Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2½ uur 100 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo
IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 memorandum from the 2018, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans FAL · Grade 12 · 2018. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 11
- File size
- 242.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 2 van 11
NASIENRIGLYNE
AFDELING A LETTERKUNDE
HOOPVOL – Derick van der Walt
Algemene riglyne:
• Name mag verkeerd gespel word, maar moet nog steeds as die naam gelees
kan word. Wanneer daar egter spesifiek vir 'n naam van 'n belangrike karakter
vir een punt gevra word, moet die kandidaat dit korrek spel.
• Engelse woorde mag aanvaar word as dit so in die boek gebruik word.
• Woorde wat verkeerd gespel word en 'n nuwe foutiewe betekenis skep, word
as 'n verkeerde feit gepenaliseer.
• Punte word nie afgetrek vir foutiewe taal nie. Indien taalfoute egter die
betekenis van die antwoord beïnvloed, moet geen punt toegeken word nie.
• Indien die eerste deel van 'n vraag verkeerd beantwoord is, word daar steeds
'n punt toegeken vir die tweede deel van die vraag indien dit korrek is. (Gebruik
eie oordeel indien dit voorkom asof kandidaat die vraag misverstaan het en 'n
skoot in die donker waag met talle moontlike antwoorde.)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 • Hulle het baie kinders.
• Hulle was arm.
• Daar was nie werk nie.
• Daar was nie 'n beter toekoms vir hulle nie.
• Daar was nie geleenthede vir hulle nie.
• Hulle het nie opvoeding/geleerdheid gehad nie.
• Hulle weet nie van beter nie.
• Mans slaan hulle vrouens omdat hulle niks anders het om te doen
nie.
• Hulle moet hulle dooddrink om iets vir die lewe te voel.
(Een rede)
1.1.2 • Liefie is die eienaar.
• Spyskaart het verander./Kos het verander.
• Die kos is ligter/slaai.
• Die kos is modern/chocolate fondant.
• Die kos is vreemd/interessant/"Karoo-cuisine met 'n twist".
• Rottangstoele (in plaas van outydse Koning George stoele).
• Moderne skildery/skildery van Karoo (in plaas van lugfoto van
Hoopvol) agter toonbank.
• Nuwe mat (groen mat) in ontvangsvertrek.
• Gietysterstoele (in plaas van plastiekstoele in binnehof/onder
prieel.)
• Stoelkussings het groen en pienk strepe.
(Enige twee feite)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 3 van 11
NASIENRIGLYNE
1.2 1.2.1 • Nathalie is nou die ding vir hom.
• Nathalie is groter/belangriker as dwelms.
• Hy het nie die dwelms nodig as sy in sy lewe is nie.
(Een feit)
1.2.2 • Sy het gedink dat hy vir Olivia aangerand het omdat hy weer
dwelms begin gebruik het.
• Sy het onthou dat hy vrouens misbruik het/sleg behandel het/
mishandel het terwyl hy dwelms gebruik het.
• Sy het gesien dat sy oë rooi was.
• Sy het gehoor dat 'n mens dwelms op Hoopvol kon kry.
• Sy het aan tannie Lettie se waarskuwing gedink dat dwelm-
verslaafdes nooit regkom nie.
(Een bewys)
1.3 1.3.1 • Hy was getroud.
• Hy het vier seuns gehad.
• Hy was die polisiehoof op Hoopvol.
(Een feit)
1.3.2 • Hy het vir Nathalie gesê dat hy hoop dat dit nie Bobby was wat vir
Olivia aangerand het nie.
• Hy het vir Nathalie gesê dat dit "oukei" is dat sy en Bobby saam is.
• Hy het vir Nathalie gebel om te sê dat Bobby onskuldig is.
• Hy het Ben uitgenooi om saam te gaan jag/rugby te gaan kyk.
(Een feit)
1.4 1.4.1 • Daar was geld in wat hy kon gebruik om kos/klere/toiletware/
selfoonlaaier te koop.
• Hy het sy ID-dokument nodig om te wys hoe oud hy is wanneer
hy werk soek.
• Die ID-dokumente kon bewys dat die huis op Hoopvol aan hom
behoort.
(Enige een van bogenoemde)
1.5 1.5.1 Kenny/Kenny en sy vriende/mans wat by die (meubel) fabriek gewerk
het/mans wat veerpyltjies gespeel het.
1.5.2 Oil het na daardie meisie gaan soek van wie hy so baie gepraat
het/na wie hy so gesoek het.
1.6 1.6.1 Skape skeer.
1.6.2 Bobby verskyn op die foto van die Skaapskeerder van die Jaar.
1.7 1.7.1 Begraafplaas/Graf
1.7.2 Soetwater
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 4 van 11
NASIENRIGLYNE
VRAAG 2
2.1 1. • Bobby het die klip by die swempoel opgetel.
• Nathalie het die klip in Bobby se (baadjie)sak gesit.
• Later het Nathalie die klip onder Bobby se bed by tannie
Rhoda/die losieshuis opgetel.
2. Ben het die klip by/op sy pa (gesin) se graf(steen) gesit.
3. Die foto in Nathalie se huis is by die kerkbasaar op Hoopvol/by
Kleinkoppies se kerkbasaar/in die parkie op Hoopvol/by pastoor
Chalmers se kerkbasaar geneem.
4. • Sy en Bobby het planne gemaak om Hoopvol te verlaat.
• Dit was miskien hulle laaste kerkbasaar saam op Hoopvol.
(Een rede)
5. Dit was 'n foto van sy ma en pa saam.
6. • Hy het die foto van sy ma en die seun langs haar uitgeknip.
• Hy het die foto in sy beursie gesit.
(Een feit)
2.2 POLISIEVERSLAG VAN BRAND IN MAYFAIR
2.2.1 Die volle name van die persone wat in die brand dood is:
Nathalie de Koker en Elma Anderson.
2.2.2 Die oorsaak van die brand:
'n Kers het omgewaai/omgeval.
2.2.3 Waar Ben de Koker gedurende die brand was en hoekom hy daar
was:
By sy vriend (Kleynhans) om PlayStation te speel.
2.2.4 Watter taak Ben de Koker se ma vir hom daardie aand voor die
brand gegee het en waarom Ben de Koker se ma dit nie self kon
doen nie:
Hy moes na sy suster kyk, want sy ma was siek.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 5 van 11
NASIENRIGLYNE
VRAAG 3
3.1 Sy het met Charl gekompeteer om haarself as meisie te bewys./Sy moes
bewys dat sy 'n beter boer as Charl is./Sy moes aan haar pa bewys dat sy
die plaas verdien./Sy het gedink Charl was haar pa se gunsteling./Sy is 'n
meisie in 'n manswêreld.
3.2 Sy het my geleer perdry.
3.3 • Ek het al voorheen hierdie "game"/speletjie gespeel.
• Ek het gemaak of ek dit nie ken nie.
3.4 • Sy het vir my vertel van Charl se dood.
• Sy het geglimlag toe ek oor haar hare streel.
• Sy het my hulp gevra met Rebecca se lam se geboorte.
• Sy het toegelaat dat ek haar stywer vashou toe sy koud gekry het (in die
skuur).
• Sy het gesê dat sy bly is ek is op die plaas.
• Sy het gesê dat sy bly is ek is die nuwe boetie op die plaas.
(Enige twee redes)
3.5 Dit is 'n kombinasie van Bobby en Nathalie/my ma en pa se name.
3.6 Ek het vir hom …
• belowe dat ek sal ophou rook.
• vertel van my 100 lopies in krieket (en van die R100 geskenkbewys by
Kentucky wat ek daarvoor gewen het).
• vertel hoe goed ek oor die bok gespring het (in die gimklas).
• vertel hoe swaar dit gegaan het, maar ek het koerante afgelewer.
• vertel dat my ma in tannie Mabel se klerewinkel gewerk het, maar sy het
dit gehaat.
• vertel hoe my ma en Elma doodgebrand het en dat dit my skuld is/dat ek
jammer is.
• vertel dat ek my ma se groen handsak vir altyd sal hou.
• vertel dat ek sy seun is en ek is jammer hy het nie geweet nie.
• vertel dat ek weet dat hy nie geweet het dat hy 'n seun het nie.
(Enige twee feite)
3.7 Ek het sy naam.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 6 van 11
NASIENRIGLYNE
VRAAG 4
Inhoud: Maksimum van 350 woorde – Daarna word 'n streep getrek en feite
daarná word nie getel nie.
(1) Juffrou September se verhouding met Nathalie:
• Sy het haar glasie wyn saam met Nathalie in die kantoor gedrink.
• Hulle het gemaklik saam in stilte gesit.
• Juffrou September het aan redes gedink om Nathalie terug by haar
kantoor te kry.
• Liefie moes by die hotel bly, want juffrou September wou net vir Nathalie
by die burgemeesterskantoor hê.
(Enige twee feite)
• Sy het haar werk gelos.
• Sy het die (raads)vergadering net so gelos.
• Sy het Nathalie met haar motor Beaufort-Wes toe geneem.
• Sy wou self bestuur.
• Sy het vinnig gery.
(Enige twee feite)
• Liefde is die hoogste gebod.
(2) Juffrou September se verhouding met die dorpsmense:
• Sy was 'n vrou.
• Sy was bruin.
• Sy was nie sterk genoeg vir die werk nie.
• Sy was te lig in die broek.
(Een feit)
• Sy wou haar vriendin wees.
• Juffrou September kon haar help met haar besigheid/hotel.
• Juffrou September het invloed op die dorp gehad.
• Lettie wou die vriendin van 'n belangrike persoon wees.
(Enige twee feite)
(3) Juffrou September se verhouding met pastoor Chalmers:
• Sy het met haar tassie na die wit skool toe gegaan.
• Ander begaafde bruin kinders kon ook na die wit skool toe gaan.
• Nathalie het gedink dat die mat juffrou September ongelukkig maak.
• Hy het vir haar 'n nuwe mat gestuur.
• Op die kaartjie het hy haar "Leatitia met die knopknieë" genoem.
• Op die kaartjie het hy geskryf "Altyd joune".
• Op die kaartjie was dieselfde handskrif wat altyd op haar rapport was.
(Enige twee feite)
• Hulle het saam uit Hoopvol weggeloop.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 7 van 11
NASIENRIGLYNE
TAAL EN STRUKTUUR
Die vier punte vir Assessering word volgens die TAAL EN STRUKTUUR (4)
toegeken.
TAAL EN STRUKTUUR (4)
Struktuur, logiese vloei van aanbieding. Taal, toon en styl gebruik
in opstel.
Samehangende teks geproduseer. Uitstekende antwoord. Uiters
4 punte geskikte inleiding en samevatting. Argumente goed gestruktureer
en duidelik ontwikkel. Taal, toon en styl is goed aangewend,
indrukwekkend, korrek.
Duidelike struktuur en logiese vloei van gedagtes. Inleiding en
3 punte samevatting is bogemiddeld. Vloei van gedagtes kan gevolg
word. Taal, toon en styl korrek.
Beplanning in die struktuur toon tekens van foute. Inleiding en/of
samevatting is nie heeltemal geskik nie. Argumente nie logies nie.
2 punte
Paragrafering foutief. Taalfoute teenwoordig. Toon en styl nie
geskik vir die doel van akademiese skryfwerk nie.
Moeilik om te bepaal of vraag beantwoord is.
Geen bewys van beplande struktuur of logiese uiteensetting nie.
1–0 punt
Geen paragrafering of samehang nie. Swak taal.
Foutiewe styl en toon.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 8 van 11
NASIENRIGLYNE
AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK
RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN DIE SKRYFWERK
1. Die nasienrubriek moet goed bestudeer word en deurgaans geraadpleeg
word.
2. As die opdrag misgetas of verkeerd geïnterpreteer is, moet die kandidaat
streng gepenaliseer word ten opsigte van inhoud. Taal moet egter
normaalweg geassesseer word.
Voorbeeld: Bloginskrywing
Inhoud, beplanning en formaat E 7
Taal, styl en redigering G 6
7+6= 13
3. Die neerskryf van punte: Gebruik die korrekte rubriek vir elke skryfstuk.
Assesseer die kandidaat se skryfstuk volgens die kriteria vir elkeen van die
drie rubrieke na aanleiding van die kodes.
Skryf die punte soos volg neer: I : E 7
T: G 6
13
Halfpunte word na die eindtotaal oorgedra en daar afgerond.
4. Vraag 6 – die punt moet deur 2 gedeel word ten einde die totaal uit 10 te
laat tel.
Die volgende simbole moet tydens die assessering van die skryfstuk
gebruik word:
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
// Dubbel strepie aan die Nuwe paragraaf
begin van sin wat nuwe
paragraaf aandui
interresant Strepie onder die woord Spelfout
× Kruisie oor woord Foutiewe woord
() Hakies Foutiewe woordorde
^ Weglaatteken Woord(e)/leesteken
uitgelaat
T (in kantlyn) Hoofletter T Tye verwarrend/foutief
gebruik
?/≀ (in die kantlyn) Groot vraagteken/ Onduidelik/
kronkelstreep onverstaanbaar
enough Kring om woord Engelse woord
hh Dubbele h Herhaling
Skryf die hoofletter of komma in Hoofletter/komma
Indien die skryfstuk ver te lank is, word daar net gelees tot die vereiste getal
woorde – kandidaat word dan outomaties op grond van inhoud gepenaliseer.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – Bladsy 9 van 11
NASIENRIGLYNE
VRAAG 5 BLOGINSKRYWING
Formaat:
• Drie paragrawe volgens instruksies.
• Inleiding en slot volgens instruksies.
Taal:
• Taal moet aanpas by die doel, teikengroep en konteks.
• Teks moet vloei.
Inhoud:
• Word daar voldoen aan die riglyne wat gegee word?
• Is idees interessant en oorspronklik?
• Word al drie aspekte wat in opdrag genoem is, gedek?
VRAAG 6 E-POS
Formaat:
• Formaat volgens voorbeeld.
Taal:
• Taal moet aanpas by die doel, teikengroep en konteks.
• Teks moet vloei.
Inhoud:
• Word daar voldoen aan die riglyne wat gegee word?
• Word al vier aspekte wat in die opdrag genoem is, gedek?
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 11
ASSESSERINGSRUBRIEK: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
KRITERIA UITSONDERLIK KNAP GEMIDDELD ELEMENTÊR ONVOLDOENDE
INHOUD, BEPLANNING 18–15 14–11 10–8 7–5 4–0
EN FORMAAT 1. RESPONS: 1. RESPONS: Baie 1. RESPONS: 1. RESPONS: Basies. 1. RESPONS: Toon
Uitsonderlik. Bo goed en Voldoende. Toon Toon geringe kennis geen kennis van
1. Respons op verwagting. Grondige demonstreer goeie kennis van kenmerke van kenmerke van kenmerke van die
onderwerp. kennis van kenmerke kennis van kenmerke van die soort teks. die soort teks. 'n soort teks nie.
2. Idees in teks. van die soort teks. van die soort teks. Nie heeltemal Aanduiding van Betekenis is
3. Organisering van Skryfstuk behou Behou fokus. Daar is gefokus nie. Enkele fokus, maar met onduidelik met groot
idees vir die fokus. geen afwyking nie. afwykings. afwykings. afwyking.
beplanning, 2. IDEES: Intelligent, 2. IDEES: Baie goed 2. IDEES: Sommige 2. IDEES: Min detail 2. IDEES: Baie min
doel en gehoor. volwasse en uitgebrei met detail detail ondersteun die ondersteun die detail ondersteun
4. Kenmerke/konvensies behoorlik uitgebrei wat die onderwerp onderwerp. onderwerp. die onderwerp.
(reëls) en konteks met detail wat die ondersteun. 3. ORGANISASIE: 3. ORGANISASIE: 3. ORGANISASIE:
van die teks. onderwerp 3. ORGANISASIE: Redelike samehang Inhoud en idees nie Geen samehang in
ondersteun. Samehang in inhoud in inhoud en idees. altyd samehangend idees en inhoud nie.
3. ORGANISASIE: en idees. 4. FORMAAT: nie. 4. FORMAAT: Nodige
Samehang in inhoud 4. FORMAAT: Gepas Oorwegend gepas, 4. FORMAAT: Nodige reëls van formaat
en idees. met onbeduidende maar met enkele reëls van formaat nie toegepas nie.
4. FORMAAT: Gepas foute. foute. vaagweg toegepas.
(18) en akkuraat. Kritiese foute begaan.
TAAL, STYL EN 12–10 9–8 7–6 5–4 3–0
REDIGERING 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER,
STYL EN WOORD- STYL EN WOORD- STYL EN STYL EN WOORD- STYL EN WOORD-
1. Toon, register, styl KEUSE: Hoogs KEUSE: Baie gepas WOORDKEUSE: KEUSE: Minder KEUSE: Stem nie
en woordkeuse: hoe gepas vir doel, vir doel, gehoor en Gepas vir doel, gepas vir doel, ooreen met doel,
gepas vir doel/effek en gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks. gehoor en konteks. gehoor en konteks
konteks? 2. GRAMMATIKA: 2. GRAMMATIKA: Oor 2. GRAMMATIKA: 2. GRAMMATIKA: nie.
2. Grammatika: Akkuraat en goed die algemeen korrek Enkele Onakkuraat met etlike 2. GRAMMATIKA:
Taalgebruik en gekonstrueer. Puik en goed grammatikafoute. foute. Woordeskat is Besaai met foute en
-konvensies woordeskat. gekonstrueer. Baie Woordeskat is basies. verwarrend.
(taalreëls), bv. goeie woordeskat. voldoende. Woordeskat nie
spelling, punktuasie geskik vir doel nie.
en woordeskat.
Foute belemmer nie Foute belemmer Foute belemmer
(12) Feitlik foutvry. Oorwegend foutvry. betekenis nie. betekenis. betekenis ernstig.
VERSPREIDING VAN
30–25 23–19 17–14 12–9 7–0
PUNTE
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 11
ASSESSERINGSRUBRIEK: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
KRITERIA UITSONDERLIK KNAP GEMIDDELD ELEMENTÊR ONVOLDOENDE
INHOUD, BEPLANNING 12–10 9–8 7–6 5–4 3–0
EN FORMAAT 1. RESPONS: 1. RESPONS: Baie 1. RESPONS: 1. RESPONS: Basies. 1. RESPONS: Toon
Uitsonderlik. Bo goed en demonstreer Voldoende. Toon Toon geringe kennis geen kennis van
1. Respons op verwagting. Grondige goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van die kenmerke van die
onderwerp. kennis van kenmerke kenmerke van die van die soort teks. soort teks. 'n soort teks nie.
2. Idees in teks. van die soort teks. soort teks. Behou Nie heeltemal Aanduiding van fokus, Betekenis is
3. Organisering van Skryfstuk behou fokus. Daar is geen gefokus nie. Enkele maar met afwykings. onduidelik met groot
idees vir die fokus. afwyking nie. afwykings. 2. IDEES: Min detail afwyking.
beplanning, 2. IDEES: Intelligent, 2. IDEES: Baie goed 2. IDEES: Sommige ondersteun die 2. IDEES: Baie min
doel en gehoor. volwasse en behoorlik uitgebrei met detail detail ondersteun die onderwerp. detail ondersteun
4. Kenmerke/konvensies uitgebrei met detail wat die onderwerp onderwerp. 3. ORGANISASIE: die onderwerp.
(reëls) en konteks wat die onderwerp ondersteun. 3. ORGANISASIE: Inhoud en idees nie 3. ORGANISASIE:
van die teks. ondersteun. 3. ORGANISASIE: Redelike samehang altyd samehangend Geen samehang in
3. ORGANISASIE: Samehang in inhoud in inhoud en idees. nie. idees en inhoud nie.
Samehang in inhoud en idees. 4. FORMAAT: 4. FORMAAT: Nodige 4. FORMAAT: Nodige
en idees. 4. FORMAAT: Gepas Oorwegend gepas, reëls van formaat reëls van formaat
4. FORMAAT: Gepas met onbeduidende maar met enkele vaagweg toegepas. nie toegepas nie.
(12) en akkuraat. foute. foute. Kritiese foute begaan.
TAAL, STYL EN 8–7 6–5 5–4 3 2–0
REDIGERING 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER, 1. TOON, REGISTER,
STYL EN WOORD- STYL EN WOORD- STYL EN WOORD- STYL EN WOORD- STYL EN WOORD-
1. Toon, register, styl KEUSE: Hoogs KEUSE: Baie gepas KEUSE: Gepas vir KEUSE: Minder KEUSE: Stem nie
en woordkeuse: hoe gepas vir doel, vir doel, gehoor en doel, gehoor en gepas vir doel, ooreen met doel,
gepas vir doel/effek en gehoor en konteks. konteks. konteks. gehoor en konteks. gehoor en konteks
konteks? 2. GRAMMATIKA: 2. GRAMMATIKA: Oor 2. GRAMMATIKA: 2. GRAMMATIKA: nie.
2. Grammatika: Akkuraat en goed die algemeen korrek Enkele Onakkuraat met etlike 2. GRAMMATIKA:
Taalgebruik en gekonstrueer. Puik en goed grammatikafoute. foute. Woordeskat is Besaai met foute en
-konvensies woordeskat. gekonstrueer. Baie Woordeskat is basies. verwarrend.
(taalreëls), bv. goeie woordeskat. voldoende. Woordeskat nie
spelling, punktuasie geskik vir doel nie.
en woordeskat.
Foute belemmer nie Foute belemmer Foute belemmer
(8) Feitlik foutvry. Oorwegend foutvry. betekenis nie. betekenis. betekenis ernstig.
VERSPREIDING VAN
20–17 15–13 12–10 8–7 5–0
PUNTE
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Memo
Related documents

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Memo

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB


