Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2016
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2½ uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende interpretasies mag wees oor die toepassing van
die nasienriglyne.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo
IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the 2016, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans FAL · Grade 12 · 2016. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 483.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 2 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING A LEESBEGRIP
NB: Taal-en spelfoute word nie gepenaliseer nie. Vrae toets leerders se
begripsvermoë. Volsinne moet egter nog sin maak om punte te kry.
VRAAG 1 KOERANTARTIKEL
1.1 "na aan trane"
1.2 1.2.1 Onwaar
1.2.2 Lulu is 'n Malteser-Yorkie-kruis.
1.3 Sy het nie die ander vrou se kontakbesonderhede of adres gehad nie./Die ander vrou
het nie haar besonderhede gelos nie.
1.4 1.4.1 Hulle het die kliënt se kontakbesonderhede (naam, adres, tel. nommer) in die
boek neergeskryf.
1.4.2 Sy was haastig/het te vinnig weggegaan.
1.5 Lulu het 'n dodelike lewerprobleem/is siek.
1.6 Die een hond het steke op die maag en die ander een nie. (NB: nie Lulu nie!)
1.7 Om Lulu op te spoor.
Om die vrou bewus te maak van Lulu se lewerprobleem.
Om die vrou bewus te maak dat sy die verkeerde hond het.
(Enige een.)
1.8 Sy ken nie haar hond/troeteldier baie goed nie. Dat sy nie 'n hegte band met haar
troeteldiere vorm nie. Sy is nie oplettend nie. Lulu is dalk dood. Sy was nie die
werklike eienaar nie. Sy het geen sosiale media nie. Sy is nalatig. (Iets soortgelyks)
1.9 Die naam van die salon is "Lucky Dogs", maar Lulu was nie 'n gelukkige hond
nie (want sy is aan iemand anders gegee i.p.v. haar eienaar).
VRAAG 2 VISUELE BEGRIP – ADVERTENSIE
2.1 2.1.1 Onwaar
2.1.2 "Geldig van 1 Nov.–19 Des. 2014 en 8 Jan.–28 Feb. 2015"
2.2 B die tyd wanneer die son ondergaan.
2.3 sweefspoor/kajuit/kabelkar/kabelkarretjie/kar/karretjie (Enige een)
2.4 Insig antwoord: enige sinvolle verklaring moet korrek wees.
Byvoorbeeld:
Dit is nog nie/nie meer hulle hoogseisoen nie en hulle wil mense lok.
Daar is min daglig oor om die uitsig te geniet; dus verminder hulle die prys.
Plaaslike inwoners kan dan ook bekostig om hierdie toeriste-aantreklikheid te
geniet. (Enige soortgelyke antwoord)
2.5 Ouers moet bewys dat die kinders tussen 4–17 jaar oud is.
Om seker te maak dat daar nie 'n kullery met die koop van kaartjies is nie.
(Enige EEN of soortgelyk)
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 3 van 8
NASIENRIGLYNE
2.6 Facebook en Twitter
2.7 logo/handelsmerk/kenteken/embleem
VRAAG 3 VISUELE BEGRIP – BERIG EN SPOTPRENT
3.1 C platejoggie
3.2 Sy dra 'n bril. Nie 'brille' nie!
3.3 Ouma sou nie geweier het nie./Ouma sou beslis ja gesê het.
Dit was baie makliker om sy ouma as 'n ander metgesel na sy matriekafskeid te
vra.
Hulle oumas het al so baie vir hulle beteken en vir hulle gedoen.
Dit sal baie spesiaal vir hulle oumas wees.
(Enige twee of soortgelyk)
3.4 Hy het oorfone op sy kop.
3.5 Sy glimlag/lag.
Haar oë is toe.
Sy gooi haar hande in die lug.
Sy swaai haar lyf/dans.
(Enige twee of soortgelyk)
3.6 Ja, hulle kleredrag pas by hulle ouderdom.
OF
Nee, dit is 'n matriekdans en gewoonlik is die dames se kleredrag meer byderwets/
modern./Sy het nie formele aanddreg aan nie.
(Enige goeie/sinvolle motivering is korrek. Onthou: punt is vir die rede.)
3.7 Dat die seun te skaam/sleg/bang/lafhartig is om 'n meisie uit te vra.
OF
Dat hy nie die selfvertroue het om 'n meisie uit te vra nie.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 4 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING B OPSOMMING
NB: Taal-en spelfoute word nie gepenaliseer nie. Vrae toets leerders se vermoë om te
kan opsom. Volsinne moet egter nog sin maak om punte te kry.
VRAAG 4
1. Gebruik 'n aanbly-opknapper, want dit hou jou hare deurlopend vogtig (totdat jy dit
weer was).
2. Daar is maskers wat hare kan voed/die hare se algehele toestand verbeter.
OF
Daar is maskers wat unieke kwessies soos gebreekte hare, min vog en vaal kleur
kan takel.
3. Gebruik 'n goeie haarolie om jou hare te voed/laat blink.
4. Gebruik 'n droë sjampoe wat olie absorbeer en jou hare skoner laat lyk.
OF
Gebruik 'n droë sjampoe wat help om jou wortels dikker te laat lyk.
5. Gebruik serums, want dit bevat silikon wat jou kutikels bedek en jou hare glad laat
lyk.
OF
Gebruik serums, want dit beskerm jou hare en gee dit 'n glansende voorkoms.
Getal woorde: Opsie 1 = 70/Opsie 2 = 78
ONTHOU:
Die volgende moet in ag geneem word tydens nasien:
Elke punt/sin tel twee punte. Een punt vir die produkte en een punt vir die voordeel wat
dit inhou. As die opgesomde sin dus gedeeltelik korrek is, word een punt toegeken.
Een feit mag nie oor twee punte strek nie.
Slegs een feit per punt word aanvaar (of soos in die instruksies uiteengesit).
Kommas en voegwoorde mag gebruik word.
Indien al vyf sinne foutloos is, behaal die kandidaat tien uit tien.
- ½ vir elke direkte aanhaling (maks -2 ½ ).
Spelfoute word nie gepenaliseer nie.
"'n" en "die" tel as deel van die woordtelling.
Formaatfoute word eenmalig met een punt gepenaliseer. Die volgende val onder hierdie
kategorie:
- 1 as kandidaat nie woordtelling aandui nie
- ½ vir elke direkte aanhaling
- 1 as daar minder as 60 of meer as 80 woorde is
- ½ as die aantal woorde nie korrek neergeskryf is nie
beplanning MOET doodgetrek word
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 5 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING C POËSIE
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG: Die kind wat ...
5.1 Dit was die kind wat (onskuldig deur Dina Rodrigues) vermoor is.
5.2 5.2.1 Dit maak die konneksie met die pers ('n koerantberig). (Iets soortgelyks).
5.2.2 Want dit was sensasionele nuus wat aanleiding tot die gedig gegee het./
Die besonderhede van hierdie moord was vir 'n lang ruk die hoofnuus van
hierdie tydperk./ Dit dui die plek aan waar die moord plaasgevind het. (Iets
soortgelyks).
5.3 "hoofberig” (direkte aanhalings moet korrek gespel wees)
5.4 "kry berading" (direkte aanhalings moet korrek gespel wees)
5.5 D eufemisme
5.6 (Ingrid Jonker se gedig) "Die Kind ..."
5.7 "as lem en nek mekaar ontmoet"
"huiswerker lig haar vuiste"
(omdat instruksie ontbreek het, het ons antwoord aanvaar as dit nie onderstreep was
nie)
5.8 Dit beklemtoon die feit dat almal oor hierdie vreeslike insident gepraat het.
5.9 Dit beklemtoon die feit dat die weerlose kind nie 'n kans teen die moordenaars
gestaan het nie/nie 'n kans in die lewe gekry het nie./hulpeloos....
OF
Dit weerspieël die strofebou van die interteks/die gedig "Die Kind".
VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG: Touloper
6.1 Dit verwys na familielede (ouers) wat die heeltyd met mekaar/met die spreker
baklei/argumenteer/in konflik is.
6.2 6.2.1 Onwaar
6.2.2 "weer"
6.3 Dit is die direkte woorde van die spreker se ouers wat (mekaar) (hom/haar)
uittrap/ afbreek/verneder wat aangehaal word.
6.4 B alliterasie
6.5 Die "kollig" dui aan dat die spreker die heeltyd aanskou/dopgehou word. Die feit
dat die spreker alles moet "balanseer" dui ook aan dat dit moeilik is.
Om aandag te trek dat die ouers sien hoe dit hom affekteer.
(Iets soortgelyks)
6.6 6.6.1 (Die) tuinhek (is sy bestemming).
6.6.2 Dit simboliseer die spreker se vryheid/ontsnapping van die "storms".
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 6 van 8
NASIENRIGLYNE
VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG: Technokind
7.1 7.1.1 AABB
7.1.2 Paarrym
7.2 Kinders wat in tegnologie belangstel (en baie tyd daaraan bestee). (Iets soortgelyks)
7.3 pret
7.4 Moontlike antwoorde:
Die kinders raak verslaaf aan die speletjies en hulle kan hulleself nie
wegskeur van die speletjies nie.
Hulle voel hulle moet dit elke dag speel om hulle drang te bevredig.
(Enige twee sinvolle redes wat by inhoud inpas moet oorweeg word.)
7.5 A Elke middag
7.6 Dit verwys na die videospeletjies/skerm/virtuele wêreld (wat die kind speel).
7.7 "Die vuiste vlieg, hy moet die vyand verslaan"
"druk 'n knop of draai die wieletjies"
(moet hele versreël wees)
7.8 Dit bevorder geweld./Sy speelwêreld word vol geweld.
(Moenie net reël 12 aanhaal nie!)
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 7 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING D TAALVAARDIGHEID
VRAAG 8 SINSTRUKTURE
8.1 Die onderwyser het 'n week gelede gesê dat hulle/ons die werk netjies moes
(ge)doen (het).
8.2 Verlede Vrydag het meneer Smit (gestaan en praat) met die studente in sy klas
(gestaan en praat).
8.3 Stoor julle werk, want julle kan more daarmee aangaan.
8.4 'n Interessante les is elke aand deur meneer Smit beplan.
8.5 Nee, Jannie het nog nooit die regte ding in die klas gedoen nie.
8.6 Die student wat rekenaarspeletjies speel, sit agter in die klas.
Die student wat agter in die klas sit, speel rekenaarspeletjies.
8.7 Jannie vra: "Kan ek (weer) in die volgende les (weer) my speletjie (weer) speel?"
8.8 Al probeer meneer Smit vir Jannie iets leer, wil Jannie/hy nie konsentreer nie.
Al wil Jannie nie konsentreer nie, probeer meneer Smit vir hom/Jannie iets leer.
8.9 Studente behoort altyd in die klas te werk.
8.10 Jannie sit agter in die klas om rekenaarspeletjies te speel.
8.11 Nou stap meneer Smit na Jannie toe en skakel sy rekenaar af.
ONTHOU:
Die hele sin moet korrek wees om die punt te verdien.
Spelling word onderstreep, maar word nie gepenaliseer nie.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 8 van 8
NASIENRIGLYNE
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE
9.1 troeteldiere
9.2 meer
9.3 soggens/smôrens
9.4 daarvan
9.5 aan
9.6 vriendin
9.7 uitputtende
9.8 geliefde
9.9 tuis
9.10 toom
9.11 haat/verpes
9.12 as gevolg van
9.13 agtuur/aguur
9.14 saans
9.15 leiband/halsband/band
9.16 wy
ONTHOU:
Spelling moet korrek wees.
Indien die woorde wat aangebied word met hoofletters begin, is dit steeds korrek.
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE
Hierdie antwoorde dien slegs as riglyne. Enige iets soortgelyks kan korrek wees.
10.1 Kyk na my en glimlag, asseblief. Ek wil 'n foto neem en aan ... stuur. (15 woorde)
10.2 Ek kan nie langer wag nie. Sal jy asseblief nou met my kom sokker speel?
(15 woorde)
10.3 Ek wil regtig nie nou sokker speel nie. Ek wil my kos klaar eet en eers 'n bietjie
gesels. (19 woorde)
10.4 Ai, ek het so baie werk. Ek sal myself vroeg moet verskoon om dit klaar te gaan
maak. (18 woorde)
10.5 Baie dankie dat julle almal my so tuis laat voel. Dit is wonderlik om saam met julle
te wees. (19 woorde)
ONTHOU:
Antwoorde moet betrekking hê op wat gevra word en moet toepaslik wees vir visuele teks.
1 punt vir taal (–½ per taalfout; spelling word onderstreep, maar nie gepenaliseer nie).
1 punt vir inhoud wat raak is.
Trek net – ½ af vir minder as 13 of meer as 22 woorde.
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2016
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo
Related documents

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Memo

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB


