Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II
Tyd: 2½ uur 100 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
volledig is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:
Afdeling A – Letterkunde (60 punte)
Afdeling B – Transaksionele skryfwerk (40 punte)
3. Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf.
4. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy.
5. Nommer jou antwoorde soos die vrae op die vraestel.
6. ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the 2017, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Afrikaans FAL · Grade 12 · 2017. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 650.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 2 van 10
AFDELING A LETTERKUNDE
INSTRUKSIES VIR AFDELING A
1. Beantwoord AL VIER die vrae.
2. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. Skryf die vraagnommer boaan die
bladsy.
BEPLANNING (Vir paragrawe en ander skryftake)
1. Dit is 'n goeie idee om 'n opstel, paragraaf of ander skryfstukke te beplan
voordat jy dit neerskryf.
(a) Skryf die opskrif: BEPLANNING boaan.
(b) Jou beplanning in hierdie afdeling word nié bepunt nie – dit is slegs
om jou te help om die antwoord goed te formuleer.
2. Let op die puntetoekenning tussen hakies by elke vraag.
3. Skryf die getal woorde aan die einde van Vrae 2, 4, 5 en 6 neer OF elke
vraag waar die getal woorde gespesifiseer word.
VOORBEELD:
BEPLANNING VRAAG 5
(linkerkantse bladsy) (regterkantse bladsy)
IDEE
1
IDEE IDEE
PLAN
4 2
IDEE
3
(Moenie te veel tyd aan die
(Bv. 205 woorde)
beplanning bestee nie)
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 3 van 10
HOOPVOL – Derick van der Walt
Daar is vier vrae oor HOOPVOL. Beantwoord al vier hierdie
vrae.
VRAAG 1
Lees die onderstaande uittreksels en voer dan die opdrag uit.
TEMA
Nathalie se lewenspad
[Tafelberg Uitgewers 2012]
Maar dalk is die ou vrou reg, dink sy terwyl sy haar trui stywer om haar toetrek terwyl sy
by die hotel se voordeur uitstap.
***
Sy kyk na die son wat 'n rooi streep om die Karookoppies in die weste trek. Die straat is
stil. Ná ses is dit televisie en goedkoop wyn vir die meeste inwoners van Hoopvol. Dan ry
mense eintlik nie meer in die dorp rond nie. Vir die handvol bevoorregtes wat teen
Mielie-se-kop aan die regterkant van die dorp bly, dalk whiskey of 'n ordentlike rooiwyn
uit die Kaap. Maar vir hulle gewone mense: net nog 'n dag voordat alles môre weer van
voor af begin.
[bl. 11]
Opdrag: Beantwoord die volgende vrae:
1.1 Gee twee redes waarom Nathalie Hoopvol so graag na matriek wou verlaat
het? (2)
1.2 Waarom het tannie Lettie gevoel dat Nathalie dankbaar moes wees dat sy
'n werk gehad het? (1)
1.3 Waarom moes Nathalie 'n ruk lank by juffrou September gaan werk het? (1)
1.4 Noem een aspek van die werk by juffrou September wat vir Nathalie 'n
uitdaging was? (1)
1.5 In Hoopvol het Nathalie soms konflik met ander mense ervaar.
Teken die volgende tabel in jou antwoordboek oor en gee die rede vir die
konflik wat Nathalie met elk van die karakters ervaar het.
KARAKTER REDE VIR KONFLIK
Sakkie
Mev. Chalmers
Tannie Lettie
Verkoopsagente (4)
1.6 Waarom het Nathalie Hoopvol uiteindelik verlaat? (1)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 4 van 10
Sy vat 'n slukkie wyn. "Dit was maar net 'n vreeslike gemors. Dit is eintlik 'n aaklige
storie, Ben. Ek weet nie waar om te begin nie."
***
"Jou ma is net na jou pa hier weg met die trein Johannesburg toe," sê oom Sakkie.
[bl. 224]
1.7 Waar was die woonstel waarin Nathalie gebly het toe sy in Johannesburg
aangekom het? (1)
1.8 Met wie het Nathalie uiteindelik getrou? (1)
1.9 Waarom het Nathalie se huwelik nie uitgewerk nie? Gee twee moontlike
redes. (2)
1.10 Hoe is Nathalie en Bobby tog op 'n manier aan die einde van die verhaal
herenig? (1)
[15]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 5 van 10
VRAAG 2
2.1 Die liefdesverhouding tussen Bobby en Nathalie het 'n ongelukkige en
tragiese einde/uiteinde.
Gebruik die diagram en skryf 'n paragraaf van tussen 80 en 120 woorde
oor:
Die tragiese liefde tussen Nathalie en Bobby
Waar het Nathalie Bobby die eerste keer gesien? (1)
Waarom was Bobby 'n tyd lank in Noupoort? (1)
Wie het Bobby van molestering beskuldig? (1)
Noem drie redes waarom Nathalie gedink het dat
Bobby dalk skuldig kon gewees het. (3)
Noem twee dinge wat tannie Rhoda gesê het wat
bewys het dat Bobby onskuldig was. (2)
Nathalie het Bobby op die trein in Beaufort gesien en hom
probeer roep. Waarom kon hy haar nie hoor nie? (1)
Waarom het Bobby Hoopvol verlaat sonder om met
Nathalie te kommunikeer? (1)
2.2 Noem twee dinge wat tannie Lettie gedoen het om die verhouding tussen
Nathalie en Bobby te beëindig. (2)
2.3 Waarom het tannie Lettie dit gedoen? (1)
2.4 Gedurende die tyd toe Nathalie en Bobby saam was, het hulle oor hulle
toekoms gedroom. Noem twee drome wat hulle gedeel het. (2)
[15]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 6 van 10
VRAAG 3
Beantwoord hierdie vraag in jou antwoordboek. Skryf slegs die vraag-
nommer en Ben se woorde neer.
Tema: Kleynhans kom kuier op die plaas en wil graag hoor van Ben se nuwe
lewe.
Opdrag:
Voltooi die gesprek tussen Ben en Kleynhans. Skryf slegs Ben se woorde neer.
Laat asseblief 'n reël oop tussen elke antwoord.
3.1 Kleynhans: Wat is hierdie plaas se naam?
Ben: (1)
3.2 Kleynhans: Hoe het oom Frans uitgevind dat jy in Hoopvol gearriveer het?
Ben: (1)
3.3 Kleynhans: Wat was Helena se aanvanklike houding teenoor jou en
hoekom het sy so reageer?
Ben: (2)
3.4 Kleynhans: Watter tipe ongeluk het Charl se dood veroorsaak?
Ben: (1)
3.5 Kleynhans: Watter langdurige gevolg het Charl se dood op oom Frans se
emosionele toestand gehad?
Ben: (1)
3.6 Kleynhans: Wat het oom Frans jou van jou pa se dood vertel?
Ben: (2)
3.7 Kleynhans: Wat beplan jy om met jou ma se ou huis in die dorp te doen?
Ben: (1)
3.8 Kleynhans: Waarom wil jy nie terug Johannesburg toe kom nie?
Ben: (1)
[10]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 10
VRAAG 4
Regdeur die verhaal is daar verwysings na hoop en wanhoop. Hoop, asook die
afwesigheid van hoop, beïnvloed die toekoms van die hoofkarakters.
Kyk na die volgende voorbeelde hiervan:
"Maar eintlik is sy nie so seker of Beaufort 'n hoopvoller plek as Hoopvol is nie." [Bl. 75]
"Miskien het sy pa nooit by die fabriek gewerk nie. Hy weet nie wat dan nie, en hy is te
bang om te hoop." [Bl. 112]
Opdrag:
Skryf 'n opstel van 250–350 woorde waarin jy die hoop-motief in die verhaal
bespreek.
Gebruik die ideekaart hieronder.
Volg die pyltjies om jou antwoord te formuleer.
Die punte tussen hakies dui aan hoeveel feite verwag word.
Jou opstel moet 'n inleiding en slot (slotsom) hê.
Onthou om die woordtelling aan die einde neer te skryf. Bv. 295 woorde
Die hoop-motief in Nathalie Die hoop-motief in Bobby se
se lewe. lewe.
Waarom het Nathalie na haar Wat het Bobby se ouers
matriekjaar 'n gevoel van gedoen met die hoop dat hy
hopeloosheid ervaar? (1) met sy probleem gehelp sal
Watter hoop het Bobby se word? Noem twee dinge. (2)
aankoms in die dorp vir Waarvoor het Bobby gehoop
Nathalie gebring? (1) toe hy Noupoort toe gegaan
Waarom het hierdie hoop nie het? (1)
realiseer nie? (1) Bobby het na sy verblyf in
Noem drie dinge wat sy gedoen Noupoort vir 'n beter toekoms
het om 'n beter lewe te skep. (3) gehoop. Evalueer of hy dit wel
reggekry het. Motiveer jou
antwoord volledig. (2)
Die hoop-motief in
die boek Hoopvol
Die hoop-motief in Ben se lewe.
Ben het sy pa gaan soek. Noem drie dinge wat gebeur het wat hom hoop
gegee het dat hy sy pa sou vind. (3)
Aan die einde van die verhaal bevind Ben homself in Hoopvol. Gee twee redes
waarom Ben hoopvol oor sy toekoms was. (2)
Assessering: 4 punte word toegeken vir 'n goed gestruktureerde opstel wat aan
die konvensies van 'n opstel voldoen. (4)
[20]
60 punte
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 8 van 10
AFDELING B TRANSAKSIONELE SKRYFWERK
INSTRUKSIES VIR AFDELING B
1. Beantwoord ALBEI vrae in hierdie afdeling.
2. Elke vraag moet op 'n nuwe bladsy beantwoord word.
3. Beplan jou skryftake voordat jy dit neerskryf.
4. Skryf die getal woorde aan die einde van elke vraag.
LET WEL:
Tydens die assessering van hierdie afdeling sal na die volgende gekyk word:
kennis van die vereistes van die spesifieke skryftaak
interpretasie van die opdrag
inhoud en idees
register en toon
taalgebruik
beplanning
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 9 van 10
VRAAG 5 DIALOOG
Situasie: Talle jongmense sal graag na hul matriekjaar verder wil gaan studeer.
Ongelukkig is dit baie duur en talle studente sukkel om vir hulle studies te betaal.
Jou vriend, Karabo, bel jou om jou advies te vra. Gelukkig het jy 'n paar idees wat
Karabo kan help.
In die gesprek tussen jou en Karabo gee jy die volgende inligting:
Twee voorstelle hoe om vir die studies te betaal.
Jou redes waarom hierdie voorstelle kan werk.
Maniere om ekstra sakgeld as student te verdien.
Advies oor hoe om sy finansiële sake te bestuur en om nie sy sakgeld te mors
nie.
Opdrag:
Skryf die gesprek tussen jou en Karabo in dialoogvorm neer.
Onthou:
Elke spreker moet ten minste 3 keer in die dialoog praat.
Laat 'n reël oop tussen die spreekbeurte.
Skryf die getal woorde neer (bv. 198 woorde).
Die inhoud van jou dialoog moet tussen 150–250 woorde lank wees.
[30]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 10 van 10
VRAAG 6 AANLYN-ADVERTENSIE
Situasie: Die internet is 'n platform wat deur baie mense gebruik word om
verskillende produkte en dienste te adverteer. Die meeste van hierdie
soorte advertensies is kort beskrywings van die produk of diens wat
aanlyn verskyn.
Jou ouers vra jou om 'n advertensie op die webblad van "HolidayRentals'R'Us" te plaas.
Hulle wil graag hul vakansiehuis gedurende die komende Desember-vakansie verhuur.
Opdrag:
Skryf die inhoud (60–120 woorde) van die advertensie neer wat op die webwerf geplaas
kan word.
Jy kan die volgende struktuur gebruik.
HolidayRentals'R'Us
AANLYN!
Titel van die advertensie
(Inhoud van die advertensie)
Spreek die volgende aspekte in die advertensie aan:
Waar die vakansiehuis is.
'n Kort beskrywing van die akkommodasie/geriewe.
Waarom die huis/plek 'n baie goeie plek is vir 'n vakansie.
Hoeveel die vakansiehuis sal kos.
Hoe julle/jou ouers gekontak kan word.
Die inhoud van jou skryfstuk moet tussen 60–120 woorde lank wees.
Beplan jou skryfstuk voordat jy dit neerskryf.
Skryf die woordtelling aan die einde van die skryfstuk neer.
[10]
40 punte
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper
Related documents

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2017 Memo

Question paperIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2017 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

MemorandumIEB


