Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2½ uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende interpretasies mag wees oor die toepassing van
die nasienriglyne.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo
IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the 2017, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans FAL · Grade 12 · 2017. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 378.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 2 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING A LEESBEGRIP
VRAAG 1 KOERANTARTIKEL
1.1 1.1.1 Onwaar
1.1.2 wêreldwyd
1.2 Yana maak haar elke oggend (met haar nat neusie) wakker.
1.3 Nee
Sy het 36 000 volgelinge wat haar op Instagram volg.
Sy is wêreldwyd bekend en geliefd.
Dis vreemd dat sy 'n voorliefde vir kerse het.
OF
Ja
Sy is net 'n gewone kat wat oulik lyk (maar haar eienaar het 'n sensasie van
haar gemaak).
Sy is soos alle katte spelerig.
NB: punt is vir die motivering en nie vir JA of NEE nie.
1.4 1.4.1 (met) 'n eekhorinkie
1.4.2 Haar stert is harig en sag.
Haar pels is wollerig (veral op die stert).
1.5 Sy het nog 10 000 volgelinge op Instagram bygekry./Sy spog nou met
37 000 aanhangers.
1.6 Sy het haar met kos uit die afvoerpyp gelok.
1.7 "Sy is soos 'n vegter met 'n oulike en sterk geaardheid."/"Soms kan sy baie
arrogant wees (en dink dat ek haar bywoner is.")
1.8 As sy dink daar is iets met jou verkeerd, sal sy in haar bed bly lê.
1.9 Al drie katte is spelerig/hou van speletjies.
NIE: al drie het vrouens as eienaars (dit is nie 'n eienskap nie!)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 3 van 8
NASIENRIGLYNE
VRAAG 2 VISUELE BEGRIP – WEERKAARTE
2.1 Beaufort-Wes
2.2 In Oudtshoorn is die makimum temperatuur warmer as in Mosselbaai.
In Oudtshoorn is die minimum temperatuur kouer as in Mosselbaai.
(Enige een)
2.3 Al twee is sonnig (met dieselfde windsnelheid/'n windsnelheid van 20).
2.4 Daar is motreën (met son) in Kaapstad.
2.5 Plettenbergbaai
2.6 Laagwater
2.7 B – 11 April
2.8 2.8.1 Kaap Agulhas
2.8.2 Calvinia
VRAAG 3
3.1 D – uiters hoog
3.2 Daar is groot swart borrels rook wat agter die motor uitkom.
3.3 Hy hou sy hand oor sy neus (en mond).
3.4 3.4.1 Onwaar
3.4.2 Die strepies/lyntjies om die apparaat dui aan dat dit werk.
3.5 skok/verbasing
3.6 Hy wys met sy arm in die rigting van die bakkie.
3.7 kreunend (½) en opsukkel (½)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 4 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING B OPSOMMING
VRAAG 4
NB – Almal wat hierdie vraag nasien, moet die punte op dieselfde manier op die
kandidaat se vraestel aanbring. Die sub-eksaminator sal hierdie metode tydens
die nasiensessie vasstel en oordra.
Let op na die volgende nasienriglyne vir die opsomming:
Elke punt/sin tel 2 punte. As die opgesomde sin dus gedeeltelik korrek is, word
1 punt toegeken.
Kommas en voegwoorde mag gebruik word.
Indien al 5 sinne korrek is, behaal die kandidaat 10 uit 10.
Taal- en spelfoute word nie gepenaliseer nie.
Minus 1 vir enige direkte aanhalings.
Formaat: minus 1 as die sinne nie genommer is nie. Geen ander formaatfoute
word gepenaliseer nie.
Minus 1 as daar minder as 60 of meer as 80 woorde is, of as daar geen
woordtelling is nie.
die en 'n tel as deel van die woordtelling.
1. Die verrassings dra nie by tot die spanning nie en die regie is swak.
2. In baie tonele is die onderbeligting steurend en die swak redigering
belemmer die vloei van die tonele.
3. Die kameraskote in die film is goed en die akteurs se toneelspel is
wonderlik.
OF
Die kameraskote in die film is goed en die rolverdeling is goed.
OF
Die rolverdeling van die karakters is goed en die toneelspel is goed.
4. Dit is nie jou gewone draaiboek nie, en die film behou steeds sy gelukkige
einde.
5. (Die musiek is te dramaties en die kostuums is nie reg vir die era van die
film nie.) Die musiek is nie geskik vir die inhoud nie en die kostuums
onvanpas vir die tyd waarin die verhaal afspeel.
(76 of 77 of 78 woorde)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 5 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING C POËSIE
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG
5.1 B – enjambement
5.2 Dit verskerp die dringendheid van die opdrag (iets soortgelyks).
5.3 Iemand keer jou af/wil niks met jou te doen hê nie/sluit jou uit (sy/haar
vriendekring).
5.4 Om aan te dui dat daar menige dinge is wat as 'n rede gebruik kan word (te
veel om op te noem/kies self een).
5.5 "As jy dink daar is net donker (in die toekoms.)"
5.6 5.6.1 A – 'n eufemisme.
5.6.2 Selfdood/selfmoord
5.7 Tieners
5.8 Reël 1–15 is saam gegroepeer en verteenwoordig almal wat opgestaan het.
Die woorde "Staan op!" kom herhaaldelik in hierdie deel voor.
Reël 16 is apart geskryf en is die enigste reël wat die woord "sit" bevat.
Dit verteenwoordig hoe min mense sou bly sit het.
VRAAG 6
6.1 Die spreker weet nog nie wie sy/haar geliefde gaan wees nie./Die geliefde
se gevoelens is nog onbekend.
6.2 6.2.1 A B C B
6.2.2 Gebroke rym
6.3 Jy kan dit geheim hou, want as jy jou hand toevou, kan niemand sien wat
daar geskryf staan nie. Net jy sal daarvan weet (iets soortgelyks). Die palm
van die hand is 'n intieme plek (bv. handvashou).
6.4 Die naam op die passerblik sal soos die braille-skrif op papier uitstaan (vir
almal) om dit te lees.
6.5 Die spreker wil seker maak dat almal weet die naam (m.a.w. die persoon)
behoort aan hom/haar.
6.6 NEGATIEF
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 6 van 8
NASIENRIGLYNE
6.7 Ja. Hy/Sy is besig om obsessief oor die persoon (?) op te tree.
OF
Nee. Soos enige tiener wat op iemand verlief raak, is sy/haar reaksie
hewiger as gewoonlik. Dit is egter deel van die grootword proses.
(Enige sinvolle motivering vir JA/NEE moet oorweeg word.)
6.8 "en, wie weet, dalk nog die T-hemp van my pyn."
VRAAG 7
7.1 7.1.1 Dit is 'n sonnet.
7.1.2 Die gedig bevat 14 reëls.
Dit het 3 kwatryne en 'n rymende koeplet.
Die wending vind ná reël 12/in reël 13 plaas.
(Enige twee)
7.2 geleiband (½)
gehoorsaam ( ½ )
7.3 Die spreker se woorde (gedigte) word met 'n (troetel)dier/-hond vergelyk.
7.4 7.4.1 In strofes 1–3 is die toon ernstiger, want die spreker probeer bewys
lewer dat hy goeie, diep, betekenisvolle gedigte kan skep. (Iets
soortgelyks.) (1)
In strofe 4 is die toon ligsinnig om te wys dat hy ook rympies kan
maak wat nie ernstig is nie. (Hy gebruik sy woorde op 'n spelerige
manier.) (1)
7.4.2 In strofes 1–3 is die rym en strofebou rigied (beteuel), want die
lengte van elke reël is kort en die inhoud is bondig saamgevat. (1)
In strofe 4 is die reëls langer (asof hulle weggebreek het van dit wat
hulle terughou). (1)
OF
Die beeldspraak verander van honde (woorde) wat "geleiband" is (1),
na ’n klomp klein hondjies (werpsel) wat "aandag probeer trek" (1)
7.5 Hy wil goeie/betekenisvolle/diep/ernstige woorde/sinne skryf.
OF
Woorde moet die bedoelde betekenis oordra.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 7 van 8
NASIENRIGLYNE
AFDELING D TAALVAARDIGHEID
VRAAG 8 SINSTRUKTURE
8.1 Pa vra vir sy seun of hy nie vandag moet studeer nie.
8.2 Die seun behoort vir die eksamen te leer.
8.3 Die motor waarin die seun en sy meisie sit, is oulik.
8.4 Nee, die seun gaan nie meer vandag verder studeer nie.
8.5 Gister het die seun sy meisie strand toe geneem om te gaan swem.
8.6 Sy motor is elke dag deur die seun op die besige pad bestuur.
8.7 Volgende week sal die seun bereid wees om te studeer.
8.8 Nóg die seun nóg die meisie wil by die huis bly.
8.9 Die seun gaan winkels toe om te (kan) ontspan.
8.10 Hy studeer nie hard genoeg nie; dus gaan hy in die eksamen sukkel.
8.11 Verlede jaar was die seun verbaas (gewees) toe hy sy uitslae kry (gekry
het).
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE
9.1 ouers
9.2 hom
9.3 daagliks
9.4 universiteit
9.5 hyg
9.6 geskeurde
9.7 moeilike
9.8 kombuis
9.9 doodbang
9.10 slaag
9.11 op
9.12 n.a.v.
9.13 stryende
9.14 eksamenlokale
9.15 derde
9.16 waarin
NB: Onthou: spelling tel!
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I – Bladsy 8 van 8
NASIENRIGLYNE
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE
10.1 Moet asseblief nie in die water gaan nie! Daar is 'n groot haai wat hier
rondswem.
(16 woorde)
10.2 Gaan julle die mense uit die see roep? Die haai kan hulle tog maklik aanval
as hulle aanhou swem.
(19 woorde)
10.3 Ek hoop nie die skiboot slaan om en die mense val in die water nie.
OF
Die branders kan dalk die skiboot omslaan en dan kan die haai daardie
mense byt.
(15 woorde elk)
10.4 Het enige van julle my seun hier iewers gesien? Hy is twaalf jaar oud en het
'n rooi swembroek aan.
(19 woorde)
10.5 Toemaar, julle kan almal ontspan. Die skiboot het die haai tot diep in die see
verjaag. (16 woorde)
OF
Moenie meer bekommerd wees nie. Die haai het agter 'n skool sardiens
aangeswem en is nie meer hier nie.
(19 woorde)
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo
Related documents

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

MemorandumIEB


