Skip to content
Question paper

Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper

IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the 2016, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Afrikaans FALGrade 12201610 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: Afdeling A – Letterkunde (60 punte) Afdeling B – Transaksionele skryfwerk (40 punte) 3. Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf. 4. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. 5. Nommer jou antwoorde soos die vrae op die vraestel. 6. ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word. IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 2 van 10 AFDELING A LETTERKUNDE INSTRUKSIES VIR AFDELING A 1. Beantwoord AL VIER die vrae. 2. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. Skryf die vraagnommer boaan die bladsy. BEPLANNING (Vir paragrawe en langer skryfstukke) 1. Dit is 'n goeie idee om 'n opstel/paragraaf of langer skryfstukke te beplan voordat jy dit neerskryf. (a) Skryf die opskrif: BEPLANNING boaan. (b) Jou beplanning in hierdie afdeling word nié bepunt nie – dit is slegs om jou te help om die antwoord goed te formuleer. 2. Let op die puntetoekenning tussen hakies by elke vraag. 3. Skryf die getal woorde aan die einde van elke langer vraag neer. VOORBEELD: BEPLANNING VRAAG 1 (linkerkantse bladsy) (regterkantse bladsy) (Moenie te veel tyd aan die beplanning bestee nie.) (bv. 205 woorde) IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 3 van 10 HOOPVOL – Derick van der Walt Daar is vier vrae oor HOOPVOL. Beantwoord al vier hierdie vrae. VRAAG 1 Lees die onderstaande uittreksel en voer dan die opdrag uit. TEMA: Ben se soektog na sy pa. [Bron: Tafelberg Uitgewers. 2012] Sy tande begin weer klap. Hy probeer diep asemhaal om die gekletter te stop, maar dit help nie. Die vrou kyk nou openlik na hom. "Are you fine?" Hy weet nie wat om te sê nie. Hy voel net dankbaar dat sy gevra het. Dat iémand gevra het. Hy probeer die huil keer, maar hy kan nie. [bl. 17] Beantwoord die volgende vrae puntsgewys: 1.1 Watter traumatiese gebeurtenis het Ben laat besluit om sy huis in Johannesburg te verlaat en na sy pa te gaan soek? (1) 1.2 Ben het tannie Pop later uit Pretoria gebel. Watter leuen het Ben toe aan haar vertel oor waar hy was? (1) 1.3 By watter spesifieke plek in Pretoria het Ben gehoop om sy pa te vind? (1) 1.4 Watter insident 'n paar jaar tevore het Ben laat dink dat sy pa op hierdie spesifieke plek in Pretoria was? (1) Hy kou dankbaar aan die pakkie droëvrugte wat hulle gratis gekry het toe hulle opgeklim het. Hy is honger, maar hy sal mooi met sy geld moet werk. Die buskaartjie Bloemfontein toe was heelwat duurder as wat hy gedink het dit sou wees. En hy sal blyplek in Bloemfontein moet kry. En hy sal moet werk soek. [bl. 79] 1.5 Nadat Ben nie sy pa in Pretoria kon opspoor nie, het hy sy pa in Bloemfontein gaan soek. Ben moes 'n lêer na 'n kantoor toe neem. Vertel wat verder in die kantoor gebeur het wat Ben laat dink het om sy pa in Bloemfontein te gaan soek. (2) 1.6 Waar/hoe het Ben inligting gekry wat hom van Bloemfontein na Hoopvol toe laat gaan het in sy soektog na sy pa? (1) IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 4 van 10 Ben hou die landskap dop wat langs die treinvenster verbyskuif. Hoopvol. Weird naam vir 'n dorp. [bl. 155] 1.7 Van die eerste mense wat Ben op Hoopvol ontmoet het, was Frans en Liefie. Wat was Frans en Liefie se reaksie toe hulle Ben die eerste keer gesien het? (1) 1.8 Waarom het hulle spesifiek só reageer? (1) 1.9 Frans het Ben amper soos sy eie seun behandel. Waarom dink jy het hy dit gedoen? (1) Asof die oom sy gedagtes kon lees, stel hy die lugverkoeler hoër. "Wat bring jou na ons ou dorpie toe?" vra hy vriendelik. Ben dink mooi voor hy antwoord. Hy sal versigtig moet wees. "Nadat my ma dood is ... Daar is 'n bietjie besigheid wat ek hier moet doen. Ek ..." Hy sluk. "Ek wil maar vir 'n ruk hier rond werk en so aan." [bl. 163] 1.10 Terwyl Ben op verskillende plekke na sy pa gesoek het, moes hy werk om geld te verdien. Noem drie dinge wat Ben gedoen het om geld te verdien. (3) 1.11 Ben se ma het nie baie oor sy pa gepraat nie, maar het wel leuens oor sy pa vertel. Noem een van hierdie onwaarhede wat sy ma vertel het. (1) 1.12 Waarom, dink jy, het sy ma hierdie leuens vertel? (1) [15] IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 5 van 10 VRAAG 2 2.1 Nathalie het nie 'n maklike lewe in Hoopvol gehad nie en sy het talle uitdagings ervaar. Gebruik die diagram en skryf 'n paragraaf van tussen 80–120 woorde oor: "Die uitdagings in Nathalie se lewe" Op watter voorwaarde kon die 1 Chalmer-egpaar in die huis wat Nathalie se (1) erfporsie was, gaan woon? Gee twee redes waarom die verhouding met 2 mevrou Chalmers 'n uitdaging vir Nathalie was. (2) Nathalie het by twee plekke in Hoopvol gewerk. Noem die twee plekke en beskryf telkens 'n 3 uitdaging wat sy by elk van die plekke ervaar het. (4) Gee twee redes waarom Nathalie Hoopvol 4 nie direk na matriek verlaat het nie. (2) Waarom sou 'n romantiese verhouding met 5 Sakkie vir Nathalie 'n uitdaging wees? (1) 2.2 Tannie Lettie was bekommerd oor die verhouding tussen Nathalie en Bobby. Om watter twee redes was sy bekommerd oor die verhouding? (2) 2.3 Hoekom, het Nathalie gedink, sou 'n verhouding met Bobby vir haar 'n toekoms gee? (1) 2.4 Liefie wou op 'n stadium die dorp herdoop en dit "Hopeloos" genoem het. Watter naam, dink jy, pas die beste: "Hoopvol" of "Hopeloos? Skryf jou keuse neer, motiveer jou antwoord en verduidelik jou antwoord deur na die inhoud/gebeure in die verhaal te verwys. Bied jou antwoord in tabelvorm aan. Naam Motivering Verduideliking (2) [15] IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 6 van 10 VRAAG 3 Beantwoord hierdie vraag in jou Antwoordboek. Skryf slegs die vraagnommer en Liefie se woorde neer. Tema: Ben wil graag meer oor sy ma se jeugjare en die mense wat 'n invloed op haar gehad het, uitvind. Hy gesels met Liefie, sy ma se beste vriendin. Opdrag: Voltooi die gesprek tussen Ben en Liefie. Skryf telkens slegs Liefie se woorde neer. Laat asseblief 'n reël oop tussen elke antwoord. 3.1 Ben : Watter belangrike posisie het juffrou September in die dorp gehad en watter positiewe invloed het sy op my ma gehad? Liefie : (2) 3.2 Ben : Ek het gehoor dat juffrou September 'n konsternasie by die wit skool veroorsaak het. Wat het gebeur? Hoe het dit vir jou en Olivia later gehelp? Liefie : (2) 3.3 Ben : Mense het my vertel dat jy van oom Frans gehou het toe julle jonger was. Hoekom het jy gevoel dat julle nie sou kon trou nie? Noem twee redes. Liefie : (2) 3.4 Ben : Hoe sou jy die verhouding tussen my ma en Pastoor Chalmers beskryf? Liefie : (1) 3.5 Ben : Om watter twee redes was dit onmoontlik vir juffrou September en Pastoor Chalmers om in 'n liefdesverhouding te wees? Liefie : (2) 3.6 Ben : Wat was die laaste ding wat mense gehoor het oor die verhouding tussen juffrou September en Pastoor Chalmers? Liefie : (1) [10] IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 10 VRAAG 4 Ben soek 'n vader, 'n pa met wie hy kan identifiseer en ook assosieer. Opdrag: Skryf 'n opstel van tussen 250 en 350 woorde waarin jy Ben se soeke na 'n vaderfiguur bespreek. • Gebruik die ideekaart hieronder. • Volg die pyltjies om jou antwoord te formuleer. • Die punte tussen hakies dui aan hoeveel feite verwag word. • Jou opstel moet 'n inleiding en slot (slotsom) hê. • Onthou om die woordtelling aan die einde neer te skryf, bv. 295 woorde.  Oom Luke as stiefvaderfiguur  Bobby as vermiste/afwesige vaderfiguur • Waarom het sy ma volgens Ben • Waarom het Ben vir Bobby gaan soek en met oom Luke getrou? (1) nie vir sy stiefpa, Luke nie? Gee twee redes. (2) • Waarom het Ben nie vir oom • Waarom het Bobby nooit na Ben gesoek Luke baie gesien nie? (1) nie? (1) • Noem drie voorbeelde van hoe • Noem drie dinge wat Ben graag saam met Ben se lewe positief deur sy pa wou doen of waaroor hy gedroom oom Luke se teenwoordigheid het. (3) beïnvloed is. (3) • Dink jy Bobby sou 'n goeie pa vir Ben gewees het? Gee 'n rede vir jou antwoord deur na die inhoud van die verhaal te verwys. (1) Ben se soektog na 'n vaderfiguur  Frans as plaasvervanger vaderfiguur • Waarom het Frans verantwoordelik gevoel vir wat met sy eie seun gebeur het? (1) • Gee twee voorbeelde van hoe Frans soos 'n vader vir Ben was of opgetree het. (2) • Ben het toe nooit vir Bobby ontmoet nie. Dink jy Ben se soektog na 'n vaderfiguur was suksesvol in oom Frans as vaderfiguur? Motiveer jou respons. (1) Assessering: 4 punte word toegeken vir 'n goed gestruktureerde opstel wat aan die konvensies van 'n opstel voldoen. [20] 60 punte IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 8 van 10 AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK INSTRUKSIES VIR AFDELING B 1. Beantwoord ALBEI vrae in hierdie afdeling. 2. Elke vraag moet op 'n nuwe bladsy gedoen word. 3. Beplan jou antwoorde voordat jy jou finale antwoord neerskryf. 4. Doen die beplanning van jou vraag op die bladsy aan die linkerkant. 5. Skryf die opskrif: BEPLANNING boaan. 6. Skryf jou finale antwoord op die regterkantste bladsy van die Antwoordboek. 7. Skryf die vraagnommer boaan jou finale antwoord. 8. Skryf die getal woorde aan die einde van elke vraag. VOORBEELD: BEPLANNING VRAAG 9 (linkerkantse bladsy) (regterkantse bladsy) (Moenie te veel tyd aan die beplanning bestee nie.) (bv. 206 woorde) LET WEL: Tydens die assessering van hierdie afdeling sal na die volgende gekyk word: • kennis van die vereistes van die spesifieke skryftaak • interpretasie van die opdrag • inhoud en idees • register en toon • taalgebruik • beplanning IEB Copyright © 2016
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 9 van 10 VRAAG 5 DIALOOG Jy is 'n entrepreneur en wil graag jou eie besigheid begin. Jy het baie goeie idees en is baie entoesiasties, maar jy het nie genoeg geld om die besigheid te begin nie. Jy gesels met iemand wat moontlik geld in jou besigheid kan belê. Die persoon wil duidelikheid oor die volgende aspekte hê voordat die geld beskikbaar gemaak sal word: • die naam en tipe besigheid • hoeveel geld jy benodig • wat die besigheid spesifiek gaan doen en hoe dit geld gaan maak • jou ervaring in die besigheidwêreld • jou plan om die besigheid later uit te brei Opdrag: Skryf die gesprek tussen jou en die belegger in 'n dialoogvorm neer. Die inhoud van die dialoog moet tussen 150–250 woorde lank wees. Onthou: • Elke spreker moet ten minste 3 keer in die dialoog praat. • Laat 'n reël oop tussen die spreekbeurte. • Skryf die getal woorde neer (bv. 195 woorde). • Beplan jou skryfstuk voordat jy dit neerskryf. [30] IEB Copyright © 2016 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 10 van 10 VRAAG 6 E-POS Situasie: Tersiêre studies aan universiteite is baie duur. Nie almal het die geld om verder te studeer nie. Jy word die kans gebied om aansoek te doen om 'n beurs te ontvang. Die organisasie, SA Universiteite Beurse en Lenings is bereid om studente finansieel te ondersteun. Jy moet die organisasie oortuig dat jy die ideale kandidaat is. Opdrag: Skryf 'n e-pos (60–120 woorde) aan die organisasie waarin jy hulle meer van jouself vertel en hulle ook probeer oortuig dat jy 'n goeie kandidaat vir 'n beurs is. Jy kan die volgende struktuur gebruik Aan beurse@sauniversiteite.co.za Van Onderwerp Boodskap Spreek die volgende aspekte aan: • Jou akademiese prestasies • Jou buitemuurse aktiwiteite en prestasies • Jou eienskappe en kwaliteite • Waarom jy die beurs benodig en verdien Die inhoud van jou e-pos moet 60–120 woorde lank wees. • Beplan jou skryfstuk voordat jy dit neerskryf. • Skryf die woordtelling aan die einde van die skryfstuk neer. [10] 40 punte Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2016

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all