Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the 2019, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Afrikaans FALGrade 12201911 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: Afdeling A – Letterkunde (60 punte) Afdeling B – Transaksionele skryfwerk (40 punte) 3. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy in jou Antwoordboek. 4. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is. 5 ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word. 6. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 2 van 11 AFDELING A LETTERKUNDE INSTRUKSIES VIR AFDELING A • Beantwoord AL VIER vrae in hierdie afdeling. • Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. Skryf die vraagnommer boaan die bladsy neer. • Let op die puntetoekenning tussen hakies by elke vraag. Die aantal punte bepaal die aantal feite wat verwag word. • Skryf die getal woorde aan die einde van die paragraaf in Vraag 2 en die opstel in Vraag 4 neer. • Beplanning van skryfstukke Dit is 'n goeie idee om jou skryfstuk (paragraaf/opstel) te beplan voordat jy dit begin skryf. Beplanning word egter nie gemerk nie. ‒ Skryf die opskrif BEPLANNING boaan. ‒ Trek 'n streep deur jou beplanning sodra jy klaar is met jou skryfstuk. VOORBEELD: BEPLANNING SKRYFSTUK (linkerkantse bladsy) (regterkantse bladsy) IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 3 van 11 HOOPVOL – Derick van der Walt VRAAG 1 Agterna was hy verstom dat hy so blindelings met sy ma se groen handsak op die trein geklim het sonder om vir iemand te sê. [bl. 7] TEMA VAN VRAAG: Omstandighede lei tot braafheid en dapperheid in die roman, Hoopvol. [Tafelberg Uitgewers 2012] Lees die onderstaande stellings en beantwoord dan die vrae. 1.1 Ben: Die roman open met die proloog waar 'n jong sestienjarige seun se lewe in 'n oogwink deur 'n brand verwoes is. Al was hy bang, het hy iets gedoen wat gewys het dat hy braaf en dapper was. 1.1.1 Waar het Ben geld vir die treinkaartjie Pretoria toe gekry? (1) 1.1.2 Gee een rede waarom jy kan sê dat Ben se besluit om die aand van die brand op 'n trein na Pretoria te klim, dapper was. (1) 1.1.3 Gee een bewys dat Ben op die trein simptome van skok begin wys het. (1) 1.2 Bobby: Na baie onsuksesvolle terapiesessies was Bobby braaf genoeg en het hy self besluit om Noupoort toe te gaan. Hoekom het Bobby uiteindelik self besluit om Noupoort toe te gaan? (1) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 4 van 11 1.3 Nathalie: Nathalie moes braaf wees om alleen op die trein na Johannesburg te klim, want sy was nog nooit verder as Beaufort-Wes nie en sy het 'n geheim gehad. 1.3.1 Wat was Nathalie se geheim toe sy op die trein na Johannesburg geklim het? (1) 1.3.2 Hoekom kon dit nie vir Nathalie maklik wees om in tannie Mabel se rokwinkel te werk nie? (1) 1.3.3 Daar was op die ou end ook gelukkige en positiewe tye in Nathalie se lewe in Johannesburg. Gee twee bewyse vir bogenoemde stelling. (2) 1.4 Olivia: Tannie Lettie het vir Olivia gedreig nadat Bobby die hotel gebel het om met Nathalie te praat. Eers nadat tannie Lettie dood is, was Olivia braaf genoeg om alles te vertel. 1.4.1 Noem twee leuens wat tannie Lettie vir Bobby vertel het. (2) 1.4.2 Hoe dink jy het hierdie leuens Ben se lewe negatief beïnvloed? (1) 1.4.3 Tannie Lettie het Olivia se armoede gebruik om vir Olivia stil te hou oor Bobby se telefoonoproep. Wat het tannie Lettie vir Olivia gesê? Gee twee feite. (2) 1.5 Pastoor Chalmers en juffrou September: Na baie jare was pastoor Chalmers en juffrou September braaf genoeg om hulle geluk te soek. 1.5.1 Watter brawe ding het pastoor Chalmers en juffrou September op die ou end gedoen? (1) 1.5.2 Watter brawe ding het juffrou September alreeds as 'n jong dogtertjie gedoen? (1) [15] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 5 van 11 VRAAG 2 TEMA VAN VRAAG: 'n Motorfietsongeluk lei tot die einde van 'n verhouding. 2.1 Nathalie hoor die gebrul van ver af … Bobby kom ingestap en sit sy valhelm op die ontvangstoonbank neer. "Ek het vir my 'n bike gekoop," vertel hy opgewonde. [bl. 83] Skryf 'n paragraaf van tussen 80 en 120 woorde waar jy beskryf hoe dié motorfiets gelei het tot die einde van Bobby en Nathalie se verhouding. Skryf die getal woorde aan die einde van jou paragraaf neer. In jou paragraaf moet jy na die volgende verwys: • Waar het Bobby sy motorfiets gekoop? (1) • Waarheen het Bobby vir Nathalie met die motorfiets geneem om alleen te wees? (1) • Hoe het die motorfietsongeluk gebeur? (1) • Waarom was Bobby nie by Olivia se verjaarsdagpartytjie nie? (1) • Hoekom het Bobby se enkelbesering hom skuldig laat lyk toe Olivia aangeval is? (2) • Hoekom kon Bobby nie vir Nathalie by die polisieselle verduidelik hoekom hy onskuldig is nie? (1) • Waarom kon Sakkie nie dadelik vir Nathalie bel nadat hy vir Bobby vrygelaat het nie? (1) • Waar het Nathalie vir Bobby die laaste keer gesien en hoekom kon hy nie hoor toe sy hom geroep het nie? (2) Lees die onderstaande stellings en beantwoord dan die vrae. 2.2 'n Paar mense het later vir Nathalie gehelp om vir Bobby in Beaufort-Wes te gaan soek. 2.2.1 Hoe het tannie Rhoda vir Nathalie gehelp toe Nathalie vir Bobby by die losieshuis gaan soek het? (1) 2.2.2 Gielie het iets vir Nathalie gesê wat haar laat dink het dat Bobby nog vir haar lief was. Wat het Gielie gesê? (1) 2.2.3 Hoe het juffrou September vir Nathalie gehelp om in Beaufort-Wes te kom? (1) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 6 van 11 2.3 Soos Bobby en Nathalie se verhouding nie uitgewerk het nie, was daar ook ander liefdesverhoudings in die roman wat nie uitgewerk het nie of nooit gebeur het nie. Vul die onderstaande tabel in. Skryf net die nommer van die vraag en die antwoord in jou Antwoordboek. ONSUKSESVOLLE VERHOUDINGS [Google images – thebrazillaw.com ] Rede waarom verhouding nie uitgewerk het nie Liefie en Frans 2.3.1 (1) Nathalie en Luke 2.3.2 (1) [15] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 11 VRAAG 3 … en jou hoop sal jou nie ontneem word nie. – Spreuke 23:18 TEMA: 'n Tiener se soektog na sy biologiese pa. Voltooi die volgende gesprek tussen tannie Pop en Ben. Skryf slegs die vraagnommer en Ben se woorde in jou Antwoordboek neer. Laat 'n reël oop tussen elke antwoord. 3.1 Tannie Pop: Ag my ou hartjie, ek wil alles van jou ervaringe hoor. Hoekom het jy nie van die werk by die Spur gehou nie? Ben: .... (1) 3.2 Tannie Pop: Die werk by die varsproduktemark in Pretoria was ook nie baie lekker nie. Hoekom nie? Ben: .... (1) 3.3 Tannie Pop: Wat was die vrou se naam wat jou by die Moerdyk Markagente gehelp het en waarom het sy jou later weer gebel? Ben: .... (2) 3.4 Tannie Pop: In die Moerdyk Markagente se kantore het jy ‘n foto gesien. Gee twee redes hoekom jy seker was dat dit jou pa was wat jy op die foto gesien het. Ben: .... (2) 3.5 Tannie Pop: Waar het jy die inligting gekry dat jou pa vir die tweede keer in sy lewe Hoopvol toe gegaan het? Ben: .... (1) 3.6 Tannie Pop: Wat was oom Frans en tannie Liefie se reaksie toe hulle jou vir die eerste keer in die Rose and Crown gesien het? Ben: .... (1) 3.7 Tannie Pop: En nou is jy gelukkig op Soetwater. Noem twee dinge wat jy al van die boerdery geleer het. Ben: .... (2) [10] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 8 van 11 VRAAG 4 TEMA: Ben se familiegrafte op Hoopvol en Soetwater. Opdrag: [Google images – pixabay.com] Skryf 'n opstel van tussen 250 en 350 woorde oor die grafte van Ben se familie op Hoopvol en Soetwater. • Gebruik die ideekaart hieronder. • Die punte tussen hakies dui aan hoeveel feite verwag word. • Jou opstel moet ook 'n inleidings- en slotparagraaf hê. Hierdie paragrawe moet nie te lank wees nie. • Skryf die getal woorde aan die einde van jou opstel neer. Paragraaf 1: Ben se oupa en ouma se grafte • Hoe is Ben se oupa en ouma De Koker dood? (1) • Waar is hulle begrawe? (1) • Hoe het Nathalie se ouers se dood haar lewe negatief beïnvloed? (1) Nathalie het jare later vir die prokureur op Hoopvol gesê dat hy nie haar ouers se huis moet verkoop nie. • Waarom wou sy wag? (1) • Wat het Ben besluit om met die huis te doen? (1) Paragraaf 2: Bobby, Nathalie en Elma se grafte • Hoe is Bobby dood? (2) • Waar is hy begrawe? (1) • Hoekom is daar 'n groot karooklip op Bobby se graf? (1) Ben het skuldgevoelens oor sy ma en suster se dood. • Waar was hy toe hulle huis afgebrand het? (1) • Waarom dink jy kon sy ma en Elma nie betyds uit die brandende huis kom nie? (1) • Wie het vir Ben gehelp om sy skuldgevoelens te oorkom? (1) Ben het sy ma en suster by Bobby begrawe. • Hoe het Ben sy ma en suster se as van Johannesburg af gekry? (1) Paragraaf 3: Charl se graf Alhoewel Ben nooit vir Charl geken het nie, was hy deel van Ben se nuwe familie. • Hoe is Charl dood? (1) • Waarom het Frans skuldgevoelens oor Charl se dood? (1) • Frans het vrede gemaak met Charl se dood. Noem een gedagte waarmee hy homself kon troos. (1) Assessering: 4 punte word toegeken vir 'n goed gestruktureerde opstel wat aan die konvensies van 'n opstel voldoen. (4) [20] 60 punte IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 9 van 11 AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK INSTRUKSIES VIR AFDELING B • Beantwoord ALBEI vrae in hierdie afdeling. • Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. Skryf die vraagnommer boaan die bladsy neer. • Skryf die getal woorde aan die einde van elke vraag neer. • Tydens die assessering van hierdie afdeling sal na die volgende gekyk word: ‒ kennis van die vereistes van die spesifieke skryfstuk ‒ interpretasie van die opdrag ‒ inhoud en idees ‒ register en toon ‒ taalgebruik • Beplanning van skryfstukke Dit is 'n goeie idee om jou skryfstuk te beplan voordat jy dit begin skryf. Die beplanning word egter nie gemerk nie. ‒ Skryf die opskrif BEPLANNING boaan. ‒ Trek 'n streep deur jou beplanning sodra jy klaar is met jou skryfstuk. VOORBEELD: BEPLANNING SKRYFSTUK (linkerkantse bladsy) (regterkantse bladsy) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 10 van 11 VRAAG 5 TOESPRAAK [Google images – scubasanmateo.com] Situasie: Dis die nuwe skooljaar. Jy het verlede jaar klaargemaak met skool. Jy het baie dinge die afgelope vyf jaar geleer. As oudleerling moet jy met die nuwe Graad 8-leerders kom praat oor hoe om 'n sukses van hulle hoërskoollewe te maak. Opdrag: Skryf nou hierdie toespraak waarin jy oor die volgende praat: • Hoe die graad 8-leerders hulle besige akademiese program moet hanteer. • Hoekom dit vir hulle belangrik is om aan sport en/of skoolaktiwiteite deel te neem. • Die "moets" en "moenies" as dit by hulle sosiale lewe en vriende kom. Instruksies: • Verdeel jou paragrawe volgens die bostaande indeling. • Jou toespraak moet ook 'n inleidings- en 'n slotparagraaf hê. • Die inhoud van jou toespraak moet tussen 150 en 250 woorde lank wees. • Skryf die getal woorde onderaan jou toespraak neer. [30] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 11 van 11 VRAAG 6 KORT DIALOOG [Google images – avopix.com] Situasie: Jy was in 'n konflik betrokke by die skool. Jy het daarna mooi oor alles gedink en besluit om met jou vriend/vriendin te gaan gesels en alles te verduidelik en vrede te maak. Opdrag: Skryf nou 'n kort dialoog tussen jou en jou vriend/vriendin. In jou dialoog moet jy oor die volgende praat: • Verduidelik wat regtig gebeur het. • Sê hoe jy oor die konflik voel. • Probeer die probleem uitsorteer en vrede maak. Instruksies: • Jy en jou vriend/vriendin moet elkeen ten minste twee keer praat/twee spreekbeurte hê. • Jy hoef nie aanhalingstekens in jou dialoog te gebruik nie. • Die inhoud van jou dialoog moet tussen 60 en 120 woorde lank wees. • Skryf die totale aantal woorde onderaan jou dialoog neer. • Jy moet die volgende formaat vir jou dialoog gebruik: Ek: .... (Los reël oop) Vriend/Vriendin: . . . . (Los reël oop) [10] 40 punte Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all