Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2016
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
Tyd: 2½ uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS:
Afdeling A Leesbegrip (30 punte)
Afdeling B Opsomming (10 punte)
Afdeling C Poësie (30 punte)
Afdeling D Taalvaardigheid (30 punte)
3. Beantwoord al die vrae.
4. Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf.
5. Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.
6. Nommer jou antwoorde soos wat die vrae op die vraestel genommer is.
7. ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word.
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the 2016, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans FAL · Grade 12 · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 1.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 2 van 16
AFDELING A LEESBEGRIP
VRAAG 1 KOERANTARTIKEL
Lees die volgende artikel en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
Hondesalon ruil per ongeluk honde om
Deur Digitale span op Januarie 13, 2016
1 'n Emosionele Cherene de Wet is na aan
trane terwyl sy aan verskillende maniere dink
om haar hond, Lulu, op te spoor. Die
Malteser-Yorkie-kruis word nou al meer as vyf
dae vermis. Die drama het verlede Donderdag
begin toe Cherene die 18-maande oue Lulu
na die hondesalon in Johannesburg vir 'n was-en-knip geneem het. Dit was niks
ongewoons nie omdat sy al jare lank 'n kliënt daar is.
2 Die middag het haar man Lulu gaan oplaai, maar hy het met 'n ander Malteser
teruggekeer. Cherene het paniekbevange geraak toe sy besef het dat haar man
die verkeerde hond teruggebring het. Sy is onmiddellik hondesalon toe om haar
hond terug te kry. "Hulle het besef hulle het ons honde omgeruil. My hond is na
'n ander vrou se huis en hulle het vir my man die verkeerde hond gegee," het
Cherene vir News24 gesê. "Die probleem is dat die vrou wat my hond het, nie
haar naam in die boek geskryf het nie; daarom was daar nie 'n manier om haar
op te spoor nie." Die eienaars van die hondesalon het verduidelik dat die vrou
haar hond kom haal het en Lulu, wat toe gereed was om huistoe te gaan, is per
ongeluk aan haar oorhandig.
3 Lewensgevaarlike toestand
Wat Cherene verder bekommerd maak, is dat Lulu met 'n lewensgevaarlike
lewerprobleem sukkel. "Sy moet spesiale kos eet omdat sy so siek word. Haar
lewerprobleem is dodelik. Ons moet die vrou in die hande kry. Ek het dit op
Facebook geplaas en elke manier moontlik probeer om dit in die media te kry.
Dalk lees die vrou dit en besef sy dat sy ons hond het."
4 Die eienaar van die hondesalon, Anka Anteglievic, sê sy onthou 'n vrou het
Donderdagoggend haastig 'n hond kom aflaai en is vinnig daar uit voordat hulle
haar besonderhede kon neerskryf. "Sy was haastig en het nie 'n nommer of
enigiets gelos nie. Sy het vinnig weggery." Toe Anka die fout agterkom, het sy en
haar dogter, Lana, vir Cherene probeer help om die vrou op te spoor. "Die vrou
se hond het steke op die maag en moet by 'n veearts uitkom om die steke te
verwyder." Hulle hoop die vrou gaan die hond kom haal om na die veearts toe te
neem.
5 Hoopvol
Hulle was verbaas dat die vrou ná soveel dae nog nie agtergekom het sy het die
verkeerde hond en teruggekeer het na die hondesalon nie. "Ek verstaan dit nie.
Ons het Vrydag vir haar gewag en gedink sy was dalk by die werk, maar niks het
gebeur nie. Ek kan nie glo dat sy sedert Donderdag nog nie besef het sy het die
verkeerde hond nie, veral oor die steke wat verwyder moet word." Anka en
Cherene hoop albei die vrou bly nie te ver weg van die hondesalon in
Bedfordview nie. "Sy kan nie te ver weg wees nie; sy moet hier iewers wees," het
Anka gesê.
6 Alle kliënte wat hul honde op 7 Januarie na die Lucky Dogs-hondesalon geneem
het, word gevra om die onderneming so gou moontlik te kontak.
[Bron: Aangepas uit artikel – News24 en foto – Google (<http://www.maltesemaniac.com/>)]
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 3 van 16
1.1 Haal drie opeenvolgende woorde uit par. 1 aan om aan te dui dat Lulu se eienaar
hartseer was. (1)
1.2 1.2.1 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.
Lulu is 'n opregte Malteser-hondjie. (1)
1.2.2 Gee 'n rede uit die leesstuk vir jou antwoord in Vraag 1.2.1. (1)
1.3 Hoekom kon die eienaar van die salon nie net Cherene se hond by die ander vrou
gaan haal nie? (1)
1.4 1.4.1 Wat was die salon se prosedure gewoonlik wanneer kliënte hulle honde na
die salon bring? (1)
1.4.2 Hoekom het die salon nie hierdie prosedure (in Vraag 1.4.1) met die ander
vrou gevolg nie? (1)
1.5 Waarom was dit lewensbelangrik dat Lulu gou opgespoor moes word? (1)
1.6 Hoe sou 'n mens dié twee honde van mekaar kon uitken as iemand hulle net van
nader bekyk het? (1)
1.7 Wat was die hoofrede waarom hierdie insident op Facebook beland het? (1)
1.8 Die ander vrou het na vyf dae nog nie die hondesalon teruggeskakel nie.
Watter afleiding kan ons van die ander vrou maak? (1)
1.9 Die naam van die hondesalon is "Lucky Dogs-hondesalon".
Verduidelik die ironie in hierdie naam na aanleiding van die gebeure. (2)
[12]
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 4 van 16
VRAAG 2 VISUELE BEGRIP – ADVERTENSIE
Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
[Bron: Buite Burger, 27 Januarie 2015]
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 5 van 16
2.1 2.1.1 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.
Hierdie skemeraanbod van halfprys na 15:00 is vir die hele somerseisoen
beskikbaar. (1)
2.1.2 Motiveer jou antwoord in Vraag 2.1.1 deur uit die advertensie aan te haal. (1)
2.2 Skryf slegs die vraagnommer en letter in jou antwoordboek neer:
In hierdie advertensie verwys die woord "skemer" na ...
A die tyd wanneer die son opkom.
B die tyd wanneer die son ondergaan.
C dae wanneer daar nie baie wolke in die lug is nie.
D dae wanneer daar geen wolke in die lug is nie. (1)
2.3 Kyk na die visuele illustrasie. Wat is die fokuspunt van hierdie advertensie? (1)
2.4 Waarom, dink jy, bied die sweefspoormaatskappy halfpryskaartjies ná 15:00 aan? (1)
2.5 Hoekom moet kinders hulle ouers na die kassiervenster vergesel wanneer iemand
kaartjies koop? (1)
2.6 Op watter sosiale netwerke sal ons meer oor hierdie skemeraanbod kan uitvind? (2)
2.7 Skryf net die ontbrekende woord neer.
Die illustrasie in die blok regs onder (A) is Tafelberg-sweefspoor se ... (1)
[9]
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 6 van 16
VRAAG 3 VISUELE BEGRIP – BERIG EN SPOTPRENT
Bestudeer die berig en spotprent en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
OUMAS SAAM MATRIEKAFSKEID TOE – Anika Marais
KAAPSTAD – Dit was baie makliker om sy ouma as 'n ander metgesel na sy
matriekafskeid te vra.
"Ek het darem geweet sy sal beslis ja sê," het HP van Schoor van die Hoër
Landbouskool Oakdale in Riversdal gesê. Hy en vier van sy skoolmaats het onlangs
toeskouers by dié skool se matriekafskeid "in trane gehad" toe hulle met hul oumas by
die groot dans opdaag.
"Ons het eintlik al verlede jaar besluit om dit te doen. Ons oumas het al so baie vir ons
beteken en vir ons gedoen. Ons het geweet dit sal vir hulle baie spesiaal wees," het Van
Schoor verduidelik.
[Bron: Netwerk 24]
[Bron: Die Burger, 18 Augustus 2015]
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 7 van 16
3.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en letter op jou
antwoordblad neer.
Die persoon wat in beheer van die musiek is, word 'n ... genoem.
A platejokkie
B musikant
C platejoggie
D musiekmaker (1)
3.2 Hoe weet ons dat die ouma (A) nie goed kan sien nie? (1)
3.3 Waarom het hierdie seuns hulle oumas na die matriekdans geneem? Noem twee
redes. (2)
3.4 Wat het die jong man (B) op sy kop om na sy musiek te luister? (1)
3.5 Hoe kan ons aan die skets van die meisie (C) sien dat sy die dansmusiek geniet?
Noem twee dinge. (2)
3.6 Is die ouma (A) gepas aangetrek? Gee 'n rede vir jou antwoord. (1)
3.7 Watter negatiewe persepsie kan sommige skoolmaats hê van 'n seun wat een van sy
eie familie-lede na sy matriekdans neem? (1)
[9]
30 punte
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 8 van 16
AFDELING B OPSOMMING
VRAAG 4
Die artikel noem vyf produkte wat jy kan gebruik om jou hare beter te versorg. Noem
telkens die produk gevolg deur die voordeel wat die produk vir die verbruiker inhou.
Onthou:
• Skryf telkens die vyf produkte en elkeen se spesifieke voordeel in jou eie volsinne neer.
• Moenie die sinne direk uit die teks aanhaal nie.
• Elke punt moet sowel die produk as die spesifieke voordeel daarvan vir jou hare bevat.
• Elke punt mag net een sin bevat. Gebruik voegwoorde, ens. om jou sinne te verleng.
• Jou opsomming mag nie minder as 60 woorde of meer as 80 woorde wees nie.
• Skryf 'n woordtelling aan die einde neer.
• Trek 'n streep deur die beplanning.
5 Stappe Vir Mooier Hare
deur SARIE.com-span
Vaal lewelose hare in die winter? Nog nooit nie! Nie met vandag se buitengewoon slim
produkte wat jou hare vertroetel nie. Kyk net watter harehulp is daar alles.
'n Aanbly-opknapper is ligter as dié van 'n gewone opknapper wat dikwels swaar olies
bevat en jou hare olierig kan laat lyk as jy dit nie baie goed afspoel nie, sê Cassandra
Taylor, haarproduk-ontwikkelingsbestuurder by die verbruikers-maatskappy Unilever.
Die aanbly-produk help om jou hare deurlopend vogtig te hou totdat jy dit weer was.
Maskers is ontwikkel om jou hare te voed, terwyl opknappers hoofsaaklik bevog en help
om van knope ontslae te raak, sê Cassandra. Maskers verbeter die algehele toestand
van jou hare. Daar is vandag formules wat spesifieke kwessies soos gebreekte hare, 'n
tekort aan vog en vaal kleur takel.
Gebruik 'n goeie haarolie. Die molekules van vandag se haarolies is klein genoeg sodat
dit jou hare dieper kan binnedring om dit te voed en laat blink sonder dat dit olierig voel,
sê Sean Cox van Swept Hairdressing in Sandton.
'n Droë sjampoe bestaan uit baie fyn poeier wat enige olie op jou hare absorbeer en dus
die voorkoms van skoner hare gee. Dit laat jou hare skoner lyk en help om volume by
jou wortels te skep.
Soos haarolies, is serums ontwikkel om jou hare te voed, maar die formule is 'n ligter
alternatief, sê Cassandra. Serums bevat gewoonlik silikon wat jou kutikels bedek en jou
hare glad laat lyk. Dit weerkaats ook lig sodat jou hare blink. 'n Serum beskerm jou hare
en gee dit 'n glansende voorkoms.
[Bron: <http://www.sarie.com/skoonheid/skoonheidstories/5-stappe-vir-mooier-hare/>]
10 punte
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 9 van 16
AFDELING C POËSIE
VRAAG 5 VOORBEREIDE GEDIG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae wat volg.
Die kind wat doodgesteek is deur 'n rower in Landsdowne –
Erns Grundling
vir Jordan Leigh Norton ... en al die ander
1 Kaapstad – Die kind is dood
2 die kind "met 'n steekwond in die nek"
3 volgens Die Burger se hoofberig
4 sy was ses maande oud
5 ma, oupa en ouma kry berading
6 Die huiswerker lig haar vuiste teen die rower
7 die kind word vir oulaas gevoed
8 Purity, speeksel en trane drup
9 binnekort ook bloed
10 as lem en nek mekaar ontmoet
11 Die kind is dood
12 sê Niekie op RSG sê News24.com
13 sê SABC2-nuus sê die bure verstom
14 sê die ondersoekbeampte sê die distriksgeneesheer
15 waar sy lê op 'n bed "met 'n steekwond in die nek"
16 Die kind is die skaduwee van ons apatie
17 ons wat skouerophalend die koerant toevou
18 die kind is teenwoordig by elke wiegie
19 die kind loer vir ons uit 'n familiefotoalbum
20 die kind wat net wou speel in die arms van haar huiswerker
21 die kind wat 'n hoofberig geword het sterf honderdduisend dode
22 die kind wat 'n slagoffer geword het en graf toe is
23 sonder 'n kans
[Bron: Toulopers: Verse vir Tieners – Saamgestel deur J. Jacobs, Lapa 2011]
5.1 vir Jordan Leigh Norton ...
Verduidelik kortliks wie Jordan Lee Norton was. (1)
5.2 5.2.1 Om watter tegniese rede het die digter die gedig met die woord "Kaapstad"
(reël 1) begin? (1)
5.2.2 Hoekom, dink jy, het die digter dit so (Vraag 5.2.1) begin? (1)
5.3 Haal een woord uit strofe 1 aan wat aandui dat dié nuus baie sensasioneel was. (1)
5.4 Haal twee opeenvolgende woorde uit strofe 1 aan wat aandui dat die gesin baie
getraumatiseerd was. (1)
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 10 van 16
5.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en letter neer.
"as lem en nek mekaar ontmoet" (reël 10) is 'n voorbeeld van ...
A onomatopee.
B hiperbool.
C vergelyking.
D eufemisme. (1)
5.6 "Die kind is dood" (reël 1 en reël 11)
Na watter ander gedig wat as interteks dien, verwys hierdie reëls? (1)
5.7 Haal 'n voorbeeld van assonansie uit strofe twee aan. (1)
5.8 Hoekom word die woord "sê" so baie in strofe 3 herhaal? (1)
5.9 Waarom staan reël 23, 'n enkele reël, as 'n strofe op sy eie? (1)
[10]
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 11 van 16
VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae wat volg.
Touloper – Fanie Viljoen
1 die storms woed weer in ons huis vandag
2 maar vol durf klim ek op die tou
3 voetjie vir voetjie skuifel ek vorentoe
4 verby die verwyt-winde van
5 het jy al weer
6 ek het mos gesê
7 wat het jy gedoen
8 gekwelde oë kyk vir my van doer onder
9 ver verwyder van my kollig-balanseertruuk
10 my tou web tussen
11 mure en deurhandvatsels
12 familiefoto's en almanakke
13 blitsende tv-beelde en internetkonneksies
14 tot by die tuinhek
15 ek is hoog bo die grond
16 weg van alles behalwe die wind
17 maar ek dink nie daaraan nie
18 ek hou my oog op die tou
19 ek balanseer my lewe
20 en voet vir voet skuif ek vorentoe
21 deur die storm
[Bron: Toulopers: Verse vir Tieners – Saamgestel deur
J. Jacobs, Lapa 2011]
6.1 Waarna verwys die storms in reël 1? (1)
6.2 6.2.1 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.
Dit is die eerste keer dat hierdie "storms" in die huisgesin woed. (1)
6.2.2 Haal een woord uit die gedig aan om jou antwoord in Vraag 6.2.1 te
motiveer. (1)
6.3 Waarom is reëls 5–7 kursief geskryf en waarna verwys hierdie reëls? (2)
6.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en letter neer.
"ver verwyder van my kollig-balanseertruuk" (reël 9) bevat 'n voorbeeld van ...
A vergelyking.
B alliterasie.
C metafoor.
D assonansie. (1)
6.5 Wat is die konnotasie van die woord "kollig-balanseertruuk" soos dit in reël 9
gebruik word? (2)
6.6 6.6.1 Wat is die touloper se bestemming terwyl hy/sy op die tou loop? Gee 'n
enkele woord uit die gedig. (1)
6.6.2 Wat simboliseer hierdie bestemming (Vraag 6.6.1) vir die touloper? (1)
[10]
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 12 van 16
VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae wat volg.
Technokind – Gavin F. Williams
1 Julle ken mos videospeletjies
2 Druk 'n knop of draai die wieletjies
3 Dit is pret vir 'n technokind
4 Masjienverslaaf en vasgebind
5 Elke middag dieselfde gedrang
6 Na skool kan ons by die winkel rondhang
7 Die games ontwaak deur 'n twintigsentstuk
8 Daai technokind die ruk en pluk
9 Oë gespits op 'n wêreld vol kleur
10 'n Kickboxer skop en open 'n deur
11 Die vuiste die vlieg; hy moet die vyand verslaan
12 So word geweld nόg meer van sy bestaan
[Bron: Klasgids – 2012]
7.1 7.1.1 Dui die rymskema van Strofe 1 aan. (1)
7.1.2 Wat word hierdie rymskema genoem? (1)
7.2 Wie is die "julle" (reël 1) na wie die spreker verwys? Wees spesifiek. (1)
7.3 Haal een woord uit strofe 1 aan wat aandui dat die videospeletjies genotvol is vir
die technokind. (1)
7.4 Die spreker verwys na die kinders as "masjienverslaaf" en ook as "vasgebind".
Verduidelik wat met hierdie woorde bedoel word. (2)
7.5 Kies die antwoord wat die beste pas. Skryf slegs die vraagnommer en letter neer.
Die woorde ... uit strofe 2 dui aan dat dit vir die technokind roetine geword het om
videospeletjies te speel.
A "Elke middag"
B "Na skool"
C "dieselfde gedrang"
D "Die games ontwaak" (1)
7.6 Waarna verwys die woorde "'n wêreld vol kleur" in strofe 3? (1)
7.7 Haal 'n versreël aan waarin alliterasie voorkom. (1)
7.8 Wat is die nadeel van hierdie videospeletjies (strofe 3)? (1)
[10]
30 punte
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 13 van 16
AFDELING D TAALVAARDIGHEID
VRAAG 8 SINSTRUKTURE
Bestudeer die strokiesprent hieronder. Herskryf die sinne soos aangedui.
[Bron: <http://meester.yolasite.com>]
8.1 Die onderwyser sê: "Julle moet die werk netjies doen."
Die onderwyser het 'n week gelede gesê ... (1)
8.2 Meneer Smit staan en praat met die studente in sy klas.
Verlede Vrydag ... (1)
8.3 Stoor julle werk sodat julle more daarmee kan aangaan.
Stoor julle werk, want ... (1)
8.4 Meneer Smit het elke aand 'n interessante les beplan.
'n Interessante les ... (1)
8.5 Het Jannie al ooit die regte ding in die klas gedoen?
Nee, ... (1)
8.6 Die student sit agter in die klas. Hy speel 'n rekenaarspeletjie.
Die student wat ... (1)
8.7 Jannie vra of hy in die volgende les weer sy speletjie kan speel.
Jannie vra: "...". (1)
8.8 Meneer Smit probeer vir Jannie iets leer, maar Jannie wil nie konsentreer nie.
Al ... (1)
8.9 Studente moet altyd in die klas werk.
Studente behoort ... (1)
8.10 Jannie sit agter in die klas omdat hy rekenaarspeletjies speel.
Jannie sit agter in die klas om ... (1)
8.11 Gister het meneer Smit na Jannie toe gestap en sy rekenaar afgeskakel.
Nou ... (2)
[12]
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 14 van 16
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE
Lees die paragrawe wat op die prent hieronder gebaseer is, deur. Doen elke keer wat
tussen hakies gevra word. Skryf die nommer en die korrekte antwoord in jou
antwoordskrif neer.
[Bron: Google prente]
Om 9.1 (pets – gee die korrekte Afrikaanse woord) aan te hou, is 'n groot
verantwoordelikheid. Hoe 9.2 (baie – gee die vergrotende trap) diere jy het, hoe groter is
die verantwoordelikheid.
Diere soos katte en honde moet 9.3 (elke oggend – gee een woord) kos gegee word, want
hulle hou 9.4 (van + dit – gee die korrekte woord) dat mense hulle vroeg kos gee en baie
aandag 9.5 (... – gee die korrekte voorsetsel) hulle gee. My 9.6 (vriend – gee die vroulike
vorm), Coretha, het vier 9.7 (uitput – gee die teenwoordige deelwoord) groot honde en sy
laat hulle toe om in die huis te kom. Nie almal se 9.8 (lief – gee die verlede deelwoord)
hond is altyd soet nie. 'n Mens moet net seker maak dat die honde weet wie Baas en wie
Klaas is. Die eienaars van diere wat nie ferm genoeg is nie, het later probleme om hulle
diere 9.9 (by die huis – gee een woord) in 9.10 (toon/toom – kies die korrekte woord om
die uitdrukking te voltooi) te hou.
Sommige mense móét nie diere aanhou nie, want hulle 9.11 (verafsku – gee 'n sinoniem)
diere. Ander mense kan nie enige diere aanhou nie want hulle is allergies vir huisdiere. Dit
is 9.12 (a.g.v. – skryf die afkorting uit) die diere se hare.
IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 15 van 16
Diere hou van roetine: gee elke dag jou diere op dieselfde tyd kos. Kenners stel voor jy gee
hulle om 9.13 (08:00 – skryf die tyd uit) in die oggend en ongeveer om 18:00 9.14 (elke
aand – gee slegs een woord) kos. Wanneer jy met jou hond in die openbaar wil gaan stap,
moet jy 'n goeie 9.15 (leash – gee die korrekte Afrikaanse woord) hê.
Dit is belangrik dat mense soveel aandag aan hulle viervoetige maatjies (9.16 wei/wy – kies
die korrekte woord) sodat hulle nie afgeskeep voel nie.
[8]
IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 16 van 16
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE
Lees die inligting hieronder wat op die foto gebaseer is, deeglik deur. Voer die
instruksies, wat by elke situasie gevra word, uit. Skryf elke keer die woorde neer van
die persoon wat praat. Elke respons moet tussen 15–20 woorde lank wees. Die respons
kan uit een of twee sinne bestaan.
[Bron: <http://thumbs.dreamstime.com/z/boy-family-picnic>]
10.1 Susan (A) wil 'n foto van almal neem. Sy vra beleefd vir die mense by die tafel om
vir die foto te poseer. Sy sê ook vir hulle aan wie sy die foto wil stuur. Skryf neer
wat sy vir hulle sê. (2)
10.2 Kobus (B) vra vir sy ouer broer (E) om die sokkerbal saam met hom te skop. Hy is
ongeduldig en kan nie wag totdat sy broer klaar is nie. Skryf neer wat hy vir sy
ouer broer sê. (2)
10.3 Die ouer broer (E) is nie lus om nou te speel nie. Watter rede gee hy vir sy jonger
boetie om nie te speel nie? (2)
10.4 Hulle pa (C) is ook by die piekniek, maar hy is bekommerd oor al die werk wat vir
hom wag om gedoen te word. Hy probeer dink aan hoe hy die werk gedoen gaan
kry. Skryf neer wat hy dink. (2)
10.5 Jan (D) is Susan se kêrel. Hy voel baie gelukkig dat hierdie gesin hom met ope
arms aanvaar en deel van die gesin laat voel. Wat sê hy vir almal? (2)
[10]
30 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2016
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB


