele op die JSE op verskillende tye en teen verskillende pryse gekoop. (d) Die maatskappy het 'n wins voor-belasting van R1 200 000 gemaak (wins na belasting R840 000) vir die 20.3 finansiële jaar. Tussentydse dividende van 40 sent per aandeel is op 31 Desember 20.2 betaal. Finale dividende van 55 sent per aandeel is op 30 Junie 20.3 verklaar. Oplossing: 1. Invloed op Rekeningkundige Vergelyking Rekening Rekening Eienaars- gedebiteer gekrediteer Bates Laste belang 31 Desember 20.2: Gewone Bank +R1 400 000 +R1 400 000 0 aandelekapitaal 31 Maart 20.3: Gewone aandelekapitaal Bank –R464 000* –R464 000* 0 Behoue inkomste Bank –R160 000** –R160 000** 0 Bewerkings: Gemiddelde uitreikprys van aandele op 31 Maart 20.3: R2 900 000 ÷ 500 000 aandele = R5,80 Waarde van 80 000 aandele teen gemiddelde uitreikprys van R5,80 = 80 000 x R5,80 = R464 000* 80 000 aandele is teruggekoop teen R7,80 per aandeel = 80 000 x R7,80 = R624 000 Verskil = Behoue-inkomste-deel van aandele teruggekoop = 80 000 x R2 = R160 000** Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 20 DBE/2021 Eksamenriglyne Voorbeeld 6.2: Oplossing (vervolg) 2. Nota 7 Gewone aandelekapitaal Gemagtig Getal gewone aandele: 500 000 aandele Uitgereik R 300 000 aandele in uitreik aan begin van jaar 1 500 000 200 000 aandele gedurende die jaar uitgereik teen 1 400 000 R7,00 per aandeel 80 000 aandele gedurende die jaar teruggekoop (464 000) (gemiddelde uitreikprys R5,80 per aandeel) 420 000 aandele in uitreik aan einde van jaar *** 2 436 000 ***LET WEL: Na die terugkoop van 80 000 aandele bly die gemiddelde uitreikprys van 420 000 aandele R5,80. Nota 8 Behoue inkomste R Behoue inkomste aan begin van jaar 620 000 Netto wins na belasting vir die jaar 840 000 Behoue inkomste op 80 000 aandele teruggekoop (160 000) Dividende (351 000) Tussentydse (300 000 aandele x R0,40) (120 000) Finale (420 000 aandele x R0,55) (231 000) Behoue inkomste aan einde van jaar 949 000 3. XYZ BEPERK Uittreksel uit die Balansstaat op 30 Junie 20.3 Nota R AANDEELHOUERSBELANG 3 385 000 Gewone aandelekapitaal 7 2 436 000 Behoue inkomste 8 949 000 4. XYZ BEPERK Uittreksel uit die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 30 Junie 20.3 R Kontantgevolge uit finansieringsaktiwiteite 1 276 000 Opbrengs uit aandele uitgereik 1 400 000 Terugkoop van aandele (160 000 + 464 000) (624 000) Opbrengs uit lening ontvang 500 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 21 DBE/2021 Eksamenriglyne Voorbeeld 6.3: Verdelings- en Behoue-inkomste-rekeninge: Terugkoop van aandele Verwys na die inligting in Voorbeeld 6.2. Gevra: Stel die Behoue-inkomste- en Verdelingsrekeninge in die Grootboek op 30 Junie 20.3 op. Oplossings: Let daarop dat al drie metodes hieronder aanvaarbaar is. Oplossingsmetode (i): LET WEL: Met hierdie metode word behoue inkomste aan die begin van die jaar nie na die Verdelingsrekening oorgedra nie. In plaas daarvan word die behoue inkomste vir die jaar van die Verdelingsrekening na die Behoue-inkomsterekening oorgedra. Die oordragte word nie deur die aandele-terugkoop-aansuiwering gekompliseer nie. GROOTBOEK VAN XYZ BEPERK Balansstaatrekeninge-afdeling BEHOUE INKOMSTE B2 20.3 20.2 Maart 31 Bank # 160 000 Julie 1 Saldo a/b 620 000 20.3 Verdelings- Junie 30 Saldo o/d 949 000 Junie 30 489 000 rekening 1 109 000 1 109 000 20.3 Julie 1 Saldo a/b 949 000 Finale rekeninge-afdeling VERDELINGSREKENING F3 20.3 Inkomste- 20.3 Junie 30 360 000 Junie 30 Wins & verlies 1 200 000 belasting Dividende op 351 000 gewone aandele Behoue 489 000 inkomste 1 200 000 1 200 000 # Alternatiewe kontra-besonderhede moontlik indien alternatiewe geldige intermediêre rekeninge gebruik word./Kan deur die Verdelingsrekening verwerk word indien inkomstesyfers daarvolgens aangepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 22 DBE/2021 Eksamenriglyne Oplossingsmetode (ii): LET WEL: Met hierdie metode word behoue inkomste aan die begin van die jaar na die Verdelingsrekening oorgedra. Gevolglik moet die behoue inkomste (voor die aandele-terugkoop-aansuiwering) aan die einde van die jaar van die Verdelingsrekening na die Behoue-inkomsterekening oorgedra word. GROOTBOEK VAN XYZ BEPERK Balansstaatrekeninge-afdeling BEHOUE INKOMSTE B2 20.3 20.2 Maart 31 Bank # 160 000 Julie 1 Saldo a/b 620 000 Verdelings- 20.3 Verdelings- 620 000 Junie 30 1 109 000 rekening rekening Junie 30 Saldo o/d 949 000 1 729 000 1 729 000 20.3 Julie 1 Saldo a/b 949 000 Finale rekeninge-afdeling VERDELINGSREKENING F3 20.3 Inkomste- 20.3 Junie 30 360 000 Junie 30 Wins & verlies 1 200 000 belasting Dividende op Behoue 351 000 620 000 gewone aandele inkomste Behoue 1 109 000 inkomste 1 820 000 1 820 000 # Alternatiewe kontra-besonderhede moontlik indien alternatiewe geldige intermediêre rekeninge gebruik word./Kan deur die Verdelingsrekening verwerk word indien behoue-inkomstesyfers daarvolgens aangepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 23 DBE/2021 Eksamenriglyne Oplossingsmetode (iii): LET WEL: Met hierdie metode word behoue inkomste aan die begin van die jaar (min die aandele-terugkoop-aansuiwering) na die Verdelingsrekening oorgedra. Gevolglik moet die behoue inkomste (na die aandele-terugkoop-aansuiwering) aan die einde van die jaar van die Verdelingsrekening na die Behoue-inkomsterekening oorgedra word. GROOTBOEK VAN XYZ BEPERK Balansstaatrekeninge-afdeling BEHOUE INKOMSTE B2 20.3 20.2 Maart 31 Bank # 160 000 Julie 1 Saldo a/b 620 000 Verdelings- 20.3 Verdelings- 460 000 Junie 30 949 000 rekening rekening Junie 30 Saldo o/d 949 000 1 569 000 1 569 000 20.3 Julie 1 Saldo a/b 949 000 Finale rekeninge-afdeling VERDELINGSREKENING F3 20.3 Inkomste- 20.3 Jun 30 360 000 Junie 30 Wins & verlies 1 200 000 belasting Dividende op Behoue 351 000 460 000 gewone aandele inkomste Behoue 949 000 inkomste 1 660 000 1 660 000 # Alternatiewe kontra-besonderhede moontlik indien alternatiewe geldige intermediêre rekeninge gebruik word./Kan deur die Verdelingsrekening verwerk word indien behoue-inkomste-syfers daarvolgens aangepas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 24 DBE/2021 Eksamenriglyne Voorbeeld 6.4: Spesifieke identifikasiemetode van voorraadwaardasie Jy word voorsien van inligting met betrekking tot AA Motorhandelaars. Die onderneming gebruik die spesifieke identifikasiemetode om voorraad te waardeer. Die volgende items is in voorraad aan die begin van Mei 20.3: Beskrywing Kosprys Gepubliseerde verkoopprys Item 1 Audi A1 (1.2 liter-enjin) R170 000 R215 000 Item 2 Audi A3 (2.0 liter-enjin) R270 000 R324 000 Item 3 Audi A6 (1.8 liter-enjin) R330 000 R380 000 Item 4 Audi A8 (3.0 liter-enjin) R580 000 R650 000 Items 1 en 3 is gedurende Mei 20.3 teen die gepubliseerde verkooppryse vir kontant verkoop. Gevra: (a) Bereken die waarde van handelsvoorraad op 31 Mei 20.3 en bruto wins gedurende Mei 20.3 verdien. (b) Verduidelik waarom dit vir hierdie onderneming onredelik sou wees om voorraaditems volgens die EIEU- of geweegdegemiddelde-metode te waardeer. (c) Verduidelik waarom dit vir sekere ander ondernemings onredelik sou wees om die spesifieke identifikasiemetode te gebruik, bv. 'n vrugtewinkel wat appels verkoop. (d) AA Motorhandelaars wil nie hê dat die kosprys van voorraaditems algemene kennis moet wees nie. Watter strategieë kan hulle gebruik om die kospryse vertroulik te hou? Oplossing: (a) Waarde van handelsvoorraad op 31 Mei 20.3 = R270 000 + R580 000 = R850 000 LET WEL: Voorraad word volgens enige van die drie metodes gewaardeer deur gebruik te maak van die aantal eenhede voorhande en die toepaslike eenheidskoste. Dit is 'n relatief eenvoudige proses. 'n Berekening wat die koste van verkope gebruik, behoort by dieselfde antwoord uit te kom, maar hierdie proses kan onnodig lank en gekompliseerd wees en word nie vir voorraadwaardasie aanbeveel nie. Bruto wins gedurende Mei 20.3 verdien = Verkope – Koste van verkope = (215 000 + 380 000) – (170 000 + 330 000) = R95 000 (b) Verduidelik waarom dit vir hierdie onderneming onredelik sou wees om voorraaditems volgens die EIEU- of geweegdegemiddelde-metode te waardeer. Hulle verkoop unieke (aparte) items (m.a.w. motors) wat baie van mekaar verskil in terme van prys en karakter. Dit sou onvanpas wees om motors te waardeer, gebaseer op die laaste twee items gekoop of op die geweegde gemiddelde, want die kospryse verskil noemenswaardig. Lae volumes van sulke groot artikels maak dit ook makliker om die spesifieke koste van elke motor te identifiseer. (c) Verduidelik waarom dit vir sekere ander ondernemings onredelik sou wees om die spesifieke identifikasiemetode te gebruik, bv. 'n vrugtewinkel wat appels verkoop. Appels bestaan uit baie soortgelyke items wat teen soortgelyke pryse verkoop word. Kospryse kan van een dag na die volgende verskil, of van verskaffer tot verskaffer, die artikels sal almal in houers geplaas word waaruit klante kan kies. Dit is moeilik om 'n spesifieke prys aan een appel te koppel. (d) AA Motorhandelaars wil nie hê dat die kosprys van voorraaditems algemene kennis moet wees nie. Watter strategieë kan hulle gebruik om die kospryse vertroulik te hou?  Hou die kospryse in 'n katalogus wat veilig bewaar kan word in die bestuurder se kantoor.  Geheime kostekode, bv. 'n 10 letter-woord soos BLACKHORSE, waar B=1, L=2, ens.  Ken aparte produknommers aan elke item toe en teken dit op die rekenaarstelsel aan saam met die spesifieke kospryse. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 25 DBE/2021 Eksamenriglyne Voorbeeld 6.5: Gelykbreekpunt (GBP) en Bydrae per eenheid Agtergrond inligting: Die berekening van die GBP sluit 'n eenvoudige dog beduidende berekening vir die deler in, nl. Verkoopprys min Veranderlike koste per eenheid. Die antwoord op hierdie berekening staan as die Bydrae per eenheid bekend.. Byvoorbeeld, as die Verkoopprys R500 per eenheid is en die Veranderlike koste R300 per eenheid is, is die Bydrae per eenheid R200. Die verkoopwaarde sal die winste laat styg, maar die Veranderlike koste sal die winste laat afneem, so die Bydrae is die netto effek. Daar word van leerders verwag om te begryp dat die Bydrae die netto randwaarde is wat elke eenheid wat geproduseer is, tot die verhaling van Vaste koste bydra. Vir die doel van die KABV-inhoud is alle koste óf Vaste (nl. Fabrieksbokoste & Administrasiekoste) óf Veranderlike (nl. Direkte materiaal, Direkte arbeid en Verkoop- /Verspreidingskoste). Daar moet aanvaar word dat Vaste koste vir ten minste een finansiële jaar konstant sal bly en dat Veranderlike koste in direkte verhouding tot die aantal eenhede geproduseer, is. Met ander woorde, die KABV sluit nie semi-veranderlike koste in nie (dit sal op universiteitsvlak bestudeer word). Dit is belangrik dat leerders ook die onderliggende logika van die GBP sal verstaan. Aanvaar dat Vaste koste R9 000 is en die Bydrae per eenheid R200 is. Dan:  As slegs 1 eenheid geproduseer word, sal die verlies gely, R8 800 wees (m.a.w. Vaste koste min R200).  As 2 eenhede geproduseer word, sal die verlies R8 600 wees (m.a.w. Vaste koste min R400).  As 3 eenhede geproduseer word, sal die verlies R8 400 wees (m.a.w. Vaste koste min R600), ens.  Die onderneming sal 40 eenhede moet produseer om die totale Bydrae gelyk te maak aan die totale Vaste koste, m.a.w. R8 000 ÷ R200 = 40 eenhede. Dit is die GBP waarteen die onderneming geen wins of verlies maak, m.a.w. dit breek gelyk. As hierdie logika behoorlik verstaan word, kan die Bydrae per eenheid maklik in die berekening van ander syfers gebruik word. Vir die berekening van verwagte winste op addisionele eenhede geproduseer, is vaste koste irrelevant aangesien dit konstant bly (m.a.w. daar is geen verhoging in Vaste koste a.g.v. verhoogde produksie nie). Die enigste relevante items is die Verkoopprys (R500) en die Veranderlike koste per eenheid (R300) wat reflekteer in die netto effek van die Bydrae per eenheid van R200. Dit is nie nodig om die totale randwaarde in hierdie geval te bereken of te gebruik nie. Byvoorbeeld:  As produksie 10 eenhede meer as GBP is (m.a.w. as totale produksie 40 + 10 = 50 eenhede is), sal die verwagte wins 10 x R200 = R2 000 wees.  As produksie 50 eenhede meer as GBP is (m.a.w. as totale produksie 40 + 50 = 90 eenhede is), sal die verwagte wins 50 x R200 = R10 000 wees. Bydrae per eenheid kan ook maklik gebruik word om produksieteikens te bereken. In 'n berekening soos hierdie is Vaste koste irrelevant aangesien dit konstant bly (m.a.w. daar is geen toename in Vaste koste nie a.g.v. verhoogde produksie). Byvoorbeeld:  Om 'n wins van R2 000 te maak, sal die ekstra produksie-eenhede R2 000 ÷ R200 = 10 eenhede wees (m.a.w. as totale produksie 40 + 10 = 50 eenhede is).  Om 'n wins van R30 000 te maak, sal die ekstra produksie-eenhede R30 000 ÷ R200 = 150 eenhede wees (m.a.w. as totale produksie 40 + 150 = 190 eenhede is). Verwys na die uitgewerkte voorbeeld op die volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 26 DBE/2021 Eksamenriglyne UITGEWERKTE VOORBEELD VAN GELYKBREEKPUNT & BYDRAE PER EENHEID: BB BUCKETS Die onderneming produseer plastiekemmers. Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 20.9. INLIGTING: A. Produksie, verkope en wins:  10 000 emmers is gedurende die 20.9 finansiële jaar geproduseer.  Die verkoopprys per emmer is R93,00.  Netto wins vir die 20.9 finansiële jaar per Inkomstestaat is R280 000. B. Kostekategorieë TOTAAL PER EENHEID VERANDERLIKE KOSTE R430 000 R43,00 Direkte materiaal R240 000 R24,00 Direkte arbeid R130 000 R13,00 Verkoop & verspreiding R60 000 R6,00 VASTE KOSTE R220 000 R22,00 Fabrieksbokoste R180 000 R18,00 Administrasie R40 000 R4,00 R650 000 R65,00 GEVRA: (a) Bereken die gelykbreekpunt. Calculate the br (b) Verskaf 'n berekening om te toon dat die netto wins van R280 000 korrek is. Provide a calcul (c) Bereken: Calculate:  Die toename in wins indien 'n ekstra 600 emmers geproduseer word.  The increas  Die totale wins wat verdien sal word indien die addisionele 600 emmers  The total pro geproduseer word. (d) Bereken: Calculate:  Die aantal addisionele eenhede wat geproduseer moet word om die netto wins  The number met R75 000 te verhoog. by R75 000.  Die totale aantal eenhede wat geproduseer moet word om die netto wins met  The total nu R75 000 te verhoog. R75 000. Verwys na die oplossing op die volgende bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde 27 DBE/2021 Eksamenriglyne OPLOSSING: (a) Bereken die gelykbreekpunt: R220 000 = R220 000 = 4 400 eenhede R93,00 – R43,00 R50,00 (b) Verskaf 'n berekening om te toon dat die netto wins van R280 000 korrek is: (10 000 x R93,00) – R650 000 = R280 000 Sien (a) hierbo OF (10 000 – 4 400) x R50 = R280 000 (c) Bereken die toename in wins indien 'n ekstra 600 emmers geproduseer word: Sien (a) hierbo 600 eenhede x R50 = R30 000 Bereken die totale wins wat verdien sal word indien die addisionele 600 emmers geproduseer word: Sien hierbo R280 000 + R30 000 = R310 000 (d) Bereken die aantal addisionele eenhede wat geproduseer moet word om die netto wins met R75 000 te verhoog.: R75 000 = 1 500 eenhede R50 Sien (a) hierbo Bereken die totale aantal eenhede wat geproduseer moet word om die netto wins met R75 000 te verhoog: 10 000 + 1 500 = 11 500 eenhede Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Accounting

Explore more published documents in this catalogue.

View all